# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2018
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 2

                        NASIENRIGLYNE

17 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE
                                  MEMORANDUM         (Vraestel 2)                 GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                         EKONOMIE
                                                         (Vraestel 2)

                                                         NASIENRIGLYNE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   C   Homogene produkte
      1.1.2   B   Indifferensie
      1.1.3   C   Botter
      1.1.4   A   ŉ Arbeidsurplus
      1.1.5   D   Tekort                                                     (5x2)    (10)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   B    Belasting op goedere en dienste gehef, en nie op inkome en
                    wins nie.
      1.2.2   G    Die waarde van die alternatief wat nie gekies is nie en opgeoffer
                    is wanneer ŉ keuse gemaak word.
      1.2.3   F    Wêreldwye ekonomiese interaksie met handel as die
                    belangrikste element.
      1.2.4   C    ŉ Grafiek, wat die kombinasie van twee produkte wat met alle
                    beskikbare hulpbronne geproduseer kan word, aandui.
      1.2.5   A    Die hoeveelheid goedere wat teen ŉ spesifieke prys aangebied
                    en verkoop is en waarmee die vraag heeltemal tevrede is.
      1.2.6   D    Goedere wat deur die staat voorsien word om die welvaart van
                    landsburgers te verbeter.
                                                                                (6x1)     (6)

1.3   TERMINOLOGIE

      1.3.1   Openbare sektor 
      1.3.2   Mikro-ekonomie 
      1.3.3   Subsidie
      1.3.4   Marginale nut                                                   (4x1)    (4)

                                                               TOTAAL AFDELING A:       [20]

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                  MEMORANDUM           (Vraestel 2)              GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae:

      2.1.1 Noem TWEE funksies van markte

                 Markte allokeer hulpbronne 
                 Markte is self-regulerend 
                 Markte bring produsente en verbruikers bymekaar 
                                                                             (Enige 2x1) (2)

      2.1.2 Wat is markewewig?

                 Markewewig is waar die aanbod van ŉ produk en die vraag na daardie
                  produk gelyk is.                                             (1x2) (2)

2.2   Data Respons

      2.2.1 Identifiseer die gebou wat in die spotprentjie getoon word.

                 Die parlementsgebou                                                   (1)

      2.2.2 Vir watter geleentheid was hierdie spotprent geteken?

                 Die begrotingsrede                                                    (1)

      2.2.3 Verduidelik die tipe belasting waarna in die spotprent verwys word, en
            gee ŉ kort verduideliking wat die man se woorde: “gaan julle op?” met
            betrekking tot die belasting, beteken.

                 Die spotprent verwys na indirekte belasting.
                  Dit is verbruiksbelasting en word op produsente en verbruikers van
                  goedere en dienste gehef. 

                 Dit is belasting wat betaal word wanneer geld op produkte bestee
                  word, bv. BTW, aksynsbelasting, doeanebelasting en
                  brandstofheffings. 

                 “gaan julle op?” verwys na die feit dat die Minister van Finansies
                  heel moontlik hierdie belasting in die begroting gaan verhoog. 

                  (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                   (Enige 2x2) (4)

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                  MEMORANDUM           (Vraestel 2)             GRAAD 10

      2.2.4 Bespreek TWEE redes waarom die regering ŉ zero BTW-koers op basiese
            voedselsoorte en brandstof gehef het.

                 Om die armer mense te beskerm, omdat hulle ŉ groot deel van hulle
                  inkomste op basiese voedselsoorte soos mieliemeel, rys, vrugte en groente,
                  spandeer. 
                 Om voedsel bekostigbaar vir die armes te maak omdat hulle inkomste laag
                  is. 
                 Daar word aksynsbelasting op brandstof gehef en as daar BTW ook gehef
                  word is dit dubbelbelasting.
                  (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                   (Enige 2x2) (4)

2.3   Data Respons

      2.3.1 Watter warmbrak gee die grootste bevrediging?

                 Die 1ste / eerste warmbrak gee die grootste bevrediging.              (1)

