# Natural Sciences and Technology Grade 6 2022 QP (Afr)

> Grade 6 Natural Sciences and Technology question paper from the Gauteng November Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-afrikaans-november-2022-question-paper/8bee8074-58f7-4ba8-8f79-d4abcb414a5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences and Technology
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Natural Sciences and Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/natural-sciences-and-technology) › [Natural Sciences and Technology Grade 6 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-afrikaans-november-2022-question-paper/8bee8074-58f7-4ba8-8f79-d4abcb414a5c)

## About this document

Natural Sciences And Technology · Grade 6 · Gauteng November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                        NOVEMBER 2022
                             GRAAD 9

                            NATUURWETENSKAPPE

 TYD:    2 uur

 PUNTE: 100

 18 bladsye

 LEERDER SE NAAM:

 GRAAD: 9

VRAAG               1   2    3   4    5    6    7    8    9   10   TOTAAL

LEERDER SE PUNT

PUNTE               9   6    5   15   14   14   10   16   8   3     100

                                                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

                                             NATUURWETENSKAPPE           GRAAD 9      2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Skryf jou naam, van en klas op hierdie vraestel wat as antwoordblad dien.

2. Beantwoord AL die vrae op die vraestel.

3. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELINGS A en B en is gebaseer op die voorgeskrewe
   inhoudsraamwerk in die KABV-dokument.

4. Toekenning van punte:

   AFDELING A: 20
   AFDELING B: 80

5. Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae.

6. Alle tekeninge moet in potlood gemaak word en met blou ink benoem word.

7. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

                                              NATUURWETENSKAPPE               GRAAD 9        3

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte opsie deur die korrekte letter (A – D) in die verskafde blokkie te skryf

1.1     ŉ Veld krag …

        A   is altyd ŉ aantrekkingskrag.
        B   kom slegs voor tussen magnetiese en elektriese ladings.
        C   lei tot ŉ aksie oor ŉ afstand tussen twee liggame.
        D   is die enigste tipe krag wat in staat is om die spoed van 'n voorwerp te
            verander.

1.2     Die elektrostatiese krag tussen twee gelaaide voorwerpe is F. Die afstand
        tussen hulle word vermeerder. Hoe verander die elektrostatiese krag?

        A   Dit neem toe.
        B   Dit neem af.
        C   Dit bly dieselfde.
        D   Nie een van bogenoemde nie.                                                      (1)

1.3     ŉ … gesteente is afkomstig van ŉ vulkaniese rots.

        A   Minerale
        B   Stollingsvormige
        C   Metamorfiese
        D   Sedimentȇre                                                                      (1)

1.4     Die gas wat in die atmosfeer gevind word wat aardverwarming veroorsaak,
        is ...

        A   koolstofdioksied.
        B   osoon.
        C   stikstof.
        D   waterstof.                                                                       (1)

1.5     Die kleur van die sterre kan hul oppervlaktemperatuur vertel. Watter van die
        volgende rangskikkings verteenwoordig die kleure van die sterre van die
        warmste tot die koelste?

        A   Blou → Wit → Rooi
        B   Rooi → Wit → Blou
        C   Rooi → Blou → Wit
        D   Wit → Rooi → Wit                                                                 (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

                                             NATUURWETENSKAPPE           GRAAD 9    4

1.6   Anna hou daarvan om te bak. Sy het besluit om 'n lemoen uit te druk om die
      sap in haar mengsel te kry, om geur by te voeg. Noem die effek van die krag
      wat sy op die lemoen toegepas het.

      A       Verander beweging
      B       Verander rigting
      C       Verander vorm
      D       Verander spoed

1.7   Die helderheid van die gloeilamp in die elektriese stroombaan hieronder sal
      toeneem as …

      A       die draad langer gemaak word.
      B       die draad dikker gemaak word.
      C       die draad warmer raak.
      D       nog 'n gloeilamp in serie bygevoeg word.                              (1)

1.8   Watter van die volgende stroombaandiagramme verteenwoordig 'n parallelle
      stroombaan?

          A                     B                  C                    D

                                                                                    (1)

1.9   Die opwekking van elektrisiteit deur steenkool te gebruik word … genoem.

      A       kernkrag
      B       termiese elektrisiteit
      C       transformasie
      D       hidro-elektrisiteit                                                   (1)
                                                                                    [9]

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

                                            NATUURWETENSKAPPE             GRAAD 9           5

VRAAG 2: TERMINOLOGIE

Gee die korrekte wetenskaplike term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term in die spasies wat voorsien word.

