# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-possible-answers/529d4c9a-79c1-4764-8962-c867c6485104)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2017
                          GRAAD 10

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 2

                        NASIENRIGLYNE

19 bladsye

                              1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                 MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          EKONOMIE
                                                          (Vraestel 2)

                                                          NASIENRIGLYNE

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
      1.1.1 D Marginale nut

      1.1.2 C ondoeltreffendheid

      1.1.3 B die markte nie die beste hulpbronallokasie verkry nie

      1.1.4 A SETA

      1.1.5 D Wet op Arbeidsverhoudinge

      1.1.6 A Volwasse Onderwys en Opleiding

      1.1.7 C min of geen toetredingsversperrings het nie

      1.1.8 B die persentasie van die werkende ouderdomsbevolking wat werk het
                                                                             (8x2) (16)
1.2   PASITEMS
      1.2.1 C     Dui die verhouding tussen die produkprys en –hoeveelheid gevra aan.
      1.2.2 F     ŉ Diagram wat die kombinasie van twee produkte aandui wat gelyke
                   vlakke van bevrediging aan die verbruiker sal verskaf, indien alle
                   hulpbronne doeltreffend gebruik is
      1.2.3 G     ŉ Algemene binnelandse belasting wat op feitlik alle produkte betaal
                   word
      1.2.4 A     Die hoeveelheid van ŉ produk of diens wat verbruikers bereid en
                   bevoeg is om binne ŉ gegewe tydperk te koop
      1.2.5 D     Mense moet hoë vaardigheidsvlakke, wat in poste met lae lone,
                   aangestel is.
      1.2.6 B     Bring partye bymekaar en oorreed hulle om oor ŉ sekere kasie saam te
                   stem.
      1.2.7 E     ŉ Program wat deur die Suid-Afrikaanse owerheid ingestel is om die
                   ongelykhede van Apartheid te herstel deur ekonomiese geleenthede vir
                   voorheen benadeelde groepe in Suid-Afrika, wat vroeër nie beskikbaar
                   was nie, te voor sien.
      1.2.8 H     Die regering ondersteun hierdie doelwitte om die lewenstandaard van
                   alle vurgers tot op ŉ sekere minimum vlak te verhoog.
                                                                                      (8x1) (8)

                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                               MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

1.3   TERMINOLOGIE

      1.3.1 Oligopolie 

      1.3.2 Produksiemoontlikheidskurwe 

      1.3.3 Plafonprys / Maksimum prys 

      1.3.4 Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) 

      1.3.5 Surplus / Oorskot 

      1.3.6 Openbare goedere / Publieke goedere 
                                                                          (6x1) (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A: 30

                                          3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

AFDELING B:

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE
2.1   Beantwoord enige TWEE vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van die indifferensiekurwe.
                 Indifferensiekurwes buig inwaarts 
                 Verbruikers verkies hoër indifferensiekurwes bo laer kurwes 
                 Indifferensiekurwes sny/kruis mekaar nie 
                 Indifferensiekurwes het ŉ afwaartse helling                (Enige 2x1) (2)

      2.1.2   Hoe kan verbruikers voordeel kry uit produksiesubsidies?

               Die markprys vir die gesubsidieerde produkte sal daal en meer verbruikers
                sal dit dan kan bekostig om die produk te koop
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                (1x2) (2)
                
2.2   Data Respons
      2.2.1   Wat is die boodskap van die spotprent?
                 Daar is net ŉ paar verskaffers van rekenaars en rekenaar-sagteware in die
                  mark en hulle hou nie van mededinging en nuwe ondernemings wat tot die
                  mark toetree nie                                                       (1)

      2.2.2   Watter tipe onvolmaakte mark word deur die spotprent
              uitgebeeld?

              Dit verwys na ŉ oligopolie                                         (1)
              
      2.2.3   Noem een ander tipe onvolmaakte mark, behalwe die een in die spotprent
              en gee ŉ voorbeeld van hierdie tipe mark.