      2.3.2 Identifiseer die warmbrak wat geen ekstra bevrediging gee, wanneer dit
            verbruik word nie.

                 5de / vyfde warmbrak gee geen ekstra bevrediging nie                  (1)

      2.3.3 Bereken die waardes van A en B in die tabel.

                 A = 45
                 B = 115                                                              (4)

                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                     MEMORANDUM               (Vraestel 2)              GRAAD 10

        2.3.4 Gebruik die inligting uit tabel en teken ŉ volledig benoemde grafiek van die
              marginale nut.

                                         Marginale nut
            60

            50

            40
                                        
            30
                                             
      Nut   20
                                                                                   Marginale nut
            10

             0
                  1        2         3           4        5            6
            -10

            -20
                               Hoeveelheid warmbrakke 

                                                              Hoeveelheid / X as = 1 punt
                                                              Nut / Y as = 1 punt
                                                              Kurwe korrek geteken = 2 punte
                                                              Maks = 4 punte

2.4     Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere.

        Prysplafonne (maksimum pryse)
           Dit is die hoogste prys waarteen ŉ produsent ŉ produk kan verkoop. 
           Pryse mag nie hoër as die plafon styg nie, dit is bokant ŉ bepaalde maksimum prys.
            Die plafon dwing die pryse af.
           Indien die staat voel dat produsente pryse in sommige markte te hoog druk, kan die
            regering inmeng deur subsidies aan ondernemings te betaal om daardeur pryse te
            verlaag.
           Voorbeelde is: verhuringsbeheer, mediese produkte, brood, meel en elektrisiteit.
                                                                                      (maks 4)

                                                 5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                       MEMORANDUM           (Vraestel 2)               GRAAD 10

      Prysvloere (minimum pryse)
         Prysvloere beskerm produsente teen lae pryse en swak winste. 

             Die staat mag voel dat pryse in sommige markte te laag is en dan is dit nodig om
              verskaffers te ondersteun. 

             In hierdie geval kan die regering by markte inmeng deur ŉ minimumprys vas te stel.
              ŉ Klomp produsente, soos boere, ervaar sterk mededinging van ander verskaffers.
              

             Alhoewel die regering gelukkig voel as verbruikers bekostigbare pryse betaal, is dit
              steeds belangrik dat produsente ŉ wins moet maak sodat hulle in die mark moet bly,
              anders sal werkloosheid verhoog.                                         (maks 4)
                                                                                        (4 x 2) (8)

2.5   Gee ŉ volledige bespreking van die redes waarom die regering subsidies toestaan.

             Om verbruikers te bevoordeel omdat gesubsidieerde goedere goedkoper is 
              Indien die staat produkte susidieer is die verbruiker in staat om goedkoper produkte
              te koop.

             Om uitvoere te bevorder. 
              Produkte is goedkoper in ander lande omdat die regering uitvoer-besighede
              subsidieer. 

             Om nuwe ondernemings te bevorder. 
              Die produksiekoste word verminder en dit is vir nuwe besighede makliker om
              opgerig te word, omdat hulle van die begin af ondersteun word. 

             Om werksgeleenthede te bevorder. 
              As nuwe en baie besighede tot die mark toetree, sal werksgeleenthede verhoog en
              dit kan die land se werkloosheidskoers verlaag.

          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                             (8)
                                                                                              [40]

                                                 6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                   MEMORANDUM           (Vraestel 2)              GRAAD 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE

3.1   Beantwoord die volgende vrae:

      3.1.1 Gee enige TWEE eienskappe van nut
             Nut verskil van plek tot plek
             Nut verskil van tyd tot tyd. 
             Nut verskil van persoon tot persoon. 
             Daar is geen standaardmanier waaraan iemand se tevredenheid of nut
               gemeet kan word nie.                                     (Enige 2x1) (2)

      3.1.2 Hoe beïnvloed die wet van dalende nut die hoeveelheid verbruik?

               Soos wat verbruik toeneem sal die ekstra bevrediging wat daardeur verkry
                word afneem. Verbruikers sal nie aanhou om verbruik te verhoog indien dit
                nie hulle ekstra bevrediging verhoog nie.

