# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — QP · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                 PROVINSIALE EKSAMEN
                    NOVEMBER 2020
                      GRAAD 10

                      EKONOMIE

                     (VRAESTEL 2)

                  NASIENRIGLYNE

21 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                    NASIENRIGLYNE   EKONOMIE   (VRAESTEL 2)
                                                                  GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE VRAE

      1.1.1 C – Substituut goedere √√

      1.1.2 B – Marginale nut √√

      1.1.3 A – Allokeringsdoeltreffendheid √√

      1.1.4 C – Marksurplus √√

      1.1.5 C – Werkplekforums √√

      1.1.6 A – Afname in vraag na arbeid √√

      1.1.7 C – Vraagkant √√

      1.1.8 B – Statistieke Suid-Afrika √√                       (8x 2) (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1 B √

      1.2.2 G √

      1.2.3 A √

      1.2.4 I √

      1.2.5 C √

      1.2.6 E √

      1.2.7 F √

      1.2.8 H √                                                   (8 x 1) (8)

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                   NASIENRIGLYNE   EKONOMIE   (VRAESTEL 2)
                                                                 GRAAD 10

1.3   IDENTIFISEER DIE TERM

      1.3.1   Oligopolie √

      1.3.2   Waarde √

      1.3.3   Minimum pryse √

      1.3.4   Ekonomies aktiewe bevolking √

      1.3.5   Vakbond √

      1.3.6   Nasionalisering √                                   (6 x 1) (6)

                                                     TOTAAL AFDELING A: 30

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                    NASIENRIGLYNE           EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die volgende drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1 Noem TWEE vereistes vir die vestiging van ŉ mark.

                 Ten minste een koper en een verkoper √
                 Verkopers moet bereid wees om te verkoop √
                 Kopers moet die middele hê om vir hul goedere te betaal
                 Ooreenkoms tussen koper en verkoper oor prys en hoeveelheid
                 Transaksies behoort volgens wette geformaliseer te word
             (Enige TWEE)                                                     (2 x 1) (2)

       2.1.2 Wat is die wet van vraag?

                 Die wet van vraag bepaal dat as ander faktore konstant is,
                  (ceteris parisbus) hou die prys en hoeveelheid vraag van enige
                  goedere en diens omgekeerd met mekaar verband. Wanneer
                  die prys van ŉ produk styg, sal die vraag na dieselfde produk daal.
                                                                                  (1 x 2) (2)

2.2    Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

       2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat deur die spotprent geïllustreer
             word.

                 Monopolie/onvolmaakte mark √                                             (1)

       2.2.2 Gee EEN voorbeeld van ŉ mark in Suid-Afrika met slegs een
             verskaffer.

                 ESKOM √
                 Transnet                                                                 (1)

       2.2.3 Hoe kan verbruikers in die spotprent voordeel trek uit ŉ tweede
             kruidenierswinkel?

                 Laer pryse √
                 ŉ Wyer verskeidenheid goedere√
                 Beter gehalte van goedere
                 Korter toue
             (Enige TWEE)                                                          (2 x 1) (2)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                   NASIENRIGLYNE          EKONOMIE           (VRAESTEL 2)
                                                                                GRAAD 10

      2.2.4 Verduidelik kortliks die term oligopolie.

               ŉ Onvolmaakte mark waar daar ŉ paar groot verkopers van ŉ goed
                of diens is. √√
               Voorbeeld: Cell C, MTN en Vodacom
            (Maksimum een punt vir slegs ŉ voorbeeld)                                    (2)

      2.2.5 Identifiseer die kriteria wat gebruik word om ŉ markstruktuur te
            bepaal.

                Aantal verskaffers√√
                Aard van die produk √√
                Hoeveelheid handelsversperrings
                Toegang tot inligting
            (Enige TWEE)                                                         (2 x 2) (4)

2.3   Bestudeer die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      2.3.1 Hoeveel voedselitems kan gekoop word as mnr. Sibanda 20
            kledingstukke koop?

                15 voedselitems √                                                       (1)

      2.3.2 Volgens die tabel, hoeveel kledingstukke sal verbeur word as mnr.
            Sibanda besluit om 25 voedselitems te koop in plaas van 15?

