# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-afr-june-2022-question-paper/5f5a8c12-c75c-4de4-a0df-4bdd8362d8e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-afr-june-2022-question-paper/5f5a8c12-c75c-4de4-a0df-4bdd8362d8e1)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              PROVINSIALE EKSAMEN
                     JUNIE 2022
                     GRAAD 10

                       EKONOMIE

                      (VRAESTEL 1)

TYD: 1½ uur

PUNTE: 100

10 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                           2
                                                  (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord EEN van die twee vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal
      oorskry, sal NIE nagesien word nie.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer bo elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                            3
                                                    (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     20 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 E.

      1.1.1   ŉ …-stelling behels ŉ mening of waarde-oordeel.

              A    Negatiewe
              B    Positiewe
              C    Normatiewe
              D    Wetenskaplike

      1.1.2   Die proses om grondstowwe in voltooide goedere en dienste te verander
              word … genoem.

              A    verspreiding
              B    produksie
              C    verbruik
              D    belegging

      1.1.3   Betalings vir sosiale sekerheid, ongeskiktheidstoelaes en kinderonder-
              steuningstoelaes staan bekend as …

              A    oordragbetalings.
              B    sosiale betalings.
              C    spaargeld.
              D    beleggings.

      1.1.4   ŉ Voorbeeld van direkte belasting is ...

              A    LBS.
              B    Belasting op Toegevoegde Waarde.
              C    Sondebelasting.
              D    Aksynsbelasting.

      1.1.5   ŉ Aanwyser wat verander op dieselfde tyd as wat die ekonomie
              verander, word ŉ … aanwyser genoem.

              A    saamgestelde
              B    samevallende
              C    leidende
              D    sloerende                                                  (5 x 2)   (10)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                              4
                                                   (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.2.1 – 1.2.6) in die
        ANTWOORDBOEK neer, bv., 1.2.7 H.

               KOLOM A                                  KOLOM B
        1.2.1 Lone                  A    Die gedeelte inkomste wat nie aan goedere
                                         en dienste bestee word nie
        1.2.2 Spaar
                                    B    Die potensiële voordele waarop ŉ individu
        1.2.3 Faktormark                 misgeloop het wanneer hy een alternatief bo
                                         ŉ ander kies
        1.2.4 Geleentheidskoste
                                    C    Behaal nie ŉ prys in die mark nie
        1.2.5 Vrye goedere
                                    D    Glo dat markte inherent onstabiel is, en
        1.2.6 Keynesiaanse               skommelinge is deel van die manier waarop
                                         ŉ markekonomie funksioneer

                                    E    Die permanente vernietiging van woude om
                                         die grond vir ander gebruike beskikbaar te
                                         stel

                                    F    Die produksiefaktore word op hierdie markte
                                         verhandel

                                    G Word bepaal deur die vraag en aanbod van
                                      arbeid
                                                                          (6 x 1)            (6)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie.

      1.3.1   Grond, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap wat benodig word as
              insette om goedere en dienste te produseer

      1.3.2   Stel die onttrekking van geld uit die ekonomiese kringloop voor

      1.3.3   Die ekonomiese probleem van onbeperkte menslike behoeftes in ŉ
              wêreld met beperkte hulpbronne

      1.3.4   Die keerpunt in die sakesiklus waar die vlak van ekonomiese aktiwiteite
              op sy laagste is                                                 (4 x 1)       (4)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             20

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                                 5
                                                     (VRAESTEL 1)           GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE primêre sektor nywerhede.                                  (2 x 1)        (2)

      2.1.2   Waarom sal BBP-groei nie noodwendig tot ŉ hoër lewenstandaard vir
              alle burgers lei nie?                                        (1 x 2)                (2)

2.2   Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Wat is ekonomiese modelle?

        Sam Ouliaris
        ŉ Ekonomiese model is ŉ vereenvoudigde beskrywing van die werklikheid,
        ontwerp om hipoteses oor ekonomiese gedrag op te lewer wat getoets kan
        word. Verskillende ekonome sal verskillende oordeel vel oor wat nodig is om
        hul interpretasies van die werklikheid te verduidelik. Voorbeelde van
        ekonomiese modelle sluit in die Klassieke Model en die
        Produksiemoontlikheidsgrens.
                                                     [Aangepaste bron: https://www.imf.org]

      2.2.1   Gee EEN voorbeeld van ŉ ekonomiese model.                                            (1)

      2.2.2   Watter metode word deur ekonome gebruik om so objektief as moontlik
              te bly?                                                                              (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term positiewe stelling.                                        (2)

      2.2.4   Hoe help ekonomiese modelle ekonome?                                                 (2)

      2.2.5   Waarom is Ekonomie ŉ belangrike vak?                                                 (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE                             6
                                                          (VRAESTEL 1)        GRAAD 10

2.3   Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.

          Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei met 1,2% in Kwartaal 2: 2021

                     Vervoer en kommunikasie                                          6,9%

                                       Landbou                                     -0,4%

                           Persoonlike dienste                        -0,4%

                                          Handel                     -0,4%

                                        Mynbou                   -0,4%

                       Elektrisiteit, gas en water     -0,4%

        BBP                             -0,4%        Finansiële dienste

        1,2%                         -0,4%           Vervaardiging
                                     -0,4%           Regering

                                  -0,4%              Konstruksie

                                      [Aangepaste bron: http://www.statssa.gov.za/?p=14660]

      2.3.1   Identifiseer die bedryf wat die hoogste groeikoers aangeteken het.               (1)

      2.3.2   Watter globale gebeurtenis het bygedra tot die negatiewe groeikoerse
              in konstruksie?                                                                  (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk (BBP).                        (2)

      2.3.4   Hoe trek die plaaslike ekonomie voordeel uit die buitelandse sektor?             (2)

      2.3.5   Waarom is die BNP van ŉ land nie dieselfde as sy BBP nie?           (2 x 2)      (4)

2.4   Verduidelik kortliks die verskillende benaderings tot Ekonomie.             (4 x 2)      (8)

2.5   Hoe dra inspuitings by tot ekonomiese groei?                                             (8)
                                                                                              [40]

                                                                                                   b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                               7
                                                   (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem TWEE tipes skaarshede.                                      (2 x 1)        (2)

      3.1.2   Hoe verander die vlak van ekonomiese aktiwiteit tydens ŉ depressie?
                                                                             (1 x 2)          (2)

3.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  EK IS GEBORE OM BOEKE OP TE
                                                      TEL, NIE BAKSTENE NIE.
                                                      VRA WÊRELDLEIERS OM
                                                   KINDERARBEID TE BEËINDIG.

                                                                        [Bron: Google]

      3.2.1   Noem die skadelike arbeidspraktyk geïllustreer in die prente.                   (1)

      3.2.2   Op watter ouderdom mag ŉ mens wettiglik begin werk?                             (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term menseregte.                                           (2)

      3.2.4   Watter effek het armoede op menseregte?                                         (2)

      3.2.5   Hoe kan die regering help om menseregte te beskerm?               (2 x 2)       (4)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                              8
                                                   (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

3.3   Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Plastiekafval en klimaatsverandering – wat is die verband?

                                                   Plastiek is een van die mees
                                                   aanhoudende besoedelende
                                                   stowwe op aarde. Dit is gemaak
                                                   om te hou - en dit doen, dikwels
                                                   vir 400 jaar of meer. En by elke
                                                   stap in sy lewensiklus, selfs lank
                                                   nadat dit weggegooi is, skep
                                                   plastiek kweekhuisgasvrystellings
                                                   wat bydra tot die verwarming van
                                                   ons wêreld.

      3.3.1   Noem die tipe besoedeling wat hierbo uitgebeeld word.                          (1)

      3.3.2   Watter tipe plastiek drasakke mag nie meer deur kleinhandelaars
              gebruik word nie?                                                              (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term besoedeling.                                         (2)

      3.3.4   Hoe benadeel die gebruik van plastiek die omgewing?                            (2)

      3.3.5   Hoe kan die regering ingryp om die omgewing te help red?         (2 x 2)       (4)

3.4   Verduidelik kortliks die verskil tussen ekonomiese goedere en vrye goedere.
                                                                              (2 x 4)        (8)

3.5   Waarom is werkloosheid hoër tydens ŉ resessie?                                      (8)
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:               40

                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                               9
                                                   (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
Inleiding:

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.

•  ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp            Maks. 2
   verband hou, te definieer.
• Moet nie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding.
Liggaam:

Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
                                                                               Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken
word.

Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                               Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir die blote lys van
feite.
Gevolgtrekking:

Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:

●    ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds
     genoem is te herhaal.                                                     Maks. 2
●    Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
●    Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
     versterk
●    ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
●    Aanbevelings
                                                                TOTAAL           40

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, die onderlinge verband tussen die vier deelnemers aan die
    ekonomiese kringloop.                                                  (26 punte)
•   Evalueer die effek van die COVID-19-pandemie op die BBP-totale.
                                                                           (10 punte)   [40]

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, die verskillende fases in ŉ sakesiklus.          (26 punte)
•   Hoe kan die sentrale regering sake-aktiwiteit beïnvloed?              (10 punte)    [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                          TOTAAL:       100

                                             EINDE

## Related documents

- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-question-paper/5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-possible-answers/1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P2 (AFR) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-question-paper/844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-november-2022-question-paper/59363619-8ffa-425f-9efa-c640ecee3237) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (English) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-english-june-2018-question-paper/8e9cbddd-5194-4162-ae24-6f326b8b49cd) — Economics · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/aa451ed3-608a-4b51-901a-d63eec037da7) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-june-2024-possible-answers/c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
