# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2017
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       MEMORANDUM

16 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                          (Vraestel 1)             GRAAD 10

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                                    EKONOMIE
                                                                    (Vraestel 1)

                                                                    MEMORANDUM

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

1.1.1 A   √√ skaars hulpbronne

1.1.2 C   √√ skaarsheid

1.1.3 C   √√ lekkasie

1.1.4 D   √√ trog

1.1.5 C   √√ individue                                                             (5 x 2) (10)

1.2 PASITEMS

1.2.1 F   √   Wanneer hulpbronne effektief benut word vir die produsering van
              goedere en dienste.

1.2.2 A   √   Die proses waar produkte vanaf die produsent na die verbruiker beweeg.

1.2.3 G √     Is die verskil tussen inkome en besteding

1.2.4 B   √   Gee ŉ aanduiding wat in die toekoms kan gebeur

1.2.5 C   √   Produseer meer as wat verlang word

1.2.6 E   √   Die waarde van finale goedere en dienste geprodseer deur die
              permanente inwoners van die land.                                    (5 x 1) (5)

1.3 KONSEPTE

1.3.1 Mikroekonomie√

1.3.2 Kapitaal goedere / Intermediêre goedere√

1.3.3 Huishouding√

1.3.4 Eksogene redes √                                                             (4 x 1) (4)

                                                                  TOTAAL AFDELING A: 20
                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                       MEMORANDUM
                                                               (Vraestel 1)             GRAAD 10

AFDELING B
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE
2.1
2.1.1 Noem enige TWEE studievelde wat verband hou met Ekonomie.                         (2 x 1) (2)
      •   Rekeningkunde√
      •   Besigheidstudies / Sakebestuur√
      •   Handelsreg√
      •   Wiskunde of finansies√
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.1.2 Hoe kan die skaarsheid van hulpbronne ŉ probleem vir enige gemeenskap
      inhou?

      •   Produseerders kan nie alles produseer wat verbruikers verlang nie.√√          (1 x 2) (2)
          (Aanvaar enige relevante antwoord)
2.2       Datarespons
2.2.1 Wat, volgens die grafiek, was die hoogste groeikoers wat deur die land ervaar
      was?                                                                          (1)
      •   5 %√
2.2.2 Noem die organisasie wat verantwoordelik is vir die publisering van bogenoemde
      data. √                                                                     (1)
      •   Statistiek Suid-Afrika√
2.2.3 Verduidelik TWEE redes waarom die berekening van BBP syfers belangrik
      is.                                                               (2 x 2) (4)
      •   Voorsien inligting met betrekking tot die vlak van ekonomiese aktiwiteit in ŉ land. √√
      •   Deur vergelyking met die BBP kan daar vasgestel word of ŉ land meer of minder
          goedere en dienste lewer. √√
      •   Dit wys of ekonomiese groei plaasvind. √√
      •   Die ekonomiese prestasie van verskillende lande kan vergelyk word. √√
      •   Die vlak van die lewenstandaard en ekonomiese welstand van die bevolking√√

                                                   3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                      MEMORANDUM
                                                             (Vraestel 1)             GRAAD 10

2.2.4 Differensieër die verskil tussen reële vloei en die geldvloei in die
      kringloopdiagram.                                                                 (2 x 2) (4)

      •   Reële vloei
          -Begin by die faktore van produksie wat verkoop word in faktoremarkte √√
          -Verkoop aan besighede om voltooide goedere en dienste te lewer √√
          -Gelewer aan die goederemarkte √√
          -Dit word verkoop aan huishoudings.√√
          -Hierdie beweging van faktore tot voltooide goedere en dienste word reële vloei
          genoem. √√
          -Die fisies tasbare items √√
          -Vervoer speel ŉ belangrike rol. √√

