# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2018
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

TYD: 1½ uur

PUNTE: 100

11 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                             2
                                                 (Vraestel 2)           GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                       EKONOMIE
                                                       (Vraestel 2)

                                                       TYD: 1½ uur

                                                       PUNTE: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1    Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.
     AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

2    Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. Addisionele antwoorde sal nie
     nagesien word nie. Slegs die EERSTE vraag en in albei afdelings sal nagesien
     word.

3    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie vraestel.

4    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5    Lees ALLE vrae noukeurig deur.

6    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7    Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop.

8    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.

9    Gebruik slegs swart of blou ink.

10   Jy mag ŉ niegeprogrammeerde sakrekenaars gebruik.

11   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                    3
                                                (Vraestel 2)              GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        20 PUNTE – 15 MINUTE

1.1   Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die
      ANTWOORDBOEK wat verskaf word neer. Bv. 1.1.6. D

      1.1.1   ŉ Volmaakte mark word gekenmerk deur …

              A    produkdifferensiasie.
              B    onvolledige markinligting.
              C    homogene produkte.
              D    unieke produkte.

      1.1.2   Dit is ŉ grafiek wat die kombinasies van twee verskillende produkte                  1.1.1
              aandui, wat gelyke vlakke van bevrediging aan verbruikers verskaf.

              A    Begroting.
              B    Indifferensie.
              C    Aanbod.
              D    Produksiemoontlikheid.

      1.1.3   ŉ Komplementêre produk van brood is …

              A    rys.
              B    lekkergoed.
              C    botter.
              D    meel.

      1.1.4   Wanneer ŉ minimum loon in die ekonomie ingestel word, is die
              gevolg …

              A    ŉ arbeidsurplus.
              B    ŉ hoër vraag na arbeid.
              C    ŉ tekort aan arbeid.
              D    laer lone as wat die mark kan voorsien.

      1.1.5   ŉ Prysplafon veroorsaak soms ondoeltreffende hulpbronallokasie omdat                 1.1.2
              dit tot ŉ … lei.

              A    surplus
              B    oproer
              C    boikot
              D    tekort
                                                                                    (5x2) (10)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE                                     4
                                            (Vraestel 2)              GRAAD 10

1.2   Kies ŉ beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

               KOLOM A                           KOLOM B

      1.2.1 Indirekte belasting   A    Die hoeveelheid goedere wat teen ŉ
                                       spesifieke prys aangebied en
      1.2.2 Geleentheidskoste          verkoop is en waarmee die vraag
                                       heeltemal tevrede is.
      1.2.3 Globalisasie
                                  B    Belasting op goedere en dienste
      1.2.4 PMK                        gehef, en nie op inkome en wins
                                       nie.
      1.2.5 Ewewigshoeveelheid
                                  C    ŉ Grafiek, wat die kombinasie van
      1.2.6 Meriete goedere            twee produkte wat met alle
                                       beskikbare hulpbronne geproduseer
                                       kan word, aandui.

                                  D    Goedere wat deur die staat voorsien
                                       word om die welvaart van
                                       landsburgers te verbeter.

                                  E    Die mate van bevrediging na die
                                       gebruik van ŉ produk.

                                  F    Wêreldwye ekonomiese interaksie
                                       met handel as die belangrikste
                                       element.

                                  G    Die waarde van die alternatief wat
                                       nie gekies is nie en opgeoffer is
                                       wanneer ŉ keuse gemaak word.
                                                                             (6x1) (6)

                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              5
                                                  (Vraestel 2)             GRAAD 10

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term / woord
      langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Akronieme en afkortings word nie aanvaar nie.

      1.3.1    ŉ Staatshospitaal is deel van hierdie sektor.

      1.3.2    Die studie van die optrede van individuele besluitnemers in die
               ekonomie.

      1.3.3    ŉ Bedrag geld wat deur die staat voorsien word om besighede te help
               om die prys van goedere en dienste laag te hou.

