# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answer/3aecf3a6-fca9-46bb-8be1-4956e7f42492
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answer/3aecf3a6-fca9-46bb-8be1-4956e7f42492)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2018
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       NASIENRIGLYNE

15 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                MEMORANDUM            (Vraestel 1)            GRAAD 10

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               PROVINSIALE EKSAMEN

                                                                 EKONOMIE GRAAD 10
                                                                 (Vraestel 1)

AFDELING A:        VERPLIGTEND
VRAAG 1:
1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
      1.1.1   B    beperkte middele
      1.1.2   C    Makro-ekonomie
      1.1.3   A    Bruto Binnelandse Produk (BBP)
      1.1.4   C    lekkasies
      1.1.5   D    resessie
                                                                                (5x2) (10)
1.2   PASITEMS

      1.2.1   E     Ontstaan wanneer hulpbronne, in die produksie van goedere en dienste
                     optimaal benut word
      1.2.2   D     Bring kopers en verkopers bymekaar met die doel om handel te dryf.
      1.2.3   B     Dit is die verskil tussen inkomste en besteding.
      1.2.4   C     Die boonste draaipunt op die sakesiklus.
      1.2.5   F     Alle mense het ŉ basiese reg om vry van armoede, onkunde en
                     slawerny te wees.
      1.2.6   A     Besighede voorsien goedere en dienste aan huishoudings, die regering
                     en die buitelandse sektor deur uitvoere via die goederemark.
                                                                                  (6x1) (6)
1.3 TERMINOLOGIE
      1.3.1   Mikro-ekonomie 
      1.3.2   Kapitaalgoedere 
      1.3.3   Inkomstebelasting 
      1.3.4   Leidende aanwysers 
                                                                                 (4x1) (4)
                                                                                       [20]
                                                                TOTAAL AFDELING A: 20

                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 10

AFDELING B
Beantwoord EEN van die twee vrae
VRAAG 2
MAKRO-EKONOMIE
2.1   Beantwoord die volgende vrae.
      2.1.1 Noem enige TWEE studievelde wat verband hou met Ekonomie.
               Rekeningkunde 
               Besigheidstudies 
               Handelsreg 
               Finansiële wiskunde                                         Enige (2x1) (2)

      2.1.2 Wat is die verwantskap tussen skaarsheid en geleentheidskoste?

              Skaarsheid beteken dat verbruikers keuses moet maak en hiedie keuses het ŉ
               koste daaraan verbonde. Enige besluit wat ŉ keuse tussen twee opsies
               behels, het ŉ geleentheidskoste. 
                                                                                (1x2) (2)
2.2   Datarespons
      2.2.1 Wat word bogenoemde grafiek genoem?

               Sakesiklus                                                                (1)

      2.2.2 Watter punt op die grafiek sal met ŉ lae BBP geassosieer word?

               D                                                                         (1)

      2.2.3 Gee ŉ kort beskrywing van ekonomiese groei.
               Dit is die verhoging in die waarde van goedere en dienste wat oor ŉ
                periode van tyd plaasvind, gemeet in terme van die reële bruto binnelandse
                produk                                                                   (2)
      2.2.4 Verduidelik kortliks wat die invloed van sakesiklusse op ekonomiese groei
            is.
          Gedurende afswaaifases het die ekonomie ŉ negatiewe groei, en gedurende
           opswaaifases is daar ŉ positiewe groei in die ekonomie.                       (2)

      2.2.5 Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?
               Die regering kan in werkskeppingsinisiatiewe investeer bv. Uitgebreide
                Openbare Werke Programme 
               Die regering kan in onderwys en opleiding investeer en daardeur die gebrek
                aan vaardighede in die land aanspreek 
                (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                             (2x2) (4)

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM            (Vraestel 1)               GRAAD 10

2.3   Data Respons
      2.3.1 Hoeveel netto wins na belasting maak die besigheid in die bostaande
            leesstuk?
               R500 000                                                                  (1)
      2.3.2 Identifiseer ŉ stelling uit die leesstuk wat daarop dui dat die
            besigheid doeltreffend funksioneer.
               ‘Gedurende die afgelope jaar het hulle besigheid goed gevaar’             (1)
      2.3.3 Wat beteken dit “om hulle besigheid te diversifiseer”?

