# Economics Grade 9 P1 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 9 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/35e2e26b-fd65-478c-83b5-ca5dd48a2c3f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/economics) › [Economics Grade 9 P1 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/35e2e26b-fd65-478c-83b5-ca5dd48a2c3f)

## About this document

Economics · Grade 9 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 9 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p1-afrikaans-june-2023-answerbook-1/63639f6e-7fa6-4bcf-923f-cb86c6ace454) — Addendum · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2023
                               GRAAD 9

              EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE:
                   FINANSIËLE GELETTERDHEID

                                   VRAESTEL 1

TYD:     1 uur

PUNTE:   50

8 bladsye en ŉ antwoordboek van 7 bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE              2
                                   (Vraestel 1)                 GRAAD 9

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A, B en C (Finansiëlegeletterdheids-
     onderwerpe) en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die
     KABV Dokument en JOP.

     AFDELING A: KORT VRAE

     VRAAG 1.1:         Meervoudigekeuse-vrae             (5)
     VRAAG 1.2:         Pasitems                          (5)
                                                          [10]

     AFDELING B: REKENKUNDIGE VERGELYKING EN JOERNALE

     VRAAG 2: Rekeningkundige Vergelyking                 (9)
     VRAAG 3: Joernale                                    (16)
                                                          [25]

     AFDELING C: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS

     VRAAG 4: Algemene Grootboek                          (8)
     VRAAG 5: Proefbalans                                 (7)
                                                          [15]

2.   AL die vrae is verpligtend.

3.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is.

4.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                  b.o.

### Page 3

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                     3
                                 (Vraestel 1)                 GRAAD 9

AFDELING A: KORT VRAE
VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
      korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is, neer.

      1.1.1   Handelsvoorraad kan geklassifiseer word as ŉ …

              A     vaste bate.
              B     las.
              C     uitgawe.
              D     bedryfsbate.                                                            (1)

      1.1.2   ŉ Kredietverkopetransaksie vind plaas tussen die besigheid en die …

              A     eienaar.
              B     huurder.
              C     debiteur.
              D     krediteur.                                                              (1)

      1.1.3   Die verskil tussen die kosprys van goedere verkoop en die verkoopsprys
              word genoem …

              A     winsopslag.
              B     koste van verkope.
              C     inkomste.
              D     onttrekkings.                                                           (1)

      1.1.4   Goedere met ŉ kosprys van R3 500 word verkoop op rekening aan
              M. Sithole vir R5 000. M. Sithole skuld die besigheid …

              A     R3 500.
              B     R5 000.
              C     R1 500.
              D     R8 500.                                                                 (1)

      1.1.5   Die NKW verskaf skuldberading aan verbruikers wat nie ŉ oplossing het
              om hulle skuld terug te betaal nie. NKW is ŉ akroniem vir …

              A     Nasionale Kantoor van Wetgewers.
              B     Nasionale Kredietwet.
              C     Nuwe Krediteure Wetgewing.
              D     Nominale Krediet Wetgewing.                                            (1)
                                                                                           [5]

                                                                                           b.o.

### Page 4

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                        4
                                  (Vraestel 1)                 GRAAD 9

1.2   PASITEMS

      Kies ŉ term in KOLOM B wat ooreenstem met ŉ beskrywing in KOLOM A. Skryf
      slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in jou
      ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.6 H.

                            KOLOM A                               KOLOM B

       1.2.1   Kapitaal en onttrekkings                     A   Duplikaat kwitansie

       1.2.2   Die brondokument wat besighede gebruik       B   Duplikaat faktuur
               om kredietverkoopstransaksies aan te teken
                                                            C   Proefbalans
       1.2.3   Oortrokke bank
                                                            D   Algemene
       1.2.4   Die maksimum bedrag wat ŉ debiteur kan           Grootboek
               skuld
                                                            E   Eienaarsbelang
       1.2.5   Toets of die dubbelinskrywing beginsel
               toegepas is                                  F   Las

                                                            G   Krediet limiet
                                                                                 (5 x 1) [5]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            10

                                                                                               b.o.

### Page 5

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                       5
                                   (Vraestel 1)                 GRAAD 9

AFDELING B: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN JOERNALE

VRAAG 2: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING

Ontleed die volgende transaksies en toon die effek wat elkeen op die rekeningkundige
vergelyking het.

No.                                       Transaksie
 bv.   Betaal R500 met ŉ EFO aan Pen en Papier vir skryfbehoeftes wat aangekoop is.
 2.1   Goedere met ŉ kosprys van R2 500 is verkoop vir R4 000 kontant aan Dan
       Ncube.
 2.2   T. Moagi (ŉ debiteur) deponeer R1 800 in die onderneming se bankrekening as ŉ
       gedeeltelike betaling van haar rekening.
                                                                                          [9]

VRAAG 3: JOERNALE

Mnr. Reddy is die eienaar van Red Hot Dealz, ŉ onderneming wat goedere verkoop aan
sy kliënte vir kontant en op krediet. Goedere word verkoop teen kosprys plus ŉ 75%
winsopslag.

Mnr. Reddy het ŉ hele paar kleinkinders. Hy gebruik gereeld fondse van die besigheid
om vir hulle geskenke te koop.

Hy is ook weg van die onderneming op baie sakereise en los sy personeel dan sonder
enige toesig. Mnr. Reddy is bekommerd dat daar baie debiteure is wat nie hulle rekening
betyds betaal of glad nie betaal nie.

VEREIS:

3.1    Gebruik die volgende inligting om die transaksies van Red Hot Dealz vir die
       maand geëindig Maart 2023 aan te teken in die volgende joernale.
       Moenie die joernale aan die einde van die maand afsluit nie.

