# Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 9 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2023-question-paper/89b31b8c-96c9-4d04-b44a-e2ebb0e1c78a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/economics) › [Economics Grade 9 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2023-question-paper/89b31b8c-96c9-4d04-b44a-e2ebb0e1c78a)

## About this document

Economics · Grade 9 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2023
                              GRAAD 9

              EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE:
                   FINANSIËLE GELETTERDHEID

                                  VRAESTEL 1

TYD:     1 uur

PUNTE:   70

9 bladsye en ŉ 7-bladsye antwoordboek

                                                   b.o.

### Page 2

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                2
                                   (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELINGS A, B en C (Finansiële Geletterdheids-
     onderwerpe) en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk volgens die
     KABV dokument en JOP.

     AFDELING A: KORTVRAE

     VRAAG 1.1:     Meervoudigekeuse-vrae            (5)
     VRAAG 1.2:     Pasitems                         (5)
     VRAAG 1.3:     Kies die regte woord/term        (5)
                                                     [15]

     AFDELING B: JOERNALE EN REKENINGKUNDE VERGELYKING

     VRAAG 2: Joernale                               (20)
     VRAAG 3: Rekeningkundige vergelykings           (10)
                                                     [30]

     AFDELING C: GROOTBOEKE EN PROEFBALANS

     VRAAG 4: Algemene Grootboek                     (8)
     VRAAG 5: Krediteuregrootboek                    (7)
     VRAAG 6: Proefbalans                            (10)
                                                     [25]

2.   Al die vrae is verpligtend.

3.   Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf word.

4.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                       3
                                 (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is, neer. bv. 1.1.6 D.

      1.1.1   Krediteurekontrole kan geklassifiseer word as ŉ ...

              A      uitgawe.
              B      bedryfslas.
              C      bedryfsbate.
              D      nie-bedryfslas.                                                          (1)

      1.1.2   BHS Handelaars verkoop goedere op krediet aan A. Money. A. Money
              staan bekend as ŉ ... van die besigheid.

              A      betaler
              B      eienaar
              C      debiteur
              D      krediteur                                                                (1)

      1.1.3   Die ...-rekening het normaalweg ŉ debietbalans.

              A      skryfbehoefte
              B      kapitaal
              C      kommissie-inkomste
              D      krediteurekontrole                                                       (1)

      1.1.4   Toerusting op krediet aangekoop, verhoog ...

              A      bates.
              B      laste.
              C      beide bates en laste.
              D      eienaarsbelang.                                                          (1)

      1.1.5   ŉ EFO is geprossesser aan Sumsurance op 25 Oktober 2023. R3 900
              was vir die betaling van die onderneming se jaarlikse versekeringspremie
              en R1 400 vir die eienaar se huisversekering. Watter bedrag sal
              aangeteken word in die KBJ as versekering?

              A      R5 300
              B      R3 900
              C      R1 400
              D      R9 200                                                                   (1)
                                                                                              [5]

                                                                                             b.o.

### Page 4

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                         4
                                (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

1.2   PASITEMS

      Kies ŉ term in KOLOM B wat ooreenstem met ŉ beskrywing in KOLOM A. Skryf slegs
      die letter (A – F) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK
      neer bv. 1.2.6 G.

                         KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1   ŉ Skuld wat betaalbaar is oor ŉ          A Dubbel inskrywing beginsel
               tydperk van langer as ŉ jaar
                                                        B Toerusting
       1.2.2   Verskaf ŉ opsomming van die bedrag
               wat aan die onderneming geskuld          C Verbandlening
               word vir goedere wat op krediet
               verkoop is                               D Kontantontvangstejoernaal

       1.2.3   ŉ Uitgawerekening                        E Koste van verkope

       1.2.4   Vir elke debiet moet daar ŉ gelyke en    F Debiteurekontrole
               ooreenstemmende krediet wees

       1.2.5   Verhoog die bankrekening
                                                                                              [5]
1.3   KIES DIE KORREKTE WOORD/TERM

      Kies die korrekte woord of term tussen hakies vir elk van die volgende stellings.
      Skryf slegs die korrekte woord/term in jou ANTWOORDBOEK neer bv. 1.3.6
      bate.

