# Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2011 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the June Common 2011, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afr-fal-qp-june-2011/d919a55e-10cb-4e15-8978-360a12d15fe6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: June Common
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afr-fal-qp-june-2011/d919a55e-10cb-4e15-8978-360a12d15fe6)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 9 · June Common · 2011. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                                   SENIOR FASE

                                   GRAAD 9

                                   JUNIE 2011

             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL               (JUNIE 2011)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A:      KYK- EN LEESBEGRIP            (25 punte)
     AFDELING B:      OPSOMMING                     (20 punte)
     AFDELING C:      TAAL                          (35 punte)
     AFDELING D:      SKRYFSTUKKE                   (20 punte)

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Laat ŉ reёl oop na elke antwoorde.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Skryf net met blou of swart ink.

9.   Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                  3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: KOERANTARTIKEL

 Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                                 JONG UITVINDERS
                     GLO JY DAT JY VIR GROOT DINGE BESTEM IS?

  WEL, DIS NOOIT TE VROEG OM AAN JOU DROME TE BEGIN WERK NIE. HIER IS ‟N
        PAAR VOORBEELDE VAN TIENERS WAT GROOT DINGE BEREIK HET.

 1. Mark Elliot Zuckerberg was 19 toe hy en drie vriende aan die Harvard-universiteit
    met die sosiale netwerk, Facebook, begin het. Vanjaar het hy die wêreld se jongste
    biljoenêr geword danksy sy aandeel van 24 persent daarin.

 2. Craig Kielburger het die organisasie “Free the Children” gestig toe hy net 12 jaar oud
    was. Dit maak mense wêreldwyd bewus van armoede onder kinders en samel vir hulle
    geld in. Die organisasie het nou takke in meer as 35 lande. Van hul projekte is om
    meer as 500 skole in arm gemeenskappe regoor die wêreld te bou en skoon drinkwater
    aan hulle te verskaf. Craig het hierdie organisasie in 1995 saam met 11 skoolmaats
    gestig en dis nou die wêreld se grootste netwerk kinders wat ander kinders help. Meer
    as 1 miljoen jong mense is daarby betrokke.

 3. Cecilia Cassini (14) kan daarmee spog dat glansmense soos Miley Cyrus onder haar
    klante tel. Die Amerikaanse modeghoeroe het van kleins af modetydskrifte gelees en
    leer naaldwerk doen, en nou het sy haar eie gevestigde ontwerpersetiket vir kinders.
    Sy het selfs haar eie sakebestuurder, Pilar DeMann, die vrou wat die Kardashians help
    beroemd maak het.

 4. Louis Braille was 15 toe hy in 1824 die knoppieskrif ontwikkel het wat sy naam dra.

 5. Jonk en oud vrek oor die strokiesboekheld Superman, maar het jy geweet ŉ
    Amerikaanse hoёrskoolleerder, Jerry Siegel, het hom geskep? Hy en sy Kanadese
    pel, die kunstenaar Joe Shuster, het die superheld in 1932 geskep, die idee
    gepatenteer en dit toe in 1938 aan DC Comics verkoop. Maar dit was ná tonne harde
    werk en baie veranderings aan hul held – die oorspronklike Superman was immers
    bles. Jip, jy‟t reg gelees! Jerry het selfs eenkeer − uit loutere frustrasie omdat verskeie
    uitgewers hul idee afgekeur het − die kosbare sketse aan die brand gesteek, maar Joe
    het hulle gered.

                                                Bron: www.huisgenoot.com – Augustus 2010

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        (JUNIE 2011)

1.1   Wie het in 2010 die wêreld se jongste biljoenêr geword?                                  (1)

1.2   Waarom kan tieners wêreldwyd baie dankbaar teenoor Mark Elliot Zuckerberg
      wees?                                                                                    (1)

1.3   Wat is die persentasie aandele in Facebook waaroor Zuckerberg geen beheer het
      nie?                                                                                     (1)

1.4   Verskaf die TWEE hoofdoelstellings van Craig Kielburger se organisasie: “Free the
      Children”.                                                                               (2)

1.5   Haal EEN bewys uit die teks aan wat bewys dat hierdie organisasie “Free the
      children” internasionaal baie suksesvol is.                                              (1)

1.6   Hoeveel kinders, insluitende Craig, was betrokke by die organisasie “Free the
      Children” toe dit in 1995 gestig is?                                                     (1)

1.7   Waar het Cecilia Cassini haar inspirasie as ontwerper gekry?

      A    Sy het vriende gemaak met Afrikaanse modeghoeroes.
      B    Sy het van kleintyd af modetydskrifte gelees.
      C    Haar ma het haar leer naaldwerk doen.
      D    Pilar De Mann, haar sakebestuurder, het haar aan die Kardashians
           voorgestel.                                                                         (1)

