# Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper

> Grade 5 Afrikaans HL question paper from the ANA Exemplars 2012, 19 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-5-afr-hl-voorbeeld/ef43f90d-6cd6-4b0e-ac30-b1b0afadb8a3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 5
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA Exemplars
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-5-afr-hl-voorbeeld/ef43f90d-6cd6-4b0e-ac30-b1b0afadb8a3)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 5 · ANA Exemplars · 2012. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

            GRAAD 5

      AFRIKAANS HUISTAAL

    STEL 1: 2012 VOORBEELD

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA)

1. Algemene oorsig

Die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) is 'n summatiewe assessering van die verwagte kennis en
vaardighede wat leerders aan die einde van graad 1 tot 6 en graad 9 moes ontwikkel het. As
hulpmiddel vir die skoolgebaseerde assessering en om te verseker dat leerders die nodige selfvertroue
ontwikkel om suksesvol deel te neem aan eksterne assessering, het opvoedkundige panele en
vakspesialiste voorbeeldvraestelle ontwikkel wat onderwysers vir Taal- en Wiskunde-onderrig kan
gebruik. Die voorbeeldvraestelle is ontwikkel, gebaseer op die kurrikulum wat oor die eerste drie
kwartale van die skooljaar strek. Daar is ook 'n volledige Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets
(ANA) vir elke graad. Die voorbeeldvraestelle, insluitend die modeltoets, is aanvullend tot die
skoolgebaseerde assessering wat leerders deurgaans moet voltooi en vervang nie die
skoolgebaseerde assessering nie.

2. Die struktuur van die voorbeeldvraestelvrae

Die voorbeeldvraestelle is ontwerp om verskillende tegnieke of style te illustreer om dieselfde
vaardighede en/of kennis te assesseer. Spesifieke inhoudkennis of 'n vaardigheid kan byvoorbeeld
geassesseer word deur 'n meervoudigekeuse-vraag (waar leerders die beste antwoord uit die gegewe
opsies kies) of 'n stelling (wat van die leerder vereis om 'n kort antwoord of 'n paragraaf te skryf) of
ander soorte vrae (wat leerders vra om gegewe woorde/stellings met lyne te verbind, om gegewe sinne
of patrone te voltooi, om hulle antwoorde met tekeninge of sketse te toon, ens.). Onderwysers en
leerders sal dus 'n aantal voorbeeldvraestelvrae kry wat verskillend gestruktureer is, maar wat dieselfde
spesifieke inhoud en vaardigheid teiken. Blootstelling aan 'n groot verskeidenheid
vraagstellingstegnieke of -style gee leerders die nodige selfvertroue om op verskillende toetsitems te
reageer.

3. Verband met ander leer- en onderrigbronmateriaal

Sommige teksgedeeltes en vrae word doelbewus vir integrering met die graadverwante werkboeke
verbind. Die voorbeeldvraestelle voldoen ook aan die vereistes van die Nasionale Kurrikulumverklaring
(NKV), graad R tot 12, die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (NKABV) vir die
onderskeie grade en die Nasionale Protokol vir Assessering. Hierdie dokumente, saam met ander
dokumente wat deur 'n skool voorsien kan word, sal 'n ryk bron van bronmateriaal vorm wat
onderwysers in staat sal stel om lesse te beplan en om formele assessering uit te voer.

4. Hoe om die voorbeeldvraestelle te gebruik

Alhoewel die voorbeeldvraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel
is, hoef die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike
voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Sorgvuldig geselekteerde individuele
voorbeeldvrae of 'n hanteerbare groep vrae kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en
leerproses soos volg gebruik word:

4.1   Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel.
      Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet
      ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit
      te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer
      te verloor nie.

                                                                                                       1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

4.2   Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde
      kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder
      agter raak nie.

4.3   By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die
      leerders voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan
      toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of
      daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede
      vas te lê.

4.4   Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te
      stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te
      beantwoord.

Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die
summatiewe toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n
sekere tyd behandel is. Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry
in die beantwoording van 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets.

5. Memorandums of nasienriglyne

'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en
Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die
nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en
onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die
leerders aanvaar.

6. Kurrikulumdekking

Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die
voorbeeldvraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is
slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie
kwartale van die skooljaar betrekking het. Die tempo waarteen die werk in sekere skoolkwartale
behandel moet word, is vervat in die betrokke Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings
(NKABV).

