# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2018
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       NASIENRIGLYNE

17 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                      (Vraestel 1)              GRAAD 10

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                                 EKONOMIE

                                                                 (Vraestel 1)

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1 B beperkte middele

      1.1.2 A skaarsheid van hulpbronne

      1.1.3 D huishoudings

      1.1.4 C sloerende aanwyser

      1.1.5 B moderne geld

      1.1.6 D geskoolde arbeid

      1.1.7 C hanteerbaar

      1.1.8 A immigrasie                                                  (8 x 1)   (8)

1.2   PASITEMS

      1.2.1 E   Dit bestaan want daar is beperkte hulpbronne wat in onbeperkte
                 behoeftes en begeertes moet voorsien

      1.2.2 F    ŉ Groep mense wat saam woon en gesamentlike besluite maak

      1.2.3 A   Alle mense het ŉ basiese mensereg om vry van armoede, onkunde
                 en eienaarskap deur ŉ ander persoon te wees

      1.2.4 G   ŉ Tydperk wanneer daar ŉ afname in ekonomiese aktiwiteite is
                 tesame met ŉ styging in werkloosheid

      1.2.5 D   Die gebruik van gereedskap en gevorderde metodes om goedere
                 en dienste in die ekonomie te produseer

      1.2.6 C   Die kombinasie van twee verskillende produkte, wat moontlik
                 geproduseer kan word, indien alle beskikbare hulpbronne ten volle
                 en maksimaal gebruik word

                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                       (Vraestel 1)             GRAAD 10

      1.2.7 I    Is die bedrag geld wat aangebied of gevra word vir iets wat gekoop
                  of verkoop word

      1.2.8 B    Die beweging van mense oor internasionale grense van een land na
                  ŉ ander
                                                                             (8 x 2)   (16)

1.3   GEE EEN TERM

      1.3.1 Openbare sektor ekonomie

      1.3.2 Spaargeld

      1.3.4 Ruil / Ruilhandel

      1.3.4 Gemeenskaplike eiendom

      1.3.5 Banke

      1.3.6 Werkloosheid                                                      (6 x 1) (6)

                                                         TOTAAL VIR AFDELING A:         30

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)            GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK
voorsien.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore.

                   Grond
                   Arbeid
                   Kapitaal
                   Entrepreneurskap                                   (Enige 2 x 1)   (2)

      2.1.2 Waarom is dit nodig vir verbruikers om ŉ keuse te doen te opsigte
            van wat hulle koop?

                   Hulle het skaars hulpbronne daarom moet hulle kies hoe om hierdie
                    bronne te gebruik om maksimum behoeftebevrediging te
                    verkry. 
                    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)         (1 x 2) (2)

2.2   DATARESPONS

      2.2.1 Gee voorbeelde van reële vloei uit bogenoemde diagram.

                   Goedere en dienste
                   Produksiefaktore                                         (2 x 1)   (2)

      2.2.2 Gee ŉ kort verduideliking van die term ekonomiese kringloop.

                   Die beweging van goedere en dienste, produksiefaktore en geld
                    (inkomste en uitgawe) in ŉ ekonomie                               (2)

      2.2.3 Beskryf die rol van die produksiefaktormark in die ekonomiese
            kringloop.

                   Produksiefaktormark of hulpbronmark is waar die dienste van die
                    produksiefaktore verhandel word.
                   Byvoorbeeld arbeid word in diens geneem, kapitaal word geleen,
                    eiendom word gehuur en entrepreneurs bied hulle dienste aan. 
                   Hierdie produksiefaktore verdien lone, rente, huur en wins. 
                    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                  (2)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)              GRAAD 10

      2.2.4 Wat is die probleme wanneer internasionale syfers vergelyk word?

                 Sommige syfers moet geskat word omdat dit dalk nie beskikbaar is
                  nie 
                 Wanneer lande met mekaar vergelyk word, kan sommige lande se
                  sosiale lone hoog wees wat lei tot ŉ hoër BBP in daardie lande 
                 Klimaatstoestande verskil van land tot land wat dit moeilik maak
                  om uitsette van lande met verskillende klimaatstoestande te
                  vergelyk 
                 Onbetroubare wisselkoerse kan die BBP-syfers beïnvloed 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1 Voorsien die bostaande diagram van ŉ gepaste opskrif.

