# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/dbd2a2d2-88a7-4995-852c-e2727394441b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/dbd2a2d2-88a7-4995-852c-e2727394441b)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2018
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

12 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                              2
                                                (Vraestel 2)            GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                       EKONOMIE
                                                       (Vraestel 2)

                                                       TYD: 2 uur

                                                       PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. Addisionele antwoorde sal
      NIE nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie vraestel.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.    Lees ALLE vrae noukeurig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoord ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
      vrae.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                               3
                                                  (Vraestel 2)              GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskillende opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
    1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. Bv 1.1.9 D

      1.1.1 Die totale voordeel of bevrediging wat ŉ verbruiker uit die verbruik van ŉ
            produk of diens verkry is … nut.

              A    marginale
              B    veranderlike
              C    vaste
              D    totale

      1.1.2 Verbruikers maak gewoonlik … besluite.

              A    irrasionele
              B    rasionele
              C    identiese
              D    regte

      1.1.3 In ŉ markekonomie werk mededinging soos ŉ … hand.

              A    onsigbare
              B    tower
              C    sirkelagtige
              D    outomatiese

      1.1.4 Die regering meng in die mark in wanneer …

              A    daar nie beheer oor die hoeveelheid goedere is nie.
              B    privaatgoedere voorsien word.
              C    monopolieë toegelaat word om die mark te domineer.
              D    daar prysbeheer is.

      1.1.5   Die aanbodkant benadering fokus op die … ekonomie.

              A    mikro-
              B    makro-
              C    arbeids
              D    internasionale

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                   4
                                                 (Vraestel 2)               GRAAD 10

      1.1.6 Werkers se regte val onder die … Wet.

             A      Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtigings-
             B      Basiese Diensvoorwaarde-
             C      Arbeidsverhoudinge-
             D      Vaardigheidsontwikkelings-

      1.1.7 Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing het gedurende …
            plaasgevind.

             A     2004
             B     1984
             C     1994
             D     2014

      1.1.8 Arbeidsproduktiwiteit is die verwantskap tussen reële uitset en die …
            insette wat gebruik word om dit te produseer.

             A     hoeveelheid
             B     surplus
             C     kwaliteit
             D     nominale                                                                (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item uit KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

                 KOLOM A                                 KOLOM B

      1.2.1 Deregulasie             A    Markte wat nie direkte inmenging of beheer
                                         van buite magte nodig het nie
      1.2.2 Volle indiensname       B    Goedere of dienste waar die sosiale voordele
                                         groter is as die direkte voordele wat individuele
      1.2.3 Bedingingsrade               verbruikers daaruit verkry
                                    C    Is ook bekend as belasting op produksie en
      1.2.4 Kapitaalgoedere              invoere of belasting op besteding
                                    D    Verwydering van onnodige wette, ordonansies
      1.2.5 Indirekte belasting          en verordeninge om markte vry te maak om
                                         sake te doen
      1.2.6 Meriete goedere         E    Word ook produsente of intermediêre goedere
                                         genoem
      1.2.7 Selfregulerend          F    Elkeen wat gewillig is om te werk, sal werk hê.
                                    G    Op ŉ vrywillige basis, deur werkgewers en
      1.2.8 Wêreld                       vakbonde, gestig
            Handelsorganisasie      H    Versnelde en Gedeelde Groei Inisiatief vir
                                         Suid-Afrika
                                    I    Bevorder internasionale ekonomiese
                                         samewerking / globalisering en vryhandel
                                                                                   (8 x 1) (8)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                               5
                                                  (Vraestel 2)             GRAAD 10

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term / woord
      langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Akronieme en afkortings word NIE aanvaar NIE.

      1.3.1   ŉ Skenking van geld of ander hulpbronne deur die regering om die
              produksie van goedere en dienste te steun

      1.3.2   Die hoeveelheid goedere en dienste wat verbruikers bereid en in staat is
              om oor ŉ gegewe tydperk te koop

      1.3.3   Word bereik wanneer produksie- en toewysingsdoeltreffendheid saamval

      1.3.4   Beleide en praktyke wat op die herstel van maatskaplike, ekonomiese en
              onderwyswanbalanse van die verlede gerig is

      1.3.5   Dit is regte waaraan nie verander mag word nie, nie eens deur die
              werkgewers of die werknemers nie

      1.3.6   Die vermindering van rentekoerse wat verbruikers en produsente in staat
              stel om meer geld van banke te kan leen
                                                                                (6 x 1) (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A: 30

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE                                   6
                                                               (Vraestel 2)               GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae:

      2.1.1                Noem TWEE faktore wat aanbod beïnvloed.                               (2 x 1) (2)

      2.1.2                Watter invloed sal die verbetering in tegnologie op die posisie van die
                           produksiemoontlikheidskurwe hê?                                      (1 x 2) (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                       100       V
                                                                                      A