7. Gevolgtrekking

Die doelwit van die Departement is om die vlak en kwaliteit van leerderprestasie in die kritiese
grondslagvaardighede van gesyferdheid en geletterdheid te verbeter. Die Jaarlikse Nasionale
Assesseringsmodeltoets is een instrument wat die Departement gebruik om vas te stel of
leerderprestasie verbeter. Daar word van distrikte en skole verwag om onderwysers te ondersteun en
om die nodige hulpmiddels daar te stel om die effektiwiteit van onderrig en leer in skole te verbeter.
Deur van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoetse as deel van die onderwyshulpmiddels
gebruik te maak, sal onderwysers leerders help om vertroud te raak met verskillende style en tegnieke
van assessering. Indien die voorbeeldvraestelle behoorlik aangewend word, sal dit help dat leerders die
toepaslike kennis opdoen en vaardighede ontwikkel om effektief te leer en om beter te vaar in
toekomstige Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse.

                                                                                                     2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Lees die onderstaande leesstuk noukeurig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Daar was ‘n kort, vet man met ‘n donker gelaatskleur en hare so wit soos sneeu. Sy regte
naam was Pieter Jan Willemse. Sy pa en oupa was albei matrose en sy ma was van Maleise
afkoms.

Die Willemse-gesin het in ‘n viervertrekhuis in Klopsestraat in die Bo-Kaap gewoon. Terwyl
Pieter se pa op see was, het sy ma die huis aan die kant gehou en toegesien dat hy skoon,
gesond en gelukkig is. Sy het ook gesorg dat hy gereeld op skool is.

Sy pa het vir hom ‘n kitaar gekoop toe hy nog jonk was. Die kitaar het tien snare gehad. Hy
het kitaarlesse by sy pa gekry wanneer sy pa van die see teruggekom het.

Die klein Maleiergemeenskap het oor naweke bymekaargekom. Daar is gedans, gesing en
Pieter het op sy kitaar gespeel. Hy het ‘n wonderlike musikant geword. Almal het hom
verwonderd aangegaap as hy begin speel en sing het. Hulle het begin hande klap en juig
asof ‘n engel so pas vir hulle gespeel het.

Die mense het hom Kitaar begin noem vandat hy twaalf jaar oud was. Pieter het een dag vir
sy ma gesê: ``Ek gaan universiteit toe wanneer ek klaar met hoёrskool is. Ek wil ‘n graad in
musiek hê.`` ‘n Tragedie het toegeslaan. Kitaar se pa is dood en hy moes gaan werk om sy
ma te onderhou. Sy ma is ook kort daarna oorlede. Hy het besluit om ook ‘n matroos te
word. Hy het sy geld gespaar en op sy kitaar geoefen soveel as wat hy kon. Vyf jaar later
het hy huis toe gekom en graad twaalf by ‘n volwassene-onderwyssentrum voltooi. Daarna
het hy universiteit toe gegaan om musiek te gaan studeer.

Terwyl hy studeer het, het hy musieklesse gegee. Hy het jonk en oud leer lees en skryf.
Mense het van oral gekom om by hierdie talentvolle man musieklesse te neem.

Kitaar het sy graad in musiek gekry toe hy dertig jaar oud was. Hy het in klassieke musiek
gespesialiseer, maar die kitaar het sy eerste liefde gebly. Hy het dikwels teen Seinheuwel
uitgestap en op die groen gras gesit om sy kitaar te speel. Hy het op die ouderdom van
twee en negentig jaar as ‘n gelukkige en tevrede man gesterf.

1.1   Kies die regte antwoord.
      Die beste titel vir die storie sal wees: Mnr. ...

      A     Matroos
      B     Maleier
      C     Bo-Kaap
      D     Kitaar                                                                       (1)

                                                                                        3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

1.2       Voltooi die sin deur die regte woord in te vul.

          Die storie handel oor Pieter wat baie lief was om_________________ te speel.          (1)

1.3       Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde.
          Waaroor handel die storie?

                                                                                                (1)

2.1       Kies die regte antwoord wat die karakter die beste in die fiksie beskryf.
          Pieter het nooit tou opgegooi om sy droom te bewaarheid nie.
          Pieter Jan Willemse was dus ‘n baie ________________________ man.
          Omkring die letter met die regte antwoord.

