# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2017
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

TYD: 2 ure

PUNTE: 150

14 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                      2
                                                   (Vraestel 2)   GRAAD 10

                 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                PROVINSIALE EKSAMEN

                                                         EKONOMIE
                                                         (Vraestel 2)

                                                         TYD: 2 ure

                                                         PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

      AFDELING A:        VERPLIGTEND
      AFDELING B:        Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
      AFDELING C:        Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs blou ink.

10.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                     b.o

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                        3
                                                 (VRAESTEL 2)     GRAAD 10

AFDELING A
(VERPLIGTEND)

VRAAG 1      MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                    30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie keuses word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
      gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die LETTER (A – D)
      langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
      byvoorbeeld 1.1.9 D.

      1.1.1 Wat word die bevrediging van die verbruiker se behoeftes genoem
            vir elke ekstra produk wat hy gebruik?

            A     Totale nut
            B     Eienaarsnut
            C     Prysnut
            D     Marginale nut

      1.1.2 Alle punte binne die produksiemoontlikheidskurwe dui op …

            A     skaarsheid.
            B     keuse.
            C     ondoeltreffendheid.
            D     geleentheidskoste.

      1.1.3 Markmislukkings kan gedefinieer word as ŉ situasie waar …

            A     die regering nie daarin slaag om ekonomiese groei te bestuur
                  nie.
            B     die mark nie die beste hulpbronallokasie verkry nie.
            C     subsidies nie aan produsente voorsien word nie.
            D     verbruikers meer keuses het op beskikbare produkte.

      1.1.4 Watter instansie is die gesaghebbende liggaam wat
            vaardigheidsontwikkeling in ŉ spesifieke ekonomiese sektor
            reguleer word?

            A     SETA
            B     ASVA
            C     SAOG
            D     WAV

                                                                                     b.o

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE                         4
                                            (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

1.1.5 Hierdie Wet verseker dat daar ŉ gesonde werksverhouding tussen ŉ
      werkgewer en ŉ werknemer in die werksplek is.

      A      Wet op Basiese Diensvoorwaardes
      B      Wet op Gelyke Indiensneming
      C      Wet op Vaardigheidsontwikkeling
      D      Wet op Arbeidsverhoudinge

1.1.6 Die strome van onderwys in Suid-Afrika is soos volg, behalwe vir ...

      A      Volwasse Onderwys en Opleiding.
      B      Algemene Onderwys en Opleiding.
      C      Hoër Onderwys en Opleiding.
      D      Verdere Onderwys en Opleiding.

1.1.7 ŉ Volmaakte mark kan beskryf word as ŉ groep produsente wat …

      A      gedifferensieerde produkte verkoop.
      B      hulle produk teen verskillende pryse verkoop.
      C      min of geen toetredingsversperrings het nie.
      D      onvolledige inligting oor kopers het.

1.1.8 Die arbeidsopnamekoers word omskryf as …

      A      die aantal werklose mense uitgedruk as ŉ persentasie van die
             arbeidsmag.
      B      die persentasie van die bevolking van werkende ouderdom wat
             werk het.
      C      die aantal mense in die land se totale arbeidsmag.
      D      die aantal ekonomies aktiewe mense in die arbeidsmark.
                                                                     (8x2)       (16)

                                                                                  b.o

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                         5
                                               (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

1.2   PASITEMS

      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf die
      LETTER (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K.

               KOLOM A                              KOLOM B
                                   A   Die hoeveelheid van ŉ produk of diens
      1.2.1 Vraagkurwe                 wat verbruikers bereid en bevoeg is om
                                       binne ŉ gegewe tydperk te koop.
      1.2.2 Indifferensiekurwe
                                   B   Bring partye bymekaar en oorreed hulle
      1.2.3 Belasting op               om oor ŉ sekere aksie saam te stem.
            toegevoegde waarde
                                   C   Dui die verhouding tussen die
      1.2.4 Vraag                      produkprys en -hoeveelheid gevra aan.

      1.2.5 Onder-indiensneming    D   Mense met hoë vaardigheidsvlakke, wat
                                       in poste met lae lone, aangestel is.
      1.2.6 Versoening
                                   E   ŉ Program wat deur die Suid-Afrikaanse
      1.2.7 Swart Ekonomiese           owerheid ingestel is om die
            Bemagtiging                ongelykhede van Apartheid te herstel
                                       deur ekonomiese geleenthede vir
      1.2.8 Welsyn                     voorheen benadeelde groepe in Suid-
                                       Afrika, wat vroeër nie beskikbaar was
                                       nie, te voorsien.

