# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2020
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       NASIENRIGLYNE

15 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 10

AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1    MEERVOUDIGEKEUSE VRAE
       1.1.1   C    Ekonomie
       1.1.2   A    Sosiale wetenskappe
       1.1.3   D    Positiewe stelling
       1.1.4   A    Absolute skaarsheid
       1.1.5   C    kinders benodig word om te werk.
       1.1.6   B    effektief te beplan.
       1.1.7   A    kringmigrasie
       1.1.8   D    Suid-Afrika
                                                                                  (2 x 8) (16)
1.2    PASITEMS

       1.2.1   D     Proses waardeur ŉ entrepreneur beskikbare hulpbronne kombineer en
                      dit omskep in ŉ soort produk wat gebruik word om in die behoeftes en
                      begeertes van die bevolking te voorsien
       1.2.2   A     Die produksie aktiwiteite betrokke by die verspreiding van goedere en
                      die voorsiening van dienste aan die publiek
       1.2.3   B     Wanneer ŉ onderneming spesialiseer in die produksie van een produk
                      of diens
       1.2.4   C     Die proses waardeur produkte van produsent na verbruiker beweeg en
                      dit word handel genoem.
       1.2.5   F     Lei tot die verlies van ekonomies aktiewe familielede en sosiale
                      probleme
       1.2.6   H     Buitelanders wat permanent 'n land binnekom
       1.2.7   E     Ontwikkel aan die buitewyke van Suid-Afrikaanse stede as gevolg van
                      'n agterstand in behuising
       1.2.8   G     Sluit mikrobesighede soos straatverkopers in
                                                                                    (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE KONSEP

      1.3.1    Aanvullings
      1.3.2    Ekonomiese kringloop
      1.3.3    Publieke goedere
      1.3.3    Heterogeen 
      1.3.5    Demografiese siklus 
      1.3.6    Emigrante 
                                                                                   (6 x 1) (6)
                                                                                          [30]
                                                                   TOTAAL AFDELING A: 30

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                 MEMORANDUM           (Vraestel 1)            GRAAD 10

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.
      2.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese probleme wat mense dwing om antwoorde te
            vind.
               Wat geproduseer moet word?
               Hoe dit geproduseer moet word?
               Vir wie dit geproduseer moet word?                         (Enige 2 x 1) (2)

      2.1.2 Waarom word Ekonomie as ŉ sosiale wetenskap beskou?

            Dit is ŉ sosiale wetenskap wat fokus op die ontleding van mense en hul
             gedrag 
                                                                               (1 x 2) (2)
2.2   DATA-RESPONS
      2.2.1 Gee ŉ voorbeeld van belasting op produkte.

               BTW 
               Brandstofheffing 
               Belastings op versekeringspremies 
               Belasting op motorregistrasie                             (Enige 1 x 1) (1)

      2.2.2 Watter instelling is verantwoordelik vir die publisering van nasionale
            rekeninginligting?

            Kwartaallikse bulletin                                                       (1)

      2.2.3 Beskryf kortliks die term faktorkoste.
            Die koste van goedere en dienste geproduseer in ŉ land voordat belasting en
            subsidies bygevoeg is.                                                      (2)
      2.2.4 Waarom is die BNP-syfers oor die algemeen laer as die BBP syfers in Suid-
            Afrika?
            Omdat SA meer afhanklik is van buitelandse beleggers as wat hulle van ons
            afhang                                                                      (2)

      2.2.5 Bereken die bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste in die bostaande
            tabel gemerk (A). Toon AL die berekeninge.

            2 320 179 + 1 249 182 + 6 764 86  = 4 245 847                    (2 x 2) (4)

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 10

2.3   DATA RESPONS
      2.3.1 Benoem die lyn met ŉ positiewe skuins helling op die grafiek.
            Tendenslyn                                                                     (1)
      2.3.2 Wat word die afstand van die piek tot die trog genoem?
            Amplitude                                                                      (1)
      2.3.3 Beskryf kortliks die term teen konstante pryse.