               Om ŉ besigheid te diversifiseer is om die reeks produkte wat die
                onderneming reeds aanbied, uit te brei.                                  (2)

      2.3.4 Demonstreer hoe hierdie uittreksel die probleem van skaarsheid van
            hulpbronne illustreer.
               Hulle kan nie besluit of hulle die wins moet gebruik om nog ŉ
                toerbus vir hulle maatskappy te koop en of hulle die geld as ŉ deposito
                op ŉ gastehuis moet gebruik nie.  Dit beteken dat hulle hulpbronne nie
                genoeg is om albei te kan koop nie.                                      (2)

      2.3.5 Gee ŉ kort verduideliking wat die verband tussen produksie, verbruik en ruil
            is.

               Produksie is die proses om rou materiaal in voltooide produkte te omskep. 
               Verbruik is wanneer huishoudings produkte gebruik wat deur besighede
                vervaardig is.
               Vir goedere en dienste om gebruik te word moet daar ŉ ruiling wees tussen
                die produseerder en die verbruiker.                                      (4)

2.4   Onderskei tussen vry goedere en ekonomiese goedere.
                    Vry goedere                       Ekonomiese goedere
          Dit is vrylik beskikbaar aan           Dit behaal ŉ prys 
           verbruikers / behaal nie ŉ prys        Dit is skaars 
           nie 
          Dit is onbeperkte hoeveelhede
           beskikbaar 

       (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
                                                                                     (2x4) (8)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                 MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 10

2.5   Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienslewering aan die
      ekonomies benadeelde mense bied om daardeur hulle lewenstandaard te verbeter.

         Alle mense het die reg op voedsel as ŉ basiese behoefte. Daarom is daar
          voedingskemas in openbare skole.
         Alle mense moet ŉ blyplek hê daarom is daar behuisingsubsidies en HOP-huise vir
          lae-inkomste verdieners. 
         Alle mense het die reg op gesondheid daarom is daar toegang tot gratis
          gesondheidsdienste vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. 
         Alle kinders het die reg op onderwys en onderrig. Gratis onderrigstelsels is by
          openbare skole in die land ingestel. 
         Alle mense het die reg op skoon lopende water en sanitasie daarom is bekostigbare
          tariewe op die voorsiening van water en sanitasie aangebied. 
         Alle mense het die reg op waardigheid en ŉ beter toekoms. 
         Alle mense het ŉ basiese reg om vry van armoede, onkunde en slawerny te wees.
          Dus is die grondwet vir menseregte ingestel. 
          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
                                                                              Enige (4x2) (8)
                                                                                         [40]

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 10

VRAAG 3                                                                40 PUNTE – 30 MINUTE
MAKRO-EKONOMIE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE markte in die ekonomiese kringloop.

               Faktormark / Hulpbronmrk / Insettemark 
               Produktemark / Goederemark / Uitsettemark 
               Geldmark 
               Kapitaalmark 
               Finansiële markte 
               Buitelandse markte                                           Enige (2x1) (2)

      3.1.2 Wat is die doel van die tendenslyn in die sakesiklus?

              Dit dui die algemene rigting van die land se ekonomiese groei oor ŉ lang
               tydperk aan.                                                             (2)
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
3.2   Datarespons
      3.2.1 Watter produksiefaktor word in die spotprent uitgebeeld?

               Natuurlike hulpbronne / land                                             (1)
      3.2.2 Watter ekonomiese sektor word deur die scenario geraak?

