# Social Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper

> Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2010, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-9-qpafr-ssc-kanes/0b41f765-e4bc-434b-bd67-0c8a5f46db36
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Social Sciences
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2010
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Social Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/social-sciences) › [Social Sciences Grade 9 November EC 2010 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-qpafr-ssc-kanes/0b41f765-e4bc-434b-bd67-0c8a5f46db36)

## About this document

Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2010. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

               Province of the
               EASTERN CAPE
               EDUCATION

                            SENIOR FASE

                             GRAAD 9

                       NOVEMBER 2010

               SOSIALE WETENSKAPPE

PUNTE: 100

TYD: 2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2010)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord alle vrae.

2.   Lees alle bronne en uittreksels in die vraestel sorgvuldig deur.

3.   Maak seker dat jy verstaan wat die vraag van jou verwag voordat jy dit begin
     beantwoord.

4.   Volg stappe versigtig wanneer vrae beantwoord word.

5.   Nommer jou antwoorde presies soos dit op die vraestel verskyn.

6.   Moenie die vrae meng nie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                         SOSIALE WETENSKAPPE                                   3

 VRAAG 1          KAARTWERK EN KAART ANALISE - LU1 AS 2, 3, 4, 5

 Verwys na BRON 1, TOPOGRAFIESE KAART VAN KING WILLIAM’S TOWN
 3227CD 1: 50 000 (die kaart is verskaf) om VRAE 1 en 2 te beantwoord.

 BRON 2: ORTOFOTO KAART VAN KING WILLIAM’S TOWN - 1: 10 000

 Bestudeer die Google™-beeld hieronder van die area rondom die huis van Steven Biko
 en verwys dan na die topografiese kaart.

 1.1      Noem die kaart verwysingsnommers van die volgende kaarte:

          1.1.1     Die kaart noord van die topografiese kaart, 3227CD van King William’s
                    Town                                                                    (1)

          1.1.2     Die kaart suid-wes van die topografiese kaart, 3227CD van King
                    William’s Town                                                          (1)

 1.2      Beskou die skale: 1:50 000 en 1:10 000

          1.2.1     Watter een is kleiner?                                                  (1)

          1.2.2     Watter een is groter?                                                   (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   SOSIALE WETENSKAPPE                           (NOVEMBER 2010)

1.3    Verander die kaartskaal 1: 50 000 na ŉ woord skaal.                                  (2)

1.4    Noem TWEE verskynsels op die ortofoto en die topografiese kaart wat dien as
       bufferstroke tussen Biko se huis in Ginsberg in D4, en die dorp van King
       William’s Town.                                                                      (2)

1.5    Bereken die afstand in ŉ reguit lyn vanaf Steve Biko se huis in D4 tot by die
       uitgrawings in A5. (Die antwoord moet in kilometers wees.) Skryf alle
       bewerkings neer.                                                                     (4)

1.6    Indien ŉ student wat teen ŉ spoed van 5 km/h stap, hoe lank dit neem om te
       stap met die sekondêre pad langs, vanaf Biko se huis tot by die KwaBhonke
       skool in E4?
                                     LW:                                                    (4)

1.7    Watter tyd sal die student by die KwaBhonke skool in A5 aankom, indien hy/sy
       die oggend om 7:15 van Biko se huis in D4 af vertrek?                                (2)

1.8    Bereken die totale area van die kaart van King William’s Town (Topografiese
       kaart). (Jou antwoord moet in km2 wees)                                              (2)

1.9    Gee die koördinate van die trigonometriese baken by B-7.                             (2)

1.10   Identifiseer TWEE maniere waarop hoogte aangedui word in C10.                        (2)

1.11   Verwys na die onderstaande diagram van ŉ heuwel en beantwoord die vrae
       wat volg:

       1.11.1   Wat is die kontoerinterval op die diagram?                                  (1)

       1.11.2   Wat is die hoogte van die kontoerlyn by nommer A?                           (1)

       1.11.3   Noem die tipe helling in die noordelike kant van die heuwel.                (1)

       1.11.4   Watter kant van die heuwel (weste of ooste) is ŉ kombinasie van ŉ
                geleidelike en ŉ skerp helling?                                             (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                        SOSIALE WETENSKAPPE                                   5

 1.12     Gee die volgende vanaf die Grey hospitaal by B tot by die huis van Steve Biko
          by A:

          1.12.1   Rigting                                                                 (1)

          1.12.2   Peiling                                                                 (1)
                                                                                          [30]
 VRAAG 2

 2.1      Vind die Ngxwalane-rivier in E2 en beantwoord die volgende vrae:

          2.1.1    By watter rivier sluit die Ngxalane-rivier aan?                         (1)

          2.1.2    In watter rigting vloei die Ngxalane-rivier?
                   Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                            (2)

