# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-possible-answers/2fbfaa0f-9b3a-4494-b490-4ccc43257d1e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-possible-answers/2fbfaa0f-9b3a-4494-b490-4ccc43257d1e)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2022
                    GRAAD 10
                NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 2)

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                            (Vraestel 2)     GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                       20 PUNTE – 10 MINUTE

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1   1.1.1   C    – FNB, Capitec, Nedbank ✓✓

      1.1.2   B    – die aard van die produk is uniek. ✓✓

      1.1.3   C    – produksiemoontlikheidskromme ✓✓

      1.1.4   C    – maksimum prys ✓✓

      1.1.5   D    – Wetgewing ✓✓
                                                                             (5 x 2)   (10)

1.2   PAS KOLOMME

      1.2.1   D✓

      1.2.2   A✓

      1.2.3   F✓

      1.2.4   B✓

      1.2.5   E✓

      1.2.6   C✓
                                                                             (6 x 1) (6)

1.3   IDENTIFISEER DIE TERM

      1.3.1   Prys ✓

      1.3.2   Komplimentêre goedere✓

      1.3.3   Openbare goedere ✓

      1.3.4   Subsidies ✓
                                                                             (4 x 1)    (4)

                                                               TOTAAL AFDELING A:       20

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)         GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige EEN van die volgende twee vrae.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE vereistes vir die vestiging van ŉ mark.
              •   Ten minste een koper en een verkoper ✓
              •   Verkopers moet goedere of dienste hê om te verkoop en moet
                  bereid wees om te verkoop ✓
              •   Kopers moet die middele hê om vir goedere te betaal ✓
              •   Daar moet ooreenkoms wees oor die prys en hoeveelheid tussen
                  die koper en verkoper✓
              •   Transaksie moet volgens wette geformaliseer word ✓       (2 x 1)     (2)

      2.1.2   Hoe baat ŉ besigheid deur ŉ minimum prys?

              •   Teen ŉ hoër prys sal besighede groter winste maak. ✓✓
              •   Minimum pryse sal lei tot ŉ toename in produksie/aanbod van die
                  produkte. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (1 x 2)   (2)

                                           3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  EKONOMIE
                                                        NASIENRIGLYNE
                                                                                  (Vraestel 2)          GRAAD 10

2.2      Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                            160

                            140

                            120

      TOTALE NUT
            TOTAL UTILITY
                            100

                            80

                            60

                            40

                            20

                             0
                                      1             2           3           4           5           6
                                                      QUANTITY
                                                HOEVEELHEID    OF CHOCOLATRE BARS
                                                             SJOKOLADESTAFIES

         2.2.1                    Verskaf die grafiek met ŉ toepaslike opskrif.

                                   •   Totale nut grafiek van sjokoladestafies✓
                                  (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                      (1)

         2.2.2                    Identifiseer die sjokoladestafie met ŉ marginale nut van "0".

                                  •       Sjokoladestafie nommer 5 ✓                                             (1)

         2.2.3                    Wat behels die wet van dalende marginale nut ?

                                  •       Die wet van dalende marginale nut verklaar dat namate verbruik
                                          toeneem, die marginale nut afneem. ✓✓                                  (2)

         2.2.4                    Verduidelik die verhouding tussen die nut en vraag van ŉ produk.

                                  •       Hoe groter die bevrediging wat verkry word deur ŉ produk te
                                          verbruik, hoe groter is die vraag en omgekeerd. ✓✓                     (2)

         2.2.5                    Onderskei tussen nut en marginale nut.

                                  •       Nut is die bevrediging verkry uit die verbruik van ŉ produk/die krag
                                          of vermoë van ŉ produk om ŉ behoefte te bevredig.✓✓
                                  •       Marginale nut is die bykomende bevrediging verkry uit die verbruik
                                          van ŉ bykomende eenheid van ŉ produk of diens op ŉ sekere
                                          tyd. ✓✓                                                                (4)

                                                                    4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                               (Vraestel 2)     GRAAD 10

2.3   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                             PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME

                       500
                                                 A                     C
                       470

          APPELS
                       300
                                                          B

                                                                      D
                       260

                         0

                                                    300            450 550
                                               PIESANGS

      2.3.1        Hoeveel piesangs kan by punt D geproduseer word?

                   •    450 ✓                                                           (1)

      2.3.2        Identifiseer die punt van ondoeltreffendheid.

                   •    B✓                                                              (1)

      2.3.3        Beskryf kortliks die term produksiemoontlikheidskromme.

                   •    Die PMK toon alle moontlike kombinasies van goedere wat met ŉ
                        gegewe stel hulpbronne geproduseer kan word. ✓✓
                   (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                            (2)

      2.3.4        Waarom is dit nie moontlik om by punt C te produseer nie?

                    •   Skaarsheid✓✓
                    •   Tekort aan hulpbronne ✓✓
                    •   Punt is buite die PPC ✓✓
                   (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                            (2)

                                                5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 2)        GRAAD 10

      2.3.5   Bereken die geleentheidskoste as produksie van punt A na punt D
              verskuif. Toon die berekeninge.

              •    Die verskuiwing van produksie van A na D beteken dat ons die
                   produksie van appels moet opoffer. ✓✓
              •    A = 470 appels D = 260 appels
                                    = 470 – 260
                                    = 210 appels ✓✓                                    (4)

2.4   Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van volmaakte markte.

      •   Daar is ŉ groot aantal kopers en verkopers sodat niemand die markprys
          met hul gedrag kan beïnvloed nie. ✓✓
       • Kopers en verkopers het volle kennis en inligting oor marktoestande. ✓✓
       • Daar is geen hindernisse vir toegang en uitgang nie, kopers en verkopers is
          vry om die mark te verlaat of te betree. ✓✓
       • Alle goedere of dienste in die mark is identies of homogeen. ✓✓
       • Daar is geen regeringsinmenging in die mark om pryse te beïnvloed nie.
          ✓✓
       • Daar is geen samewerking tussen verkopers nie (geen samespanning nie).
          ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde.)             (8)

                                           6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                                 (Vraestel 2)      GRAAD 10

2.5   Teken ŉ grafiek en verduidelik die effek as die regering ŉ maksimum prys
      op ŉ produk stel.

                                                         A        Puntetoekenning
                      V
                                                                    Ekwilibrium = 1 punt
                                                                             VV = 1 punt
                                                                             AA = 1 punt
                                                                 Maksimum prys = 1 punt
                                                                                Maks. 4
                 P
          PrYS

                 P1                                      Maksimum prys
                          A        Tekort
                                                     V

                              Q1     Q     Q2
                                   Hoeveelheid

      •   Soms sal die regering die prys van ŉ goedere of diens op ŉ maksimum vlak
          stel wat onder die markprys is. ✓✓
      •   Die regering gryp in en aanvaar ŉ wet dat verskaffers nie meer as die
          maksimum prys mag hef nie. ✓✓
      •   Die onmiddellike effek is dat die hoeveelheid aanbod sal daal. ✓✓
      •   Die tekort wat deur die prys plafon veroorsaak word, skep ŉ probleem van
          hoe om die goedere toe te ken sedert die vraag toegeneem het. ✓✓
      •   Swart markte begin ontwikkel. ✓✓
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)
      (Maksimum 4 punte vir verduideliking.)                                               (8)
                                                                                           [40]

                                                 7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)        GRAAD 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Gee enige twee voorbeelde van geografiese markte.

              • Plaaslike markte ✓
              • Streeksmarkte ✓
              • Nasionale markte ✓
              • Wêreldmarkte ✓
              (Enige korrekte relevante antwoord.)                          (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Wat word met produksie ondoeltreffendhede bedoel?

              • As minder geproduseer word as wat moontlik is met die bestaande
                hulpbronne, word dit ondoeltreffendhede genoem. ✓✓
              • Vervaardiging onder die produksiemoontlikheidskromme (PMK). ✓✓
                                                                            (1 x 2)   (2)

3.2   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                              Ek besit die enigste
                              kruidenierswinkel in
                                   die dorp!
                                                      Nog ŉ prysverhoging
                                                        word ingestel vir
                                                          elektrisiteit.