               Primêre sektor / Vissery                                                 (1)

      3.2.3 Gee ŉ kort beskrywing van die term relatiewe skaarsheid.

               Wanneer goedere en dienste beskikbaar is maar ŉ mens het nie die nodige
                hulpbronne om dit te verkry nie. / 
               Bestaan wanneer die vraag groter as die aanbod is.       Enige (1x2) (2)

      3.2.4 Wat kan die regering doen om die waterkrisis op te los?
             Bou meer damme om meer water op te vang 
             Sink meer boorgate om ondergrondese water te benut 
             Moedig Suid-Afrikaners aan om water te bespaar
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          Enige (1x2) (2)

      3.2.5 Wat is die invloed van die bogenoemde situasie op die ekonomie?

             ŉ Tekort aan visvoorrade sal ontstaan
             Werkloosheid sal toeneem 
             Armoede sal toeneem 
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          Enige (2x2) (4)

                                             6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM            (Vraestel 1)              GRAAD 10

3.3   Datarespons

      3.3.1 Watter metode is in die bostaande tabel gebruik om die BBP te
            bereken?

               Bestedingsmetode                                                        (1)

      3.3.2 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die publikasie
            van bogenoemde data.

               Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB)                                      (1)

      3.3.3 Gee ŉ kort beskrywing van die term faktorinkomste.

               Die totale inkomste wat verdien is deur die verkoop van die
                produksiefaktore bv. salarisse en lone verdien vir arbeid              (2)
      3.3.4 Noem die ander TWEE metodes wat gebruik word om die BBP te bereken.

               Produksiemetode 
               Inkomemetode                                                            (2)
      3.3.5 Bereken die waarde by A in bogenoemde tabel. Wys alle berekeninge.

           BBP teen markprys                                      R2 425 biljoen 
           Plus Faktorinkomste deur Suid-Afrikaners oorsee        R34 biljoen 
           verdien
           Min Faktorinkomste in Suid-Afrika deur buitelanders    R87 biljoen 
           verdien
           Bruto Nasionale Inkomste                               R2 372 biljoen 
                                                                                         (4)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM             (Vraestel 1)               GRAAD 10

3.4   Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomie.

      Lekkasies                          Inspuitings
      Wanneer daar ŉ lekkasie van        Wanneer daar ŉ inspuiting van geld
      geld uit die ekonomiese kringloop in die ekonomiese kringloop is, is
      is beteken dit dat geld nie        meer geld beskikbaar om op die
      beskikbaar is om op die uitset wat uitsette wat deur die produsente
      deur produsente geproduseer is     geproduseer is te spandeer 
      spandeer te word nie 
      Lekkasies is die bedrag geld wat   Inspuitings is die bedrag geld wat in
      uit die kringloop vloei          die kringloop van buite af inkom 
      Lekkasies (L) = S + T + M        Inspuitings (J) = I + G + X 
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
                                                                                 Enige (2x4) (8)

3.5   Hoe dra huishoudings by tot ekonomiese groei in die ekonomie?
       Huishoudings …
       - is die besitters van die produksiefaktore. Hulle voorsien hierdie produksiefaktore
          aan produsente sodat hulle goedere en dienste kan produseer. 
       - betaal inkomstebelasting aan die regering wat dit gebruik om openbare goedere en
          dienste te verskaf. 
       - koop goedere en dienste van besighede en voorsien dus ŉ inkomste aan die
          besighede. 
       - spaar ŉ gedeelte van hulle inkomste by finansiële instellings soos banke en banke
          investeer hierdie geld weer in die ekonomie. 
       - ontvang openbare goedere en dienste van die regering af. 
          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                           (8)
                                                                                            [40]
                                                                    TOTAAL AFDELING B: 40

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                    MEMORANDUM             (Vraestel 1)           GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                    STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                   PUNTE
                                                                             TOEKENNING
Inleiding:                                                                     Maks. 2

Die inleiding is ŉ lae-orde antwoord.
 ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband
   hou, te bepaal en te omskryf.
 Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.
 Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan
   bespreek.
Inhoud:                                                                       Maks. 26

   Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer /
    Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /
    Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek

   Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ŉ kritiese bespreking /             Maks. 10
    Evalueer / Evalueer Krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik
    die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
    Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/
    Debatteer kortliks / Hoe / Gee ŉ voorstel.

Slot:                                                                          Maks. 2

Enige hoë-orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds
   genoem is te herhaal.
 Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.
 Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking /analise
   kan versterk.
 ŉ Opponerende/teenstrydige sienswyse met ŉ motivering, indien
   verlang.
 Aanbevelings.

