# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-afr-june-2022-possible-answers/078f0edb-ca74-4179-87fe-6e640c3ba29e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-afr-june-2022-possible-answers/078f0edb-ca74-4179-87fe-6e640c3ba29e)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2022
                    GRAAD 10
                NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 1)

13 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   C   Normatiewe ✓✓

      1.1.2   B   produksie ✓✓

      1.1.3   A   oordragbetalings. ✓✓

      1.1.4   A   LBS. ✓✓

      1.1.5   B   samevallende ✓✓
                                                                                  (5 x 2)   (10)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   G Word bepaal deur die vraag en aanbod van arbeid ✓

      1.2.2   A   Die gedeelte inkomste wat nie aan goedere en dienste bestee word
                  nie ✓

      1.2.3   F   Die faktore van produksie word op hierdie markte verhandel ✓

      1.2.4   B   Die potensiële voordele wat ŉ individu misgeloop het wanneer hy een
                  alternatief bo ŉ ander kies ✓

      1.2.5   C   Behaal nie prys in die mark nie ✓

      1.2.6   D   Glo dat markte inherent onstabiel is, en skommelinge is deel van die
                  manier waarop ŉ markekonomie funksioneer ✓                      (1 x 6)    (6)

1.3   GEE DIE TERM

      1.3.1   hulpbronne/produksiefaktore ✓

      1.3.2   lekkasies ✓

      1.3.3   skaarsheid ✓

      1.3.4   trog ✓                                                              (1 x 4)    (4)

                                                                TOTAAL AFDELING A:           20

                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)        GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE primêre sektor nywerhede.

              Landbou ✓, bosbou ✓, jag ✓, visvang ✓, bosbou ✓ en mynbou ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (2 x 1)       (2)

      2.1.2   Waarom sal BBP-groei nie noodwendig tot ŉ hoër lewenstandaard
              vir alle burgers lei nie?

              Die BBP van ŉ land vertel nie hoe eweredig die inkomste wat tydens
              produksie verdien word, versprei is nie. ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (1 x 2)   (2)

2.2   Datarespons

      2.2.1   Gee EEN voorbeeld van ŉ ekonomiese model.

              Die Klassieke Model ✓, Die Produksiemoontlikheidsgrensmodel ✓, Die
              Ekonomiesekringloopmodel, ensovoorts. ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (1)

      2.2.2   Watter metode word deur ekonome gebruik om so objektief as
              moontlik te bly?

              Die wetenskaplike metode ✓                                                (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term positiewe stelling.

              Positiewe stelling is ŉ objektiewe verduideliking wat as waar of onwaar
              getoets kan word. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

      2.2.4   Hoe help ekonomiese modelle ekonome?

              ŉ Ekonomiese model word gebruik om te verduidelik of om te voorspel
              hoe ŉ stel omstandighede sal optree as ŉ veranderlike verander. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

      2.2.5   Waarom is Ekonomie ŉ belangrike vak?

              •  Ekonome verskaf inligting wat die neem van ingeligte besluite binne
                 maatskappye en regerings help. ✓✓
              • Ekonomiese kwessies beïnvloed ons daaglikse lewens. Dit sluit
                 kwessies in soos belasting en inflasie, rentekoerse, welvaart,
                 ongelykheid, ontluikende markte, energie en die omgewing. ✓✓
              • ŉ Breë vak, Ekonomie bied antwoorde op ŉ reeks gesondheids-,
                 sosiale- en politieke kwessies wat huishoudings en breër
                 gemeenskappe raak. ✓✓
              • Firmas van alle groottes en industrieë moet staatmaak op Ekonomie,
                 of dit nou is vir produknavorsing en -ontwikkeling, prysstrategieë of
                 hoe om te adverteer. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2 x 2)   (4)

2.3   Datarespons

      2.3.1   Identifiseer die bedryf wat die hoogste groeikoers aangeteken het.

              Vervoer en kommunikasie ✓                                                      (1)

      2.3.2   Watter globale gebeurtenis het bygedra tot die negatiewe
              groeikoerse in konstruksie?

              COVID-19 ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk (BBP).

              Die markwaarde van al die finale goedere en dienste wat mense binne
              die grense van ŉ land produseer. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      2.3.4   Hoe trek die plaaslike ekonomie voordeel uit die buitelandse sektor?

              Geld kom die plaaslike ekonomie binne wanneer goedere en dienste na
              die buiteland uitgevoer word. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      2.3.5   Waarom is die BNP van ŉ land nie dieselfde as sy BBP nie?