2.1    'n Geleier wat die vloei van elektriese lading teenstaan

                                                                                                 (1)

2.2    Die krag waarmee 'n planeet of ander liggaam voorwerpe na sy middelpunt trek

                                                                                                 (1)

2.3    'n Toestel wat 'n stroombaan oop- en toemaak

                                                                                                 (1)

2.4    ’n Gesmelte rots onder die kors

                                                                                                 (1)

2.5    'n Massiewe ontlading of vrystelling van elektrone tussen 'n donderwolk en die
       grond

                                                                                                 (1)

2.6    Rots waaruit 'n metaal onttrek kan word

                                                                                                 (1)
                                                                                                 [6]

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

                                            NATUURWETENSKAPPE              GRAAD 9           6

VRAAG 3: PASSENDE ITEMS

Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – F)
langs die vraagnommers (3.1 tot 3.5) in die spasies voorsien in KOLOM C neer.

             KOLOM A                                    KOLOM B             KOLOM C
 3.1   Die baggervorm van mynbou wat minerale        A Puimsteen             3.1
       uit los sand onttrek                                                            (1)
                                                     B Biosfeer
 3.2   Die grens tussen die mesosfeer en die                                 3.2
       termosfeer                                    C Planetêre nebula
                                                                                       (1)
 3.3   Die laag gasse wat deur swaartekrag om die D Mesopouse
       aarde gehou word                                                      3.3
                                                   E Oopgroefmynbou                    (1)
 3.4   Die buitenste gasse van 'n wit dwerg wat in
       die ruimte uitgestoot word en 'n uitdyende  F Atmosfeer               3.4
       wolk vorm                                                                       (1)
 3.5   Tipe stollingsgesteentes
                                                                             3.5
                                                                                       (1)
                                                                                                  [5]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               20

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

                                            NATUURWETENSKAPPE              GRAAD 9         7

AFDELING B

VRAAG 4: KRAGTE

4.1   Leerders word voorsien van 2 glasstawe; 'n retortstaander en 'n wollap.

      Daar word van hulle verwag om 'n eksperiment uit te voer met behulp van die
      apparaat wat voorsien word. Die diagram hieronder lei leerders oor die stappe om
      te volg.

      Stap 1:    Vryf 'n glasstaaf met wollap en hang dit aan 'n retortstaander.
      Stap 2:    Vryf nog 'n glasstaaf en bring dit nader aan die hangstaaf op die
                 retortstaander en let op wat gebeur.

      4.1.1     Wat is die doel van hierdie eksperiment?

                                                                                                (2)

      4.1.2     Verduidelik wat gebeur wanneer die staaf met 'n wollap gevryf word?

                                                                                                (2)

      4.1.3     Wat sal gebeur as jy 'n gevryfde staaf langs 'n ander gevryfde een bring
                wat aan die retortstaander hang soos in die diagram getoon?

                                                                                                (2)

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

                                            NATUURWETENSKAPPE                 GRAAD 9           8

4.2   Bestudeer die volgende diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        Donderwolk

        Aarde

      4.2.1     Die vorming van weerlig kan opgesom word deur gebruik te maak van die
                vier stappe wat deur nommers 1 – 4 in die diagram hierbo voorgestel
                word. Herrangskik die stellings van A – D hieronder om by stappe 1 – 4 in
                die diagram te pas. Moenie die stelling oorskryf nie. Gebruik slegs die
                letters (A – D).

                  A    Die potensiaalverskil word te groot, negatiewe en positiewe
                       ladings verbind, elektriese ontlading skep 'n flits en tref die grond.
                  B    Ione en vrye elektrone word in die lug buite die wolk geproduseer
                       en positiewe elektrisiteit styg uit die grond.
                 C     Waterdruppels (deeltjies) in die wolk het geïoniseer, ys en
                       waterdeeltjies skei as gevolg van beweging en wrywing.
                 D     Negatiewe ladings versamel by die basis van die wolk en val na
                       die aarde.