                                   F   ŉ Diagram wat die kombinasies van
                                       twee produkte aandui wat gelyke vlakke
                                       van bevrediging aan die verbruiker sal
                                       verskaf, indien alle hulpbronne
                                       doeltreffend gebruik is.

                                   G   ŉ Algemene binnelandse belasting wat
                                       feitlik op alle produkte betaal word.

                                   H   Die regering ondersteun hierdie
                                       doelwitte om die lewenstandaard van
                                       van alle burgers tot op ŉ sekere
                                       minimumvlak te verhoog.

                                   I   Produkte wat saam met ander produkte
                                       gebruik word.
                                                                      (8x1)     (8)

                                                                                    b.o

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                          6
                                                  (VRAESTEL 2)       GRAAD 10

1.3   TERMINOLOGIE

      Gee EEN woord vir elkeen van die volgende omskrywings. Skryf slegs die
      term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) neer.

      1.3.1 ŉ Mark met ŉ paar verskaffers wat soortgelyke of identiese produkte
            produseer.

      1.3.2 Die kurwe wat alle moontlike produksiekombinasies illustreer in ŉ
            gemeenskap met ŉ beperkte hoeveelheid hulpbronne.

      1.3.3 Die hoogste moontlike prys waarteen ŉ produsent sy produkte kan
            verkoop.

      1.3.4 ŉ Regeringstelsel wat werkers wat afgelê is beskerm.

      1.3.5 Wanneer die totale arbeidsaanbod die totale arbeidsvraag oorskry.              1.3.6

      1.3.7 Goedere of dienste wat deur die regering, vir die gebruik deur die             1.3.8
            gemeenskap, voorsien word.
                                                                            (6x1)    (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:          [30]

                                                                                        b.o

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                           7
                                                 (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE                                40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van die indifferensiekurwe.          (2x1)   (2)

      2.1.2 Hoe kan verbruikers voordeel kry uit produksiesubsidies?        (1x2)   (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   [Bron: www.google.co.za]

      2.2.1 Wat is die boodskap van die spotprent hierbo?                           (1)

      2.2.2 Watter tipe onvolmaakte mark word deur die spotprent uitgebeeld?        (1)

      2.2.3 Noem een ander tipe onvolmaakte mark, behalwe die een wat in die
            spotprent hierbo uitgebeeld word en gee ŉ voorbeeld van hierdie
            mark.                                                                   (2)

      2.2.4 Watter gunstige toestand kan die markstruktuur hierbo geniet?           (2)

      2.2.5 Wat sou van die markstruktuur vereis word, om ŉ volmaakte mark te
            wees?                                                                   (4)

                                                                                        b.o

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                        8
                                                  (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

2.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Me Dube is in beheer van die Dube huishouding se inkomste-besteding.
      Sy moet besluit hoeveel op voedsel en klere spandeer mag word. Tydens
      ŉ onderhoud het sy gesê die volgende kombinasies klere en kos sal vir die
      familie dieselfde hoeveelheid bevrediging gee.

                        INKOMSTE-BESTEDING DEUR ME DUBE

                        KLERE                           KOS
                          15                             10
                          10                             14
                          5                              20
                          4                              30

      2.3.1 Volgens die inligting uit bogenoemde tabel, hoeveel kospakkies sal
            die huishouding kan koop indien hulle 10 stelle klere koop?            (1)

      2.3.2 Hoeveel stelle klere sal die huishouding moet prysgee, indien hulle
            uitgawes van 5 na 10 kospakkies verhoog word?                          (1)

      2.3.3 Wat word deur die punte onder die indifferensiekurwe aangedui?         (2)

      2.3.4 Hoe kan die indifferensiekurwe produsente se keuses in ŉ
            gemengde ekonomie beïnvloed?                                           (2)

      2.3.5 Gebruik die inligting in die bostaande tabel en teken die
            indifferensiekurwe vir die Dube-huishouding se besteding.              (4)

2.4   Onderskei tussen ŉ verskuiwing van die vraagkurwe en ŉ beweging op
      die vraagkurwe.                                                  (2x4)       (8)

