# Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-answer-book/8f29f086-0e89-4fd1-965b-69eb790e84a6) — Addendum · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          PROVINSIALE EKSAMEN
                            NOVEMBER 2019
                                   GRAAD 10

                              REKENINGKUNDE
                                 VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

9 bladsye, 1 inligtingsblad en ŉ 10 bladsy antwoordboek

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                2                              GP/November 2019
                                             Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1.   Beantwoord AL die vrae.
2.   ŉ Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
     beantwoord.
3.   ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is by hierdie vraestel voorsien. Jy kan
     dit gebruik soos benodig.
4.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5.   Jy mag ŉ nie-progammeerbare sakrekenaar gebruik.
6.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord.
7.   ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.
8.   Skryf netjies en leesbaar.
9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer jy die
     vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

                           VRAAG 1: 10 punte; 10 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
BTW en Etiek                       BTW konsepte
                                   Etiek

                           VRAAG 2: 45 punte; 35 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                   Debiteureversoening
Debiteureversoening
                                   Interne beheer

                           VRAAG 3: 20 punte; 15 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
                                   Vastebateregister
Vaste bates
                                   Interne beheer

                           VRAAG 4: 30 punte; 25 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
Voorraad                           Voorraad en Interne beheer

                           VRAAG 5: 45 punte; 35 minute
Onderwerp:                      Hierdie vraag integreer:
Vervaardiging en Begroting         Konsepte en berekeninge

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               3                               GP/November 2019
                                            Graad 10

VRAAG 1:       BTW EN ETIEK                            (10 punte; 10 minute)

1.1   BTW

      Kies die woord/frase uit die gegewe lys om die stellings te voltooi. Skryf slegs
      die woord/frase langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.6) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

                       R500 000; direkte; uitset; 0%; indirekte; 14%;
                     SAID; nulkoers; inset; vrygestel; R1 000 000; 15%

       1.1.1    BTW is ŉ … stelsel van belasting.

       1.1.2    In Suid Afrika is die standaardkoers vir BTW huidiglik … .

       1.1.3    BTW betaalbaar op verkope word genoem BTW … .

       1.1.4    Bruin brood is ŉ voorbeeld van ŉ item wat … is.

       1.1.5    Items waarop BTW huidiglik nie belas word nie, staan bekend
                as … items.

       1.1.6    ŉ Besigheid met ŉ omset van … of meer per jaar moet
                registreer as ŉ BTW verkoper.

                                                                                         (6)

1.2   Etiek

      Mgluwa Handelaars het goedere met ŉ markwaarde van R18 000 van Ceta
      Verskaffers bestel. Die verkoopsdirekteur van Ceta Suppliers, Peter Slow, het
      aangebied om hierdie goedere aan Mgluwa Handelaars te verkoop vir R8 000
      met die voorwaarde dat hulle nie ŉ faktuur uitreik nie. Lewer kommentaar op
      hierdie voorstel. Verskaf TWEE punte.                                              (4)

                                                                                           10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 4                                 GP/November 2019
                                              Graad 10

VRAAG 2: VERSOENING                                                          (45 punte; 35 minute)

Die inligting hieronder het betrekking op Sunshine Handelaars vir September 2019.

GEVRA:

2.1 Stel ŉ korrekte Debiteurekontrolerekening vir September 2019 op deur van die
    foute en weglatings in ag te neem. Balanseer die rekening.                   (20)

2.2 Stel ŉ korrekte lys van Debiteure op vir 30 September 2019.                               (21)

2.3 Bespreek TWEE strategieë wat geïmplementeer kan word om debiteure aan te
    moedig om hul rekeninge op tyd te vereffen.                              (4)

     Nota: Toon alle berekeninge in hakies.

INLIGTING:

                   ALGEMENE GROOTBOEK VAN SUNSHINE HANDELAARS

Dt                          DEBITEUREKONTROLE                                         Kt
2019                                 2019    Bank en korting
        01   Saldo       a/b 21 370       30                                 KOJ   24 380
 Sep                                 Sep     toegestaan
                                             Joernaal
        30   Verkope     DJ 31 920                                           AJ         580
                                             krediete
             Debiteure
                         DAJ      980                    Bank (V/T)          KBJ        600
             -afslag
             Joernaal
                         AJ       820                    Saldo               o/d   29 530
             debiete
                               55 090                                              55 090
2019
        01   Saldo       a/b   29 530
 Okt

Nota: Die boekhouer het sekere oorboekingsfoute gemaak na die Debiteurekontrole
      rekening.

Lys van debiteure op 30 September 2019

DEBITEURE                                                        Debiet       Krediet
S. Taylor                                                            6 500
P. Africa                                                            7 480
G. Kruger                                                            5 340
M. Ahmed                                                             1 890
R. Dioka                                                             6 760
P. Hlapa                                                                             800
T. Makobo                                                            1 800
                                                                    29 770           800

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             5                              GP/November 2019
                                          Graad 10

Foute en weglatings:

A. Die saldo van die Debiteurekontrolerekening op 1 September 2019 is foutief. Die
   lys van Debiteure toon ŉ kredietsaldo van R530, wat nie in berekening gebring is
   toe die opening saldo bereken is nie.

