# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-question-paper/a4ae48f6-cd8f-47d4-81ac-04e7ea5fb61f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-question-paper/a4ae48f6-cd8f-47d4-81ac-04e7ea5fb61f)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2019
                               GRAAD 10

                               EKONOMIE
                              VRAESTEL 1

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

 Kopiereg voorbehou                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              2                            GP/November 2019
                                       Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae in jou ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae
     AFDELING C: Beantwoord EEN vraag

2.   Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae, addisionele vrae sal NIE gemerk
     word NIE

3.   Nommer die antwoorde soos op die vraestel.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke vraag.

5.   Lees die vrae deeglik deur.

6.   Begin elke vraag op ŉ nuwe bladsy.

7.   Los 2–3 lyne oop na ELKE vraag.

8.   Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van
     jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik net blou of swart ink.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare rekenaar gebruik.

11   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                  3                       GP/November 2019
                                           Graad 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die nommer
    (1.1.1 tot 1.1.8). in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

    1.1.1 Ekonomie is ŉ wetenskap wat bestudeer hoe mense hul veelvuldige behoeftes
          en begeertes bevredig met…

           A     beperkte hulpbronne.
           B     onbeperkte hulpbronne.
           C     beperkte bevrediging.
           D     onbeperkte bevrediging.

    1.1.2 Die basiese ekonomiese probleem wat alle nasies mee in aanraking kom…

           A     vrye goedere.
           B     menseregte
           C     skaarsheid.
           D     vrye verkiesing.

    1.1.3 Die belangrikste ekonomiese deelnemers in die ekonomiese kringloop is…

           A     belasting.
           B     werkers.
           C     werkgewers.
           D     huishoudings.

    1.1.4 Die periode wat ŉ afname in ekonomiese aktiwiteite aandui is…

           A     herstel.
           B     resessie.
           C     tendenslyn.
           D     bewegende gemiddeldes.

    1.1.5 Die situasie waarin huishoudings alle goedere en dienste produseer wat hulle
          benodig vir oorlewing staan bekend as …

           A     geleentheidskoste.
           B     alternatiewes.
           C     selfversorgendheid.
           D     keuse.

    1.1.6 Die eerste groep mense wat in die Suidelike en Westelike deel van Afrika
          gewoon het is die …

           A     Khoi-San.
           B     Afrika stamme.
           C     Europeërs.
           D     Arabiere.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                4                           GP/November 2019
                                         Graad 10

    1.1.7 Betaling van jou rekeninge deur middel van internet bankdienste staan bekend
          as…

           A     regte geld.
           B     E-elektronika.
           C     moderne geld.
           D     inheemse geld.

    1.1.8 Inligting van die grootte van die bevolking en die arbeidsmag word verkry vanaf
          die…

           A     IMF.
           B     SARB Kwartaallikse Bulletin.
           C     Werêldbank.
           D     sensus.                                                     (8 x 2 ) (16)
1.2 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat pas by die item in KOLOM A.
    Skryf die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8).

        KOLOM A                                      KOLOM B

1.2.1    Positiewe stelling       A    Waar goedere en dienste gekoop of verkoop word

1.2.2    Produktemark             B    ŉ Persoon wat trek na ŉ ander gebied opsoek na
                                       werk
1.2.3    Gelyke indiensnemings
                                  C    Rou material of natuurlike hulpbronne wat onttrek,
1.2.4    Primêre sektor                gekweek en geoes word

1.2.5    Ekonomiese groei         D    Gelyke geleenthede vir alle mense in die
                                       werksplek
1.2.6    Opbloei
                                  E    Die periode van baie hoë ekonomiese aktiwiteit,
12.7     Ruilhandel                    voordat die ekonomie afneem

1.2.8    Arbeidsmag               F    ŉ Stelling gebaseer op feite wat bewys kan word.

                                  G    ŉ Proses van die ruil van goedere en dienste met
                                       mekaar sonder enige geld

                                  H    Die ekonomiese aktiewe bevolking wat bestaan uit
                                       mense tussen die ouderdom van 15 en 64 wat
                                       aktief soek na werk

                                  I    ŉ Toename in reële BBP

                                                                                  (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                5                           GP/November 2019
                                         Graad 10

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die
    vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

     Afkortings en akronieme sal NIE aanvaar word nie.

