# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2018
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 2

                       NASIENRIGLYNE

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

                                                      EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                      (Vraestel 2)               GRAAD 10

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 PROVINSIALE EKSAMEN

                                                                 EKONOMIE

                                                                 (Vraestel 2)

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   D    totaal

      1.1.2   B    rasionele

      1.1.3   A    onsigbare

      1.1.4   D    daar prysbeheer is

      1.1.5   B    makro

      1.1.6   C    Arbeidsverhoudinge

      1.1.7   C    1994

      1.1.8   A    hoeveelheid                                                (8 x 2)   (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   D     Verwydering van onnodige wette, ordonansies en
                     verordeninge om markte vry te maak om sake te doen

      1.2.2   F     Elkeen wat gewillig is om te werk, sal werk hê

      1.2.3   G     Op ŉ vrywillige basis, deur werkergewers en vakbonde, gestig

      1.2.4   E     Word ook verbruikers of intermediêre goedere genoem

      1.2.5   C     Is ook bekend as belasting op produksie en invoere of
                     belasting op besteding

      1.2.6   B     Goedere of dienste waar die sosiale voordele groter is as die
                     direkte voordele wat individuele verbruikers daaruit verkry

      1.2.7   A     Markte wat nie direkte inmenging of beheer van buitemagte
                     nodig het nie

      1.2.8   I     Bevorder internasionale ekonomiese samewerking /
                     globalisering en vry handel                                (8 x 1) (8)

                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

                                                 EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                 (Vraestel 2)       GRAAD 10

1.3   GEE EEN TERM

      1.3.1   Subsidie

      1.3.2   Vraag

      1.3.3   Pareto doeltreffendheid

      1.3.4   Regstellende beleide

      1.3.5   Arbeidsregte

      1.3.6   Monetêre beleid                                     (6 x 1) (6)

                                                      TOTAAL AFDELING A: 30

                                         3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

                                                      EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                      (Vraestel 2)             GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat aanbod beïnvloed.

               Verandering in die industriegrootte 
               Verandering in produksietegnieke 
               Koste van produksie 
               Mededingende goedere 
               Regeringsbeleid 
               Natuurlike faktore soos vloede en droogtes 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (2 x 1) (2)

      2.1.2 Watter invloed sal die verbetering in tegnologie op die posisie van
            die produksiemoontlikheidskurwe hê?

               Die produksiemoontlikheidskromme sal na regs beweeg / uitwaarts             
                beweeg.
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)         (1 x 2) (2)

2.2   DATARESPONS

      2.2.1 Identifiseer enige EEN markkrag wat in die grafiek uitgebeeld word.

               Vraag  of Aanbod                                                    (1)

      2.2.2 Hoeveel produkte sal in bogenoemde mark verkoop word?

               30                                                                   (1)

      2.2.3 Gee ŉ kort verduideliking van die term ewewigsprys.

               Dit is die prys waar vraag en aanbod dieselfde is, met ander woorde
                die hoeveelheid gevra is gelyk aan die hoeveelheid aangebied 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (2)

                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

                                                       EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                       (Vraestel 2)              GRAAD 10

      2.2.4 Hoe besluit ŉ volmaakte mededinger op die verkoopprys van sy
            produkte?

               ŉ Volmaakte mededinger is ŉ prysnemer, hulle verkoop hulle
                produkte teen markprys wat deur markkragte bepaal word 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

      2.2.5 Onderskei tussen ŉ verandering in die hoeveelheid gevra en ŉ
            verandering in vraag.

               ŉ Verandering in die prys lei tot ŉ verandering in die hoeveelheid
                gevra wat ŉ beweging van een punt na ŉ ander punt op dieselfde
                vraagkurwe veroorsaak 
               ŉ Verandering in vraag is as gevolg van ŉ verandering in nie-prys
                faktore soos ŉ verandering in inkomste wat ŉ verskuiwing van die
                vraagkurwe veroorsaak 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1 Identifiseer die marginale nut van die vierde appel verbruik.

