# Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 9 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-question-paper/d35efd0c-e0c6-49c6-b63b-9348d7be6c39
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/economics) › [Economics Grade 9 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-question-paper/d35efd0c-e0c6-49c6-b63b-9348d7be6c39)

## About this document

Economics · Grade 9 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-answer-book/c3cebdad-3f46-4595-a902-2b525b2a24d7) — Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2023-possible-answers/96a7a6e4-ae12-4f18-966a-8cc4b895d4b0) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2023
                              GRAAD 9

          EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE:
           DIE EKONOMIE EN ENTREPRENEURSKAP

                               VRAESTEL 2

TYD:     1 uur

PUNTE:   80

8 bladsye en ŉ 7-bladsye antwoordboek

                                               b.o.

### Page 2

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE             1
                                (VRAESTEL 2)                 GRAAD 9

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit Afdelings A, B en C en is gebaseer op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-wysigingsdokument en JOP.

     AFDELING A: ALLE ONDERWERPE

     VRAAG 1.1: Pasitems                             (5)
     VRAAG 1.2: Kies die korrekte woord              (5)
     VRAAG 1.3: Meervoudigekeuse-vrae                (5)
                                                     [15]

     AFDELING B: DIE EKONOMIE

     VRAAG 2:      Vakbonde                          (22)
                                                     [22]

     AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP

     VRAAG 3:       Funksies van ŉ besigheid         (22)
     VRAAG 4:       Besigheidsplan                   (21)
                                                     [43]

2.    AL die vrae is verpligtend.

3.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK wat verskaf is.

4.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                  b.o.

### Page 3

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                          2
                              (VRAESTEL 2)                 GRAAD 9

AFDELING A: ALLE ONDERWERPE

VRAAG 1

1.1 PASITEMS

   Kies ŉ term in KOLOM B wat ooreenstem met ŉ beskrywing in KOLOM A. Skryf
   slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in jou
   ANTWOORDBOEK bv. 1.1.6 H.

                           KOLOM A                                   KOLOM B
   1.1.1   Die grootste federasie van vakbonde in               A   Slagspreuk
           Suid-Afrika
                                                                B   Begeerte
   1.1.2   Hierdie dokument gee ŉ uiteensetting van al die
           feite, prosesse en prosedures van die besigheid      C   Besigheidsplan

   1.1.3   ŉ Persoon met ŉ goeie idee wat produksiefaktore      D   COSATU
           kombineer om goedere en dienste te produseer
                                                                E   Entrepreneur
   1.1.4   ŉ Kort, treffende en onvergeetlike frase wat in
           advertensies gebruik word                            F   Logo

   1.1.5   Die begeerte na goedere en dienste wat nie           G Behoefte
           benodig word om te oorleef nie
                                                                               (5 x 1)       [5]

1.2 KIES DIE KORREKTE WOORD

   Kies die korrekte woord/e tussen hakies vir elk van die volgende stellings. Skryf
   slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommers in jou ANTWOORDBOEK
   neer bv. 1.2.1. BEHOEFTE.

   1.2.1 Die (missie/visie) verduidelik wat die onderneming beoog om op medium-
         of langtermyn te bereik.                                                            (1)

   1.2.2 ŉ Simbool of ontwerp wat die besigheidsproduk of -diens identifiseer is
         die (embleem (logo)/leuse).                                                         (1)

   1.2.3 A (posbeskrywing/salarisstrokie) is belangrik vir werknemers, want hulle
         moet weet wat hulle werk behels, wat van hulle verwag word asook hoe
         hulle, hulle pligte moet uitvoer.                                                   (1)

   1.2.4 Die (bemarkingsfunksie/openbare betrekkinge funksies) is gemoeid met
         die eksterne en interne beeld van die onderneming.                                  (1)

   1.2.5 (Algemene bestuursfunksie/Risikobestuursfunksie) is die
         topvlakbestuursfunksie gemoeid met die algehele bestuur van die
         besigheid.                                                                          (1)
                                                                                             [5]

                                                                                             b.o.

