# Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2011 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the November EC 2011, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afrikaans-eat/11303514-f030-4b71-bdc5-880332b100c3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2011
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2011 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-afrikaans-eat/11303514-f030-4b71-bdc5-880332b100c3)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 9 · November EC · 2011 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                   EASTERN CAPE
                   EDUCATION

                              SENIOR FASE

                               GRAAD 9

                         NOVEMBER 2011

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitende ŉ aanhegsel.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              (NOVEMBER 2011)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A                   Kyk- en Leesbegrip         (25 punte)

     AFDELING B                       Opsomming              (20 punte)

     AFDELING C                             Taal             (35 punte)

     AFDELING D                       Skryfstukke            (20 punte)

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel
     genommer is.

7.   Skryf netjies met blou of swart ink.

8.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                             3

 AFDELING A           KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1          KOERANTARTIKEL

 Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae:

 Tjommas, pelle of maatjies - noem hulle wat jy wil, maar sonder hulle kan die
 meeste van ons nie klaarkom nie...

 1.     Een tiener slaap met haar selfoon onder haar kussing sodat sy nie
        belangrike sms’e mis nie en ŉ ander een kry meer as ŉ 100 sms’e terwyl sy
        in die bed is.

 2.     Klink dié gewoontes bekend? Wel, volgens baie tieners is dit belangrik
        om beskikbaar te wees as jou vriende jou nodig het. Tieners stuur en
        ontvang omtrent 3276 sms’e per maand. “Wanneer ek iemand sms, voel
        ek nie alleen nie”, het een graad 9-leerder gesê. “Dan hoef ek nie ŉ
        vloermoer te gooi nie.”

 3.     Tog het navorsing onder tieners bewys dat die volgende dinge
        vriendskappe laat werk: Eerlikheid was bo-aan die tieners se lysie van
        vriendskapswaardes. "As my hare lyk asof ŉ voël daarin nes gemaak het,
        wil ek beslis hê my vriendinne moet my sê", vertel Semoni. "Jy mág en móét
        vir jouself opstaan as jou vriende bo-oor jou loop," sê Grobler. Christel
        waarsku dat vriende mekaar nie moet beledig of laat simpel voel nie.

 4.     Ondersteuning
        ŉ Vriend is iemand wat die lafste ding op die vreemdste tyd sal sê, net om te
        keer dat jy huil, en iemand wat in baie swaar tye vir jou daar is. Volgens
        Adrian moet vriende altyd in mekaar se belang optree. Christel sê: "Ek
        verwag van my vriende om vir my te sê ek maak droog, want dit wys hulle
        gee om. Ek verwag nié van hulle om vir my te sê ‘ruk jouself reg’ nie, want
        hulle ‘reg’ is nie altyd my ‘reg’ nie."

 5.     Saamwees
        "Ek en my vriende is omtrent die hele dag saam. Ons oefen saam, kuier
        saam, bespreek hoe swaar en onregverdig die lewe is en hou mekaar net
        uit die kwaad," sê Adrian. Vriendskappe kan jongmense teen hartseer en
        depressie beskerm, wys navorsing wat verlede jaar onder Amerikaanse
        tieners en amper-tieners gedoen is.

 6.     Verskeidenheid
        "Deesdae is jy in ŉ kliek, en saam met jou in dié kliek is jou BFF," sê Aldu.
        "Op dié manier word ŉ gebalanseerde vriendekring verseker."

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     (NOVEMBER 2011)

VRAE:

1.1     Waarsonder kan ons, volgens die leesstuk, nie klaarkom nie?                       (1)

1.2     Wat doen sommige tieners saans om nie belangrike sms’e te mis nie?                (1)

1.3     Waarom, volgens die graad 9-leerder in paragraaf 2, stuur tieners baie
        keer sms’e?                                                                       (1)

1.4     Verskaf die korrekte Afrikaanse woord vir “tantrum” in paragraaf 2.               (1)

1.5     Haal ŉ gedeelte uit paragraaf 3 aan wat beteken “dat iemand se hare
        deurmekaar is”.                                                                   (1)

1.6     Skryf slegs die korrekte letter langs die gepaste nommer neer.

        Watter EEN van die volgende aspekte is NIE belangrik vir vriendskappe
        NIE?

