# Accounting Grade 10 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Accounting question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2019-question-paper/0d66c9cd-970c-46f0-b594-6be5cde636a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2019-question-paper/0d66c9cd-970c-46f0-b594-6be5cde636a5)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng June · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                         PROVINSIALE EKSAMEN
                                 JUNIE 2019
                                   GRAAD 10

                              REKENINGKUNDE

       VRAAG                    TEMA                  PUNTE   TYDSDUUR

             1   Begrippe en Kontantjoernale           45      27 min
             2   Algemene Joernaal                     22      13 min
                 Algemene Grootboek en Interne         22      13 min
             3
                 Kontrole
             4   Debiteure-rekonsiliasie en Interne    46      28 min
                 Kontrole
             5   Transaksie-ontleding                  44      26 min
             6   Begrippe, Salaris- en Loonjoernale
                                                       21      13 min
                 en etiek
                                                       200     120 min

TYD: 2 uur
PUNTE: 200

12 bladsye

                                                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                        2
                                                                          GRAAD 10

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 PROVINSIALE EKSAMEN

                                                           REKENINGKUNDE

                                                           TYD: 2 uur
                                                           PUNTE: 200

INSTRUKSIES

1.   Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien word.
2.   Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.
3.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.
4.   Jy mag ŉ blou- of swart pen gebruik om die vrae te beantwoord.
5.   Probeer om nie van die aangeduide tyd per vraag af te wyk nie.
6.   Skryf netjies en leesbaar.

                           VRAAG 1: 45 punte; 27 minute
Tema van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
Begrippe en kontantjoernale    Begrippe en boekhou-inskrywings van ŉ eenmansaak
                           VRAAG 2: 22 punte; 13 minute
Tema van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
Algemene Joernaal              Boekhou-inskrywings
                           VRAAG 3: 22 punte; 13 minute
Tema van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
Algemene Grootboek en          Boekhouding – Algemene Grootboek
Interne Kontrole               Interne kontrole
                           VRAAG 4: 46 punte; 28 minute
Tema van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
Rekonsiliasie en Interne       Rekonsiliasie van debiteure en interne kontrole
Kontrole
                           VRAAG 5: 44 punte; 26 minute
Tema van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
Transaksie ontleding           Transaksie-ontleding van ŉ eenmansaak
                           VRAAG 6: 21 punte; 13 minute
Tema van die vraag:            Hierdie vraag integreer:
Begrippe, Salaris- en          Begrippe van salarisse en lone
loonjoernale en etiek          Salaris- en loonjoernale
                               Etiek

                                                                                     b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                             3
                                                                         GRAAD 10

VRAAG 1: BEGRIPPE EN KONTANTJOERNALE                              (45 punte; 27 minute)

1.1   BEGRIPPE

      Pas die inligting in KOLOM A by die begrip in KOLOM B. Skryf slegs die
      letter (A – G) in jou ANTWOORDBOEK.

                             KOLOM A                                     KOLOM B
      1.1.1 Dien as bron van inligting wanneer finansiële
                                                                   A   Onttrekkings
            rekords voorberei word
      1.1.2 Waar transaksies geboekstaaf word voordat dit
                                                                   B   Kleinkasjoernaal
            oorgeboek word na die Algemene Grootboek
      1.1.3 ŉ Afslag wat aangebied word vir grootmaataankope       C   Algemene Joernaal
      1.1.4 Geld wat deur die eienaar uit die besigheid getrek
                                                                   D   Hulpjoernale
            word vir persoonlike gebruik
      1.1.5 Die boekhou van items wat aangekoop word vir klein
                                                                   E   Handelskorting
            bedrae
                                                                   F   Kontantkorting
                                                                  G    Brondokument

                                                                                 5

1.2   KONTANTJOERNALE

      Die volgende transaksies van Waterkloof Handelaars het gedurende September 2018
      plaasgevind, die besigheid gebruik ŉ winsgrens van 100% op kosprys.

GEVRA:

1.2.1 Verwys na die onderstaande transaksies en boekstaaf dit in die Kontantjoernale
      vir September 2018.                                                                 (40)

      NOTA:

         Moenie die totale bymekaar tel aan die einde van die maand nie.
         Moenie enige inligting in die kolomme wat grys gekleur is invul nie.