                                                                                                     (4)

      4.2.2     Noem TWEE maniere wat jy kan toepas om jouself teen weerlig te
                beskerm.

                                                                                                     (2)

4.3   ’n Ruimtetuig het van die Aarde na die Maan gereis. Bereken die gewig van die
      ruimtetuig wanneer dit op Aarde is as sy massa 1 485 kg is.

                                                                                                     (3)
                                                                                                    [15]

                                                                                                    b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

                                         NATUURWETENSKAPPE             GRAAD 9          9

VRAAG 5: SELLE EN ENERGIE, WEERSTAND

5.1   Bestudeer stroombane A, B, C en D en beantwoord vrae 5.1.1 tot 5.1.5 hieronder.
      Alle gloeilampe en selle is identies.

                  3V

         A                      C             D
                   B

      5.1.1   Watter stroombaan het die hoogste weerstand?

                                                                                             (1)

      5.1.2   In stroombaan B, wat is die komponent wat omsirkel is?

                                                                                             (1)

      5.1.3   Wat is die doel van die omsirkelde komponent?

                                                                                             (1)

      5.1.4   Wat is die spanning van elke sel in stroombaan B?

                                                                                             (2)

      5.1.5   In watter stroombaan sal die gloeilamp/gloeilampe die helderste wees?

                                                                                             (1)

5.2   Noem TWEE faktore wat die weerstand van 'n resistor kan beïnvloed.

                                                                                             (2)

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

                                          NATUURWETENSKAPPE               GRAAD 9         10

5.3   Beskryf hoe elke faktor wat jy in VRAAG 5.2 gekies het die weerstand van die
      resistor beïnvloed.

                                                                                                (2)

5.4   Bestudeer die etikette van 'n elektriese stoof in die diagram hieronder. Gee die
      korrekte wetenskaplike term of woord vir elk van die beskrywings. Skryf slegs die
      antwoorde in die spasies wat voorsien word.

                                5.4.1 ŉ Veiligheidstoestel binne die stoof om
                                oorlading te voorkom
                                .
                                5.4.2 'n Toestel binne die knop om die plaat
                                op hoër of laer temperature te stel

                                5.4.3 ŉ Klein toestel wat oplig om aan te dui
                                dat die plaat aangeskakel is

      5.4.1

      5.4.2

      5.4.3                                                                                     (3)

5.5   Noem 'n voorbeeld van 'n veiligheidstoestel wat in ons huise gebruik kan word.

                                                                                                (1)
                                                                                               [14]

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

                                          NATUURWETENSKAPPE                 GRAAD 9        11

VRAAG 6: ELEKTRIESE STROOMBANE

6.1   Twee identiese selle, twee verskillende gloeilampe en verbindingsdrade word
      verbind soos in die diagram hieronder getoon. Gloeilamp X het 'n hoër weerstand
      as gloeilamp Y. Die potensiaalverskil oor die twee selle is 3V.

                   A                                                        F

                                      C             D
                  B                                                         E
                                X                          Y

      6.1.1   Noem die toestel wat gebruik word om potensiaalverskil te meet.

                                                                                                (1)

      6.1.2   As die stroom wat in AB vloei 1A is, sal die stroom wat in deel EF van die
              stroombaan vloei MEER AS, MINDER AS OF GELYK AAN 1A wees?

                                                                                                (1)

      6.1.3   As die potensiaalverskil oor gloeilamp X 2V is, bereken die
              potensiaalverskil oor gloeilamp Y. Wys jou bewerkings.

                                                                                                (3)

      6.1.4   As gloeilamp X blaas, wat sal met gloeilamp Y gebeur? Verduidelik jou
              antwoord.

                                                                                                (2)

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

                                           NATUURWETENSKAPPE            GRAAD 9        12

6.2   Beskou die volgende prentjie van 'n elektriese stroombaan.

                                       X

      6.2.1   Gebruik die inligting in die prent hierbo en teken die ooreenstemmende
              stroombaandiagram.

                                                                                             (4)

      6.2.2   Wat sal met die voltmeterlesing gebeur as die gloeilamp gemerk X
              versmelt? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE neer.

