# Creative Arts Grade 8 November 2019 Memo

> Grade 8 Creative Arts memorandum from the November Exam 2019, 7 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-8-kk-memo-k9q5w7zgsiutbl8zkas0/b21a4462-0255-44b1-a04e-fcf758a74800
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Creative Arts
- Grade: Grade 8
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 8](https://www.hlayiso.com/library/grade-8) › [Creative Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-8/creative-arts) › [Creative Arts Grade 8 November 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr-8-kk-memo-k9q5w7zgsiutbl8zkas0/b21a4462-0255-44b1-a04e-fcf758a74800)

## About this document

Creative Arts · Grade 8 · November Exam · 2019. Memorandum, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

rom hlayiso.com

2 Loy

HOERSKOOL WOLMARANSSTAD
SKEPPENDE KUNS

GRAAD: 8
VRAESTEL: 1 MEMORANDUM
DATUM: 20 NOVEMBER 2019
TYD: 1% UUR
TOTAAL: 80
EKSAMINATOR: ME. E. VAN DER LINDE
MODERATOR: ME. E. PURCHASE
Dié vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS en 7 bladsye.
INSTRUKSIES:
Afdeling A: Drama (40 punte)
Afdeling B: Visuele kunste (40 punte)

e« Beantwoord ALLE vrae volledig.

e Nommer die vrae soos op die vraestel.
e Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.
e Skryf netjies en leesbaar.

STERKTE!

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Afdeling A: Drama

Vraag

41:

Is die volgende stellings waar of onwaar.

1) Opwarming berei jou liggaam emosioneel voor vir ’n aktiwiteit.
Onwaar (1)
2) Die vestiging van vertroue is ’n belangrike aspek van groepaktiwiteite
omdat dit sterker bande tussen die lede van die groep smee.
Waar ¥ (1)
3) Asemhaling en stemopwarming vorm deel van stem ontwikkeling.
Waar Vv (1)
4) Poésie het paragrawe as eenhede van gedagtes, opmerkings of beelde
oor ’n sentrale tema.
Onwaar ¥ (1)
5) Prosa is volsinne wat een gedagte op 'n keer ontwikkel, en verklaar hoe
dit met die onderwerp verband hou.
Waar ¥ (1)
[5]
Vraag 2:
Kies die korrekte item in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf die korrekte letter langs die nommer, bv. 1) H
KOLOM A KOLOM B
1) Crescendo A) Om jou met’n ander se situasie of gevoelens
te vereenselwig en dit te begryp.
2) Eiesoortig B) Die spoed waarmee jy dinge doen.
3) Empatie C) Die proses van opbou na ’n punt van groot
intensiteit en volume.
4) Tempo D) Anders as die res; spesiaal
5) Gedramatiseerde E) Interessante manier om geskrewe prosa, wat
prosa nie oorspronklik vir uitvoering bedoel was
nie, op te voer.
1)Cv
2)DV
3)AV
4)BY

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

5) EV

Vraag 3:

Beantwoord die vrae wat volg.

3.1) _Noem twee verskille tussen poésie en prosa. (4)
Prosa Poésie
Volsinne Korter reéls, geen sinne nie, ’n paar
frases of soms net een woord.

Paragrawe as eenhede van Strofes as eenhede van gedagtes,
gedagtes, opmerkings of beelde oor | opmerkings of beelde oor ’n sentrale
'n sentrale tema. tema.
Geen formele struktuur waarvolgens | Ritme in elke versreél ingebou,
die sinne ontwikkel nie. versreéls wat rym, en woorde wat

gekies word vir hulle betekenis sowel
as hulle klank.

Volsinne wat een gedagte op 'n keer | 'n Versameling kort, gevarieerde
ontwikkel, en verklaar hoe dit met die | gedagtes of beelde sonder om hulle
onderwerp verband hou. te verklaar of met die onderwerp in
verband te bring.

wl

3.2) Wat beteken dit om te improviseer. (1)

Om te improviser, beteken dat jy die aksie opmaak soos jy aangaan. V

3.3) Noem drie eienskappe van ’n tragedie. (3)
a) In tragedie word die lewe baie ernstig beskou. ¥
b) ‘n Tragedie het gewoonlik een hoofkarakter waarmee die gehoor
empatie het. ¥
c) Tragedie eindig meestal op 'n hartseer of ernstige noot. ¥

3.4) Gee drie maniere om die vermoé van fokus en konsentrasie te
verbeter. (3)
a) Luister aandagtig na mekaar. V
b) Moet nie toelaat dat julle aandag afgelei word nie. V
c) Verseker dat julle groepsenergie opbou. ¥

3.5) Wat beteken asemhalingskapasiteit? (1)
Dis die hoeveelheid asem wat ons in ons longe kan intrek. ¥

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

3.6)

3.7)

3.8)

3.9)

Watter drie spiere is verantwoordelik vir asemhaling? (3)
a) Maagspiere V

b) Diafragma ¥

c) Tussenribspiere ¥

Bespreek die volgende vaardighede by die lees van ’n gedig:

a) Tempo en toonhoogte (1)
b) Beweging (1)
c) Kontak met die gehoor (1)
d) Helderheid (1)
e) Visualisering (1)

a) Tempo en toonhoogte: Die tempo en toonhoogte vaag die stemming van die
gedig vas. V

b) Beweging: Moenie jou gedig met handelinge vertolk nie, maar gebruik
beperkte beweging of postuur om jou gedig se stemming te weerspieél. ¥

c) Kontak met die gehoor: Jy wil met jou gehoor kontak maak deur die emosies
van die gedig in jou voordrag vas te vang en hulle so met die gehoor te deel.V

d) Helderheid: Jy moet altyd goeie projeksie en diksie hé. V

e) Visualisering: Gebruik al jou sintuie om die kleure, geure, teksture, gevoelens
en eienskappe wat jy beskryf voor jou op te roep. ¥