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                             4
                                                                            GRAAD 10

Transaksies vir September 2018
01   Die eienaar, L. Lally, het haar kapitaalbydrae verhoog vanaf R200 000 tot R280 000
     deur die bedrag direk in die besigheid se lopende bankrekening te deponeer.

     Ontvang ŉ tjek van K. Siwedi ter vereffening van sy rekening van R160, minus 5%
     korting, reik kwitansie nr.92 uit.

03   Ontvang ŉ tjek vanaf Knysna Bank Bpk vir R16 600 vir ŉ vaste deposito van R16 000
     wat verval, plus rente.

04   Betaal R2 380 per tjek nr. 115 aan Gugu Groothandelaars ter vereffening van
     rekening van R2 500.

     Kontantverkope vir die dag, R3 900.

05   B. Brown se tjek vir R110 wat die vorige maand ontvang is ter betaling van sy
     rekening, is teruggestuur deur die bank as onbetaald as gevolg van onvoldoende
     fondse.

06   Ontvang ŉ bedrag vir R650 vanaf I. Patel as gedeeltelike betaling van sy rekening, die
     betaling is elektronies gedoen.

10   Koop goedere vanaf Dada Handelaars vir R4 140, betaal per tjek.

     Betaal Go-Go Karweiers R300 vir die aflewering van die goedere (hierbo genoem),
     per tjek.

20   Trek ŉ tjek vir R870 ten gunste van die munisipaliteit om die besigheid se water-en-
     elektrisiteitsrekening te betaal.

22   Reik ŉ tjek uit aan Natal Bank ter gedeeltelike betaling op die lening, R7 000, plus
     rente op die lening vir R350.

27   Wissel ŉ kontanttjek vir R2 500 om lone vir R1 980 te betaal en gebruik die res om die
     wisselgeld te verhoog.

28   Kontantverkope van handelsware vir die dag, R1 520 ingesluit by die bedrag is
     kredietkaartverkope van R520.

30   Die bankstaat is ontvang vanaf Knysna Bank Bpk en toon dat ons bankrekening met
     die volgende bedrae gedebiteer is:
      Rente, R360
      Tjekboek en depositoboek-fooie, R190
      Diensgeld, R210
      Belastingheffing, R164                                                    40

                                  Totale Punte

                                        45
                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                             5
                                                                          GRAAD 10

VRAAG 2: ALGEMENE JOERNAAL                                       (22 punte; 13 minute)
2.1   Die onderstaande inligting vir Desember 2018 is geneem uit die boeke van Devaan
      Winkels, die eienaar van die besigheid is H. Devaan.

GEVRA:

Boekstaaf die transaksies in die Algemene Joernaal vir Desember 2018, en sluit die
joernaal behoorlik af.                                                                      (22)

Verwys na onderstaande INLIGTING:
NOTA: Omskrywings word nie verlang nie.

INLIGTING:

A     Voorlopige totale

                Algemene Joernaal
Debiteurekontrole        Krediteurekontrole
  Debiet       Krediet     Debiet       Krediet
   624           316         702          454

B     Transaksies op 31 Desember 2018
1     ŉ Debiteur, A. Pondor, wat R1 200 verskuldig is, is insolvent verklaar. Sy boedel
      betaal 30c in die rand. (Dit is reeds geboekstaaf in die besigheid se boeke.)
      Die balans moet as oninbaar afgeskryf word.

2     Die bankstaat toon ŉ gedishonoreerde tjek vir R570 ontvang vanaf J. Klop ter
      vereffening van sy rekening van R600. Dit is geboekstaaf. Die korting moet nog
      gekanselleer word.

3     Die eienaar, C. Devaan is ongelukkig met die voorraad wat hy huis toe gevat het en
      bring die voorraad terug na die besigheid, R170. Geen inskrywing is gedoen nie.

4     Handelsware aangekoop vir R640 en per tjek betaal is korrek geboekstaaf in die KBJ.
      Alhoewel, met die oorboeking vanaf die KBJ, is dit foutief oorgeboek as
      Verbruiksgoedere.

