# Natural Sciences and Technology Grade 6 2023 QP (Afr)

> Grade 6 Natural Sciences and Technology question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-question-paper/b78298a3-2cca-4917-b5c9-4368f59a28ed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Natural Sciences and Technology
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Natural Sciences and Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/natural-sciences-and-technology) › [Natural Sciences and Technology Grade 6 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-question-paper/b78298a3-2cca-4917-b5c9-4368f59a28ed)

## About this document

Natural Sciences And Technology · Grade 6 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                PROVINSIALE EKSAMEN
                       NOVEMBER 2023
                              GRAAD 6

                       NATUURWETENSKAPPE EN
                            TEGNOLOGIE

TYD: 1½ uur

PUNTE: 60

12 bladsye

DISTRIK
NAAM VAN SKOOL
EMIS-NOMMER
KLAS (bv. 6A)
NAAM EN VAN
GESLAG                 SEUN                           MEISIE
DATUM

AFDELING                          A                    B            C        TOTAAL

Vraag              1    2     3       4   5   6   7    8   9   10       11
Punte toekenning   5    5     5       5   5   5   5    7   9   3        6      60
Leerder se punte

                                                                                    b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                   2
                                                                  GRAAD 6

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, A, B en C.

1.     Beantwoord AL drie afdelings.

2.     ALLE vrae moet op die vraestel beantwoord word in die spasies wat voorsien
       word.

3.     Skryf netjies en leesbaar.

STRINGE

     NATUURWETENSKAPPE              Energie en Verandering, Planeet Aarde en die Ruimte
     TEGNOLOGIE                     Stelsels en beheer

Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A, AFDELING B EN AFDELING C.

AFDELING A: LAE ORDE                AFDELING B: MIDDEL             AFDELING C: HOË ORDE
VRAE/KOGNITIEWE VLAK 1              ORDE VRAE/KOGNITIEWE           VRAE/KOGNITIEWE VLAK
                                    VLAK (2 & 3)                   (4, 5 & 6)
V1: Elektriese stroombane           V7: Hoe steenkool gevorm       V10: Stelsels om die Maan
                                        word?                            en Mars te verken
V2: Hoofstroomelektrisiteit;        V8: Hoofstroomelektrisiteit,   V11: Teleskope
    Geleiers en isolators;              koste van elektrisiteit,
    Hernubare maniere om                veilige gebruik van
    elektrisiteit op te wek,            elektrisiteit
    Elektriese stroombane
V3: Teleskope, Stelsels om          V9: Elektriese stroombane;
    die Maan en Mars te                 Stroombaandiagramme
    verken                              ; Die gebruik van
                                        elektriese stroombane
V4: Stelsels om probleme op
    te los
V5: Die Son, planete en
    asteroïdes; Die rotasie
    en rewolusie van die
    Aarde; Teleskope
V6: Beweging van die Aarde
    en Planete
         Totaal – 30                        Totaal – 21                   Totaal – 9

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE              3
                                                               GRAAD 6

AFDELING A

VRAAG 1: ELEKTRIESE STROOMBANE

Bestudeer die onderstaande stroombaandiagram en beantwoord die volgende vrae.

1.1   Hoeveel selle is in die stroombaan?                                              (1)

1.2   Wat is die funksie van die battery (of selle) in die stroombaan?
                                                                                       (1)

1.3   Het die stroombaan ŉ skakelaar?                                                  (1)

1.4   Noem die tipe uitsetenergie in die stroombaan.                                   (1)

1.5   Watter toestel produseer die uitsetenergie in die stroombaan?                    (1)
                                                                                       [5]

VRAAG 2

Vier moontlike antwoorde word vir elk van die onderstaande vrae gegee. Lees elke
vraag en omkring die korrekte antwoord. bv. 2.6 A .

2.1   Watter van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ nie-hernubare energiebron wat
      gebruik word om elektrisiteit op te wek?