                 Monopolie – Eskom/Telkom of
                 Monopolistiese kompetisie – restaurante/petrolgarages/bouers     (1x2) (2)

      2.2.4   Watter gunstige toestande kan die markstruktuur hierbo geniet?

               Daar is ŉ paar groot verkopers
               Prysvasstellers – die markprys kan deur die verskaffers gemanipuleer word
               Die produkte is heterogeen, dit verskil in prys kenmerke of bonus aanbiedings
               Toetrede tot die mark is beperk
              (Aanvaar enige ander ontoepaslike antwoord)                          (1x2) (2)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                  MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

      2.2.5   Wat sou van die markstruktuur vereis word om ŉ volmaakte mark te wees?

                 Daar is baie kopers en verkopers 
                 Prysnemers - geen verskaffer kan die prys beïnvloed nie 
                 Daar is homogene produkte 
                 Toegang tot die mark is onbeperk, dit is maklik om tot die mark toe te tree
                  en dit te verlaat                                          (Enige 2x2) (4)

2.3   Datarespons

      2.3.1   Volgens die tabel, hoeveel kospakkies sal die huishouding kan koop indien
              hulle 10 stelle klere koop?

                 14 kospakkies                                              (1)

      2.3.2   Hoeveel stelle klere sal die huishouding moet prysgee, indien hulle
              uitgawes van 5 na 10 kospakkies verhoog word?

                 6 stelle klere (1)

      2.3.3   Wat word deur die punte onder die indifferensiekurwe aangedui?

                 Dit dui op die punt waar die Dube-familie nie die maksimum behoefte
                  bevrediging moontlik kry nie (2)

      2.3.4   Hoe kan die indifferensiekurwe produsente se keuses in ŉ gemengde
              ekonomie beïnvloed?

                 Produsente moet volgens die verbruiker se voorkeure optree sodat hierdie
                  verbruikers die produsent se produkte sal koop 
                                                                                         (2)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                           MEMORANDUM               EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

              2.3.5    Gebruik die inligting in die bostaande tabel en teken die indifferensiekurwe
                       vir die Dube huishouding se besteding.

                                  INDIFFERENSIEKURWE 
              16
                                       
              14

              12

              10
                                                
      KLERE   8

              6
      
              4                                                                

              2

              0
                   0      5       10       15        20        25         30       35
                                            KOSPAKKIES    

                                                                    x - as                  = 1 punt
                                                                    y - as                  = 1 punt
                                                                    helling van die kurwe   = 2 punte
                                                                    punte korrek geplot     = 2 punte

2.4           Onderskei tussen ŉ verskuiwing van die vraagkurwe en ŉ beweging op die
              vraagkurwe.

          Verskuiwing van die vraagkurwe                       Beweging op die vraagkurwe.

     Die hele vraagkurwe beweeg na ŉ nuwe                   Verandering van een posisie op die
      posisie                                               vraagkurwe na ŉ nuwe kombinasie van
     Dit word deur ander faktore behalwe                     prys en hoeveelheid 
      prysveranderinge veroorsaak soos ŉ                     Dit word deur ŉ prysverandering
      styging in die bevolking en verandering in              veroorsaak 
      verbruikersinkomste 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                             (2x4) (8)

                                                          6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                   MEMORANDUM             EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

2.5   Minimumlone is ŉ goeie voorbeeld van vloerpryse. Ontleed hoe minimumlone tot
      groter werkloosheid kan bydra.

          ŉ Vloerprys is die laagste wettige prys wat verbruikers verplig is om te betaal, dit is
           hoekom minimumlone ŉ goeie voorbeeld van vloerpryse is 
          Die regering poog om werkers teen uitbuiting te beskerm deur ŉ minimumloon te
           waarborg wat werkers verseker van ŉ wettige inkomste 
          Die probleem wat bydra tot werkloosheid is dat dit lei tot ŉ ooraanbod van - of
           surplus arbeid in die mark
          Werkgewers betaal ŉ meer billike en regverdige loon vir werkers se dienste wat lei
           tot hoër loonkostes wat weer tot ŉ daling in indiensneming lei wat werkloosheid
           verhoog 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                     (8)
                                                                                                [40]

VRAAG 3:    KONTEMPORȆRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van die op die Wet op Arbeidsverhoudinge.

