# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2016
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

                        MEMORANDUM

19 bladsye

                              1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                              MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRADE 10

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                            EKONOMIE
                                                            (Vraestel 2)

                                                            MEMORANDUM

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGE KEUSEVRAE

      1.1.1 B ✓✓ as die prys styg sal die hoeveelheid aangebied styg

      1.1.2 C ✓✓ Maksimum prys

      1.1.3 B ✓✓ Maklike toetrede en uittrede in die mark

      1.1.4 A ✓✓ Vakleerlingskapooreenkomste

      1.1.5 C ✓✓ Regstellende aksie

      1.1.6 A ✓✓ Inflasie

      1.1.7 A ✓✓ Arbeidsproduktiwiteit

      1.1.8 B ✓✓ Regerings subsidies
                                                                               (8x2) (16)
1.2   PAS ITEMS
      1.2.1 B -     Metode wat gebruik word om die verhouding tussen werkgewer en
                    werknemer te hanteer ✓
      1.2.2 E -     Alle ander dinge bly dieselfde ✓
      1.2.3 A -     As verbruik styg, sal die nut van die produk daal ✓
      1.2.4 F -     Handves van Regte ✓
      1.2.5 C -     ŉ Regerings stelsel wat werkers beskerm tydens werkers
                    vermindering ✓
      1.2.6   I-    V✓
      1.2.7 D -     Mense met hoë vaardigheidsvlakke, wat in lae besoldigings poste werk
                    of hulle werk minder ure as wat hulle graag wil werk✓
      1.2.8 G -     Klein, Medium en Makro ondernemings ✓

                                                                                (8x1) (8)
                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                MEMORANDUM      ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

1.3   KONSEPTE
      1.3.1 BBBEE Broad Based Black Economic Empowerment Act No. 53 of 2003 ✓
      1.3.2 Begrotings lyn ✓
      1.3.3 Perfekte/ Volmaakte mark ✓
      1.3.4 Minimum loon ✓
      1.3.5 Ontwikkelings Bank van Suider-Afrika (DBSA) ✓
      1.3.6 Eksternaliteite ✓
                                                                          (6x1) (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A: 30

                                         3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM              ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2 [MAKROEKONOMIE]                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Antwoord die volgende vrae.

2.1.1 Noem TWEE faktore wat die waarde van ŉ produk bepaal.

      •   Nut ✓
      •   Vraag ✓
      •   Aanbod ✓
      •   Natuurlike sikliese verandering ✓                                    Any (2x1)(2)

2.1.2 Watter stelling maak die marginale koers van substitusie?

      Die dalende helling van die onverskilligheidskurwe dui die koers aan waarteen die
      verbruiker bereid is om ŉ klein hoeveelheid van een produk op te offer vir ŉ bietjie
      meer van ŉ ander produk – genoem GKS√√ soos laer beweeg van links na regs
      daal die GKS koers. ✓✓                                                        (1x2)(2)

2.2   Data respons

2.2.1 Verduidelik die term produksiemoontlikheidskromme
      'n Diagram wat aantoon watter kombinasie van 2 verskillende produkte geproduseer
      kan word, gegewe die beperkte beskikbaarheid van produksie faktore ✓✓         (2)

2.2.2 Wat vind plaas by punt B in vergelyking met punt A?
      Punt A is onekonomiese aanwending van produksie faktore (nie alle beskikbare
      produksie faktore word aangewend nie). ✓✓
      Punt B – alle beskikbare produksie faktore word optimaal aangewend. ✓✓             (4)

2.2.3 Watter TWEE voorwaardes moet ŉ besigheid nakom ten einde om produktiewe
      effektiwiteit te bereik.
      Laagste eenheidskoste ✓✓ en soortgelyke marginale koste                          (4)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                              MEMORANDUM            ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

2.3   Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

2.3.1 Voorsien die aanhaling van ŉ gepaste opskrif.

      Suid-Afrika se toekomstige vraag na voedsel. 
      (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                             (1)