### Page 4

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                             3
                              (VRAESTEL 2)                 GRAAD 9

1.3 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
   die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
   (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is, neer.

   1.3.1   Vakbonde is daarvoor verantwoordelik om ...
           A   ontwrigtende werkplekke tot stand te bring.
           B   redelike eise aan werknemers te stel.
           C   te verseker dat nywerheidsoptrede wettig is.
           D   werkers te dwing om by ŉ vakbond aan te sluit.                                   (1)

   1.3.2   Volhoubaarheid is wanneer …
           A   die fokus daarop is om in die behoeftes van die hede te voorsien
               sonder om die vermoë van toekomstige geslagte om in hul eie
               behoeftes te voorsien, in te boet.
           B   die lewensvatbaarheid van ŉ besigheid gemeet word aan sy
               langtermyn-oorlewing en sy vermoë om winste oor ŉ tydperk te
               handhaaf.
           C   ŉ organisasie ŉ metode gebruik om hul omgewing te ontleed deur
               beide interne sterk- en swakpunte, sowel as eksterne geleenthede en
               bedreigings te identifiseer.
           D   Geeneen van die bogenoemde nie.                                                  (1)

   1.3.3   Die produksiekoste wat nie verander wanneer die aantal goedere verander
           nie, bv. huur word ŉ ... genoem.
           A   veranderlike koste
           B   vaste koste
           C   lewensvatbaarheidskoste
           D   AL die bogenoemde.                                                               (1)

   1.3.4   Watter van die volgende sinne beskryf ŉ bedreiging vir Lindiwe in haar Nail
           Beauty-besigheid die beste?
           A   Gedurende wintermaande is daar geen aanvraag vir pedikure nie
               omdat dames toe skoene en stewels dra.
           B   Lindiwe kan meer kliënte lok deur strooibiljette aan potensiële kliënte te
               versprei.
           C   Lindiwe beplan om ŉ gekwalifiseerde naeltegnikus aan te stel.
           D   Lindiwe moet ŉ lening by die bank aangaan.                                       (1)

   1.3.5   Watter vakbond verteenwoordig munisipale werkers?
           A   SAMWU
           B   SADTU
           C   NUM
           D   NUE                                                                              (1)
                                                                                                [5]

                                                               TOTAAL AFDELING A:               15
                                                                                                b.o.

### Page 5

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                      4
                                (VRAESTEL 2)                 GRAAD 9

AFDELING B: DIE EKONOMIE

VRAAG 2: VAKBONDE

                       [Bron: https://www.coe.int/en/web/compass/globalisation]

2.1 Definieer die term ‘vakbond’.                                                       (2)

2.2 Tabuleer die verskille tussen ŉ ‘sloerstaking’ (go-slow) en ŉ plakkaatbetoging
    (picketing).                                                                        (4)

2.3 Bespreek DRIE funksies van ŉ vakbond.                                               (6)

2.4 Lees die volgende stelling voordat die vrae beantwoord word.

     Die meeste vakbonde is onafhanklik van die werkgewer. Alhoewel, vakbonde
     probeer tog om hegte werksverhoudinge met werkgewers te vestig.

     2.4.1   Verduidelik TWEE voordele van vakbonde vir werkgewers of werknemers.       (4)

     2.4.2   Verduidelik TWEE nadele van vakbonde vir besighede of werkgewers.          (4)

2.5 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord/e in te vul.

     2.5.1   ... is ŉ unie wat onderwysers verteenwoordig.                              (1)

     2.5.2   Die Nasionale Unie van Mynwerkers staan ook bekend as ...                  (1)
                                                                                       [22]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:       22

                                                                                           b.o.

### Page 6

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                            5
                               (VRAESTEL 2)                 GRAAD 9

AFDELING C: ENTREPRENEURSKAP

VRAAG 3: FUNKSIES VAN ’N BESIGHEID

Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.

