# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-possible-answers/2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-possible-answers/2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2016
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE

                         (VRAESTEL 2)

                        MEMORANDUM

18 bladsye

                              1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

                                    MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                PROVINSIALE EKSAMEN

                                                         EKONOMIE
                                                         (VRAESTEL 2)

                                                         MEMORANDUM

AFDELING A
VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGE KEUSEVRAE

      1.1.1   C    waarde      
      1.1.2   A    konstante 
      1.1.3   A    inkomste 
      1.1.4   A    nut 
      1.1.5   C    verskillende kombinasies van goedere en dienste in volgorde van
                    voorkeure te rangskik. 
                                                                             (5x2) (10)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   F    (ŉ Paar verkopers beheer die mark)
      1.2.2   A    (Toon alternatiewe kombinasies van goedere wat ŉ verbruiker teen
                    gegewe pryse met ŉ gegewe inkomste kan koop)
      1.2.3   D    ( Belasting wat gehef word op goedere wat die staat as onwenslik beskou)
      1.2.4   G    (ŉ Studie van die gedrag van individuele besluitnemingseenhede)
      1.2.5   C    (Afspeling tussen twee produkte)
      1.2.6   B    (Deur die regering verskaf)
                                                                              (6x1) (6)

1.3   TERMINOLOGIE

      1.3.1 Mark 
      1.3.2 Optimale verbruik / Optimum punt / Ewewigspunt 
      1.3.3 Substituutprodukte 
      1.3.4 Openbare goedere 
                                                                          (4x1) (4)
                                                            TOTAAL AFDELING A: 20

                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

                                      MEMORANDUM                     EKONOMIE V2 GR 10

AFDELING B
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1     Beantwoord die volgende vrae:

        2.1.1      Noem enige TWEE redes vir die bestaan van onvolmaakte
                   markte.

                    Daar is net een groot verskaffer of ŉ paar groot verskaffers. 

                    Goedere en dienste is uniek en daar is nie ŉ substituut nie. 

                    Toegang tot die mark is beperk. 

                    Onvolledige inligting omtrent marktoestande. 
                                                                          (Enige 2x1)    (2)

        2.1.2      Beskryf kortliks die konsep van gemeenskaplike goedere.

                   Goedere wat nie aan iemand spesifiek behoort nie.           (2x1)   (2)

2.2      Data respons

        2.2.1      Watter diens het die grootste bedrag ontvang volgens die
                   diagram?

                   Ekonomiese sake en Landbou                                           (1)

        2.2.2      Hoeveel het die regering aan welsynsdienste in die 2016/17
                   begroting spandeer?

                   R167,5 Mjd                                                           (1)

        2.2.3      In 2016/17 was die totale owerheidsbesteding R1 463,30 Mjd.
                   Bereken die persentasie wat op welsynsdienste spandeer is.
                   (Toon ALLE berekeninge)

                   R167,5 Mjd  X 100%
                   R1 463,30 Mjd
                   = 11,45% / 11,5%                                                    (4)

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

                                  MEMORANDUM                   EKONOMIE V2 GR 10

      2.2.4    Wat is die doel van welsynstoelaes?

                  Verskaffing van ŉ minimumvlak van sosiale sorg aan
                    behoeftiges. 
                  Om die armes se inkomste aan te vul. 
                   (Aanvaar enige relevante antwoord.)                      (2x2)    (4)

2.3   Data respons
      2.3.1    Watter tipe mark word in bogenoemde spotprent uitgebeeld?

               Monopolie  / Onvolmaakte mark                                       (1)

      2.3.2    Gee ŉ voorbeeld van so ŉ mark in Suid-Afrika.

                  Eskom 
                  Telkom 
                  Transnet 
                  DSTV                                              (Enige 1x1)    (1)

      2.3.3    Noem TWEE ander markstrukture behalwe vir die een in
               Vraag 2.3.1 genoem.

                  Monopolistiese mededinging 
                  Oligopolie 
                  Volmaakte mark                                    (Enige 2x1)    (2)

      2.3.4    Gee ŉ rede vir jou antwoord in Vraag 2.3.1.

                Hy is die enigste bakker op die dorp. 
                Het die monopolie van die bakkery. 
               (Bevoordeel leerder as rede relevant is tot antwoord in 2.3.1)
               (Aanvaar enige ander relevante eienskap van ‘n monopolie)
                                                                       (Enige 1x2)   (2)