2.3.2 Gee TWEE redes waarom die vraag na landbouprodukte mag styg.

         •    Styging in verbruiker se inkomste. 
         •    Styging in prys van substituut produkte. 
         •    Daling in die prys van komplimentêre produkte. 
         •    Styging in bevolkingsgetalle. 
            (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                        Any (2x1)(2)

2.3.3 Verduidelik wat met die vraagkurwe sal gebeur as daar ŉ verandering in vraag
      van voedsel produkte plaasvind.

      ŉ Beweging op die vraag kurwe                                                (2)

2.3.4 Hoekom koop mense meer as pryse daal?

      Om behoefte bevrediging te maksimaliseer. 
      Spandeer meer van hulle inkomste op verlaagde produkte pryse.            (1x2)(2)

2.3.5 Wat word deur die Wet van Vraag bedoel?

        •     Inwaartse verhouding tussen prys van produk en hoeveelheid gevra van die
              produk. 
        •     Hoe hoër die prys hoe laer die vraag. 
        •     Hoe laer die prys hoe hoër die vraag.                                 (3)

                                             5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

2.4   Bespreek inkomste subsidies en produksie subsidies.

      Inkomste subsidie
      • Subsidie van mense deur oordragbetalings ten einde hulle in staat te stel om
         minimum lewensstandaard te handhaaf √√
      • bv. Ouderdoms pensioene, kinder toelae, werkloosheidsversekering. √ (2x2)(4)

      Produksie subsidie
      • Subsidiering van verskaffers deur regering om hulle aan te moedig om produksie
         te verhoog. √√
      • Om finansiering verliese gedeeltelik te vergoed aan te moedig om teen laer
         koste te bly produseer. √√ Bv. Subsidies op landbouprodukte. √         (2x2)(4)

2.5   “Die vorm van die onverskilligheidskromme word veroorsaakdeur die
      verskuiwing van die voordeel van marginale nut van een produk na ŉ ander.”

      Evalueer die stellingdeur die algemene karaktereienskappe van die
      onverskillheidskromme te verduidelik.

      •   Indifferensiekurwe daal van links na Regs – dui die koers aan waarteen die
          verbruiker bereid is om een produk met ŉ ander te vervang en steeds tevrede sal
          wees. √√
      •   Hoër kurwes geniet voorkeur bo laer kurwes – verbruikers verkies eer van een
          produk eerder as minder daarvan. √√
      •   Indifferensiekurwes kruis nooit en raak nooit – alle kombinasies van produk A en
          B lewer selfde vlakke van bevrediging. √√
      •   Verbruiker wil graag meer van Produk A en B koop dus soek hoogste moontlike
          kurwe. √√
      ▪   Indifferensiekurwe buig inwaarts – verteenwoordig grens koste van substituut
          produkte. √√                                                             (2x4)(8)
                                                                                       [40]

                                            6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

VRAAG 3 [KOMTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES]                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae:

3.1.1 Noem TWEE aspekte van die menslike hulpbron ontwikkeling

      •   Strategie 
      •   Onderwys 
      •   Opleiding 
      •   Gelyke indiensneming                                             Enige (2x1)(2)

3.1.2 Wat is die bedoeling van ŉ konvensie?

      Lid lande pas standaarde en ooreenkomste toe en gebruik dit as riglyne vir die
      daarstel van wette en regulasies wat wetlik afdwingbaar is..              (1x2)(2)

3.2   Bestudeer die spptprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

3.2.1 Waarvoor staan die afkorting COSATU?

      Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Congress of South African Trade
      Unions)                                                      (1)

3.2.2 Verduidelik die begrip “situasie van die werkers”.

      Dit dui op ŉ situasie wat gevaarlik kan wees, moeilik kan wees, ongewens kan
      wees.                                              (1)

3.2.3 Wat dink jy is die wetlike verantwoordelikhede van ŉ vakbond federasie soos
      COSATU?

      Vorm deel van arbeidsgroep in Nedlac.  Verteenwoordig die belang van lede
      asook die belange van die staat.                                      (2x2)(4)

                                            7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                               MEMORANDUM                 ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

 3.2.4 “Die KKMA is deel van die kollektiewe onderhandelings- en dispuutoplossings
       proses.”