TOTAAL                                                                           40

                                                9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM             (Vraestel 1)            GRAAD 10

VRAAG 4
MAKRO-EKONOMIE
   Gee ŉ volledige bespreking van die vier hoofdeelnemers in die Ekonomiese
    kringloopmodel van ŉ oop ekonomie.                                                    (26)
   Beskryf die verhouding tussen Besparings / Spare en Investering.                      (10)
                                                                                          [40]
INLEIDING:
  Die vier hoofdeelnemers in die ekonomiese kringloop is huishoudings,
   sakeondernemings, die regering en die buitelandse sektor. Hierdie deelnemers
   vorm saam ŉ model van hoe die ekonomie werk. 
 Die besluite wat hulle neem en die interaksie met mekaar. 
 Die invloed wat dit op individue in die gemeenskap het en die invloed op die vlak
   van ekonomiese aktiwiteite. 
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                              (Maks 2)

Inhoud
HOOFDEEL

Huishoudings 

   Is al die mense wat saamleef en gesamentlike ekonomiese besluite neem. 
   ŉ Familie is ŉ huishouding wat ŉ inkomste deel. 
   Hulle besit die produksiefaktore nl. natuurlike hulpbronne (grond), arbeid, kapitaal en
    entrepreneursvaardighede. 
   Hulle besit sake-ondernemings deur die aantal aandele wat hulle in die besigheid het. 
   Hulle verdien ook ŉ inkomste uit die produksiefaktore wat hulle verkoop.
   Bv. huur word betaal vir grond, arbeid verdien lone en salarisse, rente word op kapitaal
    betaal en wins is die vergoeding vir die entrepreneur se aktiwiteite. 
   Hulle gebruik hierdie inkomste om goedere en dienste vanaf produsente te koop. 
   Die hoofdoel van verbruikers is om hulle behoeftebevrediging te maksimeer. 
   Deur die besteding van hulle inkomste bepaal hulle wat geproduseer moet word, vir wie
    geproduseer moet word en hoe dit geproduseer moet word. 
   Wat huishoudings wil hê en wat hulle kan bekostig (hulle vraag) bepaal wat besighede moet
    produseer (hulle aanbod). 
   Huishoudings spaar ŉ gedeelte van hulle inkomste vir verskeie redes vir die toekoms.

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 10

Sakeondernemings 
   Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer. 
   Produksie in SA word meestal deur privaat besighede gedoen. 
   Sakeondernemings is die belangrikste besluitnemers in die ekonomie.
    Kapitaalgoedere word ook deur hulle geproduseer. 
   Kapitaalgoedere word in die produksie van verbruikersgoedere gebruik. 
   Die skep van kapitaalgoedere word Investering (I) genoem. 
   Sakeondernemings is verantwoordelik vir doeltreffende produksie. 
   Sakeondernemings betaal huur vir grond, lone en salarisse vir arbeid, rente op kapitaal en
    wins vir die entrepreneur as inkomste aan huishoudings vir die produksiefaktore. 
   Hulle dra die produksiekoste. 
Openbare sektor / Regering 
   Bestaan uit die plaaslike-, provinsiale- en nasionale regering. 
   Die regering koop produksiefaktore deur die faktormark van die huishoudings aan. 
   Die regering koop goedere en dienste deur die produktemark van ondernemings aan. 
   Hulle voorsien goedere en dienste aan huishoudings en besighede wat nie deur
    sakeondernemings geproduseer kan word nie. 
   Hierdie openbare goedere en dienste sluit veiligheid, verdediging, regsdienste, paaie en
    ander infrastruktuur in. 
   Hulle ontvang belasting van huishoudings en besighede en ontvang ŉ inkomste van
    staatsbeheerde ondernemings. 
   Die regering gebruik hierdie belastinginkomste om maatskaplike dienste te verskaf. 
   Voorbeelde van belasting op goedere en dienste wat deur verbruikers betaal word is
    Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW), sondebelasting en brandstofheffings. 
Buitelandse sektor 
   Dit behels handel met die res van die wêreld, uitvoere, invoere en internasionale
    handel. 
   Die wêreld het ŉ globale stad geword. 
   Veranderinge in een deel van die stad beïnvloed baie ander dele van die
    stad. 
   Veranderinge in reële - en finansiële vloeie, tegnologie en inligting ontstaan tussen
    lande. 
   Globalisasie beteken dat daar ŉ groter integrasie tussen lande is. 
   Uitvoer-verdienste is ŉ inspuiting in die ekonomie omdat geld van ander lande ontvang
    word. 
   Invoer-betalings is lekkasies omdat geld die land verlaat. 