3.2   Datarespons

      3.2.1 Beskryf die helling van die aanbodkurwe.
             Die aanbodkurwe het ŉ positiewe helling / het ŉ opwaartse helling van links na
               regs.                                                                     (1)

      3.2.2 Identifiseer hoeveel geproduseer is voordat die subsidie betaal is.
             He                                                                           (1)

      3.2.3 Dui aan wat met die prys en hoeveelheid in die grafiek gebeur het en
            waarom?
             Aanbod het na H1 verhoog, omdat produsente nou meer geld beskikbaaar het
                om meer grondstowwe en materiaal aan te koop en dan meer kan
                produseer. 
             Die prys het na P1 gedaal omdat regeringsubsidies produsente in staat stel
                om teen ŉ laer prys te verkoop.                                 (2x2) (4)

      3.2.4 Verduidelik die wet van aanbod.
             Volgens die wet van aanbod is daar in direkte verband tussen aanbod en
               prys.
             Indien pryse styg sal die hoeveelheid aangebied ook styg en omgekeerd. Dit
               is as gevolg van die feit dat produsente meer kan aanbied indien hulle meer
               per eenheid vir hulle produkte kan kry. 
             Daar is ŉ positiewe verwantskap tussen prys en die hoeveelheid
               aangebied.                                                   (Enige 2x2) (4)

                                             7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                   MEMORANDUM            (Vraestel 2)               GRAAD 10

3.3   Data Respons

      3.3.1 Waarvoor staan die akroniem LMSA?
             LMSA – Lughawens Maatskappy Suid-Afrika                                       (1)

      3.3.2 Noem EEN strategie, volgens die gevallestudie, wat die lugdiensbedryf
            verander het.

               Mededinging                                                                 (1)

      3.3.3 Die skrywer sê: “Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die passasiers sê om
            dit eenvoudig te aanvaar”. Verduidelik kortliks waarom hy hierdie stelling
            maak.

              Passasiers het nie insae in die taxitariewe nie en het ook nie ŉ keuse om die
               dienste te gebruik nie. Hulle het die vervoer baie nodig. 
             Daarom sal passasiers die tarief wat deur taxi-eienaars gevra word, moet
               betaal.
             Passasiers het geen ander betroubare, goedkoper alternatiewe vervoer in
               Suid-Afrika nie, dus moet hulle taxi’s gebruik.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                             (Enige 2x2) (4)

      3.3.4 Bespreek watter faktore kan bydra om die taxibedryf in Suid-Afrika ŉ
            volmaakte mededingende mark te maak.
             Daar moet meer taxi-eienaars wees wat ŉ vervoerdiens aanbied 
             Hulle moet prysnemers wees 
             Daar mag geen toetredingsversperrings wees nie 
             Taxi-bestuurders moet in staat wees, om die mark vrylik te verlaat of toe te
               tree 
             Taxi-eienaars en passasiers moet volledige inligting hê.
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          (Enige 2x2) (4)

3.4   Onderskei tussen komplementêre produkte en substituutprodukte

      Komplementêre produkte
       Dit is produkte wat saam gebruik word, om behoeftes te bevredig. 
       Hierdie produkte kan nie onafhanklik gebruik word nie. 
       Produkte wat saam met mekaar gebruik moet word. 
        Bv., ŉ DVD en ŉ DVD-speler.                                                   (maks 4)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                    MEMORANDUM            (Vraestel 2)               GRAAD 10

      Substituutprodukte
       Dit is produkte wat met ander produkte vervang kan word om dieselfde behoefte
         bevrediging te verkry. 
       Die produkte is amper dieselfde en kan gekoop of gebruik word in plaas van die
         oorspronklike produk. 
       Gewoonlik is die substituutproduk goedkoper. 
       Bv. botter en margarien.                                                  (maks 4)
      (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                     (4x2) (8)

3.5   Bespreek die eienskappe van indifferensiekurwes.

         Het altyd ŉ afwaartse helling / negatiewe helling
          As die hoeveelheid van een produk verhoog, moet die hoeveelheid van die ander
          produk veminder. Die kurwe verteenwoordig al die moontlike kombinasies wat
          dieselfde nut gee. Die helling van die kurwe wys die marginale vervangingskoers. 

