# Visual Arts Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-visual-arts-p2-sept-2016-qp-afr-mp/94c14796-9a15-4b24-8f28-9480466e37b6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-visual-arts-p2-sept-2016-qp-afr-mp/94c14796-9a15-4b24-8f28-9480466e37b6)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2016

                     VISUELE KUNSTE V2

PUNTE:   100

TYD:     ONDERWERP 1:      Moet gedurende die 2de kwartaal by die skool en/of tuis
                           gedoen word. [50]

         ONDERWERP 2:      Moet gedurende die 3de kwartaal gedoen word deur ŉ
                           minimum van 6 uur en ŉ maksimum van 24 uur te
                           gebruik. ONDERWERP 2 word onder gekontroleerde
                           omstandighede SLEGS by die skool gedoen. [50]

                               *VSLAA*

                      Die vraestel bestaan uit 15 bladsye.
                 Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                VISUELE KUNSTE V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

      ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL
      ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK

 2.   Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.

 3.   Hierdie eksamen moet deur jou Visuele Kunste-onderwyser bekend gestel
      en gefasiliteer word.

 4.   In hierdie eksamen sal daar van jou verwag word om die volgende
      vaardighede te demonstreer:

       x   Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
           idees in reaksie op ŉ projekopdrag.
       x   Demonstreer ŉ gevorderde mate van tegniese vaardigheid deur ŉ reeks
           materiale en tegnieke te gebruik.
       x   Skep verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur ŉ persoonlike en
           ekspressiewe visuele taal te gebruik.
       x   Die vermoë om visuele en konseptuele probleme op te los in die
           skepping van verbeeldingryke en innoverende kunswerk, met die
           aanwending van ŉ persoonlike, ekspressiewe visuele taal.
      x    Bestuur tyd en die werksproses doeltreffend en bied eie werk op ŉ
           professionele manier wat die ekspressiewe en konseptuele impak van
           die werk versterk.

 5.   Jou voorbereidende visuele kunste praktiese eksamen vir graad 12
      verteenwoordig een van die hoogtepunte van jou Visuele Kunsstudies
      hierdie jaar.

      Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardighede sal op hoë vlak vertoon
      word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en dat dit op ŉ vars en
      oorspronklike wyse, jou persoonlike ervaring sal weerspieël.

 6.   Lees die ADDENDUM met inligting aangaande die werkproses aan die
      einde van die vraestel.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)               VISUELE KUNSTE V2                                       3

ONDERWERP 1:            BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL
                        (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en realisering
                        van kreatiewe idees)

Die bronboek vorm ŉ belangrike gedeelte van hierdie eksamen. Jy mag by die
skool sowel as tuis hieraan werk. Dit verskaf insig oor jou gedagtevorming/
idees/sieninge/menings en alternatiewe wat jy ondersoek het, sowel as ander
prosesse wat aanleiding gee tot die finale werk. Jou bronboek behoort jou
denkprosesse oor te dra.

Jy moet visueel die ‘storie’ vertel van hoe die kunswerk UITGEDINK,
ONTWIKKEL en GEPRODUSEER is deur tekening, eksperimentering en
skryfwerk. Dit moet jou INDIVIDUALITEIT en KREATIWITEIT as Visuele
Kunste-leerder reflekteer.

Hierdie bronboek MOET duidelik as eksamenstuk gemerk wees en
afsonderlik van jou jaarwerk se bronboek aangebied word.

Direkte kopiëring vanuit tydskrifte, die internet, ens. is NIE toelaatbaar NIE.
Direkte kopiëring van ŉ beeld wat nie jou eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit
is ŉ vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

Groot klem word op die proses van TRANSFORMASIE (verandering) van die
bronmateriaal geplaas.

As jy geskikte, ontleende beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE
ONTWIKKEL.

Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis tot die ontwikkeling van die finale
werk en moet jou eie oorspronklike beelde reflekteer om jou eie interpretasie te
ontwikkel.