                7 kledingstukke √                                                       (1)

      2.3.3 Wat is die doel van die begrotingslyn?

                Die begrotingslyn bepaal die kombinasie van goedere wat die
                 verbruiker op enige gegewe tydstip kan bekostig. √√                     (2)

      2.3.4 Identifiseer een eienskap van onverskilligheidskurwes.

                Onverskilligheidskurwes loop skuins afwaarts. √√
                Hoër onverskilligheidskurwes word verkies bo laer kurwes.
                Onverskilligheidskurwes buig na binne.
                Onverskilligheidskurwes sal mekaar nooit kruis nie.
            (Enige EEN)                                                          (1 x 2) (2)

                                           5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                     NASIENRIGLYNE        EKONOMIE           (VRAESTEL 2)
                                                                                                GRAAD 10

      2.3.5       Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken die onverskilligheids-
                  kurwe vir die Sibanda-huishouding.

                                      40

                                      35
                                                                           2 Punte vir die benoeming van
                                      30
                                                                           X- en Y-as

                    Voedselitems√
                                                                           2 Punte vir kurwe
                                      25

                                      20

                                      15

                                      10
                                                                               √√
                                       5

                                           5   10   15     20 25 30 35    40                               (4)
                                                         Kledingstukke√

2.4   Onderskei tussen direkte en indirekte belasting.

             Direkte belasting
              o    Belasting gehef op welvaart (Inkomstebelasting) √√
              o    Direkte belasting word direk aan SAID betaal
              o    Inkomstebelasting vir individue is gebaseer op ŉ skaal
              o    Inkomstebelasting vir besigheid (maatskappybelasting) word
                   teen ŉ vaste koers gehef

           Indirekte belasting
            o     Indirekte belasting is ŉ verbruikersbelasting wat deur verskaffers van
                  goedere en dienste betaal word. √√
            o     Indirekte belasting word deur die verbruiker betaal deur goedere en
                  dienste te koop √√
            o     Kleinhandelaars betaal die geld aan SAID
                  (Voorbeelde is belasting op toegevoegde waarde (BTW), Doeanereg
                  en Aksynsbelasting)
      (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)
      (Maksimum TWEE punte vir slegs ŉ lys van voorbeelde)                            (4 x 2) (8)

                                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                     NASIENRIGLYNE           EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                 GRAAD 10

2.5   Beskryf die eksterne faktore wat die posisie van ŉ Produksiemoontlikheids-
      kurwe affekteer.

           Ekonomiese groei √√
           Tegnologiese vooruitgang √√
           Beskikbaarheid van hulpbronne √√
           Natuurlike, ekologiese of politieke rampe √√
           Die vlak van tegnologie wat binne die onderneming gebruik word
           Vraag na ŉ spesifieke produk
           Winsgewendheid van ŉ spesifieke produk
      (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)
      (Maksimum VIER punte vir slegs opskrifte en ŉ lys van voorbeelde)           (4 x 2) (8)
                                                                                         [40]

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE arbeidswette in Suid-Afrika.

                 Wet op Arbeidsverhoudinge√
                 Wet op Basiese Diensvoorwaardes √
                 Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en-siektes
            (Enige TWEE)                                                          (2 x 1) (2)

      3.1.2 Wat is die belangrikheid van die Werkloosheidsversekeringsfonds?

                 Dit verleen korttermyn verligting aan werkers wanneer hulle werkloos
                  word. √√
                 Dit bied verligting aan die afhanklikes van ŉ oorlede bydraer.
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                    (1 x 2) (2)

3.2   Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.

      3.2.1 Hoeveel werkers sal volgens die voorstel van Cell C hul werk verloor?

                  40% √                                                                  (1)

      3.2.2 Gee een voorbeeld van ŉ vakbond wat in die artikel genoem word.

                  Unie vir Inligtingskommunikasietegnologie (ICTU) √                     (1)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                        NASIENRIGLYNE           EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                    GRAAD 10

      3.2.3 Wat is die belangrikheid van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes?

                      Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal sekere bepaalde
                       minimum diensvoorwaardes wat toegepas moet word. (bv. werksure,
                       verlof en vergoeding) √√                                              (2)

      3.2.4 Noem een moontlike rede vir die voorgestelde werksbesnoeiings
            deur Cell C.

                   Swak ekonomiese toestande √√
                   Effek van die Covid-19-inperking
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte respons)                               (2)