         Hoër indifferensiekurwes word bo laer kurwes verkies
          Daar is oneindig baie verskillende kombinasies tussen twee produkte wat verbruikers
          van kan kies. Hoe verder die kurwe van die oorsprong af beweeg hoe groter is die
          vlak van verbruikersbevrediging. 

         Hulle buig inwaarts (konveks)
          Die helling van die indifferensiekurwe verteenwoordig die marginale
          vervangingskoers (MVK). Dit is die koers waarteen verbruikers die een produk
          (waarvan daar ŉ groter hoeveelheid is) teen die ander produk (waarvan daar ŉ
          kleiner aanbod is) teenoor die ander afspeel. 

         Indifferensiekurwes sny of kruis mekaar nie
          Omdat al die punte op die kurwe dieselfde nut aan verbruikers gee, en omdat al die
          verskillende kombinasies van die twee produkte op ŉ bepaalde kurwe dieselfde
          bevrediging gee, beteken dit dat alle punte altyd dieselfde bevrediging sal gee. Dit is
          dus onmoontlik vir die verbruiker om afsydig te wees. 

         Kurwe vorms verskil van verbruiker tot verbruiker
          ŉ Indifferensiekurwe weerspieël die voorkeure en nut wat deur individuele verbruikers
          verkry word.                                                                     (8)
                                                             (Noem / net die grafiek = Maks 4)

                                                                                             [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B: 40

                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                     MEMORANDUM            (Vraestel 2)            GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK voorsien.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                    STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                   PUNTE
                                                                             TOEKENNING
Inleiding:                                                                     Maks. 2

Die inleiding is ŉ lae-orde antwoord.
 ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband
   hou, te bepaal en te omskryf.
 Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.
 Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan
   bespreek.
Inhoud:                                                                       Maks. 26

   Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer /
    Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /
    Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek

   Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ŉ kritiese bespreking /             Maks. 10
    Evalueer / Evalueer Krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik
    die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
    Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/
    Debatteer kortliks / Hoe / Gee ŉ voorstel

Gevolgtrekking:                                                                Maks. 2

Enige hoë orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds
   genoem is te herhaal.
 Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.
 Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking /analise
   kan versterk.
 ŉ Opponerende / teenstrydige sienswyse met ŉ motivering, indien
   verlang.
 Aanbevelings

TOTAAL                                                                           40

                                               10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                     MEMORANDUM           (Vraestel 2)              GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE

  Bespreek volledig, met grafieke, hoe die kragte van vraag en aanbod die ewewigsprys in
   die produktemark bepaal.                                                              (26)
 Verduidelik die faktore wat die vraag na ŉ produk beïnvloed.                           (10)
                                                                                         (40)
INLEIDING:

   Produkmarkte ontstaan wanneer ondernemings goedere en dienste aan huishoudings /
    verbruikers aanbied en hulle dit moontlik wil koop. Pryse en hoeveelhede word volgens die
    interaksie tussen kopers en verkopers bepaal. 
    (Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                         (Maks. 2)

INHOUD:
HOOFDEEL:

VRAAG

   Die vraag is die hoeveelheid van ŉ produk of diens wat verbruikers bereid en in staat is om
    teen ŉ sekere prys oor ŉ tydperk te koop. 

WET VAN VRAAG 

   Die wet van vraag bepaal dat indien die prys van ŉ produk styg, sal die hoeveelheid gevra
    van daardie produk afneem. Indien die prys van ŉ produk daal, sal die hoeveelheid gevra
    na daardie produk toeneem. 