               30                                                                     (1)

      2.3.2 Op watter stadium sal bogenoemde verbruiker dalende nut ervaar?

               Na die 3de appel geëet is                                              (1)

      2.3.3 Gee ŉ kort verduideliking van die term dalende grensnut.

               Dalende grensnut beteken dat die grensnut van ŉ produk of diens
                daal namate meer eenhede daarvan verbruik word 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

      2.3.4 Hoekom is verbruikers bereid om vir goedere en dienste te betaal?

               Mense is bereid om vir goedere en dienste te betaal want dit voorsien         
                in hulle behoeftes / gee nut 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (2)

      2.3.5 Bereken die waardes wat deur A en B verteenwoordig word in die
            tabel.

               A = 40
               B = 40                                                                (4)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

                                                          EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 2)            GRAAD 10

2.4   Bespreek enige TWEE kenmerke van volmaakte markte.

         Daar is ŉ klomp kopers en verkopers sodat niemand die markprys deur
          hulle optrede kan beïnvloed nie 
         Kopers en verkopers het volledige kennis en inligting omtrent
          marktoestande 
         Daar is geen toetredingsversperrings nie en kopers en verkopers kan die
          mark vrylik betree of verlaat 
         Alle goedere en dienste in die mark is identies of homogeen 
         Daar is geen regeringsinmenging in die mark om sodoende produkpryse te
          beïnvloed nie 
         Daar is geen samespanning tussen verkopers nie
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)
          (Gee ŉ maksimun van 4 punte vir die noem van feite / voorbeelde) (4 x 2)      (8)

2.5   Met behulp van ŉ volledig benoemde grafiek, verduidelik die
      indifferensiekurwe vir die verbruik van beesvleis en hoendervleis.

                                                  Korrekte benoeming van die
          Beesvleis                               asse = 2 punte
                                                 Korrekte vorm van die
                                                  indifferensiekurwes = 2 punte
                                                                  Maks. 4 punte

                                           

                                                    IK3
                                                    IK2
                                                    IK1
                                                              
                0
                                            Hoendervleis

         Dit bestaan uit ŉ versameling kombinasies van indifferensiekurwes 
         Elke kurwe toon verskillende kombinasies van twee produkte aan wat
          elkeen sy bepaalde bevrediging aan die verbruiker gee
         Elke kurwe toon verskeie kombinasies van twee produkte aan wat dieselfde
          vlak van bevrediging aan ŉ bepaalde verbruiker gee 
         Hoe groter die afstand vanaf die oorsprong hoe hoër is die vlak van
          bevrediging 
         Indifferensiekurwes sal mekaar nie kruis / sny nie en dit het ŉ konvekse
          vorm 
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (4 x 2) (8)
                                                                                         [40]

                                             6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

                                                       EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                       (Vraestel 2)            GRAAD 10

VRAAG 3: SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES

3.1   Beantwoord die volgende vrae

      3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van werkloosheid in Suid-Afrika.

               Geslag
               Ouderdom 
               Ras
               Stedelik en landelik
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (2 x 1) (2)

      3.1.2 Hoe sal meganisasie die vraag na arbeid beïnvloed?

               Meganisasie kan die vraag na arbeid drasties laat afneem omdat
                masjiene nou die take oorneem wat gewoonlik deur mense gedoen
                is 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (1 x 2) (2)

3.2   DATARESPONS

      3.2.1 Watter bevolkingsgroep het die meeste voordeel gekry uit
            bemagtingsprogramme tot 2015?

               Swart Afrikane                                                       (1)

      3.2.2 Watter instansie publiseer inligting rakende die arbeidsmag in Suid-
            Afrika?

               Stats SA                                                             (1)