          A    toegewyde
          B    selfsugtige
          C    gierige
          D    gelukkige                                                                    (1)

2.2       Onderstreep die regte antwoord tussen hakies.
          Die persoon wat Pieter touwys gemaak het met kitaarspel, was sy (ma, pa, oupa).   (1)

2.3       Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde.
          Hoekom moes Pieter gaan werk om sy ma te onderhou?
                                                                                            (2)

2.4   Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie.

      Pieter se droom het waar geword.

      n
      WAAR                                                  ONWAAR

      Motiveer jou antwoord.

      _______________________________________________________________________                         (2)

                                                                                            4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

3.1   Kies die regte antwoord deur gebruik te maak van die woorde in die blok.
      Pieter en sy familie het in ‘n klein ________ gewoon.

          huis     boot      woonstel     karavaan
                                                                                            (1)

3.2   Omkring die letter met die regte antwoord.
      Waar het Pieter uiteindelik sy musiekgraad verwerf?

      A    In die Bo-Kaap
      B    Op universiteit
      C    Op die see
      D    By ‘n volwassene-onderwyssentrum                                               (1)

3.3   Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul.
      Pieter het net na sy pa se dood op die ___________ gaan werk.                        (1)

3.4   Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie.

      Pieter se musiek het baie vir die mense in sy woonbuurt beteken.

          WAAR                                           ONWAAR

      Motiveer jou antwoord.

      ____________________________________________________________________                 (2)

3.5   Verduidelik in jou eie woorde waar Pieter gewoon het.

      ____________________________________________________________________

      ____________________________________________________________________                 (2)

4.1   Omkring die letter met die regte antwoord.
      “Die mense het hom Kitaar begin noem vandat hy twaalf jaar oud was.”
      Wat is so vreemd aan die naam, “Kitaar”?
      Die mense het hom so genoem omdat hy altyd ‘n kitaar _________ het.

                                                                                      5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

      A      reggemaak
      B      gespeel
      C      verkoop
      D      gebreek
                                                                                                       (1)

4.2   Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde.
      Hoekom was dit vir Pieter onmoontlik om sy droom op ‘n jonger ouderdom te
      bewaarheid?
      _________________________________________________________________

      __________________________________________________________________

      __________________________________________________________________                               (2)

4.3   Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie.
      Nadat Pieter sy opleiding by die universiteit voltooi het, het hy nie weer kitaar gespeel nie.

          WAAR                                         ONWAAR

      Motiveer jou antwoord.

      _______________________________________________________________________

      _______________________________________________________________________                          (2)

5.1       Kies die regte byvoeglike naamwoord wat Pieter se karakter die beste beskryf.
          Pieter is ‘n (skaam; voorbarige; toegewyde) persoon.                                         (1)

5.2       Omkring die letter met die regte antwoord.
          Pieter was vasbeslote om ‘n graad in musiek te behaal en het later ‘n _______
          musikant in sy gemeenskap geword.

       A      sukkelende
       B      onbekende

                                                                                               6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

        C   wonderlike
        D   mislukte                                                                                       (1)

5.3     Onderstreep die byvoeglike naamwoord in die onderstaande sin:
        Die klein Maleiergemeenskap het oor naweke in die straat bymekaargekom.                            (1)

5.4     Vul ‘n woord uit die leesstuk in om die sin te voltooi.
        Pieter se pa het vir hom ‘n kitaar gekoop terwyl hy nog ‘n _________seun was.                      (1)

      6. Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg:

        ‘n Boggelrug is ‘n soort walvis. Walvisse is enorme soogdiere wat in die see lewe, maar
        na die oppervlak kom om asem te haal. Hulle het groot knobbelrige koppe met twee
        spuitgate waardeur hulle lug blaas wanneer hulle na die oppervlakte kom. Hulle is swart
        of grys op die rug en wit op die maag met lang voorste vinne. Boggelrûe word tot 16
        meter lank en kan 45 000 kilogram weeg. (Dit is omtrent soveel as wat 550 mense weeg!)

        KOS

        Boggelrûe is baleinwalvisse. Balein is ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond. Hy sif klein
        vissies uit die enorme mondevol water wat hy insluk. Boggelrugwalvisse kan tot 2 500 kg
        kos op ‘n dag eet.

                                                                                                  7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

        GEDRAG

        Boggelrûe doen allerhande dinge in die water. Partykeer skiet hulle regop uit die water en
        val weer terug. Dit word in Engels breaching genoem. Hulle lig ook hulle vinne of stert in
        die lug en klap daarmee op die water. Party mense dink hulle doen dit om met ander
        walvisse te kommunikeer. Nog iets wat die boggelrug en ander walvisse doen, is
        loerspring. Dit is as hulle hul koppe uit die water steek om rond te kyk.

