# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

                          PROVINSIALE EKSAMEN

                             NOVEMBER 2020
                               GRAAD 10

                               EKONOMIE

                              (VRAESTEL 2)

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

14 bladsye

                                                          b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE             (VRAESTEL 2)        2
                                                                       GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

           AFDELING A: VERPLIGTEND.
           AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
           AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE nagesien
      word NIE.

3.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Skryf die nommer van die vraag bo-aan elke antwoord neer.

6.    Lees die vrae aandagtig deur.

7.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

8.    Los 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE              (VRAESTEL 2)     3
                                                                       GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE VRAE                            30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1   Goedere wat gebruik kan word om ŉ ander te vervang.

              A    Komplementêre goedere
              B    Ekonomiese goedere
              C    Substituut goedere
              D    Vrye goedere

      1.1.2   Nut wat die verbruiker verdien deur addisionele eenhede van ŉ produk
              te verbruik.

              A    Totale nut
              B    Marginale nut
              C    Waarde nut
              D    Ekonomiese nut

      1.1.3   Die kombinasie van geproduseerde goedere weerspieël die maksimum
              nut van die verbruiker.

              A    Allokeringsdoeltreffendheid
              B    Produktiewe doeltreffendheid
              C    Pareto-doeltreffendheid
              D    Gekombineerde doeltreffendheid

      1.1.4   Wanneer die hoeveelheid van ŉ spesifieke goed wat voorsien word,
              groter is as die vraag na daardie spesifieke goed.

              A    Markewewig
              B    Markmislukking
              C    Marksurplus
              D    Marktekorte

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE              (VRAESTEL 2)      4
                                                                   GRAAD 10

1.1.5   Formele vergaderings tussen vakbondverteenwoordigers en die
        werkgewers.

        A    Kollektiewe bedinging
        B    Bedingingsraad
        C    Werkplekforums
        D    KVBA (CCMA)

1.1.6   Watter effek sal meganisasie op arbeid hê as daar ŉ toename in die
        gebruik van masjiene vir produksie is?

        A    Afname in vraag na arbeid
        B    Toename in die vraag na arbeid
        C    Afname in die aanbod van arbeid
        D    Arbeid sal ongeaffekteer wees

1.1.7   Die monetêre en fiskale beleid wat deur die regering gebruik word
        vorm deel van die ... -beleid.

        A    groei
        B    aanbodkant
        C    vraagkant
        D    NEDLAC

1.1.8   Die organisasie wat verantwoordelik is vir die publikasie van
        arbeidsmagnavorsing in Suid-Afrika.

        A    SAID
        B    Statistieke Suid-Afrika
        C    Departement van Arbeid
        D    Menseregtekommissie van Suid-Afrika
                                                                        (8 x 2)   (16)

                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE              (VRAESTEL 2)       5
                                                                         GRAAD 10

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met ŉ item in KOLOM A.
      Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

                KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1   Komplementêre             A     Ekonomiese toestand waar
              goedere                         hulpbronne nie verskuif kan word om
                                              een individu beter af te maak sonder
      1.2.2   Onvolmaakte mark                om ten minste een ander individu
                                              slegter af te maak nie
      1.2.3   Pareto-doeltreffendheid
                                        B     Goedere wat saam met ander
      1.2.4   Oortollige aanbod van           goedere gebruik word
              arbeid
                                        C     Beskerm werknemers van alle
      1.2.5   Wet op Basiese                  sektore ongeag of hulle in ŉ vakbond
              Diensvoorwaardes                is of nie

      1.2.6   Breë-basis Swart          D     Goedere wat in plaas van ander
              Ekonomiese                      goedere gebruik kan word
              Bemagtiging
                                        E     Strategie wat gebruik word om
      1.2.7   Arbeidshof                      arbeidsmagdeelname van
                                              gemarginaliseerde groepe te verhoog
      1.2.8   Herverdeling van
              inkomste                  F     Die hantering van arbeidsgeskille
                                              soos onbillike ontslag

                                        G     Verkopers van goedere het die mag
                                              om pryse vas te stel

                                        H     Oordrag van inkomste en welvaart
                                              van sommige individue aan ander
                                              deur middel van sosiale meganismes
                                              soos belasting, liefdadigheid, welsyn,
                                              openbare dienste, grondhervorming
                                              en monetêre beleid

