# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c00e7371-ed2b-4091-b644-09eafdedf6cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c00e7371-ed2b-4091-b644-09eafdedf6cc)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2020
                              GRAAD 10

                              EKONOMIE

                              VRAESTEL 1

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

14 bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                 2
                                         (Vraestel 1)                 GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal
      NIE nagesien word nie.

3.    Beantwoord die vrae in volsinne en sorg dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word.

5.    Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord.

6.    Lees die vrae aandagtig deur.

7.    Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

8.    Los 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                 b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                    3
                                            (Vraestel 1)                 GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1   Die studie van daaglikse keuses wat mense maak en hoe hulle te werk
              gaan om hulle onbeperkte behoeftes so te bevredig dat hulle
              maksimum bevrediging bereik.

              A    Ekonomiese probleem
              B    Skaarsheid
              C    Ekonomie
              D    Ekonomiese vertakkings

      1.1.2   Konsentreer op die ontleding van mense en hul gedrag.

              A   Sosiale wetenskappe
              B   Wetenskappe
              C   Ekonomiese aktiwiteite
              D   Ontwikkelingsekonomie

      1.1.3   Dit kan bewys of vals bewys word deur na die gegewens en die
              beskikbare feite te kyk.

              A    Normatiewe stelling
              B    Model
              C    Afleiding
              D    Positiewe stelling

      1.1.4   Wanneer iemand die middele en hulpbronne het om 'n produk te koop,
              maar daar is geen voorsiening van daardie produk of dienste nie.

              A    Absolute skaarsheid
              B    Relatiewe skaarsheid
              C    Gratis goedere
              D    Ekonomiese goedere

                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       EKONOMIE
                                                                                    4
                                       (Vraestel 1)                  GRAAD 10

1.1.5   Vrugbaarheid onder vroue in landelike gebiede is hoër omdat ...

        A    vroue ŉ hoër sosiale status het.
        B    kinders ŉ las op die gesin se begroting sit.
        C    kinders benodig word om te werk.
        D    geen van die bogenoemde nie.

1.1.6   Die regering gebruik projeksies oor die grootte van die bevolking om ...

        A    diensleweringsitems te vergelyk.
        B    effektief te beplan.
        C    akkurate grootte vergelykings te doen.
        D    te bepaal wie die magtigste nasie is.

1.1.7   As die vaste woonplek van 'n persoon in 'n landelike gebied is en hy/sy
        migreer vir werksdoeleindes, word dit ...genoem.

        A    kringmigrasie
        B    immigrasie
        C    emigrasie
        D    verstedeliking

1.1.8   Watter een van die volgende lande het die hoogste MIV/VIGS-geval
        koers?

        A    Duitsland
        B    Japan
        C    Nieu-Seeland
        D    Suid-Afrika
                                                                          (8 x 2)   (16)

                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE
                                                                                            5
                                           (Vraestel 1)                  GRAAD 10

1.2   Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
      (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

                      KOLOM A                                KOLOM B
             1.2.1   Produksie              A   Die produksie aktiwiteite betrokke by die
                                                verspreiding van goedere en die
             1.2.2   Tersiêre industrie         voorsiening van dienste aan die publiek
                                            B   Wanneer 'n onderneming spesialiseer in
             1.2.3   Spesialisasie
                                                die produksie van een produk of dienste
             1.2.4   Uitruil                C   Die proses waardeur produkte van
                                                produsent na verbruiker beweeg en dit
             1.2.5   MIV/VIGS                   word handel genoem

             1.2.6   Immigrasie             D   Proses waardeur 'n entrepreneur
                                                beskikbare hulpbronne kombineer en dit
             1.2.7   Informele                  omskep in 'n soort produk wat gebruik
                     nedersettings              word om in die behoeftes en begeertes
                                                van die bevolking te voorsien
             1.2.8   Informele sektor       E   Ontwikkel aan die buitewyke van Suid-
                                                Afrikaanse stede as gevolg van 'n
                                                agterstand in behuising
                                            F   Lei tot die verlies van ekonomies aktiewe
                                                familielede en sosiale probleme
                                            G Sluit mikrobesighede soos
                                              straatverkopers in
                                            H   Buitelanders wat permanent 'n land
                                                binnekom
                                            I   Plaaslike burgers wat hul land permanent
                                                verlaat
                                                                                  (8 x 1) (8)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                       6
                                            (Vraestel 1)                 GRAAD 10

1.3   Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. (Geen
      afkortings en akronieme word toegelaat nie.)