      •   Monetêre vloei
          -Teenoorgestelde rigting as goedere √√
          -Huishoudings spandeer geld op goedere. √√
          -Hierdie goedere word deur besighede geproduseer en aan huishoudings verkoop in
           goederemarkte. √√
          -Dit is hoe inkomste verdien word. √√
          -Geldvloei tussen besighede en huishoudings.√√
          -Banke speel ŉ groter rol as geldmarkte. √√.
          -Buitelandse handel, vloei van geld, goedere en dienste √√
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.3       Datarespons
2.3.1 Na watter depressie word daar in die artikel verwys?                                      (1)
  •       Die Groot Depressie van 1929√
2.3.2 Verduidelik die term depressie.                                                           (1)
      •   ŉ Depressie is ŉ verlangsaming in ekonomiese groei. / ŉ Afname in
          ekonomiese aktiwiteit√
      •   Die ekonomie is besig om in te krimp of kleiner te word. √
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.3.3 Bespreek kortliks TWEE eienskappe van die depressie en resessiefase.
      •   ŉ Daling in produksie oor ŉ lang tydperk. √√
      •   Werkloosheid en bankrotskap neem toe. √√
          Afname in aanvraag van goedere en dienste. √√
      •   Pryse en winste daal tot onaanvaarbare lae vlakke.√√
      •   Sluiting van besighede √√
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                         (2 x 2)   (4)

                                                  4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                      MEMORANDUM
                                                            (Vraestel 1)             GRAAD 10

2.3.4 Bespreek kortliks die eienskappe van die opbloeifase.                            (2 x 2) (4)
      •   Hoë vlakke van besteding deur huishoudings
      •   Meer inkomste vir die huishouding
      •   Meer werksgeleenthede
      •   Nuwe besighede word opgerig
      •   Produksie van goedere en dienste neem toe
      •   Winste en pryse van goedere styg
      •   Rentekoerse styg om inflasie te bekamp
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)
2.4       Differensieër tussen Mikroekonomie en Makroekonomie.                         (4 x 2) (8)
          Mikroekonomie
      •   Mikroekonomie handel slegs met ŉ klein deel van die ekonomie. √√
      •   Handel met individuele verbruikers en besighede √√
      •   Handel met hoe hulle besluite maak oor watter hulpbronne om te gebruik en watter om te
          koop √√
      •   Wat om te produseer teen watter prys en in watter hoeveelhede √√
      •   Fokus op individuele markte √√
      •   Kyk na die gedrag van die eenhede van ŉ ekonomie √√

          Makroekonomie
      •   Is die studie van die ekonomie as ŉ geheel √√
      •   Dit fokus op die ekonomiese gedrag van ŉ gemeenskap. √√
      •   Dit fokus op die werkloosheidsyfer. √√
      •   Geen belang in wat die individuele eenhede doen nie √√
      •   Kyk na invoere en uitvoere √√
      •   Die Nasionale Begroting is ŉ Makroekonomiese dokument. √√
      •   MIV/VIGS is ŉ makroekonomiese probleem. √√
          (Aanvaar enige ander relevante respons.)
2.5       “Ekonomiese ontwikkeling is gebaseer op fundamentele menseregte.”
          Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienste aan ekonomies
          gemarginaliseerde mense lewer in ŉ poging om lewensstandaard te
          verbeter.                                                             (4 x 2) (8)
      •   Alle mense moet toegang tot voedsel hê daarom is daar voedingskemas by skole.√√
      •   Alle mense moet toegang hê tot behuising daarom is daar behuisingsubsidies. √√
      •   Alle mense moet toegang hê tot hospitale en klinieke veral daardie mense wat dit nie kan
          bekostig nie. √√
      •   Alle kinders het ŉ basiese reg tot onderwys en opvoeding √√
      •    Almal het ŉ reg tot lopende water en sanitasie met bekostigbare fooie vir water. √√
      •   Almal het ŉ reg tot ŉ beter bestaan en ŉ beter toekoms. √√
      •    Toegang tot ŉ basiese lewenstandaard vry van armoede en hierdie menseregte word
          deur die grondwet beskerm. √√
                                                                                              [40]
                                                  5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                       MEMORANDUM
                                                             (Vraestel 1)            GRAAD 10

VRAAG 3: MAKROEKONOMIE

3.1
3.1.1 Noem TWEE deelnemers in ŉ geslote kringloopdiagram.                             (2 x 1) (2)

      •   Huishouding / Verbruikers√
      •   Besigheidsektor / Firmas / Produseerders√

3.1.2 Verduidelik hoe ŉ opswaai die ekonomiese groeikoers van ŉ land affekteer.

      •   Gedurende ŉ opswaaifase produseer besighede meer goedere en dienste omdat vraag
          na goedere en dienste styg. Dit sal die BBP laat toeneem en ŉ toename in die BBP dui
          ekonomiese groei aan. √√
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                          (1 x 2) (2