        A       Verskeidenheid
        B       Eerlikheid
        C       Selfone
        D       Ondersteuning                                                             (1)

1.7     “Vriendskap is baie belangrik vir tieners”.

        1.7.1   Verwys na paragraaf 3.

                Watter EEN van die vier vriendskapswaardes is die belangrikste vir
                tieners?                                                                  (1)

        1.7.2   Verwys na paragraaf 4.

                Noem EEN ding wat ŉ vriend kan doen om ander vriende goed te
                laat voel.                                                                (1)

1.8     Watter TWEE dinge, volgens Adrian, doen vriende gewoonlik saam?
        (par.5)                                                                           (2)

1.9     Noem die TWEE emosies waarteen vriendskap ŉ mens kan beskerm.                     (2)

1.10    Haal slegs EEN woord uit paragraaf 6 aan wat ŉ “groep mense in noue
        kontak met mekaar” beteken.                                                       (1)

1.11    Sê kortliks in korrekte Afrikaans wat “BFF” in paragraaf 6 beteken.                (1)
                                                                                          [14]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                            5

 VRAAG 2          ADVERTENSIE

 Lees die advertensie oor INNIBOS LAEVELD NASIONALE KUNSTEFEES en
 beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is:

 VRAE:

 2.1      Watter kunstefees word hier geadverteer?                                    (1)

 2.2      Hoe slaag die adverteerder daarin om die fokus op die belangrikste
          boodskap,“Kom ons kuier ŉ hond uit ŉ bos uit”, te plaas?                    (1)

 2.3      Haal ŉ gedeelte uit die advertensie aan wat bewys dat Afrikaans plesierig
          is.                                                                         (1)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    (NOVEMBER 2011)

2.4   Op watter webtuiste kan ons meer inligting omtrent die kunstefees vind?            (1)

2.5   “ŉ Hond uit ŉ bos uit kuier” impliseer dat jy jouself baie geniet. Kyk nou of
      jy die volgende uitdrukkings en hul korrekte betekenis kan vind.

      Skryf slegs die gepaste letter uit KOLOM B langs die gepaste nommer in
      KOLOM A neer.

              KOLOM A                    KOLOM B

      2.5.1   Vir die honde tafel dek.   A   Iemand wat grootpraat, doen niks nie.
              Blaffende honde byt            Elkeen kry sy dag van
      2.5.2                              B
              nie.                           geluk/teenspoed.
      2.5.3   Elke hond kry sy dag.      C   Jou hemp laat uithang.                    (3)

2.6   Wanneer vind die Kunstefees plaas?                                               (1)

2.7   Gee EEN rede waarom jy van Afrikaans hou.                                        (1)
                                                                                       [9]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                             7

 VRAAG 3          RESENSIE

 Lees die volgende filmresensie noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop
 gebaseer is:

                                GETROUD MET RUGBY

 Draai vanaf 11 Maart.

 Verfilm in Johannesburg en Krugersdorp.

 Skrywer van die reeks: Deon Opperman.

 Die gebeure in die fliek volg op dié in die derde televisieseisoen en dit begin draai
 net voor die vierde TV-seisoen begin. Kiki Beltrame (Hanna Grobler) en manlief,
 Fafa (Altus Theart) ondervind huweliksprobleme. Hy gaan aan die drink en
 vervreem al sy vriende. ŉ Nuwe karakter, die bakleierige Reghart Venter (Izak
 Davel), beland byna in die tronk nadat hy mense aangerand het. Hy word tot
 gemeenskapsdiens gevonnis en moet dan rugby-afrigting by die gevalle held,
 Fafa, ontvang. Die twee rugbymanne help mekaar.