      3.2.5 Waarom is dit voordelig vir ŉ werknemer om by ŉ vakbond aan te
            sluit?

                      Vakbonde onderhandel met werkgewers namens lede om lone
                       te verbeter en vir voordele soos verbeterde pensioene en mediese
                       fonds. √√
                      Vakbonde onderhandel met werkgewers namens lede om
                       werksomstandighede, en gesondheids- en veiligheidsvoorwaardes
                       te verbeter. √√
                      Vakbonde werk daaraan om verlies aan werk deur aflegging te
                       verminder.
                      Help lede om griewe op te los.
                      Verteenwoordig lede in arbeidsgeskille.
                  (Aanvaar enige ander relevante antwoord )
                  (Enige TWEE)                                                       (2 x 2) (4)

3.3   Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      3.3.1       Waarvoor staan die afkorting PSETA?

                      Publieke Dienste Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid √             (1)

      3.3.2       Volgens die uittreksel, watter individue sal baat vind by leerlingskappe
                  wat PSETA aanbied?

                      Gegradueerdes en professionele persone in die openbare sektor √       (1)

      3.3.3       Verduidelik wat ŉ leerlingskap is.

                      ŉ Leerlingskap is ŉ werkgebaseerde leerprogram wat direk verband hou
                       met ŉ beroep of vakgebied. √√                                       (2)

                                                 8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                     NASIENRIGLYNE           EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                 GRAAD 10

      3.3.4   Waarom is vaardigheidsontwikkeling so belangrik?

                 Ontwikkel vaardighede wat voordelig sal wees in jou
                  werksomgewing.√√
                 Die verbetering van jou vaardighede kan help om bevordering te kry.
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          (1 x 2) (2)

      3.3.5   Verduidelik kortliks TWEE fokusareas van die regering om die
              ongelykhede van die verlede aan te spreek.

                  Menslike hulpbronne
                   o   Onderwys- en opleidingsgeleenthede vir almal √√

                  Natuurlike hulpbronne
                   o   Geleenthede vir die voorheen benadeeldes om grond en
                       hulpbronne te besit √√

                  Kapitaal
                   o    Hulp met die verkryging van kapitaal vir besigheid en eiendom
              (Enige TWEE)                                                         (2 x 2) (4)

3.4   Onderskei tussen enige TWEE tipes werkloosheid.

             Sikliese werkloosheid
              o     Werkloosheid veroorsaak deur afswaai in die sakesiklus. √√
              o     Werkloosheid as gevolg van die afname in die vraag na arbeid
                    gedurende moeilike ekonomiese tye.√ √

             Strukturele werkloosheid √
              o    Word veroorsaak deur die strukturele veranderinge in die ekonomie.√√
                   Werkloosheid word veroorsaak as die werker nie die vaardighede
                   besit wat die onderneming benodig nie, of waar hulle dit nodig
                   het. √√

             Seisoenale werkloosheid
              o    Werkloosheid veroorsaak deur die seisoenale behoefte aan arbeid.
              o    Werkloosheid gedurende spesifieke seisoene van die jaar.

             Wrywingswerkloosheid
              o   Korttermyn werkloosheid terwyl jy tussen werk is.
              o   Werkers wat van werk verander.
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
      (Maksimum 2 punte slegs vir lys van tipes)
      (Enige TWEE)                                                                 (2 x 4) (8)

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      NASIENRIGLYNE           EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                  GRAAD 10

3.5   Bepaal die funksies van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
      Arbitrasie (KVBA).

             KVBA is ŉ onafhanklike liggaam wat help om arbeidsgeskille op te los. √√
             Enige party van ŉ dispuut kan die KVBA benader om regshulp te kry. √√
             Die doel is om die dispuut op te los voordat stakingsaksies plaasvind.√√
             KVBA help met die stigting van werkplekforums. √√
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)
      (Enige TWEE)                                                                  (4 x 2) (8)
                                                                                           [40]

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE regeringsvlakke in Suid-Afrika.