3.2       Datarespons

3.2.1 Identifiseer die metode wat gebruik is om BBP te bereken.                               (1)

      •   Die bestedingsmetode √

3.2.2 Noem EEN ander metode wat gebruik kan word om die BBP te bereken.                       (1)

      •   Produksiemetode√
      •   Inkomstemetode√

3.2.3 Definieer die term Bruto Binnelandse Produk.                                            (2)

      •   Die totale waarde van alle finale goedere geproduseer binne die grense van die
          land vir ŉ bepaalde tydperk van bv. een jaar. √√

3.2.4 Hoe word BBP bereken? Skryf slegs die vergelyking neer.                                 (2)

      •   BBP=(C+I+G+ (X-M) √√

                                                  6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                      MEMORANDUM
                                                             (Vraestel 1)             GRAAD 10

3.2.5 Bereken die bruto binnelandse produk (A).                                                 (4)

          BBP= C + I + G + (X – M)√

          =1 473 + 468 + 505 + (657 – 678)√

          = 2446 – 21√

          = 2425√

3.3       Datarespons

3.3.1 Verduidelik die konsep verbruik.                                                          (2)

      •   Verbruik is die finale gebruik van goedere of dienste om behoeftes te bevredig. √√

3.3.2 Noem TWEE voorbeelde van nie-duursame goedere.                                            (2)

      •   Meubels√
      •   Voertuie√
      •   Elektriese toestelle√
      •   Musiekinstrumente√
      •   (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)

3.3.3 Waarom word die verbruiker gedwing om keuses te maak?                                     (2)

      •   Die verbruiker het onbeperkte behoeftes wat bevredig moet word met skaars
          hulpbronne. √√ /
      •   As gevolg van die skaarsheidsprobleem moet verbruikers keuses maak.
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)√√

3.3.4 Verduidelik die verhouding tussen skaarsheid, keuses en geleentheidskoste.
      •   Hulpbronne is skaars daarom moet die verbruiker keuses uitoefen tussen produkte. √√
      •   Wanneer iemand se hulpbronne vir een ding gebruik word, kan dit nie vir iets anders
          gebruik word nie. √√
      • Geleentheidskoste is die koste om keuses te doen / wanneer ons ŉ keuse moet doen,
          meet ekonome die koste van die ding wat gekies is aan die koste van die alternatief wat
          prysgegee is; dit word geleentheidskoste genoem. √√                 (Enige 2 x 2)     (4)
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)

                                                  7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                   MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)                 GRAAD 10

3.4   Verduidelik die verskil tussen vrye goedere en ekonomiese goedere.
      Vrye goedere                                 Ekonomiese goedere
      Goedere is volop en het geen prys nie√√      Goedere wat met skaars hulpbronne
      bv. seewater,sonskyn, reënwater, lug,        geproduseer word. √√
      suurstof ens. √
      Vry goedere het geen ruilwaarde nie          Goedere het ŉ koste en ŉ finale
      aangesien almal toegang daartoe het. √√      prys. √√
      Vry goedere het gebruiksnut. √√              Hierdie goed het ruilwaarde
                                                   aangesien mense bereid is om
                                                   daarvoor te betaal. √√
      Gawes uit die natuur word as vry             Ekonomiese goed het gebruiksnut√√
      beskou. √√                                   bv. infrastruktuur en paaie. √
      (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                                (2 x 4) (8)

3.5   Hoe word werksgeleenthede deur fluktuasies (skommelinge) in die sakesiklus,
      beïnvloed?                                                           (4 x 2) (8)
         •   Soos ŉ depressie, lei ŉ resessie tot werkloosheid, verminderde produksie,
             verminderde inkomste en lae lewenstandaarde. √√
         •   Die arbeidsmark is die totale aantal mense wat vir ŉ salaris werk, en die
             werkloosheidsmark is die totale aantal mense wat werk soek maar nie tans werk
             het nie. √√
         •   ŉ Land se totale arbeidsmag is die som van die werkers en die werkloses. √√
         •   Die werkloosheidsyfer is gewoonlik ŉ goeie aanduiding van die toestand van die
             arbeidsmag. √√
         •   ŉ Hoë werkloosheidsyfer dui op ŉ swak arbeidsmark waar werkgeleenthede
             skaars is. √√
         •   ŉ Lae werkloosheidsyfer dui op ŉ goeie arbeidsmark waar werk maklik gevind kan
             word. √√
         •   In die algemeen, neem werkloosheid toe tydens resessies en gedurende
             uitbreiding neem dit af. √√                                            (Enige 2 x 4) (8)
         •   (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                                [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B: 40