      A    Sonkrag
      B    Hidro-elektriese krag
      C    ŉ Steenkool kragstasie
      D    Windkrag

2.2   Dele van ŉ elektriese stroombaan word ... genoem.

      A    toestelle
      B    stroombaandiagram
      C    koperdraad
      D    komponente
                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                    4
                                                                 GRAAD 6

2.3     Die hoof gebruik van steenkool tydens die opwekking van elektrisiteit is om ...

        A    die turbines te draai.
        B    die kragmaste te verhit.
        C    die water te verhit.
        D    die energie van die bewegende turbine te verander.

2.4     Watter van die volgende is NIE ŉ voorbeeld van ŉ fossielbrandstof NIE?

        A    Water
        B    Steenkool
        C    Natuurlike gas
        D    Olie

2.5     Hierdie toestel skakel elektriese energie na bewegingsenergie om.

        A    Gloeilamp
        B    Motor
        C    Gonser
        D    Battery
                                                                                               [5]
VRAAG 3: TELESKOPE, STELSELS OM DIE MAAN EN MARS TE VERKEN

Pas die nommer in KOLOM A by die letter in KOLOM B deur die korrekte letter in die
ANTWOORDKOLOM hieronder te skryf.

      KOLOM A                            KOLOM B                                Antwoord
Bv.     Satelliete   A     Sonder mense aan boord om die ruimtetuig te          Bv. – G
                           bedryf

3.1     Sojourner    B     Die eerste robotverkenner wat op ŉ ander planeet 3.1
                           geland het

3.2     Teleskoop    C     Word gebruik om in die ruimte te kyk en              3.2
                           informasie te versamel

3.3     Onbeman      D     Die nuwe robotverkenner vir NASA                     3.3

3.4     Ruimtetuig   E     Word gebruik om rots en grondmonsters te             3.4
                           versamel en foto’s te neem van die oppervlak van
                           die Maan en Mars

3.5     Curiosity    F     ŉ Voorwerp wat doelbewus in ŉ wentelbaan in die 3.5
                           ruimte gesit is                                                     [5]

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE              5
                                                                 GRAAD 6

VRAAG 4: DIE SONNESTELSEL

Dui aan of die volgendes stellings WAAR of ONWAAR is.

4.1   Mars staan ook bekend as die “Rooi Planeet”.                                       (1)

4.2   Die grootste planeet in die sonnestelsel is Jupiter.                               (1)

4.3   Planete naaste aan die son word “binneste planete” genoem.                         (1)

4.4   Daar is 8 planete in die sonnestelsel.                                             (1)

4.5   Die rotsagtige voorwerpe in die ruimte wat rondom die son wentel in die sone
      tussen Mars en Jupiter word satelliete genoem.                                     (1)
                                                                                         [5]

VRAAG 5

Voorsien die wetenskaplike naam/term vir elk van die volgende stellings.

                        Stelling                                     Antwoord
5.1    Die beweging van een liggaam rondom ŉ ander een
       in die ruimte

5.2    ŉ Rotsagtige liggaam wat rondom ŉ planeet reis

5.3    Die lyn wat deur die middelpunt van ŉ voorwerp
       loop

5.4    ŉ Groot sirkelvormige gat met ŉ rand daarom

5.5    ŉ Instrument wat verrestaande voorwerpe vergroot
                                                                                         [5]

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                  6
                                                                GRAAD 6

VRAAG 6: BYSKRIFTE VAN STRUKTURE

Verskaf byskrifte vir die dele van ŉ gloeilamp.

Kies die woorde van die woordbank hieronder om die korrekte byskrifte by die dele van
die gloeilamp te pas.

Elektriese kontak;   Filament;    Weerstandsdraad;   Skroefdeel;    Tungsten Filament

                     glaslamp
                                                          gas
    6.1 _______________ (1)

    6.2 _______________ (1)

                                                          6.4 _______________ (1)

    6.3 _______________ (1)

                                                          6.5 _______________ (1)
                                                                                            [5]

                                                                TOTAAL AFDELING A:          30

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                          NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE              7
                                                                   GRAAD 6

AFDELING B

VRAAG 7: FOSSIELE

Die onderstaande prente wys hoe steenkool gevorm word.