                 Sakesiklus                                                           (1)

      2.3.2 Benoem die laagste punt, C, in die bostaande diagram.

                 Trog                                                                 (1)

      2.3.3 Gee ŉ kort verduideliking van die term tendenslyn.

                 Dit is die lyn wat die algemene rigting van die ekonomiese
                  aktiwiteite aandui 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (2)

      2.3.4 Beskryf die invloed van depressie op indiensnemingsvlakke.

                 Gedurende ŉ depressie sal baie ondernemings afskaal op hulle
                  produksie en uiteindelik sal baie werkers afgelê word wat tot groot
                  werkloosheid lei. 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                     (2)

      2.3.5 Hoe word die ekonomie beïnvloed tydens die voorspoedfase?
            Die ekonomie word beïnvloed as gevolg van:

                 Dit is ŉ tyd van algehele optimisme en verbruiksbesteding 
                 Uitset en ekonomiese aktiwiteite neem toe en entrepreneurs brei
                  hulle besighede uit 
                 Besighede stel meer werknemers aan en koop nuwe toerusting
                 Besighede se wins verhoog en terselfdertyd verhoog lone en
                  pryse 
                 Verbruikersvraag verhoog wat tot verhoogde produksie lei 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)          (2 x 2) (4)

                                             5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 1)             GRAAD 10

2.4   Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere

                Ekonomiese goedere                            Vry goedere
         Dit is skaars in verhouding tot die      Dit is nie skaars nie en is in
          vraag daarna                            onbeperkte hoeveelhede
                                                    beskikbaar 
         Mense is bereid om daarvoor te           Mense is nie bereid om daarvoor te
          betaal, dit behaal ŉ prys               betaal nie en dit behaal nie ŉ prys
                                                    nie 
         Dit kan op markte verkoop word en        Word nie as rykdom beskou nie 
          kan as rykdom beskou word 
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (2 x 4)   (8)

2.5   Hoe dra die owerheid by tot ekonomiese groei?
      Die owerheid dra by tot ekonomiese groei omdat:

           Die staat bestuur die ekonomie deur middel van verskeie beleide 
           Openbare goedere, waarvoor verbruikers nie wil betaal nie, word aan
            verbruikers deur die staat voorsien
           Basiese infrastruktuur soos paaie, elektrisiteitsvoorsiening en brûe wat
            nodig is vir ekonomiese groei word deur die staat voorsien 
           Die regering stel reëls en regulasies in om besighede en verbruikers teen
            onregverdige praktyke te beskerm 
           Nasionale wette, wat die ekonomie beïnvloed, soos bv die begroting, is die
            regering se verantwoordelikheid 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                               (8)
                                                                                             [40]
VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Gee enige TWEE tipes belasting wat aan die regering betaal word.

                   Belasting op toegevoegde waarde (BTW)
                   Inkomstebelasting 
                   Maatskappybelasting 
                   Rykdombelasting
                   Kapitaalwins-belasting                                 (Enige 2 x 1)    (2)

      3.1.2 Hoe lei ekonomiese groei tot ekonomiese ontwikkeling?

                   ŉ Land wat meer goedere en dienste produseer, het ŉ bevolking met
                    ŉ beter lewenstandaard omdat hierdie goedere en dienste gebruik
                    word om die lewenstyl van die mense te verbeter 
                    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)        (1 x 2) (2)

                                                6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                           (Vraestel 1)              GRAAD 10

3.2   DATARESPONS

      3.2.1 Watter Afrika land, in die tabel, het in 2010 die laagste
            verstedelikingsvlak getoon?

                  Uganda (13%)                                                               (1)

      3.2.2 Wie is verantwoordelik vir die publikasie van bostaande inligting?

                  Die wêreld-feiteboek                                                        (1)

      3.2.3   Gee ŉ kort verduideliking van die term verstedeliking.

                  Dit is die geleidelike verhoging in die getal mense wat in stedelike
                   gebiede woon, wat tot die groei van dorpe en stede lei                    (2)

      3.2.4 Wat is die verwantskap tussen armoede en migrasie?

                  Wanneer mense arm is, is hulle meer geneig om na meer gegoede
                   gebiede te trek, sodat hulle maniere kan kry om armoede te
                   verminder 
                   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (2)