              •  BNP meet produksie deur die burgers van ŉ land op enige plek in die
                 wêreld. ✓✓
              • BBP meet produksie binne ŉ geografiese gebied sonder om na
                 nasionaliteit te kyk. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)       (4)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

2.4   Verduidelik kortliks die verskillende benaderings tot Ekonomie.

      •   Ekonome bestudeer die wêreld rondom hulle en versamel die feite en
          waarnemings oor hoe mense optree wanneer hulle goedere en dienste
          produseer, ruil en verbruik. ✓✓
      •   Ekonome gebruik wat hulle waarneem om teorieë en beginsels te skep. ✓✓
      •   Hulle:

          o   Maak afleidings deur teorieë op te stel en teen die feite te toets om te
              sien of ŉ sekere teorie by die feite pas ✓✓
          o   Induseer teorieë deur feite te verwerk om ŉ teorie te skep ✓✓
          o   Gebruik ŉ kombinasie van afleiding en induksie ✓✓

      •  Ekonomie bestudeer hoe mense optree ten opsigte van geld. ✓✓
      •  Die sogenaamde 'wette' in ekonomie is in werklikheid meer soos algemene
         stellings as wette. ✓✓
      • Ekonome verdeel die studie van Ekonomie in twee hoofareas: Mikro-
         ekonomie en Makro-ekonomie ✓✓
      • Mikro-ekonomie is die studie van individuele verbruikers, huishoudings,
         maatskappye en ander organisasies en sommige van hul besluite en
         reaksies. ✓✓
      • Mikro-ekonomie kyk byvoorbeeld na die individu se vraag na ŉ sekere produk
         teen ŉ sekere prys, of hoe individue besluit wat en wanneer om te koop. ✓
      • Makro-ekonomie fokus op die ekonomiese gedrag van ŉ gemeenskap. ✓✓
      • Voorbeelde van Makro-ekonomie sal die studie van inflasie of ŉ land se
         ekonomiese groei wees. ✓
      • Makro-ekonomie kyk na die algehele ekonomiese gedrag en prestasie van die
         ekonomie van ŉ land of die wêreld. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde.)
                                                                               (4 x 2)     (8)

2.5   Hoe dra inspuitings by tot ekonomiese groei?

      •  Inspuitings vind plaas wanneer nuwe geld by die ekonomie gevoeg word. ✓✓
      •  Dit verhoog die hoeveelheid geld in omloop. ✓✓
      •  ŉ Groter voorraad geld maak besteding aan belegging(I), staatsbesteding(G)
         en verbruikersbesteding(C) moontlik. ✓✓
      • Ekonomiese groei word bereken deur die persentasie toename in BBP.
         BBP(E) word bereken deur G+C+I+(X-M) saam te voeg. ✓✓
      • Meer inspuitings sal dus lei tot ŉ groter BBP en ekonomiese groei. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde.)
                                                                            (Maks. 8)      (8)
                                                                                          [40]

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem TWEE tipes skaarshede.

              •   Absoluut ✓
              •   Relatief ✓                                                    (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Hoe verander die vlak van ekonomiese aktiwiteite tydens ŉ
              depressie?

              Sluiting van besighede ✓✓
              Baie lae produksievlakke ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (1 x 2)   (2)

3.2   Datarespons

      3.2.1   Noem die skadelike arbeidspraktyk geïllustreer in die prente.

              Kinderarbeid ✓                                                              (1)

      3.2.2   Op watter ouderdom mag ŉ mens wettiglik begin werk?

              16 jaar ✓

      3.2.3   Beskryf kortliks die term menseregte.

              Menseregte is die basiese regte en vryhede wat aan elke persoon in die
              wêreld behoort, van geboorte tot dood. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

      3.2.4   Watter effek het armoede op menseregte?

              •  Mense se lewenstandaard word verswak deur ekonomiese kwessies
                 soos armoede wat tot misdaad kan lei. ✓✓
              • Ekonomies kwesbare mense word van ekonomiese deelname
                 uitgesluit. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (1 x 2)        (2)

      3.2.5   Hoe kan die regering help om menseregte te beskerm?

              Deur die wet met howe af te dwing. ✓✓
              Deur opvoeding en bewusmakingsveldtogte. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)    (4)

                                             6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

3.3   Datarespons

      3.3.1   Noem die tipe besoedeling wat hierbo uitgebeeld word.

              Grondbesoedeling ✓                                                           (1)

      3.3.2   Watter tipe plastiek drasakke mag nie meer deur kleinhandelaars
              gebruik word nie?

              Dun plastieksakke of plastieksakke laer as 30 mikron. ✓                      (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term besoedeling.