VRAAGKURWE 

   Die vraagkurwe dui die hoeveelheid van ŉ produk, wat teen verskillende pryse gevra word,
    aan. 
   Dit het ŉ afwaartse helling van links na regs. Dit dui op ŉ negatiewe helling. 
   Dit is as gevolg van die omgekeerde verhouding wat tussen die prys van ŉ produk en die
    hoeveelheid gevra van die produk bestaan. 

                                               11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                    MEMORANDUM           (Vraestel 2)               GRAAD 10

                     P
                          D

           (Max 4)                             

              Prys

                                                             DV

                     0
                                                                    Q
                                 Hoeveelheid

                                                         Hoeveelheid / x as = 1 punt
                                                         Prys / y as = 1 punt
                                                         Vraagkurwe korrek geteken = 2 punte
                                                         Maks. = 4 punte

AANBOD

   Die aanbod is hoeveelheid van ŉ produk of diens wat produsente bereid en in staat is om
    oor ŉ tydperk teen ŉ sekere prys aan te bied. 

Wet van aanbod 

   Die wet van aanbod bepaal dat as die prys van ŉ produk styg, sal die hoeveelheid van die
    produk aangebied toeneem. Indien die prys van ŉ produk daal sal die hoeveelheid van die
    produk aangebied afeem. 
   Daar is ŉ direkte verwantskap tussen hoeveelheid en die prys.

Aanbodkurwe

   Die aanbodkurwe toon die hoeveelheid van ŉ produk, wat teen verskillende pryse
    aangebied word. 
   Dit loop opwaarts van links na regs. Dit dui op ŉ positiewe helling. 
   Dit dui op die direkte verhouding tussen die prys van ŉ produk en die hoeveelheid
    aangebied van die produk 

                                               12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                     MEMORANDUM             (Vraestel 2)              GRAAD 10

                                       (Max 4)          S
                    P

                P
                                                   
                r
                y
                s

                        0                                              Q
                                     Hoeveelheid

                                                            Hoeveelheid / x as = 1 punt
                                                            Prys / y as = 1 punt
                                                            Vraagkurwe korrek geteken = 2 punte

PRYSVORMING

   Dit is die prys wat onstaan wanneer kopers (verbruikers) en verkopers (verskaffers) met
    mekaar ooreenstem, dit is waar vraag en aanbod gelyk is 

Markewewig 

   Markte funksioneer die beste wanneer die hoeveelheid vraag deur huishoudings gelyk is
    aan die hoeveelheid aangebied deur maatskappye 

Ewewigsprys (Markprys) 

   Dit is die prys waarteen vraag en aanbod gelyk is. / Dit is die prys waar die hoeveelheid
    vraag gelyk is aan die hoeveelheid aangebied 

Ewewigshoeveelheid

   Dit is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop word teen ŉ spesifieke prys ten
    einde die huishoudelike vraag ten volle te bevredig en waar daar geen oorblywende
    goedere en dienste is nie. Dit is waar die hoeveelheid aanbod gelyk is aan die hoeveelheid
    vraag 

                                                 13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                    MEMORANDUM              (Vraestel 2)               GRAAD 10

                                      S
              P        D

                                                
            Prys

                                                   D
                   S
                                                        Q
                              Hoeveelheid

                                                              Hoeveelheid / x as = 1 punt
                                                              Prys / y as = 1 punt
                                                              Ewewigspunt = 2 punte

(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde)             (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL:

Faktore wat vraag beïnvloed

    Die prys van die produk 
     Wanneer die prys laag is, sal verbruikers meer vra en wanneer die die prys hoog is, sal
     verbruikers minder vra 

    Verbruikers se smake, voorkeure en koopgewoontes 
     Die vraag na goedere waarvan die verbruiker hou sal hoër wees as die vraag na goedere
     waarvan die verbruiker nie hou nie 

    Verbruiker se inkomste 
     Indien die inkomste van verbruikers toeneem sal hulle meer produkte vra omdat hulle dit
     nou kan bekostig. 