Gee 6 kenmerke van n lofdig. (6)

a) Gee aan n persoon, plek of gebeurtenis eer, dank of hulde betoon; V

b) Die struktuur van die lofdig word deur die digter bepaal; ¥

c) Ritme en klank is noodsaaklik, maar nie rym nie; V

d) ’n Beskrywing van die persoon waaroor die lofdig handel; ¥

e) Die beelde is dramaties en sterk, en kom dikwels uit die plaaslike
omgewing of die wyer heelal; V

f) Word dikwels direk aan die vereerde persoon en die mense wat die
geleentheid bywoon voorgedra; ¥

g) Word voorgedra deur 'n enkele kunstenaar; V

h) Verwys dikwels na spesifieke aksies of besluite van die persoon wat
vereer word: ¥

i) Dit weerspieél die geskiedenis as n volk of individu; ¥ en

j) Kan baie herhalend wees wat format en styl betref. ¥

(Enige 6 van die bogenoemde)

Noem twee eienskappe van n komedie. (2)
a) Ons lag vir of saam met die karakters; ¥ en
b) Eindig meestal opgewek en vrolik. V

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

3.10) Wat is 'n pop/marionet? (1)
Dis n lewelose objek wat lewendig lyk deur vaardige manipulasie. V

3.11) Gee die betekenis van ekonomiese status. (1)
Hoe ryk of arm jy is. ¥

[30]

AFDELING A: 40
Afdeling B: Visuele kunste

Vraag 1:
Is die volgende stellings waar of onwaar.
1.1) Kunselemente is die dele van 'n afbeelding wat die kunstenaars kan |
verander en rondbeweeg.
Waar ¥ (1)
1.2) Graffiti is die jongste weergawe van‘n lang tradisie in muurkuns.
Waar ¥ (1)
1.3) | Uitnemende graffiti bestaan slegs uit woorde en nie uit prente nie.
Onwaar ¥ (1)

1.4) Kuns word gewoonlik gemaak om n ate kyk, versamel en in spesiale
plekke soos n museum gehou te word.

Waar ¥ (1)
1.5) Suid-Afrikaanse ontwerpers volg en boots gewoonlik nasionale modes na.
Onwaar ¥ (1)
[5]
Vraag 2:

Kies die korrekte item in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.

Skryf die korrekte letter langs die nommer, bv. 1) H

KOLOM A KOLOM B

1) Primére kleure A) Oranje, groen en pers

2) Sekondére kleure B) As jy in die openbaar op mure
skryf.

3) Analogiese kleure C) Rooi, geel en blou

4) Graffiti D) Is gewoonlik funksioneel en met
die hand gemaak.

5) Kunshandwerk E) Kleure wat na aan mekaar op die
kleurwiel is.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

1)CV
2AV
3)EV
4)BY
5)DV
[5]

Vraag 3:

Beantwoord die vrae wat volg.

3.1) Noem vyf kunselemente. (5)
a) Kleur ¥

b) Toonwaarde V

c) Lyn ¥

d) Vorm ¥

e) Komposisie ¥

3.2) Gee ses tersiére kleure. (6)
a) Rooi-oranje ¥

b) Geeloranje V

c) Geelgroen V

d) Turkoois ¥

e) Koue pers / bloupers V

f) Warm pers / rocipers V

3.3) Noem en bespreek die sewe ontwerpbeginsels. (14)
a) Eenheid en harmonie: ¥
Kan verkry word deur die herhaling van voorwerpe. V
b) Verskeidenheid: ¥
Verskillende elemente maak die beeld interessant. ¥

c) Klem of fokuspunt: ¥

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Beklemtoon die middelpunt van belangstelling. V

d) Balans: ¥

Balanseer die elemente in ‘n komposisie. V

e) Ritme: V

Herhaalde patrone. ¥

f) Skaal en proporsie: ¥

Elke vorm in n komposisie het n verband met die ander vorms. ¥
g) Ruimte: ¥

Mislei die oog. ¥

3.4) Kan graffiti as positief of negatief gesien word? Motiveer. (2)
Positief.  (Enige relevante rede \)

OF

Negatief. V (Enige relevante rede \)

3.5) Noem drie warm kleure. (3)
a) Rooi V
b) Geel ¥
c) Oranje ¥
[30]

AFDELING B: 40
GROOTTOTAAL: 80

## Related documents

- [Creative Arts 2018 November](https://www.hlayiso.com/library/creative-arts-2018-november/fd701c6f-29a4-4f79-8de8-0f7e57768e9d) — Creative Arts · QP · 2018
- [Creative Arts 2017 June](https://www.hlayiso.com/library/creative-arts-2017-june/78b6ed49-09cf-43c4-baeb-209a72806dc6) — Creative Arts · QP · 2017
- [Creative Arts 2014 November](https://www.hlayiso.com/library/creative-arts-2014-november/ce766e26-57bd-470d-b50b-a3c412b0c57d) — Creative Arts · QP · 2014

## Collection

- [Grade 8 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-8/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