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                    MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)            GRAAD 10

AFDELING C                                             40 PUNTE - 30 MINUTE
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou antwoordboek.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word:

    STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL:                                                PUNTE-
                                                                           TOEGEWYS
    INLEIDING

    Die inleiding is ̓n laer-orde respons.
    •  ̓n Goeie uitgangspunt sou wees om die hoofkonsep te bepaal
        wat verband hou met die onderwerp van die vraag.                    Maks. 2
    • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
    • Moenie enige deel van die inleiding in die hoofgedeelte van jou
        opstel insluit nie.
    • Waak daarteen om in die inleiding te sê wat in die
        hoofgedeelte bespreek gaan word.
    HOOFGEDEELTE
    Bespreek in detail / Indiepte bespreking / Vergelyk / Ontleed /
    Kritiese bespreking / Evalueer / Onderskei / Verduidelik /             Maks. 26
    Assesseer / Debatteer.

    Addisionele gedeelte
    Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities /
    Teken grafieke / Verduidelik / Gebruik grafiek en Verduidelik /        Maks. 10
    Voltooi gegewe grafiek / Bereken / Lei af / vergelyk / Verduidelik /
    Ontleed / Debateer kortliks / argumenteer / Debateer / Hoe?
    Slot
    Enige relevante hoërorde gevolgtrekking
       • Kort samevatting
       • Opinie of waarde oordeel                                           Maks. 2
       • Addisionele ondersteunende inligting
       • Teenstrydige oogpunt
    Aanbeveling
    TOTAAL                                                                    40

                                                9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                       MEMORANDUM
                                                             (Vraestel 1)          GRAAD 10

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE

“Wanneer jy kruideniersware koop, word jy deel van die kringloop van die ekonomie.”

•       Bespreek die hoofdeelnemers in ŉ oop-ekonomiese kringloopdiagram.                   (26)
•       Verduidelik die verhouding tussen Besparings en Beleggings.                         (10)

Inleiding

Suid-Afrika word ŉ oop ekonomie genoem omdat ons met ander lande in die wêreld
handel dryf. √√

(Aanvaar enige relevante inleiding.)

Hoofgedeelte

    1. Huishoudings / Verbruikers
    •   Vorm die grondslag van alle ekonomieë; produsente van goedere en dienste fokus op
        hulle. √√
    •   Besit direk of indirek die produksiefaktore (grond, arbeid, kapitaal en
        entrepreneurskap) √√
    •   Verkoop hulle produksiefaktore aan die sakeondernemings op die faktormark in ruil vir
        vergoeding. √√
    •   Huishoudings het onbeperkte behoeftes wat bevredig moet word en hulle doen dit deur
        goedere en dienste van sakeondernemings te koop op die goederemark. √√
    2. Die sakesektor
    •   Nywerhede vervaardig goedere en dienste om in die behoeftes en begeertes van die
        huishoudings te voorsien. √√
    •   Sakeondernemings, ook maatskappye of produsente genoem, vervaardig goedere en
        verskaf dienste. √√
    •   Sakeondernemings koop die produksiefaktore van die huishoudings op die
        faktormark. √√
    •   Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer wat dan aan die
        huishoudings in die goederemark verkoop word. √√

