# Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2018
                          GRAAD 10

                       REKENINGKUNDE
                         VRAESTEL 1

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

11 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                          2
                                                Vraestel 1                GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          REKENINGKUNDE

                                                          TYD: 2 uur
                                                          PUNTE: 150

INSTRUKSIES

  1. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien.

  2. Toon alle berekeninge waar toepaslik om deelpunte te verdien.

  3. Lees alle instruksies sorgvuldig.

  4. Probeer ten alle tye om binne die voorgeskrewe tye te hou.

  5. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

  6. Skryf netjies en leesbaar.

      VRAAG                          TEMA                         PUNTE      TYD

          1       Transaksie ontleding                             22      18 minute
          2       Begrippe en Debiteure Grootboek                  15      11 minute
          3       Inkomstestaat                                    52      42 minute
          4       Notas en Balansstaat                             36      29 minute
          5       Ontleding en vertolking                          25      20 minute

      TOTAAL                                                       150    120 minute

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                        3
                                         Vraestel 1                GRAAD 10

                       VRAAG 1: 22 punte; 18 minute
Tema van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
Transaksie ontleding     Transaksie ontleding van ŉ eenmansaak

                      VRAAG 2: 15 punte; 11 minute
Tema van die vraag:     Hierdie vraag integreer:
Begrippe en Debiteure   Begrippe
Grootboek               Debiteure transaksies

                    VRAAG 3: 52 punte; 42 minute
Tema van die vraag:   Hierdie vraag integreer:
Inkomstestaat         Inkomstestaat van ŉ eenmansaak

                     VRAAG 4: 36 punte; 29 minute
Tema van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                       Notas tot die Finansiële State;
Notas en Balansstaat   Balansstaat: Ekwiteite en Laste Afdeling;
                       Etiek

                        VRAAG 5: 25 punte; 20 minute
Tema van die vraag:       Hierdie vraag integreer:
Ontleding en vertolking   Ontleding en vertolking van finansiële state

                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                             REKENINGKUNDE                        4
                                                             Vraestel 1             GRAAD 10

VRAAG 1: TRANSAKSIE ONTLEDING                                            (22 punte ; 18 minute)

INLIGTING:

      Andile Makotsi is die eienaar van AM Winkels. AM Winkels verkoop mansklere. Andile
      gebruik ŉ vaste winsgrens van 65% op alle goedere verkoop.
      Hy het ook ŉ kleremaker in diens geneem om verstelwerk vir kliënte te doen. Hy
      gebruik ŉ Fooi-inkomste rekening om alle verstelwerk wat gedoen word te boekstaaf.

GEVRA:

           Analiseer die volgende DRIE transaksies volgens die voorbeeld in die
            ANTWOORDBOEK.
           Veronderstel dat die bank ŉ voordelige saldo het vir alle transaksies.

VOORBEELD:

Bv.       Koop skryfbehoeftes vanaf XY Skryfbehoeftes vir R800 en betaal per tjek

TRANSAKSIES

1.1       Koop hemde op skuld vanaf Siva Handelaars vir R35 000 minus 10% handelskorting

1.2       Kontantverkope van handelsware, R14 355

1.3       Vra Madhav R350 vir verstelwerk aan broeke. Madhav het onderneem om die bedrag
          aan die einde van die maand te betaal.

VRAAG 2 : BEGRIPPE EN DEBITEURE GROOTBOEK                                (15 punte ; 11 minute)

2.1 BEGRIPPE

Kies die korrekte woord(e) in KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf
                                                                                                      (4)
slegs die letter (A – D) langs die nommer (2.1.1 – 2.1.4) in die ANTWOORDBOEK.