                  Nasionaal √
                  Provinsiaal √
                  Plaaslike/munisipaliteit
              (Enige TWEE)                                                           (2 x 1) (2)

      4.1.2   Beskryf die term nut.

              o    Nut is die mate van tevredenheid wat ŉ verbruiker verkry deur
                   goedere of dienste te verbruik.√√                                 (1 x 2) (2)

4.2   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      4.2.1   Identifiseer die punt op die grafiek waar optimale produksie van
              selfone en tablette plaasvind.

                  Punt B √                                                                  (1)

      4.2.2   Wat gebeur by punt C?

                  Alle hulpbronne word gebruik om tablette te vervaardig, en geen
                   selfone word vervaardig nie√                                              (1)

      4.2.3   Waarom is die Produksiemoontlikheidskurwe belangrik vir
              vervaardigers?

                  Die produksiemoontlikheidskurwe toon aan watter kombinasies
                   van twee goedere geproduseer kan word met die hoeveelheid
                   beskikbare bronne. √√                                                     (2)

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                      NASIENRIGLYNE           EKONOMIE          (VRAESTEL 2)
                                                                                   GRAAD 10

      4.2.4   Verduidelik waarom ons nie kombinasie D kan produseer nie.

                     Punt D kan nie geproduseer word nie as gevolg van ŉ tekort aan
                      hulpbronne. √√                                                     (2)

      4.2.5   Teken ŉ grafiek wat illustreer hoe die PMK geaffekteer sal word as
              ons meer tablette kan vervaardig sonder om die produksie-uitset
              van selfone te beïnvloed.

                                                          2 Punte vir nuwe PMK
                                                          2 Punte om verandering aan

                   Selfone
                                                            te dui
                                                 √
                                                 √

                                                √
                                                √
                                  Tablette                                                (4)
                                                               (4
                                                               )
4.3   Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      4.3.1   Wie is David Makhura?

                  Premier van Gauteng √                                                 (1)

      4.3.2   Wat is die hoofrede vir die werksverliese volgens die uittreksel?

                  Covid-19 Inperking √                                                  (1)

      4.3.3   Definieer kortliks werkloosheid.
                                                                                         (4)
                  Mense wat bereid is om te werk en werk soek, maar tans nie in
                   diens geneem is nie. √√                                               (2)

      4.3.4   Waarom is werkloosheid ŉ groot bekommernis vir die regering?

                  Werkloosheid plaas ekstra druk op die regering om werkloses te help
                   deur middel van maatskaplike toelaes. √√
                  Werkloosheid kan lei tot ŉ toename in misdade.                        (2)

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                    NASIENRIGLYNE           EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                GRAAD 10

      4.3.5   Verduidelik die uitwerking van werkloosheid op ŉ individu.

                  Werkloosheid lei tot armoede √√
                  Werkloses kan nie in hul basiese behoeftes voorsien nie
                  Werkloses kan nie na hul gesinne omsien nie
                  Werkloosheid kan gekoppel word aan misdaad
                  Werkloosheid lei tot ŉ kringloop van armoede
                  Ekonomies gemarginaliseerde groepe is veral kwesbaar
                  Werkloosheid vernietig vaardighede
              (Enige TWEE)
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                              (2 x 2) (4)

4.4   Bespreek die kriteria waaraan goedere moet voldoen om in aanmerking te kom vir
      handel op internasionale markte.

             Daar moet ŉ wydverspreide vraag wees √√
             Items moet vervoer kan word √√
             Vervoerkoste moet relatief laag wees in verhouding met die prys van
              goedere in groot hoeveelhede √√
             Produkte moet duursaam wees √√
             Geen beperkings op toegang tot die produk nie
      (Enige VIER)
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                              (8)

4.5   Verduidelik waarom sommige groepe mense ekonomies gemarginaliseer
      word in Suid-Afrika.

            Beperkte toegang tot onderwys, lae vaardigheidsvlakke en min belegging
             in opleiding √√
            Wydverspreide armoede onder lae loonverdieners en werkloses √√
            Ekstreme vlakke van ongelykheid, hoofsaaklik op grond van ras en
             geslag √√
            Onvoldoende beskerming (wetgewing) vir sommige lae loonverdieners
             soos plaaswerkers en huiswerkers √√
      (Aanvaar enige relevante antwoord)                                                    (8)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                       NASIENRIGLYNE            EKONOMIE      (VRAESTEL 2)
                                                                                 GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jy sal soos volg geassesseer word:

                   STRUKTUUR VAN OPSTEL                               PUNTETOEKENNING

  Inleiding

     ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag
      voorkom, te definieer of te omskryf.
     Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie.        Maks. 2
     Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
      herhaal nie.
     Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
      bespreek.