      3.2.1   Watter tipe markstruktuur word in die spotprent hierbo
              geïllustreer?

              •   Onvolmaakte mark/Monopolie ✓                                        (1)

      3.2.2   Gee EEN voorbeeld van so ŉ markstruktuur in Suid-Afrika.

              •   Eskom/Transnet/Poskantore in Suid-Afrika/SAL/DENEL ✓
              (Aanvaar enige korrekte, relevante voorbeelde.)                         (1)

                                            8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                         NASIENRIGLYNE
                                                    (Vraestel 2)        GRAAD 10

3.2.3   Beskryf kortliks die term monopolie.

        •   Daar is slegs een verskaffer van ŉ produk en daar is geen manier
            dat verbruikers iets anders vir daardie produk kan vervang nie,
            aangesien dit uniek is. ✓                                          (2)

3.2.4   Verduidelik kortliks heterogene produkte as ŉ kenmerk van ŉ
        monopolie.

        •   Die produkte in die mark verskil van mekaar. ✓✓                    (2)

3.2.5   Hoe kan meer kruidenierswinkels in die dorp verbruikers
        bevoordeel?

        •   Die kwaliteit en diens van die produk sal verbeter as gevolg van
            mededinging. ✓✓
        •   Die aanbod van die produk sal toeneem as gevolg van verhoogde
            mededinging. ✓✓
        •   As gevolg van ŉ toename in die aanbod van die produk, sal
            verbruikers laer pryse betaal. ✓✓
        •   ŉ Verskeidenheid van die produk sal verkoop word. ✓
        •   Dit verlaag die moontlikheid van samespannings. ✓✓
        (Aanvaar enige ander relevante, korrekte antwoord.)                    (4)

                                     9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                           (Vraestel 2)          GRAAD 10

3.3   Bestudeer die volgende beeld en beantwoord die vrae wat volg.

                                          [Bron: Google beelde/VectorStock/27422520]

      3.3.1   Identifiseer die belasting wat van toepassing is op die produkte in
              die beeld.

              •   Aksynsbelasting/Sondebelasting ✓                                      (1)

      3.3.2   Noem enige ander voorbeeld van indirekte belasting.

               • BTW✓
               • Invoer belasting/Doeane belasting ✓
               • Seël belasting ✓
               • Hereregte ✓
              (Aanvaar ander korrekte voorbeelde.) ✓                                    (1)

      3.3.3   Wat word bedoel met direkte belasting?

              •   Belasting wat gehef word op die inkomste van individue en die
                  winste van besighede ✓✓                                               (2)

      3.3.4   Verduidelik kortliks waarom die regering belasting op produkte
              soos alkohol en sigarette sal hef.

              •   Om inkomste vir die staat in te samel ✓✓
              •   Om verbruik te verminder deur verbruikersgedrag te beïnvloed/Om
                  die verbruik van skadelike produkte soos sigarette, alkohol, ens te
                  verminder. ✓✓                                                         (2)

                                           10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                           (Vraestel 2)        GRAAD 10

      3.3.5   Gebruik ŉ grafiek, verduidelik hoe ŉ toename in indirekte belasting
              die prys van produkte sal beïnvloed.

              Prys
                                           A1       ✓✓ Verskuiwing in aanbodkromme
                                                    A

                                                Styging in prys as gevolg van ŉ
              P                                 toename in indirekte belasting ✓✓

                                                V

                                  Q
                                                             Hoeveelheid
                                                                                          (4)