Die volgende is slegs ŉ riglyn van dinge wat jy in jou bronboek kan insluit:

x     Hierdie eksamenopdrag moet voor in jou eksamenbronboek geplak word.
x     Sluit ten minste EEN geskrewe bladsy van jou voorneme/rasionaal in.
x     Sluit minstens VIER bladsye van ondersoek en navorsing vir moontlike
      benaderings en/of idees in, waarby ingesluit moet wees bronmateriaal soos
      sketse, tekeninge, foto’s, beelde, aantekeninge en navorsing wat jou
      geïnspireer het. Alle materiale moet verband hou met die ontwikkeling van
      jou werk en moet jou besluite staaf.
x     Dit is belangrik om persoonlike en oorspronklike kreatiewe
      voorbereidende/komposisionele sketse en tekeninge te skep wat op jou
      aangeduide bronne gebaseer is.
x     Sluit minstens TWEE komposisionele tekeninge/collages/assemblages in.
x     Sluit ŉ geskrewe nabetragting in (ten minste EEN bladsy) oor hoe jy jou
      projek ervaar, bestuur en voltooi het.
x     As jou projek meer proses-georiënteerd is, sluit bewyse in van die kreatiewe
      proses, met deurlopende dokumentering met behulp van oorspronklike
      foto’s, eksperimente en/of tekeninge.                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  VISUELE KUNSTE V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

 ONDERWERP 2:         DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke,
                      die bestuur van die proses en aanbieding deur veilige
                      praktyk te volg)

 Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-
 onderwyser in die kunslokaal voltooi word, deur ŉ minimum van 6 uur en
 ŉ maksimum van 24 uur te gebruik.

 ALGEMENE RIGLYNE

 1.      Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
         dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.

 2.      Jou werk mag aangebied word as ŉ enkele stuk, of moontlik in die vorm
         van ŉ diptiek, triptiek of ŉ reeks werke wat as een kunswerk gelees
         word.

 3.      Die kunswerk mag NIE uit die klaskamer verwyder word NIE. Dit
         word as ŉ eksamen-onreëlmatigheid beskou.

 4.      Jy mag die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek voor
         die aanvang van die eksamen, maar geen bespreking van werk mag
         gedurende die eksamentyd plaasvind nie.

 5.      Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet
         hanteerbaar en duursaam wees met die oog op vervoer na ŉ
         eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis.

 6.      Onthou die belangrikheid van kunselemente en beginsels soos lyn,
         vorm, kleur, tekstuur, toonwaarde, ruimte, ritme/beweging, balans,
         harmonie, verhouding, gradering, verskeidenheid en komposisie.

 7.      Daar is geen spesifieke voorskrifte rakende die styl van die werk nie.
         Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, abstrak, konseptueel
         ens. wees.

 8.      Kies verbeeldingryke onderwerpmateriaal, temas, simbole en metafore
         om ŉ ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk
         te skep.

 9.      Jy mag ander media inkorporeer om ŉ werk in gemengde media in
         enige van die praktiese dissiplines te skep.                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V2                                      5

                                    Tema
          WEERSTAND, VERSOENING EN HEROPBOUING

Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en is oop vir ŉ wye reeks interpretasies
binne jou eie spesifieke dissipline. Jou interpretasie moet die hoogtepunt wees van
die kreatiewe proses waarmee jy in graad 10 begin het.

Woordeboek-definisies:

Weerstand – weiering om iets nuuts of verskillend te aanvaar; ŉ poging om
iets/iemand te keer of teen iets/iemand te baklei; die vermoë om iets te verhoed om
te gebeur.

Sinonieme: konfrontasie, verset, veg; muitery, protes, stryd, opposisie, konflik

Versoening – om ŉ manier te vind om twee verskillende idees, feite ens.
terselfdertyd in ag te neem; om vriendskaplikheid tussen mense of groepe te
bewerkstellig na ŉ argument of meningsverskil; ŉ herinstelling na vriendskap of
harmonie; om mense te kry om iets onaangenaam te aanvaar en hulle daaraan te
onderwerp; om rekenskap te gee.