                        KOLOM A                                     KOLOM B

 2.1.1       Die maksimum tydsduur wat ŉ debiteur             A   Oninbare skulde
             toegestaan word om sy skuld te vereffen
 2.1.2       Debiteure se rekeninge afgeskryf, wat            B   Kredietlimiet
             moontlik nie hulle rekeninge sal vereffen nie
 2.1.3       Die maksimum bedrag wat debiteure                C   Kredietbeheer
             toegestaan word om goedere op skuld te
             koop
 2.1.4       Is beleide en prosedures wat beoog om die        D   Kredietterme
             beheer uit te oefen om krediet toe te staan

                                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                         5
                                                   Vraestel 1               GRAAD 10

2.2 DEBITEURE GROOTBOEK
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Dlomo Winkels vir April 2018. Dlomo
Winkels staan debiteure 30 dae toe om hul skulde te betaal. Indien ŉ debiteur
agterstallig is, sal rente teen 6% per maand gehef word.

GEVRA:

Berei die Debiteure Grootboek rekening van M. Smart vir Mei 2018 voor.                   (11)

INLIGTING:

01    Saldo aan die begin van die maand, R7 000

05    Verkoop goedere op skuld aan M. Smart vir R5 000. Reik faktuur nr.101 uit.

10    Ontvang ŉ betaling van R6 800 ter volle vereffening van sy rekening vir die
      bedrag verskuldig op 1 Mei, reik kwitansie nr. 4002 uit.

15    Reik kredietnota nr. 12 uit vir R900 vir goedere teruggestuur

20    Die bank stuur die tjek wat op 10 April 2018 ontvang is terug, gemerk “V/T –
      onvoldoende fondse”.

25    Belas M. Smart rente vir een maand op die beginsaldo

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                         6
                                                Vraestel 1                GRAAD 10

VRAAG 3: INKOMSTESTAAT                                       (52 punte ; 42 minute)

Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Romeo Handelaars. Hul
finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. Romeo Handelaars gebruik ŉ winsgrens
van 100% vir alle goedere verkoop.
GEVRA:
Berei die Inkomstestaat van Romeo Handelaars voor vir die jaar geëindig
28 Februarie 2018.                                                                    (52)

INLIGTING:

ROMEO HANDELAARS
UITTREKSEL UIT DIE VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS: 28/02/2018
                                                       DEBIET    KREDIET
BALANSSTAAT-REKENINGE AFDELING
Kapitaal                                                           570 000
Onttrekkings                                              68 090
Grond en Geboue                                          480 000
Voertuie teen drawaarde                                  180 000
Toerusting teen drawaarde                                 75 000
Lening: Pretor Bank                                                120 000
Handelsvoorraad                                           38 000
Verbruiksgoedere voorhande – skryfbehoeftes (1/3/2017)       300
Debiteurekontrole                                         29 380
Bank                                                      17 060
Wisselgeld                                                   500
Kleinkas                                                   1 200
Krediteurekontrole                                                  55 500
NOMINALE-REKENINGE AFDELING
Verkope                                                            625 850
Koste van verkope                                        309 000
Debiteure-afslag                                          17 850
Korting ontvang                                                      9 000
Korting toegestaan                                         1 800
Salarisse en lone                                        120 900
Advertensies                                               5 600
Oninbare skulde                                            1 035
Huurinkomste                                                        22 200
Bankkoste                                                  1 210
Versekering                                               16 000
Telefoon                                                   4 425
Skryfbehoeftes                                             1 800
Diverse uitgawes                                           3 400
Water en elektrisiteit                                    24 000
Rente op vaste deposito                                              5 000
Rente op lening                                           11 000
                                                             1 407 550    1 407 550

                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                         7
                                                  Vraestel 1                 GRAAD 10

AANSUIWERINGS:

 1.   Die verkope van goedere op skuld aan MK Jonas vir R4 500, is nie
      geboekstaaf nie.
 2.   ŉ Kredietnota uitgereik aan J Robbie vir goedere teruggestuur is nie
      geboekstaaf nie. Die kosprys van die goedere was R7 500.
 3.   Die eienaar het goedere ter waarde van R5 200 (teen kosprys) aan die
      ouetehuis geskenk. Die transaksie is nie geboekstaaf nie.
 4.   Die rekenmeester van Romeo Handelaars het nie die skryfbehoeftes
      voorhande van die vorige jaar teruggeskryf nie.
 5.   ŉ Fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2018 toon die volgende:

      Handelsvoorraad       R29 000
      Skryfbehoeftes          R800
 6.   B. Dillyn, ŉ debiteur, wat Romeo Handelaars R7 000 skuld, word insolvent
      verklaar. Hy het R2 100 in die besigheid se bankrekening gedeponeer, die res
      moet afgeskryf word.