                                                 10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)            GRAAD 10

3. Die openbare sektor
•   Die breë term regering verwys na plaaslike, streeks- (provinsiale) en nasionale regering,
    ook bekend as die staat of die openbare sektor. √√
•   Die openbare sektor sluit in alle politici, staatsamptenare, regeringsagentskappe en
    ander liggame in besit van of onder beheer van die regering. √√
•   Die regering neem deel aan die ekonomie deur produksiefaktore van huishoudings
    in die faktormark te koop en deur goedere en dienste van maatskappye in die
    goederemark te koop. √√
•   Die staat voorsien huishoudings en sakeondernemings van goedere en dienste
    wat nie deur sakeondernemings geproduseer word nie. √√
•   Die goedere en dienste wat deur die staat verskaf word, staan bekend as openbare
    goedere en sluit goed in soos veiligheid en beskerming, wet en orde, gesondheidsorg
    en onderwys. √√
•   Die regering ontvang inkomste van sakeondernemings en huishoudings in die vorm van
    belasting. √√
•   Die regering ontvang ook inkomste uit eiendom en ondernemings wat die staat
    besit. √√
4. Die Buitelandse sektor
•   Die buitelandse sektor verteenwoordig al die ander lande in die wêreld. √√
•   Handel tussen die buitelandse sektor en huishoudings en maatskappye vind in die
    buitelandse mark plaas in die vorm van invoere en uitvoere. √√
•   Dit word internasionale handel genoem. (globalisasie)√√
•   Invoere is goedere en dienste wat in ander lande geproduseer word en deur plaaslike
    maatskappye of huishoudings gekoop word. √√
• Uitvoere is goedere en dienste wat plaaslik geproduseer word en dan aan die
    buitelandse sektor verkoop word. √√                                            (Maks. 26)

                                            11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                     MEMORANDUM
                                                             (Vraestel 1)           GRAAD 10

ADDISIONELE GEDEELTE

   •    Verduidelik die verhouding tussen besparing (spaargeld) en beleggings.

Besparing (Spaargeld):

   •    Spaargeld verwys na die inkomste van deelnemers wat nie gespandeer word nie.√√
   •    Hierdie inkomste word belê by groot finansiële instellings. √√
   •    Dit is ŉ lekkasie van geld uit die kringloopdiagram na finansiële maatskappye. √√
   •     Hierdie lekkasie veroorsaak ŉ afname in die besteding vloei. √√
   •    Spaar vorm die hoeksteen vir beleggings. √√

Beleggings

   •    Beleggings is die skepping van kapitaalgoedere. √√
   •    Besighede leen geld van die finansiele instellings. √√
   •    Hierdie geld kom van spaargeld√√
   •    Besighede gebruik die geld om kapitaalgoedere soos masjienerie te bekom. √√
   •    Sonder spaar kan daar nie beleggings wees nie, wat beteken minder produksie van
        goedere en dienste√√
   •    Beleggings is goed om lekkasies wat deur spaar veroorsaak word, te balanseer. √√
   •    Beleggings het ŉ groot impak op die ekonomie. √√
                                                                                      (Maks. 10)

SLOT:

Markte speel ŉ baie belangrike rol in die kringloopdiagram wat alle deelnemers word
deur koop- en verkooptransaksies met mekaar verbind. √√                                (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
                                                                                            [40]

                                                12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                       MEMORANDUM
                                                              (Vraestel 1)           GRAAD 10

VRAAG 5: MAKROEKONOMIE

“Produksie en Verbruik is basiese ekonomiese prosesse wat deur markte verbind word.”

     • Bespreek die verskillende soorte markte waar handel plaasvind.                            (26)
     • Verduidelik kortliks die verskillende maniere wat gebruik kan word om
         omgewingsprobleme te verminder.                                                         (10)

INLEIDING

ŉ Mark is ŉ plek waar handel gedryf word./ Die interaksie van die rolspelers in markte is
wat die ekonomie aandryf. √√

OF

In die ekonomie kan die vele verskillende markte wat bestaan in twee algemene groepe
verdeel word – die produkmark en die faktormark. √√

(Aanvaar enige relevante inleiding.)                                                     (Maks. 2)

HOOFGEDEELTE

Produktemarkte

     •   Sakeondernemings of maatskappye produseer die goedere en dienste om die
         behoeftes en begeertes van huishoudings te bevredig deur die produksiefaktore te
         gebruik wat deur die huishoudings verskaf word. √√
     •   Hierdie produkte wat op die produktemarkte te koop aangebied word, kan finale
         goedere en dienste of tussengoedere en –dienste wees. √√
     •   Die produkmark word ook die verbruikersmark genoem. √√

Produktemarkte sluit in goedere- en dienstemarkte bv. boeke, CD’s, haarkappers, kos,
skryfbehoeftes, klere en mediese dienste. √√