       Vergelyk konsilliasie en mediasie, as deel van die bogenoemde proses in tabel
       formaat.

                Konsiliasie                                           Mediasie
Vrywillige proses tussen werkgewer en               Behels dienste van aanvaarbare, onpartydige
werknemer.                                          en neutrale derde party om te help met
Bemiddelaar word deur KKMA aangestel.               dispuutoplossing bemiddelaar geen eie gesag
√√                                                  nie en neem nie besluit nie. √√
                                    (1x2) (2)                                            (1x2) (2)

 3.3   Bestudeer die uitreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 3.3.1 Verduidelik die term restitusie.

       Regstelling of vergoeding van iets wat verkeerd was in die verlede of grief van die
       verlede. √√                                                                        (2)

 3.3.2 Wanneer was die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika gehou?

        27 April 1994                                                                     (2)

 3.3.3 In jou opinie hoe is die inkomste in Suid-Afrika verdeel?

       Baie ongelyke verdeling√√
                                                                                             (2)
 3.3.4 Noem VIER hoof areas van die makro-ekonomiese doelwitte.

       Werkskepping √, Verminder armoede√, Verminder ongelykheid √, Verhoog
       welvaart. √                                                                     (4x1)(4)

                                                8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

3.4   Beskryf kortliks TWEE stappe wat die regering geneem het in die
      demokratisering van die ekonomie sedert 1994.
      •   Arbeidswetgewing
      •   Arbeids geleentheid om opinie te lig oor onderneming se beleid √√
      •   Deelname aan werksplek forums √√
      •   Openbare verhore √√
      •   Parlementêre proses maak voorsiening vir verskeie komitees.
      •   Belangrike kwessies word gedebatteer. Privaat persone kan aansoek doen om
          te getuig by so komitee. √√
      •   Maak aanbevelings. √√
      •   Nedlac – Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings en Arbeids raad bestaan uit
          verteenwoordigers van regering, besighede, arbeid en ontwikkelings
          organisasies gestig in 1994. √√
      •   Debatteer kwessies en bereik ooreenstemming (konsensus) voordat na die
          Parlement gaan. √√
      •   Selfregulerende liggame – groot aantal deur regering gestig.√√
      •   Hierdie rade of komitees is saamgestel uit lid verteenwoordigers√√ en regerings
          verteenwoordigers√√.
      •   Bv. Raad van finansiële dienste √                                       (4x2)(8)

3.5   Verduidelik die magte van die arbeidshof.

      •   Kan enige skikkingsooreenkoms of arbitrasie beslissing in hofbevel meng √√
      •   Word verplig om te doen wat hof besluit√√
      •   Hersiening van arbeidsarbitrasie beslissing.√√
      •   Dispuut tussen werkgewer, werknemer besleg √√
      •   Vergoeding toeken vir skade gelei √√                                  (4x2)(8)
                                                                                    [40]

                                           9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                               MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

VRAAG 4 [MIKRO EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES]
                                              40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1     Beantwoord die volgende vrae.

4.1.1 Noem TWEE tipes indirekte belastings.

        •    BTW√
        •    Doeane belasting√
        •    Aksyns belasting√
             (Aanvaar enige relevante antwoord.)                              (Enige 2x1) (2)

4.1.2 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid?

