# Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                            PROVINSIALE EKSAMEN
                             NOVEMBER 2020
                                 GRAAD 10

                              REKENINGKUNDE
                                VRAESTEL 1

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

9 bladsye + 1 formuleblad

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                   2
                                                      VRAESTEL 1  GRAAD 10

INSTRUKSIES

1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is.

2. ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers word voorsien aan die einde van die
   vraestel. Jy mag dit gebruik indien nodig.

3. Toon alle berekeninge waar van toepassing om deelpunte te verdien.

4. Lees alle instruksies noukeurig.

5. Probeer ten alle tye om by die aanbevole tydsduur te hou.

6. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

7. Skryf netjies en leesbaar.

8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die vraestel
   beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.

                           VRAAG 1: 43 punte; 34 minute
 Onderwerp:                          Hierdie vraag integreer:
                                       AARP Konsepte
 Konsepte en transaksie ontleding
                                       Transaksie ontleding

                           VRAAG 2: 42 punte; 33 minute
 Onderwerp:                          Hierdie vraag integreer:

 Inkomstestaat                         Inkomstestaat vir ŉ eenmansaak

                           VRAAG 3: 27 punte; 23 minute
 Onderwerp:                          Hierdie vraag integreer:
                                       Balansstaat Nota
 Balansstaat, Nota en Etiek            Balansstaat vir ŉ eenmansaak
                                       Etiek

                           VRAAG 4: 38 punte; 30 minute
 Tema van vraag:                     Hierdie vraag integreer:

 Ontleding en vertolking               Ontleding en vertolking van finansiële state

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                     3
                                                     VRAESTEL 1  GRAAD 10

VRAAG 1: AARP KONSEPTE EN TRANSAKSIE ONTLEDING
                                                                      (43 punte; 34 minute)
1.1   KONSEPTE

      Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommer (1.1.1 Onwaar) in die ANTWOORDBOEK.

      1.1.1     Die historiese kostebeginsel beteken dat vaste bates
                geboekstaaf word teen kosprys in die finansiële rekords van die
                besigheid.

      1.1.2     Die paringsbeginsel verwys na die opstel van finansiële state
                sodat inkomstes verdien en uitgawes aangegaan in ŉ spesifieke
                jaar in berekening gebring word.

      1.1.3     Die verstandige konsep verwys na die verkoop van voorraad
                teen die laagste moontlike prys.

      1.1.4     Die besigheidsentiteitsbeginsel beteken dat die finansiële sake
                van die eienaar van ŉ besigheid moet funksioneer as ŉ aparte
                finansiële entiteit as die besigheid.                      (4 x 1)      (4)

1.2   TRANSAKSIE ONTLEDING

      Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte in die
      ANTWOORDBOEK voorsien. Die besigheid gebruik ŉ winsgrens van
      60% op kosprys.
      Veronderstel dat die bank saldo oortrokke is vir alle transaksies.
      Byvoorbeeld: Koop toerusting op skuld, R 6 000.

                Bron-     Rekening       Rekening
      Nr.                                                  B          E        L
              dokument    gedebiteer    gekrediteer
      bv.     Oorspronk- Toerusting     Krediteure      + 6 000   0         + 6 000
              like faktuur              kontrole
      TRANSAKSIES:
      1.2.1     Koop skryfbehoeftes vir R1 000 en betaal per tjek.
      1.2.2     Ontvang ŉ tjek vir R4 950 vanaf ŉ debiteur om haar rekening
                van R5 000 te vereffen.
      1.2.3     Verkoop goedere kontant, die kosprys is R2 000.
      1.2.4     Die eienaar trek ŉ tjek vir R650 en neem handelsvoorraad teen
                kosprys van R950 vir eie gebruik.
      1.2.5     Stuur beskadigde goedere ter waarde van R460 terug aan die
                verskaffer.                                                            (39)

                                                                                      43

                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                       4
                                                    VRAESTEL 1  GRAAD 10

VRAAG 2: INKOMSTESTAAT                                     (42 punte; 33 minute)

Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel vanaf die rekords van VeeLee
Versamelaars, hul finansiële jaar eindig op 31 Desember 2019. Die besigheid
gebruik ŉ winsgrens van 60% op kosprys.

Voltooi die volgende finansiële state van VeeLee Versamelaars vir die jaar
geëindig 31 Desember 2019.

