# Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/c7540050-925b-4917-b3fa-2dbf55983458) — Addendum · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                       NOVEMBER 2020
                          GRAAD 10

                        REKENINGKUNDE
                          VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

10 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE               2
                                                      VRAESTEL 2  GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig en volg dit presies.

1. Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien.

2. Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

3. Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

4. Jy mag swart/blou ink gebruik om die vrae te beantwoord.

5. Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.

6. Skryf netjies en leesbaar.

7. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as riglyn om die vraestel te
   beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                                 VRAAG 1: 45 punte; 36 minute
         Onderwerp:                Hierdie vraag integreer:
         Konsepte en Algemene      Konsepte
         Grootboekrekeninge        Algemene Grootboek Rekeninge

                                 VRAAG 2: 46 punte; 37 minute
         Onderwerp:                Hierdie vraag integreer:
         Debiteure rekonsiliasie   Debiteure kontrole rekening
         Interne kontrole          Debiteurelys
                                   Interne kontrole aangaande debiteure

                                 VRAAG 3: 39 punte; 31 minute
         Onderwerp:                Hierdie vraag integreer:
         Konsepte en               Konsepte
         Vaste Bates               Vaste Bate Register
                                   Waardevermindering op Vaste Bates
                                   Vaste Bate Nota

                                 VRAAG 4: 20 punte; 16 minute
         Onderwerp:                Hierdie vraag integreer:
         Interne kontrole en Etiek Kontrole op Vaste Bates
                                   Kontrole op Voorraad
                                   Etiek aangaande bates

                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                 3
                                                         VRAESTEL 2  GRAAD 10

VRAAG 1: KONSEPTE EN ALGEMENE GROOTBOEKREKENINGE

                                                              (45 punte : 36 minute)

1.1     KONSEPTE

        Kies die antwoord vanaf die lys en voltooi elke onderstaande stelling.
        Skryf slegs die antwoord langs die vraag nommer (1.1.1 tot 1.1.5)
        in die ANTWOORDBOEK.

        verkoopprys             kosprys            inkomste      uitgawe

        oorspronklike faktuur        duplikaat faktuur   kredietnota

        1.1.1   Verkope syfers word gesien as ŉ ... .

        1.1.2   Goedere verkoop word altyd geboekstaaf teen ... prys in die
                Handelsvoorrad rekening.

        1.1.3   Handelsvoorraad as ŉ donasie geskenk deur die besigheid word
                gesien as ŉ ... .

        1.1.4   Die brondokument gebruik om kredietaankope te boekstaaf is die ... .

        1.1.5   Die brondokument gebruik om kredietverkope te boekstaaf is die ... .
                                                                             (5 x 1)    (5)

1.2     ALGEMENE GROOTBOEKREKENINGE

        Jy word voorsien met inligting aangaande Molefi Handelaars vir Junie 2020.
        Die besigheid koop en verkoop huishoudelike benodighede vir kontant en op
        skuld. Die besigheid is in Gauteng geleë en hul finansiële jaar eindig op
        30 Junie. Die besigheid se winsgrens is 60% op kosprys.

        GEVRA:

        Voltooi en balanseer die volgende Algemene Grootboek rekeninge vir Junie
        2020:

        1.2.1   Handelsvoorraad                                                        (23)

        1.2.2   Krediteurekontrole                                                     (17)

INLIGTING A:

Saldo’s op 1 Junie 2020 in die Algemene Grootboek

       Handelsvoorraad            R87 600
       Krediteurekontrole         R38 900

                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                 4
                                                    VRAESTEL 2  GRAAD 10

INLIGTING B:

Totale in die hulpjoernale op 30 Junie 2020

       Kontantontvangstejoernaal
         Bank     Verkope Koste van         Debiteurekontrole          Diverse
                            verkope       Ontvangste   Korting        rekeninge
        R68 200 R42 000     R26 250        R18 400      R600             R?