        Betaling na werknemers wat beserings opgedoen het terwyl in diens was by die
        werkplek√√ bv. ongeskiktheid dood.√                                       (1x2)(2)

4.2     Data respons

4.2.1 Waarvoor staan die afkorting OWP?

        Openbare werke program√√                                                           (2)

4.2.2 Noem TWEE vlakke van die regering wat openbarewerke programme geïnisieër
het.

        •    Nasionaal√
        •    Provinsiaal√✓
        •    Plaaslik√                                                           (Any 2x1)(2)
4.2.3   Verduidelik in jou eiewoorde wat word bedoel met ŉ openbarewerke program.

        •    ŉ Regerings program om mense tydelik in diens te neem.
        •    Skep fisiese, sosiale en ander infrastruktuur bv. Sonskrag verhitting en energie
             doeltreffende beligting.√√                                         (Enige 1x2)(2)
4.2.4 Verduidelik vanuit die spotprent, hoe OWP beoog om armoede te verlig.

        •    Werkskepping vir vroue, jeug en gestremdes.√√

        •    Identifiseer planne en skepping van programme soos sonkrag
             waterverwarmers, isolasie van plafonne energie doeltreffende beligting in meer
             as 2000 lae koste huise.√√                                              (2x2)(4)

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM            ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

4.3   Data respons

4.3.1 Na aanleiding van die artikel wat is die doel van OPUL?

      Produseer derde van wêreld olie produksie√                                    (1)

4.3.2 Indien OPUL die produksie en prys van die produkbeheer, wattertipe mark
      word daar van gepraat?

      •   Onvolmaakte mark/oligopolie √                                             (1)

4.3.3 Gee die karaktereienskappe van die mark soos geidentifiseer in Vraag 4.3.2.

      •   Daar is relatief min verkopers.√√
      •   Toegang tot mark is beperk.√√
      •   Is prys vasstellers √√
      •   Markprys kan gemanipuleer word deur die verkopers.√√        (Enige 2x2) (4)

4.3.4 Gee ŉ opsomming van die implikasies vir die verbruiker indien OPUL die
      aanbod van olie laag hou.

      •   Minder olie beskikbaar in mark.√√
      •   Verbruikers vra meer.√√
      •   Pryse sal styg.√√                                           (Enige 2x2) (4)

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM            ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

4.4   Differensiëer tussen toewysings doeltreffendheid en pareto-doeltreffendheid.

      Toewysing doeltreffendheid
      •   Ten mate met verskillende kombinasies produksie van twee produkte
      •   Word bereik wanneer kombinasie smake en voorkeure van verbruiker
          weerspieël√√
      •   Hulpbronne in regte hoeveelhede gekombineer om verskillende goedere en
          dienste te produseer √√                                             (2x2)(4)

      Pareto-doeltreffendheid

      •   Word bereik wanneer produktiewe en toewysigings doeltreffendheid gelyktydig
          bestaan.√√
      •   Wanneer bestaande toewysing van hulpbronne nie moontlik is om te verander
          sodat iemand beter daaraan toe is sonder dat iemand ander slegter daaraan toe
          is √√                                                                  (2x2)(4)

4.5   Die KKMA is ŉ onafhanklikeinstelling gevestig in 1996 in terme van die
      arbeidsverhoudings wetgewing.

      Verduidelik die funksies van die KKMA.

      •   Bystand verlening met strlyting van werk plek forums.√√
      •   Gee advies en/of bystand aan party by ŉ dispuut oor prosedure wat volgens
          wetgewing gevolg moet word. T.o.v. verkryging van regsadvies, -bystand en –
          verteenwoordigers. √√
      •   Maak reëls rakende vergaderings prosedures. √√
      •   Publiseer reëls rakende vergaderings prosedures. √√
      •   Publiseer reëls in Gazette. √√
      •   Adviseer partye aangaande prosedures om te volg tydens dispute√√
      •   Adviseer organisasies oor Arbeids wetgewing. √√
      •   Adviseer oor regstellende aksie. √√
      •   Adviseer oor seksuele werksplek teistering.√√                    Enige (4x2)(8)