                  Selfregering 
                  Wrywingswerkloosheid 
                  raadpleging                                                          (2x1) (2)

      3.1.2 Hoe sal ŉ oorskot arbeid, lone en salarisse vir arbeid as ŉ produksiefaktor
            beïnvloed?

                  Indien daar ŉ surplusaanbod van arbeid is sal die vergoeding vir
                   arbeid daal en werkgewers sal die goedkoper arbeid in diens neem
                   wat die gevolg is van mededinging vir minder werksgeleenthede (1x2) (2)

                                                7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                    MEMORANDUM             EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

3.2   Datarespons

      3.2.1 Behalwe COSATU, gee ŉ ander voorbeeld van ŉ vakbond uit die bostaande
            prentjies.

                    NUMSA
                    CWU
                    DENOSA
                    SAFPU
                    PAWUSA
                    SACCAWU
                    F.A.W.U                                                                 (1)

      3.2.2 Wat is die doel van ŉ vakbond?
                    Die doel van vakbonde is om seker te maak dat werknemers se reg tot
                     vryheid van assosiasie bereik word.                                     (1)

      3.2.3 Gee ŉ kort omskrywing van die term vakbond.
                    Wanneer werkers van ŉ spesifieke bedryf of sektor verenig en hulself
                     organiseer om hulle maatskaplike, ekonomiese en politieke doelwitte te
                     bevorder                                                               (2)

      3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
            aan werkers.
            Hierdie wet bepaal die minimum terme en voorwaardes vir indiensneming,
            byvoorbeeld die maksimum aantal werksure wat per week van ŉ werknemer
            verwag kan word.                                                (2)

      3.2.5 Beskryf kortliks enige werknemersregte vir arbeiders in Suid-Afrika.
                    Die reg tot billike arbeidspraktyke 
                    Om ŉ vakbond te stig of om by een aan te sluit 
                    Om deel te neem aan vakbondaktiwiteite soos om lede te werf 
                    Om te staak 
                    Om in ŉ veilige en bevorderlike omgewing te werk
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (Enige 2x2) (4)

                                                 8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                   MEMORANDUM             EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

3.3   Data Respons
      3.3.1 Hoeveel mense is volgens die uittreksel, in diens geneem in Suid-Afrika
            gedurende Februarie 2015?

                 13.1 miljoen 

      3.3.2 Hoekom moet die regering bekommerd wees oor die hoë werkloosheids-
            koers in die land?

                 As baie mense werkloos raak is dit die regering se verantwoordelikheid om
                  toe te sien dat daar welsynstoelae aan die werkloses uitbetaal word omdat
                  elke Suid-Afrikaner die reg het tot ŉ ordentlike lewe                 (1)

      3.3.3   Omskryf kortliks die konsep werkloosheid.

                 Werkloosheid is die situasie waarin daar mense is wat bereid - en
                  instaat is om te werk, maar nie ŉ werk het of ŉ werk kan kry nie           (2)

      3.3.4   Verskaf ŉ rede hoekom Suid-Afrika se werkloosheidskoers so hoog is.

                 Die historiese impak van apartheid word nog steeds gevoel 
                 Sommige mense het nie voldoende onderwys en opleiding ontvang nie 
                 Daar is nie genoeg werksgeleenthede vir al die mense nie 
                 Te veel mense is afhanklik van welsynstoelaes 
                 Beleide wat deur die regering ingestel is, is nie altyd effektief genoeg om werk
                  te skep vir die ekonomiese aktiewe bevolking nie. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (Enige 1x2) (2)

      3.3.5   Werkloosheid het ŉ negatiewe invloed op individue. Bespreek TWEE
              sosiale kostes van werkloosheid.

                 Maatskaplike en familiedruk: Werkloosheid lei tot verhoogde druk op
                  gemeenskappe en samelewings en hoë Spanningsvlakke tuis
                 Misdaad: Neem gewoonlik toe wanneer werklose mense probeer om
                  sonder ŉ inkomste te oorleef
                 Huishoudelike geweld en die verbrokkeling van gesinne neem toe onder
                  werklose mense
                 Stygende armoede en inkomste ongelykhede: Gebiede met hoë
                  werkloosheid sal ook ŉ afname in werklike inkomste en besteding ondervind,
                  tesame met ŉ stygende skaal van relatiewe armoede en inkomste-
                  ongelykhede 
                 Gemeenskapsdemografie: Jonger werkers is demografies meer mobiel as
                  ouer werknemers, dus sal daar gebiede wees wat ŉ verouderende potensiële
                  arbeidsmag sal hê. Dit maak hierdie gebiede minder aantreklik as plekke om
                  in nuwe sakeondernemings te belê 
                 Gemeenskapsvrese en druk: Hoë werkloosheid kan xenofobie en
                  proteksionisme aanmoedig aangesien werkers vrees dat vreemdelinge hulle
                  werk sal steel 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (Enige 2x2) (4)