        Boggelrûe is baie raserige walvisse. Hulle maak baie verskillende geluide en die bulle
        sing treurige liedere.

        Boggelrûe is ‘n bedreigde spesie. Hulle word bedreig deur onwettige walvisvangs (die jag
        en doodmaak van walvisse), besoedeling en verstrikking in nette.

  6.1    Beantwoord die volgende vraag in jou eie woorde.
         Hoe vind ‘beaching’ plaas?
         ________________________________________________________________
         ________________________________________________________________
                                                                                                 (2)

  6.2 Onderstreep die regte antwoord tussen hakies.
         Die boggelrugwalvis is ‘n (klein, mooi, enorme) soogdier.                               (1)

 6.3     Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Merk (√) in die regte blokkie .

         Walvisse kan baie groot diere raak.

          WAAR                                              ONWAAR

         Motiveer jou antwoord.
         ____________________________________________________________
                                                                                                       (2)
         ____________________________________________________________
6.4      Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul.
         Sommige kere skiet walvisse ______________________________ vanuit die water
         en ander kere val hulle weer terug.                                                           (1)

7.1     Oorsaak en Gevolg beteken dat as jy die een ding doen, dit iets anders sal laat
        gebeur.
        Voorbeeld: Oorsaak:        As jy te veel lekkers eet.
                     Gevolg:       Jy sal ‘n maagpyn kry.
        Skryf in elke geval ‘n oorsaak neer van die gevolg wat gegee word.

                                                                                            8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

      Oorsaak: ___________________________________________________
      Gevolg: Boggelrûe is ‘n bedreigde spesie                                              (2)

7.2   Oorsaak en Gevolg beteken dat as jy die een ding doen, dit iets anders sal laat
      gebeur.
      Voorbeeld:     Oorsaak:     As jy te veel lekkers eet.

                     Gevolg:      Jy sal ‘n maagpyn kry.
      Skryf in elke geval ‘n oorsaak neer van die gevolg wat gegee word.
      Onderstreep die korrekte sin wat ‘n oorsaak is.
      Boggelrûe is ‘n bedreigde spesie.
      Mense jag boggelrûe onwettig.                                                         (2)

8.1   Omsirkel die letter van die regte antwoord.
      Die beste titel vir die leesstuk is _________.

      A     Wat ‘n walvis!
      B     Walvisse
      C     Balein
                                                                                            (1)
      D     Bedreigde spesie

8.2   Beskryf in jou eie woorde hoe loerspring plaasvind.

      __________________________________________________________________                    (2)

8.3   Onderstreep die regte antwoord tussen hakies.
      Die leesstuk beskryf die (nadele; eienskappe; kleur) van boggelrugwalvisse.
                                                                                            (1)

                                                                                        9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

9.1   Die volgende sinne beskryf die metode om vis te bak.
      Dui die regte volgorde van die metode aan. Nommer die sinne van 1 tot 5 in die
      blokkies.

                                Hoe om vis te bak                              Regte
                                                                              volgorde
       1    Marineer die vis met sout, peper en speserye.
       2    Maak die vis skoon en verwyder eers alle skubbe.
       3    Doop die vis in meel en eiermengsel.
       4    Plaas die vis in die pan met warm olie en draai dit om
            totdat dit ligbruin aan albei kante is.
       5    Maak die olie goed warm voordat jy die vis gaan
            gaarmaak.                                                                              (5)

9.2   Skryf die volgende sinne in die regte volgorde.

      Hoe om vis te bak.

       Marineer die vis met sout, peper en speserye.
       Maak die vis skoon en verwyder eers alle skubbe.
       Doop die vis in meel en eiermengsel.
       Plaas die vis in die pan met warm olie en draai dit om totdat dit ligbruin aan albei
       kante is.
       Maak die olie goed warm voordat jy die vis gaan gaarmaak.