      1.3.1    Die geld wat deur die onderneming verdien word uit die verkoop van
               goedere aan kliënte, word aangeteken as (lopende inkomste/verkope).        (1)

      1.3.2    Die aantekening van die besonderhede van ŉ spesifieke transaksie op ŉ
               brondokument is die eerste stap in die (rekeningkundige siklus/
               rekeningkundige vergelyking).                                              (1)

      1.3.3    Die brondokument vir huur ontvang van ŉ huurder is ŉ (duplikaat
               kwitansie/kasregisterrol).                                                 (1)

      1.3.4    EFO is die akroniem vir (Elektroniese Finansiële Oordrag/Elektroniese
               Fondsoordrag).                                                             (1)

      1.3.5    (Vaste/Bedryfs)-bates word nie aangekoop met die doel om dit gou weer
               teen ŉ wins te verkoop nie.                                                (1)
                                                                                          [5]

                                                               TOTAAL AFDELING A:             15

                                                                                              b.o.

### Page 5

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                        5
                               (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

AFDELING B: JOERNALE EN REKENINGKUNDIGE VERGELYKING

VRAAG 2: JOERNALE

D. Disney besit Disney-winkels. Die besigheid word bestuur deur
D. Disney en twee werknemers wat elk ŉ loon betaal word.

Disney-winkels het voorheen speelgoed slegs vir kontant gekoop en
verkoop. ŉ Paar maande gelede het hulle besluit om ook op krediet te
koop en verkoop. Die besigheid handhaaf ŉ winsopsalg van 50% op
kosprys.

GEVRA:

2.1    Gebruik die inligting wat hieronder verskaf is om die transaksies vir Disney-
       winkels in die volgende joernale vir die maand geëindig September 2023 aan te
       teken:

       Moenie die joernale aan die einde van die maand afsluit nie.

       2.1.1    Kontantontvangstejoernaal                                               (5)

       2.1.2    Kontantbetalingsjoernaal                                                (6)

       2.1.3    Debiteurejoernaal                                                       (3)

       2.1.4    Krediteurejoernaal                                                      (4)

2.2    Bespreek EEN rede hoekom die onderneming besluit het om goedere op
       krediet te begin verkoop.                                                        (2)

TRANSAKSIES:

September 2023

6     Kontantverkope vir die dag beloop R10 500.

8     Lewer goedere af aan M. Mouse, R1 800 soos dit verskyn op faktuurnommer 36.

11    Betaal Pluto R1 010 vir die herstelwerk aan die afleweringsvoertuig. EFO 123 is
      geprosesseer.

14    Betaal die werkers twee weke se lone. Elke werker verdien R550 per week.

22    Koop die volgende op rekening van D. Duck. (Faktuurnommer 229)
      Handelsvoorraad, R7 200
      Skryfbehoeftes, R360

25    Ontvang R800 van M. Mouse as gedeeltelike betaling van sy rekening. Reik
      kwitansie nommer 21 uit.

                                                                                            b.o.

### Page 6

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                         6
                                (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

28      Betaal D. Duck, met ŉ EFO, die helfte van die bedrag verskuldig aan hom vir die
        aankoop van vroeër die maand
                                                                                          [20]

VRAAG 3: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING

Ontleed die volgende transaksies en toon die effek wat elkeen op die rekeningkundige
vergelyking het.

  Nr.                                     Transaksie
 bv.     Betaal lone, R1 000.
  3.1    Goedere met ŉ kosprys van R3 000 is op krediet verkoop aan Cinderella. ŉ
         Winsopslag van 25% is gehandhaaf.
  3.2    EFO 40 is verwerk as betaling van R4 700 aan Captain Hook ter vereffening
         van sy rekening.
                                                                                          [10]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             30

                                                                                              b.o.

### Page 7

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                     7
                              (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

AFDELING C: GROOTBOEKE EN PROEFBALANS

VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK

Die volgende inligting is geneem uit die boeke van VIVO Handelaars op 31 Augustus
2023.

GEVRA:

Gebruik die verskafde inligting om die volgende Algemene Grootboekrekeninge te
voltooi vir die maand geëindig 31 Augustus 2023.

4.1 Handelsvoorraad                                                                 (8)

     Kolomtotale vir die hulpjoernale van VIVO Handelaars op 31 Augustus 2023.