      2.3.5    Verduidelik hoe ŉ tweede bakkery die dorp se inwoners sal
               bevoordeel.

                Groter verskeidenheid produkte. 
                Verbeterde kwaliteit. 
                Meer effektiewe diens. 
                Verhoog mededinging 
                Laer pryse
               (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)              (Enige 2x2)    (4)

                                          4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

                                   MEMORANDUM                    EKONOMIE V2 GR 10

2.4   Verduidelik wat bedoel word met pareto doeltreffendheid en hoe dit
      verband hou met produktiewe – en allokeringsdoeltreffendheid.

           Pareto doeltreffendheid kom voor wanneer dit nie moontlik is om die
            bestaande allokering van hulpbronne so te verander dat iemand beter
            daaraan toe is sonder dat iemand slegter daaraan toe is nie. 
           Pareto-doeltreffendheid word ook Pareto-optimaliteit genoem en dus
            wanneer produktiewe en allokeringsdoeltreffendheid gelyktydig bereik
            word. 
            Dit is ŉ kombinasie van:
           Produktiewe doeltreffendheid – kom voor wanneer dit moontlik is om
            meer van een item te produseer sonder om minder van ŉ ander item te
            produseer. 
           Om hierdie ekonomiese doeltreffendheid te bereik, moet produsente
            die vermorsing van hulpbronne voorkom. 
           Allokeringsdoeltreffendheid – kom voor wanneer die gebruik van
            hulpbronne verbruikers se smake en voorkeure weerspieël. 
                                                                   (Enige 4 x 2) (8)

2.5   Met behulp van ŉ grafiek, illustreer hoe ŉ subsidie op melk die melk-
      produsent en die verbruiker sal beïnvloed.

                                      
                                                                 
                                                                     
                     

                                                 Hoeveelheid 
                             Die effek van ŉ subsidie op die
                                       voorsiening

               Allokering van punte:
                   1 punt vir benoeming van asse Prys/Hoeveelheid
                   1 punt vir nommering van asse
                   1 punt vir Aanbodkurwe
                   1 punt vir Vraagkurwe
                   1 punt vir aanduiding van subsidie
                                                          (Maks 4)

                                             5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

                    MEMORANDUM                 EKONOMIE V2 GR 10

   ŉ Subsidie wat direk aan die produsent betaal word verlaag
     produksiekoste. 
   Die aanbod van melk sal toeneem (Q1) en die prys sal afneem
     (P1) 
   Verbruikers baat by die prysdaling. 
    Hulle verbruik meer teen ŉ laer prys. 
    Produsente baat by die prysstyging van P na P2 en lewer nou
     meer melk teen ŉ hoër prys. 

                                                         (Maks 4)    [8]
                                                                    [40]

                            6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

                                 MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE gevolge van produktiewe
               ondoeltreffendheid.

                Onvolmaakte markte 
                Eksternaliteite 
                Gemeenskaplike goedere 
                Ondoeltreffende gebruik van hulpbronne
                Ongelyke geleenthede en armoede
                Onstabiliteit, werkloosheid, inflasie
               (Aanvaar enige ander relevante antwoord)              (Enige 2x1)     (2)

      3.1.2    Hoe sal ŉ verhoging van sondebelasting die prys van
               sigarette beïnvloed?

               Die prys sal styg/verhoog en sigarette word duurder.       (1x2)    (2)

3.2   Data respons

      3.2.1    Teen watter prys is beide kopers en verkopers gelukkig?

               R10 000                                                              (1)

      3.2.2    Wat word hierdie prys genoem?

               Ewewigsprys / markprys                                  (Enige 1)   (1)

                                         7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

                                    MEMORANDUM                         EKONOMIE V2 GR 10

3.2.3   Teken ŉ vraag- en aanbodkurwe op dieselfde assestelsel.

                         VRAAG EN AANBOD VAN KRAGOPWEKKERS
                         DEMAND AND SUPPLY OF GENERATORS

                                          VD                          A
                                                                       S 
                 12000
                12 000
                 10000
                10 000