      1.3.4    Die nut wat ŉ verbruiker kry deur elke bykomende produk wat hy / sy
               gebruik.                                                         (4x1)   (4)

                                                                        AFDELING A:         20

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                               6
                                                   (Vraestel 2)              GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae:

       2.1.1   Noem TWEE funksies van markte.                                     (2x1)   (2)

       2.1.2   Wat is markewewig?                                                 (1x2)   (2)

2.2    Bestudeer die onderstaande spotprentjie en beantwoord die vrae wat volg:

                    Gaan julle
                      op?

                                             Sonde-
                                            belasting
                                             Brand-
                                             stofhef
                                               fing

           Die                                 Elektrisiteit-
          middel-                                heffing
           klas                                 Belasting-
           nag-                                   koers
          merrie

       2.2.1   Identifiseer die gebou wat in die spotprentjie getoon word.                (1)

       2.2.2   Vir watter geleentheid was hierdie spotprent geteken?                      (1)

       2.2.3   Verduidelik die tipe belasting waarna in die spotprent verwys word, en
               gee ŉ kort verduideliking wat die man se woorde: “gaan julle op?” met
               betrekking tot die belasting, beteken.                                     (4)

       2.2.4   Bespreek TWEE redes waarom die regering ŉ zero BTW-koers op
               basiese voedselsoorte gehef het.                                           (4)

                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                 7
                                                  (Vraestel 2)                 GRAAD 10

2.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg:

        HOEVEELHEID               MARGINALE NUT              TOTALE NUT
        WARMBRAKKE
              0                            0                       0
              1                            50                      50
              2                            A                       95
              3                            20                     115
              4                            10                     125
              5                            0                      125
              6                           -10                      B

      2.3.1   Watter warmbrak gee die grootste bevrediging?                                 (1)

      2.3.2   Identifiseer die warmbrak wat geen ekstra bevrediging gee, wanneer dit
              verbruik word nie.                                                            (1)

      2.3.3   Bereken die waardes van A en B in die tabel.                                  (4)

      2.3.4   Gebruik die inligting uit bogenoemde tabel en teken ŉ volledig
              benoemde grafiek van die marginale nut.                                       (4)

2.4   Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere.                        (4x2)    (8)

2.5   Gee ŉ volledige bespreking van die redes waarom die regering subsidies
      toestaan.                                                                             (8)
                                                                                           (40)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                  8
                                                  (Vraestel 2)              GRAAD 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae:

      3.1.1   Gee enige TWEE eienskappe van nut.                                    (2x1)   (2)

      3.1.2   Hoe beïnvloed die wet van dalende nut die hoeveelheid verbruik? (1x2)         (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:

                                         …………
                            DIE INVLOED VAN SUBSIDIES OP PRODUKTE

                                                          A
                                                                  A1

                       Pe

                PRYS
                       P1

                                                                             V

                                            He       H1
                                             HOEVEELHEID

      3.2.1   Beskryf die helling van die aanbodkurwe.                                      (1)

      3.2.2   Identifiseer hoeveel geproduseer is voordat die subsidie betaal is.           (1)

      3.2.3   Dui aan wat met die prys en hoeveelheid in die grafiek gebeur het en
              waarom?                                                                       (4)

      3.2.4   Verduidelik die wet van aanbod.                                               (4)

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                       9
                                                    (Vraestel 2)                  GRAAD 10

3.3   Lees deur die onderstaande gevallestudie deur en beantwoord die vrae wat
      volg.

        Natuurlik sal dit ŉ ander storie wees, indien jy ŉ monopolie-eienaar van al die
        minibus taxi’s in Suid-Afrika is. Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die
        passasiers sê om dit eenvoudig te aanvaar, soos die Lughawens
        Maatskappy Suid-Afrika (LMSA) tans doen.

