# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-possible-answers/bc38fb6f-6bc5-4040-aa41-5fe7965d342b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-possible-answers/bc38fb6f-6bc5-4040-aa41-5fe7965d342b)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/85d4f782-147c-494a-8e6e-f677e427afe6) — QP · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      testpapers.co.za

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                            2015
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       MEMORANDUM

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        EKONOMIE
                                           MEMORANDUM
                                                                         Vraestel 1

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          EKONOMIE
                                                          Vraestel 1

                                                          MEMORANDUM

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                                  30 PUNTE

1.1   1.1.1   B      die toepassing van statistieke in ekonomie

      1.1.2   B  skaarsheid

      1.1.3   B      verbruik

      1.1.4   C  die tendenslyn

      1.1.5   B  globalisering

      1.1.6   A      hoogs gekonsentreerd is

      1.1.7   C  moderne geld

      1.1.8   C sensus
                                                                                (8x2) (16)

1.2   1.2.1   D  Stellings wat gebaseer is op feite wat bewys kan word 

      1.2.2   G  Die waarde van die volgende beste alternatief wat nie gekies is, as
                  ŉ keuse gemaak is ten gunste van sekere goedere

      1.2.3   F  Van die inkomste verdien deur verbruikers, sal slegs ŉ deel bestee
                  word op plaaslike goedere en dienste

      1.2.4   A  Wys vir ons wat het met die ekonomie gebeur

      1.2.5   C  ŉ Manier van lewe waar mense migreer met kuddes om beter
                  weiding en waterbronne te vind

      1.2.6   B  Uitbreiding van mag en invloed deur beheer te neem oor swakker
                  lande, en sodoende die moederland te verryk

      1.2.7   E  Eerste bank gestig in die Kaap

      1.2.8   I     ŉ Persoon trek na ŉ ander gebied of land op soek na werk
                                                                                (8x1) (8)

                                               2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                      MEMORANDUM
                                                           Vraestel 1

1.3   1.3.1   Mikro-ekonomie 

      1.3.2   Mark-ekonomie 

      1.3.3   Inkomstebelasting 

      1.3.4   Piek 

      1.3.5   Verstedeliking 

      1.3.6   Emigrante/Emigrasie 
                                                                  (6x1) (6)

                                                   TOTAAL AFDELING A: 30

                                        3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                               EKONOMIE
                                             MEMORANDUM
                                                                               Vraestel 1

AFDELING B

Merk slegs die eerste TWEE vrae beantwoord in hierdie afdeling.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                         40 PUNTE

2.1   2.1.1 TWEE voorbeelde van inspuitings.

                    Investerings 
                    Owerheidsbesteding 
                    Uitvoere                                                             (2x1) (2)

      2.1.2 Goedere word gekoop deur produsente om te verbruik in die
            produksieproses om meer goedere en dienste te produseer.

              Kapitaalgoedere  of intermediêre goedere                                   (1x2) (2)

2.2   2.2.1 TWEE wetenskappe gekoppel aan Ekonomie

                   Statistiek 
                   Wiskunde 
                   Inligtingstegnologie 
                   Regte 
                   Geografie 
                   Nie Politiek of Sosiologie alreeds genoem in artikel nie                (2x1) (2)

      2.2.2 “Ekonomie veroorsaak / lê aan die wortel van die maksimum sosiale
            probleme.” Is dit ŉ positiewe of normatiewe stelling? Motiveer jou antwoord.

              Normatief 
              Kyk na die uitkomste van ekonomiese gedrag. Maak beoordelings.
              Vra of dit goed of sleg is.                                                (2x2) (4)
      
      2.2.3    Dink jy die verwysing van “beperkte hulpbronne” in die artikel, verwys na
               die produksiefaktore? Motiveer jou antwoord.                         (2x2)(4)

              Ja 
                  Die produksiefaktore is die insette van die produksieproses. 
                  Geen produksie kan plaasvind sonder produksiefaktore nie. 
                  Produksie is beperk tot die beskikbare hoeveelheid produksiefaktore. 
                  Enige relevante antwoord.                                         (1 x 2) (2)

                                                 4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        EKONOMIE
                                           MEMORANDUM
                                                                         Vraestel 1