    Die beskikbaarheid en die prys van substituutprodukte / plaasvervangers
     Wanneer ŉ produk nie ŉ nabye substituut het nie en die prys van die produk styg, sal
     verbruikers dit steeds vra omdat hulle nie ŉ ander keuse het nie. Indien daar ŉ
     substituutproduk is kan verbruikers meer van die ander produk-keuse vra indien die
     produk te duur is 

    Die beskikbaarheid en die prys van komplementêre / aanvullende produkte
     Indien die komplementêre produk goedkoop en beskikbaar is sal die vraag na die produk
     toeneem 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                      (Maks 10)
                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                    MEMORANDUM           (Vraestel 2)               GRAAD 10

Gevolgtrekking

Die ewewigsprys is nie staties nie maar dinamies. Dit kan enige tyd verander.
Indien verbruikers die vraag na ŉ produk verander, of indien produsente die aanbod van die
produk verander, sal pryse ook verander.

(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking)                                        (Maks. 2)
                                                                                          [40]

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

    Gee ŉ volledige bespreking van die eienskappe van volmaakte- en onvolmaakte markte.
                                                                                      (26)
    Watter stappe kan die regering neem om markmislukkings te voorkom?               (10)
                                                                                      (40)

Inleiding:

    ŉ Mark bestaan waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om goedere en dienste teen ŉ
     prys uit te ruil 
    ŉ Mark is enige plek waar kopers en verkopers mekaar ontmoet om die prys en
     hoeveelheid van goedere en dienste, wat uitgeruil word, te bepaal.
     (Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                   (Max 2)

Inhoud
HOOFDEEL:

VOLMAAKTE MARKTE

ŉ Volmaakte mark is waar geen aanbieder / verskaffer in staat is om die die prys te manipuleer
nie 

Die eienskappe van ŉ volmaakte mark is as volg:

Aantal kopers en verkopers 
   Daar is ŉ groot aantal kopers en verkopers.  Geen individuele deelnemer kan die prys
    van ŉ produk, deur hulle eie vraag of aanbod van goedere, beïnvloed nie 

Aard van die produk 
   Goedere en dienste wat aangebied word is homogene produkte. Koppies, borde,
    tandepasta, skoene en seep is voorbeelde van produkte wat gewoonlik in massa
    geproduseer word. 
   Die produkte wat aangebied word is min of meer almal dieselfde (identies) 
   Hierdie produkte dien dieselfde doel en is gewoonlik maklik om te produseer. Dit word
    weerspieël deur ŉ groot aantal verskaffers van die produk wat meeding vir verkope, wat
    pryse laag hou 

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                    MEMORANDUM           (Vraestel 2)              GRAAD 10

Toetredingsversperrings 
    Verkopers het onbeperkte en maklike toetrede en uittrede tot die mark / Verkopers kan die
     mark vrylik betree of verlaat 
    Verkopers kan die mark na willekeur betree. As hulle die mark betree, sal hulle in staat
     wees om hulle produkte net so maklik soos enige ander verkoper te verkoop. Hulle kan
     ook wanneer hulle wil, die mark verlaat 

Beskikbaarheid van inligting 
   Hierdie markte het volmaakte of volledige inligting. Kopers weet presies wat elke verkoper
    se prys is 
   Daar is ook volledige inligting omtrent marktoestande aan produsente en verbruikers
    beskikbaar 

Vermoë van verskaffers om die prys te verander 
   Die verkoper het geen beheer oor die pryse nie. Hulle is prysnemers 
   Verkopers moet die heersende markprys aanvaar. Indien hulle pryse hoër is as die
    heersende markprys, sal hulle niks verkoop nie. Geen verskaffer kan die markprys
    beïnvloed nie 
   In werklikheid is daar min volmaakte markte. Sekere sektore soos die mynbousektor (bv.
    olie en goud) , landbousektor bv. (vleis en mielies)  en die Johannesburgse
    aandelebeurs (JSE) 

ONVOLMAAKTE MARKTE
  Onvolmaakte markte is markte waar verskaffers die prys kan manipuleer. Daar is drie
   tipeS onvolmaakte markte nl. monopolieë, oligopolieë en monopolistiese mededinging 