                         NTULI SKOONHEIDSMAATSKAPPY

Die Ntuli Skoonheidsmaatskappy spesialiseer in ŉ gewilde reeks skoonheidsprodukte wat
na kleinhandelwinkels in al die groot dorpe in Suid-Afrika versprei word. Hierdie
vooruitstrewende besigheid doen gereeld marknavorsing om tred te hou met veranderende
modes, verbruikersvoorkeure en smaak. Dit kyk ook na wat die kompetisie doen en wat die
verbruikersmark van Ntuli Skoonheidsmaatskappy dink. Simphiwe Ntuli, die eienaar, is
trots op haar groeiende besigheid en ondersteunende direksie. Die bestuurspan is
entoesiasties en bekwaam – nuwe voorstelle vir ŉ personeelkantien en gimnasiumgeriewe
deur Isiah, die HR-bestuurder, is goed ontvang. Opgegradeerde rekenaartegnologie het
toegang tot inligting verbeter. Boonop het die aankope departement ŉ nuwe verskaffer van
rou materiale geïdentifiseer wat bekostigbare kwaliteitprodukte bied en Ntuli
Skoonheidsmaatskappy se produk mededingend sal hou. Die kontantvloei is gesond, en
konsultasie maatskappy het maniere voorgestel om enige besigheidsrisiko's te verminder.
                                                                   [Bron: Aangepas uit Linked]
3.1   Verduidelik die volgende besigheidsfunksies en verskaf ŉ voorbeeld uit die scenario
      vir elkeen. Voltooi die tabel op jou antwoordblad.

                  Funksie                  Verduideliking            Voorbeeld
       Menslike Hulpbronfunksie
       Finansiële Funksie                                                                        (4)

3.2   Lys en verduidelik die DRIE vlakke van bestuur.                                            (6)

3.3

      Wat aanvanklik deur Henri Fayol as vyf elemente geïdentifiseer is, word nou
      as vier algemeen aanvaarde take van bestuur beskou wat die nodige
      vaardighede insluit.

      Bespreek die VIER bestuurstake wat deur Ntuli Skoonheidsmaatskappy se bestuur
      uitgevoer moet word.                                                                       (8)
                                                                                                 b.o.

### Page 7

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE                              6
                                (VRAESTEL 2)                 GRAAD 9

3.4   Noem TWEE arbeidswette wat Simphiwe in gedagte moet hou en moet nakom, om
      te verseker dat die besigheid wetlik aanspreeklik gehou kan word.                            (2)

3.5   In jou opinie, dink jy dat skakelwerk ŉ belangrike rol in ŉ besigheid speel?              (2)
                                                                                               [22]

VRAAG 4: BESIGHEIDSPLAN

Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                        Plaaslike Meisies Begin Afleweringsdiens

  Te midde van die landwye inperking, verskaf ŉ groep entrepreneuriale tienermeisies
  van Nkangala ŉ diens aan hul gemeenskap deur ŉ aflewering teen ŉ koste van R60, vir
  noodsaaklike items en wegneemetes aan te bied.

  Die diens, genaamd SIMS Deliveries, word bedryf deur nege meisies van die
  Nkangala-omgewing wat met hul fietse ry om aflewerings in hul gemeenskap te doen.
  Aflewerings kos ŉ vaste fooi van R60.

  Die bestuurders wissel tussen 16 en 19 jaar oud. Die jongste spanlid, die 12-jarige
  Thando, kyk elke dag na die fietse om seker te maak dat hulle reg werk en elke dag
  reg is vir die pad.

  “Ons visie vir SIM-Deliveries is dat dit ŉ betroubare alternatief bied vir die manier
  waarop inkopies tans gedoen word of die manier waarop die uitruil van geld en
  goedere tussen verkopers en kliënte in informele nedersettings plaasvind. Terwyl dit
  ook ŉ impak op die lewens van jong meisies in ons informele nedersettings het,”
  verduidelik hulle op hul Facebook-blad.

