# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2017
                              GRAAD 10

                               EKONOMIE
                              VRAESTEL 1

TYD:         2 ure

PUNTE:       150

14 bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                                                                     2
                                             Vraestel 1                   GRAAD 10

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                   EKONOMIE
                                                   Vraestel 1

                                                   TYD: 2 uur

                                                   PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

      AFDELING A:         VERPLIGTEND
      AFDELING B:         Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
      AFDELING C:         Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.

2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

3.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.    Lees die vraag aandagtig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs blou ink.

10.   Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                     b.o

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                       3
                                              Vraestel 1                   GRAAD 10

AFDELING A
(VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1    MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
      slegs die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

       1.1.1 Ekonomie is ŉ sosiale wetenskap wat ŉ studie maak van hoe mense hulle
             onbeperkte behoeftes en begeertes bevredig met …

             A.     beperkte middele.
             B.     onbeperkte hulpbronne.
             C.     beperkte bevrediging.
             D.     onbeperkte bevrediging.

       1.1.2 Die basiese ekonomiese probleem wat deur alle nasies in die gesig
             gestaar word, is …

             A.     gratis goedere.
             B.     menseregte.
             C.     skaarsheid.
             D.     vrye verkiesings.

       1.1.3 Die belangrikste ekonomiese deelnemers in die ekonomiese kringloop-
             model is…

             A.     belastings.
             B.     werkers.
             C.     werkgewers.
             D.     huishoudings.

       1.1.4 ŉ Ekonomiese aanwyser wat ŉ aanduiding gee van hoe die ekonomie in
             die toekoms kan presteer, is …

             A.     sloerende aanwyser.
             B.     leidende aanwyser.
             C.     samevallende aanwyser.
             D.     saamgestelde aanwyser.

                                                                                       b.o

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        EKONOMIE
                                                                                   4
                                        Vraestel 1                   GRAAD 10

1.1.5 In vroeë gemeenskappe het huishoudings goedere en dienste vir hulle eie
      behoud geproduseer het, dit word … genoem.

      A.     geleentheidskoste
      B.     alternatiewe
      C.     keuses
      D.     selfversorgendheid

1.1.6 Dit is die eerste groep mense wat in die Suidelike en Westelike dele van
      Afrika gewoon het.

      A      Khoisan
      B      Afrikastamme
      C      Europeërs
      D      Arabiere

1.1.7 Vandag het elke land sy eie geld wat bekend staan as …

      A      inheemse geld.
      B      gemeenskapsgeld.
      C      geldeenheid.
      D      Rand.

1.1.8 Die vergoeding van arbeid is …

      A      lone
      B      rente
      C      profyt
      D      huur

                                                                           (8x2)   (16)

                                                                                    b.o

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE
                                                                                        5
                                           Vraestel 1                    GRAAD 10

1.2   PASITEMS

      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

         KOLOM A                                KOLOM B
1.2.1 Ekonomie                A.   Grondstowwe of natuurlike hulpbronne word
                                   ontgin, gekweek en geoes.

1.2.2 Primêre sektor          B.   Die bedrag geld wat aangebied of gevra
                                   word vir iets wat gekoop of verkoop word.

1.2.3 Spaargeld               C.   ŉ Faktor wat ekonomiese ontwikkeling van
                                   Suid-Afrika gedurende die vroeë stadiums
                                   van ontwikkeling bemoeilik het.

1.2.4 Resessie                D.   Die beweging van mense oor grense om
                                   hulself op ŉ ander plek te vestig.

1.2.5 Prys                    E.   Enige iets wat as betaalmiddel vir goedere
                                   en dienste aanvaar word of as ŉ vorm van
                                   welvaart opberging.

1.2.6 Swak binnelandse        F.   Om hulpbronne te gebruik vir die produksie
      vervoer                      van goedere en dienste.

1.2.7 Geld                    G.   ŉ Tydperk waar daar ŉ afname in
                                   ekonomiese aktiwiteite en voorspoed is.

1.2.8 Migrasie                H.   Is die verskil tussen inkomste en besteding.

                              I.   Dit het te doen met ons kwaliteit lewe,
                                   armoede en rykdom.
                                                                                (8x1)   (8)

                                                                                        b.o

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                                                                          6
                                               Vraestel 1                    GRAAD 10

1.3   TERMINOLOGIE

      Gee EEN term vir die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord langs die
      vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.3.1   Dit is ŉ vertakking in die ekonomie wat die somtotaal van die ekonomie
              as geheel bestudeer bv. die indiensnemingskoers

      1.3.2   Dit is al die mense wat saam leef en wat as ŉ familie gemeenskaplike
              ekonomiese besluite maak

      1.3.3   ŉ Metode van handel wanneer een produk of diens (kommoditeit) vir ŉ
              ander produk of diens (kommoditeit), met dieselfde waarde, verruil word

      1.3.4   ŉ Fase of sektor waar grondstowwe wat vanaf die primêre nywerhede
              verkry word, omskep word in produkte geskik vir verbruikers