        PRYS
                 8000

        PRICE    6000
                                                                                 V
                                                                                 D
                  4000
                           S
                           A
                 2000

                  0
                                                                                     
                          500       1000        1500   2000
                                                         2000   2500   3000   3500

                                                  QUANTITY
                                                 HOEVEELHEID           

                      Toekenning van punte:
                          1 punt vir benoeming van asse Prys/Hoeveelheid
                          1 punt vir nommering van asse
                          1 punt vir Aanbodkurwe
                          1 punt vir Vraagkurwe
                          1 punt vir Ewewigspunt
                                                                 (Maks 4)

3.2.4   Noem enige TWEE faktore wat die vraag na kragopwekkers
        sal, verhoog.

            Styging in die vlak van verbruikersinkomste 
            Styging in die prys van ŉ plaasvervanger produk
            Daling in die prys van ŉ komplementêre item 
            Toename in die grootte van die bevolking
            Behoefte by verbruikers om meer te koop as gevolg van: 
            ŉ Verandering in smake / kragonderbrekings /
             klimaatstoestande / advertensies 
            (Enige ander relevante voorbeeld)                  (Enige 2x2)               (4)

                                                  8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

                                   MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

3.3   Data respons

      3.3.1   Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskurwe?

               Dit toon watter kombinasie van twee verskillende goedere of
               dienste met beperkte aanbod van produksiefaktore geproduseer
               kan word.                                                          (2)

      3.3.2   Hoeveel appels kan geproduseer word indien al die
              hulpbronne gebruik word om appels te produseer?

               600 appels                                                         (2)

      3.3.3   Is produksie by Punt H moontlik? Motiveer jou antwoord.

                      Nee 
                      Punt H dui op ŉ onhaalbare kombinasie van appels en suurlemoene
                       as gevolg van die beperking van die skaarsheid van die
                       produksiefaktore. 
                      Punt H illustreer die konsep van skaarsheid.
                       (Enige relevante antwoord)
                                                                                  (Maks 3)

      3.3.4   Watter punt dui ondoeltreffendheid aan? Motiveer jou
              antwoord.

                    Punt W 
                    Produksie links van die produksiemoontlikheidskurwe is
                     moontlik maar dit impliseer dat skaars hulpbronne
                     ondoeltreffend gebruik word.                                 (3)

                                           9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

                                  MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

3.4   Bespreek kortliks enige TWEE funksies van markte.

      Bring vraag en aanbod bymekaar 
       Markte is die interaksie tussen verbruikers en produsente om pryse te
          beding en goedere en dienste te verhandel. 
       Omdat markte kontak tussen verbruikers en produsente skep, is dit in
          markte waar vraag en aanbod bymekaar uitkom. 
       Deur die interaksie van vraag en aanbod word pryse bepaal. 
       Daarom vervul markte ŉ prysvormingsfunksie. 

      Toekenning van hulpbronne
       Markpryse is rigtinggewend vir die ekonomiese besluite van verbruikers
         en produsente. 
       Produsente oorweeg die relatiewe pryse van goedere en dienste voordat
         hulle besluit wat, hoe en vir wie om te produseer. 
       Produsente neem hierdie besluite met die doel om hulle winste te
         maksimeer. 
       Verbruikers oorweeg weer die relatiewe pryse en dienste voordat hulle
         besluit hoe om hul geld te spandeer. 
       Verbruikers neem hierdie besluit met die doel om hulle nut te
         maksimeer.
       Winsmaksimering en nutmaksimering lei tot doeltreffende allokering van
         hulpbronne. 
       Markte vervul dus die funksie om hulpbronne doeltreffend te allokeer. 

      Markte het ŉ selfregulerende funksie 
       Pryse word deur die kragte van vraag en aanbod bepaal. 
       Markte verg geen direkte inmenging of beheer deur eksterne magte
         nie. 
       Daar word gesê dat markte deur ŉ “onsigbare hand” gelei word
         wat verseker dat pryse sodanig vasgestel word dat hulpbronne
         doeltreffend toegeken word. 
       In die afwesigheid van markte sou die een of ander regulerende liggaam
         moes besluit watter goedere geproduseer moet word, in watter
         hoeveelhede en teen watter prys. 
       In markte word hierdie besluit outomaties geneem. 
                                                                    ( Enige 2x4)   (8)

                                          10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

                                    MEMORANDUM                   EKONOMIE V2 GR 10

3.5   Onderskei tussen enige TWEE gemeenskaplike funksies van
      indifferensiekurwes.

         Indifferensiekurwes se helling is afwaarts. 
          Die helling van ŉ indifferensie kurwe weerspieël waarteen die verbruiker
          bereid is om een item met ŉ ander te vervang. 