     Kontantontvangstejoernaal van VIVO Handelaars – Augustus 2023 KOJ1
      Bank          Verkope        Koste van     Debiteure-     Diverse
                                   verkope       kontrole       Rekeninge
           251 600        109 800         73 200          2 800       139 000

     Kontantbetalingsjoernaal van VIVO Handelaars – Augustus 2023     KBJ1
      Bank            Handels-      Skryfbehoeftes Lone         Diverse
                      voorraad                                  Rekeninge
            117 500              ?           1 500        4 000        40 500

     Debiteurejoernaal van VIVO Handelaars – Augustus 2023 DJ1
                Verkope                  Koste van Verkope
                 72 000                       48 000

     Krediteurekontrole van VIVO Handelaars – Augustus 2023           KJ1
      Bank            Handels-      Skryfbehoeftes  Toerusting  Diverse
                      voorraad                                  Rekeninge
              82 200         51 000           1 200      30 000
                                                                                    [8]

                                                                                        b.o.

### Page 8

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                         8
                               (VRAESTEL 1)                 GRAAD 9

VRAAG 5: KREDITEUREGROOTBOEK

Verwys na die volgende onvolledige krediteuregrootboek en beantwoord die vrae wat
volg.

 Krediteuregrootboek van VW Handelaars vir die maand geëindig Oktober 2023
                            POLO Winkels                         KG1
 DATUM          Besonderhede Fol.    Debiet       Krediet     Balans
 Okt 2023 1     Balans         a/b                               1 240
 Okt 2023 9     (A) No. 46     DJ                    5 360        (B)
 Okt 2023 13 (A) No. 61        DJ                     (C)
 Okt 2023 25 EFO 74            KBJ         ?           ?          (D)

5.1 Verskaf die besonderhede/brondokument gemerk (A).                                    (1)

5.2 Bereken die balans gemerk (B).                                                       (1)

5.3 Vir die transaksie gedateer die 13de, het die besigheid goedere ter waarde van
    R3 900 gekoop en 10%-handelskorting op hierdie aankoop ontvang. Bereken die
    bedrag gemerk (C).                                                                   (2)

5.4 Op die 25ste het die besigheid sy rekening ten volle vereffen. Wat is die balans
    gemerk (D)?                                                                          (1)

5.5 Die krediteur stuur aan die einde van die maand 'n staat aan die besigheid wat die
    verskuldigde bedrag weerspieël. Verduidelik waarom dit steeds nodig is dat die
    onderneming hul eie rekening vir die krediteur in die krediteuregrootboek moet
    opstel.                                                                              (2)
                                                                                         [7]

                                                                                             b.o.

### Page 9

VRAAG 6: PROEFBALANS

Die boekhouer van Gholfwinkels is siek. T. Woods, die eienaar, het jou gevra om hom te
help met die opstel van die Proefbalans vir sy besigheid vir die maand September 2023.

GEVRA:

6.1 Identifiseer die ontbrekende opskrif gemerk (A) op die antwoordblad.                   (1)

6.2 Gebruik die inligting wat hieronder verskaf word en stel die Proefbalans op vir die
    maand geëindig September 2023. Sommige van die inligting is reeds vir jou
    voltooi.                                                                               (9)

     INLIGTING:

      Water en elektrisiteit                   2 920
      Telefoon                                 1 590
      Verkope                                20 500
      Toerusting                             15 250
      Huurinkomste                             2 500
      Koste van verkope                      16 400
      Onttrekkings                             8 700
      Kapitaal                               72 000
                               (sien nota hieronder)
      Bank                                   12 480
      Krediteurekontrole                       4 890
      Handelsvoorraad                        15 550

     NOTA:
     Die volgende fout was nie reggestel nie.

     Die eienaar het sy kapitaal in Maart met R25 000 verhoog. Dit was egter as
     R52 000 aangeteken.
                                                                                          [10]

                                                               TOTAAL AFDELING C:          25

                                                                              TOTAAL:      70

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-answer-book/c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7) — Economics · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-possible-answers/96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p1-afrikaans-june-2023-answerbook-1/63639f6e-7fa6-4bcf-923f-cb86c6ace454) — Economics · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-answer-book-1/c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459) — Economics · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 9 Economics and Management Sciences P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-economics-and-management-sciences-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/50e5c22e-258b-4a93-8544-878db2ad84e7) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 9 Economics

- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-answer-book/07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95) — Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 9 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/a486ae81-0926-432c-8221-514292553afe) — Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/aa1fd1eb-321f-4773-a63e-aa0a29bda1d0) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr9 EMS (ENG & AFR) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ems-eng-afr-november-2019-answer-book/f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0) — Addendum · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