3.4   Bespreek die eienskappe van onverskilligheidskrommes.

      •   Altyd afwaarts-skuins/negatief skuins – Wanneer die hoeveelheid van een
          produk toeneem, moet die ander afneem, aangesien die kromme al die
          kombinasies verteenwoordig wat dieselfde nut gee. Die gradiënt van die
          helling toon die marginale tempo van tevredenheid. ✓✓
      •   Hoër onverskilligheidskrommes word verkies – Daar is baie verskillende
          kombinasies van die verbruiker se keuse tussen die twee produkte. Hoe
          verder die kromme van die oorsprong van die grafiek is, hoe groter is die
          bevrediging verkry. ✓✓
      •   Hulle buig na binne (konveks) – Die helling van ŉ onverskilligheidskromme
          verteenwoordig die marginale substitusiekoers. Dit is die koers waarteen
          die verbruiker een produk verhandel (waarvan hulle ŉ groter hoeveelheid
          het) vir die ander produk (waarvan hulle ŉ kleiner aanbod het). ✓✓
      •   Moenie oorsteek of aanraak nie – Aangesien alle punte op die kromme
          dieselfde nut verteenwoordig, en alle kombinasies van twee goedere op ŉ
          spesifieke kromme dieselfde bevrediging aan die verbruiker sal lewer,
          beteken dit dat alle punte altyd dieselfde bevrediging sal gee. Dit is dus
          onmoontlik vir die verbruiker om onverskillig te wees.✓✓
      •   Verskillende gevormde krommes van verbruiker tot verbruiker – ŉ
          Onverskilligheidskromme weerspieël slegs die voorkeure en nut wat die
          individuele verbruiker verkry. ✓✓
      (Maks. 4 punte vir die lys van feite sonder bespreking.)                         (8)

                                           11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                              NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)        GRAAD 10

3.5   Hoe kan die regering verbruikers teen uitbuiting deur onvolmaakte markte
      beskerm?

      •   Die regering kan die heffing van abnormale pryse ondersoek en boetes oplê
          aan maatskappye wat geraak word. ✓✓
      •   Die regering kan prysvasstelling deur oligopoliste ondersoek en boetes
          daarop oplê. ✓✓
      •   Wette kan aangeneem word wat mededinging aanmoedig en goedere
          bekostigbaar maak. ✓✓
      •   Die regering kan inligting verskaf oor pryse van goedere en dienste waar
          inligting onvolledig is./Die regering kan inligtingsdienste aan besighede
          verskaf ✓✓soos tegniese advies, inligting oor markte, ens. ✓
      •   Deur die mededingingsbeleide kan die regering onwettige samesmelting
          van groot sakeondernemings voorkom. ✓✓
      (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.)                                       (8)
                                                                                      [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          40

                                          12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                             (Vraestel 2)      GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                              PUNTE
                       STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
   Inleiding:

   Die inleiding is ŉ laer-orde respons.

   •  ŉ Goeie beginpunt sou wees om ŉ sleutelkonsep te definieer wat in       Maks. 2
      die vraag verskyn.
   • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
   • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
   • Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek nie.
   Liggaam:

   Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek      Maks. 26
   krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
   Debatteer.

   Addisionele deel: Gee eie mening /Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
   krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
   verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/           Maks. 10
   Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor/
   Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/Evalueer
   Gevolgtrekking:

   Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:

   •   ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
       reeds in die liggaam genoem is, te herhaal                             Maks. 2
   •   Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek word
   •   Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
       versterk
   •   ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
   •   Aanbevelings
                                                                TOTAAL          40

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                             (Vraestel 2)        GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

•     Bespreek, in detail, prysvorming onder die volgende opskrifte:

      o    Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
      o    Verandering in vraag en aanbod

      Gebruik volledig benoemde grafieke.                                   (26 punte)

•     Na jou mening, waarom word subsidies deur die regering aan die
      verskillende rolspelers in die ekonomie gegee.                 (10 punte)          [40]

INLEIDING
Die prys van ŉ goedere of ŉ diens is gebaseer op die verhouding tussen die vraag en
aanbod daarvan. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                           (Maks. 2 punte)      (2)

HOOFDEEL
Mark ewewig/ekwilibrium
•     Die mark wil nie ŉ ooraanbod van goedere hê nie, aangesien daar dan
      vermorsing sal wees.✓✓
•     Die mark wil ook nie ŉ onderaanbod van goedere hê nie, aangesien
      maatskappye geleenthede sal misloop. ✓✓
•     Die beste plek om te bedryf is waar die hoeveelheid wat gevra word, gelyk is aan
      die hoeveelheid wat deur die maatskappye aangebied word. ✓✓
•     Die ewewigsprys is die prys waarteen vraag en aanbod dieselfde is.✓✓
•     Die ewewigshoeveelheid is wanneer die hoeveelheid goedere wat aangebied
      word, gelyk is aan die hoeveelheid wat gevra word.✓✓
•     Ewewig bestaan waar die aanbodkromme en die vraagkromme kruis.✓✓