Produktemarkte sluit ook in kommoditeitsmarkte. Dit is die markte waar daar geen verskil in
die goedere is nie en dit maak nie saak wie die verskaffer is nie bv. koring, goud, beesvleis,
mielies, olie. √√

Die produktemark is ook ŉ mark vir afgewerkte produkte en dienste. √√

                                                13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                    MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)               GRAAD 10

Die Faktormarkte

Huishoudings is die basiese eienaars van die vier produksiefaktore (natuurlike hulpbronne,
kapitaal, entrepreneurskap en arbeid) wat deur die sakesektor gebruik word om nuttige
goedere en dienste te vervaardig of te produseer. √√

Sakeondernemings gaan na die faktormark om produksiefaktore te koop. √√

Faktormarkte kan in vier soorte verdeel word, naamlik:

   1. Arbeidsmark – bv. werknemers wat werk soek √√
   2. Mark vir grond – bv. die eiendomsmark√√
   3. Mark vir kapitaal – bv. lenings of geld om kapitaaltoerusting te finansier √√
   4. Finansiële mark – bv. aandelemark, valutamark √√

Groothandelaars

   •   Hulle koop in groot hoeveelhede by die produsente en verkoop aan kleinhandelaars
       bv. vars vrugte en groente. √√
   •   Hulle koop vervaardigde goedere en landbouprodukte. √√

Kleinhandelaars

   •   Meeste verbruikers / huishoudings koop vanaf die kleinhandelaar. √√
   •   Pick & Pay, Shoprite is voorbeelde van kleinhandelaars. √

Dienstemark

   •   Alle dienste, soos onderwys of mediese sorg, word in die dienstemark verkry.

Internasionale markte

   •   In vandag se wêreld is daar internasionaal ŉ groot mark vir goedere en dienste. √√
   •   Wanneer Suid-Afrikaners produkte uit Europa of Australië wil hê, word dit op die
       internasionale mark verhandel. √√

                                               14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                    MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)                GRAAD 10

Faktormark / Mark vir produksiefaktore

   •   Produksiefaktore word benodig om goedere en dienste te vervaardig. √√
   •   Hierdie mark is die denkbeeldige plek waar die eienaars van die produksiefaktore
       (huishouding / verbruikers) die mense ontmoet wat dit wil koop (die firma’s /
       produsente)√√
   •   ŉ Voorbeeld van ŉ faktormark kan die internet wees.√
       (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                              (Maks. 26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Verduidelik kortliks die verskillende maniere wat gebruik kan word om
omgewingsprobleme te verminder.

Groenbelasting: √

- Die regering kan belasting hef op die produksie van goedere en op die mate waartoe hulle
 die omgewing beïnvloed. √√

- Produsente sal hulle besoedeling moet verminder om seker te maak dat hulle die koste
 van hulle produkte laag hou. √√

- Optrede deur die regering: √

- Regerings oral in die wêreld begin om maatreëls in te stel om die hoeveelheid besoedeling
 in hulle lande te stop of te verminder. √√

- Openbare optrede: √

- Na gelang meer mense bewus word van die skade aan die omgewing begin hulle optree
 en deelneem aan programme om die skade wat gedoen is, te herstel en om die omgewing
 om hulle te verbeter. √√

                                               15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)              GRAAD 10

Nuwe tegnologie: √√

- Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die oog op die omgewing. √√

- Die aandrang op minder afvalprodukte, verminderde afhanklikheid van fossielbrandstowwe
 en ŉ vraag deur produsente na omgewingsvriendelike tegnologie gee aanleiding tot nuwe
 produkte en omgewingsveilige masjinerie. √√

- Omgewingsvolhoubaarheid is deesdae ŉ baie belangrike ekonomiese kwessie. √√
 (Aanvaar enige relevante antwoorde.)                                               (Maks. 10)

SLOT
Toenemende nywerheidsaktiwiteit vind egter ten koste van die omgewing plaas. √√ /
Dit lei gewoonlik tot verhoogde besoeling, fabrieke besoedel die lug, riviere en ook die
grond. √√ /
Nywerhede gebruik ook baie van die aarde se natuurlike hulpbronne bv. steenkool, olie, hout en
water. √√                                                                            (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante slot.)                                                            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C: [40]

                                                                                 TOTAAL: 100

                                               16

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