  “Ons wil jou uitnooi om deel te wees van ŉ visie wat poog om die gemeenskap
  vorentoe te neem en ŉ visie wat jong lewens wil verbeter deur die versoek vir ŉ
  aflewering en jou R60 te laat tel.”

  Alhoewel R60 dalk nie na veel lyk nie, help elke bietjie.

  Aflewerings kan op verskeie maniere plaasvind. Kliënte kan die meisies kontak op die
  nommers hieronder, ŉ bestelling plaas by ŉ spesifieke winkel of net die eienaar vra om
  die aflewering aan te vra of bloot die meisies op straat te stop en te vra dat ŉ
  aflewering gedoen word. As jy ŉ aflewering wil hê, kan jy 013 312 8804 skakel.
                                              [Bron: Aangepas uit Facebook: SIMS Deliveries]

4.1   Watter geleentheid is deur die meisies in die gevallestudie hierbo geïdentifiseer?            (2)

4.2                       Die meisies het nog nie ŉ sakeplan nie.

      4.2.1   Wat is die visie van SIMS Deliveries?                                                 (2)

      4.2.2   Noem VIER aspekte wat op die sakeplan se voorblad ingesluit moet word.                (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 8

4.3   (a)   Dui aan waarvoor die akroniem "SSGB" staan deur die korrekte woord in
            elk van die blokkies op die ANTWOORDBOEK aan te dui.                             (4)

      (b)   Uit die gevallestudie, voltooi ŉ SSGB-analise vir SIMS Deliveries. Sluit
            EEN aspek in elke blokkie in die ANTWOORDBOEK in.                                (4)

4.4   Die sakeplan sal verskillende komponente insluit.

      Klassifiseer elk van die volgende stellings uit die gevallestudie om die meisies te
      help om seker te maak dat die korrekte inligting by die betrokke komponent van die
      besigheidsplan ingesluit is.

      Nr.                  Stelling                    Ingesluit by hierdie sakeplan-
                                                                 komponent
      bv.   Bied ŉ afleweringsdiens van              Beskrywing van diens/produk
            noodsaaklike goedere aan
      A     Hulle het plakkate op hul Facebook-
            blad
      B     Inligting oor die geld wat nodig is om
            die besigheid uit te brei
      C     Vertel moontlike beleggers baie oor
            die besigheid
      D     Watter masjinerie en toerusting is
            nodig om die goedere/diens te
            verskaf                                                                          (4)

4.5   Voltooi die volgende sin:

      Die bemarkingsmengsel spreek die prys, produk, ... en promosie aan.                    (1)
                                                                                            [21]

                                                                TOTAAL AFDELING C :          43

                                                                               TOTAAL:       80

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr 9 Economics and Management Sciences P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-economics-and-management-sciences-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/50e5c22e-258b-4a93-8544-878db2ad84e7) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr 9 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/5bb21f3d-ee17-4368-828a-dcbed349c1c8) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/a486ae81-0926-432c-8221-514292553afe) — Economics · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/aa1fd1eb-321f-4773-a63e-aa0a29bda1d0) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 9 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-eco-p1-afrikaans-june-2023-answerbook-1/63639f6e-7fa6-4bcf-923f-cb86c6ace454) — Economics · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-answer-book-1/c70b5ce1-28bb-4f5a-b46d-e35c72412459) — Economics · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 9 Economics

- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-answer-book/07419927-263d-44f3-9a79-687367453a95) — Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 9 EMS P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/7da1c7d0-4b51-44fc-9ebb-ff641141d6eb) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 9 EMS P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-ems-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/9a4986b1-34d1-4d54-a9f8-0740e95f0cc3) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr9 EMS (ENG & AFR) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ems-eng-afr-november-2019-answer-book/f08de29c-4eb3-4503-a18a-d7abf78271e0) — Addendum · 2019 · Afr
- [Gr9 EMS Afrikaans June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr9-ems-afrikaans-june-2016-question-paper/3d7490a6-f099-4b2f-ab46-53d06dcc60fe) — QP · 2016 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