      3.2.3 Noem enige TWEE maniere waar mense gemarginaliseerd kan wees.

               Deur beperkte toegang tot onderwys, lae vaardigheidsvlakke en               
                investering in opleiding 
               Wydverspreide armoede onder lae inkomste verdieners en werkloses               
               Buitengewone ongelyke inkomstevlakke volgens ras, kultuurgroep,             
                geslag en ouderdom 
               Onvoldoende beskerming (wetgewing) vir sommige lae-loon                     
                verdieners soos plaas- en huiswerkers 
               Geografiese ligging (landelike gebiede vs stedelike gebiede)
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)            (2 x 1) (2)

      3.2.4 Gee ŉ kort verduideliking van die term ekonomies gemarginaliseerd.

               Uitsluiting van groepe mense om deel te neem aan ekonomiese
                aktiwiteite en besluite                                             (2)

                                             7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

                                                        EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 2)            GRAAD 10

      3.2.5 Bespreek enige TWEE maniere wat gebruik kan word om ekonomies
            gemarginaliseerde groepe te verminder.

               Om die mense wat geraak word se lewensgehalte te verbeter deur
                onderwys en opleiding en sodoende ekonomiese groei in hulle
                gemeenskappe aan te help                                                   
               Die regering kan beter sosiale infrastruktuur voorsien 
               Vordering met bemagtiging van hierdie groepe moet gemonitor word
               Voorsiening vir vaardigheidsopleiding aan jong mans- en vroue oor
                entrepreneurskap en die ontwikkeling van kleinsake-ondernemings                
               Armoedeverligting deur gemeenskapsgebaseerde werkskepping in
                landelike en stedelike gebiede                                             
               Bemagtiging van jong vroue vir lewenslange sekuriteit 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)             (2 x 2) (4)

3.3   DATARESPONS

      3.3.1 Waarvoor staan die akroniem UOWP?

               Uitgebreide Openbare-Werke Program                                    (1)

      3.3.2 Hoeveel werksgeleenthede is aan die einde van die eerste vyf jaar
            geskep?

               1.4 miljoen                                                           (1)

      3.3.3 Gee ŉ kort verduideliking van die term arbeidsintensiewe
            ondernemings

               Dit is ondernemings wat hoofsaaklik van ŉ groot hoeveelheid arbeiders
                in plaas van reële kapitaal gebruik maak                                           
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (2)

      3.3.4 Hoe kan Openbarewerke-programme help om werkloosheid in die
            land te verminder?

               Werk word in die kontruksiebedryf geskep en basiese infrastruktuur
                dienste word vir die werklose inwoners voorsien                            
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (2)

      3.3.5 Dink jy dat die UOWP suksesvol was? Motiveer jou antwoord.

               Ja. Werkskepping het tot gevolg gehad dat baie skole en klinieke
                gebou is                                                                   
               Baie Suid-Afrikaners wat voorheen deur die UOWP in diens geneem
                was, het hulle eie inkomste bronne begin genereer deur die
                vaardighede wat hulle daar aangeleer het te gebruik                                
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (4)

                                             8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

                                                        EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 2)             GRAAD 10

3.4   Onderskei tussen versoening en bemiddeling.

      Versoening

         Dit is ŉ vrywillige proses in beide die begin en voortsetting
         Die Wet maak voorsiening vir versoening tussen werkgewer en werknemer
          ten opsigte van afdankings
         ŉ Bemiddelaar / versoener word deur die KVBA aangestel, of die partye kan
          daaroor ooreenkom 
                                                                            (Maks 4)

      Bemiddeling

         Dit betrek ŉ aanvaarbare, onpartydige en neutrale derde party om die partye
          te help om hul geskil te bespreek                                                  
         Die bemiddelaar poog om ŉ ooreenkoms tussen die twee partye te bereik 
         Die bemiddelaar het geen gesag nie en neem nie ŉ besluit nie
         Slegs die partye betrokke in die geskil kan ŉ besluit neem 
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (Maks 4)
          (Gee ŉ maksimun van 4 punte vir die noem van feite / voorbeelde.)           (8)

