# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2015 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2015-question-paper/5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2015-question-paper/5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      testpapers.co.za

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                            2015
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 2

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

12 Bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                                              VRAESTEL 2               2

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          EKONOMIE
                                                          VRAESTEL 2

                                                          PUNTE: 150

                                                          TYD: 2 uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in jou ANTWOORDBOEK.

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nomeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

3.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke vraag.

4.   Lees die vrae versigtig en noukeurig.

5.   Begin ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy.

6.   Los 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

7.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
     vraag.

8.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Ekstra antwoorde sal nie gemerk word
     nie.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ niegeprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                                                VRAESTEL 2            3

AFDELING A (VERPLIGTEND)                                      30 PUNTE – 25 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie keuses word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

      1.1.1   ŉ Markstruktuur met die minste mededinging is bekend as ŉ ...

              A      oligopolie.
              B      monopolistiese mededinging.
              C      monopolie.

      1.1.2   ŉ Produk of diens het nut as ...

              A      dit kan voldoen aan die smaak van die verbruiker.
              B      dit geldwaarde het.
              C      dit die behoeftes van ŉ verbruiker kan bevredig.

      1.1.3   ŉ Markstruktuur waar daar baie kopers en ŉ paar verkopers is

              A      Monopolistiese mededinging
              B      Volmaak mededingende mark
              C      Oligopolie

      1.1.4   Wanneer die ekonomie die vervaardiging op vlakke onder die
              maksimum produksievlakke produseer, word dit ... genoem

              A      werklose hulpbronne
              B      hoë ekonomiese groei
              C      optimaleproduksie-kombinasies

      1.1.5   Die monetêre en fiskale beleid is deel van ... beleid.

              A      groei-
              B      vraagkant
              C      aanbodkant

      1.1.6   Die punt van werkloosheid waar al die pryse stabiel is, staan bekend
              as die ... indiensnemingskoers.

              A      0%
              B      stabiele
              C      natuurlike

                                                                                      b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                                                  VRAESTEL 2                  4

       1.1.7    Die formele opsomming van die grondwetlike regte en vryhede van
                burgers van ŉ land staan bekend as die ...

                A      Handves van Regte.
                B      Grondwet.
                C      Werkskeppingswet.

       1.1.8    As die KVBA nie ŉ dispuut kan oplos nie, kan die saak verwys word na
                ...

                A      die Arbeidsappèlhof.
                B      die Arbeidsunie.
                C      die Arbeidshof.
                                                                                      (8x2) (16)

1.2    PASITEMS

       Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas.
       Skryf slegs die letter ( A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK.

             KOLOM A                                       KOLOM B
      1.2.1 Mark                    A    Die totaal in ŉ spesifieke mark

      1.2.2 Ruilverhouding          B    Strategie gebruik om arbeidsdeelname vir
                                         ekonomies gemarginaliseerde groepe te verhoog
      1.2.3 Ceteris Paribus
                                    C    Ekstra wins verkry, bo en behalwe normale wins
      1.2.4 Geleentheidskoste
                                    D    Ekstra gebruik, uit die verbruik van ŉ addisionele
      1.2.5 Aanbodkant                   eenheidsgoedere

      1.2.6 Breë-gebaseerde         E    Die interaksie tussen kopers en verkopers van ŉ
            swart ekonomiese             spesifieke produk of diens ten einde ruil
            bemagtiging                  vergemaklik

      1.2.7 Gemiddelde              F    Beleid wat gebruik word deur die regering om die
                                         totale aanbod van ŉ land te verhoog
      1.2.8 Marginale nut
                                    G    Alle dinge gelyk

                                    H    ŉ Voordeel, wins, of waarde van iets wat
                                         prysgegee moet word om iets anders te bereik

                                    I    Die prys van ŉ produk

                                                                                      (8x1) (8)

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                                              VRAESTEL 2                5

1.3   TERMINOLOGIE

      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommer ( 1.3.1 – 1.3.6 ) neer.

      1.3.1   Mense tussen die ouderdom van 15 en 65

      1.3.2   Die mees algemeen gebruikte definisie vir werkloosheid

      1.3.3   Die beleid wat vereis dat gekwalifiseerde mense uit benadeelde groepe
              gelyke geleenthede in die werkplek kry

      1.3.4   ŉ Ooreenkoms wat alle lede van ŉ groep insluit, soos ŉ vakbond

      1.3.5   Die hoeveelheid van ŉ produk of diens wat kopers bereid is om te koop
              teen verskillende pryse

      1.3.6   ŉ Monopolis bepaal die prys.
                                                                                (6x1)   (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:        30

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                                                   VRAESTEL 2                    6

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE         van    die   drie    vrae   uit   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2:       MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die vrae wat volg.

