# Afrikaans Hl Grade 6 June Common Test 2011 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans Hl question paper from the June Common Test 2011, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-6-afr-huistaal-finaal/57620b29-a3c8-450b-b03f-9a2b4f5fa63f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: June Common Test
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 6 June Common Test 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-afr-huistaal-finaal/57620b29-a3c8-450b-b03f-9a2b4f5fa63f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · June Common Test · 2011. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              Provinsie van die
              OOS-KAAP
              ONDERWYS

                      INTERMEDIÊRE FASE

                             GRAAD 6

                             JUNIE 2011

                  AFRIKAANS HUISTAAL

PUNTE: 50

TYD: 2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            AFRIKAANS HUISTAAL                              (JUNIE 2011)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
     AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP                  (20 punte)
     AFDELING B: TAAL                                (15 punte)
     AFDELING C: SKRYFSTUKKE                         (15 punte)

2.   Beantwoord al die vrae.

3.   Laat ŉ reёl oop tussen die antwoorde.

4.   Skryf netjies met blou of swart ink.

5.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

6.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                            AFRIKAANS HUISTAAL                                3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: FLIEKRESENSIE

 Lees die volgende fliekresensie mooi deur en beantwoord dan die vrae wat daarop
 volg.

                                          RIO (3D)

 Die blou papegaaie Blu en Jewel leer ŉ belangrike les by die horingbek Rafael in die
 animasiefliek Rio.
                           Papegaai se reis neem jou op vlerke

 1.       Die fliek Rio met sy mal kleure en heupswaai-musiek gaan veroorsaak dat
          Suid-Afrikaners hierdie vakansie Rio de Janeiro kies as hul
          vakansiebestemming. Verblyf in die hotelle kan vol wees. Die
          openingstoneel waar die voëls dans laat ŉ mens wonder of voëls dalk heupe
          het.

 2.       Ons geveerde vriende word gevang deur smokkelaars. Hulle word uit hul
          habitat geruk en vind hul pad na vreemde plekke. En dit is wat met Blu (die
          hoofkarakter) gebeur.

 3.       Blu is ŉ bleeksiel. Hy is blou ara-troetelpapegaai wat in Minnesota bly. Sy
          eintlike habitat is die woude van Brasilië. Hy is lank gelede daar gesteel en
          uitgesmokkel. Die reeks Animal Planet is sy idee van ŉ oerwoud. Hy ly aan
          hoogtevrees en daarom kan hy nie vlieg nie. Ja, jy het reg gelees – dit is
          onse Blu, maar ek waarsku jou, hy gaan jou hart breek.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              AFRIKAANS HUISTAAL                                        (JUNIE 2011)

    4.   Blu se eienaar, Linda, besef sy spesie is aan die uitsterf. Blu beland toe in die
         oerwoud en daar wag die laaste wyfie op hom. Jewel is ŉ skoonheid en die
         arme Blu het die skoot hemelhoog deur.

    5.   Daar is baie spanning en die meeste van die spanning kom van die
         voёlsmokkelaars. Van hulle is dikdom en dan is daar die bende apies wat jou
         die heeltyd besteel.

    6.   Rio werk in 3-D, want jy hou werklik jou asem op. Dit voel of jy die heeltyd
         saam met die voёls vlieg. Maar dit is die storie wat jou twee keer laat dink.
         Blu besef aan die einde dat hy vir veel meer bestem is as koppiekrap.
         Niemand sal hom weer vir ŉ kalkoen aansien nie.

                             [Verwerk en aangepas uit: Die Oos-Kaap Burger, 8 April 2011]

1.1      Wat gaan die rolprent Rio vir die toerismemark doen?                                   (1)

1.2      Noem TWEE dinge uit paragraaf 1, wat jy onmiddellik sal identifiseer met die
         jaarlikse Rio karnaval.                                                                (2)

1.3      Waarom gaan jy dink dat voёls heupe het?                                               (1)

1.4      Soek ŉ ander woord in die resensie vir die woord: voёls                                (1)

1.5      “Blu se eienaar, Linda, besef sy spesie is aan die uitsterf. Blu beland toe in
         die oerwoud en daar wag die allerlaaste wyfie op hom.”

         Hoekom sal jy sê hierdie is ŉ voorbeeld van ŉ groen boodskap (ŉ boodskap
         om die omgewing te beskerm)?                                                           (2)

1.6      Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die korrekte
         LETTER neer.

         Die rolprent Rio is ŉ voorbeeld van ŉ ...