  Liggaam:

  Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/
  Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/                  Maks. 26
  Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

  Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/
  Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/                Maks. 10
  Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Bereken/Lei af/
  Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debateer kortliks/
  Hoe?/Voorstelle
  Gevolgtrekking

  Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:

     ŉ Kort opsomming van wat reeds bespreek is sonder om                 Maks. 2
      feite wat alreeds genoem is te herhaal
     Enige opinie of waarde-ontleding van die bespreekte feite
     Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/
      analise te staaf
     ŉ Teenstellende sienswyse met motivering, indien nodig
     Aanbevelings
                                                          TOTAAL             40

                                                13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                     NASIENRIGLYNE           EKONOMIE          (VRAESTEL 2)
                                                                                  GRAAD 10

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

Markte speel ŉ belangrike rol in die alledaagse werking van die Suid-Afrikaanse
ekonomie.

    Bespreek breedvoerig hoe die wisselwerking tussen vraag en aanbod die
     prys van goedere en dienste in ŉ vryemarkstruktuur bepaal.   (26 punte)

    Analiseer met behulp van ŉ grafiek wat die uitwerking van ŉ
     produksiesubsidie deur die regering, op die markprys van ŉ spesifieke goed
     of diens sal hê.                                              (10 punte)

INLEIDING

Prys word bepaal deur die kragte van vraag en aanbod. ŉ Verandering in albei kragte
sal lei tot ŉ verandering in die ewewigsprys. √√
(Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                                  (2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

    Aanbod:
     o   Aanbod kan gedefinieer word as die hoeveelheid goedere en dienste wat
         produsente oor ŉ spesifieke tyd kan produseer. √√
     o   Die verskaffingswet bepaal dat as die prys van ŉ produk styg, die
         hoeveelheid wat voorsien word, sal styg. √√
     o   Die prys van die produk is direk gekoppel aan die hoeveelheid, dus as die
         prys verhoog, sal die hoeveelheid wat voorsien word verhoog (direkte
         verhouding). √√
     o   Die aanbodkurwe dui die hoeveelheid van die produk verskaf teen elke
         gegewe prys aan. √√
     o   Aanbodkurwes het ŉ positiewe helling – skuins van links na regs op.√√
     o   Die positiewe helling is die gevolg van die direkte verband tussen prys en
         hoeveelheid wat gevra word. √√
     o   Faktore wat die aanbod beïnvloed:

              Produksiekoste √√
              Koste van tegnologie wat tydens die produksieproses gebruik word √√
              Pryse van alternatiewe produkte √√
              Pryse van komplementêre produkte √√
              Aantal verskaffers √√
              Weerstoestande √√
              Prys wat die verbruiker bereid is om te betaal vir die produk
                                                                        (Maks. 10 punte)

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                  NASIENRIGLYNE            EKONOMIE             (VRAESTEL 2)
                                                                                   GRAAD 10

   Vraag:
    o   Die vraag kan gedefinieer word as die hoeveelheid goedere en dienste wat
        die verbruiker bereid is om teen ŉ spesifieke prys te koop.
    o   Die wet van vraag bepaal dat wanneer die prys van goedere of dienste
        styg, die vraag na daardie goedere of dienste sal afneem. √√
    o   Daar is ŉ indirekte verband tussen die bedrag wat gevra word en die
        prys. √√
    o   Die vraagkurwe dui die hoeveelheid aan wat verbruikers teen ŉ sekere prys
        benodig. √√
    o   Vraagkurwes het ŉ negatiewe helling – skuins af van links na regs. √√
    o   Die negatiewe helling is die gevolg van die indirekte verband tussen die
        hoeveelheid gevra en die prys. √√
    o   Faktore wat vraag beïnvloed:

             Prys van die produk √√
             Verbruikers se inkomstevlakke √√
             Verbruikers se smaak en voorkeure √√
             Prys en beskikbaarheid van plaasvervangende produkte √√
             Prys en beskikbaarheid van komplementêre produkte
                                                                (Maks. 10 punte)