       Kontantbetalingsjoernaal
         Bank     Handels- Debiteure           Krediteurekontrole     Diverse
                  voorraad    kontrole        Betalings   Korting    rekeninge
        R44 300    R4 600      R1 800         R22 620      R980         R?

       Debiteurejoernaal
       Verkope                     Koste van verkope
       R18 400                     R?

       Debiteuretoelaejoernaal
       Debiteuretoelae             Koste van verkope
       R1 800                      R1 125

       Krediteurejoernaal
       Krediteure- Handels-      Skryfbehoeftes Toerusting          Diverse
       kontrole     voorraad                                        rekeninge
       R?           R12 800      R4 400              R8 900         R3 100

       Krediteuretoelaejoernaal
       Krediteure- Handels-     Skryfbehoeftes Toerusting           Diverse
       kontrole     voorraad                                        rekeninge
       R2 800       R800        R300           R1 200               R?

                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                    5
                                                   VRAESTEL 2  GRAAD 10

       Kleinkasjoernaal
       Kleinkas    Handels-       Skryfbehoeftes        Lone             Diverse
                   voorraad                                             rekeninge
        R1 260       R260              R400             R380              R220

       Algemene Joernaal
       Debiteurekontrole            Krediteurekontrole
         Debiet       Krediet          Debiet       Krediet
         R1 490        R890            R780          R1 420

INLIGTING C:

Die rekenmeester het nie die volgende transaksies in die Algemene Joernaal
geboekstaaf nie:

   Die eienaar neem goedere vir R1 650 teen kosprys vir eie gebruik.

   Daar is ontdek dat goedere op skuld gekoop vir R3 200, verkeerd as
    skryfbehoeftes geboekstaaf is

Nota: boekstaaf die transaksies direk in die Algemene Grootboek rekeninge.          45

                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                      6
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 10

VRAAG 2: DEBITEURE REKONSILIASIE                               (46 punte : 37 minute)

Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Stephan Winkels.

GEVRA:

2.1     Beantwoord die volgende vrae:

        2.1.1    Hoekom moet die Debiteurekontrole en die Debiteurelys altyd
                 ooreenstem? Verduidelik in EEN punt.                                         (2)

        2.1.2    Rekonsilieer die Debiteurekontrole met die Debiteurelys vir die maand
                 Julie 2020.                                                              (40)

        2.1.3    Stephan voel sy debiteure betaal nie betyds nie. Lys TWEE maatreëls
                 wat hy kan implementeer om geld vroeër vanaf debiteure in te vorder.         (4)

INLIGTING:

                   ALGEMENE GROOTBOEK VAN STEPHAN WINKELS
                       BALANSSTAATREKENINGE AFDELING

   DT                               DEBITEUREKONTROLE                     B6             KT
                                                           Bank en
   2020                                      2020
            01   Saldo        a/b    212 080          31   korting       KOJ     224 550
   Jul                                       Jul
                                                           toegestaan
                                                           Debiteure
            30   Verkope      DJ     277 300                             DAJ       8 000
                                                           afslag
                 Joernaal                                  Joernaal
                              AJ       4 700                              AJ       2 400
                 debiete                                   krediete
                                                           Saldo         o/d     259130

                                     494 080                                     494 080
   2020
            01   Saldo        a/b     259130
   Aug

                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                       7
                                                     VRAESTEL 2  GRAAD 10

                       DEBITEURELYS SOOS OP 31 JULIE 2020

    NAAM VAN DEBITEUR                                          DEBIET       KREDIET
    C. Botha                                                   20 600
    H. Dipho                                                   12 000
    N. Dladla                                                  64 000
    D. Mkhize                                                                    3 200
    E. Mthimkulu                                                6 500
    L. Nkozi                                                   73 000
    G. Stuurman                                                13 400
    B. Zunaid                                                  90 000
    TOTAAL                                                    279 500            3 200

FOUTE EN WEGLATINGS

A     Die saldo van die Debiteurekontrole rekening op 1 Julie is met R1 080 te veel
      bereken.

B     Die kredietsaldo van D. Mkhize in die Debiteurelys moet oorgedra word na die
      Krediteure grootboek.