                                        I     Wanneer die aanbod vir arbeid meer
                                              is as die vraag na arbeid in ŉ
                                              spesifieke sektor
                                                                               (8 x 1)   (8)

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE              (VRAESTEL 2)      6
                                                                       GRAAD 10

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. (Geen
      afkortings en akronieme word toegelaat nie)

      1.3.1   Die motorbedryf is ŉ voorbeeld van hierdie tipe onvolmaakte mark

      1.3.2   Die maksimum bedrag wat ŉ verbruiker bereid is om vir ŉ goed of
              diens te betaal

      1.3.3   Die laagste prys wat verbruikers van ŉ produk aan die eienaar van ŉ
              produk moet betaal

      1.3.4   Mense tussen die ouderdomme van 15 en 65 wat bereid en in staat is
              om te werk

      1.3.5   ŉ Vereniging om werkers te help onderhandel met werkgewers oor
              lone, ure, voordele en ander werksomstandighede

      1.3.6   Die proses waarin die regering eienaarskap van ondernemings in die
              private sektor oorneem
                                                                            (6 x 1)   (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:             30

                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                   (VRAESTEL 2)        7
                                                                               GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die volgende drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE vereistes vir die vestiging van ŉ mark.                       (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Wat is die wet van vraag?                                               (1 x 2)   (2)

2.2   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                          Ek is so bly dit is die
               Ek wens daar was nog                       enigste kruideniers-
               ŉ kruidenierswinkel.                       winkel!

                                                            [Bron: https://thetechpanda.com/]

      2.2.1   Identifiseer die markstruktuur wat deur die spotprent geïllustreer word.          (1)

      2.2.2   Gee EEN voorbeeld van ŉ mark in Suid-Afrika met slegs een
              verskaffer.                                                                       (1)

      2.2.3   Hoe kan verbruikers in die spotprent voordeel trek uit ŉ tweede
              kruidenierswinkel?                                                                (2)

      2.2.4   Verduidelik kortliks die term oligopolie.                                         (2)

      2.2.5   Identifiseer die kriteria wat gebruik word om ŉ markstruktuur te bepaal.          (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE              (VRAESTEL 2)   8
                                                                          GRAAD 10

2.3   Bestudeer die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg.

      Mnr. Sibanda is die hoof van die Sibanda-huishouding. Hy bepaal hoeveel van
      die huishouding se inkomste aan kos en klere bestee kan word. Nadat hy na
      die begroting gekyk het, maak hy die volgende gevolgtrekking:

                        Voedselitems                 Kledingstukke
                            30                             10
                            25                             13
                            15                             20
                             5                             35

      2.3.1   Hoeveel voedselitems kan gekoop word as mnr. Sibanda 20
              kledingstukke koop?                                                      (1)

      2.3.2   Volgens die tabel, hoeveel kledingstukke sal verbeur word as mnr.
              Sibanda besluit om 25 voedselitems in plaas van 15 te koop?              (1)

      2.3.3   Wat is die doel van ŉ begrotingslyn?                                     (2)

      2.3.4   Identifiseer een kenmerk van onverskilligheidskurwes.                    (2)

      2.3.5   Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken die
              onverskilligheidskurwe vir die Sibanda-huishouding.                      (4)

2.4   Onderskei tussen direkte en indirekte belasting.                                 (8)

2.5   Beskryf die eksterne faktore wat die posisie van ŉ Produksiemoontlikheids-
      kurwe affekteer.                                                                 (8)
                                                                                      [40]

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE               (VRAESTEL 2)         9
                                                                            GRAAD 10

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE arbeidswette in Suid-Afrika.                           (2x1)    (2)

      3.1.2   Wat is die belangrikheid van die Werkloosheidsversekeringsfonds?
                                                                             (1x2)            (2)

3.2   Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.

                  Vakbond-bekommernisse vertraag Cell C se CCMA-proses

              DURBAN – “Die artikel 189-konsultasieproses by Cell C wat deur die
              KVBA (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie)
              gefasiliteer is, is Vrydag vertraag weens klagtes wat georganiseerde
              arbeid gelewer het,” het die maatskappy gesê.

