# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-possible-answers/2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      PROVINSIALE EKSAMEN
                            JUNIE 2016
                              GRAAD 10

                              EKONOMIE

                            (VRAESTEL 2)

NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________

GRAAD: _________

TYD: 1½ uur

PUNTE: 100

10 bladsye

                                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE V2                 GR 10        2

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                             EKONOMIE
                                                             VRAESTEL 2

                                                             Tyd: 1½ uur

                                                             Punte: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A:        VERPLIGTEND
      AFDELING B:        Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
      AFDELING C:        Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

2.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
      word.

3.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

4.    Lees die vrae aandagtig deur en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

6.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van
      jou antwoorde aan die vereistes van die vrae voldoen.

7.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
      word NIE.

8.    Gebruik slegs blou ink.

9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE V2                   GR 10    3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     (20 punte – 15 minute)

1.1   Verskillende opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende
      vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK voorsien, neer.

      1.1.1     Die bedrag geld wat verbruikers bereid is om vir ŉ goed of diens op
                te offer, is bekend as …

                 A    bevrediging.
                 B    prys.
                 C    waarde.

      1.1.2     ŉ Produksiemoontlikheidskurwe met ŉ reguit afwaartse helling dui
                ŉ … geleentheidskostekoers aan.

                 A    konstante
                 B    veranderlike
                 C    optimum

      1.1.3     Regerings hef belasting ter wille van……

                 A    inkomste.
                 B    besteding.
                 C    wins.

      1.1.4     Die bevrediging wat ŉ verbruiker kry uit die verbruik van goedere
                en dienste is bekend as…

                 A    nut.
                 B    waarde.
                 C    prys.

      1.1.5     Indifferensie kurwe-ontleding word gebruik om …

                A     verbruikersvoorkeure te voorspel.
                B     ŉ teoretiese verwantskap tussen verskillende
                      verbruikersgoedere te toon.
                C     verskillende kombinasies van goedere en dienste in volgorde
                      van voorkeure te rangskik.
                                                                           (5 x 2)    (10)

                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE V2                  GR 10          4

1.2   Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

                KOLOM A                       KOLOM B

      1.2.1     Oligopolie                A Toon alternatiewe kombinasies van
                                            goedere wat ŉ verbruiker teen
      1.2.2     Begrotingslyn               gegewe pryse met ŉ gegewe
                                            inkomste kan koop.
      1.2.3     Sondebelasting
                                          B Deur die regering verskaf
      1.2.4     Mikro-ekonomie
                                          C Af-speling tussen twee produkte
      1.2.5     Geleentheidskoste
                                          D Belasting wat gehef word op
      1.2.6     Openbare goedere            goedere wat die staat as onwenslik
                                            beskou

                                          E Oordragbetalings deur die staat

                                          F ŉ Paar verkopers beheer die mark

                                          G ŉ Studie van die gedrag van
                                            individuele besluitnemingseenhede

                                                                                (6 x 1)       (6)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term/woord
      langs die vraagnommer ( 1.3.1 – 1.3.4 ) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.3.1     Waar kopers en verkopers ontmoet om ŉ prys en hoeveelheid vir
                goedere en dienste wat verkoop word te bepaal.

      1.3.2     Die maksimum hoeveelheid bevrediging vir die bedrag spandeer.

      1.3.3     Produkte wat in die plek van ander produkte gebruik kan word.

      1.3.4     Goedere wat tot voordeel van almal beskikbaar gestel kan word.
                                                                                 (4x1)        (4)

                                                            TOTAAL AFDELING A:                20

                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE V2                         GR 10        5

AFDELING B

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                           (40 punte – 30 minute)

2.1     Beantwoord die volgende vrae:

        2.1.1      Noem enige TWEE redes vir die bestaan van onvolmaakte
                   markte.                                                                  (2x1)   (2)

        2.1.2      Beskryf kortliks die konsep van gemeenskaplike goedere.
                                                                                        (1x2)       (2)

2.2      Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

           2016/17 Begroting

                                         Bron: 2016 Begroting: Publiek se gids, Afrikaans

        2.2.1      Watter diens het die grootste bedrag ontvang, volgens die
                   diagram?                                                                         (1)

        2.2.2      Hoeveel het die regering aan welsynsdienste in die 2016/17
                   begroting spandeer?                                                              (1)

                                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE V2                           GR 10    6

      2.2.3     In 2016/17 was die totale owerheidsbesteding R1 463,30 Mjd.
                Bereken die persentasie wat op welsynsdienste spandeer is.
                (Toon ALLE berekeninge)                                                        (4)

      2.2.4     Wat is die doel van welsynstoelaes?                                    (2x2)   (4)

2.3   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg:

                                            [Bron : https://en.wikipedia.org/wiki/Marketing]