3.5   Bespreek meerderheidsbegunstiging as een van die oogmerke van die Wet
      op Arbeidsverhoudinge.

         Wanneer ŉ persoon die ouderdom van 18 jaar bereik word jy as meerderjarig
          beskou                                                                                 
         Dit beteken dat jy kontrakte kan sluit en jou eie sake kan behartig sonder
          enige toestemming van ouers of voogde                                                  
         Voor die ouderdom van 18 jaar, mag jy in diens geneem word indien jy 15 jaar
          is, of jy skoolverlatersouderdom bereik het
         Kinders mag nie in ŉ pos in diens geneem word wat onvanpas is vir ŉ
          persoon van daardie ouderdom nie                                                       
         Kinders mag nie in ŉ plek, waar hulle welsyn, opvoeding, fisiese of psigiese
          gesondheid en hulle sosiale of geestelike ontwikkeling in gevaar gestel word,
          werk nie                                                                               
          (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
          (Gee ŉ maksimun van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.) (Maks 8) (8)
                                                                                        [40]

                                             9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

                                                         EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)             GRAAD 10

VRAAG 4:    MIKRO-EKONOMIE EN SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem enige TWEE interne faktore wat die ligging van die produksie-
            moontlikheidskurwe bepaal.

               Produksietegnieke 
               Tegnologiese vooruitgang
               Gemotiveerde werkers
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)         (Enige 2 x 1)   (2)

      4.1.2 Wat sal met die vraag na kaas gebeur as produsente meer geld in die
            bemarking van kaas investeer?

               Die vraag na kaas sal toeneem omdat die doel van bemarking /
                advertensies is om die aandag van verbruikers te trek en hulle te
                motiveer om meer produkte te koop                              (1 x 2) (2)

4.2   DATARESPONS

      4.2.1 Gee ŉ ander naam vir die begrotingslyn.

               Verbruiksmoontlikheidskurwe / bestedingslyn / begrotingsbeperkings-
                lyn                                                                      (1)

      4.2.2 Wat gebeur met die verbruiker by punt A op die grafiek?

               Die verbruiker bestee sy hele inkomste op groenteporsies                 (1)

      4.2.3 Gee ŉ verduideliking van die term optimale verbruikspunt.

               Die optimale verbruikspunt is waar die begrotingslyn aan die hoogste
                moontlike indifferensiekurwe raak                                             
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

      4.2.4 Wat sal met die begrotingslyn gebeur as verbruikers se inkomste
            verhoog?

               Dit sal regs beweeg en ŉ nuwe optimale verbruikspunt vorm waar dit
                die indifferensiekurwe op die hoogste punt van bevrediging raak               
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                         (2)

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

                                                                         EKONOMIE
                                                     NASIENRIGLYNE
                                                                         (Vraestel 2)   GRAAD 10

      4.2.5 Teken die grafiek op jou antwoordblad oor en dui die optimumpunt
            en die onbereikbare punt op die grafiek aan.

                                                          B

                   Hoeveelheid groenteporsies
                                                           A

                                                0
                                                      Hoeveelheid vleisporsies

               A is optimumpunt en B is onbereikbare punt                                 (4)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1 Wat is die probleem wat deur al die mense, in die bogenoemde
            gevalle, ondervind word?

               Werkloosheid                                                                (1)

      4.3.2 Watter tipe werkloosheid word in die stelling in geval 3 uitgelig?

               Strukturele werkloosheid                                                    (1)

      4.3.3 Watter ouderdom is aanvaarbaar vir indiensneming in Suid-Afrika?

               15 – 65 jaar                                                               (2)

      4.3.4 Gee ŉ kort verduideliking van die term globalisering.

               Dit is die tendens waar daar meer openheid vir handel is, die vrye vloei
                van goedere en dienste tussen lande wat tot groot groei in
                internasionale handel en buitelandse beleggings gelei het 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (2)