              Cell C, Suid-Afrika se derde grootste telekommunikasiemaatskappy,
              het ŉ artikel 189-konsultasieproses begin met die
              Inligtingskommunikasietegnologie Unie (ICTU), die meerderheidsunie
              in sy bedrywighede, oor sy voorgestelde plan om 40 persent van sy
              personeel te verminder.

              "Cell C is van mening dat die ICTU vertragingstaktieke in hierdie
              proses gebruik," het die maatskappy gesê.
               [https://www.iol.co.za/business-report/companies/trade-union-concerns-delay-
                                                             cell-c-ccma-process-50485416]

      3.2.1   Hoeveel werkers sal volgens die voorstel van Cell C hul werk verloor?           (1)

      3.2.2   Gee een voorbeeld van ŉ vakbond wat in die artikel genoem word.                 (1)

      3.2.3   Wat is die belangrikheid van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes?               (2)

      3.2.4   Noem een moontlike rede vir die voorgestelde werksbesnoeiings deur
              Cell C.                                                                         (2)

      3.2.5   Waarom is dit voordelig vir ŉ werknemer om by ŉ vakbond aan te sluit?           (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE             (VRAESTEL 2)           10
                                                                             GRAAD 10

3.3   Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

              Jong professionele persoon kry ŉ loopbaanhupstoot van PSETA

      Een van die organisasies wat jong professionele persone in die
      openbare sektor in staat stel om professionele rekeningkundige aanwysings te
      kry, is PSETA. In hul laaste inname van leerlingskappe (2018/2019) vir
      gegradueerdes en professionele persone in die openbare sektor het een
      gelukkige jong dame, Asanda Nojilana, gesien hoe haar loopbaan ŉ hupstoot
      kry nadat sy aansoek gedoen het vir ŉ leerlingskap om ŉ Rekeningkundige
      Tegnikus [RT (SA)] professionele rekeningkundige benaming te volg, aangebied
      deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR).

      Die Publieke Dienste Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid is een van die
      21 Sektorale Onderwys- en opleidingsowerhede wat gevestig is ingevolge
      artikel 9 (1) en (2) van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Nr. 97 van 1998
      soos gewysig). Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is die wet wat dit vir ons
      moontlik maak en rigting gee as ŉ Sektorale Onderwys- en opleidingsowerheid,
      soos uiteengesit in artikel 10 van die wet.
          [https://mg.co.za/special-reports/2020-07-08-young-professional-gets-a-career-boost-
                                                                                  from-pseta/]

      3.3.1     Waarvoor staan die afkorting PSETA?                                               (1)

      3.3.2     Volgens die uittreksel, watter individue sal baat vind by leerlingskappe
                wat PSETA aanbied?                                                                (1)

      3.3.3     Verduidelik wat ŉ leerlingskap is.                                                (2)

      3.3.4     Waarom is vaardigheidsontwikkeling so belangrik?                                  (2)

      3.3.5     Verduidelik kortliks TWEE fokusareas van die regering om die
                ongelykhede van die verlede aan te spreek.                                        (4)

3.4   Onderskei tussen enige TWEE tipes werkloosheid.                                             (8)

3.5   Bepaal die funksies van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
      Arbitrasie (KVBA).                                                                          (8)
                                                                                                 [40]

                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE             (VRAESTEL 2)        11
                                                                        GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE– 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE regeringsvlakke in Suid-Afrika.                        (2 x 1)    (2)

      4.1.2   Beskryf die term nut.                                            (1 x 2)    (2)

4.2   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

              Produksiemoontlikheidskurwe van ŉ elektroniese vervaardiger

                            Selfone

                                           Tablette

      4.2.1   Identifiseer die punt op die grafiek waar optimale produksie van selfone
              en tablette plaasvind.                                                      (1)

      4.2.2   Wat gebeur by punt C?                                                       (1)

      4.2.3   Waarom is die Produksiemoontlikheidskurwe belangrik vir vervaardigers?      (2)

      4.2.4   Verduidelik waarom ons nie kombinasie D kan produseer nie.                  (2)

      4.2.5   Teken ŉ grafiek wat illustreer hoe die PMK geaffekteer sal word as ons
              meer tablette kan vervaardig sonder om die produksie-uitset van
              selfone te beïnvloed.                                                       (4)

                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                (VRAESTEL 2)          12
                                                                             GRAAD 10

4.3   Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

              Makhura gee ŉ uiteensetting van die beste-en slegste geval
                            werkscenario’s vir Gauteng

      Personeelskrywer                                                         20 Mei 2020

      “Die Covid-19 inperking het ŉ beduidende impak op die Suid-Afrikaanse
      ekonomie gehad en sal lei tot honderde duisende verliese aan
      werksgeleenthede,” sê David Makhura.

