# Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2016 QP (Eng)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2016 (English), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-english-november-2016-question-paper/cd58ab6a-9bea-421d-812f-67d184616183
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: English
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2016 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-english-november-2016-question-paper/cd58ab6a-9bea-421d-812f-67d184616183)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2016 · English. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2018
                          GRAAD 10

                       REKENINGKUNDE
                         VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

12 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                        2
                                                   VRAESTEL 2             GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          REKENINGKUNDE
                                                          VRAESTEL 2

                                                          TYD: 2 uur
                                                          PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1. Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK voorsien.

  2. Toon alle berekeninge waar toepaslik om deelpunte te verdien.

  3. Lees alle instruksies sorgvuldig.

  4. Probeer ten alle tye om binne die vasgestelde tydsraamwerk te hou.

  5. Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

  6. Skryf netjies en leesbaar.

     VRAAG                          TEMA                      PUNTE           TYD

        1        BTW en Voorraad                                 34         27 minute
                 Krediteure Rekonsiliasie en Interne
        2                                                        42         34 minute
                 Kontrole
        3        Vervaardiging                                   20         16 minute

        4        Begrotings                                      25         20 minute

        5        Vaste bates in Interne Kontrole                 29         23 minute

                 TOTAAL                                         150        120 minute

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                      3
                                         VRAESTEL 2              GRAAD 10

                    VRAAG 1: 34 punte; 27 minute
Tema van die vraag:   Hierdie vraag integreer:
                           BTW begrippe
BTW en Voorraad            Basiese BTW berekeninge
                           Voorraad

                    VRAAG 2: 42 punte; 34 minute
Tema van die vraag:   Hierdie vraag integreer:

                           Krediteure Rekonsiliasie
Krediteure Rekonsiliasie
                           Interne kontrole

                    VRAAG 3: 20 punte; 16 minute
Tema van die vraag:   Hierdie vraag integreer:
                           Vervaardigingsbegrippe
Vervaardiging
                           Basiese vervaardigingsberekeninge

                       VRAAG 4: 25 punte; 20 minute
Tema van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
                           Begrotingskonsepte
Begrotings
                           Basiese begrotingsberekeninge

                       VRAAG 5: 29 punte; 23 minute
Tema van die vraag:      Hierdie vraag integreer:
                           Tasbare bates en waardevermindering
Tasbare Bates
                           Interne kontrole oor bates

                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                                4
                                                  VRAESTEL 2                GRAAD 10

VRAAG 1: BEGRIPPE, BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE EN VOORRAAD
                                                                 (34 punte; 27 minute)

1.1   BTW BEGRIPPE
      GEVRA:
      Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
      ‘onwaar’ langs die vraag nommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK.            (1x5)

      1.1.1    Inset BTW is die BTW wat die besigheid hef op goedere en dienste
               voorsien aan klante of kliënte.
      1.1.2    Items soos opvoeding en gesondheidsdienste waarop BTW huidiglik nie
               gehef word nie, word BTW vrygestelde items genoem.
      1.1.3    Verpligte BTW registrasie is wanneer ŉ besigheid se jaarlikse omset R3
               miljoen oorskry en vereis word om te registreer as ŉ BTW verkoper.
      1.1.4    Die BTW standaardkoers van 15% word afgetrek op werknemers se
               salarisse en is betaalbaar aan die SAID.
      1.1.5    BTW betaalbaar aan die SAID word bereken deur Inset BTW af te trek
               van die Uitset BTW gehef.

1.2   BTW BEREKENINGE

      Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel geneem uit die boeke van Taylor
      Winkels op 30 Junie 2018.

      GEVRA:
      Voltooi die tabel deur die ontbrekende bedrae te bereken deur gebruik te maak
                                                                                         (8)
      van die standaardkoers van 15%.

       Nr.         Eksklusief        BTW                  Inklusief
       Bv.         R648              R97.20               R745.20
       1.2.1       ?                 R840                 R6 440
       1.2.2       ?                 R135                 ?
       1.2.3       R420              ?                    ?
       1.2.4       R2 100            ?                    R2 415
       1.2.5       ?                 ?                    R736

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                          5
                                                  VRAESTEL 2              GRAAD 10

1.3   VOORRAAD
      Die onderstaande inligting is geneem uit die boeke van Naidoo Handelaars. Die
      besigheid gebruik ŉ winsgrens van 20% op kosprys.

      GEVRA:
      Berei die Handelsvoorraad rekening in die Algemene Grootboek van Naidoo         (21)
      Handelaars vir April 2018 voor, balanseer die rekening behoorlik.