    Prys
                            S

P1                      Mark Ekwilibrium

                           D
                                                     Hoeveelheid/x-as 1 punt
                                                     Prys/y-as        1 punt
                 H        Hoeveelheid                Ewewig punt      2 punte

(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                             (Maks. 10 punte)

                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 2)         GRAAD 10

Verandering in vraag

•    Daar is verskeie faktore wat die vraag na ŉ produk kan beïnvloed ✓✓
•    Verandering in inkomste ✓✓
•    ŉ Verandering in tendense of mode ✓✓
•    Suksesvolle advertensieveldtogte ✓✓
•    Bevolkings- of markgroei ✓✓
•    Verandering in ekonomiese klimaat, byvoorbeeld ŉ resessie of ŉ
     oplewingsfase ✓✓
•    ŉ Verandering in die prys van plaasvervanger produkte ✓✓
•    ŉ Verandering in die prys van aanvullende produkte ✓✓

             V1
         V                        A

    P1
    P

                                                   Hoeveelheid/x-as        1 punt
                                                   Prys/y-as               1 punt
                       H   H1                      Verandering in vraag    2 punte

•   Die vraagkromme sal op en na regs beweeg, wat sal veroorsaak dat die ewewig
    verander. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                         (Maks. 8 punte)

                                           15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 2)          GRAAD 10

Verandering in aanbod
•   Daar is verskeie faktore wat ŉ verandering in die aanbod van ŉ produk kan
    beïnvloed.✓✓
•   Verandering in bedryfsgrootte✓✓
•   ŉ Verandering in produksietegnieke wat produsente in staat sal stel om meer te
    produseer.✓✓
•   Die koste van produksie: as dit verhoog, sal die bedrag wat geproduseer word,
    afneem✓✓
•   ŉ Toename in die prys van mededingende goedere✓✓
•   Regeringsbeleid, byvoorbeeld ŉ toename in belasting✓✓
•   Natuurlike faktore soos droogtes of vloede✓✓

     Prys
                            A
                                    A1

    P
    P1

                                V                Hoeveelheid/x-as     1 punt
                H   H   1                        Prys/y-as            1 punt
                            Hoeveelheid          Verandering in vraag 2 punte

•   Die vraagkromme sal af en na regs beweeg, wat die ewewigspunt sal laat
    beweeg.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                        (Maks. 8 punte)
                                                                        (26 punte)

ADDISIONELE DEEL
•   Subsidies is betalings wat deur die regering gemaak word om die produksie of
    gebruik van ŉ spesifieke produk te bevorder.✓✓
•   Subsidies word aan produsente gegee om beginnerondernemings in die vroeë
    stadiums aan te moedig wanneer hulle nie kan meeding nie.✓✓
•   Subsidies help om werk en entrepreneurskap te bevorder.✓✓
•   Subsidies help produsente om meer produkte te produseer, soms vir buitelandse
    markte.✓✓
•   Subsidies aan verbruikers word gegee om armer mense te bevoordeel,
    aangesien die subsidie die prys verlaag.✓✓
•   Subsidies moedig die gebruik van ŉ spesifieke produk of diens aan, byvoorbeeld
    vervoersubsidies.✓✓
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                (Maks. 10 punte)
SLOT
(Aanvaar enige relevante hoë-orde gevolgtrekking.)                  (Maks. 2 punte)
                                                                                      [40]

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                           (Vraestel 2)         GRAAD 10

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
                                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die redes vir, en die impak van minimum lone op die vraag en
    aanbod in die arbeidsmark.                                      (26 punte)

•   Gee aanbevelings aan die regering oor hoe hulle markmislukking kan
    voorkom.                                                        (10 punte)          [40]

