# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-possible-answers/54bc40e2-6470-4b68-a1d9-9fa469ba612c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-possible-answers/54bc40e2-6470-4b68-a1d9-9fa469ba612c)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2017
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       NASIENRIGLYNE

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                MEMORANDUM
                                                      (Vraestel 1)             GRAAD 10

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                PROVINSIALE EKSAMEN

                                                                EKONOMIE
                                                                (Vraestel 1)

AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
      1.1.1   A   beperkte middele 
      1.1.2   C   skaarsheid 
      1.1.3   D   huishoudings 
      1.1.4   B   leidende aanwyser 
      1.1.5   D   selfversorgend 
      1.1.6   A   Khoisan
      1.1.7   C   geldeenheid 
      1.1.8   A   lone 
                                                                                (8x2) (16)
1.2   PASITEMS
      1.2.1   I Dit het te doen met ons kwaliteit van lewe, armoede en rykdom.
      1.2.2   A Grondstowwe of natuurlike hulpbronne word ontgin, gekweek en geoes. 
      1.2.3   H Is die verskil tussen inkomste en besteding. 
      1.2.4   G ŉ Tydperk waar daar ŉ afname in ekonomiese aktiwiteite en voorspoed
                is.
      1.2.5   B Die bedrag geld wat aangebied of gevra word vir iets wat gekoop of
                verkoop word.
      1.2.6   C ŉ Faktor wat ekonomiese ontwikkeling gedurende die vroeë stadiums van
                ontwikkeling bemoeilik het.
      1.2.7   E Enige-iets wat as betaalmiddel vir goedere en dienste aanvaar word of as ŉ
                vorm van welvaart opberging.
      1.2.8   D Die beweging van mense oor grense om hulself op ŉ ander plek te
                vestig.
                                                                                 (8x1) (8)
1.3   GEE EEN TERM
      1.3.1   Makro-Ekonomie
      1.3.2   Huishoudings
      1.3.3   Ruil /ruilhandel 
      1.3.4   Vervaardiging / sekondêre 
      1.3.5   Banke
      1.3.6   Werkloses 
                                                                                 (6x1) (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A: [30]
                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                      MEMORANDUM
                                                       (Vraestel 1)            GRAAD 10

AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1   Beantwoord die volgende vrae.
      2.1.1 Noem enige TWEE produksiefaktore vir ŉ besigheid.
          Grond / natuurlike hulpbronne
          Arbeid 
          Kapitaal 
          Entrepreneurskap                                                (Enige 2x1) (2)

      2.1.2 Waarom gebruik ekonome modelle in die studie van Ekonomie?

          Verklaar of begryp hoe die verwantskap tussen verskillende aspekte werk 
          Voorspel wat sal gebeur wanneer of indien iets verander 
          Gevolgtrekkings maak wat in ekonomiese beleid ontwikkel kan word 

                                                                            (Enige 1x2) (2)
2.2   Data respons
      2.2.1 Noem enige ENIGE hoofdeelnemer in die ekonomiese kringloop.
          Ondernemings 
          Huishoudings 
          Regering 
          Finansiële instellings 
          Buitelandse sektor                                                          (1)

      2.2.2 Is dit ŉ oop of geslote ekonomie wat in die bostaande diagram uitgebeeld
            word?
          Geslote ekonomie                                                            (1)

      2.2.3 Verduidelik kortliks die term markte in die ekonomiese kringloop.

          ŉ Mark is ŉ plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste
           te ruil                                                                    (2)

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 10

      2.2.4 Waarom is dit belangrik dat die regering en ander Suid-Afrikaners plaaslike
            produkte koop?
          Plaaslike produsente sal kopers vir hulle produkte hê en sodoende ŉ inkomste
           verdien wat weer gebruik word om meer goedere en dienste te produseer wat tot
           ekonomiese groei sal lei.                                                   (2)
      2.2.5 Onderskei kortliks tussen BBP en BNI
          Bruto binnelandse produk – Die totale waarde van alle finale goedere en dienste
           wat binne die grense van ŉ land vir ŉ sekere tydperk bv. een jaar geproduseer
           is. 
          Bruto nasionale inkomste – Die totale vergoeding wat aan die eienaars van die
           produksiefaktore, wat deel het in die produksieproses binne ŉ gegewe tydperk
           gewoonlik ŉ jaar, betaal word.                                                  (4)
2.3   Data respons

       2.3.1 Stel vas hoeveel uitgegee is op buitelandse goedere.

             R3 700                                                           (2x1)        (2)

       2.3.2 Gee die vergelyking wat gebruik word om die BBP te bereken in ŉ
             oop ekonomie, deur gebruik te maak van die uitgawemetode.