2.5   Minimumlone is ŉ goeie voorbeeld van vloerpryse. Ontleed hoe
      minimumlone tot groter werkloosheid kan bydra.                               (8)
                                                                                  [40]

                                                                                      b.o

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                       9
                                                   (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

VRAAG 3 KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES
                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
                                                                      (2x1)       (2)

      3.1.2 Hoe sal ŉ oorskot arbeid, lone en salarisse vir arbeid as ŉ
            produksiefaktor beïnvloed?                                    (1x2)   (2)

3.2   Bestudeer die volgende prentjies en beantwoord die vrae wat volg.

                                          [Bron: www.google.co.za]

      3.2.1 Behalwe COSATU, gee enige ander voorbeeld van ŉ vakbond uit die
            bostaande prentjies.                                                  (1)

      3.2.2 Wat is die doel van ŉ vakbond?                                        (1)

      3.2.3 Gee ŉ kort omskrywing van die term vakbond.                           (2)

      3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die Wet op Basiese
            Diensvoorwaardes aan werkers.                                         (2)

      3.2.5 Beskryf kortliks enige werknemersregte in Suid-Afrika.                (4)

                                                                                      b.o

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                              10
                                                    (VRAESTEL 2)       GRAAD 10

3.3   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

               Regering bekommerd oor die hoë werkloosheidskoers

      24 Februarie 2015 om 09:25.

      Die regering is bekommerd oor die feit dat uit ŉ bevolking van ongeveer 50
      miljoen mense in Suid-Afrika, net 13.1 miljoen mense in diens geneem is en
      net twee uit vyf persone, van werkende ouderdom, ŉ werk het. Terselfdertyd
      is 15 miljoen mense afhanklik van een of ander vorm van welsynsvoordele.

      Die regering moet 18 miljoen werksgeleenthede skep om die gemiddelde
      opkomende markteiken van 56 persent te bereik.

      [Bron: http://www.op;.co.za/business/budget/govt-concerned-by-high-unemployment-]

      3.3.1 Hoeveel mense is volgens die uittreksel, in diens geneem in Suid-
            Afrika gedurende Februarie 2015?                                               (1)

      3.3.2 Hoekom moet die regering bekommerd wees oor die hoë
            werkloosheidskoers in die land?                                                (1)

      3.3.3 Omskryf kortliks die konsep werkloosheid.                                      (2)

      3.3.4 Verskaf ŉ rede hoekom Suid-Afrika se werkloosheidskoers so hoog
            is.                                                                            (2)

      3.3.5 Werkloosheid het ŉ negatiewe invloed op individue. Bespreek enige
            TWEE sosiale kostes van werkloosheid.                                          (4)

3.4   Verduidelik die doel en algemene funksies van werkplekforums.             (4x2)      (8)

3.5   Bespreek hoe meganisasie die vraag na arbeid kan beïnvloed. Maak
      gebruik van ŉ goed benoemde grafiek om jou antwoord te ondersteun.                   (8)
                                                                                          [40]

                                                                                               b.o

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  EKONOMIE                               11
                                                                                  (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE
        KWESSIES                      40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1                             Beantwoord die volgende vrae.

                            4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat aanbod beïnvloed.                                  (2x1)    (2)

                            4.1.2 Hoe dra Swart Ekonomiese Bemagtiging by tot die herstel van die
                                  voorheen benadeelde Suid-Afrikaners?                        (1x2)                       (2)

4.2                             Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                         Die invloed van eenheidsbelasting op die sigaretmark

                                90
                                               V                                             A1
                                80

                                70                                                                     A

          Belasting (Rand
      Eenhheidsprys   (Rands)
                          )
                                60

                                50

                                40

                                30

                                20        A1

                                10                 A                                                   V

                                 0
                                     0         5       10     15    20     25     30    35        40        45
                                                             Hoeveelheid
                                                       Hoeveelheid        sigarette
                                                                   in eenhede   (duisende)

                            4.2.1 Bepaal die ewewigsprys vir sigarette voor die instelling van
                                  eenheidsbelasting.                                                                      (1)

                            4.2.2 Wat is die nuwe ewewigsprys nadat die R10,00 belasting ingestel is?                     (1)

                            4.2.3 Verduidelik wat die invloed van eenheidsbelasting op die prys en die
                                  hoeveelheid vraag en aanbod van sigarette is.                                           (2)

