# Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2022 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afr-june-2022-question-paper/5e38a9cb-1476-48bb-896e-0ea618a4603c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afr-june-2022-question-paper/5e38a9cb-1476-48bb-896e-0ea618a4603c)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                PROVINSIALE EKSAMEN
                               JUNIE 2022
                               GRAAD 10

                               REKENINGKUNDE

TYD:      2½ uur

PUNTE:    200

11 bladsye + ŉ formuleblad en ŉ antwoordboek van 11 bladsye

 Vraag                 Besonderhede                  Punte    Tyd in minute
   1       Konsepte en Ontleding van Transaksies      40        30 minute
   2       Salarisse en Lone                          50        38 minute
   3       Algemene Joernaal                          23        17 minute
           Krediteure Versoening en Interne
   4                                                  43        32 minute
           Kontrole
   5       Algemene Grootboek en Interne Kontrole     44        33 minute
 Totaal                                               200      150 minute

                                                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            REKENINGKUNDE                             2
                                                                       GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Beantwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK verskaf.

3.   Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

4.   Nie-programmeerbare rekenaars mag gebruik word.

5.   Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.   ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is agter aan hierdie vraestel voorsien.
     Jy kan dit gebruik soos benodig.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Gebruik die inligting in die onderstaande tabel wanneer vrae beantwoord word.

9.   Probeer om NIE af te wyk van die tyd wat per vraag toegeken is NIE.

                             VRAAG 1: 40 punte ; 30 minute
     Onderwerp                   Die vraag integreer:
     Konsepte en                  Konsepte
     Ontleding van Transaksies    Ontleding van Transaksies van ŉ Eenmansaak

                             VRAAG 2: 50 punte ; 38 minute
     Onderwerp                   Die vraag integreer:
                                  Konsepte van Salarisse en Lone
     Salarisse en Lone
                                  Salarisjoernaal

                             VRAAG 3: 23 punte ; 17 minute
     Onderwerp                   Die vraag integreer:
     Algemene Joernaal            Boekhouding inskrywings

                             VRAAG 4: 43 punte ; 32 minute
     Onderwerp                   Die vraag integreer:
     Krediteure Versoening en     Versoening van krediteure
     Interne Kontrole             Interne Kontrole

                             VRAAG 5: 44 punte ; 33 minute
     Onderwerp                   Die vraag integreer:
     Algemene Grootboek en        Algemene Grootboek
     Interne Kontrole             Interne Kontrole

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE                              3
                                                                            GRAAD 10

VRAAG 1: KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
                                             (40 punte ; 30 minute)

1.1 KONSEPTE

    Kies die korrekte woord(e) uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A.
    Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraaagnommers (1.1.1 – 1.1.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 F.                                                          (5)

                          KOLOM A                                       KOLOM B

1.1.1   ŉ Voorbeeld van ŉ nie-bedryfsbate.                        A     Regverdigheid

1.1.2   Die bestuur van ŉ besigheid behoort werknemers            B     Proefbalans
        dieselfde te behandel ongeag van hul posisies.

1.1.3   ŉ Opsomming van saldo’s en totale geneem uit al die       C     AARP
        grootboekrekeninge van ŉ besigheid.

1.1.4   Bates wat omgeskakel kan word in kontant binne ŉ 12       D     Vaste Deposito
        maand periode.

1.1.5   Algemeen aanvaarde riglyne wat gevolg word wanneer        E     Bedryfsbates
        finansiële rekords opgestel word vir verslagdoening.

1.2 ONTLEDING VAN TRANSAKSIES

    Die volgende transaksies vir Maart 2022 het in die boeke van Naledi Handelaars
    verskyn. Die besigheid koop en verkoop elektriese toerusting aan klante. Naledi
    Handelaars maak van ŉ 80% winsopslag op kosprys gebruik.

    GEVRA:

    Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte verskaf in die
    ANTWOORDBOEK.                                                                        (35)

    NOTA: Die besigheid het ten alle tye ŉ gunstige banksaldo.

    Voorbeeld: Betaal R. Motloung R500 kontant vir die was van die gebou se
    vensters.