        Soos baie monopolieë, praat LMSA ook baie oor “kliënt-gefokusde-dienste”,
        maar hulle optrede demonstreer minagting vir hulle kliënte. Dit is nie nodig
        om verder as die lugdiensbedryf te kyk, om die voordele van mededinging in
        die mark te sien nie. Almal hou nie van lae-koste lugrederye, soos Kulula en
        1Time nie. Hulle het egter vir mense die opsie gegee om te kan kies. In
        samewerking met prysvergelykings-webwerwe, het Suid-Afrikaanse
        toeroperateurs lugdienspryse dramaties afgedwing. Mededinging het die
        lugdiensbedryf getransformeer. Daar is egter steeds ŉ gereguleerde
        monopolie wat minderwaardige dienste lewer, eindelose wagtye vir bagasie
        en hoë misdaadvlakke het. Lughawe-sekuriteit skiet ook tekort en gereeld
        word daar nog gewag vir toerusting wat laat afgelaai word.

                                Bron: http://www.southafrica.to/transport/Airports/ACSA-monopoly

      3.3.1   Waarvoor staan die akroniem LMSA?                                                     (1)

      3.3.2   Noem EEN strategie, volgens die gevallestudie, wat die lugdiensbedryf
              verander het.                                                                         (1)

      3.3.3   Die skrywer sê: “Jy sal taxitariewe kan verhoog en vir die passasiers sê
                              om dit eenvoudig te aanvaar”. Verduidelik kortliks
                              waarom hy hierdie stelling maak.                                      (4)

      3.3.4   Bespreek watter faktore kan bydra om die taxibedryf in Suid-Afrika ŉ
              volmaakte mededingingende mark te maak.                                               (4)

3.4   Onderskei tussen komplementêre produkte en substituutprodukte.                    (4x2)       (8)

3.5   Bespreek die eienskappe van indifferensiekurwes.                                  (4x2)       (8)
                                                                                                   (40)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                   40

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                               10
                                                   (Vraestel 2)              GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                    STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                   PUNTE
                                                                             TOEKENNING
Inleiding:

Die inleiding is ŉ lae-orde antwoord.

  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die vraag verband
                                                                               Maks. 2
   hou te bepaal en te omskryf.
 Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in jou hoofdeel insluit nie.
 Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die hoofdeel gaan
   bespreek.
Inhoud:

   Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Assesseer /
    Kritiese bespreking / Analiseer / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /          Maks. 26
    Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Ondersoek

   Ekstra deel: Gee jou eie mening / Gee ŉ kritiese bespreking /
    Evalueer / Evalueer Krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik
    die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
    Bereken / Vergelyk / Verduidelik / Lei af / Onderskei / Interpreteer/      Maks. 10
    Debatteer kortliks / Hoe? / Gee ŉ voorstel

Gevolgtrekking:

Enige hoë orde gevolgtrekking kan die volgende insluit:

   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat alreeds
    genoem is te herhaal.
                                                                               Maks. 2
   Enige mening of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.
   Enige addisionele ondersteunende feite wat die bespreking / analise
    kan versterk.
   ŉ Opponerende / teenstrydige sienswyse met ŉ motivering, indien
    verlang.
   Aanbevelings
                               TOTAAL                                            40

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                               11
                                               (Vraestel 2)             GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig, gebruik grafieke, hoe die kragte van vraag en aanbod die
    ewewigsprys in die produktemark bepaal.                                    (26)

   Verduidelik die faktore wat die vraag na ŉ produk beïnvloed.               (10)   (40)

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

   Gee ŉ volledige bespreking van die eienskappe van volledige- en
    onvolledige markte.                                                        (26)

   Watter stappe kan die regering neem om markmislukkings te voorkom?         (10)
                                                                                      (40)

                                                           TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                         TOTAAL:      100

                                         EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/7c12cdd0-6d92-4fb6-95d4-f2a8ae4ac330) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-possible-answers/2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422) — Economics · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