         A     komedie.
         B     riller.
         C     animasie.
         D     kunsfliek.                                                                       (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                          AFRIKAANS HUISTAAL                                    5

 1.7     Dink jy Blu, as die hoofkarakter, word in hierdie resensie as ŉ “hunk” (ŉ
         begeerlik karakter) gesien? Stem jy saam? Gee ŉ rede vir jou antwoord.           (1)

 1.8     Haal ŉ uitdrukking uit paragraaf 4 wat beteken dat Blu baie verlief is.          (1)

 1.9     Kies die korrekte woorde tussen hakies.

         Blu is (aggressief en met geweld / nie geweldadig) uit sy natuurlike omgewing
         verwyder.                                                                        (1)

 1.10 Hoekom sê die resensent Rio werk verseker in 3-D?                                   (1)

 1.11 Gee ŉ moontlike rede waarom jy en jou maats na hierdie fliek sal gaan kyk.          (1)
                                                                                         [13]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           AFRIKAANS HUISTAAL                                     (JUNIE 2011)

VRAAG 2: STROKIESVERHAAL

Kyk mooi na die volgende strokie wat in die vorm van ŉ fotoverhaal geskryf is en
beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                         AFRIKAANS HUISTAAL                           7

 2.1 Waarheen is Tannie Judy en Oortjies op pad? (Die antwoord moet in suiwer
     Afrikaans gegee word.)                                                     (1)

 2.2 Wat gaan hulle daar maak?                                                  (1)

 2.3 Wie dink jy is Brandon?                                                    (1)

 2.4 Wat doen tannie Judy verkeerd?                                             (1)

 2.5 Oortjies is darem ŉ slim hond.

        2.5.1   Stem jy saam met hierdie stelling?                              (1)

        2.5.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                    (1)

 2.6 Hoe weet jy dat dit ŉ baie warm dag was?                                   (1)
                                                                                [7]

                                                          TOTAAL AFDELING A:    20

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL                                        (JUNIE 2011)

AFDELING B

VRAAG 3

Ons (3.1 uie / eie ) 3.2 Huismoles

     Trevor, het jy                                       Nee, ek het
     al hierdie fliek                                     (3.9) ... ... ...
     gesien?                                              .... ... ....

Maak kennis (3.3 ...) Janine en Trevor. Hierdie (3.4 paar) sit elke (3.5 Saterdag)
voor die TV. (3.6 Trevor is sensitief, maar raak gou kwaad.) Hy huil gewoonlik
(3.7 baie hard) as 'n TV-fliek hom ontstel. Janine terg hom daaroor en dan begin
die (3. 8 moles). Dit is juis waarom Janine vir Trevor gevra het of hy al die fliek My
sister’s keeper gesien het. Trevor het geantwoord (3. 9 Nee, ek het ......................)

3.1 Kies die korrekte woord tussen hakies.

     Ons (uie/eie) huismoles.                                                                   (1)

3.2 Kies die een wat NIE pas NIE. Skryf slegs die LETTER van die ALFABET neer
    as antwoord.

     Die uitdrukking „huismoles’ beteken ...

     A     jy maak ŉ groot lawaai en jy maak moeilikheid.
     B     ŉ stryery ontstaan wat deur almal gehoor kan word.
     C     jou huis is vol insekte en moet bespuit word.
     D     ŉ argument ontstaan wat almal kan hoor.                                              (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                          AFRIKAANS HUISTAAL                  9

 3.3 Vul die voorsetsel in wat uitgelaat is.

         Maak kennis ... Janine en Trevor.                              (1)

 3.4 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.

        Hierdie (paar) sit elke Saterdag voor die TV.                   (1)

 3.5 Gee die afkorting van die woord tussen hakies.

        Trevor en Janine sit elke (Saterdag) voor die TV.               (1)

 3.6 Skryf die volgende sin oor sonder om die betekenis te verander.
     Trevor is sensitief, maar raak gou kwaad.

        Begin só:
        Janine se man is ŉ (sensitief) en (kwaad) ou man.               (2)

 3.7 Gee die korrekte intensiewe vorm van die woord tussen hakies.

        Hy huil gewoonlik (baie hard) as ŉ TV-fliek hom ontstel.        (1)

 3.8 Gee die meervoud van die woord tussen hakies.

        Janine terg hom daaroor en dan begin die (moles).               (1)

 3.9 Antwoord die vraag in die ontkennende vorm.
     Trevor, het jy al hierdie fliek gesien?

        Begin só: Nee, ek het ...                                       (1)
                                                                       [10]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          AFRIKAANS HUISTAAL          (JUNIE 2011)

VRAAG 4

ADVERTENSIE

4.1 Blokkie 1: Motorongeluk
    Skryf die volgende sin oor in die Verlede Tyd.

     Ek moet na my pa luister.                                 (1)

4.2 Blokkie 2: Oorstroming
    Skryf die volgende sin oor in die Toekomende Tyd.

     Ek draai al die krane toe.                                (1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                          AFRIKAANS HUISTAAL                                  11

 4.3 Blokkie 3: Brand
     Skryf die volgende vraag oor in die Indirekte Rede.

        Die brandweerman sê: “Kom manne, ons moet hierdie huis red.”