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                           4
                                                                    GRAAD 10

TRANSAKSIES:

1.2.1   Koop goedere op krediet van Ralefe Winkels vir R10 800 min 10%
        handelskorting.

1.2.2   Betaal R450 uit die kleinkas aan RSA Verspreiders vir goedere gelewer
        aan ŉ debiteur, S. Small. Debiteer sy rekening met die bedrag.

1.2.3   Verkoop goedere op krediet aan K. Samuels vir R4 500 en reik ŉ faktuur
        uit.

1.2.4   ŉ Drukker wat op krediet gekoop is vir kantoorgebruik van Rossouw
        Handelaars vir R2 400 in Februarie 2022 is foutief. Na bespreking met
        Rossouw Handelaars, is die drukker teruggestuur aan hulle. Geen
        inskrywing is vir hierdie transaksie gedoen nie.

1.2.5   Ontvang R3 400 van K. Abrahams (ŉ debiteur) ter vereffening van haar
        rekening van R3 500.

1.2.6   ŉ Lening terugbetaling van R44 000 aan Perm Bank, sluit rente teen 10%
        per jaar, vir een jaar in. Fondse is per EFO betaal.

                                   Totale Punte
                                        40

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                              5
                                                                             GRAAD 10

VRAAG 2: LONE EN SALARISSE                                         (50 punte ; 38 minute)

2.1 LONE – HILLTOP VERPAKKING

Hilltop Verpakking het slegs een werknemer, Jonas Shibangu. Hy word weekliks betaal.
Die inligting is ŉ uittreksel van die week geëindig 22 April 2022.

GEVRA:

Gebruik die inligting wat hieronder verskaf word om die volgende vrae te beantwoord.

     2.1.1     Noem TWEE verskille tussen salarisse en lone.                                    (4)

     2.1.2     Aan watter organisasie word LBS betaal? Skryf jou antwoord volledig uit.         (1)

     2.1.3     Wat is die verskil tussen aftrekkings en bydraes?                                (4)

     2.1.4     Bereken die totale aantal oortydure wat Jonas vir die week gewerk het.           (6)

     2.1.5     Noem die statutêre of wetlike aftrekking wat nog NIE afgetrek is van Jonas
               se loon NIE. Moenie jou antwoord afkort nie.                                     (1)

     2.1.6     Verwys na VRAAG 2.1.5. Hoeveel moes van Jonas se loon afgetrek
               geword het?                                                                      (2)

     2.1.7     Verwys na VRAE 2.1.5 en 2.1.6. Hoeveel is verskuldig aan die
               Departement van Arbeid aan die einde van die maand? (Aanvaar daar is
               vier weke in die maand.)                                                         (2)

INLIGTING

A.   Jonas se normale tyd tarief is R13,50 per uur en as hy oortyd moet werk verdien
     hy R20,25 per uur.

B.   Die volgende is ŉ uittreksel van sy lone verdien vir die week 18 tot 22 April 2022.

      Lone
      Normale tyd                                                         32 ure
      Oortyd                                                             ?
      Totale loon (normale tyd en oortyd)                              R675,00
      Aftrekkings
      Mediese fonds                                                    R125,00
      Pensioenfonds (7,5% van basiese loon)                              ?

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE                              6
                                                                         GRAAD 10

2.2 SALARISJOERNAAL

RAPID REALTORS

Rapid Realtors verkoop huise. Hulle het twee verkoopsverteenwoordigers in diens,
J. Smith en H. Sonum, wat dieselfde basiese salaris en ŉ kommissie van 0,5% verdien
vir elke huis wat hul verkoop. Kommissie word slegs verdien sodra al die dokumente vir
die verkoop deur beide die koper en die verkoper geteken is.

GEVRA:

     2.2.1   Voltooi die Salarisjoernaal vir Maart 2022 in die ANTWOORDBOEK
             voorsien.                                                                   (30)

INLIGTING

A.   Op 01 Maart het J. Smith ŉ huis vir R500 000 verkoop. Al die verkoop- en
     oordragdokumente is op 27 Maart geteken.

B.   H. Sonum het ŉ huis op 25 Maart vir R800 000 verkoop. Die dokumente is op
     05 April 2022 geteken.

C.   Beide werknemers behoort aan ŉ mediesefonds. Die totale premie betaalbaar aan
     die mediesefonds vir elke lid beloop R2 700 per maand. Rapid Realtors het
     ingestem om dubbel die bedrag wat die werknemers betaal by te dra.