     Die eienskappe van ŉ onvolmaakte mark is die volgende:

Aantal kopers en verkopers 
   Daar is net een groot verskaffer van ŉ produk en diens (monopolie) of ŉ paar groot
    verskaffers (oligopolie) 
   Hierdie verskaffers het direkte invloed op die produkprys en word nie deur mededinging
    teruggehou nie en is in staat om pryse te beïnvloed. Daar kan ook baie verskaffers wees
    terwyl net een produsent ŉ beduidende verandering na die vraag vir ander produsente se
    produkte kan hê (monopolistiese mededinging) 

Aard van die produk 
   Produkte en dienste wat aangebied word is heterogene of unieke produkte 
   Produkte in die mark verskil aansienlik van mekaar en verbruikers soek ŉ spesifieke
    gehalte van elke produk 
   Die verkoper voorsien unieke produkte wat geen naby substitute het nie 
   Hierdie produkte kan ten opsigte van prys, kenmerke en bonusse verskil. Produkte verskil
    weens ligging of reklame / advertensie 

Vermoë van verskaffers om die prys te verander 
   Die verkoper het beheer oor die prys, hulle is prysbepalers / prysmakers 
   Produsente van goedere en dienste kan pryse vasstel en kopers is nie in staat om op
    enige beduidende manier vir pryse te beding of te beïnvloed nie 

                                              16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                     MEMORANDUM           (Vraestel 2)               GRAAD 10

    Beskikbaarheid van inligting
    Hierdie markte het onvolmaakte inligting 
    Produsente en verbruikers het onvolledige inligting ten op sigte van marktoestande 
    Dit is moeilik, en soms onmoontlik, vir kopers om uit te vind wat die pryse van ŉ produk in
     die mark is 

Toetredingsversperrings 
    Toegang tot die mark is beperk of heeltemal geblokkeer sodat nuwe verskaffers nie die
     mark kan betree nie 
    Ander verkopers word verhoed om tot die mark toe te tree 
    Verkopers word teen mededinging beskerm deur middel van patente, beheer oor
     hulpbronne en regeringsbeperkings 
    Voorbeelde van onvolmaakte markte is: Eskom,  Telkom,  DSTV, selfoonmaatskappy,
     brandstof vulstasies, restaurante, rekenaar en motor vervaardigers. 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                      (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL:

    Die staat kan sekere goedere en dienste aan die publiek voorsien 
     bv. Eskom 
    Die staat se fondse kan gebruik word om openbare goedere en dienste te verskaf 
    Die regering kan wette instel wat mededinging bevorder en prysvasstelling verbied 
    Hulle kan die verkoop van sigarette aan kinders verban en die gebruik van sekere
     produkte kan voorkom word,  bv. dwelmverkope 
    Die regering kan maksimum werksure en minimum lone vir sekere werke instel 
    Hulle kan inkome ongelykheid- en regverdigheidskwessies in die werkplek hanteer 
    Fiskale beleidsmaatreëls, wat huishoudings help om hulpbronne effektief aan te wend, kan
     ingestel word 
    Indirekte belasting soos sondebelasting op drank en sigarette kan verhoog word 
    Subsidies of belastingverligting kan aan ondernemings wat produkte produseer, gebied
     word 
    Welsynsbetalings aan sekere individue soos bv. enkelouers en gestremde mense, kan
     aangepas word 
    Die regering kan inligting aan markte voorsien ten opsigte van al die werklike kostes en
     voordele wanneer sekere produkte en dienste gebruik word bv. bemarkingsveldtogte om
     publieke vervoer te bevorder 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                          (Maks 10)

Gevolgtrekking

Markte speel ŉ noodsaaklike rol in die ekonomie. Markmislukkings sal altyd in ŉ ekonomie
voorkom, maar dit kan deur owerheidsinmenging opgelos word 

(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking)                                         (Maks. 2)

                                                                    TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                             TOTAAL: 100

                                               17

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-possible-answers/2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
