# Sepedi HL Grade 12 Gauteng Mock 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Sepedi HL question paper from the Gauteng Mock Exam 2024 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-afrikaans-2024-question-paper-x05/33fd2704-f4dd-4f9f-8f58-47ac01244510
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Sepedi HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Sepedi HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/sepedi-hl) › [Sepedi HL Grade 12 Gauteng Mock 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-afrikaans-2024-question-paper-x05/33fd2704-f4dd-4f9f-8f58-47ac01244510)

## About this document

Sepedi Hl · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
         2024

         10870

        TOERISME

                   TYD: 3 uur

                   PUNTE: 200

                   29 bladsye

                                b.o.

### Page 2

TOERISME                                  2
                                                                              10870/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer jou vrae volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.

5.    Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as ŉ riglyn vir die lengte van jou
      antwoord.

6.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Die tabel hieronder is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te
      deel.

                                                                                   TYD
     AFDELING                       ONDERWERP                         PUNTE         (IN
                                                                                 MINUTE)
         A        Kortvrae                                              40          20
         B        Kaartwerk en Toerbeplanning;                          50          50
                  Buitelandse Valuta-verhandling
         C        Toerismebesienswaardighede;                           50          50
                  Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking
         D        Toerismesektore; Volhoubare en                        30          30
                  Verantwoordelike Toerisme
         E        Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;       30          30
                  Kommunikasie en Kliëntediens
                                                           TOTAAL       200        180

                                                                                              b.o.

### Page 3

TOERISME                                  3
                                                                              10870/24

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1 Vier moontlike opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
    antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20)
    in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

     1.1.1   Die kaart hieronder van die eerste drie fases van die Tour de France 2024
             regdeur Italië wys …

                                                     [Bron: www.turismotorino.org]
             A     ŉ sirkelroete.
             B     ŉ lineêre roete.
             C     alle Franse stede.
             D     ŉ reisplan.

     1.1.2   Die bedrag geld wat ŉ Suid-Afrikaanse toeris toegelaat word om binne een
             jaar uit die land te neem is ŉ ...

             A     reisversekering.
             B     reistoewysing.
             C     reistoelae.
             D     reisbegroting.

                                                                                           b.o.

### Page 4

TOERISME                                    4
                                                                                10870/24

1.1.3   Die infografika hieronder is ŉ voorbeeld van ...

                      Ons hou van:                              Ons hou nie van:

            Plaaslike beleggings    Energie- en         Alles ingeslote
                                    waterbesparing      oorde               Dieremishandeling

            Bewaring van wild      Bewaring van
                                   kulture                                         Uitbuiting

                                                        Massa toerisme

                                                                [Bron: www.issuesonline.co.uk]
        A        internasionale toerisme.
        B        plaaslike toerisme.
        C        vrywillige toerisme.
        D        volhoubare toerisme.

1.1.4   ŉ Avontuur toeris sal ŉ ... as ŉ aktiwiteit verkies.

        A        sonsondergangrit
        B        valskermsprong uitstappie
        C        besigtigingstoer
        D        wandeling in die natuur

1.1.5   ŉ Gesondheidstoeris sal die volgende tipe akkommodasie kies:

        A        ŉ Luukse gastehuis
        B        ŉ Luukse boetiekhotel
        C        ŉ Eksklusiewe spa en welstandsoord
        D        ŉ Rugsakreisiger hostel

1.1.6   Die proses waardeur geld in die verskillende toerismesektore herbestee
        word, en dus werk skep en die ekonomie stimuleer:

        A        Buitelandse valuta
        B        Vermenigvuldigereffek
        C        Bruto binnelandse produk
        D        Markaandeel

                                                                                                 b.o.

### Page 5

TOERISME                                5
                                                                         10870/24

1.1.7   ŉ Styging in die waarde van die rand kan die volgende effek op
        internasionale toerisme hê:

        A     Dit kan daartoe lei tot dat buitelandse toeriste meer geld in Suid-
              Afrika spandeer.
        B     Dit kan meer buitelandse valuta-inkomste vir Suid-Afrika tot gevolg
              hê.
        C     Dit kan dit vir Suid-Afrikaners duurder maak om na Europa te reis.
        D     Dit kan dit meer bekostigbaar vir Suid-Afrikaners maak om na Europa
              te reis.

1.1.8   Produkte wat as verbode goedere by die doeanebeheer beskou sal word:

        A     Vuurwerke
        B     20 sigare
        C     Sportapparaat
        D     250 ml eau de toilette

1.1.9   Die tyd volgens die 24-uur horlosie formaat:

        A     9h00
        B     09:00
        C     9:00 vm.
        D     21:00 nm.

1.1.10 ŉ Simptoom wat deur ŉ toeris met ŉ malaria-infeksie besmet is, ervaar kan
       word:

        A     Vergeling van die vel
        B     Hoë koors
        C     Blou vingerpunte
        D     Verlies van reuk

1.1.11 ŉ Voorbeeld van ŉ politieke gebeurtenis:

        A     Krieket Wêreldbeker, Indië
        B     Rugby Wêreldbeker, Frankryk
        C     49ste G7-beraad
        D     Parys Olimpiese Spele

1.1.12 Die voordeel van Australië en Nieu-Seeland as gasheerlande, wat die 2023
       FIFA Vroue Sokker Wêreldbeker aangebied het, was …

        A     meer ontwikkeling van infrastruktuurdienste.
        B     ’n hoër misdaadsyfer in en om die stede.
        C     meer besoedeling en werksgeleenthede vir buitelanders.
        D     ’n hoër werkloosheidsyfer in die landelike gebiede.