                                                                11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

                                                         EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)               GRAAD 10

      4.3.5 Onderskei tussen die werkloosheidskoers en die arbeidsmag-
            absorbsiekoers.

            Werkloosheidskoers

               Dit is die aantal werklose mense, as ŉ persentasie van die totale
                ekonomiese bedrywige bevolking uitgedruk

            Arbeidsmag- absorbsiekoers

               Die persentasie van die ekonomiese aktiewe bevolking wat in die                    
                formele sektor van die ekonomie werk vind, is bekend as die
                arbeidsmag-absorbsiekoers / arbeidsmagopnamekoers 
                (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (4)

4.4   Gee ŉ kort beskrywing van die magte van die Arbeidshof in Suid-Afrika.

           Die hof kan van enige skikkingsooreenkoms of arbitrasiebeslissing ŉ bevel
            van die hof maak.  Die partye is dan verplig om te doen wat die hof
            beveel 
           Die hof hersien die arbitrasiebeslissing.  Dit beteken dat die hof die
            voorwaardes van die arbitrasiebeslissing kan verander 
           Dispute tussen werknemer en werkgewer wat na die hof verwys is, word
            besleg 
           In die geval van onbillike afdankings, sal die hof skadevergoeding
            toeken 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
            (Gee ŉ maksimun van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.)           (8)

4.5   Ontleed enige TWEE voorwaardes waaraan goedere en dienste moet
      voldoen om geskik te wees vir handel in die wêreldmark.

           Daar moet ŉ wydverspreide aanvraag wees 

            Basiese lewensbenodigdhede soos koring, plantolies, wol ens. het ŉ                 
            wydverspreide vraag. Goedere soos plaaslike kleredrag en boeke het net
            ŉ plaaslike aanvraag

           Dit moet vervoer kan word 

            Dit is onmoontlik om grond en geboue te vervoer.  Dienste soos                   
            mediese- en regsdienste, word deur die afstand wat verbruikers kan reis
            beperk. Arbeid is oor die algemeen ook onbeweeglik.  Die
            internasionalisering van beroepe soos onderwys en medisyne maak arbeid
            meer mobiel 

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

                                               EKONOMIE
                         NASIENRIGLYNE
                                               (Vraestel 2)            GRAAD 10

   Dit moet duursaam wees 

    Goedere wat vining bederf, soos melk brood en vis, verg gespesialiseerde          
    logistieke reëlings en kan pryse noodsaak waarteen daar ŉ onvoldoende
    vraag is. 

   Toegang moenie beperk wees nie

    Regerings kan invoerbeheermaatreëls gebruik om ongewenste goedere en
    dienste uit die land te hou 

   Die vervoerkoste moet laag in verhouding tot die waarde van die goedere
    wees 

    Diamante kan uitgevoer word maar bakstene nie. ŉ Suid-Afrikaanse
    maatskappy voer egter graniet uit 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
    (Gee ŉ maksimun van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.)          (8)
                                                                               [40]

                                                     TOTAAL AFDELING B: 80

                                    13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

                                                         EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)            GRAAD 10

AFDELING C                                                                                  Commented [S1]: Please check whether the essay questions are
                                                                                            accrding to the exam guideline

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

   Gee ŉ volledige bespreking van die VIER belangrikste eienskappe
    waarvolgens markte geïdentifiseer kan word.                     (26 punte)
   Teken ŉ volledig benoemde grafiek en dui die markewewig, die marktekort en
    die marksurplus aan.                                            (10 punte)

INLEIDING

   Die mees algemene kenmerk van markte is dat daar ŉ interaksie tussen kopers en
    verkopers is. Markte neem verskillende vorms aan soos volmaakte- en
    onvolmaakte markte 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                      (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Die aantal produsente

   In sommige markte is daar slegs een produsent van ŉ produk , byvoorbeeld
    Eskom is die alleenverskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika 
   In ander markte is daar baie produsente van goedere en dienste, byvoorbeeld
    talle boere produseer vleis 
   Tussen hierdie twee uiterstes is daar markte waarin daar slegs ŉ paar produsente
    van goedere en dienste is , byvoorbeeld die motorindustrie, skoene, koffie, ens 