       3.1.1   Kontantontvangstesjoernaal                                                 (7)

       3.1.2   Kontantbetalingsjoernaal                                                   (3)

       3.1.3   Debiteurejoernaal                                                          (3)

3.2    Beantwoord die volgende vrae.

       3.2.1   Voltooi die volgende stelling deur die ontbrekende woord in te vul.

               Die geld wat Mnr. Reddy van die onderneming gebruik om vir sy
               kleinkinders geskenke te koop, moet aangeteken word as __________.         (1)

       3.2.2   Identifiseer TWEE dinge wat Mnr. Reddy in ag moet neem voordat hy ŉ
               kliënt toelaat om op rekening te koop.                                     (2)

                                                                                           b.o.

### Page 6

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                    6
                          (Vraestel 1)                 GRAAD 9

TRANSAKSIES – Maart 2023

5    Kontantverkope vir die dag, R5 250.

9    Goedere met ŉ kosprys van R2 500 is op krediet aan B. Baloyi verkoop.
     Faktuur no. 23 is uitgereik.

11   Koop handelsvoorraad van FM Verskaffers. EFO no. 72 is geprosesseer
     vir R3 625.

15   ŉ Debietorder vir R1 000 is geprosesseer deur FIN Surance vir die
     maandelikse versekeringspremie.

25   B. Baloyi vereffen sy rekening ten volle. Kwitansie 32 is aan hom
     uitgereik. Hy het R255 aan die begin van die maand geskuld.             [16]

                                                      TOTAAL AFDELING B:      25

                                                                               b.o.

### Page 7

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                      7
                                 (Vraestel 1)                 GRAAD 9

AFDELING C: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS

VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK

Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Tabby Handelaars op 30 April 2023.

VEREIS:

Gebruik die onderstaande inligting om die volgende Algemene Grootboek rekeninge vir
die maand geëindig 30 April 2023 te voltooi.

(Moenie die rekeninge balanseer nie)

4.1.   Debiteurekontrole                                                                    (3)

4.2    Verkope                                                                              (5)

Die volgende kolomtotale het in die hulpjoernale van Tabby Handelaars op 30 April
2023 verskyn.

Kontantontvangstesjoernaal van Tabby Handelaars – April 2023           KOJ1
 Bank         Verkope        Koste van     Debiteurekontrole Diverse
                             verkope                         Rekeninge
 140 290            ?        8 700         1 290             125 000

Kontantbetalingsjoernaal van Tabby Handelaars – April 2023                   KBJ1
 Bank         Handelsvoorraad Skryfbehoeftes Lone                    Diverse
                                                                     Rekeninge
 120 415         21 500             1 240            1 680           95 995

Debiteurejoernaal van Tabby Handelaars – April 2023          DJ1
 Verkope                   Koste van verkope
 3 015                     1 375
                                                                                            [8]

                                                                                        b.o.

### Page 8

EKONOMIESE EN BESTUURSWETNSKAPPE                           8
                                    (Vraestel 1)             GRADE 9

VRAAG 5: PROEFBALANS

Die volgende Proefbalans is geneem uit die boeke van VIP Handelaars.
Valerie Prinsloo, die eienaar van die winkel, sukkel om die proefbalans te voltooi en het
versoek dat jy haar daarmee help.

VEREIS:

5.1.   Voltooi die Proefbalans vir die maand geëindig Mei 2023 deur die inligting wat
       hieronder verskaf is, te gebruik.                                                           (5)

5.2    Kies die regte antwoord tussen hakies. Gebruik die inligting in die Proefbalans.

       Wys die berekening om jou antwoord te staaf.

       Die onderneming het ŉ winsopslag van (50%/33⅓%) behaal.                                     (2)

       INLIGTING

       Proefbalans van VIP Handelaars vir Mei 2023

                                                        Fol.     Debiet         Krediet
        BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING
        Kapitaal                                         B1                        ?
        Onttrekkings                                     B2          8 000
        Grond en geboue                                  B3         95 000
        Toerusting                                       B4         20 000
        Debiteurekontrole                                B5         15 500
        Bank                                             B6         20 043

        NOMINALE REKENINGE AFDELING
        Verkope                                          N1                       240 000
        Koste van verkope                                N2        160 000
        Huurinkomste                                     N3                            6 000
        Water en elektrisiteit                           N4             5 495
        Diverse uitgawes                                 N5             4 962
                                                                    ?              ?

       Addisionele inligting:
        Op 1 Mei 2023, was die kapitaal balans R120 000. Valerie het die kapitaal
          bedrag met 30% verhoog gedurende Mei 2023.
        Valerie weet nie waar die volgende aangeteken moet word nie:
          – Lone en Salarisse – R 21 000
          – Handelsvoorraad – R 52 000                                                             [7]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              15

                                                                                 TOTAAL:           50

                                             EINDE

## Related documents

- [Gr 9 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr9 EMS Afrikaans June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ems-afrikaans-june-2016-question-paper/3d7490a6-f099-4b2f-ab46-53d06dcc60fe) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-answer-book/c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7) — Economics · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-possible-answers/96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-answer-book/07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95) — Economics · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb) — Economics · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 9 Economics

- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-answer-book-1/c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459) — Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/a486ae81-0926-432c-8221-514292553afe) — Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/aa1fd1eb-321f-4773-a63e-aa0a29bda1d0) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr 9 Economics and Management Sciences P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-economics-and-management-sciences-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/50e5c22e-258b-4a93-8544-878db2ad84e7) — QP · 2022 · Afr
- [Gr9 EMS (ENG & AFR) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ems-eng-afr-november-2019-answer-book/f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0) — Addendum · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