      2.1.1    Noem TWEE funksies van markte.                                         (2x1)     (2)

      2.1.2    Verduidelik die wet van aanbod.                                                  (2)

2.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         P2

                         P1

                                    Q1            Q2

      2.2.1    Gee die ewewigsprys en -hoeveelheid.                                             (2)

      2.2.2    Teen watter prys is daar ŉ oormaat vraag? Gee redes vir jou antwoord.            (4)

      2.2.3    Wat is TWEE faktore wat die aanbod- en die hoeveelheid aangebied
               kan beïnvloed?                                               (2x2)               (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                                                VRAESTEL 2                7

2.3   Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:

                                    C

                                    A

                         Produk X
                                                  B     D

                                            Produk Y

      2.3.1     Definieer die begrip produksiemoontlikheidskurwe.                        (2)

      2.3.2     Watter kurwe sal beter produksiekombinasies lewer? Gee ŉ rede vir
                jou antwoord.                                                     (2)

      2.3.3     Gee DRIE moontlike redes waarom kurwe AB verskuif na CD.         (3x2) (6)

2.4   Bespreek VIER kenmerke van volmaakte mededingende markte.                  (4x2) (8)

2.5   Oorweeg die volgende scenario:

      Daar is twee tipes ontbytpap op die mark; Rice Crispies en Geen Naam
      Graanvlokkies. Die prys van Rice Crispies gaan baie op.

      •       Illustreer met die hulp van grafieke wat met die vraag na Rice Crispies en
               die vraag na Geen Naam Graanvlokkies onderskeidelik, sal gebeur.          (8)
                                                                                         [40]

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                                                  VRAESTEL 2                8

VRAAG 3:       KONTEMPORERÊ EKONOMIESE KWESSIES
                                              40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae

      3.1.1    Noem TWEE arbeidsregte wat deur die Suid-Afrikaanse Grondwet
               beskerm word.                                          (2x1) (2)

      3.1.2    Verduidelik hoe arbitrasie werk.                                   (1x2)    (2)

3.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            MTN-STAKING NOG NIE VERBY NIE

        Nywerheidsaksie (staking) teen Suid-Afrika se tweede grootste
        selfoonnetwerk, MTN is nog nie verby nie, het die maatskappy gister
        bevestig.

        Berigte in naweekkoerante het aangedui dat MTN en die Communication
        Workers Union (CWU) ooreengekom het om die staking onder inbelsentrum
        en franchise personeel wat hoër salarisse eis, te beëinding.

        Tog het MTN aan Sake24 bevestig dat terwyl die meeste stakende werkers
        teruggekeer het om te werk, die maatskappy steeds gewikkel is in die staking
        van meer as ŉ maand, nadat die CWU betoogoptrede op 20 Mei begin het.

        "MTN kan bevestig dat hulle nie ŉ ooreenkoms met die CWU aangegaan het
        nie, en die oorspronklike aanbod wat ter tafel gelê is, is nog steeds daar.” het
        MTN SA in ŉ e-pos verklaring aan Sake24 gesê.

                          Bron: Aangepas uit News24 – Gareth van Zyl – 30 Junie 2015

      3.2.1    Verduidelik in jou eie woorde, wat is ŉ staking.                            (2)

      3.2.2    Wat is die rol van ŉ vakbond?                                               (2)

      3.2.3    Gee ŉ moontlike effek wat stakings op ŉ land se ekonomie kan hê             (2)

      3.2.4    Gee, volgens die artikel, die rede vir die stakingsaksie                    (2)

      3.2.5    Verskaf die volle naam van die vakbondfederasie waarvan die CWU ŉ
               deel is.                                                          (2)

                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                                                    VRAESTEL 2              9

3.3     Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      MOENIE ̓N BANGBOEK WEES NIE

      Die Klein Sakeonderneming Finansiële Agentskap het ŉ beroep op klein
      besighede in die OR Tambo-streek gedoen om te registreer sodat hulle die
      befondsing van finansiële instellings kan bekom.

      Dit maak nie saak of jy tshisanyama of amagwinya (vetkoek) wil verkoop op ŉ
      straathoek nie, elke besigheid moet registreer om in staat wees om befondsing te
      verkry van finansieringsinstellings (banke) en in staat te wees om te groei.

      Die Small Enterprise Finance Agency (SEFA ) het ŉ direkteuitleen-inisiatief van
      stapel gestuur.
      Die nuwe inisiatief sal klein medium en mikro-ondernemings (KMMO's) in staat stel
      om toegang te verkry tot finansiële hulp van SEFA, selfs as die eienaars nie
      sekuriteit het nie of ŉ slegte kredietrekord het.

      Die uitvoerende hoof het gesê: "Die eerste drie jaar is die moeilikste tydperk vir
      enige klein besigheid. Ons hoofdoel is om seker te maak dat hulle toegang tot
      befondsing het."

