# Economic and Management Sciences Grade 9 P1 2022 QP (Afr)

> Grade 9 Economic and Management Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2022 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/1ab9cb10-09af-4ac3-94e1-95d921cd749a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economic and Management Sciences
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Economic and Management Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/economic-and-management-sciences) › [Economic and Management Sciences Grade 9 P1 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/1ab9cb10-09af-4ac3-94e1-95d921cd749a)

## About this document

Economic And Management Sciences · Grade 9 · Gauteng November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-answer-book-1/3c661cd8-9c24-4f25-93d2-a35b15e8098b) — Addendum · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2022
                           GRAAD 9

                 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE:
                      FINANSIËLE GELETTERDHEID

                            (VRAESTEL 1)

TYD:        1 uur

PUNTE:      70

7 bladsye

                                                      b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                    EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                    2
                                    (VRAESTEL 1)               GRAAD 9

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit Afdelings A, B en C (Finansiële Geletterdheidsonderwerpe)
en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-wysigingsdokument
en HJOP.

AFDELING A: KORT VRAE

VRAAG 1.1:         Meervoudigekeuse-vrae                (5)
VRAAG 1.2:         Voltooi die sinne                    (5)
VRAAG 1.3:         Pas Items                            (5)
                                                       [15]

AFDELING B: JOERNALE, REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN
            DEBITEUREGROOTBOEK

VRAAG 2:           Rekeningkundige Vergelyking         (11)
VRAAG 3:           Joernale en Debiteuregrootboek      (17)
                                                       [28]

AFDELING C: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS

VRAAG 4:           Algemene Grootboek                  (18)
VRAAG 5:           Proefbalans                          (9)
                                                       [27]

1.    Al die vrae is verpligtend.

2.    Antwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is.

3.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                        3
                                 (VRAESTEL 1)               GRAAD 9

AFDELING A
VRAAG 1
1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 E.

      1.1.1   Die lewe het verander en so ook die manier waarop mense kies om vir
              goedere en dienste te betaal. Watter van die volgende is die maklikste en
              mees algemeenste betaalmetode?

              A     Kontant
              B     EFO
              C     Tjek
              D     Promesse                                                                    (1)

      1.1.2   Oorboeking na die grootboeke is die vierde stap in die ...

              A     rekeningkundige siklus.
              B     rekeningkundige vergelyking.
              C     finansiële jaar.
              D     Algemene Grootboek.                                                         (1)

      1.1.3   Die __________ Rekening verskaf ŉ opsomming van die totale bedrag
              verskuldig deur kliënte aan wie goedere op krediet verkoop is.
              A     Handelsvoorraad
              B     Verkope
              C     Krediteurekontrole
              D     Debiteurekontrole                                                           (1)

      1.1.4   Alle transaksies beïnvloed meer as een rekening in die Algemene
              Grootboek. Dit word na verwys as die ... beginsel.
              A     geldmark
              B     dubbel-inskrywings
              C     hulpjoernale
              D     rekeningkundige siklus                                                      (1)

      1.1.5   Besighede neem risiko's deur goedere op krediet te verkoop. Wat is die
              grootste risiko wat hulle neem?
              A      Goedere sal vergaan.
              B      Debiteure kan dalk nie betaal nie.
              C      Die besigheid sal dalk nie genoeg geld hê om voorraad in die
                     toekoms aan te koop nie.
              D      Geen kontant in die besigheid.                                            (1)
                                                                                               [5]

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                       4
                                  (VRAESTEL 1)               GRAAD 9

1.2   VOLTOOI DIE SINNE

      Gebruik die woorde in die blokkie (woordbank) hieronder om die volgende sinne
      te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
      die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.6 telefoon.

      bates; afslag; faktuur; krediet; bank; Hulpjoernaal; Algemene Grootboek;
        Ontleding van Ontvangste; transaksie; Proefbalans; kwitansie; debiet

      1.2.1    Alle gelde wat deur die besigheid ontvang en betaal word, word deur die
               besigheid se __________ rekening gedoen.                                   (1)

      1.2.2    ____________ is ŉ motivering vir debiteure om hul skuld betyds te betaal
               of te delg.                                                                (1)

      1.2.3    ŉ Betaling aan ŉ krediteur sal laste verminder aan die _______ kant.       (1)

      1.2.4    Die brondokument wat aan ŉ kliënt uitgereik word wanneer goedere op
               krediet gekoop word, word ŉ ___________ genoem.                            (1)

      1.2.5    Alle besittings van die besigheid wat gebruik word om inkomste te
               genereer staan bekend as ______.                                           (1)
                                                                                          [5]

1.3   PAS ITEMS

      Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – F) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 G.