            MOERAS                        WATER
     300 Miljoen jaar gelede      100 Miljoen jaar gelede

                                                                     Rotse
                                                                       &
                                                                     Afval
                                            Afval

                                          Dooie plante              Steenkool

Herrangskik die onderstaande stappe in die korrekte volgorde om te wys hoe steenkool
gevorm word. Skryf slegs die LETTER neer om die korrekte volgorde te wys.

                      Verkeerde volgorde                      Korrekte volgorde
 A     Oor miljoene jare het verrotte plante versteen om
       steenkool te word.

 B     Plante gebruik ligenergie van die son om te groei.

 C     Die son gee hitte-en ligenergie.

 D     Die plante vrek en ontbind.

 E     Lae van sand en modder word op die verrotte plante
       neergelê oor miljoene jare.                                                         [5]

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                   8
                                                                    GRAAD 6

VRAAG 8: HOOFSTROOMELEKTRISITEIT

8.1   Koste van elektrisiteit.

      Kagiso het ŉ tabel saamgestel om te wys hoeveel elektrisiteit sekere toestelle in sy
      huis gebruik.

              Toestel            Elektrisiteit gebruik deur ŉ toestel (W)
       Elektriese Stoof                           8 000
       Geiser                                     4 000
       Televisie                                    340
       Ketel                                      2 000
       Yskas                                        150

      (a)    Verduidelik waarom die elektriese stoof en die geiser meer elektriese
             energie gebruik as die televisie en die yskas.

                                                                                                 (2)

      (b)    Stel TWEE maniere voor hoe Kagiso se familie elektrisiteit kan bespaar.

             1

             2                                                                                   (2)

      (c)    Voorsien ŉ voorbeeld van ŉ hernubare energiebron waarvan Kagiso sy
             familie kan vertel om in te belê.
                                                                                                 (1)

8.2   Veilige gebruik van elektrisiteit.

      Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

      (a)    Verduidelik waarom kabels soos hierbo nie gebruik kan word nie.
                                                                                                 (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                         9
                                                                  GRAAD 6

      (b)     Indien jy ŉ elektrisiën was, watter veiligheidsmaatreël sou jy in plek gesit het
              wanneer daar met ŉ blootgestelde draad gewerk moet word?
                                                                                                     (1)
                                                                                                     [7]
VRAAG 9: ELEKTRIESE STROOMBANE

Bestudeer die onderstaande prent van ŉ werklike stroombaan en beantwoord die vrae
wat volg.

9.1   Illustreer en benoem ŉ sroombaandiagram om die bostaande stroombaan in die
      spasie hieronder voor te stel.

                                                                                                     (4)

9.2   Illustreer ŉ stelseldiagram vir die bostaande elektriese stelsel in die onderstaande
      spasies.

                 INSET                            PROSES                           UITSET
                                              Elektriese ladings
            _______________                   beweeg deur die                _______________
                                                 stroombaan

                                                                                                     (2)

                                                                                                     b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                  10
                                                               GRAAD 6

9.3   Vergelyk die onderstaande stroombaandiagramme en beantwoord die volgende
      vraag.

               Stroombaan A                                     Stroombaan B

      Verduidelik watter stroombaan ŉ uitset sal lewer. Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                                                                                        (3)
                                                                                        [9]

                                                               TOTAAL AFDELING B:       21

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                      NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                      11
                                                               GRAAD 6

AFDELING C

VRAAG 10: STELSELS OM DIE MAAN EN MARS TE VERKEN

10.1   Bespreek kortliks TWEE maniere hoe die “Lunar Roving Vehicle” (LRV)
       ruimtevaarders gehelp het met hul wetenskaplike ontdekkings.

       1

       2

                                                                                            (2)

10.2   Maak ŉ gevolgtrekking hoekom die LRV verkenners Mars toe gestuur word in
       plaas van ruimtevaarders.
                                                                                            (1)
                                                                                            [3]

VRAAG 11: TELESKOPE

Lees die onderstaande stuk en beantwoord die vrae wat volg.