 VRAE:

 3.1      Wat is die titel van hierdie fliek?                                            (1)

 3.2      Skryf die naam van EEN dorp of stad neer waar hierdie fliek verfilm word.      (1)

 3.3      Wat doen die karakter, Fafa, om van sy huweliksprobleme te vergeet?            (1)

 3.4      3.4.1    Sê slegs of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is:

                   Reghart Venter beland in die tronk.                                   (1)

          3.4.2    Motiveer jou antwoord in VRAAG 3.4.1 deur ŉ gepaste aanhaling
                   uit die teks.                                                         (1)

 3.5      Haal ŉ enkele woord uit die leesstuk aan wat daarop dui dat Fafa nie meer
          ŉ held is nie.                                                                 (1)

 3.6      Wat is die naam van die skrywer van die draaiboek?                             (1)
                                                                                         [7]

                                                              TOTAAL AFDELING A:         30

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     (NOVEMBER 2011)

AFDELING B              OPSOMMING

VRAAG 4          WAT KAN JY DOEN OM DIE VAKANSIE MEER PRET TE MAAK?

       Som SEWE dinge op wat jy kan doen om die volgende vakansie meer
        pret te maak.
       Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.
       Skryf jou SEWE SINNE onder mekaar neer en nommer die sinne 4.1 – 4.7.
       Jy moet een sin oor elke feit skryf.
       Laat ŉ reёl tussen jou sinne oop.
       Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
       Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
       Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 75 woorde skryf of as jy nie die getal
        woorde aandui nie.

                                  VAKANSIEPRET...

1.         Al woon jy waar, sal daar waarskynlik ŉ gids wees met alles wat jy in jou
           omgewing kan sien en doen. Spandeer hierdie vakansie deur bekende
           plekke in jou omgewing te besoek.

2.         Om ŉ nuwe taal aan te leer, is ŉ wonderlike manier om die tyd te verdryf
           én iets nuuts te leer. Jy kan ŉ pakket met ŉ taalboek en CD by die meeste
           winkels koop en ook klasse bywoon. Hoe koel sal dit nie wees as jy
           Frankryk eendag besoek en jou kos in Frans kan bestel nie?

3.         Wil jy graag die hele seisoen sit en weer jou gunsteling-televisiereeks
           sien? Dan is dit die ideale tyd om op te krul en dit te geniet, op jou eie of
           saam met ŉ vriend.

4.         Jy sal nooit verveeld wees terwyl jy alles om jou afneem nie. Dit is ŉ baie
           lekker ervaring om foto’s te neem van al die pragtige dinge rondom jou.
           Laat jou foto’s uitdruk en hou hulle in ŉ groot boek in verskillende
           kategorieё soos familie, diere, vriende en uitstappies.

5.         Begin jou eie blog. Dink aan ŉ onderwerp wat jou interesseer en gaan
           soek dan op die internet na ŉ gratis blogplek soos Wordpress of Blogger.
           Jou blog kan oor enigiets gaan - van hoe jy druk op skool hanteer tot hoe
           jou groentetuin vorder.

6.         Nooi vriende oor en stel voor dat hulle elkeen hul gunsteling DVD’s moet
           saambring. Berei heerlike peuselhappies voor en skuif reg vir ŉ baie
           gesellige dag.

7.         Anders as wanneer jy ŉ nuwe taal wil aanleer, kos dit niks om jouself ŉ
           nuwe vaardigheid te leer nie. Waarom probeer jy nie kaarttruuks of
           towerkuns onder die knie kry nie? Of leer sokker of poker speel.
                                                                               [10x2]         20

                                                                TOTAAL AFDELING B:            20

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                  9

 AFDELING C           TAALWERK

 VRAAG 5          WOORDSTRUKTURE

 Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg:

          HET JOU BESTE MAAT ŉ SLEGTE INVLOED OP JOU?

