# Natural Sciences and Technology Grade 6 Gauteng June 2024 QP

> Grade 6 Natural Sciences and Technology question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2024-question-paper/1ca439c0-a364-4e4d-b039-d42961531cbf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences and Technology
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Natural Sciences and Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/natural-sciences-and-technology) › [Natural Sciences and Technology Grade 6 Gauteng June 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2024-question-paper/1ca439c0-a364-4e4d-b039-d42961531cbf)

## About this document

Natural Sciences And Technology · Grade 6 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

               PROVINSIALE EKSAMEN
                            JUNIE 2024
                              GRAAD 6

                       NATUURWETENSKAPPE EN
                            TEGNOLOGIE

TYD: 1½ uur

PUNTE: 60

11 bladsye

 DISTRIK
 NAAM VAN SKOOL
 EMIS-NOMMER
 NAAM EN VAN
 GESLAG                SEUN                        MEISIE

AFDELINGS                     A                B                C
Vrae               1    2     3   4   5    6   7     8      9   10   11   TOTAAL
Puntetoekenning    5    5     5   5   10   5   6     10     2   3    4      60
Leerder se punte

                                                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                 2
                                                                    GRAAD 6

INSTRUKSIES

1.    Beantwoord AL die vrae op die vraestel.

2.    Lees die instruksies en vrae noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

3.    Skryf netjies en leesbaar.

KENNISAFDELINGS

     NATUURWETENSKAPPE                        MATERIE EN MATERIALE
     TEGNOLOGIE                               STELSELS EN BEHEER

Die vraestel bestaan uit AFDELING A, AFDELING B EN AFDELING C.

AFDELING A: LAE ORDE               AFDELING B: MIDDEL          AFDELING C: HOË ORDE
VRAE/KOGNITIEWE VLAK 1             ORDE VRAE/KOGNITIEWE        VRAE/KOGNITIEWE 5 & 6
                                   VLAK 2, 3 & 4
V1: Waterbesoedeling,              V6: Waterbesoedeling,       V9: Oplossing as spesiale
Proses van watersuiwering          Proses om water te suiwer   mengsels
V2: Opgeloste en                   V7: Herrangskik –           V10: Tempo van oplossing
Onopgeloste stowwe, Tempo          Wetenskaplike Ondersoek
van oplossing, Belangrikheid
van vleilande
V3: Waterbesoedeling,
Skoon water
V4: Mengsels van materiale         V8: Vastestowwe,            V11: Waterbesoedeling,
V5: Vastestowwe,                   vloeistowwe en gasse        Skoon water
vloeistowwe en gasse               Versadigde oplossings,
                                   Mengsels, Oplossings as
                                   spesiale mengsels
         Totaal – 30                        Totaal – 21                Totaal – 9

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                 3
                                                                 GRAAD 6

AFDELING A

VRAAG 1: Waterbesoedeling en die proses van Watersuiwering

Vier moontlike antwoorde word in elke vraag hieronder gegee. Omkring (of uitlig) die
letter van die korrekte antwoord.

1.1   Waterbesoedeling vind plaas wanneer:

      A    Skadelike stowwe in die water toevoer beland
      B    Nywerhede veilig en korrek wegdoen met afvalstowwe
      C    Nywerhede koste besnoei met die wegdoen van afvalstowwe
      D    Geen van die bogenoemde                                                     (1)

1.2   Watter EEN van die volgende siektes word met waterbesoedeling geassosieer?

      A    Malaria
      B    Diarree
      C    Cholera
      D    COVID-19                                                                    (1)

1.3   Water waaruit alle kieme en skadelike stowwe verwyder is, is ...

      A    besoedel.
      B    gesuiwer.
      C    geprosesseer.
      D    gepasteuriseer.                                                             (1)

1.4   Watter suiweringsmetode word as die beste beskou om kieme wat in water
      agterbly, dood te maak?

      A    Sifting
      B    Uitsakking
      C    Chlorering
      D    Filtrasie                                                                   (1)

1.5   ŉ Metode om water skoon te maak deur dit teen ŉ hoë temperatuur te verhit:

      A    Sifting
      B    Pasteurisasie
      C    Filtrasie
      D    Kook                                                                        (1)
                                                                                       [5]

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                 4
                                                                   GRAAD 6

VRAAG 2

Pas die stellings in KOLOM B met die korrekte woord in KOLOM A deur die korrekte
letter in die antwoordkolom hieronder te skryf. ŉ Voorbeeld is reeds vir jou gedoen.