     1.3.1 Alle fisiese en verstandelike pogings van menslike aktiwiteite in die produksie
           van goedere en dienste

     1.3.2 Wanneer iemand die middele en hulpbronne het om ŉ produk te koop, maar
           daar is geen aanbod van daardie produk nie

     1.3.3 Hierdie is ŉ afdeling van die ekonomie wat die ekonomie as ŉ geheel
           bestudeer bv. indiensnemingskoers.

     1.3.4 Die proses waartydens mense in en uit die land beweeg

     1.3.5 Die laagste draaipunt in die sakesiklus

     1.3.6 Die vlak of sektor waartydens die rou materiale wat voorsien word deur die
           primêre nywerhede omgeskakel word in produkte vir verbruik
                                                                              (6 x 1) (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                6                           GP/November 2019
                                         Graad 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1 Noem enige TWEE menseregte.                                     (2 x 1) (2)

       2.1.2 Hoekom samel die regering belasting vanaf sakeondernemings en
             huishoudings in?                                        (1 x 2) (2)

2.2    Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                     Fisiese arbeid                 Verstandelike arbeid

                                                                [Bron: www.google.com]

       2.2.1 Watter produksiefaktor word uitgebeeld in bostaande spotprent?          (1)

       2.2.2 Wat is die vergoeding vir die uitgebeelde produksiefaktor ?             (1)

       2.2.3 Verduidelik kortliks die term produksie.                                (2)

       2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van entrepreneurs in die ekonomie         (2)

       2.2.5 Hoe lei ekonomiese groei na ekonomiese ontwikkeling?           (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                           7                                GP/November 2019
                                                    Graad 10

2.3     Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                          Ekonomiese kringloop

                                        Fakormark                            Geld inkomste (lone,
          Koste                         -Huishoudings verkoop                salarisse, rente, wins)
                                        -Firmaskoop

                     Produksie                                   Arbeid, grond, kapitaal,
                      faktore                                   entrepreneurs-eienskappe

  Sakeondernemings                                                   Huishoudings
  -Koop produksiefaktore                                             -Verkoop produksiefaktore
  -Verkoop produkte                                                  -koop produkte

                   Goedere en dienste                             Goedere en dienste

      Inkomste
                                        Produktemark                       Verbruikersuitgawes
                                        -Firmas verkoop
                                        -Huishoudings koop

                                                                            [Bron: www.google.com ]

        2.3.1     Watter soort ekonomie word voorgestel deur die bostaande diagram?                        (1)

        2.3.2     Watter deelnemer in die ekonomie sal gebruik maak van intermediëre
                  goedere?                                                                                 (1)

        2.3.3     Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop.                                          (2)

        2.3.4     Hoekom is dit belangrik dat die regering mense aanmoedig om plaaslike
                  goedere te koop?                                                     (2)

        2.3.5     Beskryf kortliks die rol van die huishouding in die bostaande diagram.                   (4)

2.4     Onderskei tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie.                                          (2 x 4) (8)

2.5     Evalueer die effek wat die sakesiklus op die ekonomie het.                                          (8)
                                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                8                          GP/November 2019
                                         Graad 10

VRAAG 3:      EKONOMIESE STREWES                           40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1 Noem enige TWEE bank instellings in Suid-Afrika.                     (2 x 1) (2)

       3.1.2 Hoe kan ŉ toename in inkomste lei tot die ontwikkeling van
             nywerhede?                                                          (1 x 2) (2)

3.2    Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                    Migrasie:
      Landelike –stedelike migrasie verwys na die beweging
      van mense vanaf landelike gebiede na stede om te bly
      en te werk.’

