# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-question-paper/844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-question-paper/844b9804-b43d-4574-916f-9d9d47a7a14e)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2022
                             GRAAD 10

                               EKONOMIE

                              (VRAESTEL 2)

TYD:         1½ uur

PUNTE:       100

10 bladsye

                                                    b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                             (Vraestel 2)                 GRAAD 10    2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      •    AFDELING A: VERPLIGTEND
      •    Afdeling B: Beantwoord EEN van die twee vrae
      •    Afdeling C: Beantwoord EEN van die twee vrae

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde van meer as die vereiste
      getal sal NIE gemerk word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Lees die vrae noukeurig deur.

5.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Laat 2 – 3 lyne tussen die subafdelings van die vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volledige sinne en verseker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.

8.    Gebruik slegs blou of swart ink.

9.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                             (Vraestel 2)                  GRAAD 10        3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                                30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK, bv. 1.1.6 E.

      1.1.1   Watter van die volgende is NIE ŉ voorbeeld van besighede in ŉ oligopolie
              nie?

              A   MTN, Vodacom, Cell C
              B   BP, Total, Engen
              C   FNB, Capitec, Nedbank
              D   Burger King, MacDonalds, Steers

      1.1.2   ŉ Kenmerk van ŉ monopolie is dat ...

              A   daar baie kopers en verkopers in die mark is.
              B   die aard van die produk uniek is.
              C   die aard van die produk homogeen is.
              D   verskaffers prysnemers is.

      1.1.3   ŉ Grafiek wat die doeltreffende gebruik van alle moontlike hulpbronne
              toon, is ŉ ...

              A   aanbodkromme.
              B   vraagkromme.
              C   produksiemoontlikheidskromme.
              D   onverskilligheidskromme.

      1.1.4   Die hoogste prys waarteen ŉ produk verkoop mag word, staan bekend as
              die ...

              A   aankoopprys.
              B   verkoopprys.
              C   maksimum prys.
              D   minimum prys.

      1.1.5   Watter van die volgende is NIE ŉ rede vir markmislukking NIE?

              A   Onderaanbod van goedere en dienste
              B   Onbillike pryse
              C   Die verdeling van inkomste en welsyn
              D   Wetgewing
                                                                                 (5 x 2)   (10)

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                             (Vraestel 2)                   GRAAD 10      4

1.2   Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat ooreenstem met ŉ item in KOLOM A. Skryf
      slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.7 H.

              KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1   Adam Smith          A   Markte is nie beperk tot slegs sekere lande nie

      1.2.2   Globalisering       B   Alle hulpbronne in die ekonomie word effektief
                                      gebruik
      1.2.3   Geleentheidskoste
                                  C   Bestaan uit die totale voordele wat die
      1.2.4   Doeltreffendheid        samelewing verkry uit die verbruik en produksie
                                      van goedere of dienste
      1.2.5   Ad valorem
              belasting           D   Die vader van die moderne ekonomie

      1.2.6   Sosiale voordele    E   Waar belasting bereken word as ŉ persentasie
                                      van die produk

                                  F   Die waarde van alternatiewe wat opgegee is as
                                      gevolg van ŉ keuse

                                  G   Geld wat gehef word op die inkomste van
                                      individue en maatskappye
                                                                                (6 x 1)       (6)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      elk van die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie.

      1.3.1   Die ruilwaarde van ŉ produk vermeld in terme van geld

      1.3.2   Produkte wat saam met ander produkte gebruik word

      1.3.3   Goedere wat almal bevoordeel en wat beskikbaar is vir almal

      1.3.4   Betalings wat deur die regering gemaak word om die produksie of gebruik
              van ŉ bepaalde produk of diens te bevorder                       (4 x 1)        (4)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              20

                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                                                (Vraestel 2)                GRAAD 10        5

AFDELING B

Beantwoord enige EEN van die volgende twee vrae.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1                 Noem enige TWEE vereistes vir die vestiging van ŉ mark.               (2 x 1)       (2)

      2.1.2                 Hoe baat ŉ besigheid deur ŉ minimum prys?                             (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                          160

                          140

                          120

        TOTALE
           TOTALNUT
                          100

                UTILITY
                          80

                          60

                          40

                          20

                           0
                                   1            2           3               4        5        6
                                                   QUANTITY OF
                                               HOEVEELHEID     CHOCOLATRE BARS
                                                             SJOKOLADESTAFIES

      2.2.1                 Verskaf ŉ toepaslike opskrif vir die grafiek.                                       (1)

      2.2.2                 Identifiseer die sjokoladestafie met ŉ marginale nut van "0".                       (1)

      2.2.3                 Wat behels die wet van dalende marginale nut ?                                      (2)

      2.2.4                 Verduidelik die verhouding tussen die nut en die vraag van ŉ produk.                (2)

      2.2.5                 Onderskei tussen nut en marginale nut.                                              (4)

                                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                (Vraestel 2)                  GRAAD 10   6

2.3   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                           PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME

                        500
                                                    A                     C
                        470

              APPELS
                        300                             B

                        260                                             D

                          0

                                                        300        450 550

                                              PIESANGS

      2.3.1     Hoeveel piesangs kan by punt D geproduseer word?                             (1)

      2.3.2     Identifiseer die punt van ondoeltreffendheid.                                (1)

      2.3.3     Beskryf kortliks die term produksiemoontlikheidskromme.                      (2)

      2.3.4     Waarom is dit nie moontlik om by punt C te produseer nie?                    (2)

      2.3.5     Bereken die geleentheidskoste as produksie van punt A na punt D
                verskuif? Toon jou berekeninge.                                              (4)

2.4   Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van volmaakte markte.                          (8)

2.5   Teken ŉ grafiek en verduidelik die effek as die regering ŉ maksimum prys op ŉ
      produk stel.                                                                        (8)
                                                                                         [40]

                                                                                         b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                              (Vraestel 2)                  GRAAD 10       7

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Gee enige TWEE voorbeelde van geografiese markte.                  (2 x 1)       (2)

      3.1.2   Wat word bedoel met produksie ondoeltreffendhede?                  (1 x 2)       (2)

3.2   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                               Ek besit die enigste
                               kruidenierswinkel in
                                    die dorp!
                                                          Nog ŉ prysverhoging
                                                            word ingestel vir
                                                              elektrisiteit.

      3.2.1   Watter tipe markstruktuur word in die spotprent hierbo geïllustreer?             (1)

      3.2.2   Gee een voorbeeld van so ŉ markstruktuur in Suid-Afrika.                         (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term monopolie.                                             (2)

      3.2.4   Verduidelik kortliks heterogene produkte as ŉ kenmerk van ŉ monopolie.           (2)

      3.2.5   Hoe kan meer kruidenierswinkels in die dorp verbruikers bevoordeel?              (4)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                              (Vraestel 2)                   GRAAD 10    8

3.3   Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                         [Bron: Google beelde/VectorStock/27422520]

      3.3.1   Identifiseer die belasting wat van toepassing is op die produkte in die
              beeld.                                                                         (1)

      3.3.2   Noem enige ander voorbeeld van indirekte belasting.                            (1)

      3.3.3   Wat word bedoel met direkte belasting?                                         (2)

      3.3.4   Verduidelik kortliks waarom die regering belasting op produkte soos
              alkohol en sigarette sal hef.                                                  (2)

      3.3.5   Gebruik ŉ grafiek om te verduidelik hoe ŉ toename in indirekte belasting
              die prys van produkte sal beïnvloed.                                           (4)

3.4   Bespreek die eienskappe van onverskilligheidskrommes.                                  (8)

3.5   Hoe kan die regering verbruikers teen die uitbuiting van onvolmaakte markte
      beskerm?                                                                            (8)
                                                                                         [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:        40

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                              (Vraestel 2)                  GRAAD 10      9

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                               PUNTE
                        STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
  Inleiding

  Die inleiding is ŉ laer-orde respons.

  • ŉ Goeie beginpunt sou wees om ŉ sleutelbegrip te definieer wat in          Maks. 2
     die vraag verskyn.
  • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
  • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
  • Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek nie.
  Liggaam:

  Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/krities          Maks. 26
  Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
  Assesseer/Debatteer.

  Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
  krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
  verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/              Maks. 10
  Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks /Hoe?/Stel voor/
  Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/Evalueer
  Gevolgtrekking:

  Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:

  • ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
    reeds in die liggaam genoem is, te herhaal                                 Maks. 2
  • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek word
  • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
    versterk
  • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig.
  • Aanbevelings
                                                              TOTAAL             40

                                                                                          b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek prysvorming in detail onder die volgende opskrifte:

    o   Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
    o   Verandering in vraag en aanbod

    Gebruik volledig benoemde grafieke.                                   (26 punte)

•   Na jou mening, waarom word subsidies deur die regering aan die verskillende
    rolspelers in die ekonomie gegee.                                      (10 punte)   [40]

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die redes vir, en die impak van minimum lone op vraag en aanbod in die
    arbeidsmark.                                                          (26 punte)

•   Gee aanbevelings aan die regering oor hoe hulle markmislukking kan voorkom.
                                                                          (10 punte)    [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                           TOTAAL:      100

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr10 EC P2 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-eng-june-2022-possible-answers/b628cefe-9b61-4dc7-8944-b850686ebb13) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr10 EC P2 (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p2-afr-june-2022-possible-answers/2fbfaa0f-9b3a-4494-b490-4ccc43257d1e) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 EC P1 (AFR) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-afr-june-2022-question-paper/5f5a8c12-c75c-4de4-a0df-4bdd8362d8e1) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-question-paper/5334e44f-418f-4d66-8c2b-a05d4703e014) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Grade 10 Economics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/aa451ed3-608a-4b51-901a-d63eec037da7) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-english-june-2024-possible-answers/c23085d5-738d-46b4-b878-072af26bc958) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