                                                                                    b.o.

### Page 6

TOERISME                               6
                                                                        10870/24

1.1.13 Hierdie wêreldikoon is in Rio de Janeiro, op die berg Corcovado geleë:

                               [Bron: www.trips-southamerica.com]

        A     Die Vryheidstandbeeld
        B     Die Standbeeld van Christus die Verlosser
        C     Die Leunende Toring van Pisa
        D     Die Groot Piramides van Giza

1.1.14 Die uiters groot katagtige standbeeld met die gesig van ŉ farao en die lyf
       van ŉ leeu, word die ... genoem.

        A     Uluru
        B     Groot Piramides van Giza
        C     Standbeeld van Christus die Verlosser
        D     Sfinks

1.1.15 Die ikoniese plek waar die pous as die wêreldwye leier van die Katolieke
       Kerk uitgekies word:

        A     Swartwoud
        B     Colosseum
        C     Vatikaanstad
        D     Venesië

                                                                                    b.o.

### Page 7

TOERISME                                    7
                                                                             10870/24

1.1.16 Die Wêrelderfenisterrein in die prent hieronder is ŉ natuurlike terrein in
       Mpumalanga.

                           [Bron: www.mountainlands.co.za]

        A      Kaapse Blommeryk Beskermde Gebiede
        B      ǂKhomani Kulturele Landskap
        C      Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap
        D      Barberton Makhonjwa Berge

1.1.17 Die middel van vervoer in Suid-Afrika wat in 2022 meestal deur
       internasionale toeriste verkies is, volgens die onderstaande tabel:

            Aantal aankomste, vertrek en transito van buitelandse toeriste
                         volgens middel van vervoer, 2022

         Middel         Aankomste                Vertek                Transito
         van
         vervoer      Aantal       %        Aantal         %       Aantal       %
         Lug        2 121 232     26,4%   2 109 440     30,8%     295 015    100,0%
         Pad        5 863 598     73,1%   4 691 409     68,6%            -          -
         See           51 579      0,5%      38 552       0,6%           -          -
         Totaal     8 026 409    100,0%   6 839 401    100,0%     295 015    100,0%
                                                      [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

        A      Padvervoer
        B      Seevervoer
        C      Lugvervoer
        D      Spoorvervoer

                                                                                          b.o.

### Page 8

TOERISME                                8
                                                                       10870/24

1.1.18 Die handelsmerk van ŉ bestemming is ŉ baie belangrike aspek van bemarking
       van ŉ bestemming. Die handelsmerk logo wat deur Suid-Afrikaanse Toerisme
       gebruik word:

        A

        B

        C

        D

                        [Bron: www.southafrica.net]

1.1.19 Die voordeel van hierdie vorm van betaling vir ŉ Suid-Afrikaanse toeris wat
       ŉ internasionale bestemming besoek, is om kontant byderhand te hê vir
       onmiddellike uitgawes:

        A     Debietkaarte
        B     Shyft-geld-toepassing
        C     Buitelandse geldnote
        D     Elektroniese fondsoorplasing

1.1.20 Die positiewe impak van uitstekende dienslewering op ŉ organisasie se
       besigheidswinsgewendheid is ...

        A     herhaalde besigheid.
        B     verminderde verkope.
        C     negatiewe mondelingse aanbevelings.
        D     verhoogde bemarkingskoste.
                                                                          (20 x 1)   (20)

                                                                                     b.o.

### Page 9

TOERISME                                  9
                                                                                10870/24

1.2 Kies ŉ term uit die lys hieronder vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
    die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer,
    bv. 1.2.6 Ekwator.

         verantwoordelike toerisme; koolstofvoetspoor; afvalbestuur; demokrasie;
          intellektuele hulpbronne; driedubbele-slotreëlbenadering; gelyke lone

     1.2.1   ŉ Beginsel van ‘Fair Trade Tourism’ waar alle werknemers die geleentheid
             gegee word om deel te neem aan besluitneming wat hulle raak

     1.2.2   ŉ Konsep wat gebruik word wanneer die drie pilare van volhoubaarheid
             (planeet, wins en mense) bereik word

     1.2.3   Die proses van herwinning, hergebruik en vermindering

     1.2.4   ŉ Maatstaf met betrekking tot betalings vir die sertifisering van ‘Fair Trade
             Tourism’

     1.2.5   Wanneer toeriste die gedragskode volg en gepas optree by ŉ bestemming
                                                                             (5 x 1) (5)

1.3 Kies die korrekte woord/afkorting uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
    die woord/afkorting langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 Cholera.

     1.3.1   (Plaaslike/Verstreke) tyd is die spesifieke tyd by ŉ bepaalde geografiese
             ligging.

     1.3.2   Die bank sal (BAK/BVK) gebruik wanneer ŉ Duitse toeris by OR Tambo
             Internasionale Lughawe 1 000 euro na rand omruil.

     1.3.3   (DBT/UTC) vind plaas wanneer die horlosies gedurende die somermaande
             een uur vorentoe geskuif word.