             BBP = C + I + G + (X-M)                                                       (2)

       2.3.3 Verduidelik die situasie waar die ekonomie in ewewig is.

             Lekkasies = Inspuitings                                                       (2)

       2.3.4 Bereken die totale lekkasies in die bostaande scenario. Toon ALLE
             berekenings

             L=S+T+M
              = R4 000 + R5 000  + R3 700 
              = R12 700                                                                     (4)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)             GRAAD 10

2.4   Onderskei tussen ekonomiese goedere en vry goedere.
Vry goedere                                 Ekonomiese goedere
    In onbeperkte hoeveelhede beskikbaar       In beperkte hoeveelhede beskikbaar,
      bv, sonlig en lug                        gewoonlik nie genoeg om in die vraag
    Behaal nie ŉ prys nie – niemand wil         te voorsien nie bv, olie en
      daarvoor betaal nie                       steenkool 
    Het nut maar nie ruilwaarde nie          Behaal ŉ prys – verbruikers moet
    Die aanbod oorskry menslike                 daarvoor betaal 
      kapitaal                                Het nut en ruilwaarde – om voorraad
    Die besit en gebruik van vry goedere        op te berg bevoordeel die eienaar
      bepaal nie hoe ryk die mens is nie      Aanbod kan beheer word
                                                Die voorspoed van mense (hoe ryk
                                                 hulle is) word gemeet in terme van
                                                 die hoeveelheid ekonomiese goedere
                                                 wat hulle besit 
                                                                                 (2x4) (8)
2.5   Wat is die verband tussen positiewe stellings en normatiewe stellings?
      Positiewe stellings
          Hierdie stellings beskryf feite sonder om enige waarde-oordeel daaroor uit te spreek
           of die feite goed of sleg is 
          Positiewe stellings stel die feite 
          ŉ Voorbeeld van ŉ positiewe stelling: die Sokker wêreldbekertoernooi is in 2010 in
           Suid-Afrika gehou 
      Normatiewe stellings
          Dit sluit waardeoordele of menings van ekonome in 
          Hierdie stellings kan nie bewys word nie 
          Normatiewe stellings kyk na ekonomiese gedrag en beoordeel die volgende:
            Is die gedrag goed of sleg? 
            Kan die gedrag bewys word? 
            Voorbeelde – die regering moenie arm mense belas nie 
                             die Suid-Arikaanse inflasiekoers is te hoog 
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                         (8)
                                                                                           [40]

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)              GRAAD 10

VRAAG 3:    EKONOMIESE STREWES                                          40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1   Beantwoord die volgende vrae.
      3.1.1 Noem enige TWEE bankinstellings in Suid-Afrika.
           Eerste Nasionale Bank (FNB) 
           Standard bank 
           Capitec 
           Nedbank 
           ABSA bank 
                                                                                (Enige 2x1) (2)
      3.1.2 Hoe kan ŉ toename in inkomste lei tot die uitbreiding van nywerhede?
           ŉ Verhoging in inkomste lei tot die uitbreiding van ekonomiese aktiwiteite,
            omdat beter betalings aan fabriekswerkers, beide vraag en aanbod van goedere
            en dienste verhoog, wat lei tot ŉ verhoging in die BBP wat dan ekonomiese
            groei tot gevolg het.                                                       (1x2) (2)

3.2   Data respons

      3.2.1 Verduidelik kortliks die term stedelike migrasie / verstedeliking.

           Dit is die beweging van mense van landelike gebiede na stedelike gebiede.          (1)