 2.2      Identifiseer TWEE tipes primêre aktiwiteite sigbaar op die kaart.                (2)
                                                                                           [5]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 SOSIALE WETENSKAPPE                          (NOVEMBER 2010)

VRAAG 3           DIE KERNWAPENTYDPERK EN DIE KOUE-OORLOG
                  LU1 AS, 1-5; LU2 AS, 1-3; LU3 AS, 1-4

3.1   Sê of die volgensde stellings WAAR of VALS is.
      Moenie die stelling oorskryf nie. Skryf slegs WAAR of VALS.

      3.1.1    Kapitalisme is ŉ regeringstelsel waarin die regering die ekonomie
               beheer en waar slegs een politieke party is.

      3.1.2    Die einde van die Koue-oorlog was ook ŉ faktor wat gelei het tot die
               einde van Apartheid in Suid-Afrika.

      3.1.3    Na die Tweede Wêreldoorlog is na die mees magtigste lande verwys
               as die “Supermoondhede”.

      3.1.4    Spanning en wedywering tussen Supermoondhede na die Tweede
               Wêreldoorlog, was die onderliggende oorsake vir die Koue-oorlog.

      3.1.5    Roosevelt was die leier van die USSR gedurende die Koue-oorlog.
                                                                            (5x1)        (5)

3.2   Hierdie paragraaf handel oor die gooi van die atoombom gedurende die
      Tweede Wêreldoorlog. Kies die korrekte woord onderaan die paragraaf wat
      pas in die oop spasies. Skryf slegs die nommer van die spasie sowel as die
      korrekte woord neer.

      Gebruik hierdie terme om in die spasies te pas
      Hirosjima; Manhattan; VSA; Nagasaki; Fat Man; Little Boy; Uranium-235,
      74 000; 80 000-100 000; 6de Augustus 1945

      Die eerste land wat die atoombom ontwikkel en gebruik het, was …3.2.1… Die
      projek vir die ontwikkeling van die bom se kode-naam was …3.2.2…. Hierdie
      projek was aangevoer deur die Amerikaanse fisikus, Robert Oppenheimer.

      Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, was die eerste bom gegooi uit ŉ
      vegvliegtuig genaamd die “Enola Gay” op die Japanse stad …3.2.3… op die
      …3.2.4… Die bom was genoem …3.2.5… Dit was gemaak van radio aktiewe
      materiaal bekend as …3.2.6… Ongeveer …3.2.7… mense is onmiddellik
      gedood en nog 60 000 het later gesterf.

      Drie dae later is die tweede bom gegooi op die stad …3.2.8… Hierdie bom
      was genoem …3.2.9… en daar was bereken dat ongeveer …3.2.10… mense
      onmiddellik gesterf het en nog 70 000 later.                                      (10)
                                                                                        [15]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                      SOSIALE WETENSKAPPE                                 7

 VRAAG 4

 Bestudeer bronne 3 en 4 en beantwoord dan die onderstaande vrae:

                             BRON 3: Atoombom-ontploffing

                     BRON 4: Japanse stad na die eerste atoombom

 4.1      Beskryf in VIER sinne die tonele op die foto’s van BRON 3 en BRON 4.         (4)

 4.2      Gee TWEE redes waarom die eerste atoombom op die Japanse stede gegooi
          is.                                                                          (2)

 4.3      Noem TWEE uitwerkings van die atoombomme op die mense van Japan.             (2)

 4.4      Moet lande in die wêreld toegelaat word om kern wapens te ontwikkel en te
          gebruik?                                                                     (2)
                                                                                      [10]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  SOSIALE WETENSKAPPE                           (NOVEMBER 2010)

VRAAG 5       ONTWIKKELINGS SAKE: LU1:AS 2-4, 6; LU2: AS1; LU3: AS4

5.1   Skryf slegs die korrekte antwoord neer:

      5.1.1     Die ontwikkelingsplan wat deur die Suid-Afrikaanse regering
                daargestel is na die verkiesings van 1994, wat bedoel was om die
                behoeftes van die land aan te spreek, was bekend as …

      A         H.O.P. (Her-opbou en Ontwikkelingsplan)
      B         R.O.I. (Ruimtelike Ontwikkelings Inisiatiewe)
      C         M.O.M. (Millennium Ontwikkelings Mikpunt)
      D         G.R. (Groenrewolusie)                                                      (1)

      5.1.2     Een van die stellings hieronder beskryf nie die doel van die gebruik
                van Volhoubare Ontwikkeling nie. Skryf die letter van die stelling
                neer.