     1.3.4   ŉ Toeris wat meer items het as wat die belastingvrye toelaag aandui, moet
             na die (rooi/groen) kanaal by die lughawe gaan.

     1.3.5   ŉ Toeris kan aansoek doen vir ŉ (paspoort/visa) by ŉ ambassade van die
             bestemmingsland.
                                                                              (5 x 1) (5)

                                                                                             b.o.

### Page 10

TOERISME                                  10
                                                                              10870/24

1.4 Kies ŉ term vir die vorm van betaling uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM
    A pas. Skryf slegs die letter (A – F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                            KOLOM A                               KOLOM B
      1.4.1     Dit gebeur elektronies en werk deur           A   EFT (EFO)
                internasionale betalingsopdragte tussen
                verskeie banke te stuur deur kodes te         B   Bankwissels
                gebruik totdat dit sy bestemming bereik.
                                                              C   Voorafgelaaide
      1.4.2     Dit is ŉ elektroniese vorm van betaling           Buitelandse valuta
                waar geld van een persoon se rekening na          debietkaart
                ŉ ander oorgeplaas word.
                                                              D   Kontant
      1.4.3     Toeriste kan dit gebruik om enigiets te
                koop, en hulle moet die volle bedrag aan      E   SWIFT oordrag
                die einde van die maand of mettertyd
                terugbetaal.                                  F   Kredietkaart

      1.4.4     Dit is ŉ papierdokument wat deur individue
                gebruik word om betalings aan derde
                partye te maak (sender, finansiële
                instelling, ontvanger van die geld).

      1.4.5     Toeriste kan dit gebruik waar dit as ŉ vorm
                van betaling aanvaar word mits daar geld
                op die kaart is om te spandeer.

                                                                                 (5 x 1)    (5)

                                                                                            b.o.

### Page 11

TOERISME                                                    11
                                                                                          10870/24

1.5 Kies die woord(e)/term uit die lys hieronder om by die prente in VRAAG 1.5.1 tot 1.5.5
    te pas. Skryf slegs die woord(e)/term langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.5.6 Paspoort.
                      Kliënte terugvoer metode; Doeane; Vorm van vervoer;
                Buitelandse toeriste aankomste; Metode van betaling; Belastingvry

        1.5.1                                     1.5.2

                                                          GASTEOPNAME
                                                   Ons is op ŉ missie
                                                   Ons wil jou graag beter bedien. Vul asseblief hierdie
                                                   kaart in oor jou ervaring vandag sodat ons die
                                                   geleentheid kan gebruik om te verbeter. Dankie vir jou
                                                   besigheid.

                                                  Vriendelikheid
                                                  Effektiwiteit
                                                  Kennis van spyskaart
                                                  Aanbieding
                                                  Smaak
        1.5.3                                     Porsiegrootte
                                                  Hoe skoon is alles?
                                                  Geselligheid
                                                  Waarde vir geld

                                                          BAIE DANKIE

      1.5.4

                    Internasionale   Plaaslike
        1.5.5       aankomste        aankomste

                                                                        [Bron: www.sanews.gov.za]
                                                                                                    (5 x 1)    (5)
                                                                         TOTAAL AFDELING A:                    40

                                                                                                              b.o.

### Page 12

TOERISME                               12
                                                                            10870/24

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder tesame met die inligting op die
      volgende bladsy en beantwoord die vrae wat volg.

             Praag

                     Parys

                                                                                       b.o.

### Page 13

TOERISME                                    13
                                                                         10870/24

            3de INTERNASIONALE STUDENTEKONFERENSIE:
                           PRAAG 2024
Die 3de Internasionale Studente-
konferensie is ŉ belangrike geleentheid vir
studente van verskeie lande om byeen te kom
en hulle bewustheid van die klimaatkrisis te
verhoog. Die konferensie bevorder
internasionale samewerking en kulturele
begrip.

Henry Mahlangu, ŉ Suid-Afrikaanse toerisme
leerder, het aan die 3de Internasionale Studentekonferensie in Praag (+1), die
Tsjeggiese Republiek (Tsjeggië) op 1 – 5 Maart 2024 deelgeneem.

Hy het op 5 Maart ŉ aanbieding gelewer en hy het gepraat oor die effek van
klimaatsverandering op kulturele erfenis.

Henry kon nie ŉ direkte vlug kry nie, so hy het ŉ aansluitingsvlug bespreek.
LET WEL: Parys en Praag beoefen DBT vanaf die einde van Maart.
Henry se vlugskedule was soos volg:
Deel 1 van die reis: Air France AF 0995
Vertrek: Johannesburg om 21:00 op 29 Februarie 2024
Vliegtyd is 11 uur.
Aankomstyd: Parys om 07:00 1 Maart 2024
Oorstaantyd in Parys vir 5 uur.
Deel 2 van die reis: Air France AF 1382
Vertrek: Parys om 12:00 op 1 Maart 2024
Vliegtyd is 2 uur.
                                                        [Aangepas uit www.elemasyn.gr]

2.1.1   Verduidelik EEN verskil tussen ŉ direkte vlug en ŉ aansluitingsvlug.              (2)

2.1.2   Motiveer of Henry se reis deur DBT beïnvloed is of nie.                           (2)

2.1.3   Bereken die tyd en dag waarop Henry se vlug vanaf Parys in Praag
        aangekom het (Deel 2 van die reis).                                               (5)

2.1.4   Henry se ma, in Johannesburg, het besluit om hom op 4 Maart om 20:00 te
        bel om hom voor sy aanbieding te motiveer.