2.3   2.3.1 Konsep van Ekonomie

             Ekonomie is ŉ studie van die hoe individue, besighede, regerings en ander
              organisasies in ons samelewing kies om skaars hulpbronne te gebruik om in
              verbruikers se veelvuldige basiese en ander behoeftes te voorsien en te
              versprei.  (Oxford Suksesvolle Ekonomie)
             Die studie van die doeltreffende gebruik of bestuur van beperkte produktiewe
              hulpbronne om maksimum tevredenheid t.o.v. menslike materiële behoeftes te
              bereik.  (Fast Track Economics)
             Ekonomie is ŉ studie van die hoe individue, besighede, regerings en ander
              organisasies in ons samelewing kies om skaars hulpbronne te gebruik om in hul
              veelvuldige basiese en ander behoeftes te voorsien op ŉ wyse wat doeltreffend
              en billik is. (Geniet Ekonomie) (Oplossings vir almal Ekonomie)
             Ekonomie is ŉ sosiale wetenskap wat die daaglikse keuses wat mense maak
              bestudeer en om die beperkte middele tot hulle beskikking so te gebruik dat dit
              die onbeperkte behoeftes en begeertes maksimaal bevredig.  (Fokus
              Ekonomie)                                                                    (2)

      2.3.2 Skaarsheid dwing ons om …

         o Keuses te maak                                                                (2)

      2.3.3    “Skaarsheid is orals”. Is dit ook waar vir ryk mense? Gee ŉ rede vir jou
               antwoord.

         o Ja, Hulpbronne soos water, kos en elektrisiteit is skaars. Moet antwoord
           motiveer.
         o Selfs al is daar genoeg geld om goedere te koop om hulle behoeftes en begeertes
           te bevredig is hulpronne steeds skaars. 
         o Daar is onvoldoende hulpbronne om al die goedere en dienste wat verbruik kon
           word, te produseer. 
         o Mense het baie behoeftes en begeertes, maar die hulpbronne wat benodig word
           om dit te bevredig is steeds beperk. 
         o Enige relevante antwoord.                                                 (1x2)(2)

      2.3.4 Relatiewe skaarsheid
      
         • Die produksie van goedere en dienste het toegeneem oor die afgelope paar jaar,
            maar goedere relatief tot die vraag is nog steeds skaars. 
         • Daar is net genoeg produktiewe hulpbronne om voldoende hoeveelhede van alles
            wat mense benodig. 
         • Skaarsheid is relatiewe begrip. Dit beteken slegs iets in verband met
            behoeftes. 
         • Die verskaffing van hulpbronne vir die goedere en dienste wat ons gebruik is
            onvoldoende. 
         • Slegs ŉ klein deel van die goedere en dienste wat mense begeer kan geproduseer
            word. 
         • Sommige hulpbronne is skaarser as ander. 
         • Produsente moet die beste kombinasie van die hulpbronne bepaal om soveel
            moontlike behoeftes te bevredig.                                      (2x2)(4)

                                               5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                EKONOMIE
                                                 MEMORANDUM
                                                                                 Vraestel 1

             
2.4 Verduidelik die verhouding tussen die deelnemers in ŉ vereenvoudige twee-sektor
    ekonomiese kringloop.

          Die twee deelnemers is huishoudings en besighede. 
          Huishoudings besit die produksiefaktore en verkoop dit aan die besighede. 
          Huishoudings besit die kapitaal, arbeid, grond en entrepreneurskap en verkoop dit aan
           besighede.
          Besighede koop produksiefaktore van huishoudings. 
          Huishoudings ontvang huur, rente, wins, salarisse en lone van die besighede.
          Die besigheid verkoop finale goedere en dienste aan die huishoudings.
          Huishoudings spandeer geld op finale goedere en dienste en besighede ontvang daardeur
           ŉ inkomste. 
          Die huishoudings koop die finale goedere en dienste van besighede.
          Enige ander relevante antwoord.                                                   (4x2)(8)

 2.5       Bespreek die verskil asook die belangrikheid van die BBP en BNI.

           BBP

              Bruto Binnelandse Produk: Die totale waarde van die produksie van finale goedere en
               dienste binne die grense van Suid-Afrika binne een jaar. 
              BBP is die belangrikste maatstaf van die uitset geproduseer deur ŉ
               ekonomie.(Oxford Suksesvolle Ekonomie)
              BBP gee ŉ maatstaf van wat gebeur met die produksie van ŉ land, maak nie saak wie
               dit produseer nie.  (Oplossings vir almal Ekonomie)                      (Max.4)