 7.   Waardevermindering van R16 350 moet nog in berekening gebring word.
 8.   Huur is ontvang tot einde April 2018. Neem in aanmerking dat die huur met
      10% vanaf 1 September 2017 verhoog is.
 9.   Die betaling vir advertensies was ŉ betaling vir twee advertensies. Een van die
      advertensies gaan eers in Maart in die koerant verskyn.

10.   ŉ Debiteur het R760 in die bankrekening gedeponeer. Sy rekening was vroeër
      as oninbaar afgeskryf.

11.   Die bankstaat ontvang vanaf die bank reflekteer die volgende:
       Diensgelde                        R1 470
       Rente op lopende rekening         R1 300
12.   Water en elektrisiteit vir Februarie 2018 gaan eers in Maart 2018 betaal word,
      R1 300.
13.   Versekering sluit ŉ bedrag van R4 200 in vir die jaarlikse versekeringspremie
      wat betaal moet word op die 1ste Junie elke jaar.

                                                                                        b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                            8
                                                    Vraestel 1              GRAAD 10

VRAAG 4: BEGRIPPE, NOTAS EN BALANSSTAAT                          (36 punte ; 29 minute)

4.1     BEGRIPPE

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs „waar‟ of „onwaar‟
langs die vraagnommers (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDBOEK.

        4.1.1    Opgelope uitgawes is uitgawes wat aangegaan word deur die
                 besigheid en wat aan die einde van die finansiële jaar betaal word.

        4.1.2    Die lening wat binne die volgende 12 maande betaalbaar is, word
                 geklassifiseer as ŉ bedryfslas op die Balansstaat.

        4.1.3    Solvensie is die vermoë van die besigheid om sy uitstaande skuld te
                 betaal wanneer dit betaalbaar is.

        4.1.4    ŉ Kredietsaldo van die bankrekening sal verminder word wanneer ŉ
                                                                                          (1 x 4)
                 betaling aan krediteure gemaak word.

4.2     NOTAS EN BALANSSTAAT

Onderstaande is ŉ uittreksel vanaf die Na-Afsluitingsproefbalans van Baba Winkeliers
op 28 Februarie 2018. Baba Winkeliers het ŉ onervare boekhouer gehuur gedurende
die jaar en die onderstaande aansuiwerings is nog nie in berekening gebring nie.

GEVRA:

4.2.1   Berei die volgende notas tot die finansiële state:

        (a)      Eienaarsbelang                                                            (04)

        (b)      Handels- en ander krediteure                                              (18)

4.2.2   Berei die Ekwiteite en Laste afdeling van die Balansstaat vir Baba Winkeliers
        op 28 Februarie 2018 voor.                                                         (10)

        (Waar notas nie gevra word nie, toon berekeninge om deelpunte te
        verdien.)

                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                        9
                                                   Vraestel 1               GRAAD 10

INLIGTING:

                                  BABA WINKELIERS
      UITTREKSEL UIT NA-AFSLUITINGSPROEFBALANS OP ON 28 FEBRUARIE 2018
                                                               DEBIET       KREDIET
BALANSSTAAT-REKENINGE AFDELING
Lening: BNB Bank                                                                    ?
Verbruiksgoedere voorhande                                         3 000
Debiteurekontrole                                                 38 000
Opgelope inkomste                                                  1 800
Opgelope uitgawes                                                              2 300
Vooruitbetaalde uitgawes                                            2 400
Vooruitontvange inkomste                                                       4 700
Oortrokke bank                                                                29 000
Krediteurekontrole                                                            23 400

AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:

 1.     Die netto wins bereken in die Inkomstestaat bedra R397 695.

 2.     Die eienaar het sy kapitaalbydrae gedurende die jaar met R70 000 verhoog.
 3.     Die eienaar het R25 000 gedurende die finansiële jaar onttrek.
 4.     ŉ Debiteur met ŉ kredietsaldo van R900 moet oorgedra word na krediteure.
 5.     Die volgende hou verband met die lening vanaf BNB Bank.