     Voel jy 5.1 (misbruik / gebruik) nadat jy met        5.1   Kies die korrekte woord.          (1)
     hierdie vriende uitgehang het? Nooi hulle jou
     net saam omdat jy vervoer, geld, koel
     speletjies, en ensovoorts het wat niks met jou
     as mens te doen het nie 5.2 (…) “Die geheim          5.2   Vul in die korrekte
     is om na die gevolge te kyk en jouself af te vra           leesteken.                        (1)
     of dit die moeite werd is”, sê Lila. Oorweeg dit
     om liewer by die huis te bly met ŉ lekker stuk
     5.3 (chocolate).                                     5.3   Skryf die korrekte
                                                                Afrikaanse vertaling neer.        (1)
     “Dis 5.4 (moeilik) om ŉ klein 5.5 (vriendskap)       5.4   Verskaf die antoniem.             (1)
     te laat vaar, maar as die vriend ŉ slegte            5.5   Verskaf die
     invloed op jou het, moet jy die vriendskap                 verkleinwoord.                    (1)
     verbreek”, sê Lila. As jy bekommerd is 5.6 (oor      5.6   Kies die korrekte
     / van) jou eie veiligheid, is dit beter om jou             voorsetsel.                       (1)
     stadigaan ál 5.7 (skaars) te hou, maar as jy         5.7   Verskaf die vergrotende
     besluit om daaroor te praat, verduidelik hoe jy            trap.                             (1)
     daaroor voel. “Jy kan byvoorbeeld sê jy is
     bekommerd oor jou 5.8 (merke / punte) en voel        5.8   Kies die korrekte woord.          (1)
     dit beïnvloed jou 5.9 (skool+werk) as jy nie al      5.9   Vorm ŉ samestelling.              (1)
     die klasse bywoon nie”, sê Lila. “Al lyk jy soms
     koel as jy ŉ ou is en saam met baie ouer
     ouens uithang, loop jy baie 5.10 (risiko) dat        5.10 Skryf die meervoudsvorm.           (1)
     hulle jou kan uitbuit,” waarsku Lila.

     Wees trots 5.11(op + dit) dat jy anders is. Sê       5.11 Skryf slegs EEN woord.             (1)
     nou jy is by ŉ 5.12 (partyjie / partytjie) en word   5.12 Kies die korrekte spelling.        (1)
     alkohol en dwelms aangebied. Dink aan
     verskonings wat jy kan gebruik om nee te sê
     Sê byvoorbeeld dat jou 5.13 (oom) dood is aan        5.13 Skryf die teenoorgestelde
     longkanker omdat sy gerook het of sirrose van             geslag.                            (1)
     die lewer weens 5.14 (drink / drank) en              5.14 Kies die korrekte woord.           (1)
     daarom drink jy glad nie. Of ŉ 5.15 (neef) is        5.15 Skryf die teenoorgestelde
     aangekeer omdat sy iets gesteel het en jy het             geslag.                            (1)
     gesien wat die familie deurgemaak het en wil
     liewer nie weer in daardie situasie beland nie.

                                                                                                 [15]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL             (NOVEMBER 2011)

VRAAG 6      SINSTRUKTURE

Lees die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui:

6.1    Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM:

       Ek wag al ŉ ewigheid vir die webwerf om te laai.

       Nee...                                                                       (2)

6.2    Skryf die sin in die BEDRYWENDE VORM:

       Jeremy het die monitor in ŉ oomblik van frustrasie gegryp.

       Die monitor...                                                               (2)

6.3    Skryf die sin in die INDIREKTE REDE:

       Jeremy vra: “Is Pa amper klaar, want ek is baie verveeld?”

       Jeremy vra of...                                                             (2)

6.4    Voltooi die infinitief in die volgende sin:

       Jeremy moet meer geduldig wees.

       Jeremy behoort...                                                            (1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                            11

 6.5      Verbind die volgende twee sinne deur die voegwoord tussen hakies:

          Ek is verveeld. Ek het geen geduld nie. (omdat)                                 (1)

                     Hoe kan jou          Ek het oral daarna            Hy sal ook nie.
                  skoolboek net weg       gesoek. Ek kry dit          Vandag se kinders
                        wees?                  net nie.               kan net op Google

 6.6      Skryf die volgende sin oor in die toekomende tyd:

          Ek het oral daarna gesoek.

          Ek...                                                                           (1)

 6.7      Skryf die volgende sin oor in /met sy korrekte woordorde:

          Google/gebruik/Die moderne kind/as soekenjin.

          Die moderne kind...                                                              (2)
                                                                                          [11]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   (NOVEMBER 2011)

VRAAG 7      KRITIESE TAALBEWUSTHEID

Kies elke keer slegs die korrekte antwoord. Skryf slegs die korrekte letter langs
die gepaste vraagnommer neer:

7.1     Wat is ŉ strooimeisie in werklikheid?

        A      ŉ Pop wat van strooi gemaak is.
        B      ŉ Meisie wat van strooi gemaak is.
        C      ŉ Pop wat voёls van die landerye weghou.
        D      ŉ Meisie wat die bruid by haar troue vergesel en bystaan.                (1)

7.2     Waar sal ons gewoonlik ŉ strooimeisie aantref?

        A      ŉ Troue
        B      Landerye
        C      ŉ Plaas
        D      ŉ Begrafnis                                                              (1)

7.3     Die teenoorgestelde geslag van ŉ strooimeisie, is ŉ ...

        A      strooiman.
        B      plaasboer.
        C      strooijonker.
        D      Nie een van bogenoemde nie.                                              (1)

7.4     ŉ Sinoniem vir ŉ strooimeisie, is ŉ ...