      1.3.1 Produkte wat saam met ander produkte gebruik word

      1.3.2 Illustreer die interaksie tussen ekonomiese deelnemers en die vloei van
            goedere en dienste en geld in die ekonomie

      1.3.3 Is die goedere wat die regering aan huishoudings lewer, soos polisie,
            onderwys, paaie ens.

      1.3.4 ŉ Bevolking met verskillende rassegroepe, kulture, godsdienste en tale

      1.3.5 ŉ Siklus wat veranderings toon in die natuurlike bevolkingsaanwas van
            'n land

      1.3.6 Mense wat Suid-Afrika permanent verlaat                          (6 x 1) (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A: 30

                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                                 7
                                                (Vraestel 1)                      GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1    Noem enige TWEE ekonomiese probleme wat mense dwing om
               antwoorde te vind.                                     (2 x 1) (2)

      2.1.2    Waarom word Ekonomie as 'n sosiale wetenskap beskou?                    (1 x 2) (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg:

              NASIONALE INKOME EN                                              2018
              PRODUKSIEREKENING VAN SUID-AFRIKA
              Vergoeding aan werknemers                                         2 320 179
              Netto bedryfsurplus                                               1 249 182
              Verbruik van vaste kapitaal                                         676 486
              Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste                                   A
              Ander belastings op produksie                                       101 936
              Minus: Subsidies op produksie                                           6492
              Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse                       4 341 291
              Belasting op produkte                                               545 558
              Minus: Subsidies op produkte                                         12 951
              Bruto binnelandse produk teen markpryse                           4 873 898
                                [Aangepas uit SARB se Kwartaallikse Bulletin, September 2017]

      2.2.1    Gee 'n voorbeeld van belasting op produkte.                                      (1)

      2.2.2    Watter instelling is verantwoordelik vir die publisering van nasionale
               rekeninginligting?                                                               (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die term faktorkoste.                                           (2)

      2.2.4    Waarom is die BNP-syfers oor die algemeen laer as die BBP-syfers in
               Suid-Afrika?                                                                     (2)

      2.2.5    Bereken die bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste in die
               bostaande tabel gemerk (A). Toon AL die berekeninge.                    (2 x 2) (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                                                                                            8
                                                                (Vraestel 1)                 GRAAD 10

2.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Vlak van Sake Aktiwiteit

                                                            Aantal Jare

      2.3.1                      Benoem die lyn met 'n positiewe skuins helling op die grafiek.           (1)

      2.3.2                      Wat word die afstand van die piek tot die trog genoem?                   (1)

      2.3.3                      Beskryf kortliks die term teen konstante pryse.                          (2)

      2.3.4                      Beskryf kortliks 'n kenmerk van die depressiefase.                       (2)

      2.3.5                      Onderskei tussen Monetaristiese en Keynesiaanse benaderings oor
                                 sakesiklusse.                                               (2 x 2) (4)

2.4   Verduidelik die verskil tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie.                            (4 x 2) (8)

2.5   Ondersoek die metodes wat gebruik word om BBP te bepaal.                                            (8)
                                                                                                          [40]

                                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        EKONOMIE
                                                                                              9
                                        (Vraestel 1)                       GRAAD 10

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                               40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem TWEE faktore wat die natuurlike bevolking groeikoers
              bepaal.                                                   (2 x 1)                (2)

      3.1.2   Hoe beïnvloed MIV/VIGS die lewensverwagting van
              Suid-Afrikaners?                                                    (1 x 2)      (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat volg.

       Migrante en asielsoekers moet toegang tot die Covid-19-toelaes kry

      Deur Shannon Ebrahim, 31 Mei 2020

      Die werklikheid is dat Suid-Afrika 4,2 miljoen migrante uit die streek en
      300 000 vlugtelinge huisves.

      Die meeste migrante werk in die informele sektor en is afhanklik daarvan
      vir hul daaglikse inkomste. In die huidige situasie het die meeste geen
      voedsel nie, omdat hulle hul bronne van inkomste verloor het. In die
      regering se Covid-19-hulpprogramme word vlugtelinge en asielsoekers
      dikwels oor die hoof gesien, en dit is 'n kwessie wat met die Suid-
      Afrikaanse Menseregtekommissie opgeneem is.
                                        [Aangepaste artikel uit https://www.iol.co.za/news]

      3.2.1   Watter ekonomiese probleem word deur migrante ondervind?                        (1)

      3.2.2   Gee EEN voorbeeld van 'n regeringshulpprogram.                                  (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term migrasie.                                             (2)