      3.2.2 Wat kan ŉ rede wees vir hierdie migrasie?

           Hulle is moontlik op soek na beter ekonomiese geleenthede/ beter
            lewensbestaan soos werksgeleenthede,onderwys (opsoek na groener
            weivelde ).
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                            (1)

      3.2.3 Verduidelik kortliks hoe die apartheidsbeleid die verstedelikingskoers in
            Suid-Afrika beïnvloed het.

           Apartheid het verstedeliking vertraag omdat die paswette die instroming van
            mense beheer het, werkers was gedwing om terug te keer na hulle tuislande en is
            nie toegelaat om in die stede te bly nie dus het die bevolking in die stede stadig
            gegroei.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                            (2)

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                          (Vraestel 1)             GRAAD 10

      3.2.4 Hoekom is die snelgroeiende verstedeliking ŉ probleem, veral vir die
            regering?

           Verstedeliking lei tot digbevolkte nedersettings / krotbuurte veroorsaak ŉ groot
            vraag na behuising en infrastruktuur soos grond, paaie en gesondheidsklinieke.
           Onbeheerde verstedeliking lei tot diensleweringsprobleme, waar die vraag na
            water, elektrisiteit en ander dienste groot druk op die regering plaas. 
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                           (2)

      3.2.5 Verduidelik die verhouding tussen verstedeliking en industrialisasie.
           Die groei in die bevolking in stede verhoog die arbeid wat nodig is in fabrieke.
           Huise moet gebou word vir die groeiende bevolking in die stede.
           Innovasie en entrepreneurskap verhoog in dieselfde verhouding as wat die
            stedelike bevolking groei, wat weer tot verhoogde industrialisasie lei.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                     (2x2) (4)

3.3   Data respons

      3.3.1 Volgens die tabel, watter onderwysvlak het die hoogste persentasie
            werkloosheid?
           Onvoltooide sekondêre skoolonderrig                                               (1)

      3.3.2 Verduidelik kortliks die term arbeid.

           Arbeid is die fisiese en verstandelike inspanning van werkers in die
            produksieproses.
           Huishoudings voorsien arbeid aan besighede wat dit benodig.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                           (2)

      3.3.3 Hoe kan ŉ land bevoordeel word deur ŉ groeiende bevolking?
           Die arbeidsmag sal produksie van goedere en dienste verhoog, dus sal die reële
            BBP ook verhoog.
           Die verhoging in BBP lei tot ekonomiese groei wat dan tot ekonomiese
            ontwikkeling en beter lewenstandaarde lei.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                           (2)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                       (Vraestel 1)              GRAAD 10

      3.3.4 Verduidelik die verband tussen ŉ gebrek aan onderwys en werkloosheid.
           Mense met ŉ gebrek aan onderwys het normaalweg nie die kwalifikasies en
            vaardighede om ŉ sekere werk te kan doen nie en vind dit moeilik om ŉ werk te
            kry en bly dus dan werkloos.                                                  (2)

      3.3.5 Volgens jou mening, watter oplossings kan daar vir werkloosheid wees?
           Vaardigheidsontwikkeling moet beklemtoon word tydens indiensopleiding van
            werkers en werkloses moet leerderskappe ontvang.
           Kleinsake-ontwikkeling moet voorkeur geniet deur die befondsing van klein swart
            ondernemimgs want dit moedig self-indiensneming aan. 
           Werkers moet aangemoedig word om op gebiede, wat nog nie ten volle ontgin is
            nie, te waag, bv wetenskap en tegnologie waar daar nog geleenthede
            bestaan. 
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                (2x2) (4)

3.4   Hoe kan industrialisasie tot die ontwikkeling van vervoer en kommunikasie
      netwerke lei?

      Vervoer

           Spoorlyne word gebou sodat besighede grondstowwe kan vervoer.
           Padnetwerke word uitgebrei en verbeter sodat nywerhede dit kan gebruik. 
           Groot hoeveelhede goedere kan in korter tye vervoer en afgelewer word deur die
            vervoernetwerke te gebruik.
           Hawens word gebou om in- en uitvoere moontlik te maak .
      Kommunikasie