      KOLOM A                               KOLOM B                          ANTWOORD
bv.    Water                                                                 bv. F
2.1    Opgelos          A     Wanneer ŉ opgeloste stof weer in soliede
                                                                             2.1 =
                              kristalle verander.

2.2    Vallei           B     ŉ Gebied wat deur die jaar deur vlak water
                                                                             2.2 =
                              bedek word.

2.3    Kristallisasie   C     Hoe effektief ŉ stof sal oplos.                2.3 =

2.4    Vleiland         D     ŉ Gebied van lae plat grond wat sag en nat
                                                                         2.4 =
                              is.

2.5    Oplosbaarheid    E     Wanneer partikels van een stof versprei
                                                                             2.5 =
                              tussen die partikels van ŉ ander stof.
                        F     Chemiese formule: H2O
                                                                                         [5]

VRAAG 3

Gebruik die onderstaande woordboks om die sinne hieronder te voltooi. Skryf jou
antwoorde op die oopgelate spasies.

 suiwering        gekontamineerd       verbeter      slyk       uitsakking   parasiete

3.1 Wanneer water kieme of skadelike stowwe bevat wat dit onveilig maak om te
    drink, sê ons dit is                       .

3.2                         vind plaas wanneer jy ŉ mengsel van vuil water vir ŉ ruk
      los, sodat die swaar stowwe na die bodem daal.

3.3 Die suiweringsproses van water word                                       genoem.

3.4 Die modderige stof wat in water gevind word gedurende die skoonmaakproses,
    word                                         genoem.

3.5 Kieme en                           word in vuil water gevind.
                                                                                         [5]

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                  5
                                                                 GRAAD 6

VRAAG 4: Mengsels van materiale: Etiketteringstrukture

Die onderstaande woorde beskryf 5 metodes om mengsels te skei. Gebruik die
woorde in die blokkie hieronder om elke metode van skeiding korrek te etiketteer soos
aangedui deur die illustrasie langs elke nommer.

      Uitsakking;   Sifting;   Handsortering;   Oorgieting;    Filtrasie

4.1     _____________________________________
                                                                                        (1)

4.2     _____________________________________

                                                                                        (1)

4.3     _____________________________________
                                                                                        (1)

4.4     _____________________________________

                                                                                        (1)

4.5     _____________________________________

                                                                                        (1)
                                                                                        [5]

                                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                6
                                                                 GRAAD 6

VRAAG 5

Gebruik die onderstaande illustrasie oor die faseverandering van materie om die
volgende vrae te beantwoord.

5.1 Wat word die vloeistoffase van water genoem?                                           (1)

5.2 Wat word die gasfase van water genoem?                                                 (1)

5.3 Wat word die vastestoffase van water genoem?                                           (1)

5.4 Voorsien die etikette vir die toestand van materie wat in A, B en C gevind word.

     A                           B                            C                            (3)

5.5 Gebaseer op die diagram, watter proses vind by die volgende nommers plaas?

     5.5.1                                                                                 (1)

     5.5.2                                                                                 (1)

     5.5.3                                                                                 (1)

     5.5.4                                                                              (1)
                                                                                       [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:       30

                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                         7
                                                                    GRAAD 6

AFDELING B

VRAAG 6: Waterbesoedeling en die proses van waterreiniging

Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die volgende vrae.

     Gevaarlike Water

     Musa Nzimakwe het by sy familie in die platteland van KwaZulu-Natal gaan kuier.
     Musa het lopende kraanwater in Durban waar hy woon. By sy plattelandse woning
     drink die mense die water van die stroom wat deur die dorpie vloei. Die mense
     gebruik ook die bosse naby die lopende stroom as ŉ toilet.