         Hoër indifferensiekurwes geniet voorkeur bo laer
          indifferensiekurwes. 
          Verbruikers verkies gewoonlik meer van iets, eerder as minder
          daarvan. 

         Indifferensiekurwes kruis/sny mekaar nie. 
          Hulle raak ook nooit aan mekaar nie. 

         Indifferensiekurwes buig inwaarts. 
          Die helling van ŉ indifferensiekurwe verteenwoordig die marginale
          substitusietoets. (MSK) 
          Die koers waarteen die verbruiker bereid is om een item in ruil vir ŉ ander
          af te staan. 
                                                                         (Enige 2x4)    (8)
                                                                                        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:          40

                                            11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

                                      MEMORANDUM                   EKONOMIE V2 GR 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                STRUKTUUR VAN OPSTEL                             PUNTE TOEKENNING
Inleiding                                                             Maks 2
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte                    Maks 26
bespreking / Ondersoek / Bespreek krities /
Ontleed(Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik / Assesseer / Debatteer
                                                                      Maks 10
Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
Evalueer / Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik /
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die
gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks
Gevolgtrekking
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet insluit:
  ŉ Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite
   te herhaal wat alreeds genoem is in die inhoud.
  Enige opinie of waardevolle mening op die feite                    Maks 2
   bespreek
  Addisionele ondersteunende inligting om die
   bespreking/analise te versterk
  ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien dit
   vereis word.
  Aanbevelings
                                                     TOTAAL             40

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE

“Markte is ŉ verskynsel eie aan ŉ ekonomiese stelsel wat uit private ondernemings
bestaan.”

    Bespreek markstrukture volledig volgens die eienskappe:
     Aantal produsente, aard van die produk, toetredeversperrings en
     beskikbaarheid van inligting.                                                  (26)

    Verduidelik kortliks die voorwaardes waaraan goedere en dienste moet
     voldoen om geskik te wees vir handel op wêreldmarkte.                          (10)
                                                                                    [40]

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

                                        MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

 Inleiding:

 Markte is waar alle kopers en verkopers die prys van goedere en dienste beïnvloed
 Die gemeenskaplike eienskap van markte is dat daar interaksie tussen kopers en
 verkopers is. 
 (Aanvaar enige relevante antwoord)                                                     (Maks 2)

Inhoud
Hoofdeel

1.      Die aantal produsente.
             In sommige markte(Monopolie) is daar slegs een produsent van item of diens 
              byvoorbeeld , Eskom is die alleenverskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika 
             In ander markte (Volmaakte mark) is daar baie produsente van goedere of
              dienste. 
              byvoorbeeld, talle boere produseer vleis. 
             Tussen hierdie twee uiterstes is markte waarin daar slegs ŉ paar produsente van
              goedere en dienste is (Oligopolie). 
             Byvoorbeeld , produsente van motors, skoene en koffie in Suid Afrika. 

2.      Die aard van die produk.
        Goedere is homogeen (identies) 
            Goedere wat in grootmaat geproduseer word, hulle dien dieselfde doel. 
            Sodanige goedere is gewoonlik maklik om te produseer en dit veroorsaak dat
              groot getalle verskaffers om verkope meeding. (Volmaakte mark) 
            Pryse word afwaarts gebie. 
            Bv. koppies, borde, tandepasta en skoene, is gewoonlik homogeen. 

                  Goedere is heterogeen (verskillend) 
                 Landbouprodukte is gewoonlik heterogeen, heterogeniteit word verkry deur
                  dit te: 
                  gradeer (soos tamaties), 
                  te sorteer (soos eiers) en 
                  te klassifiseer (soos wol). 
                 Sodanige homogeniteit maak dit makliker om die produk te verkoop. 