              Besoedeling verwys na die toevoeging van kontaminante (gifstowwe) wat
              die natuurlike omgewing beskadig. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      3.3.4   Hoe benadeel die gebruik van plastiek die omgewing?

              Plastieksakke ontsier die omgewing/Dit neem baie jare om te ontbind en
              stel giftige stowwe in die grond, water en lug vry. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (1 x 2)   (2)

      3.3.5   Hoe kan die regering ingryp om die omgewing te help beskerm?

              •  Staan eiendomsregte aan die burgers toe sodat hulle die grond kan
                 versorg. ✓✓
              • Heffing vir die gebruik van die omgewing, bv. dwing mense om heffings
                 te betaal vir afval wat geproduseer word. ✓✓
              • Hef omgewingsbelasting op diegene wat goedere produseer wat
                 eksterne omgewingskoste genereer. ✓✓
              • Verskaf omgewingsubsidies aan diegene wat nuwe tegnologie
                 bekendstel wat die aarde red. ✓✓
              (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                      (2 x 2)    (4)

3.4   Verduidelik kortliks die verskil tussen ekonomiese goedere en vrye goedere.

                   Vrye goedere                        Ekonomiese goedere
       Hulle het geen ruilwaarde nie          Hulle het ŉ ruilwaarde aangesien
       alhoewel die meeste nut het. ✓✓        verbruikers bereid is om daarvoor te
                                              betaal. ✓✓
       Die meeste van hulle is gawes van die Hulle word vervaardig deur
       natuur wat beteken dat hulle natuurlik huishoudings en besighede uit
       beskikbaar is. ✓✓                      skaars hulpbronne. ✓✓
       bv., water ✓                           bv., ŉ stoel ✓

      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.)   (2 x 4)   (8)

                                             7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

3.5   Waarom is die werkloosheidskoers hoër tydens ŉ resessie?

      •  Tydens ŉ resessie is die vraag na goedere en dienste laag. ✓✓
      •  As gevolg van laer produksievlakke en inkomste kan maatskappye dit nie
         meer bekostig om al hul werkers in diens te neem nie. ✓✓
      • Aangesien maatskappye nie meer al hul werknemers kan bekostig nie, sal
         hulle hul arbeidsmag moet verminder. ✓✓
      • Dit verhoog die aantal werklose mense en die werkloosheidsyfer in die
         land. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.)
                                                                               (4 x 2)    (8)
                                                                                         [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           40

                                           8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)     GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
Inleiding:

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.

•  ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp         Maks. 2
   verband hou, te definieer of te omskryf.
• Moet nie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam:

Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
                                                                            Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek
en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
                                                                            Maks. 10
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir die blote lys van
feite.
Gevolgtrekking:

Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:

●    ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds
     genoem is te herhaal                                                   Maks. 2
●    Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
●    Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
     versterk
●    ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
●    Aanbevelings
                                                              TOTAAL          40

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE

•   Bespreek, in detail, die onderlinge verband tussen die vier deelnemers aan
    die ekonomiese kringloop.                                          (26 punte)
•   Evalueer die effek van die COVID-19-pandemie op die BBP-totale. (10 punte)

Inleiding

Ekonomiese kringloop toon die vloei van goedere, dienste, produksiefaktore, inkomste
en uitgawes, en die verhouding tussen die deelnemers in die ekonomie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                       (Maks. 2)

Liggaam
HOOFDEEL

Huishoudings

•   Huishoudings is die hoof verbruikers van ekonomiese goedere en dienste. ✓✓
•   Hulle gebruik hul inkomste om goedere en dienste van besighede te koop. ✓✓
•   Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die eienaars van
    die vier produksiefaktore is. ✓✓
•   Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan besighede. ✓✓
•   Huishoudings ontvang ŉ vergoeding van die besighede in die vorm van lone, huur,
    rente en wins. ✓✓

Sakesektor

•   Besighede koop die produksiefaktore by huishoudings in die faktormark. ✓✓
•   Besighede gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer. ✓✓
•   Besighede verkoop goedere en dienste aan huishoudings, die regering en die
    buitelandse sektor. ✓✓
•   Besighede ontvang ŉ inkomste van huishoudings, die regering en die buitelandse
    sektor. ✓✓