               Hierdie is pryse van goedere en dienste wat aangepas is vir inflasie      (2)

      2.3.4 Beskryf kortliks ŉ kenmerk van die depressiefase.
               Ondernemings sluit, mense verloor werk en werkloosheid is
                baie hoog.                                                                (2)

      2.3.5 Onderskei tussen Monetaristiese en Keynesiaanse benaderings oor
            sakesiklusse.

               Monetariste glo dat skommelinge in ŉ sakesiklus deur eksterne faktore
                veroorsaak word. 
               Keynesiaanse benadering glo dat skommelinge deur interne faktore
                veroorsaak word.                                                (2 x 2) (4)

2.4   Verduidelik die verskil tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie.

                     Makro-ekonomie                            Mikro-ekonomie
         Dit bestudeer die geheel en fokus op      Bestudeer klein eenhede of klein dele,
         die totale of aggregaat ekonomiese        dus besluit individuele besluitnemers,
         gedrag, bv. totale produksie, totale      bv. individue/huishoudings/verbruikers
         inkomste en besteding                   ens. wat om te koop. 
         Ekonomiese groei                         Produsente besluit wat om te
         Algemene prysvlak en inflasie           produseer, hoeveel en teen watter prys
         Die betalingsbalans                     om te verkoop
                                                   Vraag en aanbod, sodoende ook die
                                                   ewewig in die mark asook
                                                   markpryse

                                                                                   (4 x 2) (8)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                 MEMORANDUM           (Vraestel 1)            GRAAD 10

2.5   Bespreek kortliks die metodes om BBP te bepaal.

        Daar is drie maniere om die BBP te bereken – wat teoreties tot dieselfde bedrag
         moet opsom. 
       Produksiemetode: 
         o    Met hierdie metode word die BBP bepaal deur die som van die toegevoegde
              waarde in elke stadium van die produksieproses. 
       Inkomstemetode: 
         o    Met hierdie metode word die BBP bepaal deur inkomste verdien uit die
              produksiefaktore binne die landsgrense. 
       Bestedingsmetode: 
         o    Met hierdie metode word die BBP bepaal deur die totale besteding aan alle
              finale goedere en dienste wat binne die grense van die land
              geproduseer word. 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                 (8)

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem TWEE faktore wat die natuurlike bevolkingsgroeikoers bepaal.

              Geboortesyfer 
              Sterftesyfer                                                     (2 x 1) (2)

      3.1.2 Hoe beïnvloed MIV/vigs die lewensverwagting van Suid-Afrikaners?

              MIV/Vigs infeksies verhoog die sterftesyfer en verminder die
               lewensverwagting van ŉ nasie.                                   (1 x 2) (2)

3.2   DATA-RESPONS
      3.2.1 Watter ekonomiese probleem ondervind migrante?

            Armoede of skaarsheid 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (1)
      3.2.2 Gee een voorbeeld van ŉ regeringshulpprogram.

            Ouderdomspensioen 
            Kinderondersteuningstoelaag 
            Sosiale verligting van nood 
            Sorgafhanklikheidstoelaag 
            Hulp verleen 
            Oorlogsveterane toelaag 
            Pleegkindtoelae 
            Ongeskiktheidstoelae 
           (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                                       (1)

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM             (Vraestel 1)           GRAAD 10

      3.2.3 Beskryf die term migrasie kortliks.

            Migrasie is bloot mense wat van een plek na ŉ ander verhuis met die bedoeling
            om permanent of tydelik te vestig. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2)

      3.2.4 Waarom werk die meeste migrante meestal in die informele sektor?
            Baie migrante is hier onwettig of het nie werkpermitte nie. 
            (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                                       (2)

      3.2.5 Wat kan gedoen word om migrante te help wat hul inkomste verloor het?

              Die regering kan migrante toegang tot regeringshulpprogramme verleen.
              Die regering kan migrante toegang verleen om die land binne te gaan en
               toegang tot werkspermitte te gee.
             Welsynsorganisasies kan hulp verleen aan die migrante.
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                (2 x 2) (4)

3.3   DATA RESPONS

      3.3.1 Watter provinsie in Suid-Afrika het die grootste bevolkingsgrootte.

               Gauteng                                                                  (1)
      3.3.2 Waarom trek mense van landelike gebiede na groot stede soos
            Johannesburg?

              ŉ Verhuising van ŉ landelike na ŉ stedelike gebied word meestal aangedryf
               deur ekonomiese en indiensnemingsredes, maar opvoedingsverwante redes,
               soos om vir jou eie of ander se opleiding te verhuis, is ook belangrike
               faktore. 
            (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                                     (1)
      3.3.3 Beskryf die term verstedeliking kortliks.

              Verstedeliking verwys na die toenemende aantal mense wat in stedelike
               gebiede woon. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (2)
      3.3.4 Waarom is die groeiende tempo van verstedeliking ŉ probleem vir plaaslike
            regering?