                              KOLOM A                                  KOLOM B

       1.3.1   Verskaffers van wie die besigheid goedere op       A   Onttrekkings
               krediet koop.
                                                                  B   Krediteur
       1.3.2   Goedere wat aan die besigheid behoort en
               deur die eienaar geneem word vir persoonlike       C   Handelsvoorraad
               gebruik.
       1.3.3   Die hoofdoel om ŉ besigheid te begin.              D   Kapitaal

       1.3.4   Beskerm die kliënt in die kredietmark en maak      E   NKW
               krediet- en bankdienste meer toeganklik.
                                                                  F   Wins maak
       1.3.5   Die geld wat die eienaar in die besigheid belȇ.
                                                                                          [5]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:           15

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                     EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                        5
                                     (VRAESTEL 1)               GRAAD 9

AFDELING B: JOERNALE, REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN
            DEBITEUREGROOTBOEK

VRAAG 2: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING

Ontleed die volgende transaksies en dui die effek aan wat elkeen op die
rekeningkundige vergelyking het.

        No.                                     Transaksie
         bv.      Betaal salarisse via EFO, R10 000.
          6       Kantoortoerusting ter waarde van R5 000 aangekoop van Ndaba en
                  betaal d.m.v. die banktoepassing op die besigheid se selfoon.
           12     Goedere ter waarde van R6 000 met ŉ winsopslag van 30% is op
                  krediet aan R. Ross verkoop.
                                                                                              [11]

VRAAG 3: JOERNALE EN DEBITEUREGROOTBOEK

Gebruik die transaksies hieronder om die volgende vir Founders Handelaars voor te
berei, vir die maand geëindig Oktober 2022.
VEREISTES:
3.1    Kontantontvangstejoernaal vir die maand geëindig Oktober 2022                            (5)

3.2    Kontantbetalingsjoernaal vir die maand geëindig Oktober 2022                             (3)

3.3    Debiteurejoernaal vir die maand geëindig Oktober 2022                                    (3)

3.4    Krediteurejoernaal vir die maand geëindig Oktober 2022                                   (2)

3.5    Debiteure Grootboek van P. Naidoo                                                        (4)

       TRANSAKSIES
       3        Die besigheid is in finansiële nood, en die eienaar, Mnr Parker, kan nie
                toegang tot ŉ bank kry nie weens openbare vakansiedae en banke wat gesluit
                is. Hy het R20 000 van sy persoonlike rekening na die besigheidsrekening
                oorgeplaas as ŉ belegging in die besigheid. R5 000 van die oordrag is gebruik
                om B. Frances, ŉ krediteur, te betaal.

       6        Ontvang Faktuur 20 van Mawela Handelaars vir handelsvoorraad wat vir
                R2 500 by hom gekoop is.
                Op dieselfde dag word Faktuur 6 aan P. Naidoo uitgereik vir handelsvoorraad
                wat vir R3 000 aan hom verkoop is.

       17 Ontvang ŉ kennisgewing van die bank, dat R1 500 ontvang is van P. Naidoo
          as gedeeltelike betaling van sy rekening.
                                                                                              [17]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:               28

                                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                         6
                                       (VRAESTEL 1)               GRAAD 9

AFDELING C: ALGEMENE GROOTBOEK EN PROEFBALANS

VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK

Die volgende rekords is op 30 Junie 2022 uit die boeke van Emma Winkels verkry.

VEREISTES:

4.1     Gebruik die inligting hieronder om die volgende Algemene Grootboek rekeninge te
        voltooi:

        4.1.1     Bank (beginsaldo) R10 000 (Dt)                                                       (5)

        4.1.2     Handelsvoorraad (beginsaldo) R50 000                                                 (9)

        4.1.3     Verkope                                                                              (4)

Kolomtotale in die hulpjoernale op 30 Junie 2022.