Regering

•    Die staat voorsien die huishoudings en besighede van openbare goedere en
     dienste. ✓✓
•    Bv., paaie, hawens, elektrisiteit, maatskaplike toelaes, hospitale, skole, ens. ✓
•    Die regering finansier sy besteding deur huishoudings en besighede te belas. ✓✓
•    Die staat ontvang belasting van huishoudings bv. inkomstebelasting. ✓✓
•    Die staat ontvang belasting van die sakesektor bv. maatskappybelasting. ✓✓
•    Die staat spandeer geld in die ekonomie van goedere en dienste van besighede
     en salarisse en lone van huishoudings. ✓✓

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

Buitelandse Sektor

•  Ingevoerde goedere en dienste vloei uit die buitelandse sektor en word deur die
   individuele huishoudings, besighede en die openbare sektor aangekoop. ✓✓
• Hierdie invoere kan gesien word as uitgawes van individuele huishoudings,
   besighede en die openbare sektor. ✓✓
• Daar is ook ŉ vloei van uitgevoerde goedere en dienste na die buitelandse sektor
   vanaf besighede. ✓✓
• Hierdie uitvoere sal inkomste vir individuele huishoudings, besighede en die
   openbare sektor tot gevolg hê. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

•    BBP is die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die
     geografiese grense van ŉ land gedurende ŉ bepaalde tydperk. ✓✓
•    Die COVID-19-pandemie het direkte impakte op nasionale inkomste veroorsaak
     as gevolg van voortydige dood, werkplekafwesigheid en vermindering in
     produktiwiteit. ✓✓
•    COVID-19 het ŉ negatiewe aanbodskok geskep, met vervaardigingsproduksie-
     aktiwiteit wat verlangsaam is as gevolg van wêreldwye voorsieningsketting-
     ontwrigting en sluiting van fabrieke. ✓✓
•    Verbruiksbesteding het afgeneem namate huishoudings hul bestedingsgedrag
     verander het as gevolg van verminderde inkomste en as gevolg van die vrees en
     paniek wat met die epidemie gepaard gaan. ✓✓
•    Diensbedrywe soos toerisme, restaurante, gasvryheid, hotel en vervoer het
     aansienlike verliese gely as gevolg van vermindering in reis beide plaaslik en
     internasionaal. ✓✓
•    Maatskappysluitings het groot werkloosheid in die land veroorsaak. ✓✓
•    Internasionale reisbeperkings het globale ekonomiese groei belemmer
     aangesien trekarbeiders ŉ belangrike bydrae tot die arbeidsmarkte gemaak
     het. ✓✓
•    ŉ Afname in die totale vraag na goedere en dienste het plaaslike produksie en
     maatskappywinste verminder. ✓✓
•    BBP het drasties gedaal weens die COVID-19-pandemie. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (Maks. 10)

Gevolgtrekking

Die COVID-19-pandemie sal waarskynlik voortgaan om ekonomiese aktiwiteite te
ontwrig en die vervaardigings- en diensbedrywe in ontwikkelende
lande negatief te beïnvloed. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.)                (Maks. 2)
                                                                                         [40]

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

•    Bespreek, in detail, die verskillende fases in ŉ sakesiklus.        (26 punte)
•    Hoe kan die sentrale regering sake-aktiwiteit beïnvloed?            (10 punte)

Inleiding

•    Sakesiklusse verwys na aaneenlopende periodes van uitbreiding en inkrimping
     van ekonomiese aktiwiteit. ✓✓
(Enige ander relevante inleiding.)                                       (Maks. 2)

Liggaam
HOOFDEEL

Voorspoedfase

•    Die voorspoedfase word gekenmerk deur verhoogde ekonomiese aktiwiteite
     binne ŉ land. ✓✓
•    Ekonomiese uitset, indiensneming en lone is geneig om gedurende hierdie fase
     van die sakesiklus te styg. ✓✓
•    Mense se lewenstandaarde is geneig om te verbeter. ✓✓
•    Verbruik neem toe aangesien verbruikers meer besteebare inkomste het. ✓✓
•    Besighede is geneig om meer winsgewend te wees omdat daar ŉ toename in
     aanvraag is. Dit lok meer entrepreneurs aan om die mark te betree, en uitset
     neem toe. ✓✓
•    Besighede verhoog hul beleggings gedurende hierdie fase. ✓✓
•    Nuwe besighede koop, bou of huur nuwe geboue. Besighede kan ook nuwe
     takke in ander gebiede byvoeg. ✓✓
•    Nuwe en bestaande besighede koop meer masjiene en toerusting om groter
     hoeveelhede goedere en dienste te produseer. ✓✓
•    Tydens die voorspoedsfase is daar ŉ toename in voorraad om verhoogde vraag
     te bevredig. ✓✓
•    Die toename in vraag na goedere skep ŉ toename in die vraag na arbeid. Meer
     werkers word in diens geneem. Werklose mense begin werk kry. ✓✓
•    Die voorspoedfase eindig wanneer die siklus sy hoogtepunt bereik. ✓✓