      3.2.4   Waarom werk migrante meestal in die informele sektor?                           (2)

      3.2.5   Wat kan gedoen word om die migrante te help wat hulle inkomste
              verloor het?                                              (2 x 2) (4)

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                               10
                                         (Vraestel 1)                     GRAAD 10

3.3   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                Oos wes,
                tuis bes

                                                    [Aangepas vanaf die internet 2018]

      3.3.1    Watter provinsie in Suid-Afrika het die grootste bevolking?               (1)

      3.3.2    Waarom trek mense van landelike gebiede na groot stede soos
               Johannesburg?                                                             (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term verstedeliking.                                 (2)

      3.3.4    Waarom is die groeiende tempo van verstedeliking ŉ probleem
               vir plaaslike regerings?                                                  (2)

      3.3.5    Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van
               verstedeliking te verminder?                                   (2 x 2) (4)

3.4   Bespreek kortliks die evolusie van internasionale ekonomiese
      samewerking in Afrika.                                                  (4 x 2) (8)

3.5   Waarom moet Suid-Afrikaners meer spaar?                                            (8)
                                                                                         [40]

                                                                                               b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE
                                                                                     11
                                          (Vraestel 1)              GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem enige TWEE deelnemers aan die ekonomiese siklus.
                                                                  (2 x 1) (2)

      4.1.2    Wat kan die regering doen om die verspreiding van MIV/VIGS
               onder die arbeidsmag te voorkom?                        (1 x 2) (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

        STAP 1: VERWERF ’N BACCALAUREUS GRAAD

              BACCALAUREUS
                 GRAAD

      4.2.1    Volgens die bostaande prent, waarom moet politieke leiers
               Ekonomie studeer?                                               (1)

      4.2.2    Noem EEN beroep in die studieveld van Ekonomie.                 (1)

      4.2.3    Waarom gebruik ekonome teorieë en modelle?                      (2)

      4.2.4    Beskryf kortliks die term ekonomie.                             (2)

      4.2.5    Verduidelik die probleme wat sosiale wetenskappe ondervind.
                                                                      (2 x 2) (4)

                                                                                     b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                            12
                                         (Vraestel 1)                      GRAAD 10

4.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

          Persentasie
          werkloosheid

                   2019 K2       2019 K3         2020 K1            2020 K2

                                            [Source: https://tradingeconomics.com/]

      4.3.1    Watter instituut is verantwoordelik vir die berekening van die
               Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer?                                     (1)

      4.3.2    Gee een rede vir die toename in die werkloosheidsyfer
               gedurende Kwartaal 1 van 2020.                                         (1)

      4.3.3    Beskryf kortliks die term werkloosheid.                                (2)

      4.3.4    Waarom is werkloosheid onder die jeug hoër as in die ander
               ouderdomsgroepe?                                                       (2)

      4.3.5    Hoe kan die regering help om die werkloosheidsyfer te verlaag?
                                                                        (2 x 2) (4)

4.4   Beskryf kortliks die evolusie van vakbonde.                             (4 x 2) (8)

4.5   Hoe kan die regering verbruikersregte beskerm?                                  (8)
                                                                                      [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                                            b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                       13
                                         (Vraestel 1)                  GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                             PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                           TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde respons.
 ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip of sleutelwoord van
    die vraag te definieer.
 Moenie in die inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.          Maks. 2
 Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud/liggaam herhaal
    nie.
 Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.

Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/
Assesseer/Debatteer                                                          Maks. 26

Addisionele gedeelte: Gee eie menings/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/            Maks. 10
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/
Voorstelle

Gevolgtrekking
Enige hoërorde slot behoort die volgende in te sluit:
 ŉ Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, maar sonder om
    enige feite wat alreeds genoem is, te herhaal.
 Enige mening of waarde-ontleding van die bespreekte feite.                 Maks. 2
 Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking/analise
    kan versterk.
 ŉ Teenstrydige sienswyse met ŉ motivering, indien benodig.
 Aanbevelings

                                                                TOTAAL            40

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                                                                      14
                                             (Vraestel 1)                 GRAAD 10

VRAAG 5 : MAKRO-EKONOMIE                                              40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig die fases van ŉ sakesiklus met behulp van ŉ diagram.       (26 punte)

   Evalueer die endogene redes vir veranderinge in die sakesiklus.              (10 punte)
                                                                                       [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte en die
    demografiese siklus.                                                         (26 punte)

   Hoe sal die Covid-19-pandemie die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroeikoers
    beïnvloed?                                                                   (10 punte)
                                                                                       [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                              TOTAAL: 150

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