              Opeenhoping, besoedeling, misdaad en siektes is probleme verbonde aan
               verstedeliking. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 10

      3.3.5 Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking te
            vertraag?

               Bestry armoede deur ekonomiese ontwikkeling in landelike gebiede te
                bevorder. 
                Skep private-openbare vennootskappe om werk in landelike gebiede te
                bied. 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)               (2 x 2) (4)

3.4    Bespreek kortliks die evolusie van internasionale ekonomiese samewerking in
       Afrika.
         Regerings wêreldwyd probeer om samewerking met ander lande te verbeter. 
         Onderhandelinge vind plaas oor internasionale en multilaterale ooreenkomste. 
         Regerings probeer hul ekonomiese beleid in lyn bring. 
         Afrika-regerings het ook besef dat dit nodig is om ŉ gemeenskaplike handelsgebied
          te ontwikkel. 
        Die Afrika-unie poog om die ekonomiese integrasie van Afrika-lande te
          bewerkstellig. 
        Ander integrasie pogings wissel van streeks-doeane-unies tot ekonomiese en
          monetêre unies. 
        Belangrike Suid-Afrikaanse handelsinisiatiewe sluit in die Suider-Afrikaanse
          Doeane-unie (SACU) en die bilaterale handels- en hulpooreenkoms met die
          Europese Unie. 
        In 2010 het Suid-Afrika by die BRIC-groep aangesluit, wat bestaan uit Brasilië,
          Rusland, Indië en China/Sjina. 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (4 x 2) (8)
3.5    Waarom moet Suid-Afrikaners meer spaar?
          Besparing is ŉ belangrike faktor in die ekonomiese aktiwiteit. 
          ŉ Toename in spaargeld kan ŉ groot impak op ekonomiese aktiwiteit hê. 
          Hoër besparings kan help om hoër beleggingsvlakke te finansier. 
          Beleggings verhoog produktiwiteit op langer termyn. 
          Die besparingsvlak bepaal die beleggingsvlak aangesien beleggings gefinansier
           moet word uit besparing. 
          As mense meer spaar, stel dit die banke in staat om meer aan ondernemings te
           leen vir belegging. 
          Die besparingsvlak is ŉ belangrike faktor in die bepaling van ekonomiese
           groei.                                                                 (4 x 2) (8)
                                                                                          [40]

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                MEMORANDUM            (Vraestel 1)            GRAAD 10

VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1   Beantwoord die volgende vrae:
      4.1.1   Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiese siklus.
                  Huishoudings 
                  Regering/Staat/Openbare sektor 
                  Besigheid/Produsent/Ondernemings 
                  Buitelandse sektor 
              (Enige twee)                                                       (2 x 1) (2)

      4.1.2   Wat kan die regering doen om die verspreiding van MIV/VIGS onder die
              arbeidsmag te voorkom?
                 Die regering bied mediese sorg aan, soos toegang tot antiretrovirale
                  middels. 
                 Die regering verskaf inligting oor voorkoming van infeksies. 
                 Die voorsiening van voorbehoedmiddels. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)
4.2   DATA RESPONS
      4.2.1   Volgens die prentjie, waarom moet politieke leiers Ekonomie studeer?
                  Omdat dit die ekonomie en mense beïnvloed deur mag uit te oefen      (1)

      4.2.2   Noem een beroep op die studieveld van ekonomie.
                  Rekeningkunde 
                  Besigheidstudies 
                  Handelsreg 
                  Wiskunde ✓                                                           (1)

      4.2.3   Waarom gebruik ekonome teorieë en modelle?
                 Om spesifieke versameling data te veralgemeen en te verduidelik wat in ŉ
                  bepaalde situasie gebeur en te voorspel wat volgende gaan gebeur. 
                                                                                        (2)
      4.2.4   Beskryf kortliks die term ekonomie
              ŉ Sosiale wetenskap wat die daaglikse keuses bestudeer wat mense maak en
              hoe om hul onbeperkte behoeftes en begeertes te bevredig met die beperkte
              middele tot hulle beskikking, sodat hulle maksimum bevrediging bereik.  (2)

      4.2.5   Verduidelik die probleme wat die sosiale wetenskappe ondervind.
                  Probleme in die bestuur van eksperimente 
                  Onakkuraatheid van die sosiale wetenskappe 
                  Maak waarde-oordele 
                  Om te besluit watter feite te gebruik                        (2 x 2) (4)

                                            8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                    MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 10