        Bereken die tyd toe Henry die telefoonoproep in Praag ontvang het.                (3)

                                                                                         b.o.

### Page 14

TOERISME                                   14
                                                                            10870/24

     2.1.5   Dit was Henry se eerste internasionale vlug.

             Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat hy moes oorweeg terwyl hy by die
             oorstaan-lughawe in Parys was.                                                  (4)

     2.1.6   Noem of Henry vlugvoosheid of vluguitputting ervaar het.                        (1)

     2.1.7   Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 2.1.6.                                   (2)

2.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          A                                             B

                                                                  [Bron: www.myDr.com.au]

     2.2.1   (a)   Identifiseer dokument B.                                                  (1)

             (b)   Verduidelik die doel van dokument B.                                      (2)

     2.2.2   (a)   Gee die oorsaak van die siekte genoem in prent A.                         (2)

             (b)   Noem TWEE simptome van die siekte genoem in prent A wat ervaar
                   kan word deur ŉ toeris wat ŉ besmette gebied besoek.                      (2)

     2.2.3   Skryf die akroniem WGO (WHO) volledig uit.                                      (2)

     2.2.4   Verduidelik EEN rede waarom ŉ reisagent riglyne van die WGO (WHO) sal
             oorweeg wanneer ŉ reis vir toeriste beplan word.                                (2)

                                                                                            b.o.

### Page 15

TOERISME                                       15
                                                                                10870/24

2.3 Mnr. James Singh sal na ŉ baie warm klimaat reis en moet sekere gesondheids-
    voorsorgmaatreëls tref.

     Gee hom raad oor enige TWEE gesondheidsvoorsorgmaatreëls wat hy sal moet tref
     vir die warm klimaat.                                                                        (4)

2.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Moenie beperkte of verbode items na Suid-Afrika bring of invoer nie.

       Alle plante en plantprodukte word beperk, soos sade, blomme, vrugte, heuning,
       margarien en groente-olies. Diere, voëls, pluimvee en produkte daarvan, soos
       suiwelprodukte, botter en eiers word ook beperk.
                                        [Aangepas uit www.capetown-internationalairport.co.za]

     2.4.1   Differensieer (verduidelik die verskil) tussen verbode goedere en beperkte
             goedere.                                                                             (2)

     2.4.2   Verduidelik EEN rede waarom alle plante en plantprodukte nie toegelaat sal
             word om ingevoer of na Suid-Afrika gebring te word nie.                              (2)

     2.4.3   Identifiseer die kanaal wat ŉ toeris by ŉ lughawe moet kies as hy/sy op ŉ
             inkomende vlug met enige goedere wat in die prentjie hierbo getoon word,
             reis.                                                                                (2)
                                                                                                 [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 16

TOERISME                                16
                                                                              10870/24

VRAAG 3

3.1 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                           [Bron: www.forbes.com]

     Gee die volle name van TWEE buitelandse geldeenhede wat in die prent hierbo
     getoon word.                                                                         (2)

3.2 Bestudeer die buitelandse valuta-verhandelingstabel hieronder (soos op 2 April
    2024) en beantwoord die vrae wat volg.

      Toon ALLE berekeninge.
      Rond die antwoord af tot TWEE desimale plekke.

             Geldeenheidskode                BAK                BVK
                     USD                   18,7269             19,1580
                                      [Aangepas uit www.standardbank.co.za]

     3.2.1   Mnr Joseph, ŉ Amerikaanse toeris van Michigan, het ŉ somervakansie in
             Kaapstad beplan. Hy het USD 2 000 vir sy persoonlike uitgawes en
             aktiwiteite begroot.

             Bereken die bedrag wat Mnr Joseph in rand sal ontvang wanneer hy sy geld
             by die Kaapstadse Internasionale Lughawe omruil.                             (3)

     3.2.2   Na sy reis het Mnr Joseph R1 500 oor.

             Bereken die bedrag in dollar wat Mnr Joseph sal ontvang as hy sy geld by
             die Kaapstadse Internasionale Lughawe omruil voor sy vlug terug.             (3)

3.3 Gee EEN rede waarom ŉ buitelandse toeris wat Suid-Afrika besoek ŉ swakker rand
    sal verkies.                                                                          (2)
                                                                                         [10]

                                                                TOTAAL AFDELING B:        50

                                                                                         b.o.

### Page 17

TOERISME                                 17
                                                                              10870/24

AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS
            TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4

4.1 Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             DIE ITALIAANSE JUWELE

                     A                                     B

               C

                                                       [Bron: www.tripadvisor.co.za]

    4.1.1.    Gee die name van ikone A, B en C in die prente hierbo.                      (3)

    4.1.2.    Noem die kontinent waar al die ikone in VRAAG 4.1.1 geleë is.               (1)

    4.1.3.    Noem EEN gebruik van ikoon A in die tye van die Romeinse Ryk.               (2)

    4.1.4.    Gee EEN strukturele feit oor ikoon B.                                       (2)

    4.1.5.    Verwys na ikoon C.

              (a)    Gee EEN unieke kenmerk van hierdie ikoon.                            (2)
              (b)    Noem die vervoermiddel wat deur toeriste gebruik word wanneer
                     hulle hierdie ikoon besoek.                                          (2)
                                                                                         b.o.