5     Goedere teruggestuur deur M. Mawema (ŉ debiteur) soos per kredietnota vir R210 is
      foutief oorgeboek na die rekening van M. Mokwena (ŉ debiteur).

6     ŉ Bedrag van R550 ontvang vanaf B. Smith (debiteur) ter vereffening van haar
      rekening, is per abuis oorgeboek na T. Smith, ŉ krediteur.

                                        Totale Punte

                                             22

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                            6
                                                                                GRAAD 10

VRAAG 3: ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE KONTROLE
                                              (22 punte; 13 minute)

RHINEHART VERSKAFFERS

Die volgende inligting is ŉ uittreksel uit die boeke van Rhinehart Verskaffers vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2019. Die besigheid gebruik ŉ winsgrens van 60% op kosprys.

GEVRA

3.1   Verwys na die onderstaande Algemene Grootboek rekeninge en voltooi die
      ontbrekende inligting A tot N in jou ANTWOORDBOEK. Toon berekeninge waar
      nodig om deelpunte te verdien.                                                              (15)

3.2   Gebruik die onderstaande grootboekrekeninge en beantwoord die volgende vrae:

      3.2.1    Die eienaar het goedere vir eie gebruik geneem. Wat is die verkoopsprys
               van die goedere wat hy geneem het? Verwys na die Handelsvoorraad
               rekening.                                                                           (2)

      3.2.2    Wat sal die brondokument wees vir bedrag L, geboekstaaf in die DAJ?                 (1)

3.3   Ernst Rhinehart, die eienaar, vermoed dat voorraad gedurende die jaar gesteel is.
      Hy het jou gevra om hom raad te gee oor interne kontrole prosedures wat hy kan
      implementeer om diefstal te voorkom. Noem TWEE interne kontroles om voorraad
      te beveilig.                                                                                 (4)

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                                  7
                                                                                GRAAD 10

INLIGTING

            ALGEMENE GROOTBOEK VAN RHINEHART VERSKAFFERS
                     NOMINALE-REKENINGE AFDELING

Dt                                     VERKOPE                                               Kt
                                              Feb    01    Totaal         a/b    150 000     00
                                                     28        A          DJ        80 000   00
                                                           Bank           B         92 000   00

 Dt                            KOSTE VAN VERKOPE                                             Kt
Feb 01     Totaal      a/b   93 750    00    Feb    28    Handels-         DAJ       6 000   00
                                                          voorraad
      28       C       DJ    50 000    00
           Handels-   KOJ      D
           voorraad

                      BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING

Dt                                 HANDELSVOORRAAD                                                Kt
Feb   01   Saldo       a/b   110 000    00    Feb    28          E             DJ        F
      28   Bank         G    120 000    00                 Koste van          KOJ      57 500     00
                                                           verkope
                H     KJ      30 000    00                       I            KAJ       7 000     00
           Kleinkas    J       1 000    00                 Onttrekkings       AJ        5 000     00
                K     DAJ          L                       Donasies            M        2 000     00
                                                           Saldo              o/d        N
                             267 000    00                                            267 000     00
Mrt   1    Saldo       a/b     N

                                       Totale Punte
                                             22

                                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                                8
                                                                              GRAAD 10

VRAAG 4: DEBITEURE REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE                         (46 punte; 28 minute)

SCHUMANN GROOTHANDELAARS

Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Schumann Groothandelaars.

GEVRA

4.1   Berei die korrekte Debiteurekontrolerekening vir 31 Maart 2019 voor nadat
      aansuiwerings vir alle foute en weglatings in berekening gebring is en balanseer
      die rekening.                                                                                (14)

4.2   Berei ŉ korrekte lys van debiteure voor op 31 Maart 2019.                                    (16)

4.3   Voorsien EEN rede hoekom jy dink die saldo van die Debiteurekontrolerekening
      moet ooreenstem met die Debiteurelys.                                                         (2)

4.4   Die eienaar Paul Schumann is bekommerd dat debiteure nie betyds sal betaal nie.
      Noem DRIE maatreëls wat in plek gesit kan word om te verseker dat debiteure
      betyds betaal.                                                                                (6)

4.5   Verwys na die Debiteurekontrolerekening en beantwoord die volgende vrae:

      4.5.1    Indien die korting toegestaan R35 720 is, hoeveel is vanaf debiteure
               ontvang gedurende Maart?                                                             (2)