      Antwoorde

      1. _________________________________________________________________

      2. _________________________________________________________________

      3. _________________________________________________________________

      4. _________________________________________________________________

      5. _________________________________________________________________                         (5)

                                                                                              10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

9.3    Die volgorde is verkeerd.
       Omkring die letter met die regte volgorde.

                                   Hoe om vis te bak
        1    Marineer die vis met sout, peper en speserye.
        2    Maak die vis skoon en verwyder eers alle skubbe.
        3    Doop die vis in meel en eiermengsel.
        4    Plaas die vis in die pan met warm olie en draai dit om
             totdat dit ligbruin aan albei kante is.
        5    Maak die olie goed warm voordat jy die vis gaan
             gaarmaak.

       A     2, 1, 4, 3, 5
       B     1, 2, 3, 4, 5
       C     4, 3, 2, 1, 5
       D     2 ,1, 5, 3, 4
                                                                                        (1)

10.1   Skryf die volgende sin oor vanaf die teenwoordige tyd na die verlede tyd.
       ‘n Boggelrug is ‘n soort walvis.
       ___________________________________________________________________              (1)

10.2   Skryf die sin vanaf die verlede tyd na die teenwoordige tyd oor.
       Boggelrûe het allerhande dinge in die water gedoen.
       ____________________________________________________________________             (1)

10.3   Skryf die sin vanaf die teenwoordige tyd na die toekomstige tyd.
       Walvisse word deur onwettige walvisvangs bedreig.
       ____________________________________________________________________             (1)

                                                                                   11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

10.4   Omkring die letter met die regte antwoord.
       Die verlede tyd van die volgende sin is:
       Balein is ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond.

       A      Balein sal ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond wees.
       B      Balein sou ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond wees.
       C      Balein was ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond gewees.
       D      Balein was ‘n soort filter of sif in ‘n walvis se mond.
                                                                                              (1)

11.1   Onderstreep die selfstandige naamwoord.
       Hy hou van enorme walvisse.
                                                                                              (1)

11.2   Kies die korrekte selfstandige naamwoord tussen hakies.
                                                                                              (1)
       Hulle het ‘n (skool, groep, trop) walvisse gesien.

11.3   Skryf neer die korrekte spelling van die selfstandige naamwoord wat onderstreep is.
       Die walvisse word in sommige akwariums aangehou.

       ____________________________________________________________________
                                                                                              (1)

12.1   Vul die nodige hoofletters en leestekens in die onderstaande sin in.
       dit word gesê dat walvisse dolfyne en robbe vriendelike diere is stem jy saam
       ____________________________________________________________________

       ____________________________________________________________________

       ____________________________________________________________________                   (3)

                                                                                         12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

12.2   Omkring die letter met die regte punktuasie vir die onderstaande sin.
       Ek is lief vir walvisse sê Jessica.

       A     Ek is lief vir walvisse, sê Jessica.
       B     “Ek is lief vir walvisse, sê Jessica.”
       C     “Ek is lief vir walvisse”, sê Jessica.
       D     “Ek is lief vir walvisse sê Jessica.
                                                                                              (1)

12.3   Verkeerde leestekens is in die onderstaande sin gevoeg. Skryf die sin oor en vul die
       korrekte leestekens in.
       Tom ben, en jan het na sanlam Winkelsentrum gegaan. Hulle het vir hul mas parfuum
                                                                                              (3)
       gaan koop.

13.1   Skryf ‘n sin vanaf die passiewe (lydende) na die aktiewe (bedrywende) vorm.
       Die walvis eet die kleiner visse.
       ______________________________________________________________                         (1)

13.2   Skryf die volgende sin vanaf die aktiewe vorm oor na die passiewe vorm.
       Walvisse word deur besoedeling bedreig.

       ___________________________________________________________________
                                                                                              (1)
13.3   Omkring die letter met die regte antwoord.
       Die aktiewe vorm van die volgende sin is:
       Walvisse moet elke dag hul kleintjies versorg.

       A      Hul kleintjies moet elke dag deur walvisse versorg word.
       B      Hulle moet hul kleintjies elke dag versorg.
       C      Walvisse word deur hul kleintjies elke dag versorg.
       D      Hul kleintjies moet versorg word deur walvisse elke dag.
                                                                                              (1)

                                                                                       13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  14. Die volgende kaart is ‘n uitleg van mev. Smit se woonbuurt. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                                                                        Staanplek
             Hospitaal                                                                                       Struben-
                                                                                                                          Pick n Pay       vir
                                          Kantoorgebou             Poskantoor                Fliek            straat                      Taxi`s

                                                                                      Langstraat

                                                                         Begraaf-
                                          Internetkafee        Nando’s
                                                                          plaas