           Verbeterde kommunikasie-netwerke lei tot verbeterde verspreiding van
            inligting.
           Besighede ontwikkel kommunikasie sodat hulle verbruikers maklik kan kontak vir
            verkope.
           Invoer- en uitvoerbesighede floreer as gevolg van uitgebreide internasionale
            kommunikasiestelsels.
           Internet- en selfoonbanke vergemaklik die oordrag van geld.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                         (Enige 4x2) (8)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                           EKONOMIE
                                                     MEMORANDUM
                                                                           (Vraestel 1)              GRAAD 10

3.5   Bespreek die Demografiese siklus met behulp van ŉ diagram.
                                                     DEMOGRAFIESE SIKLUS

       Bevolkingsgroeikoers                                                                            √√

                                   A             B      √             C                          D
                               E
                                                                              Opskrif = 1 punt
                                                                              Vorm van die grafiek = 2 punt
                                                                              Skeiding van fases = 1 punt
                                                                              Benoeming van grafiek = 1 punt
                                                                              Maximum = 4marks
                             Natuurlike bevolkingsaanwas uitgedruk as ŉ Natuurlike groeikoers. 
                             Die natuurlike groeikoers van enige bevolking wys ŉ langtermyn sikliese
                              patroon. 
                             Hierdie sikliese patroon staan bekend as die bevolkingsiklus of demografiese
                              siklus .
                             Gedurende fase A is die bevolkingsgroei laag. 
                             Gedurende fase B vergroot die bevolking vinnig as gevolg van ŉ verhoging in die
                              groeikoers. 
                             Gedurende fase C is die bevolkingsgroei maksimaal. Dit kan toegeskryf word aan
                              ŉ verhoging in die lewenstandaard                            (Enige 4x2) (8) [40]

                                                                9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)             GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1   Beantwoord die volgende vrae.
      4.1.1 Noem enige TWEE vrae wat ekonome poog om te antwoord.

           Wat om te produseer? 
           Hoe om te produseer? 
           Vir wie om te produseer?                                          (Enige 2x1) (2)

      4.1.2 Hoekom vorder die regering belasting van besighede en huishoudings in?

           Regerings vorder belasting in sodat hulle ŉ inkomste kan verkry wat hulle dan
            gebruik om publieke goedere en dienste aan armes te voorsien as ŉ manier om
            inkomste en rykdom te herverdeel. 
                                                                                          (2)

4.2   Data respons

      4.2.1 Volgens die leesstuk, watter maatstaf word deur ekonome gebruik om groei
            vooruitskattings te maak?

           BBP                                                                           (1)

      4.2.2 Wat voorspel die tesourie gaan die gekonsolideerde begrotingstekort vir
            2019/20 wees?

           -2.6% van die BBP                                                             (1)

      4.2.3 Onder watter Ekonomiese vertakking sal die begroting geklassifiseer
            word?

           Makro-ekonomie                                                               (2)

      4.2.4 Haal een positiewe en een normatiewe stelling in die uittreksel aan.

           Positiewe stelling - Daar was geen verrassings in die 2017 begroting, in
            vergelyking met vorige begrotingsverwagtinge, gewees nie. 
           Normatiewe stelling - dat daar verwag word dat owerheidsinkomste, nie-rente
            uitgawes op die hoofbegroting teen 2018/2019 gaan oorskry. 

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                          (Vraestel 1)           GRAAD 10

      4.2.5 Onderskei tussen ŉ bevelstelsel en ŉ tradisionele ekonomie.

           ŉ Bevelstelsel is waar die regering bepaal vir wie geproduseer word en hoe
            geproduseer word, omdat die meeste produksiefaktore deur die staat besit
            word. 
           ŉ Tradisionele ekonomie is waar die hiërargie in die gemeenskap bepaal hoe die
            hulpbronne toegedeel word, byvoorbeeld die hoofman of die koning bepaal hoe
            die grond bewerk moet word om goedere en dienste te produseer.        (2x2) (4)

4.3   Data respons

      4.3.1 Watter boodskap word in die bostaande prentjie uitgebeeld?

           Mynbou- en konstruksiemaatskappye gebruik groot en duur masjinerie              (1)

