# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      PROVINSIALE EKSAMEN
                            JUNIE 2018
                            GRAAD 10

                            EKONOMIE

                            VRAESTEL 1

TYD:         1½ uur

PUNTE:       100

11 bladsye

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        EKONOMIE
                                        (Vraestel 1)                GRAAD 10     2

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                  EKONOMIE
                                                  (Vraestel 1)

                                                  TYD: 1½ uur

                                                  PUNTE: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1    Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
     AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

2    Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. Addisionele antwoorde
     sal NIE nagesien word NIE.

3    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
     vraestel.

4    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5    Lees die vrae noukeurig deur.

6    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7    Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop.

8    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
     vrae.

9    Gebruik slegs blou of swart ink.

10   Jy mag ŉ niegeprogrammeerde sakrekenaar gebruik.

11   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                            (Vraestel 1)                 GRAAD 10      3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                    20 PUNTE – 15 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 - 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 1.1.6. D

      1.1.1   Ekonomie is ŉ sosiale wetenskap wat ŉ studie doen van hoe mense
              hulle behoeftes en begeertes deur … bevredig.

              A   onbeperkte middele
              B   beperkte middele
              C   onbeperkte hulpbronne
              D   onbeperkte behoeftes

      1.1.2   Dit is die vertakking van Ekonomie wat na die ekonomie as ŉ geheel
              kyk, byvoorbeeld nasionale inkomste.

              A   Mikro-ekonomie
              B   Monetêre ekonomie
              C   Makro-ekonomie
              D   Ekonometrie

      1.1.3   Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die
              grense van ŉ land oor ŉ tydperk van ŉ jaar geproduseer word staan
              bekend as …

              A    Bruto Binnelandse Produk (BBP).
              B    Bruto Nasionale Inkomste (BNI).
              C    Bruto Binnelandse Besteding (BBB).
              D    Ekonomiese kringloop.

      1.1.4   Enige faktor, in die ekonomiese kringloopmodel, wat ŉ vermindering in
              die bestedingsvloei veroorsaak, word … genoem.

              A    inspuitings
              B    nominale vloei
              C    lekkasies
              D    reële vloei

                                                                                      b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE
                                          (Vraestel 1)                   GRAAD 10       4

      1.1.5   Wanneer daar vir ten minste twee opeenvolgende kwartale ŉ
              negatiewe ekonomiese groei is word dit ŉ … genoem.

              A    ekonomiese groei
              B    inflasie
              C    piek
              D    resessie
                                                                               (5x2)   (10)

1.2   Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

                KOLOM A                                KOLOM B
         1.2.1 Ekonomiese             A    Besighede voorsien goedere en dienste
               doeltreffendheid            aan huishoudings, die regering en die
                                           buitelandse sektor deur uitvoere via die
         1.2.2 ŉ Mark                      goederemark.

         1.2.3 Spare                  B    Dit is die verskil tussen inkomste en
                                           besteding.
         1.2.4 Piek
                                      C    Die boonste draaipunt op die sakesiklus.
         1.2.5 Vryheid
                                      D    Bring kopers en verkopers bymekaar met
         1.2.6 Reële vloei                 die doel om handel te dryf

                                      E    Ontstaan wanneer hulpbronne, in die
                                           produksie van goedere en dienste,
                                           optimaal benut word

                                      F    Alle mense het ŉ basiese reg om vry van
                                           armoede, onkunde en slawerny te wees.

                                      G    Goedere en dienste wat mense nodig het
                                           om te oorleef
                                                                              (6x1) (6)

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE
                                           (Vraestel 1)                 GRAAD 10           5

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term /
      woord langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Akronieme en afkortings word nie aanvaar nie.

      1.3.1 Die ekonomiese vertakking wat die gedrag van die individuele
            besluitnemingseenhede van die ekonomie soos huishoudings,
            ondernemings en individuele verbruikers bestudeer

      1.3.2 Dit is goedere met ŉ hoë waarde, soos masjinerie en gereedskap wat
            gebruik word om ander goedere te produseer.

      1.3.3 Dit is die belasting wat deur huishoudings en besighede op hulle
            inkomste betaal word.

      1.3.4 Sakesiklus-aanwysers wat aandui wat in die toekoms met
            ekonomomiese aktiwiteite kan gebeur
                                                                               (4x1) (4)

                                                            TOTAAL AFDELING A: 20

                                                                                       b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                                                   (Vraestel 1)               GRAAD 10            6

AFDELING B

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2
MAKRO-EKONOMIE                                                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1                      Noem enige TWEE studievelde wat verband hou met Ekonomie.
                                                                                                      (2x1) (2)

      2.1.2                          Wat is die verwantskap tussen skaarsheid en geleentheidskoste?
                                                                                                      (1x2) (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                             F

         Ekonomiese Aktiwiteit
                                                                                   G
                                                                      E
                                           A
                                                     B

                                                         C
                                                               D

                                 0
                                                             Tyd (in jare)

                                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                              (Vraestel 1)                    GRAAD 10               7

      2.2.1   Wat word bogenoemde grafiek genoem?                                              (1)

      2.2.2   Watter punt op die grafiek sal met die laagste BBP geassosieer word?             (1)

      2.2.3   Gee ŉ kort beskrywing van ekonomiese groei.                                      (2)

      2.2.4   Verduidelik kortliks watter invloed sakesiklusse op ekonomiese groei
              het.                                                                             (2)

      2.2.5   Hoe kan die regering werkloosheid in die ekonomie verminder?
                                                                                     (2x2) (4)

2.3   Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.