                        80

         Prys (Rand)
                                                               E
                       60

                       40

                        20                                                                 V
                                  A
                       0
                                     10         20            30           40             50
                                                          Hoeveelheid

      2.2.1                Identifiseer enige EEN markkrag wat in die grafiek uitgebeeld word.            (1)

      2.2.2                Hoeveel produkte sal in bogenoemde mark verkoop word?                          (1)

      2.2.3                Gee ŉ kort verduideliking van die term ewewigsprys.                            (2)

      2.2.4                Hoe besluit ŉ volmaakte mededinger op die verkoopprys van sy produkte?         (2)

      2.2.5                Onderskei tussen ŉ verandering in die hoeveelheid gevra en ŉ verandering
                           in vraag.                                                                      (4)

                                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                 7
                                                  (Vraestel 2)                GRAAD 10

2.3   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

        Aantal appels verbruik            Totale Nut               Marginale Nut
                  1                           A                         40
                  2                           80                         B
                  3                          120                        40
                  4                          150                        30

      2.3.1   Identifiseer die marginale nut van die vierde appel verbruik.              (1)

      2.3.2   Op watter stadium sal bogenoemde verbruiker dalende nut ervaar?            (1)

      2.3.3   Gee ŉ kort verduideliking van die term dalende grensnut.                   (2)

      2.3.4   Hoekom is verbruikers bereid om vir goedere en dienste te betaal?          (2)

      2.3.5   Bereken die waardes wat deur A en B in bogenoemde tabel
              verteenwoordig word.                                                       (4)

2.4   Bespreek enige TWEE kenmerke van ŉ volmaakte mark.                         (2 x 4) (8)

2.5   Met behulp van ŉ volledig benoemde grafiek, verduidelik die indifferensiekurwe
      vir die verbruik van beesvleis en hoendervleis.                                    (8)
                                                                                         [40]

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                          8
                                                    (Vraestel 2)                  GRAAD 10

VRAAG 3: SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1      Noem enige TWEE kenmerke van werkloosheid in Suid-Afrika.                          (2)

      3.1.2      Hoe sal meganisasie die vraag na arbeid beïnvloed?                                 (2)

3.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                  INDIENSNEMING VOLGENS BEVOLKINGSGROEPE
      700

                     601
      600

      500
               452

      400

                                                                                            2012
      300                                                                                   2015

      200

      100
                                       43
                                  33                 17    12           -34 -31
        0
              Swart Afrikane     Kleurlinge           Indiërs
                                                                            Wittes
      -100

                                   [Bron: Kwartaallik se Arbeidsmag Oorsig: Stats SA 2012 – 2015]

      3.2.1      Watter bevolkingsgroep het die meeste voordeel gekry uit bemagtings-
                 programme tot 2015?                                                                (1)

      3.2.2      Watter instansie publiseer inligting rakende die arbeidsmag in Suid-
                 Afrika?                                                                            (1)

      3.2.3      Noem enige TWEE maniere waar mense gemarginaliseerd kan wees.                      (2)

      3.2.4      Gee ŉ kort verduideliking van die term ekonomies gemarginaliseerd.                 (2)

      3.2.5      Bespreek enige TWEE maniere wat gebruik kan word om ekonomiese
                 marginalisering te verminder.                                                      (4)

                                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                        9
                                                (Vraestel 2)                 GRAAD 10

3.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                    Uitgebreide Openbare-Werke Programme (UOWP)

          Die UOWP se doel is om werksgeleenthede vir armes en kwesbare
          mense te skep. Dit behels arbeidsintensiewe programme wat deur die
          regering ingestel word. Dit fokus op die skepping van infrastruktuur en
          fisiese dienste, byvoorbeeld deur die verwydering van indringerplante.

          Die UOWP is ŉ poging deur die regering om korttermyn – sowel as
          deurlopende werksgeleenthede te skep. Die teiken vir Fase 1 was om
          een miljoen werksgeleenthede te skep. Aan die einde van die eerste
          vyf jaar is 1,4 miljoen werksgeleenthede geskep.