   Prysvorming:
    o    Prys en hoeveelheid in ewewig (markprys) is waar die vraag en aanbod
         gelyk is. √√

                                          S       Puntetoekening vir grafiek:

                                                     Vraag- en aanbodkurwes √√
                 Prys   P*            E              Ewewigsprys (E) √√
                                                                  (Maks. 4 punte)

                                              D
                                 Q*
                              Hoeveelheid
                                                                      (Maks. 6 punte)

                                          15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                    NASIENRIGLYNE            EKONOMIE        (VRAESTEL 2)
                                                                                GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

    Die regering subsidieer produsente om hulle aan te spoor om sekere goedere te
     produseer. √√
    Die subsidie dek ŉ gedeelte van die produksiekoste van die onderneming. √√
    Deur die produksiekoste te verlaag, kan meer goedere geproduseer word sonder
     om die prys te beïnvloed.
    Die vervaardiging van meer goedere teen dieselfde prys verlaag die markprys van
     die goedere.

                                                 Puntetoekening vir grafiek:
                                                  Aanbodkurwe (S) √√
                                                  Verandering in aanbodkurwe (S1) √√
                                                  Hoeveelheidstoename teen dieselfde
                                                    prys √√
                                                                           (Maks.4 punte)
                                                S

                                                 S2
          P
          r *
          y P
          s

                                                 D
                            Qs1     Qs2
                        Hoeveelheid

(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                            (Maks. 10 punte)

GEVOLGTREKKING

Prysvorming is ŉ dinamiese gebeurtenis wat met enige verandering in vraag of aanbod
die markprys van goedere en dienste beïnvloed.
(Aanvaar enige ander relevante hoërorde respons)                                         (2)
                                                                                        [40]

                                           OF

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                    NASIENRIGLYNE            EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                 GRAAD 10

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

Werkloosheid het ŉ negatiewe uitwerking op individue, besighede, die regering
en die samelewing.

     Bespreek werkloosheid breedvoerig onder die volgende opskrifte:
      o    Eienskappe
      o    Oorsake
      o    Effekte                                                  (26 punte)

     Analiseer moontlike oplossings wat die regering kan gebruik om
      ekonomies gemarginaliseerde groepe te help.                    (10 punte)

INLEIDING

Werklose mense is mense wat in staat is en bereid is om te werk, tussen die ouderdomme
van 16 – 64 jaar, wat aktief werk soek, maar wat nie werk kan kry nie.
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                               (2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

     Eienskappe

      o     Hoë vlak van werkloosheid √

            Suid-Afrika het ŉ baie hoë werkloosheidsyfer in vergelyking met ander
            middelinkomste lande op dieselfde ontwikkelingsvlak. √√ Werkloosheid is
            ŉ chroniese probleem in alle ontwikkelende lande, aangesien baie mense
            nie werk kan kry nie en moedeloos raak oor werk soek. √√

      o     Meer vroue is werkloos as mans√

            As gevolg van diskriminasie het baie vroue minder jare opvoeding en
            vaardigheidsopleiding gekry as mans. √√ Sommige vroue kies loopbane
            waar daar minder vraag na hul vaardighede is; dus sal hulle waarskynlik
            werkloos wees. √√
            Baie vroue verkies om nie die arbeidsmag te betree nie, maar om
            tuisteskeppers te wees wat tuis bly en na kinders omsien. √√

      o     Hoë vlakke van swart werkloosheid√

            As gevolg van vorige diskriminasie, is ŉ groter persentasie swart en bruin
            mense werkloos as wittes en Indiërs. √√
            Ingevolge die apartheidsbeleid wat voor 1994 in Suid-Afrika bestaan het,
            het swart en bruin mense opleiding en vaardigheidsontwikkeling van swak
            gehalte ontvang, wat baie van hulle werkloos gelaat het. √√

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                   NASIENRIGLYNE           EKONOMIE          (VRAESTEL 2)
                                                                                GRAAD 10