D.   Pensioenfondsbydrae is 15% per maand op hul basiese salaris. Die werknemers
     betaal 7,5% terwyl die werkgewer die res bydra.

E.   WVF aftrekkings en bydraes word volgens statutêre vereistes gedoen.

                                        Totale Punte
                                             50

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                                7
                                                                              GRAAD 10

VRAAG 3: ALGEMENE JOERNAAL                                          (23 punte ; 17 minute)

3.1 Die onderstaande inligting vir Desember 2021 is geneem uit die boeke van Jevon
    Winkels. Die besigheid word deur J. Mahlangu besit.

GEVRA:

Boekstaaf die transaksies in die Algemene Joernaal vir Desember 2021, en sluit die
joernaal behoorlik af.                                                                         (23)

Verwys na die onderstaande INLIGTING:

NOTA: Joernaalbeskrywings/redes is nie nodig nie.

INLIGTING

A.      Voorlopige totale

                         Algemene Joernaal
             Debiteurekontrole       Krediteurekontrole
            Debiet      Krediet     Debiet       Krediet
             825          116         268         384

B.      Transaksies op 31 Desember 2021

(i)     ŉ Debiteur, G. Molefe, wat R2 400 skuld, is insolvent verklaar. Sy boedel betaal 40c
        uit elke rand. (Dit is reeds in die boeke van die besigheid geboekstaaf.)
        Die res moet as oninbaar afgeskryf word.

(ii)    Dra ŉ debietsaldo van R280 in M. Naude se rekening in die Debiteuregrootboek
        oor na sy rekening in die Krediteuregrootboek. M. Naude is beide ŉ klant en ŉ
        verskaffer van Jevon Winkels.

(iii)   Die eienaar, J. Mahlangu neem handelsvoorraad teen kosprys van R1 200. Die
        transaksie is nog nie geboekstaaf nie.

(iv) Die besigheid het ŉ bedrag van R35 000 van RSA Bank per EFO ontvang vir ŉ
     vaste deposito wat verval het op 31 Desember 2021. Ingesluit in die bedrag is
     rente op vaste deposito van R3 000. Die totale bedrag van R35 000 is na die Vaste
     Deposito Rekening gekrediteer. Stel die fout reg.

(v)     Goedere teruggestuur deur G. Chetty (ŉ debiteur) soos per kredietnota van R280,
        is foutiewelik na die rekening van G. Levy (ŉ debiteur) oorgeboek.

(vi) Hef rente van 6% per jaar, vir drie maande op die agterstallige rekening van
     M. Smith, hy skuld die besigheid R6 800.

                                            Totale Punte
                                                 23

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE                                8
                                                                          GRAAD 10

VRAAG 4: KREDITEURE VERSOENING EN INTERNE KONTROLE
                                               (43 punte ; 32 minute)
4.1 BLUE WATER HANDELAARS

    Die boekhouer van Blue Water Handelaars het foute gemaak met die oorboeking
    na die Krediteurekontrole Rekening op 31 Maart 2022. Die saldo in die
    Kontrolerekening het nie ooreengestem met die Krediteurelys onttrek uit die
    Krediteuregrootboek nie.

    GEVRA:

    Neem die foute en weglatings voorsien in INLIGTING C in ag en voltooi die
    volgende:

    4.1.1   Stel die korrekte Krediteurekontrole Rekening vir Maart 2022 in die
            Algemene Grootboek op. Saldeer daarna die rekening.                             (17)

    4.1.2   Stel die korrekte krediteurelys soos op 31 Maart 2022 op.                       (18)

    INLIGTING A

            ALGEMENE GROOTBOEK VAN BLUE WATER HANDELAARS

                       BALANSSTAAT REKENINGE AFDELING
   DT                        KREDITEUREKONTROLE                               B6     KT
  Mrt   31 Bank en            KBJ    34 250 Mrt      01 Saldo              a/b      4 380
           Korting
           ontvang
           Joernaal           AJ       3 290         31 Krediteure         KAJ      2 108
           debiete                                      Afslag
           Saldo              o/b    15 038             Totale             KJ      44 800
                                                        aankope
                                                        Joernaal           AJ       1 290
                                                        krediete
                                     52 578                                        52 578
                                               Apr   01 Saldo              a/b     15 038