Sinonieme: rekonsiliasie, hereniging, kompromie, skietstilstand, aanpassing,
vredesluiting

Heropbouing – om weer iets wat beskadig of vernietig is op te bou; om uit te vind of
te beskryf hoe ŉ gebeurtenis of reeks gebeure plaasgevind het; om ŉ prentjie te
vorm (ŉ misdaad, geskiedkundige gebeurtenis ens.) na jy die feite agtermekaar
gekry het.

Sinonieme: herbouing, hernuwing, hervorming, opknapping, restourasie

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 VISUELE KUNSTE V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 Hierdie tema kan beskrywend, simbolies of meer metafories wees. Deur van jou
 navorsingsmateriaal gebruik te maak, moet jy ŉ oorspronklike en kreatiewe
 oplossing vind om ŉ waarlik individuele/persoonlike interpretasie van Weerstand,
 Versoening en Herbouing te skep.

 Skilders, beeldhouers, grafiese kunstenaars, fotograwe, digters, musikante, akteurs
 en politici het hierdie tema op hul eie maniere en met hulpmiddels en tyd
 ondersoek en geïnterpreteer.

 Bestudeer en verken die volgende foto’s as verwysing vir inspirasie. Oorweeg die
 betekenis en sinonieme van die woorde; weerstand, versoening en heropbouing
 soos hierbo gegee en interpreteer EEN OF AL hierdie woorde soos jy dit
 verstaan deur middel van jou eie ervaring, idees en gevoelens.

                              WEERSTAND …
 Visuele kunstenaars van regoor die wêreld het ŉ belangrike rol gespeel in die
 geskiedenis deur hulle dokumentasie, ontbloting en die verskaffing van persoonlike
 uitdrukkings van die stryd van die onderdruktes, sosiale onregte en politieke
 ongelykheid.

     FIGUUR 1: W.B. Miko, Gender massas, 1997, akriel en houtskool op doek.

 Miko toon die toestand van Afrikaner-vroue, en meer spesifiek die groot
 hongersnood-krisis in Zambië in die 1990’s, waar voedselhulp wat deur die Weste
 geskenk is, eers aangekom het na die krisis oorgewaai het.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V2                                       7

   FIGUUR 2: D. Sihlali, Gedwonge verskuiwings, Ndingstraat, Pimville, 1974,
                                  waterverf.

 Sihlali beeld bewegende figure, bourommel en ruïnes van geboue uit om die chaos
 te illustreer wat ontstaan het toe die sloping van huise begin het – ŉ gevolg van die
 Groepsgebiedewet tydens apartheid in Suid-Afrika.

      FIGUUR 3: Suid-Afrikaanse Studente-Persunie, Stop Apartheidmoorde,
                                   plakkaat.

 Hierdie protesplakkaat verwys na die wrede moorde op vier mans deur die
 plaaslike polisie in die Oos-Kaap op 27 Junie, 1983.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 VISUELE KUNSTE V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

           FIGUUR 4: Picasso, Slagting in Korea, 1951, olie op doek.

 Picasso het hierdie werk, wat ŉ sterk skakel het met Goya se Die Derde Mei
 1808, as ŉ protes teen die Verenigde State van Amerika se ingryping in Korea
 geskilder.

                            VERSOENING …
 Kuns is ŉ manier vir mense om openlik die wonde van ŉ moeilike verlede te
 verwerk. Dit kan mense weer verenig en versoen in die sin dat dit gevoelens en
 emosies oor die werk se onderwerp kan kommunikeer wat nie altyd in woorde
 beskryf kan word nie.

         FIGUUR 5: Sandile Goje, Vrede in ons hande, 1996, linosnee.

 Goje toon ŉ voël wat ŉ olyftakkie in ŉ groot paar bakhande neersit. Die werk is
 geskep in 1996, die jaar waarin Suid-Afrika die finale weergawe van die nuwe
 Grondwet aanvaar het, en is ŉ weerspieëling van vrede wat uiteindelik ná eeue
 van konflik bereik was.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V2                                      9

   FIGUUR 6: Credo Vusamazulu Mutwa, Die Oordeel van die Konings, 1983,
                                olieverf.