         Handelsname / Unieke produkte
            Verskaffers van massa-geproduseerde goedere gebruik dikwels handelsname
              (handelsmerke) om hul goedere uniek te laat voorkom en homogeniteit in
              heterogeniteit te omskep. 
            Verbruikers is gewoonlik bereid om meer vir unieke goedere te betaal en laat in
              werklikheid ŉ produsent toe om die alleenverskaffer te word. (Monopolie) 
            So ŉ verskaffer kan dan ŉ hoër prys vra of baat deur groter volumes te
               verkoop. 
            Bv. Coca-Cola. 
                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

                                  MEMORANDUM                    EKONOMIE V2 GR 10

3.   Toetredingversperrings

          In sommige markte is daar toetredingversperrings wat nuwe produsente verhoed
           om tot die mark toe te tree en die goedere of dienste te begin verskaf. 
          Die mark vir verskaffers van selfoondienste in Suid-Afrika dien as voorbeeld
           hiervan, aangesien produsente slegs tot hierdie mark kan toetree indien hulle ŉ
           lisensie het om die diens te verskaf. 
          Die regering beheer toegang tot hierdie mark bv. deur lisensies uit te reik. 
          In hierdie voorbeeld kan ons sê die lisensie dien as toetredingversperring tot die
           mark. 
          In volmaakte markte en monopolistiese mededinging is daar vrye toetrede. 
          Monopolie is toetrede geblokkeer. 

4.   Beskikbaarheid van inligting

          In sommige markte is daar volledige inligting oor die marktoestande. 
          Op die JSE is daar byvoorbeeld gedetailleerde inligting beskikbaar oor hoeveel
           aandele in ŉ gegewe tydperk verkoop is. 
          Die hoogste en laagste pryse wat vir ŉ gegewe aandeel aangebied en betaal is,
           en die prys wat betaal is vir die laaste aandeel wat by sluiting van handel verkoop
           is. 
          In ander markte moet produsente en verbruikers besluite neem wat op
           onvolledige inligting gegrond is. 

            (As in tabelformaat beantwoord is, moet antwoorde in vol sinne wees vir 2 punte)
              (Maks 8 punte vir opskrifte, sub-opskrifte en voorbeelde en Maks 18 vir inhoud)
                                                                                  (Maks 26)

     Addisionele deel

          Daar moet ŉ wyd verspreide vraag wees, soos basiese lewensbenodighede. 
          Dit moet vervoer kan word, grond en geboue is onmoontlik om te vervoer, dienste
           word beperk deur afstand en arbeid is onbeweeglik. 
          Die vervoerkoste moet laag in verhouding tot die waarde van die goedere
           wees. 
          Dit moet duursaam wees, goedere wat vinnig bederf verg gespesialiseerde
           logistieke reëlings. 
          Toegang moenie beperk wees nie, deur regeringsinmenging. 
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                       (Enige 5 x 2) (10)

     Gevolgtrekking:

     Kopers as ŉ groep bepaal die vraag en verkopers as ŉ groep bepaal die aanbod.
     Markte is gevestig deur die interaksie van kopers en verkopers. 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                             (Maks 2)

                                                                                         [40]

                                          14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

                                     MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

“Een van die maniere om armoede in Suid-Afrika te bekamp, is om minimumlone af te
dwing”.

      Ontleed hierdie stelling krities deur te verwys na die redes vir die
       implementering en die impak van minimumlone in Suid-Afrika. Verwys na
       die voordele en nadele van minimumlone in Suid-Afrika.                             (26)

      Met behulp van ŉ goed benoemde grafiek, verduidelik die uitwerking van
       minimumlone op die arbeidsmark.                                                    (10)
                                                                                          [40]

Inleiding:

Minimumlone is wanneer die regering jaarliks die samestelling en vlak van die lone vasstel en
aanpas. Dit is ŉ strafbare oortreding om nie dié lone te betaal nie. 
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                              (Maks 2)

Inhoud:
Hoofdeel

In 2002 is minimumlone in SA vir huiswerkers en plaaswerkers ingestel. 