      INLIGTING:

      A.   Die Handelsvoorraad rekening het ŉ beginsaldo van R10 000.
      B.   Kontantverkope vir die maand beloop R9 480.

      C.   Naidoo Handelaars het 5% handelskorting ontvang vir goedere kontant
           aangekoop. Die handelskorting beloop R190. Bereken die
           kontantaankope.
      D.   Kredietverkope vir die maand beloop R26 520.
      E.   Goedere deur debiteure teruggestuur beloop R720.
      F.   Kredietaankope vir die maand beloop R14 281.
      G.   Terugsendings van goedere aan verskaffers beloop R1 426.
      H.   Betaal vir die aflewering van goedere uit die kleinkas, R47.

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                                  6
                                                  VRAESTEL 2                   GRAAD 10

VRAAG 2: KREDITEURE REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE
                                                                (42 punte; 34 minute)

2.1    BAFANA HANDELAARS

       Die boekhouer van Bafana Handelaars het foute gemaak met die oorboeking na
       die Krediteurekontrole rekening op 30 November 2018. Die saldo van die
       Krediteurekontrole rekening het nie ooreengekom met die Lys van Krediteure
       wat geneem is uit die Krediteure Grootboek nie.

       GEVRA:
       Neem in berekening die foute en weglatings voorsien in INLIGTING C en berei
       die volgende voor:

       2.1.1   Stel die korrekte Krediteurekontrole rekening in die Algemene
                                                                                             (19)
               Grootboek vir November 2018. Balanseer die rekening.

       2.1.2   Stel ŉ korrekte lys van krediteure op 30 November 2018.                       (17)

      INLIGTING A:
                 ALGEMENE GROOTBOEK VAN BAFANA HANDELAARS
      DT                       KREDITEUREKONTROLE                              B6         KT
      Nov 01 Saldo              a/b     4 380 Nov 30 Aankope                   KJ       45 700
          30 Bank               KBJ    32 400        Krediteure                KAJ       2 108
                                                     afslag
               Joernaal         AJ      2 650        Korting                   KBJ       1 850
               debiete
               Saldo            o/d    11 518              Joernaal            AJ        1 290
                                                           krediete
                                       50 948                                           50 948

                                                Des 01 Saldo                   a/b      11 518

  INLIGTING B:

  LYS VAN KREDITEURE OP 30 NOVEMBER 2018
  NAAM                                                   Debiet          Krediet
  PP Handelaars                                                              3 890
  Townsend Winkels                                                           1 300
  Longwitz Handelaars                                                        4 512
  Numero Motors                                                              4 640
  Fanele Verspreiders                                             260
                                                                  260          14 342

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                                7
                                                   VRAESTEL 2                GRAAD 10

      INLIGTING C:
      FOUTE EN WEGLATINGS
       (i) Faktuur 196 ontvang vanaf Townsend Winkels vir R1 480 is oorgeboek na die
           rekening van Longwitz Handelaars in die hulpgrootboek.
      (ii) Die besigheid het besluit om die saldo van Fanele Verspreiders oor te dra na
           die Debiteure grootboek. Geen inskrywing is nog gedoen nie.
      (iii) Faktuur 231 ontvang vanaf PP Handelaars vir handelsware op krediet
            aangekoop vir R2 300 is foutief in die Krediteurejoernaal as R3 200
            geboekstaaf.
      (iv) Die besigheid het sommige onderdele wat gekoop is vanaf Numero Motors vir
           die afleweringsvoertuig, teruggestuur vir R860. Die bedrag is korrek in die
           Krediteure-afslagjoernaal geboekstaaf maar is oorgeboek as kredietaankope
           in die Krediteure grootboek.
      (v) PP Handelaars verskaf goedere aan Bafana Handelaars en koop ook vanaf
          Bafana Handelaars. Die debietsalso van R640 in hul Debiteure grootboek
          moet oorgedra word na hul rekening in die Krediteure grootboek.

2.2        Batho-Pele Handelaars rekonsilieer sy rekords oor krediteure op ŉ
           maandelikse basis. Die eienaar is bekommerd oor die groot bedrae wat aan
           krediteure betaal word wat nie ooreenkom met die voorraadvlakke in die
           pakhuis nie. Daar is ook ŉ minimale verbetering in die verkopesyfers.

           2.2.1   Wat kan die rede wees vir die tekort in voorraad? Voorsien EEN rede.   (2)

           2.2.2   Watter kontrole moet die besigheid aanwend om seker te maak
                                                                                          (4)
                   voorraad is beveilig? Voorsien TWEE punte.