C     Die totaalkolom van verkope in die Debiteurejoernaal is met R25 000 te min
      opgetel.

D     ŉ Kredietfaktuur vir R7 700 vir goedere aangekoop vanaf B. Zunaid is nog nie
      geboekstaaf nie.

E     ŉ Kwitansie vir R15 000 uitgereik aan L. Nkozi is korrek geboekstaaf in die
      debiteur se rekening, maar is weggelaat in die Hulpjoernaal.

F     ŉ Inskrywing van R1 000 vir goedere teruggestuur deur N. Dladla is nie in die
      Hulpjoernaal geboekstaaf nie en is aan die verkeerde kant van sy rekening
      ingevoer.

G     Geen inskrywing is gedoen vir ŉ terugbetaling van R5 000 aan C. Botha vir ŉ
      bedrag te veel gehef.

H     E. Mthimkulu het goedere ter waarde van R4 800 teruggestuur. Hierdie
      bedrag is korrek in die Hulpjoernaal geboekstaaf maar as R3 900 in die
      debiteure-rekening aangeteken.

I     Geen inskrywing is gemaak vir rente gehef op G. Stuurman se agterstallige
      rekening van R8 000. Die bedrag is 3 maande agterstallig, rente gehef teen
      5% per jaar.

J     H. Dipho het ŉ tjek uitgereik vir R8 550 op sy rekening nadat 5% korting
      afgetrek is. Die korting is geboekstaaf in die Grootboek maar nie in die
      Hulpjoernaal nie.
                                                                                         46

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                       8
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 10

VRAAG 3: KONSEPTE EN VASTE BATES                                 (39 punte; 31 minute)

3.1   KONSEPTE

      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTW OORDBOEK.

      3.1.1   Vaste bates is tasbare bates wat aangekoop word deur die besigheid
              met die doel vir herverkope.

      3.1.2   Opgelope waardevermindering word geboekstaaf in die
              Inkomstestaat.

      3.1.3   ŉ Bateregister is ŉ aantekening van alle bates wat die besigheid
              besit.

      3.1.4   Die verminderde saldo metode word gebruik om waardevermindering
              op Grond en Geboue te bereken.                            (4 x 1)            (4)

3.2   VASTE BATEREGISTER

      Colin se Motorhandelaars

      Die inligting voorsien is ŉ uittreksel uit die boeke van Colin se motorhandelaars.

      GEVRA:

      Gebruik die onderstaande inligting en voltooi die Vaste Bate Register op die
      ANTWOORDBOEK. Hul finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2020.                       (8)

      INLIGTING:

      Colin se Motorhandelaars het ŉ afleweringsvoertuig op 31 Augustus 2018 op
      skuld vanaf Falcon Motors vir R150 000 aangekoop. Waardevermindering
      word bereken teen 20% p.j. op die verminderde saldo metode.

3.3   VASTE BATE NOTA

      Martin Logistiek

      Die inligting het betrekking tot Martin Logistiek vir die finansiële jaar geëindig
      29 Februarie 2020.

      GEVRA:

      3.3.1   Bereken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar
              geëindig 29 Februarie 2020.                                                  (6)

      3.3.2   Bereken die prys van EEN voertuig.                                           (2)

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                       9
                                                     VRAESTEL 2  GRAAD 10

      3.3.3   Bereken die totale waardevermindering op voertuie vir die jaar
              geëindig 29 Februarie 2020.                                                  (5)

      3.3.4   Voltooi die Vaste Bate Nota.                                               (14)

INLIGTING:

  A
       UITTREKSEL VANAF PROEFBALANS OP 29 FEBRUARIE 2020:
       Balansstaatrekeninge Afdeling                            Debiet         Krediet
       Grond en geboue                                             5 500 000
       Voertuie (kosprys)                                          1000 000
       Toerusting (kosprys)                                        2000 000
       Opgelope waardevermindering: voertuie (1/3/2019)                          375 000
       Opgelope waardevermindering: toerusting (1/3/2019)                      1 200 000

  B AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:

      Grond en geboue

      Gedurende die jaar is ŉ betaling van R500 000 gemaak aan Gifts Herstellers,
      R300 000 was vir ŉ nuwe stoorkamer en die res van R200 000 was om die
      dak van die ou pakhuis te herstel.