     Na ŉ paar dae het Musa baie siek geword met diaree en moes na die naaste
     hospitaal toe gaan. Hy het cholera opgedoen, ŉ siekte wat veroorsaak word deur
     van kieme teenwoordig in menslike afval wat die water besoedel. Musa was baie
     gelukkig, want mense kan van cholera doodgaan. Die plaaslike munisipaliteit het
     toe toilette voorsien, maar hulle het nie ŉ opvoedkundige program om die mense te
     leer, hoe om siektes soos diaree en cholera te voorkom, ingesluit nie. Handpompe
     is ook ingesit om water vanaf boorgate te pomp, maar die mense het nog steeds
     die water vanaf die stroom gebruik, omdat dit vir hulle te ver was om na die
     handpompe toe te stap.
         [Aangepas uit ŉ artikel in EnviroTech, May 2004, taken from Water Wheel, Nov/ Dec 2003,
                                                                   Water Research Commission].

6.1 Vergelyk lopende kraanwater met water wat vanaf ŉ stroom kom.

     6.1.1   Lopende kraanwater:

     6.1.2   Stroomwater:                                                                              (2)

6.2 Verduidelik waarom die water naby Musa se plattelandse woning besoedel is.

                                                                                                       (1)

6.3 Bespreek TWEE maniere hoe handpompe en toilette kan help om diaree en
    cholera in gemeenskappe te voorkom.

     6.3.1

     6.3.2

                                                                                                       (2)
                                                                                                       [5]

                                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                       NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                    8
                                                                GRAAD 6

VRAAG 7: Herrangskikking

Wetenskaplikes volg altyd ŉ plan noukeurig wanneer hulle ondersoeke uitvoer. Daar is
sekere stappe in ŉ wetenskaplike ondersoek wat gevolg moet word.

Herrangskik die stappe in die korrekte volgorde deur die LETTER langs die korrekte stap
te skryf.

     VERKEERDE VOLGORDE                        KORREKTE VOLGORDE
     A  Metode                                 Stap 1:
     B  Waarnemings en Resultate               Stap 2:
     C  Hipotese                               Stap 3:
     D  Gevolgtrekking                         Stap 4:
     E  Materiaal versamel                     Stap 5:
     F  Doel                                   Stap 6:
                                                                                              [6]

VRAAG 8

8.1 Verduidelik die verskil tussen ŉ versadigde oplossing en ŉ onversadigde oplossing.

     8.1.1   Versadigde oplossing -

                                                                                              (1)
     8.1.2   Onversadigde oplossing -

                                                                                              (1)

8.2 Gebruik die onderstaande tabel om die deeltjies in vastestowwe en in gasse met
    mekaar te vergelyk.

                    Vastestowwe                                 Gasse
       (a)                                       (a)

       (b)                                       (b)

                                                                                              (4)

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                  9
                                                                 GRAAD 6

8.3 8.3.1   Maak gebruik van die onderstaande raam om die deeltjies van ŉ vloeistof te
            illustreer.

                                                                                             (2)

    8.3.2   Verduidelik die beweging van die deeltjies in ŉ vloeistof.

                                                                                             (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:        21

                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                 10
                                                                  GRAAD 6

AFDELING C

VRAAG 9: Oplossings as spesiale mengsels

Sipho het ŉ onbekende stof in water bygevoeg. Sy resultate word in die onderstaande
diagram aangetoon. Na 10 minute was die kleur eweredig deur die water versprei en die
onderste laag was nie meer sigbaar nie.

9.1    Is hierdie ŉ voorbeeld van ŉ oplossing? Gee ŉ rede vir jou antwoord.               (2)

VRAAG 10: Tempo van oplossing

Hanna het dieselfde hoeveelheid sout in twee bekers met water geplaas en dit goed
geroer.

                            Beker A                      Beker B

10.1   In watter beker sal die sout vinniger oplos? Verduidelik waarom die sout in een
       beker vinniger as die ander beker sal oplos.

                                                                                          (3)

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                             11
                                                                      GRAAD 6

VRAAG 11

Lees die onderstaande artikel oor waterbesoedeling en beantwoord die vrae wat volg.

                Wat is die oorsake en effekte van waterbesoedeling in Afrika?