                                                                   [Opskrifte: 1 punt elk maks. 2]
                                                9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

3.4   Verduidelik die doel en algemene funksies van werkplekforums.
                   ŉ Werkplekforum gee vir al die werknemers in ŉ werkplek ŉ geleentheid om
                    betrokke te wees by bestuursbesluite wat hulle mag raak 
                   Dit bevorder die belange van al die werknemers in ŉ werkplek 
                   Werkplekforums verbeter die doeltreffendheid in ŉ werkplek 
                   Dit maak betrokkenheid by besluitneming moontlik oor spesifieke belangrike
                    besluite wat werknemers raak 
                   Dit bevorder konsultasies deur die werkgewer tydens die hantering van kwessies
                    wat werknemers raak 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)               (Enige 4x2) (8)

3.5   Bespreek hoe meganisasie die vraag na arbeid kan beïnvloed. Maak gebruik van
      ŉ goed benoemde grafiek om jou antwoord te ondersteun.

                   Meganisasie kan die vraag na arbeid drasties laat daal
                   Indien die produksieproses in ŉ fabriek hande-arbeid met masjiene vervang
                    raak die besigheid kapitaalintensief en nie meer arbeidsintensief nie
                   Dit sal tot gevolg hê dat werknemers hulle werk verloor wat weer werkloosheid in
                    die land verhoog                                          (2x2) (4)

              Loonkoers

                    

      Loonkoers
                                                            

                                                                               V1 

                                                                    V2

                                          Vraag na Arbeid

                                                    x/y-as                  = 1 punt
                                                    V1 na V2                = 1 punt
                                                    verskuiwing van die kurwe
                                                    na links                = 2 punte
                                                    Maks.                   = 4 punte
                                                                                                [40]

                                                     10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                 MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat aanbod beïnvloed.
                Verandering in bedryfsgrootte 
                Verandering in produksietegnieke 
                Produksiekoste 
                Mededingende goedere 
                Regeringsbeleid 
                Natuurlike faktore soos droogtes of oorstromings           (Enige 2x1) (2)
      4.1.2 Hoe dra Swart Ekonomiese Bemagtiging by tot die herstel van voorheen
            benadeelde Suid-Afrikaners?

               SEB probeer om die onregverdighede van die verlede reg te stel deur
                mense wat voor 1994 uitgesluit was van enige deelname aan ekonomiese
                aktiwiteite toegang te gee tot die ekonomie                   (1x2) (2)

4.2   Datarespons
      4.2.1 Bepaal die ewewigsprys vir sigarette voor die instelling van sonde-
            belasting.
               R40                                                                     (1)
      4.2.2 Wat is die ewewigsprys nadat die R10, 00 belasting ingestel is?
                R50                                                                    (1)
      4.2.3 Verduidelik wat die invloed van eenheidsbelasting op die prys en die
            hoeveelheid vraag en -aanbod van sigarette is.

                Die prys van sigarette het verhoog en die hoeveelheid sigarette gevra en
                 aangebied het gedaal                                                  (2)

      4.2.4 Verduidelik kortliks die term ewewigshoeveelheid.
                Dit is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop word teen ŉ
                 spesifieke prys om die huishoudelike vraag ten volle te bevredig sonder
                 dat daar enige surplus goedere is                                     (2)

      4.2.5 Gee ŉ verduideliking waarom die regering altyd verseker dat daar ŉ hoë
            styging in sondebelasting is.

                Sondebelasting is belasting wat gehef word op goedere wat skadelik is soos
                 alkohol en tabak byvoorbeeld, bier, sigarette, dobbel ens.
                Die rede hoekom die regering seker maak dat daar ŉ hoë styging in belasting
                 is, is omdat hulle wil hê mense moet dit nie meer gebruik nie omdat rook en
                 drank nadelig is vir mense                                            (4)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                 MEMORANDUM             EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

4.3   Data Respons
      4.3.1 Volgens bogenoemde inligtingsstuk, in watter jaar het die grootste aantal
            VIGS-verwante sterftes plaasgevind?
              2009                                                                (1)
      4.3.2 Wat kan ŉ moontlike rede vir die afname in Vigs-verwante sterftes wees?
                Dit kan toegeskryf word aan die toename in die beskikbaarheid van anti-
                 retrovirale medikasie oor tyd. Die nasionale anti-retrovirale behandeling het
                 gedurende 2005 begin                                                     (1)