Die aard van die produk 

   In sommige gevalle is goedere homogeen / identies.  Goedere wat in groot maat
    geproduseer word, soos koppies, borde, tandepaste en skoene is gewoonlik
    homogeen. 
   Sodanige goedere is gewoonlik maklik om te produseer,  en dit veroorsaak dat
    groot getalle verskaffers om verkope meeding en pryse word afwaarts gebie 
   In ander gevalle is goedere heterogeen / verskillend,  landbouprodukte is gewoonlik
    heterogeen.  Dit kan egter homogeen gemaak word deur dit te gradeer. 
    Byvoorbeeld om tamaties te gradeer, eiers te sorteer en wol te klassifiseer. Hierdie
    homogeniteit maak dit makliker om die produkte te verkoop 
   Verskaffers van massaproduksie gebruik gewoonlik handelsname / handelsmerke
    om hul produkte uniek te laat voorkom en homogeniteit in heterogeniteit te
    omskep 
   Verbruikers is gewoonlik bereid om meer vir unieke goedere te betaal en laat in
    werklikheid ŉ produsent toe om ŉ alleenverskaffer te word  bv. Coca Cola

                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

                                                          EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                          (Vraestel 2)             GRAAD 10

Toetredingsversperrings 

   In sommige markte is daar toetredingsversperrings wat nuwe produsente verhoed
    om tot die mark toe te tree en die goedere en dienste te verskaf 
   Bv. Selfoondiensverskaffers in Suid-Afrika, aangesien produsente net tot die mark
    kan toetree indien hulle ŉ lisensie het om die diens te verskaf 
   Die regering beheer toegang tot hierdie mark deur slegs ŉ paar lisensies uit te reik
    wat as toetredingsversperring dien 
   In ander markte kan dit vir nuwe produsente baie maklik wees om tot die mark toe te
    tree en goedere en dienste te verskaf 

Beskikbaarheid van inligting

   In sommige markte is daar volledige inligting oor marktoestande  Bv. op die JSE
    is daar volledige inligting beskikbaar oor hoeveel aandele in ŉ gegewe tydperk
    verkoop is,  die hoogste en laagste pryse wat vir ŉ bepaalde aandeel aangebied
    en betaal is  en die prys wat vir die laaste aandeel wat tydens sluiting van handel
    verkoop is, betaal is 
   In ander markte moet produsente en verbruikers besluite neem wat op onvolledige
    inligting gebaseer is 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
    (Gee ŉ maksimum van 8 punte vir die noem van feite / voorbeelde.)           (Maks 26)

                                               15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

                                                        EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                        (Vraestel 2)             GRAAD 10

ADDISIONELE GEDEELTE

                                                           A
                         V            Oorskort 

           Prys                          E

                P1

                         A
                                                              V
                                        Tekort 

                                       H1
                     0              HOEVEELHEID 

                                                                            (Maks 10)

GEVOLGTREKKING

Markte, ongeag hoe verskillend hulle is, is ŉ gemeenskaplike plek waar verkopers en
hulle kopers bymekaar kom om produkte te koop of te verkoop 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër orde antwoord)                    (Maks)   [40]

                                               16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

                                                         EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                         (Vraestel 2)            GRAAD 10

VRAAG 6

   Gee ŉ volledige bespreking van die faktore wat tot arbeidsmarkmislukkings
    gelei het.                                                         (26 punte)
   Evalueer die vraagkantbenadering deur die regering om werkskepping aan te
    moedig.                                                           (10 punte) [40]

INLEIDING

Ekonomiese groei van elke land is afhanklik van die beskikbaarheid van die kwaliteit en
hoeveelheid van die arbeidsmag 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte inleiding.)                           (Maks 2)