  Redes vir implementering van minimumlone:

       Dit is onregverdig dat mense te min verdien om ŉ basiese lewenstandaard te
        handhaaf. / Om uitbuiting van laer besoldigde werkers te verhoed. 
       Elke Suid-Afrikaner behoort genoeg te verdien om in hulle basiese behoeftes te kan
        voorsien. / Dit kan verseker dat werkers genoeg geld kan verdien om ŉ basiese
        lewenstandaard te handhaaf. 
       In ŉ vryemarkstelsel word lone deur vraag en aanbod bepaal. 
       Dit gee geen waarborg dat werkers genoeg betaal gaan word sodat hulle nie
        onder die broodlyn sal leef nie. 
       In sulke omstandighede moet die regering inmeng en ŉ minimumloon
        vasstel. 
       Self het hulle min bedingingsmag omdat daar ŉ ooraanbod van arbeid is. 

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

                                   MEMORANDUM                  EKONOMIE V2 GR 10

Uitwerking van minimumlone:

     Die uitwerking van wetgewing op minimumlone is dat die lone van werkers
      wat werk het hoër is, maar dat sommige werkers hulle werk kan
      verloor.
     Die effek van minimumlone is om die loonvlakke te verhoog en gevolglik
      sal sommige werkers hulle werk verloor. 
     Wetgewing oor minimumlone dra by tot die probleem van werkloosheid en
      vererger gevolglik die omvang van armoede. 
     Minimumlone veroorsaak dat minder arbeiders in diens geneem word. 
     Minimumlone veroorsaak ŉ verhoging in produksiekoste. 
     Daar is ŉ ooraanbod van arbeid in die arbeidsmark  / Hoeveelheid
      arbeid verskaf is groter as die hoeveelheid vraag. 
     Daar is ŉ risiko van hoër inflasie, omdat maatskappye hulle verkoopsprys
      moet aanpas by hoër lone. 
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)

Voordele:
  Om mense aan te moedig om tot die arbeidsmag toe te tree. 
  Om die las op die staat om inkomste-ondersteuning te betaal, te
   verminder. 
  Om inkomste-ongelykheid te verminder deur die inkomste van huishouding
   met ‘n lae inkomste op te stoot. 
  Om die uitwerking van diskriminasie deur werkgewers teen te werk. 

Nadele:
  Daar is ‘n toename in werkloosheid weens die hoër loonkoste. 
  Sommige maatskappye se mededingendheid verminder weens die hoër
    vervaardigingskoste. 
  Vrye-mark ekonome glo dat ‘n minimum loon die manier waarop die
    arbeidsmark funksioneer kunsmatig verwringing; hulle sou verkies dat
    loonvlakke deur die mark bepaal word. 
 (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                             (Maks 26)

                                           16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

                                                   MEMORANDUM                 EKONOMIE V2 GR 10

Addisionele deel

                               

            Loon hoeveelheid
                                L
                                          
                                L                                    

                                                        

                                                                    
                               Die uitwerking van ŉ minimum loon

                                          Allokering van punte:
                                              1 punt vir benoeming van asse Lone/Hoeveelheid arbeid
                                              1 punt vir nommering van asse
                                              1 punt vir Vraag- en aanbodkurwe
                                              1 punt vir toename in lone
                                              1 punt vir afname in vraag na arbeid
                                              1 punt vir toename in aanbod van arbeid
                                                                                           (Maks 6)

    Sonder regeringsinmenging is die loon by L en die hoeveelheid arbeid in diens
     geneem is by H. 
    Indien minimumlone by L1 vas gestel word, sal die hoeveelheid arbeid wat
     in diens geneem word na Q1 daal. 
    Die aanbod van arbeid sal verhoog van Q tot Q2 
    Volgens die grafiek is daar minder arbeid in diens geneem nadat die
     minimumloon vasgestel is.                                                               (Maks 4)
                                                                                                   [10]

                                                          17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

                                  MEMORANDUM                   EKONOMIE V2 GR 10

Gevolgtrekking:

Dit wil voorkom of daar verskillende menings is ten opsigte van die instelling van
minimumlone vir huiswerkers. Daar kan egter aanpassings gemaak word om ŉ laer
inkomste te verseker eerder as geen inkomste nie, deur korter werksure te
onderhandel. 
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
                                                                                   (Maks 2)
                                                                                       [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                            TOTAAL: 100

                                          18

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