      4.5.2    Behalwe vir rente gehef, wat anders kan voorkom as joernaaldebiete?
               Voorsien EEN item of antwoord.                                                       (2)

      4.5.3    Voorsien TWEE moontlike redes vir die debiet van R300 in die
               Debiteurekontrolerekening.                                                           (4)

INLIGTING
          ALGEMENE GROOTBOEK VAN SCHUMANN GROOTHANDELAARS
                    BALANSSTAATREKENINGE AFDELING

Dt                              DEBITEUREKONTROLE                                          Kt
Mrt   1    Saldo       a/b     89 560 00 Mrt 31 Bank en                KOJ     266 040    00
                                                korting
                                                toegestaan
      31 Verkope       DJ     270 000 00        Debiteure              DAJ        1 200   00
                                                afslag
           Bank        KBJ        300 00        Joernaal               AJ         1 950   00
                                                krediete
           Joernaal    AJ         720 00        Saldo                  o/d       91 390   00
           debiete
                              360 580 00                                       360 580    00
Apr   1    Saldo       a/b     91 390 00

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                         9
                                                                           GRAAD 10

Lys van debiteure op 31 Maart 2019

                NAAM                                              Debiet
                Cooper                                           17 900 00
                Baloyi                                           16 380 00
                Hope                                             14 400 00
                Smith                                            21 900 00
                Williams                                         18 200 00
                                                                 88 780 00

Foute en weglatings ontdek gedurende die maand:

A    Die openingsaldo van die Debiteurekontrolerekening is met R6 000 te veel
     geboekstaaf.

B    Die totaalkolom in die Debiteure-afslagjoernaal is met R210 te min opgetel.

C    ŉ Kredietverkopefaktuur vir R2 900 uitgereik aan Baloyi is korrek in die
     Debiteurejoernaal geboekstaaf maar foutief oorgeboek na die rekening van Smith.

D    ŉ Kredietnota vir R520 vir Cooper is glad nie geboekstaaf nie.

E    ŉ Tjek ontvang vir R5 600 vanaf Hope ter volle vereffening van sy rekening van
     R6 000 is korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal. Alhoewel die boekhouer vergeet
     het om die korting in sy rekening te boekstaaf.

F    ŉ Kredietnota vir R1 600 is korrek geboekstaaf in die Debiteure-afslagjoernaal,
     maar is foutief as ŉ faktuur geboekstaaf in Williams se rekening.

G    Belas Baloyi se agterstallige rekening van R8 000 met R300 rente. Geen
     inskrywing is nog gedoen nie.

                                        Totale Punte
                                             46

                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                         10
                                                                           GRAAD 10

VRAAG 5: TRANSAKSIE-ONTLEDING                                            (44 punte; 26 minute)

GEVRA

5.1 Gebruik die inligting van BB Mode-Boetiek en toon die effek van elke transaksie
    op die Rekeningkunde Vergelyking vir Augustus 2018.                                  (38)

     Veronderstel die Banksaldo is voordelig vir alle transaksies.

5.2 Beantwoord die volgende vrae:

     5.2.1    Verduidelik die betekenis van V/T. (Verwys na transaksie op die 19de)       (2)

     5.2.2    Voorsien TWEE redes waarom die bank ŉ tjek kan dishonoreer.                 (4)

Transaksies

Voorbeeld: Skenk skryfbehoeftes van R540 aan die plaaslike kleuterskool.

01   Stanford Verskaffers hef rente teen 6% vir twee maande op die besigheid se
     agterstallige rekening van R3 600.

07   A. Habib is insolvent verklaar, BB Mode-Boetiek het R1 400 ontvang as ŉ eerste
     en finale dividend van 35 sent in die rand. Die balans moet afgeskryf word as
     oninbaar.

16   Die bankstaat ontvang vanaf Rand Bank toon rente ontvang van R130.

19   Die bankstaat toon ŉ V/T tjek vir R1 260, hierdie tjek is ontvang vanaf M. Gumpu
     ter vereffening van sy rekening van R1 300.