Kontantbetalingsjoernaal van Emma Winkels - Junie 2022                             KOJ1

       Bank           Verkope        Koste van      Debiteurekontrole     Diverse Rekeninge
                                      Verkope
      R88 500         R65 000          R39 000            R17 000              R6 500

Kontantbetalingsjoernaal van Emma Winkels – Junie 2022                             KBJ1

  Bank          Handelsvoorraad   Lone     Krediteurekontrole    Skryfbehoeftes       Diverse
                                                                                     Rekeninge
R50 200             R6 200        R3 400         R23 400                R650          R16 550

Debiteurejoernaal van Emma Winkels – Junie 2022                     DJ1

                Verkope                    Koste van Verkope
                R15 000                          R9 000

Krediteurejoernaal van Emma Winkels – Junie 2022                                           KJ1

Krediteurekontrole Handelsvoorraad           Toerusting    Skryfbehoeftes       Diverse
                                                                               Rekeninge
       R30 680               R18 400          R9 400           R1 280             R1 600
                                                                                                     [18]

                                                                                                     b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                   7
                                (VRAESTEL 1)               GRAAD 9

VRAAG 5: PROEFBALANS

ŉ Onervare boekhouer het die volgende Proefbalans voorberei.
Die eienaar is bekommerd aangesien foute ontdek is.                  LION'S DEN

(Wenk: Sommige rekeninge is in die verkeerde afdeling aangeteken
en sommige bedrae aan die verkeerde kant.)

INSTRUKSIES:

5.1    Stel die korrekte proefbalans saam in jou ANTWOORDBOEK.                          (7)

5.2    Bereken die ontbrekende bedrae wat by A en B aangedui word.                      (2)

Proefbalans van Lion’s Den vir November 2022

                                                         Debiet           Krediet
BALANSSTAATREKENINGE-AFDELING
Kapitaal                                                                    A
Onttrekkings                                                               4 160
Grond en Geboue                                        192 000
Voertuie                                               134 000
Handelsvoorraad                                                           18 300
Water en Elektrisiteit                                                    14 000
Krediteurekontrole                                                        19 600
Koste van Verkope                                                         70 000

NOMINALE REKENINGE AFDELING
Debiteurekontrole                                        6 420
Bank (Dt)                                               26 180
Verkope                                                220 000
Huurinkomste                                                              35 000
Skryfbehoeftes                                           4 540
Salarisse                                               40 000
                                                       509 600              B

                                                                                        [9]

                                                               TOTAAL AFDELING C:       27

                                                                          TOTAAL:       70

                                         EINDE

## Related documents

- [Gr 9 Economics and Management Sciences P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-economics-and-management-sciences-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/36183e40-2e68-4bc4-8e9a-83832a2906d9) — Economic and Management Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/4b10e9bb-ac9c-4330-8854-909594966af2) — Economic and Management Sciences · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/4da22897-d93e-4423-9446-17316248066d) — Economic and Management Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Grade 9 EMS Afrikaans Memo Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-ems-afrikaans-memo-paper-1/8f626316-2236-41cf-9828-1d1f17918f77) — Economic and Management Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2023-answer-book/4f3455c0-b6ef-4190-9d72-ea680fc28e72) — Economic and Management Sciences · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2023-possible-answers/2876d513-39c4-4b72-9e58-f47e8845335a) — Economic and Management Sciences · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 9 Economic and Management Sciences

- [CAPS SP EMS AFRIKAANS GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-ems-afrikaans-gr-7-9/c4088349-c650-4c35-a95b-8b4d5c5a3578) — CAPS · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-june-2024-answer-book/545237e6-921d-4e91-b783-783eeaf85498) — Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-answer-book/bd6f430b-d83f-42d4-8b3c-476285e0ae3c) — Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/4048de52-b45d-4ecb-a384-8c550d2ba67b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 9 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p1-afrikaans-june-2023-answerbook/ca2bc068-8d4a-4040-bd9a-ed9f9d7a6ab1) — Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/926700e8-2cc7-4e0b-8c35-4d001e8da6a3) — Addendum · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