                                                                [Bron: www.google.com]

       3.2.1 Watter negatiewe effek kan migrasie op die ekonomie hê?                      (1)

       3.2.2 Hoekom migreer mense na stedelike gebiede?                                   (1)

       3.2.3 Beskryf kortliks die begrip stedelike migrasie.                              (2)

       3.2.4 Hoe sal die netto migrasie die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed?           (2)

       3.2.5 Volgens jou mening, hoekom is dit vir die regering belangrik om te weet wat
             die bevolkingsgroeikoers van die land is?                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                9                            GP/November 2019
                                         Graad 10

3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                            DIE TRADISIONELE LEEFSTYL

Die nomadiese gemeenskappe het bestaan uit nomadiese samelewings. Hierdie
samelewings was bekend as jagters-versamelaars. Hulle het beweeg na ŉ gebied, al
die hulpbronne gebruik en wanneer daar nie meer kos was nie het hulle na ŉ ander
gebied beweeg.

                                                             [Bron: www.google.com]

       3.3.1 Watter fase van ekonomiese ontwikkeling word uitgebeeld in die
             bostaande inligting?                                                     (1)

       3.3.2 Noem EEN aktiwiteit wat deur hierdie groep mensebeoefen is.              (1)

       3.3.3 Beskryf kortliks die term nomadiese leefstyl.                            (2)

       3.3.4   Wat maak dat tradisionele samelewings selfonderhoudend is?             (2)

       3.3.5   Hoe was vaardighede aangeleer gedurende hierdie fase?                  (4)

3.4   Lys en verduidelik enige TWEE faktore wat ekonomiese ontwikkeling
      bemoeilik het in Suid-Afrika gedurende die landbou- en mynbou fase.
                                                                         (2 x 4) (8)

3.5   Evalueer die impak van MIV/VIGS op die Suid-Afrikaanse ekonomie?             (8)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                10                           GP/November 2019
                                         Graad 10

VRAAG 4     MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                               40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1 Noem TWEE tipes skaarsheid.                                         (2 x 1) (2)

       4.1.2 Hoekom is die verbruik van goedere en dienste belangrik in die ekonomie?
                                                                              (1 x 2) (2)

4.2    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

        Waarde Toegevoeg in R (Miljoene)                                2016
        Primêre sektor                                                   141 906
        Sekondêre sektor                                                 373 024
        Tersiêre sektor                                                1 124 555
        Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse                      1 639 485
        Belasting op produkte                                            312 863
        Subsidies op produkte                                             19 106
        Bruto Binnelandse Produk @ markpryse                                A

       4.2.1 Watter metode word gebruik om BBP te bereken in die bostaande
             tabel?                                                                      (1)

       4.2.2 Identifiseer die sektor wat die minste bygedra het tot BBP in die
             bostaande tabel.                                                            (1)

       4.2.3 Beskryf kortliks die begrip Bruto Binnelandse Produk.                       (2)

       4.2.4 Hoe kan die Suid-Arikaanse regering belasting gebruik om die
             ekonomie te stimuleer?                                                      (2)

       4.2.5 Bereken die BBP teen markpryse (A). Wys alle berekeninge.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                    11                               GP/November 2019
                                             Graad 10

4.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

         Inheemse kennis kan navorsers help om die krisis op te los

Afrika se navorsers word aangemoedig om inheemse kennis en innoveringstelsels te
gebruik as inspirasie, eerder as moderne-, kommersiële metodes om vordering te
maak in die oplossing van die kontinent se ontwikkelingsprobleme.