GEVRA:

Berei die Inkomstestaat                                                                 (42)

INLIGTING

UITTREKSEL VANAF PROEFBALANS OP 31 DESEMBER 2019

 Balansstaat-rekeninge afdeling                              Debiet          Krediet
 Grond en geboue                                              340 000
 Onttrekkings                                                 147 460
 Voertuie                                                     211 800
 Toerusting                                                   100 000
 Opgelope waardevermindering op voertuie                                       40 000
 Opgelope waardevermindering op toerusting                                     20 000
 Vaste Deposito: ABC Bank (10% p.j.)                            40 000
 Handelsvoorraad                                                 6 580
 Debiteurekontrole                                              12 000
 Lening: Royal Bank (19% p.j.)                                                 90 000
 Nominale rekeninge-afdeling
 Verkope                                                                      400 380
 Koste van verkope                                             240 000
 Debiteure afslag                                                1 980
 Water en elektrisiteit                                          4 950
 Advertensies                                                    5 900
 Versekering                                                     3 890
 Huurinkomste                                                                  20 800
 Voertuig herstelwerk                                            3 300
 Kommissie inkomste                                                            19 000
 Skryfbehoeftes                                                  4 520
 Verpakkingsmateriaal                                            2 110
 Rente op vaste deposito                                                        2 000

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                 5
                                                       VRAESTEL 1  GRAAD 10

AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING

1.    Die eienaar het voorraad ter waarde van R1 072 (verkoopprys) geneem
      voordat die fisiese voorraadopname gedoen is. Hierdie transaksie is nog nie
      geboekstaaf nie.

2.     Volgens die fisiese voorraadopname, is die volgende voorhande aan die
       einde van jaar.

           Handelsvoorraad                R4 300
           Skryfbehoeftes                 R 950
           Verpakkingsmateriaal           R 340

3.     ŉ Bedrag van R11 800 betaal vir herstelwerk aan een van die voertuie is
       teen die Voertuie rekening gedebiteer. Herstel die fout.

4.     Die water en elektrisiteitsrekening vir Desember 2019 is ontvang maar nog
       nie betaal nie. Die uitstaande bedrag is R450.

5.     Die bedrag van versekering sluit ŉ bedrag van R800 wat vooruitbetaal is vir
       die volgende finansiële jaar.

6.     Advertensies sluit ŉ bedrag in van R1 400 vir ŉ vier maande kontrak. Die
       kontrak is vir die periode 1 November 2019 tot 28 Februarie 2020.

7.     Voorsien vir uitstaande rente op vaste deposito.

8.     Die volgende leningstaat is ontvang vanaf Royal Bank:

           Saldo op 01 Januarie 2019                                R 130 000
           Rente gekapitaliseer                                             ?
           Terugbetalings gedurende die jaar, rente ingesluit          40 000
           Saldo op 31 Desember 2019                                  105 000

9.     Waardevermindering moet bereken word as volg op 31 Desember 2019:
       Toerusting: 10% op kosprys en voertuie: 15% op verminderde saldo
       metode.

10.    Huur is ontvang vir 13 maande.

11.    ŉ Bedrag van R1 000 is nog uitstaande vir kommissie inkomste op
       31 Desember 2019.
                                                                                     42

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                      6
                                                     VRAESTEL 1  GRAAD 10

VRAAG 3: BALANSSTAAT EN ETIEK                               (27 punte; 23 minute )

Jy word voorsien met ŉ uittreksel vanaf die finansiële rekords van Egoli
Verskaffers. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie 2020.

GEVRA:

3.1    Voltooi die nota vir Handels- en ander krediteure.                                   (8)

3.2    Berei die Ekwiteite en Laste Afdeling van die Balansstaat voor. Waar
       notas nie gevra word nie, toon berekeninge in hakies om deelpunte te
       verdien.                                                                         (13)

INLIGTING:

A     UITTREKSEL VAN SALDO’S EN TOTALE OP 30 JUNIE 2020

      BALANSSTAAT-REKENINGE AFDELING                              DEBIET       KREDIET
      Kapitaal (1 Julie 2019)                                                    409 000
      Onttrekkings                                                   140 000
      Grond en Geboue                                                680 000
      Debiteurekontrole                                              126 000
      Lening: Bank van Suid-Afrika (30 Junie 2020)                               400 000
      Krediteurekontrole                                                             38 500
      Oortrokke Bank                                                                  3 200
      Opgelope inkomste                                                3 400
      Opgelope uitgawes                                                               4 200
      Vooruitontvange inkomste                                                        3 600
      Vooruitbetaalde uitgawes                                         3 900
      Krediteure vir salarisse                                                       12 300
      SAID – LBS                                                                      5 300
      Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)                                            4 800

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                        7
                                                    VRAESTEL 1  GRAAD 10

B     ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS

A     Nadat alle aansuiwerings in berekening gebring is, bedra die korrekte netto wins
      R245 000.

B     ŉ Debiteur met ŉ kredietsaldo van R650 moet oorgedra word na krediteure.

C     Op 30 Junie 2020, het die eienaar sy kapitaalbydrae verhoog deur ŉ voertuig ter
      waarde van R80 000 na die besigheid te bring.