      4.3.2 Waar in Suid-Afrika is diamante ontdek?

           Kimberley-omgewing                                                              (1)

      4.3.3 Watter faktore het die ontwikkeling van mynbou-aktiwiteite in Suid-Afrika
            bemoeilik?

           Mynbou-toerusting moes ingevoer word. 
           Daar was ŉ gebrek aan infrastruktuur soos vervoer, water en krag in mynbou
            gebiede. 
           Dit was moeilik om diepskag-prosesse uit te voer. 
           Die aanvangskapitaal van mynbou is baie hoog bv, die aankoop van toerusting is
            duur.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                         (2)

      4.3.4 Verduidelik kortliks die verband tussen koopkrag van die bevolking en
            ekonomiese groei.

           Indien die koopkrag van verbruikers hoog is, sal hulle meer goedere en dienste
            vra. Dus sal besighede meer goedere en dienste moet produseer wat die BBP
            verhoog en dit lei tot ekonomiese groei.                                       (2)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                     MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)              GRAAD 10

      4.3.5 Verduidelik die gevolge van die mynbou industrie in die ontwikkeling van
               Suid-Afrika.

              Baie mense het na die stede toe getrek en so het die stedelike bevolking
               gegroei. 
              Infrastruktuur soos paaie en watervoorsiening het vinnig ontwikkel. 
              Regeringsinkomste verhoog omdat baie myne ontwikkel.                     (2x2) (4)

4.4   Onderskei tussen lekkasies en inspuitings in die ekonomiese kringloop
      Lekkasies

              Dit ontstaan wanneer geld tussen die verskillende deelnemers in die ekonomie die
               ekonomiese kringloop verlaat. 
              Lekkasies verminder die geld wat beskikbaar is in die ekonomie. 
              Spaargeld, belasting en invoerbetalings is voorbeelde van lekkasies. 

      Inspuitings

              Dit ontstaan wanneer geld tussen die verskillende deelnemers in die ekonomie in
               die ekonomiese kringloop inkom. 
              Inspuitings verhoog die geld in sirkulasie in die ekonomiese kringloop. 
              Uitvoerontvangste, investeringsinkomste en owerheidsbesteding is voorbeelde
               van inspuitings. 
               (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                   (2x4) (8)

4.5   Hoe beïnvloed MIV/VIGS die arbeidsmag in Suid-Afrika?

              Siek werkers is baie afwesig van die werk 
              Werkers wat siek is, is nie so produktief soos gesonde werkers nie.
              Werkers diskrimineer teen siek werkers by die werksplek, dus voel hulle dan
               vervreemd. 
              Die arbeidsmag word grootliks verklein wanneer vaardige en ervare werkers
               verlore raak en sterf as gevolg van MIV/VIGS. 
               (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                         (8)
                                                                                               [40]
                                                              TOTAAL AFDELING B:                 80

                                                12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                   MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)               GRAAD 10

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                    PUNTE
                                                                          TOEKENNING

Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde antwoord.

  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met               Maks. 2
   die vraag te bepaal.
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie
 Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie
 Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek
Inhoud:
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek/             Maks 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik

Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities /
Evalueer/ Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik      Maks 10
die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer /
Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor

Gevolgtrekking
Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige
  genoemde feite te herhaal.                                                Maks 2
 Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
 Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking /
  analise te versterk.
 ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
 Aanbevelings.
TOTAAL                                                                        40

                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                     MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)             GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

Ekonome het gevind dat daar min of meer ŉ deurlopende patroon is waarin die ekonomie
groei.