       Skrywer: Matthew McClure

       Datum gepubliseer: 1 September 2021

       Wat veroorsaak waterbesoedeling, en wat is die effek van waterbesoedeling
       op gemeenskappe in gevaar en ekosisteme in Afrika?

       Waterbesoedeling in Afrika word deur mense veroorsaak. Daar is geen manier om
       dit te ontken nie.

       Dieselfde spesie wat so afhanklik is van veilige, skoon water is die spesie wat die
       oorsaak is van die besoedeling van varswater bronne. Maar wat is
       waterbesoedeling? Wyd gestel, word waterbesoedeling beskou as die proses
       waartydens onbekende stowwe die watermassa (bo- of ondergronds) binnedring en
       in die proses veroorsaak dat die water onbruikbaar en toksies word vir die
       ekosisteem waarin dit geleë is.

       Die effekte van waterbesoedeling is katastrofies: Plant- en dierelewe lei, asook die
       kwesbare mense en gemeenskappe. Hou jou regering verantwoordelik en maak
       seker dat alle mense van Afrika toegang tot skoon, gesonde water het.

       Moet geen fout maak nie, toegang tot skoon, gesonde water is 'n fundamentele
       mensereg. Skoon water is noodsaaklik vir lewe, maar is 'n skaars bron in Afrika.
       Die oorsake van waterbesoedeling en die effekte op mense, flora en fauna is
       huidiglik een van die grootste omgewingsbedreigings in Afrika. Ongelukkig is
       waterbesoedeling in Afrika besig om toe te neem.
        [Aangehaal uit: https://www.greenpeace.org/africa/en/blogs/49015/what-are-the-causes-and-
                                                                effects-of-water-pollution-in-africa/]

11.1   Stel ŉ rede voor waarom die artikel beweer dat mense die oorsaak van besoedeling is.

                                                                                                          (1)

11.2   Bespreek EEN metode wat gebruik kan word om water te suiwer.

                                                                                                          (1)

                                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                  12
                                                                 GRAAD 6

11.3   Voorsien TWEE redes waarom jy dink dat dit belangrik is om ons riviere skoon te
       hou.

                                                                                          (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING C:           9

                                                                               TOTAAL:    60

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2024-possible-answers/db456923-8c84-4b9d-a0f1-c339ff1175bf) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 6 Natural Sciences and Technology (Afrikaans) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-afrikaans-june-2022-question-paper-1/a76df668-a552-4d08-848e-94158a2fd408) — Natural Sciences and Technology · QP · 2018 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2017-question-paper/ecf10b35-b5b8-44f4-8d8f-97c4adbfcc6f) — Natural Sciences and Technology · QP · 2017 · Afr
- [Gr 6 NST Afrikaans June 2016 Questions paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2016-questions-paper/2e4c7e28-0ce1-472a-beb8-89da04204422) — Natural Sciences and Technology · QP · 2016 · Afr
- [191124NW 6 NWTEG MG AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-2024-north-west-november-exam-question-paper-afrikaans/fef62434-83b1-48fb-b516-7333e26e1993) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2023-possible-answers/d53ff5bd-b490-44a0-b4de-df3789415527) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 6 Natural Sciences and Technology

- [NS TECH MG JUNE 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-2024-north-west-june-exam-question-paper/951dcb1c-2f58-41a8-99e3-553773c5edf1) — Memo · 2024
- [Gr 6 NST (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-possible-answers/fb9a79ac-6a9e-447a-815b-6e0ea54c50f3) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr6 NS & TEC (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr6-ns-tec-afr-june-2022-possible-answers/f36801d7-18b3-49ba-a578-223b3032d1dc) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr6 NS & TEC (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr6-ns-tec-eng-june-2022-possible-answers/5aa1e4e6-7bf6-4b02-a0d0-2ead828afec8) — Memo · 2022 · Eng
- [Gr 6 Natural Sciences (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-afrikaans-november-2022-possible-answers/b9cc67df-d573-4340-b547-17b8466f319b) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr 6 Natural Sciences and Technology (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-and-technology-afrikaans-november-2022-possible-answers/629dca06-6c3e-4c86-a6ef-4621a3da96fd) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