      1.3.5   Dit is finansiële instellings wat as skakel dien tussen mense wat
              deposito’s maak en mense wat lenings aangaan

      1.3.6   Persone wat gewillig en geskik is om te werk maar nie ŉ werk kan kry nie

                                                                                  (6x1)   (6)

                                                                TOTAAL AFDELING A:        30

                                                                                          b.o

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                         7
                                              Vraestel 1                    GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE produksiefaktore vir ŉ besigheid.                  (2x1)   (2)

      2.1.2   Waarom gebruik ekonome modelle in die studie van Ekonomie?         (1x2)   (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Inkomste (Y)

                                       Hulpbronne

                Huishoudings                               Ondernemings

                                         Uitset (U)

                                      Uitgawes (E)

       2.2.1 Noem EEN hoofdeelnemer in die ekonomiese kringloop.                         (1)

       2.2.2 Is dit ŉ oop of geslote ekonomie wat in die bostaande diagram
             uitgebeeld word?                                                            (1)

       2.2.3 Verduidelik kortliks die term markte in die ekonomiese kringloop.           (2)

       2.2.4 Waarom is dit belangrik dat die regering en ander Suid-Afrikaners
             plaaslike produkte koop?                                                    (2)

       2.2.5 Onderskei kortliks tussen BBP en BNI.                                       (4)

                                                                                         b.o

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                          8
                                              Vraestel 1                       GRAAD 10

2.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:

                                         SCENARIO

       Totale produksie R25 000, Besparings R4 000, Uitvoere R1 300,
       Inkomstebelasting R5 000, Regeringsuitgawes R9 000, Belegging R2 400 en
       Invoere R3 700

       2.3.1 Stel vas hoeveel uitgegee is op buitelandse goedere.                 (2x1)    (2)

       2.3.2 Gee die vergelyking wat gebruik word om die BBP te bereken in ŉ oop
             ekonomie, deur gebruik te maak van die uitgawemetode.                         (2)

       2.3.3 Verduidelik die situasie waar die ekonomie in ewewig is.                      (2)

       2.3.4 Bereken die totale lekkasies in die bostaande scenario. Toon ALLE
             berekenings.                                                                  (4)

2.4   Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere.                         (2x4)    (8)

2.5   Wat is die verband tussen positiewe stellings en normatiewe stellings?               (8)
                                                                                          [40]

                                                                                           b.o

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                              9
                                                Vraestel 1                     GRAAD 10

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE - 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE bankinstellings in Suid-Afrika.                           (2x1)   (2)

      3.1.2 Hoe kan ŉ toename in inkomste lei tot die uitbreiding van nywerhede?
                                                                                (1x2)         (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

                 Gevolge van Apartheidswette op Industrialisasie.

In Suid-Afrika het die apartheidsbeleid baie Suid-Afrikaners gedwing om in tuislande te
woon. Mense was nie toegelaat om na die stede en dorpe te migreer nie totdat die
paswette in die 1980’s herroep is.

As gevolg daarvan was die verstedelikingskoers in die land vir amper 40 jaar stabiel.
Nadat die apartheidsera in 1994 tot ŉ einde gekom het, het baie mense vinnig na die
stede en dorpe toe getrek met die hoop om ŉ werk te kry. Dit het groot druk op die
infrastruktuur van bykans elke Suid-Afrikaanse stedelike sentrum geplaas.

                                                                   [Bron: www.econrsa.org]

      3.2.1   Verduidelik kortliks die term stedelike migrasie / verstedeliking.              (1)

      3.2.2   Wat kan ŉ rede wees vir hierdie migrasie?                                       (1)

      3.2.3   Verduidelik kortliks hoe die apartheidsbeleid die verstedelikingskoers in
              Suid-Afrika beïnvloed het.                                                      (2)

      3.2.4   Hoekom is die snelgroeiende verstedeliking ŉ probleem, veral vir die
              regering?                                                                       (2)

      3.2.5   Verduidelik die verhouding tussen verstedeliking en industrialisasie.
                                                                                      (2x2)   (4)

                                                                                              b.o

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE
                                                                                                            10
                                                  Vraestel 1                          GRAAD 10

3.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                Onderwysvlakke                                   % Werkloosheid
      Geen skoolonderrig                                              7,16
      Onvoltooide primêre skoolonderrig                                  20,87
      Onvoltooide sekondêre
      skoolonderrig                                                      51,40
      Matriek                                                            19,76
      Kwalifikasie na matriek                                            0,81
                                          [Bron: Statistiek Suid-Afrika, Kwartaallikse arbeidsmag oorsig]

       3.3.1   Volgens die tabel, watter onderwysvlak het die hoogste persentasie
               werkloosheid?                                                                                 (1)

       3.3.2   Verduidelik kortliks die term arbeid.                                                         (1)

       3.3.3   Hoe kan ŉ land bevoordeel word deur ŉ groeiende bevolking?                                    (2)

       3.3.4   Verduidelik die verband tussen ŉ gebrek aan onderwys en werkloosheid.                         (2)

       3.3.5   Volgens jou mening, watter oplossings kan daar vir werkloosheid wees?
                                                                                 (2x2)                       (4)