### Page 18

TOERISME                                       18
                                                                                       10870/24

4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           NUWE BESOEKERSENTRUM OPEN BY DIE NIAGARA-WATERVALLE

  Die ‘Ralph C. Wilson, Jr’ verwelkomingsentrum by die Niagara-watervalle Staatspark het amptelik
  op Maandag 18 Desember 2023 geopen. Niagara-watervalle Staatspark trek ongeveer 9 miljoen
  besoekers per jaar, meer as enige ander Staatspark in New York. Die nuwe besoekersentrum bied
  moderne geriewe aan die miljoene besoekers wat elke jaar by die park aankom.

  Die sentrum verskaf inligting oor alles wat die Niagara-watervalle omgewing aan besoekers kan
  bied. Die meeste van hierdie areas bied besienswaardighede en aktiwiteite vir almal aan en is ook
  toeganklik vir mense met gebreke of gestremdhede byvoorbeeld die begeleide Niagara-watervalle
  trollie (trein of trem) wat vir passasiers ŉ oorsig oor die park en die omliggende gebied gee.

  Die besoekersentrum het glasmure en ŉ lae dak om dit makliker te maak om die uitsigte en
  verbindings met die Niagara-watervalle te sien.

     Dit sluit nuwe kaartjie- en inligtingstoonbanke in.
     Die glas-, staal-, en beton fasiliteite is ontwerp om die natuur aan te vul en sluit dak sonpanele,
      groen dakelemente en ŉ aparte toiletgebou in.
     Ander spesiale kenmerke sluit in:
      Nuwe toeganklike paadjies (geskik vir rolstoele), inheemse tuine; buitelug uitstallings, en
      tekens om die pad aan te dui, spesiale patroonglas om voëlbotsings te voorkom (voëls wat die
      vensters tref).
     Die bestaande administrasiegebou langs die fasiliteit is verander om ŉ gemeenskapskamer,
      argiewe (plek om historiese dokumente en items te bêre) en kantore vir die Niagara-watervalle
      personeel in te sluit.
  Die nuwe sentrum sal ook plaaslike kos bedien en van plaaslike kleinhandelaars gebruik maak. Al
  die besienswaardighede en meeste voetpaadjies is ten volle toeganklik, geskik vir rolstoele en het
  uitstekende uitsigte oor die Niagara-watervalle.
                                                         [Aangepas uit www.fingerlakesdailynews.com]

                                                                                                        b.o.

### Page 19

TOERISME                                19
                                                                           10870/24

4.2.1   Noem die land waar die Niagara-watervalle geleë is.                            (2)

4.2.2   Gee EEN rede waarom die Niagara-watervalle as ŉ ikoon beskou word.             (2)

4.2.3   Elke ikoon vereis spesifieke faktore om as ŉ suksesvolle ikoon beskou te
        word.

        Identifiseer, uit die uittreksel, EEN manier hoe die Niagara-watervalle elk
        van die volgende suksesfaktore toon:

        (a)   Volhoubare- en verantwoordelike bestuursplanne                           (2)

        (b)   Positiewe besoekerservaring                                              (2)

        (c)   Neem die behoeftes van gestremdes in ag                                  (2)
                                                                                      [22]

                                                                                      b.o.

### Page 20

TOERISME                                   20
                                                                              10870/24

VRAAG 5
Bestudeer die artikel met prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        DIE OPKOMS VAN ERFENIS IN SUID-AFRIKA
      Erfenis in Suid-Afrika is divers. Sommige terreine bied unieke erfenis geskep deur
      die aanpassingsproses vir toerisme, gesien as heilige plekke, sowel as terreine van
      vorige gruweldade (wreedheid) en oorlogserfenis. Is hierdie terreine die moeite
      werd om te beskerm?
                   TERREIN A                                  TERREIN B

      Demonstreer die opkoms en val van    Bekend vir sy bergagtige natuurlike
      die eerste inheemse koninkryk in     landskap, belangrik as ŉ plek van veiligheid
      Suider-Afrika tussen 900 en          vir baie bedreigde endemiese (slegs in
      1 300 nC. Die hoof gebied beslaan    hierdie gebied aangetref) spesies, en vir sy
      byna 30 000 hektaar (300 km2) en     vele rotsskilderye wat oor ŉ tydperk van
      word ondersteun deur ŉ               4 000 jaar deur die San-mense gemaak is.
      voorgestelde buffersone van          Die terrein beslaan ŉ oppervlakte van
      ongeveer 100 000 hektaar             249 313 hektaar (2 493 km2) wat dit die
      (1 000 km2).                         grootste beskermde terrein langs die Groot
                                           Platorand (rand van ŉ plato, die hoër, meer
                                           plat gebied) van Suider-Afrika maak.
                                         TERREIN C

      Geleë aan die grens van Botswana en Namibië in die noordelike deel van die land.
      Hierdie terrein beslaan ŉ uitgestrekte gebied binne die Kalahari Gemsbok
      Nasionale Park. Hierdie landskap bevat bewyse van mense wat daar woon vanaf
      die Steentydperk tot vandag en word geassosieer met die kultuur van die San-
      mense.
                                                        [Aangepas uit www.whc.unesco.org]

5.1   Gee die name van die Wêrelderfenisterrreine gemerk A, B en C.                          (3)

5.2   Noem die provinsie in Suid-Afrika waar die gemengde Wêrelderfenisterrein B geleë
      is.                                                                                    (1)
                                                                                            b.o.