           BNI

              Bruto Nasionale Inkome: Die totale waarde van die uitset van finale goedere
               geproduseer deur die produksiefaktore besit deur die landsburgers binne ŉ gegewe
               tydperk, gewoonlik een jaar. 
              BNI word gebruik om die lewenstandaard van die landsburgers te meet.  (Oxford
               Suksesvolle Ekonomie)
              Is die vergoeding vir die gebruik van of verkoop van die produksiefaktore, d.w.s.
               salarisse en lone + huur + wins + rente. 
              Die samestelllende elemente van die nasionale inkomste is dus die vergoeding betaal
               aan elke produksiefaktor vir sy deel in die produksie van goedere en dienste.
               (Fokus Ekonomie)
              BNI gee ons ŉ maatstaf van die inkomste verdien deur Suid-Afrikaners en elders in die
               wêreld. ( Oplossings vir almal Ekonomie)                                     (2x4)(8)
                                                                                                   [40]

                                                     6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            EKONOMIE
                                            MEMORANDUM
                                                                            Vraestel 1

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                                           40 PUNTE

3.1   3.1.1 TWEE tipes infrastruktuur

                Vervoer & kommunikasie
                Water en krag
                Sosiale infrastruktuur
                Finansiële infrastruktuur (Oxford Suksesvolle Ekonomie)
                Geen voorbeelde                                                          (2x1)(2)

      3.1.2 Die oorspronklike doel van die VOIK verklaring aan die Kaap was om …

                Vars vrugte, groente en vleis te produseer en aan verbygaande skepe te
                 verskaf.                                                              (1x2)(2)

3.2   3.2.1 Gee die definisie van geld.

            Geld is enigiets wat algemeen aanvaar word as ŉ betaalmiddel vir goedere en
            dienste of enigiets wat aanvaar word as ŉ vorm van die opgaar/akkumulering van
            rykdom. 
            (Oplossings vir almal Ekonomie)
            Enige relevante definisie                                                     (2)
          
      3.2.2 Na jou mening, is die stokvel ŉ belangrike deel van die finansiële stelsel in
            Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord deur gebruik te maak van die inligting in
            die artikel.

                       Ja  Moet ja/nee sê om 1 punt te kry en moet verduidelik
                       R44 bn word geinvesteer in stokvelle 
                       11,4 m mense behoort aan stokvelle 
                       811 830 stokvelle  (Aanhaal van artikel statistieke 1 punt en
                        maksimum van 2 punte)
                       Eie mening – mense spaar 
                       Voorheen benadeelde mense is toegang geweier na tradisionele
                        besparingsintrumente by finansiële instellings en het stokvelle gebruik om
                        aan hulle families te voorsien. 
                       Enige relevante antwoord                                                (4)

                                                7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                           EKONOMIE
                                            MEMORANDUM
                                                                            Vraestel 1

      3.2.3 Noem TWEE redes om eerder te behoort aan ŉ stokvel as om ŉ
            spaarrekening by ŉ kommersiële bank te hê.

            Geen minimum bedrag benodig om aan stokvel te behoort nie, maar banke het ŉ
             minimum bedrag nodig.
            Geen bankkoste met ŉ stokvel, waar ŉ bank bankkostes hef. 
            Stokvelle is tradisioneel en was die enigste manier vir die meerderheid van die
             bevolking om te spaar in die apartheidsjare. Banke het toegang geweier tot
             bankfasiliteite gedurende die apartheidsjare. 
            Mense vertrou die lid van die gemeenskap wat aan stokvel behoort, vertrou nie
             banke nie.
            Mense in landelike gebiede het nie maklike toegang tot banke nie, maar die lede
             van die gemeenskap kan ŉ stokvel begin.
            Geen papierwerk betrokke nie, slegs vertroue nodig om ŉ stokvel te begin, banke
             benodig ŉ ID, bewys van woonadres om ŉ rekening te open. 
             Enige relevante antwoord                                                    (2x2) (4)

3.3   3.3.1 Definieer die konsep bevolkingsgroeikoers.