   Gee ŉ volledige bespreking van die fases van sakesiklusse.                              (26)
   Beklemtoon die invloed wat sakesiklusse op die ekonomie het.                            (10)
                                                                                            [40]

INLEIDING

   Sakesiklusse is afwisselende periodes van uitbreiding en inkrimping van ekonomiese
    aktiwiteite oor ŉ sekere tydperk gewoonlik ŉ jaar.
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                           (maks 2)

INHOUD

HOOFDEEL

         Voorspoedfase 

            Dit is ŉ tydperk waar algemene optimisme heers en verbruiksbesteding
             toeneem.
            Uitset en ekonomiese aktiwiteite verhoog en entrepreneurs brei hulle besighede uit,
             meer mense word in diens geneem en nuwe toerusting word aangekoop.
            Pryse van goedere en dienste, lone en winste styg ook.
            Verbruikersvraag verhoog wat produksie stimuleer en die vraag na grondstowwe
             verhoog.
            Dit word ook die ekonomiese bloeitydperk genoem.
            Mense spandeer vrylik deur al die beskikbare krediet te gebruik.
            Inflasie begin toeneem en die sentrale bank verhoog rentekoerse sodat die vraag
             na verbruikerskrediet kan afneem.
            Die verhoging in inflasie en rentekoerse veroorsaak ŉ geleidelike afname in
             verbruiks- en beleggingsbesteding.
            Die bloeitydperk is uiteindelik verby.

                                                14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE
                            MEMORANDUM
                                                   (Vraestel 1)             GRAAD 10

Resessiefase 

    Besighede verminder produksie soos wat verbruiksbesteding afneem .
    Sekere besighede begin om werkers af te lê en produseer dus minder.
    Dit veroorsaak dat die afswaai-fase nog verder daal.
    Dit maak dit moeilik vir verbruikers en besighede om hulle skuld terug te betaal.
    Werkloosheid verhoog omdat besighede sukkel om die daling in vraag te oorleef,
     veral besighede wat duursame produkte en kapitaaltoerusting vervaardig.
    Dit was veral voor die hand liggend in die daling van nuwe motorverkope tydens die
     resessie van 2007 – 2009 in Suid-Afrika. 

Depressiefase 

    Indien die uitset vir meer as ŉ jaar aanhoudend daal sê ons die ekonomie is in ŉ
     depressie en dit is ŉ tydperk waar algemene pessimisme heers.
    Daar is wydverspreide werkloosheid soos wat winste afneem, besighede verminder
     produksie en baie ander besighede moet sluit.
    Huishoudings is nie in staat om hulle skuld te betaal nie en huise, motors en
     meubels word deur banke teruggeneem.
    Baie mense probeer om vir hulleself in die informele sektor werk te skep.
    Die inflasiekoers neem af as besighede laer pryse vir produkte vra om daardeur
     verkope te stimuleer.
    Die sentrale bank gaan steeds voort om rentekoerse af te bring om sodoende
     verbruiksbesteding en besteding deur ondernemings aan te moedig.

Herstelfase 

    Uiteindelik sal huishoudings en besighede begin om uitgeputte kapitaal en
     verbruiksgoedere te vervang en die ekonomie begin stadig herstel.
    Besighede trek voordeel uit die lae rentekoerse en koop meer toerusting en
     produksie verhoog.
    Die regering kan belasting verminder en owerheidsbesteding verhoog om daardeur
     ŉ verhoogde vraag na die land se uitsette aan te moedig.
    Werkskepping verhoog, inkomstes neem toe en verbruikersvraag tel op.

                                       15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM
                                                          (Vraestel 1)              GRAAD 10

           Pryse en rentekoerse bly laag en dit moedig verbruikers aan om meer te
            spandeer.
           Soos wat die ekonomie nader aan die voorspoedfase beweeg onstaan daar
            geleidelik weer ŉ gevoel van optimisme.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                  (maks 26)
            (Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde)

ADDISIONELE DEEL

           Gemiddelde aanbod verhoog gedurende die boom en daal gedurende resessie
            terwyl die gemiddelde aanbod ook tussen die fases sal verander.
           Ekonomiese groei verhoog gedurende die uitbreidingsperiode en neem af tydens ŉ
            resessiefase.
           Werkskepping verhoog gedurende die opswaaifase en verlaag gedurende die
            afswaaifase. 
           Pryse styg namate die ekonomie uitbrei, en verlaag soos wat die ekonomie weer
            afneem omdat besighede bewus is van die koopkrag van verbruikers.
           Wisselkoerse verbeter namate die ekonomie groei, en verswak wanneer die
            ekonomie stagneer.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                  (maks 10)

GEVOLGTREKKING

Die lengte van ŉ sakesiklus kan oor tyd verander en dit word in jare bepaal. Suid-Afrika se
sakesiklus het sedert die eerste demokratiese verkiesing gedurende 1994 baie langer
geduur.