1.8   Mense met watter tipe gestremdheid sal voordeel trek uit Louis Braille se
      uitvindsel?                                                                              (2)

1.9   In watter land is Jerry Siegel gebore?                                                   (1)

1.10 Haal DRIE opeenvolgende woorde uit die teks aan wat daarop dui dat mense van
     alle ouderdomsgroepe vir Superman bewonder.                                               (1)

1.11 Watter groot verskil is daar tussen die moderne Superman en die oorspronklike
     een wat in 1932 geskep is?                                                                (2)

1.12 Verskaf ŉ korrekte Afrikaanse woord vir die woord, “Jip”.                                 (1)
                                                                                              [15]
                                               EN

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                               5

 VRAAG 2: ADVERTENSIE

 Lees die volgende advertensie en beantwoord die daaropvolgende vrae.

 In die nuwe animasiefliek Rio steel ŉ helderblou ara-papegaai genaamd Blu ons hart
 terwyl hy ŉ wilde avontuur in Rio de Janeiro beleef. Maar weet jy watter soort ara-
 papegaai Blu is? Of waarvoor Rio bekend is? Lees hier meer ...

 BLU SE AVONTUUR IN RIO

 Om te keer dat sy spesie uitsterf, moet Blu, wat maar ŉ bleeksiel is, saam met sy eienaar
 na Rio reis om die laaste wyfie van sy soort, die koppige Jewel, te ontmoet met haar te
 paar. Maar dinge loop skeef toe stropers die verliefde paartjie vang om hulle op die
 swartmark te verkoop. Hulle ontsnap, maar moet uit die diewe en hul bose
 troetelkaketoe, Nigel, se kloue bly. En wat is hul grootste probleem? Die feit dat Blu nie
 kan vlieg nie! Siestog …

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        (JUNIE 2011)

2.1   Haal EEN woord uit die advertensie aan wat ons vertel watter soort film “Rio” is.        (1)

2.2   Watter woord in die advertensie dui daarop dat Blu, die papegaai, ŉ aksie-belaaide
      avontuur in Rio de Janeiro gehad het?

      A    beleef
      B    reis
      C    koppige
      D    wilde                                                                               (1)

2.3   Gee die korrekte Afrikaanse woord vir “nerd” uit die advertensie.                        (1)

2.4   Watter karaktereienskap van Jewel sal dit vir Blu moeilik maak om haar van sy idee
      te oortuig?                                                                              (2)

2.5   Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken om iets “op die swartmark te
      verkoop”.                                                                                (2)

2.6   Watter ander voёlsoort, behalwe ŉ papegaai, word in die advertensie genoem?              (1)

2.7   Wat, volgens die advertensie, is Blu se grootste probleem?                               (2)
                                                                                              [10]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:           25

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                               7

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 3: WENKE OM JOU STUDIES STRESVRY TE MAAK

 INSTRUKSIES:

       Som SEWE WENKE OM JOU STUDIES STRESVRY TE MAAK in SEWE volsinne
        op.
       Skryf die SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer en nommer jou sinne 3.1 tot
        3.7.
       Jy moet een sin oor elke feit skryf.
       Laat ŉ reёl tussen jou sinne oop.
       Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
       Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
       Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 75 woorde gebruik of as jy nie die regte
        aantal woorde aandui nie.

        STRESVRYE STUDIE − DIS AL WEER EKSAMENTYD, MAAR WEES
            NIE BEVREES NIE! HIER IS ’N PAAR UITBLINK-WENKE
 1.     Hulle sê mos vroeg begin is half gewin! Dink net hoe goed dit jou stresvlak én jou
        punte kan doen as jy vroeg genoeg begin. Stel ŉ aksieplan op om ŉ paar uur per
        dag te studeer en die res van die tyd te doen net wat jy wil. Kyk hoeveel vakke,
        hoofstukke en bladsye jy onder die knie moet kry en verdeel dit in jou plan in
        hanteerbare hoeveelhede. ‟n Ou uurtjie of wat elke dag vir ŉ week is tog baie beter
        as sewe uur op een dag!

 2.     Party vakke of dele daarvan maak ŉ mens skoon bang. Kry die heel ergste onder
        die knie, want as jy dit eers baasgeraak het, kry jy ekstra selfvertroue om die res te
        doen.

 3.     Moenie jouself in hierdie stresvolle tyd afskeep nie. Weet jy, net mooi die
        teenoorgestelde sal jou goed doen: ŉ lang, luilekker bad, ŉ lang middagete saam
        met vriende en genoeg slaap wanneer dit nie met jou studietyd inmeng nie. Dit sal
        jou laat ontspan, maar tog ook gefokus hou.

 4.     Bly positief. As jy dink: Ek sal nooit al die werk verstaan nie, dink dan liewer: Ek
        gaan ŉ plan uitdink om dit aan te pak en my bes doen. Dit is moontlik.