            Bevolkingsgroeikoers meet die verandering in die bevolking van ŉ
             land.(Oplossings vir almal Ekonomie)
            Persentasie verandering in die grootte van die bevolking in vergelyking met die
             vorige jaar. (Oxford Suksesvolle Ekonomie)
             Enige relevante definisie                                                         (2)

      3.3.2 Bereken die persentasie verhoging in die bevolking van 2006 tot 2015.

             13.35% of 13% (            x   )                                               (2)

      3.3.3 Noem TWEE faktore wat die bevolkingsgroeikoers kan beïnvloed.

             Fertiliteitskoers / Vrugbaarheidskoers / Geboortekoers
             Mortaliteitskoers / Sterftekoers / Lewensverwagtingkoers
             Netto migrasie                                                            (2x1)(2)

      3.3.4 In jou mening, waarom is dit belangrik vir die regering om te weet wat die
            bevolkingsgroeikoers is?

            Vir die regering om beplanning te doen oor watter hulpbronne die inwoners in die
             toekoms sal benodig. 
            Hulpbronne soos infrastruktuur, onderwys en gesondheid. 
            Enige relevante antwoord                                                   (2x2)(4)

                                                8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                         EKONOMIE
                                           MEMORANDUM
                                                                          Vraestel 1

3.4   Vergelyk ruilhandel met die gebruik van werklike geld in ruil vir goedere.

                         Ruilhandel                            Werklike geld
        1. Goedere word geruil vir            1. Goedere word geruil vir geld.
        goedere.                           2. Die waarde van goedere word
        2. Partye moet onderhandel oor        uitgedruk in terme van ŉ prys.
        hoeveel van een goedere kan verruil   3. Daar is slegs die behoefte van een
        word vir ander goedere.            party vir goedere, waar die ander party
        3. Partye kan goedere slegs verruil astevrede is met die geld, wat vir enige
        beide partye die goedere              doel aangewend kan word.
        benodig.                                     Moet vergelyk met ruilhandel –
                                                                 As nie, maks 2 punte
            Moet vergelyk met werklike geld –                            Maks 4 punte
                        As nie, maks 2 punte
                                Maks 4 punte
                                                                                       (2x4) (8)

3.5    Beskryf enige TWEE faktore wat ekonomiese ontwikkeling gedurende
       die landbou- en mynboustadium bevorder het.

      (i)      Goudstandaard 
              Die ontdekking van goud in Suid-Afrika het plaasgevind in ŉ tyd toe                   
                silwer nie meer beskou is as ŉ standaard vir internasionale
                geldeenheid nie. 
              Die verandering aan ŉ goudstandaard verhoog die vraag na goud                         
                dramaties. 
       (ii)    Goedkoop arbeid 
              Plaaslike arbeid was ongeskoold en relatief skaars, maar gewillig om                  
                vir lae lone te werk. 
       (iii)   Beskikbaarheid van diamante en goud 
              Omdat slegs ŉ klein hoeveelheid van hierdie kosbare stene en metaal                   
                beskikbaar is, was dit waardevol, uitvoer was maklik. 
              In al die belangrike lande was daar ŉ groot vraag vir goud en diamante en ŉ
                gevestigde handelsmark het bestaan.                                (2x4)    (8)
                                                                                              [40]

                                                 9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        EKONOMIE
                                           MEMORANDUM
                                                                         Vraestel 1

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES                              40 PUNTE

      4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat jy nodig het om te oorweeg wanneer
            jy ŉ loopbaankeuse uitoefen.

                Finansiële implikasies 
                Risikos 
                Belangstellings en vaardighede 
                Enige relevante antwoord                                     (2x1)   (2)

      4.1.2 Wie teken die banknote in Suid-Afrika?

                Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank 
                Lesetja Kganyago                                             (1x2)   (2)

4.2   4.2.1 Definieer die term Uitvoere.

                Uitvoere is goedere en dienste wat ons vervaardig en verkoop aan
                 die res van die wêreld.  (Oplossings vir almal Ekonomie)
                Uitvoere is goedere en dienste wat plaaslik vervaardig word en dan
                 verkoop word aan die buitelandse sektor.  (Fokus Ekonomie)
                 Enige relevante definisie                                              (2)
                                                                                       
      4.2.2 Bereken die BBP van 2014 deur die bestedingsmetode te gebruik.
            Toon alle berekeninge.

                   BBP(E) = C + I + G + (X – M)
                   = 2 299 426 + 772 808 + 771 641+ (1 186 640 - 1 257 292)
                   = 3 773 223                                                        (6)

      4.2.3 Gee TWEE ander metodes om die BBP te bereken.

                Inkomstemetode 
                Produksiemetode / Toegevoegde Waarde metode                           (2)

4.3   4.3.1 Definieer die term Feodalisme.