                                                                                     [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B: 80

                                           12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                               MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN van die volgende twee vrae in jou ANTWOORDBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                         PUNTE-
                                                                                 TOEKENNING
Inleiding                                                                        Maks. 2 punte

Hoof gedeelte
Bespreek in detail /in dieptebespreking / Vergelyk                               Maks. 26 punte
Ontleed /Kritiese bespreking / Evalueer
Onderskei / Verduidelik /Asseseer /Debatteer

Addisionelegedeelte
Gee eie opinie/ Bespreek krities /Evalueer/ Evalueer krities/Teken grafieke /
Verduidelik / Gebruik grafiek en Verduidelik /Voltooi gegewe grafiek. /          Maks. 10 punte
Bereken / Lei af / vergelyk / Verduidelik / Ontleed / Debateer kortliks / Hoe?
Stel voor / Gebruik inligting en argumenteer/ Debateer/ Evalueer

Gevolgtrekking
Enige relevante hoër orde gevolgtrekking
   • Kort samevatting
   • Opinie of waarde oordeel                                                    Maks. 2 punte
   • Addisionele ondersteunende inligting
   • Teenstrydige oogpunt
   • Aanbeveling
                                  TOTAAL                                               40

VRAAG 5      [MIKROEKONOMIE]                                        40 PUNTE – 40 MINUTE
“Die belangrikste enkele standpunt rakende markte is dat geen verhandeling
plaasvind nie, tensy albei partye bevoordeel word.”

   • Bespreek die funksies van markte in die ekonomie krities en stel vas waarom
     mark mislukkings soms voorkom.                                            (26)

   • Maak aanbevelings oor moontlike stappe wat die regering kan neem om ten
     einde markmislukkings te voorkom of te beperk.                          (10)
                                                                                      [40]

                                             13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM            ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

INLEIDING

ŉ Mark is ŉ plek waar kopers en verkopers ontmoet om goedere en dienste teen ŉ prys te
verruil.√√

(Aanvaar enige relevante antwoord.)

LIGGAAM

   •   Toewysing van hulpbronne √
       o Indien genoeg kopers vir ŉ produk is sal genoeg hulpbronne toegewys word om
          produk te produseer. √√
       o Mark wys vervaardigers wat verbruikers wil he en hoeveel hulle wil hê. √√
       o Indien vraag na produk daal sal aanbod ook daal, sodoende bepaal mark wat
          geproduseer sal word √√
       o Ook bekend as toewysings funksie.
       o Toewysing van hulpbronne na verskillende goedere en dienste bepaal die
          prys. √√
       o Indien pryse van hulpbronne styg sal produsente vir alternatiewe soek. √√

   • Fasiliteer deelname √
     o Stel deelnemers in staat om voordele van grootskaalse markte en laer pryse te
        benut. √√
     o Groot en mededingende mark laat kopers en verkopers toe om voordeel van
        massa produksie te benut. √√
     o In staat om in groot maat te koop ten einde koste laat te hou. √√

   • Bring vraag en aanbod bymekaar √
     o Bring kopers en verkopers byeen en laat hulle ooreenstem oor prys van goedere
         en dienste wat die waarde van die produk weerspieël. √√
     o Kopers ding mee teen kopers om laagste prys te betaal aan verkoper. √√
     o Verkopers ding mee met verkopers vir hoogste prys. √√
     o Kopers ding mee met verkopers vir die beste opsie. √√
     o Kompetisie help om pryse stabiel te hou in die lang termyn. √√

                                          14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                              MEMORANDUM            ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

   •   Rantsoenering van Goedere en dienste √
       •    Kopers vra die meeste en is bereid om die prys daarvoor te betaal. √√
       •    Rantsoenering moedig die beskerming van hulpbronne aan en ontmoedig die
            oormatige gebruik van skaars hulpbronne. √√