      3.2.5 Waarom is verstedeliking ŉ groot probleem vir die regering?

                  Infrastruktuur-probleme, Migrasie lei tot digbevolkte informele
                   nedersettings  of krotbuurte wat ŉ massiewe vraag na behuising
                   en infrastruktuur soos grond, paaie gesondheidsklinieke vereis en
                   probleme met dienslewering en elektrisiteitsvoorsiening ontstaan 
                  Stede is nie in staat om die arbeid, veral ongeskoolde arbeid , te
                   absorbeer nie 
                  Werkloosheid in dorpe en stede is aan die orde van die dag, wat tot
                   kriminele aktiwiteite, soos geweld, roof en diefstal lei 
                  Die regering staar ŉ onbeheerbare instroming van mense in die
                   gesig, wat tot behuisings- en watervoorsieningsprobleme lei 
                   (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)          Enige (2 x 2)   (4)

                                               7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)            GRAAD 10

3.3   DATARESPONS

      3.3.1 Na watter deel van die arbeidsmag verwys die leesstuk?

                 Werklose jeug                                                          (1)

      3.3.2 Na watter persentasie van die bevolking verwys die leesstuk?

                 80%                                                                    (1)

      3.3.3 Gee ŉ kort verduideliking van die term arbeidsmag.

                 Die arbeidsmag van die land bestaan uit die ekonomiese aktiewe
                  bevolking 
                 Ekonomiese aktiewe bevolking bestaan uit persone tussen die
                  ouderdom van 15 en 65 jaar wat werkloos is of vir hulleself werk      (2)

      3.3.4 Beskryf enige sosiale invloed van werkloosheid.

                 Werklose jeug kan moontlike onluste en geweld veroorsaak 
                 Die grootste groep, 80%, bestaan uit gefrustreerde jeugdigdes wat tot
                  misdaad kan oorgaan 
                 Die jeug kan leiers van gewelddadige openbare protesaksies word
                  omdat hulle nog vol energie is 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (1 x 2)   (2)

      3.3.5 Gee moontlike oplossings vir werkloosheid.

                 Die oplossing is om werk en opleiding vir die persone wat minder as
                  12 jaar skoolopleiding gehad te voorsien 
                 Vakleerlingskappe, leerlingskappe, mentorskappe,
                  vaardigheidsontwikkeling en opleiding moet aan die werklose jeug
                  gebied word 
                 Die regering kan by werkskeppingsprogramme soos die Uitgebreide
                  Openbare Werke Program betrokke raak
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (2 x 2)   (4)

                                             8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)              GRAAD 10

3.4   Bespreek die hoofkenmerke van geld as ŉ betaalmiddel.

           Is ŉ algemeen aanvaarbare ruilmiddel  Kerngeldeenhede het meer waarde
            as ander  Bv. VSA dollar word internasionaal beter as die Zimbawiese
            dollar aanvaar 
           Moet duursaam wees en nie maklik oor tyd waarde verloor nie of vervals
            kan word nie of roes oor tyd nie
           Moet waardevol en skaars wees. Dit is hoekom geld nie in groot
            hoeveelhede gedruk moet word nie, want dit sal dan waarde verloor 
           Moet hanteerbaar wees  moet dus maklik rondgedra kan word as gevolg
            van die grootte en gewig 
           Moet dieselfde weesen dit moet maklik wees om kleingeld te kry wanneer
            verskillende betalings gedoen word 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (4 x 2) (8)

3.5   Hoe het industrialisasie tot die ontwikkeling van ŉ vervoer- en
      kommunikasienetwerk gelei?

      Vervoer

           Spoorlyne is gebou om massaprodukte te vervoer 
           Paaie is verbeter 
           Groot hoeveelhede goedere kan nou in korter tye vervoer word
           Hawens is vir seevervoer gebou 
           In- en uitvoere is nou moontlik 
           Ontwikkeling van verskeping                                (maks 4)

      Kommunikasie

           Verbeterde kommunikasienetwerke lei tot verbeterde verspreiding van
            inligting 
           Besighede en verbruikers kan mekaar maklik kontak vir
            verkoopstransaksies
           In- en uitvoerbesighede floreer omdat dit nou maklik is om internasionaal
            kontak te maak 
           Kontantbetalings en kontantgeldoordragte word makliker deur
            internetbankdienste gedoen
           Versekering en investering het verbeter 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                  (maks 4)
                                                                                           (8)
                                                                                           [40]

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)                GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE AANGELEENTHEDE