Dit werk toon ŉ samekoms van magtige leiers. Onder hulle is Shaka, Napoleon, Idi
Amin, Sesotho Koningin Mantatise en Fidel Castro. Hulle is geroep deur God in ŉ
nuwe wêreldorde nadat Hy die oue in sewe verskriklike oorloë beëindig het, sodat
hulle verantwoording kan doen vir hul rolle in die bevordering van die oorloë terwyl
hulle aan bewind was.

FIGUUR 7: Ndabenhle William Zulu, Versoening vir Vooruitgang, 1996, linosnee.

Zulu beeld twee mense by ŉ tafel uit wat beide ŉ enkele groot hoed dra. Hierdie
figure verteenwoordig die onderhandelaars (versoeners) en die produk van hul
gesamentlike werk, die nuwe Suid-Afrika, word gesimboliseer deur die kind wat
voor hulle sit.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 VISUELE KUNSTE V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

     FIGUUR 8: Onbekende fotograaf, Waarheid-en-Versoeningskommissie,
                                    1996.

  Mense het bymekaar gekom om hul apartheidservarings van die verlede te
  deel ten einde hulself en die hele nasie te genees.

                            HEROPBOUING …
  “Dit is belangrik dat mense weet dat deur hul kreatiwiteit raak hulle meer as net
  verbruikers. Hulle kan hul dikwels afskuwelike omstandighede te bowe kom
  en iets nuuts tot stand bring.” – Desmond Tutu

     FIGUUR 9: Willem Boshoff, Sewe Pilare van Geregtigheid, 1997, hout en
                                   metaal.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             VISUELE KUNSTE V2                                    11

  Boshoff lewer kommentaar op die regstelsel in Suid-Afrika na die land ŉ nuwe
  grondwet in 1996 aanvaar het. Hy gebruik hout van ŉ hardekoolboom om die
  idee van krag en onwrikbare permanensie te suggereer, met elke houtartikel
  wat ŉ spesifieke regterlike beginsel verteenwoordig.

   FIGUUR 10: Abrie Fourie, Wegwyser/Darteling, 1999–2000, installasie van
                              film in lighouer.

  Hierdie monument, gesien in ŉ oop landskap tydens sonsondergang, is nie
  meer die robuuste ikoon van apartheid nie, maar ŉ vervaagde bloudruk vir ŉ
  skandelike ideologie.

           FIGUUR 11: Brett Murray, Imperium, 1997, gemengde media.

  Murray gee ŉ uiteensetting van die vorms van ŉ linosnee deur Pierneef en
  gebruik metaal waarop hy verwysings soos ŉ houer grond voeg om
  kommentaar te lewer oor Afrikaner eise van die land.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                VISUELE KUNSTE V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

     FIGUUR 12: Cecil Skotnes and Hamilton Budaza, Vryheid, 1995, hand-
                     gekleurde gegraveerde houtpanele.

  Hierdie gekleurde houtpaneelwerk is geskep deur twee kunstenaars uit wyd
  uiteenlopende agtergronde. Dit is ŉ bemiddeling van ŉ ander orde – tussen
  die verlede en die hede, tussen die onderworpe lewe en ŉ onbelemmerde
  lewe, tussen die letsels van die verlede en hoop vir die toekoms, tussen
  apartheid en demokrasie. Die sentrale paneel wys ŉ figuur wat na die hemel
  reik, deels in lof en deels in strewe. Hierdie paneel is deur Skotnes geskep,
  en die res deur Budaza. Dit omhels en salueer die nuwe dagbreek in 1994 en
  straal die Afrika-renaissance (vernuwing) uit.

  Nou reflekteer op jou eie interpretasie van Weerstand, Versoening en
  Heropbouing!

                                                                      TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   VISUELE KUNSTE V2                                       13

ASSESSERINGSKRITERIA

MERKERS GAAN HIERDIE KRITERIA VIR ASSESSERING GEBRUIK.