          4.3.1   Noem die instelling wat verantwoordelik is vir die berekening van die
                  Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer.
                  Statistiek Suid-Afrika                                                      (1)
          4.3.2   Gee een rede vir die toename in die werkloosheidsyfer gedurende
                  Kwartaal 1 van 2020.
                  Die nasionale Covid19-inperking                                             (1)

          4.3.3   Beskryf kortliks die term werkloosheid.
                  Werkloosheid is ŉ term wat verwys na individue wat indiensneembaar is en
                  werk soek, maar nie werk kan kry nie                                   (2)

          4.3.4   Waarom is werkloosheid onder die jeug hoër as in ander
                  ouderdomsgroepe?
                  Die jeug het min of geen werksondervinding en opleiding nie.               (2)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          4.3.5   Hoe kan die regering help om die werkloosheidsyfer te verlaag?
                     Die regering kan ekonomiese groei bevorder deur die implementering van
                      sakevriendelike beleid.
                     Die regering moet die groei van die informele sektor in Suid-Afrika
                      aanmoedig. 
                     Die regering kan ŉ jeug loonsubsidie implementeer.
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                    (2 x 2) (4)
4.4   Beskryf kortliks die evolusie van vakbonde.
        Swak werksomstandighede gedurende die Industriële Revolusie het gelei tot die
         stigting van vakbonde. 
       Vakbonde was werkersorganisasies wat probeer het om lone en
         werksomstandighede te verbeter. 
       Teen die begin van die twintigste  eeu is die regte van werknemers om te
         organiseer en kollektief te beding erken in die meeste westerse lande.
       Vakbonde het beperkings ingestel op die mishandeling van werkers en die
         vasstelling van minimum lone. 
       Sommige bedrywe het gely as gevolg van stakings, maar die vakbonde het baie
         verbeteringe in werksomstandighede teweeggebring. 
       Vakbonde het ŉ belangrike rol in Suid-Afrika gespeel omdat hulle gedien het
         as ŉ politieke forum vir werkers en het bygedra tot die vorming van ŉ nuwe
         regering. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                           (4 x 2) (8)

                                                 9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                MEMORANDUM            (Vraestel 1)            GRAAD 10

4.5   Evalueer hoe die regering verbruikersregte beskerm.
         Lê swaar strawwe op produsente en ondernemings wat verbruikersregte inbreuk
          maak. 
         Die regering is verantwoordelik om verbruikers te beskerm teen uitbuiting. 
         Het die verantwoordelikheid om te verseker dat verbruikersregte afgedwing word
         Dit kan bereik word deur verbruikers in te lig oor hul regte. 
         Die daarstal van organisasies om verbruikersklagtes en skending van
          verbruikersregte te hanteer.                                                 (8)
                                                                                        [40]
                                                                 TOTAAL AFDELING B: 80

                                            10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
 Bespreek breedvoerig die fases van ŉ sakesiklus met behulp van ŉ diagram.                (26)
 Evalueer die endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus.                          (10)
                                                                                           [40]
INLEIDING
Sakesiklus is ŉ aaneenlopende tydperke van stygende en dalende ekonomiese aktiwiteite 
HOOFDEEL
Voorspoedfase 
   Optimisme moedig entrepreneurs aan om geld te leen en om nuwe toerusting te koop. 
   Meer mense word in diens geneem en produksie styg. 
   Pryse, lone, rentekoers en winste verhoog. 
   Fabrieke werk oortyd en geskoolde arbeid word uiters skaars. 
   Wanneer die oplewing begin, gaan alles tot die uiterstes. 
   Rentekoerse, salarisse en lone styg tot nog hoër vlakke en daar is ŉ baie groter vraag na
    grondstowwe. Die koste van ondernemings styg amper buite beheer. 
   Inflasie versnel verder as vorige hoë vlakke. 
   Sommige ondernemings begin besef dat die welvaartfase nie vir ewig kan duur nie. 
   Maar daar is nog geen duidelike versteurings nie. 

Die resessiefase 
   Besighede begin om vir slegte tye voorsiening te maak deur die groter dele van hul lenings
    te probeer terugbetaal. 
   Hulle ontslaan werknemers selektief.
   Besteding deur huishoudings en sakeondernemings begin afneem. 
   Inflasie is hoog en die sentrale bank verminder die hoeveelheid geld en krediet in die
    ekonomie en verhoog rentekoerse  met ander woorde, die sentrale bank pas ŉ strenger
    monetêre beleid toe
   Huishoudings vind dit moeilik om goedere op krediet te koop en om verbande te betaal, en
    banke dring daarop aan dat besigheidsondernemings die lenings wat tydens die oplewing
    toegestaan is, moet terugbetaal. 
   Besteding aan duursame verbruiksgoedere en kapitaal toerusting word aansienlik
    verminder en werkloosheid neem toe. 
   Sommige besighede begin verliese toon. 