ŉ Voorbeeld van ŉ suksesvolle toepassing van Afrika se inheemse kennis is die
gemengde gewasverbouing wat gebruik word deur verskeie gemeenskappe in Oos-
Afrika. In Chad het plaaslike boere, ŉ reën-gevoede besproeiingstelsel vir die
produksie van suksesvolle oeste in woestynlande gebruik, maar die metode is
onsuksesvol vervang deur moderne kommersiële besproeiingsmetodes.

Om positiewe navorsing uitkomstes te verkry in Afrika, is daar ŉ dringende behoefte
om Westerse navorsingstegnieke te integreer, met lewensveranderde inheemse
kennis, in verskillende velde van menslike strewes om innovasie en kreatiwiteit oor
die kontinent te verhoog.

                                            [Bron: aangepas uit Universiteit van die Werêld nuus]

        4.3.1    Wat is ŉ voorbeeld van ŉ inheemse boerderymetode van Afrika
                 genoem in die bostaande uittreksel?                                                 (1)

        4.3.2    Identifiseer die inheemse metode wat in Chad gebruik is vir die
                 produksie van suksesvolle oeste.                                                   (1)

        4.3.3        Beskryf kortliks die begrip inheemse kennisstelsels.                            (2)

        4.3.4    Waarom is inheemse kennis belangrik in ons lewens?                                  (2)

        4.3.5    Verduidelik waarom boerdery ŉ belangrike ekonomiese
                 aktiwiteit is.                                                                      (4)

4.4     Onderskei tussen vrye- en ekonomiese goedere.                                     (2 x 4) (8)

4.5     Bespreek die impak van stakings op die ekonomie.                                             (8)
                                                                                                    [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                12                        GP/November 2019
                                         Graad 10

AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.
                                                                      PUNTE
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                           TOEKENNING
Inleiding
     ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag
        voorkom te definieer of te omskryf.
     Gee addisionele inligting om die onderwerp te
        ondersteun.                                                   Maks. 2
     Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit
        nie.
     Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
        bespreek nie.
     Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
        bespreek.
Liggaam:
     Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In diepte bespreking /
     Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer
     / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer /         Maks. 26
     Debatteer

   Addisionele gedeelte: Gee eie opinie / Bespreek krities /
   Evalueer / Evalueer krities / Trek ŉ grafiek en verduidelik /
   Gebruik ŉ grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek
   / Bereken / Bepaal / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei /         Maks. 10
   Vertolk / Debatteer kortliks
Gevolgtrekking
    Die gevolgtrekking is ŉ samevatting van die onderwerp
       wat bespreek is in die liggaam en moet as ŉ hoë-orde
       respons gesien word.
    Die gevolgtrekking kan die vorm van ŉ eie opinie,                Maks. 2
       voorbeelde, argumente om die bespreking van die
       onderwerp in die liggaam te ondersteun of teen te staan.
    Geen aspek van beide die inleiding en liggaam moet in
       die gevolgtrekking herhaal word nie.
                                                         TOTAAL          40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                13                         GP/November 2019
                                         Graad 10

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

Elke land ervaar sikliese patrone in die ekonomie.

   ● Met behulp van ŉ diagram bespreek die fases van ŉ sakesiklus.     (26 punte)

   ● Verduidelik die endogene redes (Keynesiaanse teorie) vir die sakesiklus.
                                                                      (10 punte)
                                                                              [40]

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES                                40 PUNTE – 40 MINUTE

Bespreek fase 4: Vervaardiging en dienste fase (vanaf 1994 tot op datum) in die
geskiedenis van die Suid-Afrikaanse ontwikkeling onder die volgende sub-opskrifte:

       Eienskappe                                                      (8 punte)
       Faktore wat bygedra het tot ekonomiese ontwikkeling             (9 punte)
       Ekonomiese gevolge                                              (9 punte)

Evalueer die faktore wat ekonomiese ontwikkeling van vervaardiging en
dienste bemoeilik het.                                                (10 punte)
                                                                            [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C: 40

                                                              GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/2f110dad-04a5-4bf3-b05d-d881f351d4c0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