            Feodalisme was ŉ sosiale, politieke en militêre stelsel wat die middeleeue
            oorheers het in Wes-Europa. ( Oplossings vir almal Ekonomie)
            ŉ Leenheerstelsel waar ŉ groot gedeelte van die gemeenskap as
            kleinboere op die landgoed van die leenheer (eienaar) gewerk het in ruil
            vir sy beskerming.  (Fokus Ekonomie)
            Enige relevante definisie                                                  (2)
                                                                                      
      4.3.2 Kies een van die woorde om Prente A-D te identifiseer.

            Prent A – Merkantilisme                                                   
            Prent B – Feodalisme 
            Prent C – Kommunisme 
            Prent D – Kapitalisme                                              (4x1)(4)

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        EKONOMIE
                                          MEMORANDUM
                                                                        Vraestel 1

      4.3.3 Wie was die vader van Kommunisme?

             Karl Marx                                                               (2)

      4.3.4 Kapitalisme word dikwels gekritiseer. Hoekom?

                  Vir die volgehoue sakesiklusse 
                  Werkloosheid 
                  Uitbuiting van arbeid 
                  Gaping tussen ryk en arm 
                   Enige relevante antwoord                                    (1x2)   (2)

4.4   Ontleed die fundamentele menseregte waaroor Suid-Afrikaanse burgers
      beskik.

Ekonomiese ontwikkeling is gebaseer op drie kern menseregte, naamlik:
 Reg op bevrediging van basiese behoeftes – alle mense het ŉ basiese behoefte vir
   kos, skuiling en gesondheid. Sonder hierdie, kan hulle nie lewe nie. Die hoofdoel
   van alle ekonomiese aktiwiteite moet dus wees om soveel moontlike mense te
   voorsien van hierdie basiese oorlewingsbehoeftes. 
 Selfbeeld – alle mense het die reg om respek, erkenning, waardigheid en ŉ toekoms.
 Vryheid – Alle mense het ŉ basiese menslike reg om vry van armoede, onkunde en
   slawerny (om onder eienaarskap van ander) te wees.  (Oplossings vir almal
   Ekonomie)
 Met die aanvaarding van ons grondwet, het Suid-Afrikaners regte verkry wat
   voorheen van hulle weerhou is.
 Reg tot billike arbeidspraktyke: Ons mag nie onbillik ontslaan word nie en daar
   mag nie teen ons in die werksplek gediskrimineer word nie.
 Reg tot onderwys/opleiding: Alle Suid-Afrikansers het die reg op basiese onderwys,
   die reg om vaardighede aan te leer en opleiding te kry, wat hulle sal help om werk
   te kry en produktiewe lede van die ekonomie te word.
 Die reg op gesondheidsorg en veilige lewensomstandighede: Ons het almal ŉ reg
   op veilige lewensomstandighede, goeie polisiemag en ŉ veilige en onbesoedelde
   omgewing om in te leef.
 Toegang tot ŉ basiese lewenstandaard: Ons regering het hom verbind tot die
   verbetering van die lewensomstadighede en lewenstandaard van alle landsburgers
   en probeer om huise, pensioene, kos en gesondheidsorg vir almal te voorsien.
   (Fokus Ekonomie)

Menseregte is die basiese regte wat besit word deur alle mense.
Dit sluit in:
 Politieke regte, die reg van alle volwassenes om te stem in vrye verkiesings en aan
    ŉ politieke party te behoort.
 Burgerregte, wat die reg insluit om regverdig en gelyk behandel te word en vryheid
    van spraak te hê.
 Ekonomiese regte, soos die reg om te werk en vaste eiendom te besit.  (Oxford
    Suksesvolle Ekonomie)
                                                  Noem van regte Maksimum 4 punte.
                                                                                 (4x2) (8)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                           EKONOMIE
                                             MEMORANDUM
                                                                            Vraestel 1

4.5      Gebruik die demografiese siklus om te verduidelik waar Suid-Afrika tans is
         in die siklus. (Jy het nie nodig om die siklus te teken nie, verduidelik slegs
         die fase of fases waarin Suid-Afrika is.)

•     Suid Afrika is tussen die tweede deel van die derde-fase en die vierde-fase van die
      demografiese siklus.
•     In die tweede deel van die derde-fase, ŉ afname in die natuurlike bevolkingsgroei
      vind plaas.
•     Die afname is die gevolg van ŉ laer geboortesyfer in vergelyking met die
      sterftesyfer.
•     Dit is wat ons vind in gemeenskappe wat in die proses is van verstedeliking en
      modernisering.
•     Gedurende die vierde-fase, die geboortesyfer daal vinniger as die sterftesyfer en
      gevolglik daal die natuurlike bevolkingsgroeikoers.
•     Hierdie vinnige afname in die geboortesyfer is die resultaat van die besef deur ŉ
      groot deel van die bevolking dat minder kinders, ŉ toename in lewenstandaarde
      impliseer en die aanvaarding van gesinsbeplanning en
      geboortebeperking. 
•     Die afname in die sterftesyfer is te danke aan beter toegang van mediese sorg en
      meer bekostigbare gesondheidsorg.                                         (4x2) (8)
                                                                                          [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 80

                                                12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                         EKONOMIE
                                             MEMORANDUM
                                                                          Vraestel 1

AFDELING C

Merk slegs die EERSTE vraag wat beantwoord word uit hierdie afdeling.