(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                             (Maks 26)

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                    MEMORANDUM              (Vraestel 1)              GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

   Spare is die deel van ŉ deelnemer se inkomste wat hy verkies om nie te spandeer nie. Dit
    word by ŉ finansiële instelling gedeponeer. 
   Dit is ŉ lekkasie van geld uit die sikliese vloei na finansiële instansies en dit verminder die
    bestedingsvloei in die siklus. 
   Spare verminder die bedrag geld wat mense het om te spandeer. 
   Spare is die bousteen vir investering. 
   Investering is die skepping van kapitaalgoedere. 
   Besighede leen die geld wat van spare afkom by die finansiële instellings. 
   Besighede gebruik die geld om kapitaalgoedere bv. masjienerie te koop. 
   Sonder spare kan daar nie investering wees nie, wat dan beteken dat daar minder goedere
    en dienste geproduseer word. 
   Investerings balanseer die lekkasies wat deur spare veroorsaak word uit. 
   Investerings het ŉ groot invloed op die ekonomie. 
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                                (Maks10)

GEVOLGTREKKING
   Die ekonomiese deelnemers is afhanklik van mekaar. ŉ Ekonomie kan nie funksioneer as
    een deelnemer nie sy rol volledig speel nie. 
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                      (Maks 2)
                                                                                               [40]

                                                12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM             (Vraestel 1)            GRAAD 10

VRAAG 5                                                                  40 PUNTE – 40 MINUTE
MAKRO-EKONOMIE

   Gee ŉ volledige uiteensetting van die fases van die sakesiklus.                       (26)
   Evalueer krities die invloed op die sakesiklus.                                       (10)
                                                                                          [40]
INLEIDING

   ŉ Sakesiklus is afwisselende periodes van uitbreiding en inkrimping van ekonomiese
    aktiwiteite. Afwisselings is nie noodwendig reëlmatig nie. 
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                                   (2)

Inhoud.
HOOFDEEL

Voorspoedfase 

     Entrepreneurs is optimisties en leen geld om kapitaalgoedere, masjinerie en toerusting
      aan te skaf. 
     Meer mense word in diens geneem en produksie styg. 
     Pryse, lone rentekoerse en winste styg. 
     Dan begin die opbloeifase. Alles neig na die oortreffende trap. 
     Rentekoerse, salarisse en lone styg tot selfs hoër vlakke en, tesame met ŉ baie
      groter vraag na grondstowwe, styg besighede se kostes bykans buite beheer. 
     Inflasie versnel totdat dit vorige hoë vlakke verbysteek. 
     Sommige besighede besef dat die voorspoedfase nie vir altyd kan aanhou nie.
      Daar is nog geen duidelike ontwrigtings nie. 

RESESSIEFASE 

     Besighede begin om vir slegter tye voorsiening te maak. Hulle produseer minder
      en probeer om die grootste deel van hulle skuld af te betaal. 
     Werkers word selektief ontslaan. 
     Verbruiksbesteding neem af en besighede se winste begin daal. 
     Inflasie is hoog en die sentrale bank verminder krediet in die ekonomie. 
     Rentekoerse verhoog en ŉ streng monêtere beleid word toegepas. 
     Huishoudings vind dit moeilik om krediet te bekostig en verbandpaaiemente te
      betaal, en banke dring daarop aan dat besighede hul uitstaande lenings, wat
      tydens die boomtydperk verkry is, terugbetaal. 
     Besteding aan duursame verbruikersgoedere en kapitaaltoerusting neem drasties
      af en werkloosheid styg. 
     Sommige besighede begin verliese toon en dagvaardigings vir krediet neem toe. 