 5.     Sukkel jy om ŉ stuk biologie te verstaan of te onthou? Dink ŉ storie daaroor uit
        waarmee jy kan identifiseer en maak iets prettigs daarvan – teken prentjies as dit
        moet, en die kans is goed dat jy dit sal onthou wanneer dit in die eksamen opduik.

 6.     Vra jou ma, pa, broer of vriendin om te help deur net na jou te luister. Hulle kan
        terselfdertyd iets anders doen, solank hulle net luister! Probeer hulle ná ŉ
        studiesessie alles vertel wat jy geleer het.

 7.     Wanneer jy klaar vir ŉ vak studeer het, lê ŉ proefeksamen af. Dit sal jou in die regte
        stemming bring vir die ware Jakob en jou laat agterkom waar jou kennis nog te kort
        skiet.

                                                              Bronne: www.oxfordlearning.com

                                                             TOTAAL AFDELING B: [10 x 2]         20

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                         (JUNIE 2011)

AFDELING C: TAALKUNDE

VRAAG 4: WOORDSTRUKTURE

Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

                      HOE WEET JY WANNEER OM …?
         ONS GEE RAAD OOR DIE MOETS EN DIE MOENIES VAN DIE LEWE.

Hoe weet jy wanneer om ŉ partytjie te
verlaat?

As die 4.1 (iemand wat skoonmaak) om jou           4.1    Gee die persoonsnaam.                   (1)
begin skoonmaak.
As jy gaap en aan jou bed dink.
As die gasheer in die verlede tyd oor die
aand begin praat, 4.2 (bv.): 4.3 (“Was dit         4.2    Skryf die afkorting voluit.             (1)
nie ŉ lekker aandjie nie?”)                        4.3    Benoem die sinstipe.                    (1)
Daar is nog net ŉ paar mense 4.4 (wie / wat)       4.4    Kies die korrekte
rondhang.                                                 voornaamwoord.                          (1)
Al die 4.5 (lig) is afgeskakel.                    4.5    Verskaf die meervoudsvorm.              (1)

Hoe weet jy wanneer om ŉ vriendskap te
beëindig?

As jou 4.6 (vriende) jou altyd verkleineer.        4.6    Verskaf die vroulike geslag.            (1)
As jou 4.7(bui / by) versleg as jy by hulle is.    4.7    Kies die korrekte spelling.             (1)
As hulle jou in 4.8(openbaar) plekke ignoreer.     4.8    Skryf die korrekte vorm.                (1)
As julle in 4.9 (verskillende) rigtings gegroei    4.9    Verskaf die antoniem.                   (1)
het.

Hoe weet jy wanneer om jammer te sê?

As die probleem in die verhouding nie met           4.10 Verskaf die korrekte Afrikaanse
4.10 (tippex) uitgewis kan word nie.                     vertaling.                               (1)
As julle verhouding skade ly oor iets
4.11 (nietigs).                                     4.11 Verskaf die sinoniem.                    (1)
As jy weet jy is verkeerd – selfs al wil jy dit nie
4.12 (herken/ erken) nie.                           4.12 Kies die korrekte woord.                 (1)

Hoe weet jy wanneer om van Facebook
weg te bly?

As jy 4.13 (met / vir) iemand                      4.13   Verskaf die korrekte voorsetsel.        (1)
4.14 (baie kwaad) is.                              4.14   Gee slegs EEN woord.                    (1)
As jy ŉ klein 4.15 (skinderstorie) wil versprei.   4.15   Verskaf die verkleinwoord.              (1)
As jy dink iets is 4.16 (snaaks) as ooit tevore,   4.16   Verskaf die vergrotende trap.           (1)
maar dit sal iemand anders in die
verleentheid stel.
                                                                                                 [16]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              9

 VRAAG 5: SINSTRUKTURE

 Lees die onderstaande strokiesprent en beantwoord die daaropvolgende vrae.

 5.1     Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.

         5.1.1   My IPOD se battery was pap.

                 Nee, ……….                                                    (2)

         5.1.2   Jeremy se ma vra: “Jy kon nie daarvoor leer nie?”

                 Jeremy se ma vra ……..                                        (2)

         5.1.3   Mendeljev kon die periodieketabel opstel.

                 Die periodieketabel……..                                      (2)

         5.1.4   Mens kan nie sonder ŉ IPOD leer nie.

                 Volgende week …………                                           (2)

         5.1.5   Ek kon nie daarvoor leer nie.

                 Vandag …                                                     (2)

                                                     EN

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        (JUNIE 2011)

5.2   Verbind die volgende sinne soos aangedui.

      5.2.1   Sy is opgewonde om terug skool toe te gaan. Hy is vreesbevange.

              Begin so: Sy is opgewonde om terug skool toe te gaan, maar …                    (1)

      5.2.2   Iemand het Zoe van die nuwe onderwysers vertel. Sy probeer hom
              opbeur.

              Begin so: Iemand het Zoe van die onderwysers vertel, dus …                      (1)

      5.2.3   Zoe glo dat skool pret is. Sy hou van nuwe vakke en nuwe skoolklere.

              Begin so: Zoe glo dat skool pret is omdat …                                     (2)
                                                                                             [14]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL               11

 VRAAG 6: KRITIESE TAALBEWUSTHEID

 Lees die onderstaande strokiesprente en beantwoord die daaropvolgende vrae.