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                           8
                                                   VRAESTEL 2                  GRAAD 10

VRAAG 3: VERVAARDIGING                                           (20 punte; 16 minute)

3.1   VERVAARDIGINGSBEGRIPPE

      Kies die korrekte woord in KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf
      slegs die letter (A – D) langs die nommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDBOEK.           (4)

                         KOLOM A                                  KOLOM B

       3.1.1   Koste wat betaal moet word, ongeag            A   Arbeidskoste
               hoeveel goedere vervaardig word
       3.1.2   Alle koste wat nie direk betrokke is in die   B   Primêre koste
               vervaardiging van produkte nie
       3.1.3   Die koste van direkte materiaal en die        C   Vaste koste
               koste van direkte arbeid
       3.1.4   Die koste van arbeid betrokke in die          D   Fabrieksbokoste
               vervaardiging van goedere

3.2   VERVAARDIGINGSBEREKENINGE

      Armaan Bodhania besit ŉ klein vervaardigingsonderneming, Bohemia Op-
      Bestelling Meubels. In Januarie 2018, het die hoof van Laerskool Hillview, Mev
      Jafta, Armaan gevra om 40 spesiale tafels vir die nuwe kunssentrum in die skool te
      maak.

      GEVRA:

      Gebruik die onderstaande inligting om die volgende te bereken:

      3.2.1     Bereken die direkte materiaalkoste.                                            (3)

      3.2.2     Bereken die direkte arbeidskoste.                                              (2)

      3.2.3     Bereken die primêre koste.                                                     (3)

      3.2.4     Bereken die totale koste van produksie.                                        (5)

      3.2.5     Bereken die eenheidskoste vir EEN tafel.                                       (3)

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                           9
                                                VRAESTEL 2                   GRAAD 10

INLIGTING:
A.   Materiaalkoste om die tafels te vervaardig:

 Hout                                                  R16 000
 Staal vir struktuur                                     R5 500
 Spykers, boute en skroewe                               R1 100
 Gom                                                       R300
 Houtolie                                                  R500
 Verf                                                      R600

B.      Armaan werk vanaf ŉ klein fabriek in Actonville en betaal R11 000 per maand
        huur.

C.      Sy water en elektrisiteitsrekening vir Januarie 2018 was R1 800.
D.      R250 is betaal aan ŉ deeltydse arbeider vir elke tafel vervaardig.
E.      40 tafels is vervaardig.
F.      Die produksie van die tafels het een maand geneem om te vervaardig –
        Januarie.

                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                           10
                                                   VRAESTEL 2                GRAAD 10

VRAAG 4: BEGROTING                                                 (25 punte; 20 minute)
4.1    BEGROTINGSBEGRIPPE

       GEVRA:
       Kies die korrekte begrip in die volgende stellings. Skryf slegs die begrip langs
       die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDBOEK.

                Kapitale uitgawe; Korttermyn begroting; Belasting; Begroting;
                          Kapitale begroting; Ontvangste begroting

               ŉ ... is ŉ staat van verwagte ontvangstes en betalings vir ŉ spesifieke
       4.1.1
               tydperk.

       4.1.2 ŉ ... is ŉ vooruitskatting vir toekomstige uitgawes op vaste bates.

       4.1.3 ŉ ... is ŉ begroting vir ŉ periode van 3 of 6 maande.

       4.1.4 ... is die vernaamste bron van inkomste vir die regering.                     (4x1)

 4.2   BEGROTINGSBEREKENINGE

       Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

       Jane Jaxa is ŉ werknemer van Reeza Tekstiele vir 3 jaar. Haar jaarlikse salaris
       vir 2018 na aftrekkings is R150 000. Sy beplan ŉ seevakansie na Thailand in
       Januarie 2019 en haar totale koste vir die reis is R26 000 wat reiskoste,
       akkomodasie, etes en spandeergeld insluit. Sy beplan om haar jaarlikse bonus
       te gebruik vir die vakansie.

       GEVRA:

       Beantwoord die volgende vrae.
       4.2.1   Bereken die maandelikse salaris wat Jane ontvang na aftrekkings.              (2)
       4.2.2   Bereken die totale inkomste wat Jane in Desember gaan ontvang,
               verwys ook na INLIGTING B.                                                    (3)
       4.2.3   Bereken Jane se maandelikse uitgawes.                                         (3)
       4.2.4   Bereken die bedrag wat Jane op ŉ maandelikse basis moet spaar.                (3)
       4.2.5    Sal Jane genoeg geld gespaar het insluitend haar jaarlikse bonus om in
                Januarie 2019 op vakansie te gaan? Bewys jou antwoord deur ŉ
                berekening. Dui aan of dit ŉ tekort of surplus is. (Verwys ook na
                INLIGTING C.)                                                                (8)
       4.2.6    Verwys na haar onderstaande uitgawes, watter TWEE uitgawes kan sy
                verminder om maandeliks meer te spaar?                                       (2)

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                         11
                                           VRAESTEL 2               GRAAD 10

INLIGTING:

A. Jane se maandelikse uitgawes bestaan uit die volgende:

    Terugbetaling op motor        R3 100   Klererekeninge                      R800
    Telefoon                       R250    Water en elektrisiteit              R750
    Selfoon                        R300    Onthaalkoste                        R400
    Huur                          R2 200   Kruideniersware                   R1 800
    Versekering                    R700    Petrol                            R 1200
    Spaargeld                         R?