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                   MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 10

Depressiefase 

     Algemene pessimisme word verwag onder huishoudings en besighede. 
     Alle sektore se besteding daal drasties en bestaan grootliks uit besteding aan
      verbruikersgoedere. 
     Besighede se winste is swak, baie toon verliese en gaan bankrot. 
     Meubels, motors en huise word teruggeneem omdat mense nie hulle skuld kan
      betaal nie. 
     Mense verloor hulle werk en huishoudelike inkomste is baie laag. 
     Mense probeer om werk in die informele sektor te kry. 
     Huishoudings probeer om in hulle basiese behoeftes (kos, huisvesting en klere)
      te voorsien. 
     Vraag neem af, inflasie neem af en rentekoerse daal. 
     Besighede besef toestande gaan verbeter en neem stappe wat tot herstel kan lei.

Herstelfase 

     Besighede verwag dat toestande gaan verbeter en begin masjienerie opknap en verbeter
      toerusting. 
     Hulle verhoog produksie stadig om voorraad te kry vir ŉ moontlike styging in vraag. 
     Hulle maak beter gebruik van arbeid en neem selfs nuwe werkers in diens.
     Omdat besighede meer goedere en dienste koop en meer mense in diens neem,
      is daar ŉ styging in inkomste en besteding in die ekonomie. 
     Omdat rentekoerse laag is, is huishoudings se verbandpaaiemente en ander
      paaiemente ook laag, en hulle het dus meer geld om te bestee. 
     Lenings is meer beskikbaar, maar huishoudings en besighede is steeds nie baie
      gretig om geld te leen nie. 
     Sodra verkope styg, styg besighede se winste ook.
      Entrepreneurs word meer optimisties. 
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                              (Maks 26)

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

Veranderinge in totale vraag en totale aanbod 

     In ŉ opswaaifase is daar ŉ toename in die totale besteding (totale vraag).
      Plaaslike ondernemings reageer deur hulle produksie van uitset (totale aanbod)
      te verhoog. 
     In ŉ afswaaifase is daar ŉ daling in totale besteding (totale vraag).
      Plaaslike ondernemings reageer deur hulle produksie van uitset
      (totale aanbod) te verlaag. 

Verandering in ekonomiese groei 

     Gedurende ŉ opswaaifase produseer die ekonomie meer en sal daar ŉ positiewe groei in
      die ekonomie wees. Gedurende ŉ afswaaifase produseer die ekonomie minder en sal
      daar ŉ negatiewe groei in die ekonomie wees.

Verandering in indiensnemingsvlakke 

     Gedurende die opswaaifase word daar baie mense in diens geneem en gedurende die
      afswaaifase is baie mense werkloos. 

Veranderinge in prysvlakke 

     Inflasie kom gewoonlik gedurende die laat stadium van die opswaaifase voor. Meeste
      besighede verhoog hulle pryse omdat besighede bykans volle indiensname het, terwyl
      pryse laag is gedurende die herstelfase. 

Verandering in wisselkoerse

     In ŉ opswaaifase is daar ŉ toename in invoere en ŉ afname in uitvoere omdat plaaslike
      goedere nou duurder is in vergelyking met ingevoerde goedere. 

Invloed op die ekonomies kwesbares

     Gedurende die opswaaifase is pryse gewoonlik hoog en is dit vir dié mense moeilik om in
      hulle basiese behoeftes soos kos, klere en skuiling te voorsien. 
                                                                                  (Maks 10)

GEVOLGTREKKING

     Owerhede moet altyd die ekonomiese groeipatrone monitor sodat die opswaaifases
      langer kan duur en die afswaaifases korter kan wees. 
(Aanvaar enige relevante antwoord)                                               (Maks 2)
                                                                                     [40]
                                                                 TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                               TOTAAL: 100

                                             15

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