      A         Kan voorsien in die behoeftes van die mense, nou en in die toekoms
      B         Gebruik nie te veel hulpbronne nie
      C         Stel baie werkers aan en gebruik duur masjiene om groter profyt te
                maak
      D         Beskadig nie die omgewing te veel nie                                      (1)

5.2   METING VAN ONTWIKKELING: AANWYSERS/INDIKATORS VIR
      ONTWIKKELDE EN ONTWIKKELLENDE LANDE.

      DATA HANTERING

      BRON 5: Bestudeer die bron en beantwoord die vrae wat volg.

      Lees die paragraaf/gedeelte en die tabel wat data bevat oor Menslike
      Ontwikkelings Indeks (MOI) van sekere lande, en antwoord dan die vrae wat
      gebaseer is op die gedeelte en die tabel.

      Ontwikkeling gaan oor die bevrediging van mense se behoeftes, sowel as die
      verbetering van hul lewensstandaarde. Dit beteken dat ŉ volk se hulpbronne
      soos geld, tyd en vaardighede van mense, effektief gebruik moet word.
      Ontwikkeling bring verandering en groei teweeg, en is ŉ proses wat oor ŉ tyd
      plaasvind en ten doel het om mense se lewens te verbeter. Die middele om
      ontwikkeling mee te toets, staan bekend as aanwysers.
      Twee belangrike aanwysers is die Ekonomiese en Sosiale Aanwysers,
      bekend as Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI). Die ekonomiese aanwyser
      wat die meeste gebruik word, is bekend as Bruto Binnelandse Produk (BBP).
      BBP is die totale waarde (in geld terme) van alle goedere en dienste, wat die
      mense van die land lewer in een jaar. Wanneer jy die land se totale
      bevolking indeel in die BBP, kry jy die gemiddelde inkomste van elke persoon
      wat in daardie land woon vir daardie jaar. In 2005 het die Wêreldbank Suid-
      Afrika se BBP bereken op VS $3 600. ŉ Ontwikkelde land het ŉ BBP van VS
      $6 000 per jaar en ŉ ontwikkelende land s’n is minder as dit.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                         SOSIALE WETENSKAPPE                                      9

          MOI-ontwikkelingsaanwysers van sekere lande:

                                                                                  Verenigde
                                        Suid-
          Ontwikkelingsaanwysers                  Brasilië   China   Mosambiek    State van
                                        Afrika
                                                                                   Amerika
          Bruto Binnelandse
          Produk per persoon             3 600     3 100     1 300         250         41 000
          (VS$)
          Lewensverwagting                46        68        70           41           77
          Klein kinder
                                          53        33        30           101           7
          sterftessyfers
          Persentasie van kinders
          wat Sekondêre onderwys          62        69        90           10           87
          ontvang
          Getal vastelyne en
                                         480        487       498          8           1 164
          selfone per 1000 mense

          5.2.1    Watter land, volgens hierdie aanwysers, kan as ontwikkeld beskryf
                   word?                                                                       (1)

          5.2.2    Volgens hierdie aanwysers, watter land is die swakste
                   ontwikkelende land?                                                         (1)

          5.2.3    Is Suid-Afrika ŉ ontwikkelde of ŉ ontwikkelende land?
                   Gee EEN rede.                                                               (2)

          5.2.4    Wat is die DRIE hoof kenmerke van ontwikkeling soos hierbo beskryf
                   word?                                                                       (3)

          5.2.5    Wat is die doel van ontwikkeling vir ŉ land?                                (2)

          5.2.6    Wat is MOI volgens die bostaande paragraaf?                                 (1)

 5.3      Sê of die volgende stellings, ŉ eienskap van ŉ ontwikkelende of ŉ
          ontwikkelde land is:

          5.3.1    ondervoeding                                                                (1)

          5.3.2    1 tot 2 kinders per gesin                                                   (1)

          5.3.3    uitvoer van onbewerkte grondstowwe                                          (1)

          5.3.4    Geïndustrialiseerd                                                          (1)

          5.3.5    Vinnige bevolkingsgroei                                                     (1)

          5.3.6    Baie informele nedersettings                                               (1)
                                                                                             [18]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    SOSIALE WETENSKAPPE                         (NOVEMBER 2010)

VRAAG 6               MAATSKAPLIKE EN OMGEWINGS KONFLIKTE IN SUID-
                      AFRIKA. LU3 AS 1-4; LU1 AS 1, 2-3

BRON 6

Konflik verwys na die manier waarop mense hul gevoelens uitdruk in verband met
sekere sake of dinge; of verskille oor die manier waarop ander mense optree, of oor
die beskrywing van onregverdige behandeling. Konflik ontstaan baie keer waar daar
nie genoeg hulpbronne soos grond, water, behuising vir almal is nie. Konflik kan uitloop
in fisiese geweld, oorlog, verdelings, ens. Dit kan voorkom in die skool, familie,
gemeenskap en onder die volk. As ŉ demokratiese land moedig Suid-Afrika sy
inwoners aan om hul opinies vrylik uit te spreek op ŉ vreedsame wyse.