B. ŉ Kwitansie uitgereik aan M. Ahmed vir R980 vir kontant ontvang was korrek
   geboekstaaf in die hulpjoernaal, maar is na haar rekening as R890 oorgeboek.

C. Die totaal van die Debiteure-afslagkolom in die Debiteure-afslagjoernaal was
   onderbereken met R160.

D. ŉ Inskrywing in verband met goedere teruggestuur deur T. Makobo met ŉ waarde
   van R300 was korrek geboekstaaf in die debiteure-afslagjoernaal, maar
   oorgeboek na die verkeerde kant van T. Makobo se rekening.

E.   Die Debiteuregrootboek toon ŉ kredietsaldo in die rekening van P. Hlapa. Die
     bedrag moet oorgedra word na die Krediteuregrootboek.

F.   Op 28 September 2019 is R120 posgeld betaal uit die kleinkas namens ŉ debiteur
     G. Kruger. Geen inskrywing is in die boeke gedoen nie.

G. P. Africa het R3 800 betaal op haar rekening nadat sy 5% korting ontvang het. Die
   betaling en korting is korrek geboekstaaf in die hulpboek maar die korting is nie
   oorgeboek na haar rekening nie. (Rond antwoord af tot die naaste rand.)

                                                                                          45

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                6                                  GP/November 2019
                                             Graad 10

VRAAG 3: VASTE BATES                                                      (20 punte; 15 minute)

Die inligting het betrekking op Manuel Handelaars vir die finansiële jaar wat op
28 Februarie 2019 geëindig het.

GEVRA:

3.1 Bereken die waardevermindering op toerusting vir die jaar geëindig
    28 Februarie 2019.                                                                      (5)

3.2 Bereken die drawaarde (boekwaarde) van toerusting op 28 Februarie 2019.                 (4)

3.3 Jy word voorsien van ŉ bladsy uit die Vastebateregister vir ŉ voertuig-item
    (ŉ Pick-up-Loader) in jou ANTWOORDEBOEK. Voltooi die bateregister.                      (5)

3.4 Gee EEN rede waarom ŉ vastebateregister ŉ nuttige beheerinstrument vir vaste
    bates is.                                                                               (2)

3.5 Nadat die finansiële state opgestel is, is daar gevind dat brandstof uitgawes met
    80% verhoog het vanaf die vorige jaar. Die bestuurder wat aflewerings doen,
    neem die voertuig huistoe na werk. Noem TWEE interne kontrole maatreëls wat
    die eienaar in plek kan stel om die misbruik van die voertuig deur die drywer te
    verminder.                                                                              (4)

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2019
      Balansstaatrekeninge-afdeling                    Debiet Krediet
      Grond en Geboue                                  150 700
      Voertuie (kosprys)                               150 000
      Toerusting (kosprys)                              33 000
      Opgehoopte waardevermindering op voertuie                  26 400
      (1/3/2018)
      Opgehoopte waardevermindering op toerusting                12 500
      (1/3/2018)

B.   Aansuiwerings en additionele inligting:

     Waardevermindering vir die jaar is soos volg:

           Voertuie teen 20% per jaar op die verminderde saldo metode

           Toerusting teen 10% per jaar op kosprys

           Die eienaar het op 1 September 2018 toerusting ter waarde van R14 000
            as kapitaal bygedra en korrek op hierdie datum in die boeke ingeskryf.
                                                                                              20

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             7                               GP/November 2019
                                          Graad 10

VRAAG 4:      VOORRAAD                                      (30 punte; 25 minute)

Die inligting hieronder het betrekking op Booma Handelaars vir Maart 2019. Hulle gebruik die
deurlopende voorraadstelsel om handelsvoorraad op te teken en te bestuur. Booma Handelaars
handhaaf ŉ winsopslag van 40%.

GEVRA:

4.1 Gebruik die volgende inligting en stel die Handelsvoorraadrekening op.
    Balanseer die rekening. (Rond bedrae af tot die naaste rand.)          (24)

4.2 Beantwoord die volgende vrae.

      4.2.1 Na ŉ fisiese voorraadopname op 31 Maart 2019, is die werklike
            waarde van die handelsvoorraad voorhande R1 400 minder as die
            saldo wat jy bereken het van die Handelsvoorraadrekening. Stel
            TWEE moontlike redes voor waarom hierdie bedrae van mekaar                (4)
            verskil.
      4.2.2 Die besigheid koop meer op kontant as op krediet aan. Bewys hierdie
            stelling deur bedrae (syfers) aan te haal om jou antwoord te staaf.       (2)

INLIGTING:

A. Die totale voorraad in die stoorkamer het ŉ waarde van R4 500 op
   1 Maart 2019.

B. Totale kontantverkope vir Maart beloop R1 260.

C. Totale kredietverkope vir Maart beloop R840.

D. Totale kontantaankope van handelsvoorraad is R5 000.

E.   Totale kredietaankope van handelsvoorraad is R1 400.

F.   Totale debietnotas uitgereik vir handelsvoorraad teruggestuur gedurende Maart
     beloop R1 000.

G. Die eienaar neem handelsvoorraad ter waarde van R2 000 vir eie gebruik.
                                                                                        30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                 8                                  GP/November 2019
                                              Graad 10

VRAAG 5: VERVAARDIGING EN BEGROTING                                        (45 punte; 35 minute)

5.1    VERVAARDIGING

        5.1.1 Kies die regte term in die hakies. Skryf slegs die term langs die
              vraagnommer (5.1.1(a) – 5.1.1(c)) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               (a) Direkte arbeid en direkte materiaal wat in ŉ fabriek gebruik
                   word is die totale (bo- / primêre) koste.

               (b) Die salaris van die fabriekskoonmaker is (direkte / indirekte)
                   arbeidskoste.

               (c) Die huur van ŉ gebou word as ŉ (vaste / veranderlike) koste
                   beskou.                                                                   (3)
        5.1.2 Dan Malgas vervaardig en verkoop vlieërs aan kinders. Die
              verkoopprys per vlieër is R155. Hieronder is ŉ opsomming van al sy
              kostes vir Oktober 2019. Hy vervaardig 2 500 vlieërs gedurende
              Oktober.

               GEVRA:

               Bereken die volgende:

               (i) Direkte materiaalkoste per vlieër                                         (4)

               (ii) Totale fabrieksbokoste vir Oktober 2019                                  (5)

               (iii) Totale produksiekoste vir Oktober 2019 indien 2 500 vlieërs
                                                                                             (7)
                     vervaardig word

               iv) Eenheidskoste per vlieër                                                  (3)

               (v) Wat is die persentasie wins wat Dan ontvang per vlieër gedurende
                   Oktober 2019 as die vlieërs teen R155 elk verkoop word?          (4)

               (vi) Verduidelik die verskil tussen vaste- en veranderlikekoste.              (4)

               INLIGTING:

                                        Koste per vlieër
                   Materiaal per vlieër                                   R25
                   Hout per vlieër                                         R5
                   Tou per vlieër                                          R5
                   Lone om een vlieër te voltooi                          R50
                                        Koste vir die maand
                   Salaris van fabriekvoorman                          R5 000
                   Huur van fabriek                                    R8 000
                   Water en elektrisiteit van die fabriek              R2 500
                   Indirekte materiaalkoste                             R500

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               9                              GP/November 2019
                                            Graad 10

5.2    BEGROTINGS

       Verwys na die inligting met betrekking tot Mbolweni Handelaars se
       begroting en beantwoord die vrae wat volg.

                Kontantbegroting van Mbolweni Handelaars vir Januarie tot
                                      March 2020
        KONTANT ONTVANGSTE          JANUARIE FEBRUARIE MAART
        Kontantverkope                  42 000       56 000     63 000
        Kontant van debiteure           25 200       21 600     45 800
        Kapitalebydrae                                          20 000
        TOTALE ONTVANGSTES              67 200       77 600 128 800
        KONTANT BETALINGS
        Kontantaankope van               3 000        4 000      4 500
        voorraad
        Betalings aan krediteure        34 155       32 040     37 733
        Onttrekkings                     4 500        4 500      4 500
        Paaiement op lening                                     10 000
        Rente op lening                  1 600        1 600      1 600
        Advertensie                        600          800        900
        Salarisse en lone                2 000        2 000      2 160
        TOTALE BETALINGS                45 855       44 940     61 393
        Kontant oorskot / (tekort)      21 345       32 660          ?
        Bank beginsaldo                  8 400       29 745     62 405
        Bank eindsaldo                  29 745       62 405          ?

       GEVRA:

        5.2.1 Wat is die doel met die opstel van ŉ kontantbegroting?                 (2)

        5.2.2 Noem TWEE items wat nie in ŉ kontantbegroting sal veskyn nie.
                                                                                     (2)
        5.2.3 Indien kontantverkope 60% van die totale verkope is, bereken die
              totale verkope vir Januarie.                                     (5)

        5.2.4 Bereken die kontant oorskot / (tekort) vir Maart.                      (3)

        5.2.5 Bereken die banksaldo aan die einde van Maart.                         (3)

                                                                                       45

                                                                              TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                     10                              GP/November 2019
                                  Graad 10

FORMULEBLAD GRAAD 10

    Bedryfbates : Bedryfslaste   (Bedryf bates – Voorraad) : Bedryfslaste

                                      Totale Bates : Totale Laste

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR10 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/8a688f96-dd22-4d61-8300-6b89321db0bb) — Accounting · Memo · 2019 · Afr
- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Answer book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/48ff2aec-0abc-4a3b-be22-f80e9c757fe4) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/ef9180cb-c7f4-4c7b-8dde-c99843279d44) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/c7540050-925b-4917-b3fa-2dbf55983458) — Accounting · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