      Makhura het Dinsdag (19 Mei) die Gautengse Wetgewer toegespreek en gesê
      dat die Provinsiale Regering ŉ aantal uitgebreide modelle ontwikkel het om te
      analiseer hoe ernstig werksverliese in die provinsie gaan wees.

      Alhoewel hierdie modelle oorspronklik getoon het dat die provinsie ongeveer
      600,000 werksgeleenthede as ŉ lae skatting kan verloor, is hierdie getal nou
      hersien en aansienlik hoër aangepas, het hy gesê.

      In die beste geval-scenario sal ons ongeveer 890,000 mense in die
      provinsiale ekonomie hê wat werksgeleenthede verloor.

      “In die ergste geval-scenario sal die aantal verlore werksgeleenthede
      ongeveer twee miljoen wees. Met die geskatte aantal werksverliese wat na
      verwagting nasionaal sewe miljoen sal beloop, is dit duidelik redelik erg.”

      Makhura het gesê dat die regering ŉ spesiale ekonomiese stimulus sal moet
      instel om hierdie werksverliese te help vergoed.
        [https://businesstech.co.za/news/business/399511/makhura-outlines-the-best-and-worst-
                                                             case-job-scenarios-for-gauteng/]

      4.3.1   Wie is David Makhura?                                                              (1)

      4.3.2   Wat is die hoofrede vir die werksverliese volgens die uittreksel?                  (1)

      4.3.3   Definieer kortliks werkloosheid.                                                   (2)

      4.3.4   Waarom is werkloosheid ŉ groot bekommernis vir die regering?                       (2)

      4.3.5   Verduidelik die uitwerking van werkloosheid op ŉ individu.                         (4)

4.4   Bespreek die kriteria waaraan goedere moet voldoen om in aanmerking te kom
      vir handel op internasionale markte.                                                       (8)

4.5   Verduidelik waarom sommige groepe mense ekonomies gemarginaliseer word
      in Suid-Afrika.                                                                            (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80
                                                                                                 b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE             (VRAESTEL 2)   13
                                                                         GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jy sal soos volg geassesseer word:

                  STRUKTUUR VAN OPSTEL                               PUNTETOEKENNING

 Inleiding

    ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag
     voorkom, te definieer of te omskryf.
    Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie.       Maks. 2
    Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
     herhaal nie.
    Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
     bespreek.

 Liggaam:

 Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/
 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/                 Maks. 26
 Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

 Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/
 Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/               Maks. 10
 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Bereken/Lei af/
 Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/
 Hoe?/Voorstelle
 Gevolgtrekking

 Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:

    ŉ Kort opsomming van wat reeds bespreek is sonder om                Maks. 2
     feite wat alreeds genoem is te herhaal
    Enige opinie of waarde-ontleding van die bespreekte feite
    Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking/
     analise te staaf
    ŉ Teenstellende sienswyse met motivering, indien nodig
    Aanbevelings
                                                         TOTAAL            40

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

Markte speel ŉ belangrike rol in die alledaagse werking van die Suid-Afrikaanse
ekonomie.

   Bespreek breedvoerig hoe die wisselwerking tussen vraag en aanbod die prys
    van goedere en dienste in ŉ vryemarkstruktuur bepaal.              (26 punte)

   Analiseer met behulp van ŉ grafiek wat die uitwerking van ŉ produksiesubsidie
    deur die regering op die markprys van ŉ spesifieke goed of diens sal hê.
                                                                           (10 punte)   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

Werkloosheid het ŉ negatiewe uitwerking op individue, besighede, die regering en die
samelewing.

    Bespreek werkloosheid breedvoerig onder die volgende opskrifte:

     o    Eienskappe
     o    Oorsake
     o    Gevolge                                                         (26 punte)

    Analiseer moontlike oplossings wat die regering kan gebruik om ekonomies
     gemarginaliseerde groepe te help.                                   (10 punte)     [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                           TOTAAL:      150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