                                                                                             (1)

      6.2.3   Verskaf ŉ rede waarom ŉ voltmeter altyd in parallel in ŉ stroombaan
              gekoppel is.

                                                                                             (2)
                                                                                            [14]

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

                                             NATUURWETENSKAPPE                     GRAAD 9   13

VRAAG 7: KOSTE VAN KRAGVERBRUIK

7.1   Die elektrisiteitsbewys hieronder is by 'n supermark gekoop. Die koopbewys toon
      die aantal elektrisiteitseenhede wat gekoop is en hoeveel geld bestee is om
      hierdie eenhede elektrisiteit te koop.

                                           Elektrisiteit Krediet
                              ------------------------------------------------
                                             6777 0749 9086
                                                   2063 4573
                              -------------------------------------------------
                              Bedrag:                       R26.09
                              Belasting:                      R3.91
                              -------------------------------------------------
                              Totaal:                       R30.00
                              -------------------------------------------------
                              Kwitansie Verw: 59190819185830789
                              --------------------------------------------------
                                  Gratis Eenhede            : 0.00 kWh
                                  Krediet Eenhede : 11.90 kWh
                              --------------------------------------------------
                              Totaal Eenhede             : 11.90 kWh

      7.1.1   Hoeveel eenhede is met R30,00 gekoop?

                                                                                                  (1)

      7.1.2   Gebruik die inligting op die koopbewys en bepaal die koste van
              elektrisiteit per eenheid.

                                                                                                  (2)

      7.1.3   Gebruik jou antwoord in VRAAG 7.1.2 om te bepaal hoeveel dit sal kos
              om 'n 60w-gloeilamp vir 24 uur aan te hou.
              Onthou: Koste = Krag X Tyd X Eenheidsprys

                                                                                                  (3)

                                                                                              b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

                                             NATUURWETENSKAPPE               GRAAD 9   14

       7.1.4    Noem EEN manier waarop verbruikers hul elektrisiteitsrekeninge kan
                verminder.

                                                                                             (1)

7.2    Oorweeg elektrisiteit wat in 'n steenkoolkragstasie opgewek word teenoor
       elektrisiteit wat in 'n kernkragstasie opgewek word.

       7.2.1    Noem EEN ooreenkoms tussen die twee kragstasies.

                                                                                             (1)

       7.2.2    Noem EEN verskil tussen die twee kragstasies.

                                                                                             (2)
                                                                                            [10]

VRAAG 8: INTERAKSIE VAN DIE AARDE SE SFERE.

Die diagram hieronder illustreer die interaksie van die sfere van die Aarde as 'n
komplekse stelsel.

                                                                                        b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

                                             NATUURWETENSKAPPE               GRAAD 9      15

8.1   Beskryf die interaksie tussen die verskillende sfere wat in vrae 8.1.1 tot 8.1.3
      hieronder gegee word.

      8.1.1   Vulkane bars uit en skiet gasse en stof in die atmosfeer in.

                                                                                               (1)

      8.1.2   Water verdamp uit die oseane en word water damp in die atmosfeer.

                                                                                               (1)

      8.1.3   Plante kry water uit die grond. Diere gebruik water om lewe te onderhou.

                                                                                               (1)

8.2   Voltooi die tabel hieronder deur die byskrifte A tot E in te vul.

       Tipe rots                         A                            B     Metamorfies
       Vorming                           Magma wat afgekoel het C           D

       Teenwoordigheid van kristalle Kristalle                        Geen Kristalle
       Voorbeeld                         Graniet                      E     Marmer

      A

      B

      C

      D

      E                                                                                        (5)

8.3   Gesteentes op die Aarde se oppervlak word verweer om kleiner deeltjies te vorm.
      Noem enige DRIE belangrike faktore wat die verweringsproses beïnvloed.

                                                                                               (3)

                                                                                           b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

                                          NATUURWETENSKAPPE               GRAAD 9        16

8.4   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      8.4.1   Wat is die naam van die struktuur wat in die diagram voorgestel word?

                                                                                               (1)

      8.4.2   Watter vorm van energie is in die struktuur vasgevang?

                                                                                               (1)

      8.4.3   Watter laag van die atmosfeer lyk soos die glasruite in die struktuur
              hierbo?

                                                                                               (1)

      8.4.4   Watter natuurlike proses produseer die gas wat in die atmosfeer voorkom
              wat die energie wat deur die son uitgestraal word absorbeer en weer
              uitstraal?