4.1   Beantwoord die volgende vrae:

      4.1.1 Noem enige TWEE benaderings om die ekonomie te bestudeer.

                 Mikro-ekonomie 
                 Makro-ekonomie                                               (2 x 1)   (2)

      4.1.2 Hoe was nomadiese gemeenskappe saamgestel?

                 Gemeenskappe het uit klein familiegroepe bestaan wat van een
                  gebied na ŉ ander getrek het, sodra hulle bronne opgeraak het 
                                                                                (1 x 2) (2)

4.2   DATARESPONS

      4.2.1 Identifiseer die sektor wat die grootste persentasie bydrae tot die BBP
            gemaak het.

                 Tersiêre sektor                                                        (1)

      4.2.2 Lewer kommentaar oor die neiging van die tersiêre sektor se bydrae.

                 Die tersiêre sektor dra meer inkomste by tot die middel- en hoë
                  inkomste-verdieners                                                    (1)

      4.2.3 Gee ŉ kort verduideliking van die term primêre sektor.

                 Hierdie sektor het te doen met die ontginning van grondstowwe, bv.
                  landbou, mynbou en vissery 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

      4.2.4 Wat kan die oorsaak van die daling in die primêre sektor se bydrae
            wees?

                 Baie Suid-Afrikaners verkies om eerder in ander sektore, as in die
                  primêre sektor te werk, soos bv in die dienstesektor  aangesien
                  meer mense nou vaardig is en hierdie vaardighede nie meer so nodig
                  is in die primêre sektor nie 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

                                            10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 1)              GRAAD 10

      4.2.5 Hoe kan ekonomiese menseregte, in Suid-Afrika, aangespreek word?

                 Die regering het ŉ verantwoordelikheid om verbruikers teen die
                  uitbuiting van produsente te beskerm 
                 Die regering kan swaar strawwe instel op produsente en besighede
                  wat inbreuk maak op menseregte 
                 Die regering moet toesien dat verbruikers se regte afgedwing
                  word 
                 Dit kan bereik word deur die verbruiker in te lig oor sy regte en die
                  organisasie wat hy mee kan skakel indien nodig 
                 Ondersoek verbruikersklagtes en die verbod op verbruikersregte 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)          (Enige 2 x 2)   (4)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1 Identifiseer watter voedselitms verbou word in die bostaande prent.

                 Mielies
                 Melk                                                                       (2)

      4.3.2 Watter stadium van ekonomiese ontwikkeling word deur die bostaande
            prent uitgebeeld? Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                 Veeteelt en landbou  kommersiële graanboerdery en
                  suiwelboerdery is voorbeelde uit die prent gekry                           (2)

      4.3.3 Gee ŉ kort beskrywing van die sekondêre sektor.

                 Vervaardiging of verwerking van rou materiaal vanuit die primêre
                  sektor
                 Hanteer die verandering van rou materiaal na voltooide goedere en
                  hulpbronne
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                          (2)

      4.3.4 Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou aangemoedig in Suid-
            Afrika?

                 Buitelandse belegging in mynaktiwiteite het toegeneem 
                 Relatief goedkoop arbeid was beskikbaar vanaf buurlande 
                 Vervoer in die land het verbeter 
                 Vraag vir goud as internasionale betaalmiddel was hoog 
                  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)         (2 x 2) (4)

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 1)             GRAAD 10

4.4   Onderskei tussen Bruto Binnelandse Produk en Bruto Nasionale Inkomste.

            Bruto Binnelandse Produk                  Bruto Nasionale Inkomste
          Is ŉ goeie maatstaf om te bepaal       Is ŉ goeie maatstaf om te bepaal wat
           hoe goed die ekonomie in ŉ land         die materiële lewenstandaard van die
           doen                                  mense in ŉ land is 
          Syfers kan gebruik word om een         Syfers kan gebruik word om die
           land met ŉ ander land op ŉ sekere       materiële lewenstaandaard van die
           tyd te vergelyk                       mense in een land met die van ŉ
                                                   ander land te vergelyk 
          Bepaal watter ekonomieë die            Voorsien ekonomiese aktiwiteite oor
           grootste uitset produseer             tyd 
          BBP-syfers word gebruik om die         Om BNI te bepaal moet twee
           sakesiklus te bepaal                  aanpassings ter waarde van die BBP
                                   (maks 4)        gemaak word  (maks 4)
           (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                             (8)