                                   Bron: Aangepas uit Business News - Augustus 2014

        3.3.1     Wat is die rol van SEFA?                                                 (2)

        3.3.2     Verduidelik wat bedoel word met sekuriteit en ŉ slegte kredietrekord
                                                                                    (2x2) (4)

        3.3.3     Noem EEN ander organisasie wat die KMMO finansieel kan help.             (2)

        3.3.4     Hoekom dink jy is dit belangrik dat KMMO bevorder word in die Suid-
                  Afrikaanse Ekonomie?                                                (2)

3.4     Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is ontwerp om die regte van werknemers
        in Suid-Afrika te verbeter. Verduidelik enige TWEE ander wette wat die regte
        van werknemers in Suid-Afrika verbeter.                                (2x4) (8)

3.5     Onderskei tussen die twee tipes opleidingsprogramme wat geskep is deur die
        Vaardigheidontwikkelingswet van 1998.                               (2x4) (8)
                                                                                   [40]

                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                                              VRAESTEL 2                  10

VRAAG 4:      MIKRO-EKONOMIE          EN      KONTEMPORÊRE    EKONOMIESE
              KWESSIES                                40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1   Noem TWEE oorsake van markmislukking wat verband hou met
              arbeid.                                            (2x1) (2)

      4.1.2   Wat is die effek op ekonomiese groei as die ekonomie nie doeltreffend
              is in vervaardiging nie?                                       (1x2) (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande koerantuitreksel en beantwoord die vrae wat volg.

               Minimum loon “geen plaasvervanger vir ekonomiese groei”

        Daar is ŉ breë aanvaarding vir die behoefte aan ŉ nasionale minimumloon
        stelsel, het adjunk-president Cyril Ramaphosa gesê oor die naweek. Die
        nasionale minimumloon is van toepassing op alle werknemers, sowel as in
        die openbare en private sektore, tensy anders bepaal . Tans word minimum
        lone in Suid-Afrika in sekere sektore van die ekonomie deur sektorale
        vasstellings gedoen, deur die minister van arbeid.

                                Bron : Uittreksel van Mail and Guardian – 22 Junie 2015

      4.2.1   Onderskei tussen die minimum loon en nasionale minimum loon.
                                                                                 (2x2) (4)

      4.2.2   Noem twee sektore waar minimum loon wette tans van toepassing is.
                                                                           (2x1) (2)

      4.2.3   Wat kan die gevolg wees indien ŉ minimum loon ingestel word wat
              hoër is as die ewewigs loon?                                    (2)

      4.2.4   Verduidelik kortliks die effek van ŉ minimum loon op die hoeveelheid
              goedere aangebied.                                                   (2)

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                                                VRAESTEL 2             11

4.3   Minimum lone is een manier waarop die regering kan ingryp in die mark .
      Bespreek kortliks VIER ander maniere van ingryping deur die regering. (4x2) (8)

4.4   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                           Suid-Afrikaanse Arbeidsdeelname Koers

      4.4.1    Wat is die arbeidsmag deelnamekoers in die tweede kwartaal van
               2015?                                                          (2)

      4.4.2    Gee die formule vir die berekening van die arbeidsmag deelname
               koers.                                                         (2)

      4.4.3    Beskryf DRIE doelwitte van die Wet op Arbeidsverhoudinge.      (3x2)   (6)

4.5   Verduidelik kortliks die faktore wat die vraag na arbeid beïnvloed.      (4x2) (8)
                                                                                     [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                      EKONOMIE
                                                                      VRAESTEL 2              12

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

    STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                   PUNTETOEKENNING

    Inleiding                                                                   Maks 2
    Liggaam
        • Hoofdeel: Byvoorbeeld: bespreek / onderskei /                         Maks 26
           differensieer/ verduidelik / ontleed / evalueer /
           beoordeel
        • Bykomende deel: Byvoorbeeld: Stel ŉ grafiek of
           diagram / aflei / uiteensetting / verduidelik kortliks / brei        Maks 10
           uit op / gee jou eie mening / ondersteuning
    Gevolgtrekking                                                              Maks 2
    TOTAAL                                                                      Maks 40

VRAAG 5:          MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 35 MINUTE

Markkragte is ekonomiese faktore wat die beskikbaarheid van goedere en die vraag
daarna.

•    Evalueer die faktore wat die vraag en die hoeveelheid beïnvloed.                 (26)
•    Deur die gebruik van ŉ grafieke, illustreer die verskil tussen ŉ beweging langs die
     vraagkurwe en ŉ verskuiwing van die vraagkurwe.                                  (10)
                                                                                             [40]

VRAAG 6:          KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES40 PUNTE – 35 MINUTE

Suid-Afrika het een van die hoogste werkloosheidsyfers in die wêreld.

•    Bespreek die tipes werkloosheid en die negatiewe gevolge van werkloosheid op
     die ekonomie.                                                              (26)
•    Om jou bespreking af te sluit, verduidelik kortliks hoe ŉ program van openbare
     werke, werkloosheidsversekering en die ontwikkeling van klein, medium en mikro-
     ondernemings kan help om armoede in Suid-Afrika te verlig.                 (10)
                                                                                             [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                             GROOTTOTAL: 150

                                                EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/85d4f782-147c-494a-8e6e-f677e427afe6) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-possible-answers/bc38fb6f-6bc5-4040-aa41-5fe7965d342b) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