                            4.2.4. Verduidelik kortliks die term ewewigshoeveelheid.                                      (2)

                            4.2.5 Gee ŉ verduideliking waarom die regering altyd verseker dat daar ŉ
                                  styging in sondebelasting is.                                                           (4)

                                                                                                                              b.o

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                              12
                                                    (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

4.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

         Tabel 6 dui skattings vir sekere aanwysers aan. Die hoogste geskatte
         sterftesyfer was in 2006. Die MIV/VIGS verwante sterftes het
         stelselmatig afgeneem vanaf 2006 van 325 241 tot 150 759 in 2016.
         Toegang tot anti-retrovirale behandeling het die historiese mortaliteits-
         patroon verander. Anti-retrovirale behandeling het die
         lewensverwagting van baie Suid-Afrikaners verhoog, wat andersins
         vroeër sou gesterf het, soos gesien in die afname van MIV/VIGS
         sterftes na 2005.

         Tabel 6:
                Geboorte- en sterftesyfers vir die tydperk 2009 – 2016

                                                    Aantal VIGS Persentasie
                          Aantal          Aantal      verwante         Vigs
               Jaar    geboortes         sterftes       sterftes    sterftes
               2009    1 221 737        636 926        266 591         41.9
               2010    1 216 150        628 915        256 625         40.8
               2011    1 207 511        600 085        225 901         37.6
               2012    1 210 987        562 184        185 558         33.0
               2013    1 212 947        541 413        161 986         29.9
               2014    1 213 213        537 579        155 063         28.8
               2015    1 212 055        537 313        151 748         28.2
               2016    1 198 861        539 714        150 759         27.9
                                                    [Bron: Statistiek Suid-Afrika-2016]

      4.3.1 Volgens bogenoemde inligting, in watter jaar het die grootste aantal
            VIGS-verwante sterftes plaasgevind?                                            (1)

      4.3.2 Wat kan ŉ moontlike rede vir die afname in VIGS-verwante sterftes
            wees?                                                                          (1)

      4.3.3 Verduidelik kortliks die term Ekonomies Aktiewe Bevolking.                     (2)

      4.3.4 Hoe kan besighede ŉ bydrae maak tot die vermindering in VIGS-
            verwante sterftes?                                                             (2)

      4.3.5 Wat sal die invloed van hierdie afname in sterftes op produksie in
            arbeidsintensiewe ondernemings wees?                                           (4)

4.4   Onderskei tussen seisoenale en strukturele werkloosheid.                   (2x4)     (8)

4.5   Onderskei tussen produktiewe en geallokeerde ondoeltreffendhede.                     (8)
                                                                                          [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                               b.o

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                        13
                                                    (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in hierdie
afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                           PUNTE
                                                                                 TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laerorde antwoord.

  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag
                                                                                   Maks. 2
   te bepaal
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie
 Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie
 Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek
Inhoud

Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek /                  Maks. 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik

Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek
en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk /       Maks. 10
Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor

Gevolgtrekking

Enige hoër orde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite
   te herhaal.
                                                                                   Maks. 2
 Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
 Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
   versterk
 ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
 Aanbevelings.
TOTAAL                                                                               40

                                                                                         b.o

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                          14
                                                      (VRAESTEL 2)      GRAAD 10

VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 35 MINUTE

“Sommige markte het baie spesifieke eienskappe”.

Eskom het die posisie van ŉ “GROOT MONOPOLIE” vir ŉ lang tydperk beklee.
Klein besighede sê dit is baie moeilik om, met die hoë elektrisiteitspryse, wins te
toon.

   Bespreek die eienskappe / voorwaardes vir ŉ monopolie in detail.            (26)

   Waarom is markte so belangrik in ŉ land?                                    (10)
                                                                                       [40]

VRAAG 6 KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES
                                      40 PUNTE – 35 MINUTE

Suid-Afrika se transformasie na ŉ demokrasie gedurende 1994 het tot ernstige
pogings gelei ten opsigte van die totale verandering in die lewens van gewone
Suid-Afrikaners.

   Bespreek die owerheid se pogings om regstelling aan te spreek sedert 1994.
                                                                           (26)

   Omskryf die opleidingsprogramme wat deur die regering ingestel is om
    mense se lewens te verander.                                                (10)
                                                                                       [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                          TOTAAL: 150

                                              EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/209c6d0c-2dc8-416c-9d4b-54e2ed5233cd) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