6.1     Noem VIER konflik situasies wat bekend is vir jou: TWEE in jou skool en
        TWEE in jou gemeenskap.                                                             (4)

6.2     Die Publieke/Staatswerkers in Suid-Afrika was op ŉ beskermde staking
        gedurende Augustus en September 2010. Hulle was weg van hul
        werksplekke vir ongeveer drie weke.

        6.2.1      Noem TWEE konflik situasies wat gelei het tot die staking.               (2)

        6.2.2      Was die werkers volgens jou, reg of verkeerd met hulle staak
                   optrede?                                                                 (2)

        6.2.3      Waarom het die regering die staking toegelaat?                           (2)

        6.2.4      Noem TWEE uitwerkings/gevolge wat die staking gehad het op die
                   werkers en TWEE uitwerkings op die regering/mense.                       (4)
                                                                                           [14]

VRAAG 7

BRON 7:         Verwys na Bron 7 hieronder om die vrae te beantwoord.

In 1953 het Dr. H.F. Verwoerd, Minister van Naturelle Sake vir die Nasionale
Partyregering van daardie tyd, verklaar dat Swart onderwys minderwaardig moet wees
teenoor onderwys van ander rasse, en dat Swartes onderrig moet word slegs in so
verre om bruikbaar te wees as arbeiders.
                        Die naturelle sal van kind af geleer word om te besef dat
                        gelykheid met Europeërs nie vir hulle is nie. Daar is geen
                        plek vir die Bantoes bo die vlak van sekere vorme van
                        werke nie.
                        Understanding Apartheid. Issue 1 - Julie 2007. Oxford
                        University Press

7.1     Wat vertel die aanhaling van Dr H.F. Verwoerd jou omtrent die houding van
        die destydse regering ten opsigte van die onderwys van swart mense?                 (4)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2010)                       SOSIALE WETENSKAPPE                                11

 BRON 8: Verwys na Bron 8 en beantwoord dan die onderstaande vrae.

                        Studente protesteer in Soweto in 1976

 7.2      Waarvoor het die studente, volgens die bron, in SOWETO geprotesteer?         (2)

 7.3      Beskryf die gemoedere van die skare deur te kyk na die gesigte van die
          studente.                                                                    (2)
                                                                                       [8]

                                                                             TOTAAL:   100

## Related documents

- [Gr 9 QPEng SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/gr-9-qpeng-ssc-kanes/8cad4daa-81be-49e2-8d5b-eeefc9d4f724) — Social Sciences · QP · 2010
- [Gr 9 MEMOAfr SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-november-ec-memorandum/c4b9f91f-05c9-406d-aaea-89f8296672e4) — Social Sciences · Memo · 2010
- [Gr 9 MEMOEng SSc-Kanes](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-november-ec-memorandum/7b02a02e-fb20-44dc-9343-429802a22d69) — Social Sciences · Memo · 2010
- [28 May 2010 Social Sciences Grade 9 Question Paper Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-june-common-question-paper-afrikaans/9d1ee388-add1-4186-9f34-79fd53e14024) — Social Sciences · QP · 2010 · Afr
- [28 May 2010 Social Sciences Grade 9 Question Paper Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2010-june-common-question-paper-english/67b71219-ca54-49b1-84ab-2726a6fa73f4) — Social Sciences · QP · 2010 · Eng
- [SOS SCIENCES GR9 QP NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/sos-sciences-gr9-qp-nov2014-eng/c868fca0-a728-431d-b30f-520aacb14975) — Social Sciences · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 9 Social Sciences

- [CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7-9](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-social-science-gr-7-9/a0b47288-db90-4b74-b9f7-0185f2ef1623) — CAPS · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P1 (Geography) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-geography/a93cbcad-58b5-4391-a64d-0a545bbb7c39) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 9 Social Sciences P2 (History) November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-social-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-history/162feceb-8aa8-4498-8485-a4c46dd166ac) — Memo · 2026 · Eng
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-afr/4dbe9b75-8912-4797-91fc-b19ce737df06) — Memo · 2016 · Afr
- [SOCIAL SCIENCES GEO GR9 MEMO NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/social-sciences-geo-gr9-memo-nov2016-eng/5b86ffd9-62f6-4599-a238-80b6a332ece0) — Memo · 2016 · Eng
- [SOC SC - ENG (HIST) GR9 MEMO NOV 2016](https://www.hlayiso.com/library/soc-sc-eng-hist-gr9-memo-nov-2016/c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067) — Memo · 2016 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