    INLIGTING B

  KREDITEURELYS SOOS OP 31 MAART 2022
  Naam                              Debiet                           Krediet
  PE Handelaars                                                       3 890
  Together Winkels                                                    1 300
  Lindiwe Handelaars                                                  4 512
  Nommer Een Motors                                                   3 100
  Frans Verspreiders                  260
                                      260                            12 802

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                              9
                                                                          GRAAD 10

INLIGTING C

FOUTE EN WEGLATINGS

(i)     Faktuur 154 vir R1 480, ontvang van Together Winkel is oorgeboek na die
        rekening van Lindiwe Handelaars in die Hulpgrootboek.

(ii)    Die besigheid het besluit om die saldo van Frans Verspreiders na die Debiteure
        Grootboek oor te plaas. Geen inskrywing is nog gemaak nie.

(iii)   Faktuur 278 ontvang van PE Handelaars vir handelsware op krediet gekoop vir
        R2 300 is foutiewelik in die Krediteurejoernaal as R3 200 geboekstaaf.

(iv)    Die besigheid het sommige onderdele ter waarde van R860, wat aangekoop was
        vir die afleweringsvoertuig, teruggestuur aan Nommer Een Motors. Die bedrag is
        korrek geboekstaaf in die Krediteure Afslagjoernaal maar is as kredietaankope na
        die Krediteuregrootboek oorgeboek.

(v)     PE Handelaars verskaf goedere aan Blue Water Handelaars en koop ook by Blue
        Water Handelaars. Die debietsaldo van R640 in hul rekening in die
        Debiteuregrootboek moet oorgeplaas word na hul rekening in die
        Krediteuregrootboek.

4.2     INTERNE KONTROLE

        Blue Water Handelaars koop goedere op grootmaat van Lindiwe Handelaars. Die
        voorraad ontvang vanaf Lindiwe Handelaars sluit gewoonlik goedere in wat
        beskadig is of nie bestel is nie.

        Goedere aangekoop van Lindiwe Handelaars word ook laat afgelewer en Blue
        Water Handelaars het as gevolg daarvan klante verloor. Blue Water Handelaars
        het besluit om van verskaffer te verander omdat hulle geen korting van Lindiwe
        Handelaars ontvang nie.

        4.2.1   Verskaf TWEE interne kontrole maatreëls wat deur Lindiwe Handelaars
                geïmplementeer kan word om voorraad effektief te bestuur.                      (4)

        4.2.2   Stel aksies voor wat geneem behoort te word deur Lindiwe Handelaars
                om sy klante te behou. Verskaf TWEE punte.                                     (4)

                                         Totale Punte
                                               43

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                             10
                                                                          GRAAD 10

VRAAG 5: KONSEPTE, ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE BEHEER
                                              (44 punte ; 33 minute)

5.1   KONSEPTE

      Dui aan of die volgende stellings WAAR of VALS is. Skryf slegs ‘Waar’ of ‘Vals’
      langs die nommers (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDBOEK.                     (1 x 4)        (4)

      5.1.1   Volgens die historiese koste beginsel, moet handelsvoorraad wat
              aangekoop word, teen kosprys geboekstaaf word.

      5.1.2   Wanneer ŉ debiteur ŉ kredietlimiet van R10 000 het, beteken dit dat
              R10 000 die maksimum bedrag is waarvoor hy goedere en dienste op
              krediet mag koop.

      5.1.3   Die omsigtigheidsbeginsel word toegepas wanneer die besigheid
              voorsiening maak vir bekende uitgawes of verliese om oorstatering van
              wins te voorkom.

      5.1.4   Om debiteure se kredietwaardigheid te evalueer voordat goedere op
              krediet verkoop word is ŉ goeie interne kontrole maatreël wat ŉ besigheid
              toepas.

5.2   ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE KONTROLE

      Solly Groothandelaars

      Die boekhouer van Solly Groothandelaars is skielik in die hospitaal opgeneem en
      hy kon sommige van die Algemene Grootboekrekeninge vir Mei 2022 nie voltooi
      nie. Hy het die Algemene Joernaal na die Algemene Grootboekrekeninge
      oorgeboek. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 100% op kosprys.