B. Jane gaan ŉ bonus van R13 000 aan die einde van Desember ontvang.

C. Jane beoog om slegs 90% van haar spaargeld vir 2018 te gebruik vir haar
   vakansie.

                                                                                  b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                               12
                                                      VRAESTEL 2                GRAAD 10

VRAAG 5: VASTE BATES EN INTERNE KONTROLE                                        (29 punte; 20 minute)

5.1    VASTE BATES
       Ocean Breeze Handelaars se finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2018. K. Skoler is die
       eienaar.
       K. Skoler het jou gevra om haar te help met die volgende:
       GEVRA:
       5.1.1 Voltooi die Vaste / Tasbare bates nota tot die finansiële state.                          (24)
             Toon alle berekeninge om deelpunte te verdien.

       5.1.2 Volgens watter AARP beginsel moet alle bates geboekstaaf word teen die
             oorspronklike kosprys?                                                                     (1)

       INLIGTING:

       Uittreksel vanaf die Voor-aansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2018
                                                     Fol      Debiet       Krediet
        Balansstaat-rekeninge afdeling
        Grond en geboue                                          450 000
        Voertuie                                                 130 000
        Toerusting                                                42 900
        Opgelope waardevermindering op voertuie                              58 500
        Opgelope waardevermindering op toerusting                            13 080

       Aansuiwerings en addisionele inligting:
              Waardevermindering op toerusting moet bereken word teen 15% p.j. op die
               verminderende saldo metode. Neem in ag dat nuwe toerusting vir R12 000 op
               1 Desember 2017 aangekoop is en korrek geboekstaaf is.
              Waardevermindering op voertuie moet bereken word teen 20% p.j. op kosprys.

5.2.   INTERNE KONTROLE – BEKEZELA KARWEIERS
       Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vraag.

       Bekezela Karweiers se eienaar is Bekezela Majola. Hy besit trokke en doen
       aflewerings in Suid-Afrika. Een van sy bestuurders is twee keer gekaap in 8 maande.
       Hy is bekommerd dat sy versekeringspremie drasties vermeerder het as gevolg van
       sy ingediende eise.
       GEVRA:
           As interne ouditeur van Bekezela Karweiers, watter advies sal jy die eienaar gee vir
           beter interne kontrole? Voorsien TWEE punte.                                                 (4)

                                                                                      TOTAAL:          150

                                                EINDE

## Related documents

- [Gr10 Acc (English) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-english-november-2016-question-paper/7d3ca793-2e19-4862-a37b-7c29e91ddf08) — Accounting · QP · 2016 · Eng
- [Gr10 Acc P2 (English) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-english-november-2019-question-paper/2bb4c065-5cd8-4e68-b0be-7e90875db915) — Accounting · QP · 2019 · Eng
- [Gr 10 Accounting P2 (English) November 2022 Answer book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-english-november-2022-answer-book/15210eb8-22c9-4ba2-b034-ad741bab208c) — Accounting · Addendum · 2022 · Eng
- [Gr10 Acc P2 (English) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-english-2020-exemplars-answer-book/861a2c3c-70ee-4ae1-acb4-e7272da2c6f5) — Accounting · Addendum · 2020 · Eng
- [Gr10 Acc P2 (English) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-english-november-2019-answer-book/1e2fca7e-08bf-43d1-bfaf-6a9f27bbb3dd) — Accounting · Addendum · 2019 · Eng
- [Gr10 Acc P2 (English) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-english-november-2018-possible-answers/874f1ab8-0aed-4228-b104-6daf4e181e51) — Accounting · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Accounting P1 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-1/3312807c-6e7e-4245-94b1-2ab99c2d85b9) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-answer-book-paper-2/5e4e6d3c-6636-4866-91a5-260e70a7da2d) — Addendum · 2026 · Eng
- [Grade 10 Accounting P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2/3383a451-2987-495f-a231-c33f8e26ed72) — Memo · 2026 · Eng
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