         Saldo op 1 Maart 2017                                 60 000
         Terugbetalings sluit rente in                         21 000
         Rente                                                  7 000
         Saldo op 28 Februarie 2018                                 ?

        Betalings van R14 000 op lening sal gedoen word gedurende die volgende
        finansiële jaar.

                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE                       10
                                              Vraestel 1              GRAAD 10

6.   J Smith het as werknemer op 1 Februarie 2018 by Baba Winkeliers begin. Die
     finansiële afdeling het hom per ongeluk nie ingesluit by die betaallys vir
     Februarie nie. Die besonderhede van sy salaris is as volg:

      Bruto salaris                          15 000
      Aftrekkings:
           LBS                                3 500
           Pensioenfonds                      1 500
           Mediese fonds                      2 000
           WVF                                  150
      Netto salaris                           7 850

     Die besigheid dra ook by tot die:

     Pensioenfonds : 7.5% van bruto
     Mediese fonds : Vir elke R1, dra die besigheid R1.50.
     WVF           : Op ŉ Rand-tot-Rand basis

     NOTA: Die Inkomstestaat is alreeds aangesuiwer.

                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                           11
                                                  Vraestel 1                GRAAD 10

VRAAG 5: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                                                 (25 punte ; 20 minute)

Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel uit die boeke van Simona Handelaars. Hul
finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018.
GEVRA:

5.1    Bereken die Bedryfskapitaalverhouding vir 2018.                                     (5)

5.2    Bereken die vuurproefverhouding vir 2018                                            (4)

5.3    Lewer kommentaar of die besigheid sy korttermyn verpligtinge sal kan nakom.
       Dui syfers aan.                                                                     (4)

5.4    Bereken die persentasie bedryfsuitgawes op verkope vir 2018. Lewer
       kommentaar oor die beheer oor bedryfsuitgawes. Gebruik syfers om jou
       antwoord te staaf.                                                                  (5)

5.5    Gebruik die syfers voorsien en bereken die opbrengs op gemiddelde
       eienaarsbelang.
       Moet Simona tevrede wees met die opbrengskoers?                                     (7)

 Inligting uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2018
 Verkope                                                                   760 000
 Koste van verkope                                                       (570 000)
 Ander bedryfsinkomste                                                      18 200
 Bedryfsuitgawes                                                           146 260
 Netto wins                                                                 61 900

 Inligting uit die Balansstaat op 28 Februarie 2018
 Vaste Bates                                                               397 000
 Vaste Deposito: Bank van Tshwane (9% p.j.)                                 10 000
 Voorraad                                                                   35 200
 Handels- en ander debiteure                                                47 000
 Kontant- en kontantekwivalente                                             13 000
 Eienaarsbelang (begin van die jaar)                                       390 000
 Eienaarsbelang (einde van die jaar)                                       420 000
 Langtermyn lening                                                          80 000
 Handels- en ander krediteure                                               21 000

FINANSIËLE AANWYSERS OP 28 FEBRUARIE 2017:

 Bedryfskapitaal verhouding                        2,9 : 1
 Vuurproefverhouding                               1,2 : 1
 Persentasie bedryfsuitgawes op verkope            27,2%
 Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang             25,5%

                                                                                 TOTAAL: 150
                                            EINDE

## Related documents

- [Gr10 Acc (Afrikaans) November 2016 Answers Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-november-2016-answers-book/b61ef1af-f766-4801-ac70-b996a2c50e47) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-november-2016-question-paper/f3e0d42c-73f8-4c83-9901-d3bb4d25ebd4) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) November 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-november-2016-possible-answers/fe6b6d8f-dc85-46a7-8287-5886f9accf2a) — Accounting · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754) — Accounting · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