Resessie

•    Tydens ŉ resessie neem ekonomiese groei af. Dit word ook negatiewe
     ekonomiese groei genoem. ✓✓
•    Besighede raak pessimisties en verminder hul uitset. ✓✓
•    Die indiensnemingskoers neem af namate sommige werkers afgelê word. Dit lei
     tot ŉ vermindering in inkomste. ✓✓
•    Verbruik: Mense het minder geld in hul sakke. Gevolglik verbruik hulle minder.
     Daarom neem die totale vraag ook af .✓✓
•    Reële BBP: Die hoeveelheid goedere en dienste wat geproduseer word, neem af
     as gevolg van die afname in vraag. Met die afname in uitset neem reële BBP en
     ekonomiese groei af. ✓✓

                                           12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

•    Besighede is geneig om hul beleggings te verminder. Minder geld word spandeer
     om kapitaalgoedere aan te koop. ✓✓
•    ŉ Resessie eindig met ŉ trog. ✓✓

Depressie

•    Wanneer ŉ resessie vir ŉ lang tyd voortduur, staan dit bekend as ŉ depressie. ✓✓
•    ŉ Depressie is ŉ ernstige vorm van resessie. ✓✓
•    Tydens ŉ depressie is daar grootskaalse werkloosheid en ŉ ernstige tekort aan
     goedere en dienste. ✓✓
•    Depressies is skaars omdat regerings stappe doen om te verhoed dat resessies in
     depressies ontwikkel. ✓✓

Herstel

•    Tydens ŉ herstel begin die ekonomie weer groei. ✓✓
•    ŉ Herstel begin gewoonlik stadig en versnel met die verloop van tyd, ✓✓
•    Daar is ŉ geleidelike toename in vraag en in uitset wat uiteindelik tot meer
     welvaart sal lei. ✓✓

ADDISIONELE DEEL

•    Die fiskale beleid van die regering kan dien as ŉ stimulus wat gebruik kan word
     om ekonomiese aktiwiteit aan te spoor. ✓✓
•    Dit word deur die regering bewerkstellig deur besteding, vermindering van
     belastinginkomste, of ŉ kombinasie van die twee. Dit staan bekend as
     uitbreidende fiskale beleid. ✓✓
•    Aan die ander kant kan fiskale beleid ook as ŉ demping dien wat kan lei tot ŉ
     inkrimping van ekonomiese aktiwiteit. ✓✓
•    ŉ Styging in die vlak van belasting is geneig om ekonomiese aktiwiteit te vertraag
     deur individue se besteebare inkomste te verlaag. ✓✓
•    Dit sal waarskynlik veroorsaak dat verbruikers hul besteding aan goedere en
     dienste verlaag en kan lei tot laer produksievlakke en afname in ekonomiese
     aktiwiteit. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (Maks. 26)

GEVOLGTREKKING

•    Sakesiklusse is langtermyn neigings en kan van 3 tot 5 jaar of selfs 10 jaar duur
     en kan deur regeringsbeleid beïnvloed word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (Maks. 2)

                                                                TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                               TOTAAL:    100

                                              13

## Related documents

- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-possible-answers/1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P1 (AFR) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-afr-june-2022-question-paper/5f5a8c12-c75c-4de4-a0df-4bdd8362d8e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-question-paper/5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P2 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-eng-june-2022-possible-answers/b628cefe-9b61-4dc7-8944-b850686ebb13) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P2 (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-possible-answers/2fbfaa0f-9b3a-4494-b490-4ccc43257d1e) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2/6bab9eed-eb05-460c-a90c-1b7ae3db0240) — QP · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-english-june-2024-question-paper/6c40d10f-82fe-43f3-bea3-c9d464a800ff) — QP · 2024 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