                                                                                               (1)

      8.4.5   Wat is die voordeel van hierdie natuurlike proses vir die lewe op die Aarde?

                                                                                               (1)
                                                                                              [16]

                                                                                             b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

                                                        NATUURWETENSKAPPE                               GRAAD 9       17

VRAAG 9: IMPAK VAN MYNBOU OP DIE OMGEWING

9.1   Die sirkelgrafiek hieronder toon die aantal verskillende mynbouprojekte in
      Suid-Afrika wat gereed was om in 2017 met produksie te begin.

                        Aantal verskillende mynbouprojekte
                                   in Suid-Afrika
                                 ander minerale; 26                            platinum groep
                                                                                 metale; 44
                                diamante; 9

                              ystererts; 9

                           industriȅle; 16

                                                                                     steenkool; 47

                                             goud; 41

              platinum groep metale   steenkool     goud   industriȅle   ystererts    diamante       ander minerale

      Gebruik die inligting wat in die sirkelgrafiek verskaf word om die volgende vrae te
      beantwoord.

      9.1.1      Watter mynbouprojek is die grootste onder die moontlike nuwe myne wat
                 in 2017 gereed was vir nuwe produksie?

                                                                                                                           (1)

      9.1.2      Bereken die persentasie (%) van die aantal moontlike nuwe goudmyne.

                                                                                                                           (2)

      9.1.3      Waar vind mynbou in 'n oopgroefmyn plaas?

                                                                                                                           (1)

      9.1.4      Is ystererts 'n mengsel of 'n verbinding? Gee 'n rede vir jou antwoord.

                                                                                                                           (2)

                                                                                                                       b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

                                            NATUURWETENSKAPPE               GRAAD 9   18

       9.1.5   Noem en bespreek EEN manier waarop mynbou die omgewing kan
               beïnvloed.

                                                                                           (2)
                                                                                           [8]

VRAAG 10: GEBOORTE, LEWE EN DOOD VAN STERRE

10.1   Verduidelik wat gebeur in die kernreaksies.

                                                                                           (2)

10.2   Hoekom is dit nie moontlik vir lig om 'n swart gat te ontsnap nie?

                                                                                           (1)
                                                                                           [3]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:       80

                                                                               TOTAAL:     100

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr 6 Natural Sciences (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-afrikaans-november-2022-possible-answers/b9cc67df-d573-4340-b547-17b8466f319b) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 6 Natural Sciences and Technology (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-and-technology-afrikaans-november-2022-possible-answers/629dca06-6c3e-4c86-a6ef-4621a3da96fd) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/128af9a5-7cdc-4527-8699-0177bb16c296) — Natural Sciences and Technology · QP · 2020 · Afr
- [Gr 6 NTS (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nts-afrikaans-november-2017-question-paper/7d88ff21-a7d2-4267-977c-90d048186f70) — Natural Sciences and Technology · QP · 2017 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-november-2015-question-paper/26054ea9-ee1b-4dc1-9839-b7701a24c512) — Natural Sciences and Technology · QP · 2015 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-possible-answers/fb9a79ac-6a9e-447a-815b-6e0ea54c50f3) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 6 Natural Sciences and Technology

- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2024-possible-answers/db456923-8c84-4b9d-a0f1-c339ff1175bf) — Memo · 2024 · Afr
- [NS TECH MG JUNE 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-2024-north-west-june-exam-question-paper/951dcb1c-2f58-41a8-99e3-553773c5edf1) — Memo · 2024
- [191124NW 6 NWTEG MG AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-2024-north-west-november-exam-question-paper-afrikaans/fef62434-83b1-48fb-b516-7333e26e1993) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2023-possible-answers/d53ff5bd-b490-44a0-b4de-df3789415527) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr6 NS & TEC (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr6-ns-tec-afr-june-2022-possible-answers/f36801d7-18b3-49ba-a578-223b3032d1dc) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr6 NS & TEC (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr6-ns-tec-eng-june-2022-possible-answers/5aa1e4e6-7bf6-4b02-a0d0-2ead828afec8) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