      4.3.3 Verduidelik kortliks die term Ekonomies Aktiewe Bevolking.
                Dit bestaan uit mense tussen die ouderdom 15 en 64 jaar wat vir ŉ inkomste
                 werk of wat beskikbaar is vir werk en wat kan werk. Om aktief in die
                 ekonomie te wees beteken om goedere en dienste te produseer          (2)

      4.3.4 Hoe kan besighede ŉ bydrae maak tot die vermindering in VIGS-verwante
            sterftes?

                Hulle kan voorligting aan werkers gee oor MIV/Vigs en ander seksueel-
                 oordraagbare siektes en die werkers adviseer oor die handhawing van ŉ
                 gesonde leefstyl                                                    (2)

      4.3.5 Wat sal die invloed van hierdie afname in sterftes op produksie in
            arbeidsintensiewe ondernemings wees?

                Produksie sal toeneem want die produktiwiteit van die werkers in die
                 ouderdomsgroep 15 tot 64 sal toeneem as daar minder sterftes is. 
                As produksie toeneem sal besighede se winsgewendheid ook toeneem
                 en besighede kan uitbrei. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)         (Enige 2x2) (4)

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                  MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

4.4   Onderskei tussen seisoenale- en strukturele werkloosheid.
      Seisoenale werkloosheid

          Produksie lei tot ŉ vermorsing van hulpbronne in die sin dat rou materiaal in die
           produksieproses vermors word 
          Minder produkte word in die onvolmaakte marke is gevolge van
           produkinsensitiwiteit 
          Vervaardigers vervaardig op ŉ stadium hierbinne on dier die PPC
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (Maks. 4)
          Strukturele werkloosheid
          Dit is wanneer die goedere en dienste wat vervaardig word weerspieël nie die
           behoeftes, smake en voorkeure van verbruikers 
          Vervaardigers kan al hulle middele opgebruik wanneer ŉ mengsel van produkte
           vervaardigers nie wil hê nie
          Vervaardigers kan vervaardigers volgens die PPG maar nie op die punt waar daar ŉ
           indifferensiekurwe die PPC ontmoet
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                                 (Maks. 4) (8)

4.5   Verduidelik die verskil tussen produktiewe- en allokeringsondoeltreffendheid.

      Produktiewe ondoeltreffendheid
         Bestaan as werkers hulle werk verloor as gevolg van ekonomiese op- en
          afswaaie
         Kan bestaan wanneer ŉ ekonomie strukturele veranderinge ondergaan. 
         Kom ook voor wanneer die ekonomie nie meer afhanklik is van die werkers wat die
          produk vervaardig hulle werk verloor
          (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)

      Seisoenale werkloosheid
          Bestaan wanneer werkers vir sekere tye van die jaar werkloos moet wees.
          Werkers moet werkloos wees wanneer hulle nie nodig is nie
          In die winter moet boere party werkers afbetaal wat in die somer werk. 
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                          (Enige 2x4) (8)
                                                                                          [40]
                                                                   TOTAAL AFDELING B: 80

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                   MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                           PUNTE
                                                                                 TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.

  ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat verband hou met die vraag            Maks. 2
   te bepaal.
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie
 Moenie enige deel van die inleiding in die inhoud herhaal nie
 Vermy dit om in die inleiding te sê wat jy gaan bespreek
Inhoud:

Hoofdeel: Bespreek volledig / In-diepte bespreking / Ondersoek /                  Maks. 26
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Verduidelik

Addisionele deel: Gee jou eie mening / Bespreek krities / Evalueer/
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek    Maks. 10
en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk /
Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor

Gevolgtrekking

Enige hoërorde gevolgtrekking behoort die volgende te bevat:

   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde feite           Maks. 2
    te herhaal.
   Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feite.
   Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
    versterk.
   ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
   Aanbevelings.

TOTAAL                                                                               40

                                               14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                    MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE

“Sommige markte het baie spesifieke eienskappe”.

Eskom het die posisie van ŉ “GROOT MONOPOLIE” vir ŉ lang tydperk beklee. Klein
besighede sê dit is baie moeilik om, met die hoë elektrisiteitspryse, wins te toon.