        Begin so: Die brandweerman beveel sy manne dat ...”                              (2)

 4.4 Blokkie 4: Dronkbestuur
     Rangskik die woorde tussen hakies in die regte volgorde.

        Ek sien die motorbestuurder (vinnig) (in die hawe) (vanaand) (ry).               (1)
                                                                                         [5]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         15

 AFDELING C: SKRYFWERK

 VRAAG 5

 Jy was ŉ ooggetuie van die ongeluk. Die polisie begin ooggetuies ondervra. Jy
 word gevra om alles neer te skryf (6 tot 8 reёls) wat jy gesien het (55 – 65 woorde).

 Volg die Kontrolelys:
 Wees eerlik. Wees baie spesifiek. Wie het wat gedoen? Waar het dit
 plaasgevind? Dit wat gebeur het, moet jy in detail beskryf. Ons stel belang in wat
 jy gesien het. Dit moet volledig en duidelik wees, want die polisie volg die leidrade
 op.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                           AFRIKAANS HUISTAAL                                                                   (JUNIE 2011)

Teken die volgende ooggetuieverslag vorm oor.

                                               OOGGETUIEVERSLAG
Naam van getuie:............................................................
Adres waar ons jou kan
kontak:.............................................................................................
Voorval: Motorongeluk
Besonderhede:
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................
....................................................................................................................................

Datum: .............................................................

Handtekening: ............................ ...................................................

                                                                                                                                         [8]

VRAAG 6

Kom ons kyk na ŉ voorbeeld van ŉ weervoorspelling vir Port Elizabeth vir die
volgende drie dae.

              Vrydag                                      Saterdag                                       Sondag

Bewolk met verspreide                          Die wind is sterk suidwes Maksimum 38°C en
buie en donderbuie                                                       sonnig

6.1 Is die volgende stelling waar of onwaar.

        Ons kan nie meer Vrydagaand braai nie.                                                                                           (1)

6.2 Op watter dag moet jy uit die son bly?                                                                                               (1)

6.3 Op watter dag sal jy ŉ vlieёr kan vlieg, of lekker seil op ŉ seiljag?                                                                (1)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                          AFRIKAANS HUISTAAL                                  13

 6.4 Gee jou streek- of dorp se weervoorspelling vir die volgende drie dae.
     (Moenie Port Elizabeth se weervoorspelling hierbo gebruik nie.) Gebruik
     beskrywende woorde.

        Begin so:
        “Hier volg die weervoorspelling vir môre, 25 Mei 2011 uitgereik deur die Suid-
        Afrikaanse weerdiens se kantoor in Bloemfontein.”

        Waarskuwing:

        Onthou die volgende:
         Jou weervoorspelling moet tussen 30 en 40 woorde wees.
         Moenie die Begin so se woorde by tel nie.

        As jy vashaak dink aan die volgende en skryf net:
         Hoe warm of koud gaan dit wees?
         Hoe winderig gaan dit wees?
         Uit watter rigting gaan die wind waai?
         Gaan dit dalk reën?
         Hoe weet jy dat ŉ koue front aan die kom is?

        Kyk nou by die venster uit en begin skryf. Vanaand om 19:26 kan jy op
        SABC 2 kyk hoe naby aan reg jy was.                                              (4)
                                                                                         [7]

                                                              TOTAAL AFDELING C:         15

                                                                    GROOTTOTAAL:         50

## Related documents

- [Gr 6 AFR HL MEMO June](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-afr-hl-memo-june/0a5fd776-64ec-49c1-9af9-154a693a5a09) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 6](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6/afe3c756-805d-4066-97de-38e92b3b936f) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Gr6 AFRHL P1 N11 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p1-n11-qp-afr/aac473de-91f9-4add-a565-027a82f8e6e4) — Afrikaans HL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 6 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-6-memo/3f849993-84f2-4917-a552-6baf95934e13) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [Gr6 AFRHL P1 N11 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p1-n11-memo-afr/24710950-6935-40f6-a0fe-44aac1ec88a2) — Afrikaans HL · Memo · 2011 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp/b36abc2e-ee17-4480-a8b7-d825ab1ad052) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans Hl

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Memo · 2018 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Memo · 2016

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