### Page 21

TOERISME                                      21
                                                                               10870/24

5.3   Noem TWEE ooreenkomste tussen terrein A en C.                                              (2)

5.4   Verwys na die volgende aanhaling uit die artikel.

      “Sommige terreine bied … heilige plekke”

      5.4.1   Identifiseer die Wêrelderfenisterrein wat algemeen bekend is as die eerste
              Afrika Koninkryk wat handel gedryf het met China en Egipte.                        (1)

      5.4.2   Verduidelik EEN rede hoekom die terrein in VRAAG 5.4.1 vir toekomstige
              generasies bewaar moet word.                                                       (2)

5.5   Skryf ŉ paragraaf waarin jy TWEE positiewe impakte van terrein C op die San
      gemeenskap ëvalueer.                                                                       (4)
                                                                                                [13]

VRAAG 6

6.1   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      DIE BELANGRIKHEID OM SUID-AFRIKA INTERNASIONAAL TE BEMARK

      Suid-Afrika maak staat daarop om toeriste te lok om ŉ gesonde toerismebedryf te
      handhaaf. Internasionale toeriste is dalk nie vertroud met ervarings in Suid-Afrika
      nie. Bemarking kan help om buitelandse toeriste bewus te maak van wat Suid-
      Afrika kan bied. Die toerismebedryf is baie mededingend, en besighede moet
      bemarking gebruik om toeriste te lok en terugkerende toeriste aan te moedig.
                                                           [Aangepas uit www.southafrica.net]

      6.1.1   Identifiseer die organisasie wat verantwoordelik is om Suid-Afrika
              internasionaal te bemark.                                                          (2)

      6.1.2   Behalwe om Suid-Afrika internasionaal te bemark, noem EEN ander
              kernfunksie van die organisasie wat in VRAAG 6.1.1 geïdentifiseer is.              (2)

      6.1.3   Verduidelik in ŉ volsin EEN belangrikheid om Suid-Afrika internasionaal te
              bemark.                                                                            (2)

                                                                                                b.o.

### Page 22

TOERISME                               22
                                                                            10870/24

6.2 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    PRENT A                                  PRENT B

     6.2.1   Pas die reis-handelskoue wat in die prente getoon word by die volgende
             stellings. Skryf die naam van die handelskou langs die vraagnommers
             6.2.1 (a) en 6.2.1 (b).

             (a)   Een van Suid-Afrika se bemarkingsgeleenthede wat jaarliks in
                   Kaapstad aangebied word                                              (1)

             (b)   Die voorste wêreldwye bemarkingsgeleentheid wat jaarliks in Groot-
                   Brittanje gehou word                                                 (1)

     6.2.2   Beskryf EEN manier hoe die reis-handelskoue in VRAAG 6.2.1 gebruik kan
             word om Suid-Afrika te bemark.                                             (2)

                                                                                        b.o.

### Page 23

TOERISME                              23
                                                                            10870/24

6.3 Begin by die individuele reisiger, rangskik die stappe van die bydrae- en
    verspreidingsprosesse van die toerismeheffing hieronder (A – E) in ŉ logiese
    volgorde. Skryf slegs die letters (A – E) in die korrekte volgorde langs die
    vraagnommer (6.3) in die ANTWOORDBOEK neer.                                         (5)

                                                                B
                                                              TBCSA
                      A
           Bemarkingsaktiwiteite
          (Plaaslik en Wêreldwyd)

                       C
                     Toeris

                                                                    D
                                                           Toerisme besigheid
                                                            (Akkommodasie,
                                                          Toeroperateur, Motor-
                                                             verhuring ens.)

                         E
             Suid-Afrikaanse Toerisme
              (Toerisme Bemarkings-
                    Agentskap)

                                                                                       [15]

                                                               TOTAAL AFDELING C:       50

                                                                                       b.o.

### Page 24

TOERISME                                     24
                                                                              10870/24

AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME

VRAAG 7

Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            TOURVEST GREEN SEAT
     Tourvest is Suider-Afrika se voorste geïntegreerde toerismegroep. Die groep is in
     1997 geskep toe verskeie toerismemaatskappye in ŉ
     groep gekonsolideer is. Die groep bestuur besighede
     wat wissel van toerbestuursmaatskappye, hotelle,
     lodges en restaurante tot handwerk-, curio- en
     juwelierswinkels, sowel as ŉ buitelandse valutaburo,
     wat meer as 5 000 mense in diens het.
     Een van hulle CSI (KMB) projekte is ‘Tourvest Green Seat’.
     ‘Tourvest Green Seat’ ondersteun ons wild, planeet en mense.
     Die maatskappy ondersteun volhoubare
     toerisme en is eko-vriendelik. Hulle bied
     reisigers die geleentheid om by te dra tot
     die vermindering van hulle
     koolstofvoetspoor en om die stryd teen
     renosterstropery te ondersteun deur ŉ
     ‘Green Seat’ te koop. ŉ ‘Green Seat’ is ŉ
     kenteken wat toeriste en kliënte kan koop,
     en die geld word vir verskillende projekte
     van die maatskappy bygedra. Sedert 2012
     het die maatskappy meer as R510 000
     geskenk aan teen-renosterstropery, R216 000 vir herbebossing, en R84 000 is aan
     die gemeenskapsprojek betaal vir die vervaardiging van die nuwe ‘Green Seat’
     kliënte kentekens.
                                                          [Aangepas uit www.tourvest.co.za]