4.5   Hoe dra ŉ stokvel by tot ŉ beter manier van spaar vir lede?
      Stokvel dra by tot ŉ beter manier van spaar omdat:

            Dit sosiaal is. Lede het dieselfde waardes en verstaan mekaar 
            Hulle het selfdissipline en toewyding 
            Wanneer dit by betaling kom, wil niemand hulle vriende in die steek laat
             nie
            Om aan ŉ stokvel te behoort gee sosiale prestige 
            Jy moet uitgenooi word om aan die stokvel te behoort 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (8)

                                                            TOTAAL VIR AFDELING B: 40

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)            GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

     Gee ŉ volledige bespreking van die VIER hoofdeelnemers in die ekonomie en
      die onderlinge afhanklikheid tussen hulle.                      (26 punte)
     Gee ŉ kort bespreking van die verskillende metodes hoe om die Bruto
      Binnelandse Produk te bereken.                                  (10 punte) [40]

INLEIDING

     Daar is vier hoofdeelnemers in ŉ oop-ekonomie nl: huishoudings,
      sakeondernemings, die regering en die buitelandse sektor wat met mekaar verbind
      is en dus ŉ verhouding met mekaar het.
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                              (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Huishoudings 

     Is ook bekend as verbruikers omdat hulle goedere en dienste gebruik 
     Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle direk en indirek
      besitters is van die produksiefaktore (grond, arbeid, kapitaal en
      entrepreneurskap)
     Verbruikers se behoeftes word bevredig deur die verbruik van goedere en dienste
      wat van hulle van ondernemings af aankoop 
     Verbruikers se vraag na goedere en dienste stimuleer ekonomiese aktiwiteite deur
      ondernemings en die regering aan te moedig om goedere en dienste te
      produseer
     Verbruikers verkoop hulle produksiefaktore aan ondernemings en in ruil daarvoor
      ontvang hulle vergoeding (lone, huur, rente en wins) 

                                             13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 1)             GRAAD 10

Sakeondernemings 

    Is ook bekend as besighede of produsente 
    Hulle koop produksiefaktore op die faktormark van huishoudings aan 
    Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer wat hulle
     dan op die goederemark aan huishoudings verkoop 
    Ondernemings word deur die winsmotief aangemoedig om goedere en dienste te
     produseer 

Regering 

    Die regering voorsien goedere en dienste wat nie deur ondernemings verskaf kan
     word nie 
    Die regering het ook sekere funksies en verantwoordelikhede in die ekonomie.
     Byvoorbeeld, beskermingsdienste, sosiale dienste en ekonomiese dienste 
    Hulle ontvang ŉ inkomste van huishoudings en besighede in die vorm van
     belasting en ontvang ŉ inkomste van staatsbeheerde ondernemings en
     staatsbeheerde eiendom 

Buitelandse sektor 

    Die buitelandse sektor verskaf goedere en dienste wat deur huishoudings en
     ondernemings ingevoer word en koop goedere en dienste wat uitgevoer word 
    Die buitelandse sektor betaal vir die uitvoere en ontvang geld vir die invoere wat
     deur ons land met die res van die wêreld gedoen word 
    Die buitelandse sektor voorsien ook produksiefaktore wat ingevoer word en koop
     produksiefaktore wat uitgevoer word 
    Hulle ontvang ŉ vergoeding vir produksiefaktore wat ingevoer word na ons toe en
     betaal vir produksiefaktore wat ons uitvoer na hulle toe 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                  (Maks 26)

                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)              GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

Beskryf kortliks die metode wat gebruik word om die Bruto Binnelandse Produk te
bepaal.

Daar is drie verkillende maniere om die Bruto Binnelandse Produk te bepaal. Elke manier
is ŉ aanduiding van die samestelling van die Bruto Binnelandse Produk 

Produksiemetode

     Die BBP word bereken deur die waardes wat deur elke onderneming (primêre-,
      sekondêre- en tersiêre sektore) toegevoeg word bymekaar te tel
     Hierdie metode dui op die BBP teen basiese pryse .