                                                               [Bron: www.google.com]

      3.3.1   Waarvoor staan die akroniem UOWP?                                                 (1)

      3.3.2   Hoeveel werksgeleenthede is aan die einde van die eerste vyf jaar
              geskep?                                                                           (1)

      3.3.3   Gee ŉ kort verduideliking van die term arbeidsintensiewe ondernemings.            (2)

      3.3.4   Hoe kan Openbarewerke-programme help om werkloosheid in die land te
              verminder?                                                                        (2)

      3.3.5   Dink jy dat die UOWP suksesvol was? Motiveer jou antwoord.                        (4)

3.4   Onderskei tussen versoening en bemiddeling.                                       (4 x 2) (8)

3.5   Bespreek meerderheidsbegunstiging as een van die oogmerke van die Wet op
      Arbeidsverhoudinge.                                                                       (8)
                                                                                                [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            EKONOMIE                            10
                                                                            (Vraestel 2)             GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES
                                              40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1                            Noem enige TWEE interne faktore wat die ligging van die
                                       produksiemoontlikheidskurwe bepaal.                                      (2)

      4.1.2                            Wat sal met die vraag na kaas gebeur as produsente meer geld in die
                                       bemarking van kaas investeer?                                            (2)

4.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            Die Begrotingslyn
                                         5     A

                                         4                 B

          Hoeveelheid groenteporsies
                                         3                              C

                                         2                                                 D

                                         1                                                           E

                                          0
                                                    1           2        3           4           5
                                                               Hoeveelheid vleisporsies

      4.2.1                            Gee ŉ ander naam vir die begrotingslyn.                                  (1)

      4.2.2                            Wat gebeur met die verbruiker by punt A op die grafiek?                  (1)

      4.2.3                            Gee ŉ kort verduideliking van die term optimale verbruikspunt.           (2)

      4.2.4                            Wat sal met die begrotingslyn gebeur as verbruikers se inkomste
                                       verhoog?                                                                 (2)

      4.2.5                            Teken die grafiek op jou ANTWOORDBOEK oor en dui die optimumpunt
                                       en die onbereikbare punt op die grafiek aan.                             (4)
                                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                 11
                                                   (Vraestel 2)               GRAAD 10

4.3   Bestudeer die onderstaande leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.

         1    My naam is Namane. Ek is 35 jaar oud en ongetroud. Tans verdien
              ek geen inkomste nie omdat my besigheid as gevolg van
              internasionale mededinging misluk het.

         2    My naam is Thandile. Ek woon in Lesotho en ek is 25 jaar oud. Ek
              was ŉ mynbestuurder by ŉ goudmyn in Johannesburg. Ek het
              onlangs my werk verloor omdat die myn gesluit het.

         3    My naam is Nkosi. Ek is 43 jaar oud. Ek het my werk drie maande
              gelede verloor omdat gevorderde tegnologie my werk oortollig
              gemaak het. Ek kon nog nie weer werk kry nie.

         4    Ek is Maggie en ek is 67 jaar oud. Ek kan nie werk kry nie. Waar ek
              ookal gaan word daar gesê ek is te oud.

      4.3.1   Wat is die probleem wat deur al die mense, in die bogenoemde gevalle,
              ondervind word?                                                               (1)

      4.3.2   Watter tipe werkloosheid word in die stelling in geval 3 uitgelig?            (1)

      4.3.3   Watter ouderdom is aanvaarbaar vir indiensneming in Suid-Afrika?              (2)

      4.3.4   Gee ŉ kort verduideliking van die term globalisering.                         (2)

      4.3.5   Onderskei tussen die werkloosheidskoers en die arbeidsmag-
              absorbsiekoers.                                                               (4)

4.4   Gee ŉ kort beskrywing van die magte van die Arbeidshof in Suid-Afrika.        (4 x 2) (8)

4.5   Ontleed enige TWEE voorwaardes waaraan goedere en dienste moet voldoen om
      geskik te wees vir handel in die wêreldmark.                                          (8)
                                                                                            [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                   12
                                                   (Vraestel 2)                GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                                                                                    PUNTE
                      STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
                                                                                  TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ lae-orde antwoord.
 ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag
    te bepaal.                                                                      Maks. 2
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie.
 Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek.
Inhoud
Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek /                    Maks. 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik

Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /            Maks. 10
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? /
Stel voor
Gevolgtrekking
Enige hoë-orde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde
   feite te herhaal
 Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite                       Maks. 2
 Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
   versterk
 ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis
 Aanbevelings
TOTAAL:                                                                               40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Gee ŉ volledige bespreking van die VIER belangrikste eienskappe waarvolgens
    markte geïdentifiseer kan word.                                          (26 punte)
   Teken ŉ volledig benoemde grafiek en dui die markewewig, die marktekort en die
    marksurplus aan.                                                         (10 punte) [40]

VRAAG 6: SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES                                40 PUNTE – 40 MINUTE

   Gee ŉ volledige bespreking van die faktore wat tot arbeidsmarkmislukkings gelei
    het.                                                                       (26 punte)
   Evalueer die vraagkantbenadering deur die regering om werkskepping aan te
    moedig.                                                                   (10 punte) [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:          40

                                                                                  TOTAAL:      150

                                             EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