INLEIDING

Minimum loon is die laagste loon wat ŉ werkgewer toegelaat word om ŉ werker per
maand te betaal.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                         (Maks. 2 punte)

HOOFDEEL
Redes vir minimum lone
•   Minimum lone word ingestel om te verseker dat die lewenstandaard van die
    mense wat die laagste lone verdien, nie deur werkgewers uitgebuit word nie. ✓✓
•   Minimum lone verminder die uitbuiting van laer betaalde werkers.✓✓
•   Minimum lone verminder inkomsteongelykheid deur inkomste van lae-inkomste
    huishoudings te verhoog.✓✓
•   Minimum lone keer die gevolge van werkgewerdiskriminasie om.✓✓
•   Minimum lone moedig meer mense aan om die arbeidsmag te betree.✓✓
•   Minimum lone verminder die las op die staat om maatskaplike toelaes te
    betaal.✓✓

Impak van minimum lone

•   Minimum lone sal veroorsaak dat ŉ oorskot van arbeid in die mark aangebied
    word.✓✓
•   Die hoeveelheid arbeid wat verskaf word, sal groter wees as die hoeveelheid wat
    gevra word.✓✓
•   Die loonkoers styg in die mark tot bo die ewewigspunt.✓✓
•   Mense word ŉ billike loon vir hul dienste betaal.✓✓
•   Daar is ŉ daling in die vraag na arbeid as gevolg van hoër lone.✓✓
•   Werkloosheid sal dus toeneem.✓✓
•   Daar is ŉ risiko van hoër looninflasie as gevolg van maatskappye wat hul
    verkoopprys moet verhoog om aan te pas by hoër lone.✓✓
•   Skade aan die mededingendheid van sommige besighede as gevolg van die hoër
    produksiekoste.✓✓
•   Vryemark-ekonome glo dat ŉ minimum loon kunsmatige voorstellings skep in die
    manier waarop die arbeidsmark werk.✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                            (Maks. 26 Punte)

                                            17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                              (Vraestel 2)          GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

•   Die regering kan daardie goedere en dienste verskaf, soos openbare goedere
    (bv. elektrisiteit, skole, hospitale en vullisverwydering) wat te duur kan wees vir
    die markmeganisme om te voorsien. ✓✓
•   Die regering kan wetgewing implementeer wat mededinging aanmoedig en hoë
    pryse verbied. ✓✓
•   Die verkoop van sekere produkte (bv. sigarette en alkohol) aan kinders kan
    verbied word. ✓✓
•   Die regering kan werknemers beskerm deur maksimum werksure in te stel en ŉ
    minimum loon vir sekere werksgeleenthede in te stel. ✓✓
•   Hulle kan kwessies van inkomste-ekwiteit en regverdigheid in die werkplek
    aanspreek deur beleide soos regstellende aksie of ekonomiese
    bemagtiging. ✓✓
•   Die regering kan sy begroting gebruik om die manier waarop huishoudings en
    maatskappye hul hulpbronne gebruik, te beïnvloed. ✓✓
•   Hulle kan indirekte belasting verhoog op produkte soos drank en sigarette wat
    mense sal dwing om minder te koop en eerder meer geld aan ander
    noodsaaklikhede te spandeer.✓✓
•   Subsidies of belastingverligting kan aan sekere maatskappye verskaf word. ✓✓
•   Hulle kan maatskaplike toelaes aan sekere individue aanpas. ✓✓
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                     (Maks. 10 punte)

GEVOLGTREKKING

(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.)                    (Maks. 2 punte)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                             TOTAAL:       100

                                              18

## Related documents

- [Gr10 EC P2 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-eng-june-2022-possible-answers/b628cefe-9b61-4dc7-8944-b850686ebb13) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P2 (AFR) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-question-paper/844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-possible-answers/1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (English) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-english-november-2022-possible-answers/fa1928c3-3a90-486b-bc62-cc07ef0dce38) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2/6bab9eed-eb05-460c-a90c-1b7ae3db0240) — QP · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-english-june-2024-question-paper/6c40d10f-82fe-43f3-bea3-c9d464a800ff) — QP · 2024 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