                         PUNTETOEKENNING VIR LANGVRAE:

     STRUKTUUR VAN DIE LANGVRAAG                                  PUNTE-
                                                                  TOEKENNING
     Inleiding                                                       Maks. 2
     Liggaam:
     Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte                Maks. 26
     bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed
     (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Asses-
     seer/Debatteer
                                                                     Maks. 10
     Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
     krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
     verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
     verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
     af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
     kortliks
     Gevolgtrekking                                                  Maks. 2
     TOTAAL                                                            40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                                   40 PUNTE

Ekonomieë verander voortdurend. Die ekonomie van ŉ land het tydperke van
vinnige ekonomiese groei en tydperke van stadige of geen ekonomiese groei.

      Bespreek die fases en redes van sakesiklusse.                      (26 punte)
      Watter effek dink jy het sakesiklusse op die ekonomie?             (10 punte)   [40]

INLEIDING

Sakesiklusse verwys na die opswaaie en afswaaie van die ekonomiese aktiwiteite van
die ekonomie.  (Oplossings vir almal Ekonomie)
OF Sakesiklusse is aanwysings van fluktuasies/veranderinge in die ekonomiese
aktiwiteite.  (Fokus Ekonomie)
Enige relevante inleiding.                                                   (Max 2)

INHOUD
HOOFGEDEELTE

1.       Fases van Sakesiklusse

         1.1   Periode van Ressessie                                                 
                    Gedurende ŉ ressessie, gaan werksgeleenthede verlore en daar is
                     ŉ gevoel van pessimisme. 
                    Indiensnamevlakke daal, en daar is ŉ afname in ekonomiese
                     aktiwiteit, terwyl die ekonomie afplat. 

                                                 13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                          EKONOMIE
                                          MEMORANDUM
                                                                           Vraestel 1

     1.2   Periode van Depressie                                                         
            Gedurende ŉ depressie is daar ŉ tekort aan geldaanbod wat lei tot
               verdere afname in besteding. 
            Daar is ŉ negatiewe impak om investeringsbesteding. 
            As ekonomiese aktiwiteite op sy laagste is, sal ŉ trog bereik word. 
            Daar is mededinging vir werksgeleenthede en die koste van produksie
               daal. 
            Dit moedig internasionale handel aan en lei tot ŉ herstel. 

     1.3   Periode van Herstel                                                           
            Gedurende ŉ herstel, sal produksie styg en meer werksgeleenthede
               geskep word. 
            Besigheidsvertroue styg en daar is ŉ styging in besteding deur
               firmas. 
            Daar is toenemende ekonomiese aktiwiteite en die land betree ŉ
               periode van voorspoed.

     1.4   Periode van Uitbreiding 
            Gedurende ŉ periode van uitbreiding is daar ŉ groot graad van
               optimisme.
            Indiensnamevlakke styg, salarisse en lone styg en besteding neem
               toe.
            ŉ Piek word bereik. 
            ŉ Groter bedrag geld is in sirkulasie en dit lei tot ŉ inflasionêre situasie. 

2.   Redes vir Sakesiklusse

     2.1   Eksogene faktore 

              Faktore wat afkomstig is van buite die ekonomiese stelsel en op te tree
               as snellermeganismes vir inkrimpings en uitbreidings. 
              Voorbeelde:
               o Tegnologie skokke 
               o Weerpatrone 
               o Regerings deur middel van besteding, belasting en regulasies 
               o Veranderinge in die mode en verbruikers se smake en
                   voorkeure.  (Oplossings vir almal Ekonomie)
               o Droogtes 
               o Hongersnood 
               o Oorlog 
               o Ander natuurrampe  (Fokus Ekonomie)
               o Strukturele veranderinge in die ekonomie (Oxford Suksesvolle
                   Ekonomie)
              Strukturele veranderinge veroorsaak dat ekonomiese hulpbronne
               oorbodig is in een sektor en beweeg na ŉ ander sektor.
              Geldvoorraad verwys na die regering wat geldvoorraad of verhoog of
               verlaag, wat ewewig verander in die markte. 