ONDERWERP 1: BRONBOEK

ASSESSERINGS-                         Dit sluit die volgende in:                   Punte-
   KRITERIA                                                                      toekenning

Konsep-                 x     Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge
ontwikkeling                  om konsep-ontwikkeling te toon.                          10
Navorsing,             x    Dit moet sommige of al van die volgende insluit:
ondersoek en                 o Sketse, tekeninge, foto’s, visuele beelde,
eksperimentering                 versamelde gedigte, lirieke en enige ander
                                 materiaal wat jou inspireer
                             o Navorsing oor kustenaars wat jou geïnspereer
                                 het.
                             o Eksperimentering met media en/of verskillende
                                 tegnieke.
                       x    Alle materiaal moet verband hou met die
                            ontwikkeling van jou werk en jou besluite
                            ondersteun.                                                15
Prosestekeninge         x   Minstens 30% moet tekeninge wees om jou
                            konsepontwikkeling te verduidelik.                         15
Aanbieding,            x    Visueel interessant om ŉ persoonlike benadering
algehele                    te toon.
voorkoms               x    Jou bronboek behoort uit 8–10 bladsye te bestaan.          10
TOTAAL                                                                                 50

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK

    ASSESSERINGS-                        Dit sluit die volgende in:               Punte-
       KRITERIA                                                                 toekenning
Keuse en gebruik van             x Geskiktheid van materiaal en tegnieke
materiaal/tegnieke                 volgens die konsep
                                 x Veilig en hanteerbaar
                                 x Tegniese vaardigheid                               10
Gebruik van formele              x Die belangrikheid van elemente en
kunselemente                       beginsels van kuns, soos lyn, vorm,
                                   kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans,
                                   harmonie, proporsie en komposisie                  10
Geheelindruk van werk –          x Ontwikkeling van nuwe en unieke
oorspronklikheid,                  reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovasie
Interpretasie en praktiese       x   ŉ Persoonlike interpretasie van ŉ tema
toepassing van navorsing         x   Eksperimentering
                                 x   Pak nuwe uitdagings aan                          10
Voltooiing en aanbieding         x   Aandag aan detail
van kunswerk                     x   Taak in tyd voltooi.
                                 x   Aanbieding volgens taak                          10
TOTAAL                                                                                50

FINALE PUNT: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50) = 100
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                VISUELE KUNSTE V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

 ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK (VOO)

 Uitstaande           90–100%   Uitsonderlike vaardigheid, rykheid; insiggewende, hoë
                                vaardigheid en kennis wat sterk uitgebeeld is;
                                ondersteun deur ŉ ongewone seleksie van relevante
                                visuele verwysingsmateriaal.
                                Uitstaande en oorspronklike aanbieding.
 Uitstekend           80–89%    Treffende impak, meeste van bostaande; detail; goed
                                georganiseer en samehangend; afgewerk;
                                vaardighede duidelik; ondersteun deur
                                oorspronklike/ongewone/relevante visuele
                                verwysingsmateriaal; aanbieding is oorspronklik en
                                deurdink.
                                Klein foutjies word bespeur.
 Baie goed            70–79%    Goed georganiseer, soos bogenoemde, maar die
                                “glow” en “sparkle” ontbreek; goeie vlak van
                                bevoegdheid en geselekteerde inhoud; ondersteun
                                deur goeie seleksie/relevante visuele verwysing;
                                duidelike sorg en poging aangewend om
                                oorspronklike aanbieding te skep.
                                Aantal teenstrydighede en foute duidelik.
 Goed                 60–69%    Interessante visuele aanbieding; duidelike intensie;
                                oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium;
                                toon verstaanbare maar neig ten tye tot stereotipiese
                                reaksie; voldoende seleksie van relevante visuele
                                verwysings; taamlike poging aangewend.
                                Verwarrende/ooglopende teenstrydighede.
 Middelmatig          50–59%    Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer;
                                geringe insig; geen verbeelding; sommige visuele
                                verwysings is nie altyd duidelik gedefinieer nie.
                                Gemiddelde aanbieding. Baie afleibare
                                teenstrydighede.
 Onder-               40–49%    Genoegsame materiaal/werke om deur te kom; nie
 gemiddeld                      logies gestruktureer nie; sommige insigbeelde;
                                beperkte keuse van inligting; swak tegniese
                                vaardighede kan bydraende faktor wees; karige
                                gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige
                                aanbieding.
                                Benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
 Elementêr            30–39%    Visueel oninteressant; nie kreatief; beperkte/swak
                                tegniese vaardighede gebruik; glad nie probeer om
                                inligting op ŉ aanvaarbare manier voor te stel nie; min
                                of geen visuele inligting/verwysing; algemene tekort
                                aan toewyding.
                                Benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
 Swak                 20–29%    Baie min inligting; nie maklik om te besigtig nie; baie
 Nie voldoende                  min of irrelevante werk/visuele inligting. Geen
                                poging aangewend om werk op ŉ aanvaarbare wyse
                                aan te bied nie; algemene tekort aan
                                toewyding/samewerking.
 Baie swak            0–19%     Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk;
 Onvoldoende                    afwesigheid van beperkte vaardighede toegepas.
                                Geen toewyding/samewerking.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V2                                     15