7.1 Tourvest ondersteun volhoubare toerisme.

     Definieer die term volhoubare toerisme.                                                   (2)

7.2 Verduidelik die afkorting CSI (KMB).                                                       (2)

7.3 Tourvest ‘Green Seat’ ondersteun ons wild, planeet en mense.

     Identifiseer die TWEE pilare wat deel vorm van die driedubbele-slotreëlbenadering
     wat in die stelling hierbo genoem word.                                                   (2)

7.4 Verduidelik hoe Tourvest elkeen van die TWEE pilare van die driedubbele-slotreël
    wat in VRAAG 7.3 genoem is, toepas. Elke pilaar moet duidelik aangedui word.               (4)

                                                                                              b.o.

### Page 25

TOERISME                                   25
                                                                                10870/24

7.5 7.5.1      Definieer die term verantwoordelike toeris.                                         (2)

     7.5.2     Dink jy dat die toeriste en kliente wat die 'Green Seat' kentekens koop
               verantwoordelike toeriste is?                                                       (1)

     7.5.3     Motiveer die antwoord op VRAAG 7.5.2.                                               (2)
                                                                                                  [15]
VRAAG 8

Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          BIRDING AFRICA

                                                   Birding Africa is ŉ voëltoeroperateur wat
                                                   spesialiseer in professioneel begeleide
                                                   voëltoere vir groepe en privaat individue na
                                                   lande regoor Afrika en Madagaskar. Dit is ŉ
                                                   vorm van avitoerisme, waar mense reis om
  voëls in hulle natuurlike habitat te bekyk.

  Hulle pas toere aan vir beide wêreldlysmakers (ernstige voëlkykers wat al die voëls wat hulle
  sien op ŉ lys dokumenteer) en meer ontspanne vakansievoëlkykers (mense wat dit net geniet
  om voëls te kyk).

  Hulle is in Kaapstad gebaseer en fokus op begeleide daguitstappies op die Kaapse Skiereiland.
  Hulle het ook die Kogelberg toer en die Weskus Nasionale Park en 2-dag staptogte na die
  Tankwa Karoo en Overberg. Hulle het bewaringstoere in samewerking met die African Bird Club
  en werk saam met verskeie internasionale maatskappye en die BBC 'Natural History Unit'.

  Birding Africa: 2 500 voëlspesies, 20 endemiese (inheemse) voëlfamilies, ŉ wêreldrekord vir die
  aantal voëlspesies wat op ŉ dag gesien is.
                                                                [Aangepas uit www.gobirding.org.za]

8.1 Gee ŉ ander naam vir voëlkyk as ŉ vorm van toerisme.                                           (1)

8.2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Voëlkyk, afgesien van die term in VRAAG 8.1, is ook ŉ vorm van ekotoerisme.

     8.2.1   Definieer die konsep ekotoerisme in jou eie woorde.                                   (2)

     8.2.2   Verduidelik waarom voëlkyk ekotoerisme in die Weskus Nasionale Park kan
             bevorder.                                                                             (2)

8.3 Stel TWEE maniere voor hoe die bestuur van die Weskus Nasionale Park
    omgewingsbewuste toeriste kan lok.                                                             (4)

8.4 Stel ŉ drie-punt toeriste gedragskode saam vir ekotoeriste wanneer hulle die
    verskillende voëlkyk bestemmings besoek.                                                       (6)
                                                                                                  [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING D:              30
                                                                                                  b.o.

### Page 26

TOERISME                                    26
                                                                                   10870/24

AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
            KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             RUGBY WÊRELDBEKER BRING MILJOENE NA DIE FRANSE EKONOMIE

     Terwyl Suid-Afrika sy triomf in die Rugby Wêreldbeker 2023
     vier, het die gasheerland Frankryk ŉ oorwinning op sy eie:
     Die geleentheid het ŉ aansienlike ekonomiese voordeel vir
     die land opgelewer.

     Die Frankryk 2023-reëlingskomitee het €40 miljoen wins aan
     die einde van die geleentheid verwag. Hulle het beplan om
     die winste aan te wend om sport te ondersteun, CSI-
     programme (KMB) te finansier, infrastruktuur te ontwikkel en
     rugby in Frankryk te bevorder.

     Dit is geen wonder dat hulle optimisties was nie; sowat 2,5 miljoen kaartjies is altesaam vir
     die kompetisie verkoop, met pryse wat wissel van €10 tot €950.
                                                                  [Aangepas uit www.euronews.com]

     9.1.1    Klassifiseer die Rugby Wêreldbeker as ŉ tipe gebeurtenis met internasionale
              belang.                                                                                 (2)

     9.1.2    Verduidelik die term gasheerland.                                                       (2)

     9.1.3    Lees die aanhaling hieronder wat uit die uittreksel geneem is en beantwoord
              die vraag wat volg.

              “Die geleentheid het ŉ aansienlike ekonomiese voordeel vir die land
              opgelewer.”