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM             (Vraestel 1)              GRAAD 10

Die depressiefase
   Hierdie fase word gekenmerk deur algemene pessimisme (verwag die slegste) deur
    huishoudings en ondernemings.
   Besteding van alle sektore in die ekonomie neem drasties af en bestaan hoofsaaklik uit
    besteding aan verbruikersgoedere. 
   Besighede toon swak winste, baie maak verliese, en sommige gaan bankrot. 
   Huishoudings wat nie hul skuld kan betaal nie, se meubels, motors en selfs hul huise word
    teruggeneem. 
   Baie mense vind werk in die informele sektor. 
   Die hoofdoel van huishoudings is om in hul basiese behoeftes (voedsel, skuiling en klere)
    te voorsien. 
   Vanweë die afname in vraag, neem inflasie ook af en rentekoerse daal. 
   In ŉ sekere stadium begin besighede besef dat toestande gaan verbeter op ŉ sekere tyd,
    en hulle neem die eerste stappe wat uiteindelik sal lei tot die herstel. 
Die herstelfase √
   Besighede besef dat toestande gaan verbeter en begin om hul masjinerie te diens en hul
    toerusting te verbeter. 
   Hulle verhoog hul produksie effens om voorraad te voorsien vir ŉ moontlike toename in
    vraag. 
   Hulle gebruik hul arbeid beter en stel selfs nuwe werkers in diens. 
   Omdat besighede meer goedere en dienste koop en ŉ groter aantal mense in diens neem,
    is daar ŉ toename in inkomste en besteding in die ekonomie. 
   Omdat rentekoerse laag is, is die terugbetaling van huishoudelike effekte en ander
    paaiemente laag, en dus het huishoudings meer geld om te spandeer. 
   Daar is lenings beskikbaar maar huishoudings en besigheidsondernemings is nog steeds
    nie lus om te leen nie. 
   Sodra die verkope verbeter, verhoog die bedryfswins. 
   Ondernemers word meer optimisties. 
Addisionele deel
Evalueer die endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus.
   Die Keynesiaanse (endogene) siening is dat markte inherent onstabiel is, daarom is
    staatsinmengings nodig om die ekonomie te stabiliseer. 
   Hulle voer aan dat veranderinge in die waarde van totale besteding veranderinge in die
    vraag teweegbring. 
   Die regering kan ingryp deur fiskale beleid wat belasting insluit om ekonomiese aktiwiteit te
    stimuleer. 
   Tydens ŉ resessie kan die regering sy besteding verhoog en belasting verminder om
    ekonomiese aktiwiteit te stimuleer. 
   Dit sal die vlak van ekonomiese aktiwiteit verhoog, bv. produksie, indiensneming, inkomste
    en vraag. 
   Tydens ŉ hoogtepunt kan die regering belasting verhoog en owerheidsbesteding
    verminder. 

Gevolgtrekking
Endogene veranderings in die sakesiklus is gebaseer op gebeure in die ekonomie en is
onderling verbind en kan mekaar beïnvloed.                                                  [40]
                                               12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM             (Vraestel 1)            GRAAD 10

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

   Bespreek volledig die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte en die
    demografiese siklus.                                                                    (26)
   Hoe sal die Covid-19-pandemie die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroei-
    koers beïnvloed?                                                                        (10)
                                                                                            [40]
INLEIDING
Om ekonomiese beplanning doeltreffend te maak, is dit belangrik om deeglike en akkurate
gegewens te hê rakende die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte en die geprojekteerde
groeikoers.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                 (maks. 2)
LIGGAAM
DIE BEVOLKINGSGROOTTE:
Bevolkingsgroei
   Die nasionale groeikoers van ŉ land kan positief of negatief wees. 
   Dit word gewoonlik uitgedruk tussen tussen 0,1% en 3% per jaar. 
   Die bevolking van Suid-Afrika het toegeneem van 22 miljoen in 1970 tot byna
    50 miljoen in 2010. 
   Dit sluit immigrasie in. 
   Hierdie vinnige groeikoers van 2,3% is een van die hoogste groeikoerse ter wêreld.
   Tussen 1960 en 1970, was die gemiddelde groeikoers nog hoër (2,8%).
   Sedertdien het dit begin daal. 
   In 2010 is dit geskat op 1,36%.                                         (Maks. 13)
Natuurlike groeikoers 
Natuurlike groeikoers verteenwoordig die geboortes en sterftes van ŉ land se bevolking en
neem nie migrasie in ag nie. 
Die gemiddelde groeikoers neem migrasie in ag.                             (Maks. 13)