3.4    Hoe kan industrialisasie tot die ontwikkeling van vervoer en kommunikasie
       netwerke lei?                                                                          (4x2)          (8)

3.5    Bespreek die Demografiese siklus met behulp van ŉ diagram.                                            (8)
                                                                                                            [40]

                                                                                                             b.o

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                           11
                                              Vraestel 1                    GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES                 40 PUNTE - 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE vrae wat ekonome poog om te beantwoord.             (2x1)    (2)

      4.1.2   Hoekom vorder die regering belasting van besighede en huishoudings
              in?                                                              (1x2)       (2)

4.2   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                          Begroting 2017 – Steeds by kruispaaie

       Daar was geen verrassings in die 2017 Begroting, in vergelyking met vorige
       begrotingsverwagtinge, gewees nie. Die boodskap van Arthur Kamp van Sanlam
       Beleggings, is dat die begroting ŉ geloofwaardige pad vir die stabilisering van
       die regering se skuldverhouding oor die mediumtermyn skets. Belangriker is dat
       daar verwag word dat owerheidsinkomste, nie-rente uitgawes op die
       hoofbegroting teen 2018/2019 gaan oorskry. Die tesourie voorspel dat die
       begrotingstekort vanaf -3,4% van die BBP in 2016/17 tot -2,6% van die BBP in
       2019/20 gekonsolideer sal word, terwyl bruto leningsskuld wat deur beleggers
       befonds word, ŉ hoogtepunt van 52,9% van die BBP in 2018/19 sal bereik.
                                                                   [Bron: www.Fin24.com]

      4.2.1   Volgens die leesstuk, watter maatstaf word deur ekonome gebruik om
              groei vooruitskattings te maak?                                              (1)

      4.2.2   Wat voorspel die tesourie gaan die gekonsolideerde begrotingstekort vir
              2019/20 wees?                                                                (1)

      4.2.3   Onder watter Ekonomiese vertakking sal die begroting geklassifiseer
              word?                                                                        (2)

      4.2.4   Haal EEN positiewe en EEN normatiewe stelling in die uittreksel aan.         (2)

      4.2.5   Onderskei tussen ŉ bevelstelsel en ŉ tradisionele ekonomie as
              ekonomiese stelsels                                                 (2x2)    (4)

                                                                                           b.o

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                                                                               12
                                               Vraestel 1                       GRAAD 10

4.3   Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg:

              Konstruksie                                            Mynbou

                                                            S.A. Kimberley

                                                    [Aangepas uit Internet Cartoons]

      4.3.1   Watter boodskap word in die bostaande prentjie uitgebeeld?                        (1)

      4.3.2   Waar in Suid-Afrika is diamante ontdek?                                           (1)

      4.3.3   Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou-aktiwiteite in Suid-Afrika
              bemoeilik?                                                                        (2)

      4.3.4   Verduidelik kortliks die verband tussen koopkrag van die bevolking en
              ekonomiese groei.                                                                 (2)

      4.3.5   Verduidelik die gevolge van die mynbou industrie in die ontwikkeling van
              Suid-Afrika.                                                         (2x2)        (4)

4.4   Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomiese kringloop.           (2x4)    (8)

4.5   Hoe beïnvloed MIV/VIGS die arbeidsmag in Suid-Afrika?                                     (8)
                                                                                               [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             80

                                                                                                b.o

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                                13
                                                Vraestel 1                       GRAAD 10

AFDELING C
OPSTELVRAE

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                             PUNTE
                                                                                   TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laeorde antwoord.

  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag
   te bepaal.                                                                        Maks. 2
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie.
 Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek.
Inhoud

Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek /
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /                     Maks. 26
Verduidelik

Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer/
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek       Maks. 10
en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk /
Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor

Gevolgtrekking

Enige hoëorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:

 ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite
  te herhaal.                                                                        Maks. 2
 Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
 Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
  versterk.
 ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
 Aanbevelings.
TOTAAL                                                                                 40

                                                                                                b.o

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                            14
                                              Vraestel 1                    GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

Ekonome het gevind dat daar min of meer ŉ ononderbroke patroon is waarin die ekonomie
groei.

   Gee ŉ volledige bespreking van die fases van sakesiklusse.                    (26)

   Beklemtoon die invloed wat sakesiklusse op die ekonomie het.                  (10)
                                                                                          [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

Aan die begin van 2010 het vier hoofbankgroepe die Suid-Afrikaanse bankwese
gedomineer. Hulle was ABSA, Eerste Nasionale Bank, (ENB) Nedcor, en Standard
Bank.

   Bespreek volledig wat die rol en funksies van Handelsbanke in die ontwikkeling van
    die ekonomie in Suid-Afrika was.
                                                                                   (26)
   Gee ŉ kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse
    Reserwebank (SARB) in ons land.                                                (10)
                                                                                          [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:        40

                                                                             TOTAAL:       150

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