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                       EKONOMIE
                                          MEMORANDUM
                                                                        Vraestel 1

2.2   Endogene faktore 

        Dit is faktore wat deel is van die ekonomiese sisteem.
        Die uitbreidingsfase bevat ook meganismes wat uiteindelik ŉ inkrimping in
         ekonomiese aktiwiteite veroorsaak. 
        As die vlak van ekonomiese aktiwiteit verhoog, verhoog die totale besteding
         in die ekonomie ook.
        Dit veroorsaak ŉ toename in invoere wat ŉ negatiewe invloed op die
         betalingsbalans het en lei tot ŉ verswakking in die wisselkoers.
        Toename in rentekoerse agv ŉ toename in lenings (negatiewe effek in die
         ekonomie).
        Positiewe persepsies van die ekonomie sal lei tot ŉ toename in besteding en
         andersom.
                                       Opskrifte & voorbeelde – Maks 8 (enkel punte)
                                                                            (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE

3.    Watter effek het sakesiklusse op die ekonomie?

      3.1 Veranderinge in totale vraag en totale aanbod. 
          o In ŉ herstelperiode sal mense ŉ toename in vraag hê.
          o Dit kan lei tot ŉ tekort aan goedere en dienste om aan die vraag te
             voldoen.
          o Besighede sal dan meer produseer.
          o In ŉ resessie sal daar ŉ afname in die vraag na goedere en dienste
             wees.
          o Besighede sal ŉ surplus hê en produksie verminder.

      3.2   Veranderinge in die groeikoers 
            o In ŉ afswaai sal daar minder ekonomiese groei wees en besighede sal
               minder produseer.
            o In ŉ opswaai sal daar ekonomiese groei wees, besighede sal meer
               produseer om aan die groeiende vraag na goedere en dienste te
               voldoen.

      3.3 Veranderinge in indiensneming 
          o In ŉ afswaai sal besighede minder produseer en die resultaat sal wees
             dat mense hulle werk verloor, werkloosheid sal verhoog. 
          o In ŉ opswaai sal besighede meer produseer en meer werkers aanstel,
             werkloosheid sal verminder.

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                         EKONOMIE
                                           MEMORANDUM
                                                                          Vraestel 1

      3.4    Veranderinge in prysvlakke 
             o    In die vroeë stadiums van ŉ afswaai van die ekonomie, is pryse
                  gewoonlik baie hoog en kan selfs nog verhoog.
             o    Mense kan nie meer die goedere en dienste bekostig nie en sal
                  minder goedere en dienste koop.
             o    Dit sal lei tot ŉ afswaai.
             o    In die vroeë stadiums van ŉ opswaai, sal pryse laag wees en mense
                  sal meer goedere en dienste koop.

      3.5    Veranderinge in wisselkoerse 
             o    In die vroeë stadiums van ŉ afswaai in die ekonomie is daar ŉ
                  afname in die vraag na goedere en dienste van ŉ land en ŉ afname
                  in uitvoere.
             o    Daar sal ŉ afname in die vraag van daardie land se geldeenheid
                  wees en dit lei tot depresiasie of ŉ verswakte geldeenheid. 
             o    In ŉ opswaai in die ekonomie is daar ŉ verhoogde vraag na ŉ land
                  se geldeenheid. Meer mense koop die land se goedere en dienste.
                  Dit lei tot appresiasie van die geldeenheid.

      3.6Impak op die ekonomiese kwesbares 
         o    Afswaai ontneem mense daarvan om hul basiese behoeftes aan                         o
              kos, skuiling en klere te bevredig. 
         o    ŉ Opswaai in die ekonomie sal lei tot hoër inkomste en uitgawes op
              luukse items.
                                                                         (Maks 10)
GEVOLGTREKKING

Sakesiklusse is langtermyn tendense en kan duur van 3 tot 5 jaar of selfs 10 jaar. 
                                                (Enige ander relevante gevolgtrekking)
                                                                                 (Maks 2) [40]

                                              16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                          EKONOMIE
                                            MEMORANDUM
                                                                           Vraestel 1

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                                   40 PUNTE

Die druk van mededinging dwing baie banke om te sluit. Vandag bestaan die
banksektor in Suid-Afrika uit ŉ paar groot en finansiële sterk banke.