      2.3.1     Watter tipe mark word in bogenoemde spotprent uitgebeeld?                      (1)

      2.3.2     Gee ŉ voorbeeld van so ŉ mark in Suid-Afrika.                                  (1)

      2.3.3     Noem TWEE ander markstrukture behalwe vir die een in
                Vraag 2.3.1 genoem.                                                            (2)

      2.3.4     Gee ŉ rede vir jou antwoord in Vraag 2.3.1.                                    (2)

      2.3.5     Verduidelik hoe ŉ tweede bakkery die dorp se inwoners sal
                bevoordeel.                                         (2x2)                      (4)

2.4   Verduidelik wat bedoel word met pareto doeltreffendheid en hoe dit verband
      hou met produktiewe – en allokeringsdoeltreffendheid.
                                                                              (4x2)            (8)

2.5   Met behulp van ŉ grafiek, illustreer hoe ŉ subsidie op melk die melkprodusent
      en die verbruiker sal beïnvloed.                                         (2x4)           (8)
                                                                                               [40]
                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE V2                   GR 10      7

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                      (40 punte – 30 minute)

3.1   Beantwoord die volgende vrae:

      3.1.1      Noem enige TWEE gevolge van produktiewe ondoeltreffendheid.
                                                                         (2x1)          (2)

      3.1.2      Hoe sal ŉ verhoging van sondebelasting die prys van sigarette
                 beïnvloed?                                                  (1x2)      (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

          Prys van
       kragopwekkers       Hoeveelheid gevra      Hoeveelheid aangebied

              R12 000              1 500                   3 000
              R10 000              2 000                   2 000
               R8 000              2 500                   1 500
               R6 000              3 000                   1 000
               R4 000              3 500                     500

      3.2.1      Teen watter prys is beide kopers en verkopers gelukkig?                (1)

      3.2.2      Wat word hierdie prys genoem?                                          (1)

      3.2.3      Gebruik die inligting in die tabel en teken ŉ vraag- en aanbodkurwe op
                 op dieselfde assestelsel.                                              (4)

      3.2.4      Noem enige TWEE faktore wat die vraag na kragopwekkers sal
                 verhoog.                                             (2x2)             (4)

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE V2                   GR 10   8

3.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                           PRODUKSIEMOONTLIKHEIDSKROMME

                                                     Suurlemoene

      3.3.1     Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskurwe?                (2)

      3.3.2     Hoeveel appels kan geproduseer word indien al die hulpbronne
                gebruik word om appels te produseer?                                (2)

      3.3.3     Is produksie by punt H moontlik? Motiveer jou antwoord.             (3)

      3.3.4     Watter punt dui ondoeltreffendheid aan? Motiveer jou antwoord.      (3)

3.4   Bespreek kortliks enige TWEE funksies van markte.                     (2x4)   (8)

3.5   Onderskei tussen enige TWEE gemeenskaplike funksies van
      indifferensiekurwes.                                                  (2x4)   (8)
                                                                                    [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:        40

                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE V2                   GR 10          9

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                 PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                  Maks 2
Inhoud
 Hoofdeel Bespreek in besonderhede / In-diepte                           Maks 26
    bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed
    (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
    Verduidelik / Assesseer / Debatteer

       Addisionele gedeelte Gee eie mening / Bespreek                    Maks 10
        krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en
        verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik /
        Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk /
        Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer
        kortliks.

Gevolgtrekking                                                             Maks 2

Enige hoër-orde gevolgtrekking moet insluit:

       ŉ Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite
        te herhaal wat alreeds genoem is in die inhoud.
       Enige opinie of waardevolle mening op die feite wat
        bespreek is.
       Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking
        / analise te versterk.
       ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien dit
        vereis word.
       Aanbevelings.
                                                       TOTAAL                 40

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                         (40 punte – 40 minute)

“Markte is ŉ verskynsel eie aan ŉ ekonomiese stelsel wat uit private ondernemings bestaan.”

        Bespreek markstrukture volledig volgens die eienskappe:
         Aantal produsente, aard van die produk, toetredingsversperrings en
         beskikbaarheid van inligting.                                                      (26)

        Verduidelik kortliks die voorwaardes waaraan goedere en dienste moet
         voldoen om geskik te wees vir handel op wêreldmarkte.                              (10)
                                                                                            [40]

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE V2                   GR 10         10

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                  (40 punte – 40 minute)

“Een van die maniere om armoede in Suid-Afrika te bekamp, is om minimumlone af te dwing”.

    Ontleed hierdie stelling krities deur te verwys na die redes vir die
     implementering en die impak van die minimumlone in Suid-Afrika. Verwys
     na die voordele en nadele van minimumlone in Suid-Afrika.                        (26)

    Met behulp van ŉ goed benoemde grafiek verduidelik die uitwerking van
     minimumlone op die arbeidsmark.                                                  (10)
                                                                                      [40]

                                                       TOTAAL AFDELING C:             40

                                                                     TOTAAL:          100

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