          Baie voorheen benadeeldes wat op soek na werk is, is ongeskool en leef
          steeds in omstandighede waar dit moeilik is vir hul kinders om skool toe te
          gaan en opleiding te kry. √√
          Hierdie gemeenskappe het steeds ŉ lae lewenstandaard en die
          werkloosheidsvlak sal waarskynlik hoog bly. √√

    o     Jongmense is meer geneig om werkloos te wees √

          Die hoogste vlakke van werkloosheid is onder die jongmense tussen die
          ouderdomme van 16 en 24. √√
          Die ekonomie het die afgelope tien jaar nie voldoende gegroei om genoeg
          werk te bied vir jongmense wat die arbeidsmark betree nie. √√
          Jongmense het nie vaardighede en werkservaring nie, wat nog ŉ rede is dat
          hulle meer geneig is om werkloos te wees. √√

    o     Gebrek aan opleiding en die regte vaardighede√

          Suid-Afrika het nie genoeg kundiges (geskoolde professionele persone),
          bestuurders en ambagsmanne nie, en die uitdaging word vererger deur die
          oneweredige gehalte van die onderwys en die impak van die
          apartheidserfenis. √√
                                                                      (Maks. 10 punte)

   Oorsake van werkloosheid

    o     Gebrek aan geskikte vaardighede√

          Die vraag na ongeskoolde arbeid in Suid-Afrika het afgeneem as gevolg van
          strukturele veranderinge in die ekonomie, tegnologiese vooruitgang en
          deelname aan die wêreldekonomie. √√
          Daar is ŉ ooraanbod van ongeskoolde werkers in die ekonomie wat nie werk
          kan kry nie omdat die onderwysstelsel nie die nodige wiskundige-en
          wetenskaplike vaardighede aan die leerders gegee het nie.

    o     Meer kapitaalintensiewe bedrywe√

          Produksie van hoë gehalte goedere vir wêreldmarkte het gelei tot besighede
          wat in masjinerie en tegnologie belê, en aangesien die besighede minder
          arbeid benodig, dra dit by tot werkloosheid. √√

                                           18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                            NASIENRIGLYNE            EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                         GRAAD 10

o   Vakbonde en arbeidswetgewing√

    Die eise van vakbonde vir verhoogde lone lei daartoe dat Suid-Afrikaanse
    produkte duurder is as ingevoerde goedere. Dit lei daartoe dat baie ondernemings
    gedwing word om te sluit omdat hulle nie meer kan meeding nie, wat uiteindelik
    daartoe lei dat duisende werkers hulle werk verloor.

    Stakings vir addisionele indiensneming is ook baie sleg, aangesien
    ondernemings minder wins verdien en dit nie kan bekostig om indiensneming te
    verhoog nie. √√

    Suid-Afrikaanse werkers word deur arbeidswette beskerm. Hierdie wette is
    dalk nie buigsaam genoeg nie en dit ontmoedig die werkgewers daadwerklik
    om meer werkers in diens te neem, veral wette wat ontslag en minimum lone
    bepaal. √√

    Soms moedig arbeidswetgewing maatskappye aan om van arbeidsintensiewe
    na kapitaalintensiewe produksiemetodes te verander. √√

o   Die wêreldresessie√

    Die wêreldresessie van 2008 – 2009 het gelei tot ŉ ernstige afswaai in die
    sakesiklus en dit het gelei tot die verlies van meer as ŉ miljoen
    werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse ekonomie. √√

    Met die daling in verbruikersvraag, moet ondernemings hul produksie
    verminder, wat daartoe lei dat baie werkers afgelê word. √√

o   Bevolkingsgroei√

    Met die Suid-Afrikaanse bevolking wat te vinnig groei, kan die ekonomie nie
    werk verskaf vir almal wat sedert 2011 die arbeidsmark betree het nie. √√

    Die vlakke van ekonomiese groei is nie hoog genoeg om die meerderheid
    nuwe werksoekers op te neem nie. As die bevolkingsgroei die ekonomiese
    groei oorskry, veroorsaak dit werkloosheid. √√

o   Lae koers van ekonomiese groei √

    Die Suid-Afrikaanse ekonomie het nie genoeg gegroei om die groot aantal
    werksgeleenthede wat nodig is om werksoekers op te neem, te skep nie. √√

o   Tipes werkloosheid √

    Dié VIER soorte werkloosheid kan ook die oorsaak wees van werkloosheid:

    Strukturele werkloosheid√

    Dit is die gevolg van veranderinge in die basiese struktuur van die ekonomie.
    Dit beteken dat die vaardighede van sommige werkers nie meer nodig is
    nie. √√