Inkomste metode

     Die BBP word bereken deur die inkomste wat die produksiefaktore binne die
      grense van ŉ land verdien het, bymekaar te tel. 
     Hierdie metode dui op die BBP teen faktorkoste 

Bestedingsmetode 

     Die BBP word bereken deur die totale besteding op al die finale goedere en
      dienste binne die grense van ŉ land, bymekaar te tel (C + I + G + X – M) 
     Hierdie metode dui op die BBP teen markprys 
      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (Maks 10)

GEVOLGTREKKING

     Die ekonomiese deelnemers is afhanklik van mekaar. ŉ Ekonomie kan nie
      funksioneer as een deelnemer nie sy rol volledig speel nie. 
      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (Maks 2)
      OF
     Doeltreffende benutting van produksiefaktore deur produsente is belangrik, sodat
      daar ŉ toename in die waarde van goedere en dienste in die ekonomie kan
      wees.
      (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (Maks 2)
                                                                                          [40]

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 1)            GRAAD 10

VRAAG 6: EKONOMIESE KWESSIES

    Bespreek volledig wat die rol en funksies van Handelsbanke in die
     ontwikkeling van die ekonomie in Suid-Afrika      .                (26 punte)
    Gee ŉ kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse
     Reserwebank (SARB) as die monetêre owerheid wat al die geldverwante sake
     in ons land beheer.                                                 (10 punte) [40]

INLEIDING

    Moderne bankwese word deur konstante verbetering van die funksies van banke
     gekenmerk
    Banke het tot die ontwikkeling van die wêreldwye ekonomie bygedra
    Hoogs ekonomies-ontwikkelde lande bestaan vandag as gevolg van die goed
     ontwikkelde infrastruktuur in die bankwese
    Banke is die skakel na alle ekonomiese aktiwiteite
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                             (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

    Banke is die tussenganger wat uitleners (deposante) en leners van geld bymekaar
     bring
    Banke is die veilige bewaarders van geld
    Banke voorsien fasiliteite waar mense geld veilig kan stoor
    Banke ontvang en stoor deposito’s waarop rente betaal word
    Hulle hou buitelandse valuta reserwes
    Betalings kan van een bankrekening na ŉ ander bankrekening oorgedra word
    Hulle leen geld uit in die vorm van oortrokke bankrekeninge en lenings, en die
     bank dra die risiko
    Banke kry wins uit twee bronne naamlik: verdien rente op lenings en oortrokke
     bankrekeninge
    Hulle hef bankoste op dienste aan kliënte gelewer
    Banke dra by tot ekonomiese groei deur doeltreffende hulpbron-allokasie
    Hulle help met nuwe besigheids-risiko’s deur geld aan entrepreneurs te leen
    Banke leen geld aan besighede wat wil uitbrei
    Verhoog die lewenstandaard van mense deur lenings aan mense te gee wat bates
     wil koop soos bv. huise
    Hulle spreek die gemeenskap se sosio-ekonomiese kwessies aan deur finansiële
     onderrig te voorsien
    Banke staan studielenings toe en gee so geleentheid aan mense om verdere
     onderwys en opleiding te verkry
    Banke verhoog die moontlikhede vir beter geleenthede deur beurse en lenings te
     voorsien
    Banke is betrokke by gemeenskapsprojekte bv. sport en kuns ens
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                (Maks 26)

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                      (Vraestel 1)             GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is ŉ sentrale bank wat die aktiwiteite van ander
    banke beheer
   Dit was in 1920 deur die Geld en Bankwet gestig
   Dit het die alleenreg om banknote en munte uit te reik
   Die Suid- Afrikaanse Reserwebank is die bankier vir ander banke. Ander banke
    leen geld by die Suid-Afrikaanse Reserwebank
   Dit is ook ŉ staatsbank omdat dit die monetêre beleid opstel
   Die Suid- Afrikaanse Reserwebank is die bewaarder van goud en buitelendse
    reserwes
   Dit hou toesig oor die aktiwiteite van handelsbanke 
   Die Finansiële Dienste Raad hou toesig oor finansiële instansies soos
    versekerings – en beleggingsmaatskappye
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                       (Maks10)

GEVOLGTREKKING

   Sonder bankwese sou daar nie vandag enige ekonomiese ontwikkeling gewees
    het nie
   Deur sekere aktiwiteite soos internetbank het ons nou toegang tot globalisering
   Lande dryf internasionaal handel omdat banke die koper en verkoper bymekaar
    bring
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                 (Maks 2)
                                                                                         [40]

                                                         TOTAAL VIR AFDELING C: 40

                                                                            TOTAAL: 150

                                           17

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