              Met verwysing na die aanhaling, skryf ŉ paragraaf om die impak van die 2023
              Rugby Wêreldbeker te evalueer. Sluit die volgende in:

               TWEE positiewe impakte op die ekonomie van Frankryk                                   (4)
               TWEE negatiewe impakte rakende die aanbied van ŉ wêreldgebeurtenis
                vir Frankryk                                                                          (4)

                                                                                                     b.o.

### Page 27

TOERISME                                    27
                                                                                10870/24

9.2 Lees die nuusartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     SUID-AFRIKAANSE VLOEDE: MINSTENS 11 MENSE STERF NA DIE
     ERNSTIGE WES-KAAPSE VLOEDE (27 SEPTEMBER 2023)

     Minstens 11 mense is dood nadat swaar reën en winde Suid-Afrika se Wes-Kaapse
     provinsie, insluitende Kaapstad, oor die naweek van 27 September 2023 getref het en ŉ
     spoor van verwoesting gelaat het.

     Owerhede het gewaarsku dat die aantal sterftes kan styg soos die vloedwater sak (minder
     word). Reddingspanne was steeds op soek na mense wat vermoedelik vasgekeer was
     (nie kon uitkom nie) in hul huise, wat gedeeltelik (nie ten volle) onder water was.
                                                                   [Aangepas uit www.bbc.com]

     9.2.1   Kies die korrekte term uit die hakies hieronder om die stelling wat volg te
             voltooi.

             Vloede is ŉ voorbeeld van (politieke situasies/onvoorsiene gebeurtenisse).             (2)

     9.2.2   Vloede word gesien as een van die faktore wat toeriste ontmoedig om ŉ plek
             te besoek.

             Bespreek EEN impak van oorstromings op elk van die volgende:

             (a)   Internasionale toerisme                                                          (2)

             (b)   Die ekonomie van die geaffekteerde land                                          (2)

                                                                                                b.o.

### Page 28

TOERISME                                    28
                                                                                10870/24

9.3 Bestudeer die statistieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       STATISTIEKE VAN INTERNASIONALE TOERISTEGETALLE NA SUID-AFRIKA
                             Augustus                                             Mediese
       Streek woonagtig                   Besigheid    Vakansie     Studeer
                               2023                                             behandeling
     Europa                      93 602          974      92 174          424               30
     Noord-Amerika               32 933          275      32 516          122               20
     Sentraal- en Suid-
                                  2 697          122       2 540           34               1
     Amerika
     Australasië                 8 702            34       8 659            7                2
     Midde-Ooste                 8 941            87       8 805           48                1
     Asië                       18 830           997      17 647          179                7
     Oorsee                    165 705         2 489     162 341          814               61
     Ander Afrikalande          10 942           538       9 878          486               40
     SAOG                      530 625        17 833     510 313        2 308              171
     Afrika                    541 567        18 371     520 191        2 794              211
     Ongespesifiseerd              887            36         849            1                1
     Totaal                    708 159        20 896     683 381        3 609              273
                                                             [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

     9.3.1   Identifiseer, per naam, die Afrikamark met die hoogste aantal toeriste
             aankomste na Suid-Afrika gedurende Augustus 2023.                                     (1)

     9.3.2   Verduidelik waarom die eerste kolom (Streek woonagtig) in drie kategorieë
             verdeel is (ingekleur en in vetgedrukte letters).                                     (2)

     9.3.3   Verwys na die ‘Besigheid’ en ‘Vakansie’ kolomme.

             (a)   Noem die mark met die laagste aantal besigheidstoeriste aankomste in
                   Augustus 2023.                                                                  (1)

             (b)   Noem die aantal mense wat vir vakansiedoeleindes vanaf Asië gereis
                   het.                                                                           (1)
                                                                                                 [23]

                                                                                                 b.o.

### Page 29

TOERISME                                      29
                                                                                 10870/24

VRAAG 10

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        HOE OM EERLIKE EN GEDETAILLEERDE TERUGVOER VAN JOU
                           KLIËNTE TE KRY

                                                                       Hoe gaan dit
               Goed,                                                    met alles
               dankie.                                                   sover?

        In restaurante regoor die wêreld is die “opvolg-dans” tussen die bedieners en kliënte
        baie algemeen. Bedieners (kelners) vra hoe alles sover gaan nadat die kliënte hulle
        ete ontvang het, en byna alle kliënte reageer met ŉ outomatiese “ Goed, dankie”.
                                                        [Aangepas uit havardbusinessreview.org]

10.1    Stel EEN rede voor waarom ŉ antwoord soos ‘Goed, dankie’ NIE gedetailleerde
        terugvoer aan ŉ restaurant gee NIE.                                                        (2)

10.2.   Beveel EEN terugvoermetode aan wat ŉ restauranteienaar kan gebruik om te
        verseker dat klante gedetailleerde terugvoer gee wat maklik ontleed kan word.              (1)

10.3.   Gee raad aan ŉ potensiële restauranteienaar oor hoe klanteterugvoer tot
        uitstekende dienslewering in hulle kos-en-drankonderneming kan lei.                        (4)
                                                                                                   [7]

                                                                      TOTAAL AFDELING E:           30

                                                                                   TOTAAL:        200

                                              EINDE

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