25   Wissel ŉ kontanttjek vir R480 om die kleinkasvoorskot van R600 te herstel.

31   Koop goedere op krediet vanaf Wacko Kleinhandelaars vir R1 700, minus 10%
     handelskorting.

                                         Totale Punte
                                              44

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                             11
                                                                               GRAAD 10

VRAAG 6: BEGRIPPE, SALARIS- EN LOONJOERNALE EN ETIEK                        (21 punte; 11 minute)

6.1   BEGRIPPE

Dui aan of die volgende verklarings WAAR of ONWAAR is.

      6.1.1   Die afkorting VOH staan vir Vaardigheidsontwikkelingsheffing.

      6.1.2   VOH word deur werkgewers betaal wie se betaallys meer as R300 000 is.

      6.1.3   WVF is normaalweg 1% van netto salarisse.

      6.1.4   Netto salaris staan ook bekend as krediteure vir salarisse.

      6.1.5   LBS moet aan die Tesourie betaal word.

6.2   SALARISSE EN LONE

      Jy word voorsien van inligting uit ŉ uittreksel van die Loonjoernaal en
      Salarisjoernaal van Ndebele Kleinhandelaars vir Mei 2018. Hulle het werknemers
      wat weekliks en maandeliks betaal word.

GEVRA

6.2   Bereken die ontbrekende bedrae in die Lone en Salarisjoernale vir Mei 2018.            (10)

6.3   Beantwoord die volgende vrae:

      6.3.1   Voorsien die dubbelinskrywing vir die Pensioenfondsbydrae in die
              Loonjoernaal.                                                                   (2)

      6.3.2   Die netto salaris bereken in 6.2.5 in die Salarisjoernaal sal oorgeboek
              word na die Salarisrekening en watter ander rekening?                           (1)

6.4   Die eienaar Mr Thomas Ndebele het besluit om nie hierdie maand die LBS
      bedrag oor te betaal nie omdat hy kontant nodig het, hy sal vogende maand ŉ
      dubbele oorbetaling maak. Hoekom is jy teen hierdie besluit wat hy gemaak het
      gekant. Voorsien EEN konsekwensie (gevolg) van hierdie aksie.                           (3)

                                                                                              b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                             12
                                                                             GRAAD 10

 INLIGTING A

LOONJOERNALE VAN NDEBELE KLEINHANDELAARS VIR MEI 2018
                              AFTREKKINGS                         WERKGEWERBYDRAES
Week      Bruto                                       Netto
                 Pensioen- Mediese-                         Pensioen- Mediese-
eindig    Loon                       WVF   LBS Totaal Loon                     WVF    VOH
                   fonds    fonds                             fonds    fonds
21 Mei    R2 874    R160     R240   R28.74 R809 6.2.1 6.2.2    R320     R240   6.2.3 R28.74
2017
28 Mei    R3 078   R164     R240   R30.78   R882                   R320     R240            R30.78
2017

INLIGTING B

SALARISJOERNAAL VAN NDEBELE KLEINHANDELAARS OP 31 MEI 2018
                       AFTREKKINGS                                           BYDRAES
Bruto                                                   Netto
        Pensioen- Mediese-                                       Pensioen- Mediese-
Salaris                    LBS     WVF        Totaal   Salaris                      WVF      VOH
          fonds    fonds                                           fonds    fonds
R21 110  R1 480    R1 450  6.2.4  R2 111     R13 261    6.2.5     R2 960    R2 175 R2 111    6.2.6

INLIGTING C

    Die werkgewer dra op ŉ rand-tot-rand basis by vir WVF.

    Die werkgewer dra 1% van die bruto salaris by vir VOH.

                                         Totale Punte
                                              21

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr10 Acc (Afrikaans) June 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2019-answer-book/d991f335-91bf-4dff-81aa-ee577f9e42be) — Accounting · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2019-possible-answers/f5b113f6-488b-4762-9684-6bd49f2de472) — Accounting · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2017-question-paper/6c5c2b5d-4045-48e5-80ae-f87cfea2eb69) — Accounting · QP · 2017 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/6d7fda19-df39-475b-8cde-4cbc1f350da6) — Accounting · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-answer-book/8f29f086-0e89-4fd1-965b-69eb790e84a6) — Accounting · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