INHOUD: HOOFDEEL

Immobiliteit van arbeid 

   Geografiese immobiliteit is wanneer werkers dit om verskeie redes moeilik vind
    om van een geografiese gebied na ŉ ander te verskuif.  Dit kan deur ŉ tekort
    aan akkomodasie in die stedelike gebiede veroorsaak word 
   Beroepsimmobiliteit is wanneer werkers moontlik nie opgelei is vir die tipe werk
    wat beskikbaar is nie. Kom ook voor wanneer werkers se kwalifikasies,
    vaardighede en bekwaamhede verskil van dit wat gevra word 

Oligopolie-werkgewers 

   In ŉ arbeidsmark waar daar min werkgewers is en hulle die mag het om lone en
    indiensneming te bepaal,  sal beide waarskynlik laer as in ŉ mededingende
    mark wees 

Vakbonde 

   Vakbonde kan lone bo die ewewigsvlak druk en sodoende markewewig verhoed
   Dit is egter onwaarskynlik dat hulle lone onbepaald te hoog sal kan hou, aangesien
    dit werkloosheid sal vererger en hul magsposisie sal ondermyn. Indien daar minder
    mense is wat werk, sal hulle minder lede hê 

Markonbuigsaamheid 

   Dit is ŉ situasie waarin die arbeidsmark nie by veranderde omstandighede aanpas
    nie omdat werkers deur wette oorbeskerm word. Werkgewers skakel dus liewer oor
    na kapitaalintensiewe tegnologie / masjinerie 

Gebrek aan inligting 

   Werkers kan in poste wees wat swakker betaal en waarvan hulle minder hou as ander
    poste waarvoor hulle geskik is omdat hulle nie van ander poste bewus is nie 
   Net so kan werkgewers dalk nie die mees produktiewe werker aanstel nie, omdat
    hulle nie van al die potensiële werkers weet nie 

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

                                                            EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                            (Vraestel 2)               GRAAD 10

Lojaliteit tussen werkgewers en werknemers

   Party werkers kan moontlik in poste bly wat swak betaal omdat hulle daarvan hou
    om vir ŉ bepaalde werkgewer te werk 

Gebrek aan opleiding 

   Opleiding het positiewe eksternaliteite. As dit dus aan markkragte oorgelaat word,
    sal te min hulpbronne daarvoor gebruik word. 
   Dit is omdat sommige werkers en sommige besighede ŉ korttermynuitkyk het en die
    voordele van opleiding onderskat 

Diskriminasie 

   Vind plaas wanneer ŉ groep werkers en potensiële werkers anders behandel word.
   Ten opsigte van betaling, indiensneming, bevordering, opleiding en
    werksomstandighede as ander werkers wat dieselfde werk doen 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)
    (Gee ŉ maksimum van 8 punte vir die noem van feite / voorbeelde.)    (Maks 26)

ADDISIONELE DEEL

Monetêre beleid

   Deur rentekoerse te verlaag en krediet goedkoper te maak 
   Dit veroorsaak dat verbruikers en produsente meer kan leen en meer kan bestee 
   Dit stimuleer algehele besteding en verhoog die vraag na goedere en dienste,
    produksie styg en so ook indiensneming 

Fiskale beleid

   Indien die regering vir ŉ tekort begroot en ŉ daling in belasting instel, sal dit
    verbruikers en besighede met meer geld in hulle sakke laat om meer te bestee 
   Dit sal totale vraag verhoog, produksie word gestimuleer en werkskepping word
    bevorder 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
    (Gee ŉ maksimum van 2 punte vir die noem van feite / voorbeelde.)              (Maks 10)

GEVOLGTREKKING

Indien markmislukkings vermy of verminder word deur die beste hulpbronne in die regte
plekke aan te wend, sal die werking van markte en die ekonomie ongestoord en
progressief voortgaan en vorder 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër orde antwoord.)                (Maks 2)           [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                                 TOTAAL: 150

                                                18

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57) — Economics · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