 6.1     Watter persentasie het Kosie vir die werkstuk behaal?

         A     30%
         B     20%
         C     10%
         D     0%                                                              (1)

 6.2     Hoe kan ons sien dat Mev. Smit baie kwaad is?

         A     Sy dra rooi lipstiffie.
         B     Sy wys met haar wysvinger wanneer sy met haar seun praat.
         C     Sy praat baie.
         D     Sy kyk na Kosie.                                                (1)

 6.3     Kosie wil om verskoning vra vir sy swak punte. Hy sê:

         A     Vergewe Pa dat hy die werkstuk verkeerd gedoen het.
         B     Ek is jammer dat Pa die werk verkeerd gedoen het.
         C     Vergewe my dat ek ma teleurgestel het.
         D     Vergewe my asseblief dat ek ma teleurgestel het.                (1)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                (JUNIE 2011)

6.4   Hoe, dink jy, voel “Komma”?

      A    Ongelukkig
      B    Gelukkig
      C    Opgewonde
      D    Moeg                                                                       (1)

6.5   Wat dink jy sal “Punt” vir “Komma” sê om hom te troos?

      A    Toe maar, moenie bekommerd wees nie.
      B    Alles sal regkom.
      C    Dis nie die einde van die wêreld nie.
      D    A, B en C.                                                                 (1)
                                                                                      [5]

                                                               TOTAAL AFDELING C:      35

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(JUNIE 2011)                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                            13

 AFDELING D: SKRYFWERK

 VRAAG 7: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Die volgende vraag is VERPLIGTEND.
 2.     Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
 3.     Die uiteensetting van jou skryfstuk is baie belangrik.

        3.1    Beplan jou skryfstuk voor jy jou finale kopie begin skryf. Skryf BEPLANNING
               boaan.
        3.2    Skryf nou die finale produk.

 4.     Jy het onlangs die onderstaande brief in die Vrouekeur gelees en uitgevind dat dit
        deur ŉ goeie vriendin geskryf is.
 5.     Skryf ŉ vriendskaplike brief aan jou vriendin waarin jy probeer om vir haar advies
        te gee oor hoe sy haar probleem kan hanteer.
 6.     Lengte: 100 – 120 woorde.

        „My STIEFPA teister my‟

        Ek is nou in graad 11. My ma en stiefpa baklei baie, want hy drink en sy haat dit.
        My probleem is dat hy my nou al langer as ses maande slaan. Hy klap my en dreig
        my gedurig. Ek haat hom en probeer om soveel as moontlik weg van die huis af te
        wees. My ma verstaan dit nie en dink ek vermy haar. Hy het vir my gesê as ek vir
        iemand vertel, sal hy my lewe hel maak. Ek is baie bang dat hy iets aan my ma sal
        doen as sy hom los en dat hy iets aan my of my kleiner suster sal doen as hy weet
        dat ek vir my ma gesê het.

                                                                           -Doodbang

                                                                    TOTAAL AFDELING D:        20

                                                                          GROOTTOTAAL:       100

## Related documents

- [Gr 9 Afr FAL QP June 2011 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afr-fal-qp-june-2011-memo/ab3f2c82-8bb0-4566-8c78-d781385ddb83) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr
- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm A](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-a/7cce84bc-f9a6-4e93-8109-86df809e9531) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm B](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-b/8afce2bc-0df3-40b8-8937-1734dbdb4c9d) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [Gr 9 Afrikaans EAT](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afrikaans-eat/11303514-f030-4b71-bdc5-880332b100c3) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [AFR FAL QP June](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2010-june-common-question-paper/576d9666-3ef8-4997-ac21-6528ad8efd5a) — Afrikaans FAL · QP · 2010 · Afr
- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm A Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-a-memo/5ed65b45-97c6-41b0-b592-c4d0a46cfa58) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans FAL

- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/75c54827-5232-487b-a83f-092be6f31962) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/04a6c759-4aa1-442c-b89d-7b131c197c0d) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans FAL GEC Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-gec-marking-guideline/21c0d727-759a-402f-a327-d5ea5089225f) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-memo/b4d9bb3f-829d-49cc-99a9-0954eb520aaf) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-v3-gr9-memo-nov2019/ca62cdda-a650-4f61-910d-e944068496c9) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