      Toerusting

      Op 01 Desember 2019 is ŉ nuwe 3D drukker aangekoop vir R90 000. ŉ
      Tegnikus is gehuur om die drukker te installeer en in te stel voor gebruik. Die
      besigheid is vir R25 000 gefaktureer vir die installasie- en instelkoste. Die
      installering en instelling is gedoen die dag wat die drukker gekoop is.

      Voertuie

      Die besigheid besit DRIE identiese afleweringsvoertuie. Al drie is op dieselfde
      dag teen dieselfde prys aangekoop. ŉ Nuwe afleweringsvoertuig is op 01
      September 2019 teen dieselfde prys as die vorige voertuie aangekoop. Die
      transaksie vir die aankope is reeds geboekstaaf.

      Waardevermindering vir die jaar is as volg:

          Toerusting teen 10% per jaar op die verminderde saldo metode.
          Voertuie teen 25% per jaar op kosprys.
                                                                                         39

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                   10
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 10

VRAAG 4: INTERNE KONTROLE EN ETIEK OP VASTE BATES EN VOORRAAD
                                                (20 punte; 16 minute)

41   Lees die scenario en beantwoord die vrae wat volg.

     Rogers Mokoena is die eienaar van Rogers Handelaars. Die besigheid besit
     twee afleweringsvoertuie. Volgens die voertuig beleid van die besigheid, mag
     die bestuurders die voertuie gebruik na hul huise veral as die laaste aflewering
     aan klante laat is. Die beleid is duidelik dat voertuie nie vir privaat doeleindes
     gebruik mag word nie.

     Die eienaar het vasgestel dat een van die voertuie (bestuur deur John) 2 000
     kilometer meer vir Junie 2020 gedoen het in vergelyking met die gemiddelde
     kilometers elke maand. Nadat ŉ ondersoek gedoen is, het John erken dat hy die
     besigheid se voertuig gebruik het om by sy familie in die Oos-Kaap te gaan
     kuier.

     Rogers Handelaars het twee werknemers wat verantwoordelik is vir die
     stoorkamer. Hulle ontvang voorraad en reik voorraad aan die verkoopsafdeling
     uit. Die groot hoeveelheid bestellings wat aan klante afgelewer moet word, word
     vanaf die stoorkamer deur die bestuurders ontvang. Nadat die fisiese
     voorraadopname aan die einde van Junie 2020 gedoen is, is daar vasgestel dat
     15 gasverwarmers weg is. Die werknemers van die stoorkamer kon nie
     rekenskap gee van die vermiste gasverwarmers nie.

     GEVRA:

     4.1.1   Verduidelik hoe John se onetiese gedrag die besigheid finansieel sal
             affekteer. Voorsien TWEE punte.                                              (4)

     4.1.2   Voorsien DRIE interne kontrole maatreëls wat deur die eienaar van die
             besigheid geïmplementeer kan word om die misbruik van voertuie deur
             werknemers te voorkom.                                                       (6)

     4.1.3   Voorsien TWEE stappe wat teen John gedoen kan word vir sy onetiese
             gedrag.                                                                      (4)

     4.1.4   Verduidelik DRIE interne kontrolemaatreëls wat deur die eienaar
             geïmplementeer kan word om diefstal van voorraad te voorkom.                 (6)

                                                                                          20

                                                                              TOTAAL:     150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr10-nov2020-afrikaans/8ed76ac6-973d-4432-bc13-364f64f5a8bd) — Accounting · Memo · 2020 · Afr
- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Answer book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/48ff2aec-0abc-4a3b-be22-f80e9c757fe4) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/ef9180cb-c7f4-4c7b-8dde-c99843279d44) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