(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                               (maks 2)

                                                                                              [40]

                                               16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 10

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES

Aan die begin van 2010 het vier hoofbankgroepe die Suid-Afrikaanse bankwese
gedomineer. Hulle was ABSA, Eerste Nasionale Bank, (ENB) Nedcor, en Standard Bank.

   Bespreek volledig wat die rol en funksies van Handelsbanke in die ontwikkeling
    van die ekonomie in Suid-Afrika was.                                           (26)

   Gee ŉ kritiese evaluering van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse Reserwe
    Bank (SARB) in ons land
                                                                                   (10)
                                                                                          [40]

INLEIDING

   Die moderne bankwese word deur die voortdurende verbetering van die funksies
    gekenmerk.
   Banke het tot die ontwikkeling van die wêreldwye ekonomie bygedra.
   Hoogs ekonomies-ontwikkelde lande bestaan vandag as gevolg van die goed ontwikkelde
    infrastruktuur in die bankwese.
   Banke is die skakel na alle ekonomiese aktiwiteite.
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                        (maks 2)

INHOUD

HOOFDEEL

   Banke is die tussenganger wat uitleners (deposante) en leners van geld bymekaar
    bring.
   Banke is die veilige bewaarders van geld.
   Banke voorsien fasiliteite waar mense geld veilig kan stoor.
   Banke ontvang en stoor deposito’s waarop rente betaal word.
   Hulle hou buitelandse valuta reserwes.
   Betalings kan van een bankrekening na ŉ ander bankrekening oorgedra word.
   Hulle leen geld uit in die vorm van oortrokke bankrekeninge en lenings en die bank dra die
    risiko.

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                       (Vraestel 1)             GRAAD 10

   Banke kry wins uit twee bronne naamlik: verdien rente op lenings en oortrokke
    bankrekeninge.
   Hulle hef bankkoste op dienste gelewer aan kliënte.
   Banke dra by tot ekonomiese groei deur doeltreffende hulpbron-allokasie.
   Hulle help met nuwe besigheidsrisiko’s deur geld aan entrepreneurs te leen.
   Banke leen geld aan besighede wat wil uitbrei.
   Verhoog die lewenstandaard van mense deur lenings aan mense te gee wat bates wil
    koop soos bv. huise.
   Hulle spreek die gemeenskap se sosio-ekonomiese kwessies aan deur finansiële onderrig
    te voorsien.
   Banke staan studielenings toe en gee so geleenthede aan mense om verdere onderwys
    en opleiding te verkry.
   Banke verhoog die moontlikhede vir beter geleenthede deur beurse en lenings te
    voorsien.
   Banke is betrokke by gemeenskapsprojekte bv. sport en kuns ens.
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                      (maks 26)

ADDISIONELE DEEL:

   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is ŉ sentrale bank wat die aktiwiteite van ander banke
    beheer.
   Dit was in 1920 deur die Geld en Bankwet gestig.
   Dit het die alleenreg om banknote en munte uit te reik.
   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is die bankier vir ander banke. Ander banke leen geld
    by die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
   Dit is ook ŉ staatsbank omdat dit die monetêre beleid opstel.
   Die Suid- Afrikaanse Reserwebank is die bewaarder van goud en buitelandse
    reserwes.
   Die Finansiële Diensteraad hou toesig oor finansiële instansies soos versekerings – en
    beleggingsmaatskappye.
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                        (maks 10)

GEVOLGTREKKING

   Sonder bankwese sou daar nie vandag enige ekonomiese ontwikkeling gewees
    het nie.
   Deur sekere aktiwiteite soos internetbank het ons nou toegang tot globalisering.
   Lande dryf internasionaal handel omdat banke die koper en verkoper bymekaar bring.
    (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                         (maks 2)
                                                                                         [40]
                                                                                 TOTAAL: 150

                                            18

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