        A      voёlverskrikker.
        B      bruidsmeisie.
        C      strooidame.
        D      Nie een van bogenoemde nie.                                              (1)
                                                                                        [4]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            30

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                         13

 AFDELING D             SKRYFWERK

 VRAAG 8          E-POS of DIALOOG

 INSTRUKSIES EN INLIGTING:

 1.         Beantwoord EEN van die volgende vrae uit hierdie afdeling.

 2.         Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 3.         Die uiteensetting van jou skryfstuk is belangrik.

 4.         Beplan jou skryfstuk voor jy jou finale kopie begin skryf. Skryf
            BEPLANNING boaan.

 5.         Skryf nou die finale produk.

 6.         LENGTE: 100 – 120 WOORDE

 KIES VRAAG 8.1 OF 8.2

 8.1        E-POS

             Jou ouers het jou selfoon in die hande gekry en jou sms’e gelees.
             Jy is smoorkwaad omdat hulle nie jou privaatheid respekteer nie en
              hulle is ook teleurgesteld in die boodskappe op jou foon.
             Jy is te kwaad om met hulle te praat want jy weet jy gaan goed sê wat
              jy gaan berou (regret).
             Skryf vir hulle ŉ e-pos om die situasie reg te stel.
             Jy moet dit in die formaat van ŉ e-pos skryf.
             Gebruik die aangehegte vorm op bladsy 15:

 AAN :

 CC     :

 ONDERWERP :

       http://www.delivery.superstock.com/Image/1660/Thumb/1660R-3940.jpg

                                             OF

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  (NOVEMBER 2011)

8.2   DIALOOG:

      Jy is uitgenooi na ŉ vriend(-in) se partytjie.

          Jou ma weier egter dat jy met ŉ verbleikte paar jeans en blou strepe in
           jou hare moet uitgaan. Tog doen alle tieners dit.
          Oorreed jou ma om jou toe te laat om met daardie kleredrag die
           partytjie by te woon.
          Skryf hierdie gesprek in die vorm van ŉ dialoog.

             http://www.flickr.com/photos/chuckgoodenough/4023137735/

                                                         TOTAAL AFDELING D:            20

                                                               GROOTTOTAAL:           100

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (NOVEMBER 2011)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL   15

VRAAG 8.1: E-pos

      (Skeur af en handig in)

      Naam:

      Aan:

      Cc:

      Onderwerp:

## Related documents

- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm A](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-a/7cce84bc-f9a6-4e93-8109-86df809e9531) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm B](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-b/8afce2bc-0df3-40b8-8937-1734dbdb4c9d) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm A Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-a-memo/5ed65b45-97c6-41b0-b592-c4d0a46cfa58) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr
- [Afrikaans EAT Graad 9 Vorm B Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-graad-9-vorm-b-memo/6dacdfd9-e04f-4614-b9c2-5ba083240565) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr
- [Gr9 AFRFA N11 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2011-november-ec-memorandum/5c8ed8e8-1ddd-4d2d-907d-c24f72d49791) — Afrikaans FAL · Memo · 2011 · Afr
- [2014 ANA Grade 9 Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-9-afrikaans-fal/f8b27f41-9cc8-40fe-bb2c-3a3690284d3f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans FAL

- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/75c54827-5232-487b-a83f-092be6f31962) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/04a6c759-4aa1-442c-b89d-7b131c197c0d) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans FAL GEC Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-gec-marking-guideline/21c0d727-759a-402f-a327-d5ea5089225f) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-memo/b4d9bb3f-829d-49cc-99a9-0954eb520aaf) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-v3-gr9-memo-nov2019/ca62cdda-a650-4f61-910d-e944068496c9) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