       Bespreek die geskiedenis van bankwese in Suid-Afrika, met die klem op
        vroeë ontwikkeling, private banke en imperiale banke.         (26 punte)
       Na jou mening, hoe het tegnologie die tradisionele bankaktiwiteite van
        kommersiële banke verminder?                                  (10 punte) [40]

INLEIDING

Die ontwikkeling van geld het dit nodig gemaak dat instansies gevestig word om
finansiële transaksies te hanteer. Enige ander relevante definisie.         (Maks 2)

INHOUD

HOOFGEDEELTE

1. Vroeë ontwikkeling

•  Die goudsmede was die eerste finansiële instansie, hulle het goud in veilige bewaring
   gehou. 
• Die eerste bank was die Lombard bank wat gestig is in 1793 en dit was besit en           
   beheer deur die regering. 
• Die doel was om geld te voorsien in die tyd van ernstige tekorte.                    
• Hierdie bank ontvang geld van die VOIK.                                              
• Hulle leen slegs geld aan diegene wat voldoende sekuriteit kan verskaf.                
   bv. land / goud 
• Hierdie bank open distriktakke om voorsiening te maak vir die vraag en lenings in        
   landelike gebiede. 
• Dit sluit in 1942.                                                                    
                                                                                         
2. Private banke

• Die eerste private bank is gestig in 1836 in Kaapstad.                           
• Meer banke is gestig in die Kaapkolonie, Natal en die Vrystaat.                   
• Dit was private distriksbanke wat besit en bestuur was deur die plaaslike mense.  
• Die belangrikste funksie van die banke was om spaargeld te ontvang, uitreik van      
  banknote  en krediet  aan kliënte toe te staan. 
• Teen 1861 was daar alreeds 27 private banke.                                     
• Meeste van hierdie banke misluk omdat krediet te maklik toegestaan is/ geld word 
  geleen aan familie en vriende wat nie kon terugbetaal nie word. 
• Daar was geen beperking op die uitreiking van note nie. 
• Hulle was nie verplig om bankstate uit te reik nie. 
                                                                                      

                                               17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                           EKONOMIE
                                            MEMORANDUM
                                                                           Vraestel 1

3. Imperiale banke                                                                         

•   Was imperiale banke, omdat hoofkantore internasionaal was.                          
•   Meeste private banke is oorgeneem deur Imperiale banke, omrede die                    
    kapitalistiese aard van die Suid-Afrikaanse ekonomie. 
•   Baie takke word geopen in Suid-Afrika.                                              
•   Die London Bank van Suid-Afrika open in 1861.                                       
•   ‘The Standard Bank of British South Africa’ is geopen in 1862.                      
•   Hierdie banke was takke van suksesvolle buitelandse banke.                          
•   Hulle het groot bedrae kapitaal en hul bedrywighede is behoorlik uitgevoer.         
•   Teen 1892 is byna alle private banke oorgeneem deur die imperiale banke. 
•   In 1927 is slegs 4 verskillende banke oor - Standard Bank, Barclay's Bank, 
    Nederland se Bank (Nedcor)  en die Stellenbosch Distrik Bank. 
                                                         Voorbeelde Maks 8 (enkel punte)
                                                                                (Maks 26)

ADDISIONELE GEDEELTE

4. Hoe het tegnologie die tradisionele aktiwiteite van kommersiële banke
   verminder?

•   Met tegnologie het elektroniese bankdienste (e-bankwese) die gerieflik gemaak om
    banktransaksies te doen. 
•   Die het begin met die gebruik van OTM’s en sluit nou telefoonbankdienste /            
    direkte rekeningbetalings /Elektroniese Geldoordrag (EFT)/selfoonbankdienste
    en aanlynbankdienste. 
•   E-bankwese laat bank kliënte toe om besigheid te doen via die internet.             
•   Die bank is nie meer die belangrikste gebou wat jy besoek nie.                      
•   Elektroniese bankwese verwyder die noodsaaklikheid van bankpersoneel wat
    transaksies fasiliteer. 
•   Bankwese kan nou 24 uur ŉ dag gedoen word. (Internet) (Maks 10)

GEVOLGTREKKING

Vandag konsolideer banke veral om internasionale kapitaalmag te verkry, bv. die
oorname van ABSA deur Barclays.

Enige relevante gevolgtrekking                                                 (Maks 2)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               40

                                                                      GROOTTOTAAL:              150

                                               18

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2015-question-paper/5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/2f110dad-04a5-4bf3-b05d-d881f351d4c0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