   •   Selfregulering√
       • Pryse deur vraag en aanbod bepaal. √√
       • Markte verg geen direkte inmenging of beheer deur eksterne magte. √√
       • Markte word deur onsigbare hand begelei wat verseker dat hulpbronne
           doeltreffend geallokeer word. √√
       • In die afwesigheid van markte sou ŉ regulerende liggaam besluit oor produksie
           hoeveelhede en pryse neem terwyl markte die besluit outomaties neem. √√
       • Markte reflekteer wat verbruikers wil hê en verskaffers sal produseer wat
           verbruikers wil hê. √√

Hoekom misluk markte soms?                                            Maksimum 5x4 (20)

Onder voorsiening van goedere en dienste √

       •   Daar is sekere goedere en dienste wat mense benodig maar mark meganisme
           voorsien nie genoeg daarvan nie. √√
       •   bv. Onderwys, hospitale, riolering, verkeersligte√

Pryse en hoeveelhede produkte onredelik√

       •   Pryse deur markmeganisme mag te hoog wees vir gemiddelde gebruiker bv.
           Brood.
       •   Aanbod mag nie genoeg wees nie wat lei daartoe dat die mense nie
           noodsaaklike produkte kry nie bv. Mediese sorg.

Ongelyke verdeling van inkomste √

       •   In mark ekonomie kan daar ŉ ongelyke verdeling van inkomste en welvaart wees
           onder gemeenskap. √√

Ekonomiese stabiliteit√

       •   Sikliese fluktuasies vir ekonomiese aktiwiteite. √√
       •   Karakter van alle vrye mark ekonomie is die bestaan van resessies en
           uitbreidings (opswaaie) in ekonomiese aktiwiteit wat markmislukkings
           veroorsaak. √√                                                     Maks 2x3 (6)
           (Maksimum 8 punte vir hoofopskrifte, subopskrifte en voorbeelde)

                                                                                  Maks 26

                                            15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                              MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

ADDISIONELE GEDEELTE

Maak aanbevelings oor stappe wat die regering kan neem ten einde mark mislukkings te
voorkom of te beperk.

•    Staat verskaf openbare goedere dien dienste √√ bv. Elektrisiteit, skole. √
•    Implementeer wetgewing om kompetisie aan te moedig en hoë pryse te verhoed. √√
•    Verhoed die verkoop van nadelige produkte√√ bv. Sigarette aan kinders. √
•    Beskerm werker deur maksimum werksure in te stel asook minimum lone.
•    Spreek inkome gelykheid en regverdigheid aan deur beleide soos regstellende aksie
     toe te pas. √√
•    Gebruik Nasionale begroting om huishoudings te beïnvloed in hoe hulle inkomste
     spandeer word. √√
•    Verhoog indirekte belastings bv. Sonde belasting. √√
•    Verskaf subsidies en belasting toegewings aan individue. √√ Bv. Enkel ouers. √
•    Pas welsyn toelaes aan. √√
•    Hou markte ingelig oor die gebruik van sekere goedere en dienste.
•    Lig mense in oor effek van die gebruik van sekere produkte. √√ Bv. Advertensie op
     verpakking van sigarette wat gesondheid vraagstukke uitlig. √
•    Loods openbare bewusmakingsveldtogte oor HIV/Vigs. √√                    Maks 5x2 (10)

SLOT

Dit kan duidelik gesien word dat markte effektief funksioneer en dat alle deelnemers in die
mark ŉ rol het om te speel.√√
(Aanvaar enige hoër orde gevolgtrekking.)                                            Maks 2

                                                                                       [40]

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

VRAAG 6 [KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES]
                                                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

“Langtermyn werkloosheid word wêreldwyd gesien as ekonomies onaanvaarbaar.”