Die Square Kilometer Array (SKA)

Suid-Afrika het agt jaar lank voorberei om gasheer te wees van die wêreld se grootste
teleskoop. Die ander land wat die SKA wil gasheer, is Australië.

Ons het ŉ baie goeie gebied in Suid-Afrika. Die SKA radioteleskoop sal baie antennas
en skottels in verskeie gebiede hê. Dit sal informasie stuur na die sentrale rekenaar om
ŉ beeld te produseer.

Die hoofsentrum sal in die Karoo wees, met ander sentrums weg van mense en weg van
FM uitsendings af, asook selfoon torings om versteurings te voorkom.

Die SKA sal 50 keer meer sensitief wees en 10 000 keer vinniger wees as enige ander
teleskoop om ŉ opname van die ruimte te neem.

Die teleskoop sal swartgate, sterre en sterrestelsels of bande van sterre kan waarneem.
Dit sal goed vir die ekonomie en werkvoorsiening wees.

11.1   Bespreek in breë trekke watter faktore wetenskaplikes sal oorweeg indien hul ŉ
       hoofsentrum vir die bou van ŉ teleskoop wil identifiseer.

                                                                                            (2)

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                    NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE                     12
                                                             GRAAD 6

11.2 Stel TWEE redes voor waarom die SKA beter as ander teleskope sal wees.

      1

      2

                                                                                         (2)

11.3 Daar word van jou vereis om ŉ teleskoop te maak vir die NWT Wetenskap
     Uitstalling. Jou onderwyser gee vir jou ŉ handdoekrol en die bodem van ŉ
     glasbottel. Bespreek hoe die bodem van die glasbottel sal help om ŉ teleskoop te
     maak.

                                                                                         (2)
                                                                                         [6]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             9

                                                                            TOTAAL:      60

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr 6 NST (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-possible-answers/fb9a79ac-6a9e-447a-815b-6e0ea54c50f3) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 6 Natural Sciences (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-afrikaans-november-2022-question-paper/8bee8074-58f7-4ba8-8f79-d4abcb414a5c) — Natural Sciences and Technology · QP · 2022 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/128af9a5-7cdc-4527-8699-0177bb16c296) — Natural Sciences and Technology · QP · 2020 · Afr
- [Gr 6 NTS (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nts-afrikaans-november-2017-question-paper/7d88ff21-a7d2-4267-977c-90d048186f70) — Natural Sciences and Technology · QP · 2017 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-november-2015-question-paper/26054ea9-ee1b-4dc1-9839-b7701a24c512) — Natural Sciences and Technology · QP · 2015 · Afr
- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2023-possible-answers/d53ff5bd-b490-44a0-b4de-df3789415527) — Natural Sciences and Technology · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 6 Natural Sciences and Technology

- [Gr 6 NST (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-nst-afrikaans-june-2024-possible-answers/db456923-8c84-4b9d-a0f1-c339ff1175bf) — Memo · 2024 · Afr
- [NS TECH MG JUNE 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-2024-north-west-june-exam-question-paper/951dcb1c-2f58-41a8-99e3-553773c5edf1) — Memo · 2024
- [191124NW 6 NWTEG MG AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-natural-sciences-and-technology-2024-north-west-november-exam-question-paper-afrikaans/fef62434-83b1-48fb-b516-7333e26e1993) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr6 NS & TEC (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr6-ns-tec-afr-june-2022-possible-answers/f36801d7-18b3-49ba-a578-223b3032d1dc) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr6 NS & TEC (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr6-ns-tec-eng-june-2022-possible-answers/5aa1e4e6-7bf6-4b02-a0d0-2ead828afec8) — Memo · 2022 · Eng
- [Gr 6 Natural Sciences (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-6-natural-sciences-afrikaans-november-2022-possible-answers/b9cc67df-d573-4340-b547-17b8466f319b) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