      GEVRA:

      5.2.1   Voltooi en saldeer die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek vir
              Mei 2022:

              •     Debiteurekontrole rekening                                              (10)
              •     Handelsvoorraadrekening                                                 (16)
              •     Skryfbehoeftes                                                              (8)

      5.2.2   Die eienaar van Solly Groothandelaars het opgemerk dat sommige
              debiteure nie aan die kredietterme, soos kontraktueel met die besigheid
              ooreengekom is, voldoen nie.

              (a)    Verduidelik die betekenis van die konsep kredietterme.                     (2)

              (b)    Verskaf TWEE maatreëls wat deur die besigheid geïmplementeer
                     kan word om vroeë betalings aan te moedig.                                 (4)
                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

INLIGTING

    Totale in die Hulpjoernale vir Mei 2022:

    Kontantontvangstejoernaal
                                          Koste van  Korting  Debiteure-             Lopende
            Bank            Verkope
                                           Verkope Toegestaan kontrole               inkomste
         88 400             44 000         22 000     270       4 280                    ?

     Kontantbetalingsjoernaal
                   Handels-             Korting      Krediteure-       Lone            Skryf-
        Bank
                    voorraad            Ontvang       kontrole                       behoeftes
       65 350        27 900               620          36 510            ?             1 620

     Debiteurejoernaal
       Verkope        Koste van
                       Verkope
        12 800          6 400

     Debiteure Afslagjoernaal
           Debiteure Afslag                Koste van
                                            Verkope
                    1 200                     600

     Krediteurejoernaal
        Krediteure-                                  Skryf-        Verpakkings-        Diverse
                             Handelsvoorraad
          kontrole                                 behoeftes        materiaal         Rekeninge
           58 400                25 990              1 500            2 300               ?

     Krediteure Afslagjoernaal
       Krediteure-                                         Verpak-       Diverse
                         Handels-             Skryf-
         kontrole                                           kings-      Rekeninge
                         voorraad           behoeftes
                                                           materiaal
            6 900             4 800            175             ?             1 155

     Kleinkasjoernaal
                             Handels-       Debiteure-      Skryf-       Diverse
         Kleinkas
                             voorraad        kontrole     behoeftes     Rekeninge
             960               380             280           150            ?

                                         Totale Punte
                                              44

                                                                                  TOTAAL:        200

                                            EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

 GRAAD 10 REKENINGKUNDE – FINANSIËLE AANWYSERS – FORMULEBLAD
Bruto wins   100        Bruto wins       100            Netto wins        100
           X                           X                              X
 Verkope      1      Koste van verkope    1              Verkope           1

   Bedryfsuitgawes   100                         Bedryfswins   100
                   X                                         X
      Verkope         1                           Verkope       1

  Bedryfsbates : Bedryfslaste          (Bedryfsbates - Voorraad) : Bedryfslaste

 (Handels- en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

         Netto wins      100
                       X                         Totale bates : Totale laste
      Eienaarsekwiteit    1

## Related documents

- [Gr10 ACC P1 (ENG) June 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-eng-june-2022-answer-book/12b7b012-cbb3-4fbb-9dae-80ef64cd70a8) — Accounting · Addendum · 2022 · Eng
- [Gr10 ACC P1 (AFR) June 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afr-june-2022-answer-book-1/bf1239c7-529d-4af5-b10c-5a3797615abc) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr10 ACC P1 (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afr-june-2022-possible-answers/1560e15b-6c60-4b9f-bc10-e974572f3385) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ACC P1 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-eng-june-2022-possible-answers/a72a59e7-e519-4c3f-8851-03448ef5820a) — Accounting · Memo · 2022 · Eng
- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/97fa7309-0e74-4aa6-8644-2bd11066f044) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [Gr 10 Accounting P2 (English) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-english-november-2022-question-paper/c5fa31d1-34ef-4bb7-adc7-bd5a8d2cb943) — Accounting · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Accounting P1 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-1/3312807c-6e7e-4245-94b1-2ab99c2d85b9) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-2/5e4e6d3c-6636-4866-91a5-260e70a7da2d) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2/3383a451-2987-495f-a231-c33f8e26ed72) — Memo · 2026 · Eng
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