D     Die besigheid beplan om ŉ kwart van die uitstaande lening in die volgende finansiële
      jaar te betaal.

E     ŉ Debiteur, AK Khumalo het R1 700 in die besigheid se lopende bankrekening
      gedeponeer.

3.2   ETIEK

      Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.

      Wendy Mokoena, ŉ vorige werknemer van Diane Handelaars, is onlangs afgedank.
      Die bestuur het aangevoer dat die huidige ekonomiese toestand en verlaging in die
      winste die besluit onvermydelik gemaak het.

      Sy het die WVF kantoor gekontak waartoe sy die afgelope 5 jaar bygedra het vanaf
      haar indiensneming by Diane Handelaars om haar voordeel in te vorder. Hierdie
      aftrekkings reflekteer ook op al haar salarisstrokies. Sy is meegedeel dat geen
      bydraes vanaf Diane Handelaars ontvang is vir die afgelope 11 maande nie.

GEVRA:

       3.3.1    Watter advies sal jy aan Wendy gee? Voorsien TWEE punte.                 (4)

       3.3.2    Voorsien EEN stap wat teen die werkgewer geneem kan word
                wat nie die WVF oorbetaal het nadat die geld van haar
                werknemers se salarisse afgetrek is nie.                                 (2)

                                                                                          27

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                     8
                                                    VRAESTEL 1  GRAAD 10

VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                                    (38 punte; 30 minute)

Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Mabena Winkel, hul finansiële jaar
eindig in Desember elke jaar. Die eienaar is David Mabena.

GEVRA:

4.1    Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2019 met verwysing na
       INLIGTING A en B. Bereken jou antwoorde tot een desimale plek.

       4.1.1     Bruto wins op omset                                                        (3)

       4.1.2     Bruto wins op koste van verkope                                            (4)

       4.1.3     Die opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang                                  (5)

       4.1.4     Bedryfsverhouding                                                          (4)

       4.1.5     Vuurproefverhouding                                                        (4)

       4.1.6     Beantwoord die volgende vrae:

                 A     Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van Mabena
                       Winkels vir 2019. Kwoteer TWEE finansiële aanwysers.                 (6)

                 B     Die besigheid het nie sy voorgenome winsgrens van 100%
                       op kosprys gehandhaaf nie. Verduidelik in TWEE punte
                       hoekom die beoogde resultate nie bereik is nie.                      (4)

                 C     Gee TWEE redes en verduidelik waarom handelsvoorraad
                       afgetrek word om die vuurproefverhouding te bereken.                 (4)

                 D     Moet Mabena gelukkig wees met die opbrengs op haar
                       belegging? Verduidelik en kwoteer relevante finansiële
                       aanwysers.                                                           (4)

                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

INLIGTING A
Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Desember   2019          2018
Verkope                                            124 000      109 000
Koste van verkope                                         ?     (63 000)
Bruto wins                                           55 000       46 000
Ander bedryfsinkomste                                 7 000        6 000
Bedryfsuitgawes                                    (40 000)     (35 000)
Bedryfswins voor rente betaal                        22 000       17 000
Rente betaal                                        (2 000)      (2 000)
Netto wins vir die jaar                              20 000       15 000

INLIGTING B
Balansstaat soos op 31 Desember                   2019          2018
Eienaarsbelang                                     200 000      206 000
Vaste Bates                                        170 000      190 000
Voorraad (slegs Handelsvoorraad)                    18 000       26 000
Handels- en ander debiteure                         19 000       23 000
Kontant- en kontantekwivalente                       3 000        1 000
Lening: FSB Bank                                    80 000      100 000
Vaste Deposito                                      80 000       80 000
Handels- en ander krediteure                        10 000       14 000

INLIGTING C
Finansiële aanwysers soos op 31 Desember          2019          2018
Bruto wins op omset                                 ?             42%
Bruto wins op koste van verkope                     ?             73%
Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang               ?            7,8%
Bedryfsverhouding                                   ?           3,6 : 1
Vuurproefverhouding                                 ?           2,1 : 1
Rentekoers op vaste deposito                       7%            7.5%

                                                                                 38

                                                              TOTAAL:      150

                                        EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

GRAAD 10: REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

   Bruto wins 100                Bruto wins       100       Netto wins voor belasting 100
             x                                  x                                    x
    Verkope    1              Koste van verkope    1                Verkope            1

      Bedryfsuitgawes 100                               Bedryfswins 100
                     x                                             x
         Verkope       1                                 Verkope     1

    Bedryfsbates: Bedryfslaste               (Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste)

     (Handel- en ander ontvangbares + Kontant- en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

        Netto wins    100
                    x                               Totale bates: Totale laste
      Eienaarsbelang 1

## Related documents

- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/c7540050-925b-4917-b3fa-2dbf55983458) — Accounting · Addendum · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087) — Accounting · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