Restaurant
                    Ben se                                                                           Pizza
                                                                                      Ackermans                            Morkels     Super Spar
                   Bakkery                                                                           Den
                                          Standard Bank             Parkering

                                                                                      Prinsstraat

                   Boet se                                                                                                 Blok A      Speelgrond

                                                Ysskaatsbaan
       Kerk

                             Kortstraat                                                                       Wesstraat
                   Bakkery
                                                                                Rugbyveld
                                                                                                                            Skool-
                                                                                                                          biblioteek   Pre-primêr
Kliniek           Slaghuis

                                                                         Rooistraat

                                                                                                                                                    14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

14.1   Vul die ontbrekende woorde in die volgende paragraaf.
       Die hospitaal is op die hoek van___________________________ en
       __________________. Die Internetkafee is ____________________
       Kantoorgebou. Die kliniek is ____ die kerk. Die skoolbiblioteek is op die
       ____________________van Wesstraat en _____________________.                      (3)

14.2   Gebruik van die woorde in die blok om jou te help om die paragraaf te voltooi.

         begraafplaas         Pizza Den            agter

         Ackermans           speelgrond            verby

       Die naaste eetplek vanaf die staanplek vir taxi`s is _______________________
       om klere te koop. Die kinders speel gedurende pouse op die
       _________________________. Die slaghuis is ______________ die kliniek.
       Mev. Willemse stap _____________________ die fliek om by die poskantoor
       uit te kom. Ackermans is tussen Pizza Den en die ______________________.         (3)

14.3    Skryf die volgende paragraaf oor en verander die woorde in vetgedruk.

        Die naaste eetplek vanaf die staanplek vir taxi`s is Pizza Den. Mev. Willemse
        gaan na Ackermans om klere te koop. Die kinders speel gedurende pouse
        op die speelgrond. Die slaghuis is agter die kliniek. Mev. Willemse stap
        verby die fliek om by die poskantoor uit te kom. Ackermans is tussen Pizza
        Den en die speelgrond.
        _____________________________________________________________

        _____________________________________________________________

        _____________________________________________________________

        _____________________________________________________________

        _____________________________________________________________

        _____________________________________________________________                   (3)

                                                                                   15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

15.1     Skryf 5 sinne oor die onderstaande prent.

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________   (10)

                                                                  16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

15.2   Gee ‘n byskrif vir elke prent.

       Prent 1

       Prent 2

       _________________________________________________________________   (4)

                                                                   17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

15.3   Maak sinne deur gebruik te maak van die gegewe woorde.

              het pret                                                     Goeie
                                         speel op die                     vriende
                                         wipplank

             by die park
                                                                 skoolvakansie

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________               (10)

15.4   Voltooi die paragraaf deur by die gegewe inleiding te begin.

       Ek en my vriende het gedurende die skoolvakansie met ons gesinne na die
       speelpark gegaan. Ons het baie pret gehad. Ons het ook ...

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________

       ________________________________________________________________               (10)

                                                                                 18

## Related documents

- [Gr 5 Afr HL voorbeeld memo](https://www.hlayiso.com/library/gr-5-afr-hl-voorbeeld-memo/2c35cf65-19e1-4d52-90b8-763cfb64b70b) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/650fc8f7-9696-4e8f-8c2a-1b871ecf74fb) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans HL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-graad-5-2012-memo/c472acc4-4aee-49e5-9e5f-28325f7ce023) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr
- [2013+Grade+5+Afrikaans+HL+Exemplar+Memo](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-5-afrikaans-hl-exemplar-memo/4eb3bc8c-bcc2-41ba-be61-09f61d4c170e) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5/37419aff-74c7-4e8f-860b-3a79eac84264) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans Term 4 Eksamen memorandum](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-hl-2020-november-exam-memorandum-afrikaans/c44ecd9e-adf9-44bd-ae1b-a3175c89d604) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans HL

- [2014 ANA Grade 5 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-5-afrikaans-hl-memo/d1f525f4-6ac4-460a-aa19-f6331c66d2c6) — Memo · 2014 · Afr
- [ANATest+Grade+5+Afrikaans+HL+2013+Memo](https://www.hlayiso.com/library/anatest-grade-5-afrikaans-hl-2013-memo/c86110a1-844e-4436-8073-4c4a3c5aabf2) — Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5-memo/c26c3fd0-68c0-4095-9181-7f04ace50d75) — Memo · 2011 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