ADDENDUM

ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL

x       Daar is geen spesifieke riglyne vir grootte, formaat, uitleg en gevoel en
        voorkoms van die bronboek nie.
x       Die bronboek moet die proses dokumenteer van begin tot einde.
x       Daar moet ŉ duidelike skakel wees tussen die geskrewe/visuele inligting in die
        bronboek en die kunswerk.

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK

Siende dat dit ŉ eksamen is, MAG DIE KANDIDAAT NIE DIE KUNSWERK UIT DIE
EKSAMENLOKAALVERWYDER NIE. Geen werk mag die eksamenlokaal verlaat nie.

Die kandidaat word aangemoedig om ŉ kunswerk te lewer in die medium wat hy/sy in
sy graad 12 jaar ondersoek/beproef/gekies het.

ŉ Suksesvolle kunswerk is ŉ kombinasie van konsep en realisasie. Klem moet gelê
word op die estetiese kwaliteite en energie van die kunswerk.

Die kandidaat is vry om te kies watter styl hy mee geëksperimenteer het in hy/sy
matriekjaar. Hierdie kan insluit naturalisme, ekspressionisme, gestileerd, abstrak,
simbolisme ens.

In alle digitale/multimedia/nuwe media werk, moet konsep-ontwikkeling en realisasie ŉ
belangrike rol speel.

DONKERKAMER FOTOGRAFIE

x      Produseer ŉ stel van ten minste 5 foto’s wat verband hou.
x      Die kandidaat moet al die ontwikkeling van die film en die negatiewe by die skool
       doen onder die toesig van sy onderwyser/toesighouer.
x      Plaas al die kontakbladsye, toetsstrokies en waarnemings van die proses in die
       bronboek.
x      Gee aandag en oorweging aan die voorlegging van die werk.

DIGITALE FOTOGRAFIE

x      Produseer ŉ stel van ten minste 5 foto’s wat verband hou.
x      Die digitale grootte moet ten minste A4 in grootte wees.
x      Plaas die digitale beelde op ŉ skyf (CD) en plaas die CD in die voorkant van die
       bronboek.
x      Handig die bronboek in met ondersteunende inligting, saam met die finale
       kunswerk(e)
       o Program wat gebruik is bv. Adobe Photoshop 7
       o Alle digitale sagteware prosedures.
       o Hulpmiddels/nutsprogramme wat gebruik is om sy/haar beelde te manipuleer.
x       Skenk sorgvuldig aandag aan die voorlegging van die werk.

    Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr 12 VISUAL ARTS P2 SEPT 2016 QP ENG MP](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-visual-arts-p2-sept-2016-qp-eng-mp/af2691f5-2b23-4a1b-9229-43b478502b46) — Visual Arts · QP · 2016 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-afr-sept2016/f9112218-4fc8-4e7d-931a-488d1a964b1f) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2016/8be4ad42-080e-4dac-81ac-c419827f59cb) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept2016/3b565e1f-8e73-438e-97df-e83d2b88d478) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-eng/622e685c-e321-4cf2-8e13-a8f02d4cdfab) — Visual Arts · QP · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-afr/0203f85d-5984-4052-9500-21cd7691e5bc) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