                                         Stadstoere

      Mike en Thabo het ŉ jaar gelede ŉ nuwe besigheid begin. Hulle besigheid is in
      Kaapstad geleë en bied stadstoere vir toeriste aan. Gedurende die afgelope
      jaar het hulle besigheid goed gevaar en het hulle ŉ netto wins na belasting van
      R500 000 gemaak. Hulle kan nie besluit of hulle die wins moet gebruik om nog
      ŉ toerbus vir hulle maatskappy te koop nie, en of hulle die geld as ŉ deposito
      op ŉ gastehuis in Kaapstad moet gebruik om hul besigheid te diversifiseer nie.

                                                           [Bron: Geniet Ekonomie, Graad 10]

      2.3.1   Hoeveel netto wins na belasting maak die besigheid in die bostaande
              leesstuk?                                                                        (1)

      2.3.2   Identifiseer ŉ stelling uit die leesstuk wat daarop dui dat die besigheid
              doeltreffend funksioneer.                                                        (1)

      2.3.3   Wat beteken dit 'om hulle besigheid te diversifiseer' in die uittreksel?         (2)

      2.3.4   Demonstreer hoe hierdie uittreksel die probleem van skaarsheid van
              hulpbronne illustreer.                                                           (2)

      2.3.5   Gee ŉ kort verduideliking wat die verband tussen produksie, verbruik
              en ruil is.                                                                      (4)

2.4   Onderskei tussen vry goedere en ekonomiese goedere.                            (2x4) (8)

2.5   Demonstreer hoe die Suid-Afrikaanse regering basiese dienslewering aan
      ekonomies benadeelde mense bied om daardeur hulle lewenstandaard te
      verbeter.                                                                                (8)
                                                                                               [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                            (Vraestel 1)                    GRAAD 10             8

VRAAG 3                                                40 PUNTE – 30 MINUTE
MAKRO-EKONOMIE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE tipes markte in die ekonomiese kringloop. (2x1)           (2)

      3.1.2   Wat is die doel van die tendenslyn in die sakesiklus?             (1x2)   (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

               Eers was dit
              beurtkrag, nou
               is dit water-
               beperkings
              Ek wonder wat
              volgende kom.

                                                                      [Source: www.google.com]

      3.2.1   Watter produksiefaktor word in die spotprent uitgebeeld?                    (1)

      3.2.2   Watter ekonomiese sektor word deur die scenario geraak?                     (1)

      3.2.3   Gee ŉ kort beskrywing van die term relatiewe skaarsheid.                    (2)

      3.2.4   Wat kan die regering doen om die waterkrisis op te los?                     (2)

      3.2.5   Wat is die invloed van die bogenoemde situasie op die ekonomie?             (4)

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                              (Vraestel 1)                    GRAAD 10            9

3.3   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      Bestedingskomponent                                          Rand (biljoen)
      Verbruiksbesteding                                                         1 473
      Owerheidsbesteding                                                           505
      Investering                                                                  468
      Uitvoere                                                                     657
      Min Invoere                                                                (678)
      BBP teen markprys                                                          2 425

      Faktorinkomste deur Suid-Afrikaners oorsee verdien                            34
      Faktorinkomste in Suid-Afrika deur buitelanders verdien                     (87)
      BNI                                                                            A
                                                      [Bron: Suid-Afrikaanse Reserwebank]

      3.3.1   Watter metode is in die bostaande tabel gebruik om die BBP te
              bereken?                                                                      (1)

      3.3.2   Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die publikasie van
              bogenoemde data.                                                              (1)

      3.3.3   Gee ŉ kort beskrywing van die term faktorinkomste.                            (2)

      3.3.4   Noem die ander TWEE metodes wat gebruik word om die BBP te
              bereken.                                                                      (2)

      3.3.5   Bereken die waarde by A in bogenoemde tabel. Wys alle berekeninge. (4)

3.4   Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomie.                     (2x4) (8)

3.5   Hoe dra huishoudings by tot groei in die ekonomie?                                    (8)
                                                                                            [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 40

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE
                                          (Vraestel 1)                     GRAAD 10         10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                 PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                               TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laer-orde respons.
 ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip of sleutelwoord van
    die vraag te definieer.                                                      Maks. 2
 Moenie in die inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.
 Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud / liggaam
    herhaal nie.
 Vermy deur in die inleiding te herhaal wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.

Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Diepgaande bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei
/ Verduidelik / Assesseer / Debatteer                                            Maks. 26

Addisionele gedeelte: Gee eie menings / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /         Maks. 10
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /
Hoe? / Stel voor

Slot

Enige hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit:
 ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
                                                                                 Maks. 2
    enige feite wat reeds genoem is
 Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is
 Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking / analise
    kan versterk
 ŉ Opponerende / teenstrydige sienswyse met ŉ motivering, indien
    verlang
 Aanbevelings

                                                                 TOTAAL               40

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                        11
                                              (Vraestel 1)                  GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE                                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Gee ŉ volledige bespreking van die VIER hoofdeelnemers in die Ekonomiese
    kringloopmodel van ŉ oop ekonomie.                                                  (26)

   Beskryf die verhouding tussen besparings/spare en investering.                      (10)
                                                                                        [40]

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Gee ŉ volledige uiteensetting van die fases van die sakesiklus.                     (26)

   Evalueer krities die invloede / gevolge van besigheidsiklusse in die ekonomie.      (10)
                                                                                        [40]

                                                                      TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                                TOTAAL: 100

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