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM             (Vraestel 1)              GRAAD 10

DIE DEMOGRAFIESE SIKLUS
   Deur ŉ wetenskaplike ontleding van die geskiedenis van bevolkingsgroei te doen, is ŉ siklus
    geïdentifiseer wat veranderings in die natuurlike bevolkingsgroei oor ŉ tydperk toon. 
   ŉ Bevolkingspiramide, ook ŉ ouderdomsstruktuurdiagram genoem, is ŉ grafiese illustrasie
    wat die verdeling van verskillende ouderdomsgroepe in ŉ bevolking toon, wat gewoonlik ŉ
    piramidevorm het. 
   Mans word gewoonlik aan die linkerkant getoon, en vroue aan die regterkant. 

Eerste fase (stadig groeiende fase): 
   Hoë geboortesyfers en hoë sterftesyfers.
   Aangesien beide syfers hoog is, groei die bevolking stadig. 

Tweede fase (pre-moderne fase): 
   ŉ Skerp daling in sterftesyfers, hoofsaaklik as gevolg van verbeterde infrastruktuur vir
    gesondheidsdienste, water en sanitasie, terwyl geboortesyfers hoog bly. 
   Dit lei tot ŉ toename in bevolkingsgroei.

Derde fase (moderne fase, stilstaande): 
   ŉ Skerp toename in lewensstandaarde beïnvloed die gesinslewe. 
   Geboortebeperking lei tot ŉ afname in geboortesyfers. 
   Die daling in sterftesyfers duur voort. 
   Die natuurlike groeikoers neem af. 

Vierde fase (krimp):✓

   Geboortesyfers daal onder die vervangingsvlak, sterftekoerse bly laag, met ŉ lang
    lewensduur, klein gesinne en ŉ verouderende bevolking. 
   Soos baie ander ontwikkelende lande, beweeg Suid-Afrika deur ŉ demografiese oorgang,
    met ŉ dalende sterftesyfer en dalende geboortesyfers en gevolglik dalende natuurlike
    bevolkingsgroei. 
   Twee dekades gelede is dit algemeen geglo dat die bevolking stadig sou groei in die nuwe
    millennium, maar teen ŉ dalende tempo. 
   Hierdie projeksies moes egter heroorweeg word weens MIV/VIGS 
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir opskrifte/subopskrifte/voorbeelde.)                (Maks. 13)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)

                                                14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM             (Vraestel 1)            GRAAD 10

Hoe sal die Covid-19-pandemie die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroeikoers beïnvloed?
  Voorspellings word gemaak om die grootte van die bevolking op sekere tye in die toekoms
   te voorspel, sodat die regering kan beplan watter hulpbronne inwoners benodig in terme
   van infrastruktuur, onderwys en gesondheidsprojekte. 
 Die onbekende faktore soos die Covid-19-pandemie maak sulke projeksies riskant. 
 Ander faktore wat ook projeksies kan beïnvloed, is die voorkoms van MIV/VIGS en
   migrasie. 
 Bevolkingsvoorspellings is gebaseer op aannames en scenario's. 
 Om die impak van gebeure soos die Covid-19-pandemie op die geprojekteerde
   bevolkingsgroei te assesseer, word die volgende ramings vereis: 
   o Voorkoms (met ander woorde, ŉ skatting van die aandeel van die land se totale
       bevolking wat op enige gegewe tydstip besmet is); 
   o Wanneer die voorkoms ŉ hoogtepunt kan bereik; 
   o Tendense in Covid-19 verwante sterftes. 
   o Covid19 impak op die grootte en groeikoers van die bevolking behoort klein te wees
       aangesien die sterftesyfer van mense wat die siekte opdoen laag is. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                  (10 punte)

GEVOLGTREKKING
Bevolkingstudies en projeksies is nodig om die samestelling van die arbeidsmag en die grootte
van die bevolking te bepaal. Covid-19 sal die grootte en groeikoers van die Suid-Afrikaanse
bevolking beïnvloed.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                    (Maks 2)
                                                                                          [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                               TOTAAL: 150

                                             15

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