•    Bespreek die effek wat werkloosheid speel in die ekonomie, op die individue en
     in die politiek.
                                                                            (26 punte)
•    Maak voorstelle aan die regering hoe werkloosheid opgelos kan word deur
     monetêre en fiskale beleid.                                            (10 punte)
                                                                                  [40]

INLEIDING

Werkloosheid verwys na mense in die totale ekonomiese bedrywige bevolking (EBB) wat
nie gewerk het 7 dae voor sensus onderhand, wat wil werk en gewillig is om te werk en
bereid is om binne ŉ week te begin werk.√√

(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                       (Maks. 2 punte)

LIGGAAM

1.     Inpak op ekonomie.

       (a)   Geleentheidskoste√

             •   Wanneer mense werkloos is beteken dit dat uitset wat kan plaasvind nie
                 plaasvind nie.√√
             •   Regering laat nie by inkomste belasting en ander potensiële belasting
                 soos BTW nie. √√
             •   Werkloosheid beteken ŉ land gebruik nie al sy hulpbronne nie en
                 produseer nie maksimaal nie. √√
             •   Produksie is binne produksie moontlikheidskurwe. √√        Maks. 2x2 (4)

       (b)   Reële koste√

             •   Regerings se reële koste hoër a.g.v. werkloosheids versekering betalings,
                 en gesondheid en ander maatskaplike koste betaling bv. Misdaad
                 bestryding. √√
             •   Kennis en vaardighede word teen groot koste verkry maar vinnig deur
                 wanverbruik verloor. √√                                    Maks. 2x2 (4)

                                           17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM             ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

2.    Effek op individue

      •     Veroorsaak dat lewens standaard daal is grootste gevolg van armoede in
            RSA. √√
      •     Mense met geen inkomste kan gedwing word tot misdaad om te oorleef. √√
      •     Affekteer vaardigheid en trots van mense. √√
      •     Werkloosheid verlaag waarde van menslike hulpbron kapitaal en verloor hulle
            vaardighede en word nie opgelei in moderne metodes van hulle vaardighede
            nie. √√
      •     Verlies in selfvertroue verminder ŉ persoon se kanse om weer werk te kry. √√
      •     Werkgewers gebruik tydperk wat jy werkloos is om deur aansoek te sif. √√
                                                                         Maks. 5x2 (10)

3.    Politieke effek

      •     Werkloosheid beïnvloed persepsies oor sukses of mislukking van die
            markekonomie. √√
      •     Persepsie bestaan dat mark ekonomie nie instaat is om werkloosheid op te
            los nie en kan selfs verantwoordelik wees vir werkloosheid.√√
      •     Verhoogde vlakke van frustrasie kan tot onrus lei en het politieke effek.√√
      •     Daar is ŉ persepsie dat Sosiale ekonomie slegs armoede produseer en geen
            welvaart.√√                                                       Maks. 4x2 (8)

                                                                                 Maks. 26
ADDISIONELE GEDEELTE

Maakvoorstelleaan die regering hoe werkloosheid opgelos kan word deur Monetêre- en
Fiskale beleid.

Monetêre beleid

•     Kan rente koerse verlaag. Laer rente maak krediet goedkoper dus kan verbruikers
      meer leen en meer spandeer.√√
•     Rente koste op vorige lenings word minder wanneer rente koerse daal laat meer
      besteebare inkomste.√√

Fiskale beleid

•     Kan fiskale beleid gebruik om ekonomiese groei te verhoog, produksie te verhoog en
      meer werkskepping.√√
•     Begroot uit tekort kan meer geld in die ekonomie plaas as wat belasting onttrek uit
      die ekonomie.√√
•     Kan belastings verlaag eerder as om vir tekort te begroot.√√
•     Verbruikers en produsente het ekstra geld om te spandeer.√√
                                                                            Enige 5x2 (10)
                                           18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM            ECONOMICS PAPER 2 GRADE 10

SLOT

Die impak van werkloosheid is so wyd lopend en plaas ŉ voortdurende demper op
ekonomiese potensiaal wêreld wyd.√√

(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                             (Maks. 2)

                                                                             [40]
                                                            TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                        TOTAAL: 150

                                         19

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2016-possible-answers/2097fef5-02d5-478c-87c5-6ec360190422) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