                                     19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                   NASIENRIGLYNE            EKONOMIE          (VRAESTEL 2)
                                                                                 GRAAD 10

          Sikliese werkloosheid

          Dit vind plaas tydens ŉ afswaai in die sakesiklus. In ŉ resessie, wanneer
          goedere en dienste verminder word, produseer besighede minder en werkers
          verloor hul werk. √√ As en wanneer die ekonomie verbeter, styg vraag en
          sommige werkers kan weer in diens geneem word. √√

          Wrywingswerkloosheid √

          Dit vind plaas wanneer mense tussen werksgeleenthede beweeg of werk vir
          die eerste keer soek. Hierdie tipe werkloosheid is tydelik en onvermydelik. √√

          Seisoenale werkloosheid √

          Mense wat vir ŉ gedeelte van die jaar in diens is. Hierdie kan werk wees op
          grond van die vakansietydperk, of werk op plase soos pluk, of visvang. √√
                                                                      (Maks.10 punte)

o   Gevolge van werkloosheid

    Werkloosheid het ŉ negatiewe uitwerking op die ekonomiese, sosiale en politieke
    toestande in ŉ land.

    o     Gevolge op huishoudings en individue√
          Werkloosheid het die volgende gevolge op huishoudings:

                Meer armoede √√
                Minder verbruikersbesteding
                Laer lewenstandaard
                Afname in selfrespek en selfvertroue
                Swak fisiese en sielkundige gesondheid

    o     Las op belastingbetalers √

          Groot bedrae geld word deur die staat uitbetaal as maatskaplike welsynstoelaes
          aan werkloses en armes√√. Hierdie bedrag is op die lang termyn nie volhoubaar
          nie, en as die regering belasting verhoog om hierdie toelaes te subsidieer, sal dit
          die ekonomiese groei negatief beïnvloed en sal buitelandse beleggings in nuwe
          ondernemings ontmoedig. √√

    o     Sosiale probleme√

          Armoede wat deur werkloosheid ontstaan, lei tot ernstige maatskaplike
          probleme soos verhoogde vlakke van misdaad. √√ Dit lei ook tot ŉ gebrek
          aan selfbeeld en veroorsaak finansiële bekommernisse wat tot
          gesinsgeweld lei en die gesinslewe vernietig. √√
          Werklose mense is ontevrede, daarom is hulle meer geneig om hul
          ontevredenheid oor die regering se beleid in die algemeen deur betogings en
          onluste uit te druk. √√                                         (Maks. 6 punte)

                                            20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                     NASIENRIGLYNE            EKONOMIE         (VRAESTEL 2)
                                                                                  GRAAD 10

ADDISIONELE DEEL

     Teiken gemarginaliseerde groepe in terme van onderwys en vaardigheids-
      ontwikkeling. √√
     Verbeter regeringsfasiliteite soos skole en hospitale in minder bevoorregte
      gemeenskappe. √√
     Die Wet op Billike Indiensneming is deel van die regeringsbeleid om billikheid in
      indiensneming te skep. √√
     Die doel van die Wet op Billike Indiensneming is om gelykheid in die werkplek te
      bereik deur:

      o     Die verwydering van onbillike diskriminasie √√
      o     Implementering van ŉ beleid van regstellende aksie sodat hierdie mense
            werk kan kry √√

    SEB-beleid help ook om die inkomste en welvaart van gemarginaliseerde
     mense te verhoog.
    Die Vaardigheidsontwikkelingswet bevat ŉ plan om vaardighede te verbeter
     deur die SETAs vir elke bedryf op te stel.
    Die Provinsiale Onderwysdepartemente het volwasse-opleidingsprogramme
     ingestel wat gemik is op mense wat nie hul skoolopleiding kon voltooi nie.
(Aanvaar enige ander relevante hoërorde respons)
                                                                 (Maks. 10 punte)

GEVOLGTREKKING

Suid-Afrika se armoede word hoofsaaklik veroorsaak deur werkloosheid en die land sal
ŉ gesofistikeerde oplossing benodig om die werkloosheidsvlakke te verlaag. √√
(Aanvaar enige ander relevante hoërorde respons)                                          (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING C:        40

                                                                              TOTAAL:     150

                                              21

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