   Bespreek die eienskappe / voorwaardes vir ŉ monopolie in detail.                     (26)

   Waarom is markte so belangrik in ŉ land?                                             (10)
                                                                                         [40]
INLEIDING

ŉ Monopolie is ŉ voorbeeld van ŉ onvolmaakte mark
ŉ Onvolmaakte mark is ŉ mark waar daar slegs een verskaffer of ŉ paar verskaffers van ŉ
unieke produk is en daar is beperkings tot marktoetrede en kopers het beperkte toegang tot
inligting 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                               (Maks. 2)

Inhoud:

HOOFDEEL:
Eienskappe / Voorwaardes

       Een verkoper en baie kopers 
        ŉ Mark waar een verkoper en baie verbruikers is. Elkeen is so klein dat hulle aksies nie ŉ
        beduidende invloed op mekaar het nie. 
        Ondernemings is prysbepalers, dit beteken dat die verkoper die prys vasstel en die
        verbruiker kan kies. 

       Unieke produk 
        Die produk of diens is eiesoortig. Daar is nie mededigende produkte waarmee die
        produk vergelyk kan word nie, dus is die produk uniek. Die gevolg is dat daar geen
        naby substituutprodukte is wat die verbruiker kan kies nie. 

       Onvolledige markinligting 
           Nuwe ondernemings wat tot die mark wil toetree sal nie toegang hê tot alle
            beskikbare inligting nie 
           Dit sal hulle kanse om in die mark in te kom bemoeilik byvoorbeeld nuwe
            produsente sal nie die regte inligting oor die werklike produksiekoste van ŉ produk hê
            nie. 

                                                15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                  MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

      Prysbepalers / prysmakers 

       ŉ Monopolis kan sy eie pryse bepaal, hulle is prysmakers. Verskaffers kan pryse
       verander soos hulle wil. Monopoliste neig om hoër pryse te vra. dit is omdat hulle
       beheer oor die mark het.
       
      Toetredingsversperrings 

       Toegang tot die mark is beperk. Daar is ŉ hele aantal versperrings wat toe- en
       uittrede van ondernemings blokkeer. Ondernemings kan nie die mark betree of
       verlaat soos hulle wil nie. Patenteregte is ŉ voorbeeld van versperrings tot
       marktoetrede.
      Voorbeelde van monopolieë is Telkom, ESKOM, Poskantoor en TRANSNET.

       OPSKRIFTE EN VOORBEELDE                 (MAKS 8 PUNTE)

                                                                                    (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL

Redes hoekom markte belangrik is vir ŉ land:
    Bring kopers en verkopers bymekaar.
         Markte is die interaksie van verbruikers en produsente om pryse te beding en
          goedere en dienste te verhandel
    Help met die allokering van hulpbronne. 
         Markpryse is rigtinggewend vir ekonomiese besluite van verbruikers en
          produsente. 
         Winsmaksimering en nutmaksimering lei tot doeltreffende allokering van
          hulpbronne 
         Markte vervul dus die funksie om hulpbronne doeltreffend te allokeer
    Selfregulerend 
         Markte verg geen direkte inmenging of beheer deur eksterne magte nie 
         Markte word deur ŉ “onsigbare hand” gelei wat verseker dat pryse sodanig
          vasgestel word dat hulpbronne doeltreffend geallokeer word 
     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                     (Maks.10)

GEVOLGTREKKING:
Nadat ŉ ontleding van die voorwaardes, waaronder ŉ monopolie bestaan, gemaak is, is dit
moeilik vir klein sake-ondernemings om ŉ wins te maak. ESKOM is die enigste verskaffer van
elektrisiteit in ons land en elektrisiteitskostes is baie hoog 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking)                          (Maks. 2)
                                                                                          [40]

                                               16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                  MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

VRAAG 6 KONTEMPORȆ RE EKONOMIESE KWESSIES

Suid-Afrika se transformasie na ŉ demokrasie gedurende 1994 het tot ernstige
pogings gelei ten opsigte van die totale verandering in die lewens van gewone
Suid-Afrikaaners.

     Bespreek die owerheid se pogings om regstelling aan te spreek sedert 1994. (26)
     Omskryf die opleidingsprogramme wat deur die regering ingestel is om mense
      se lewens te verander.                                                    (10)
                                                                                [40]
INLEIDING:

     Regstellende aksie beteken om iets wat verkeerd is, reg te stel 
     27 April 1994 was ŉ geskiedkundige gebeurtenis vir Suid-Afrika 
     Pogings tot regstellende aksie fokus op transformasie van die produksiefaktore en om
      beheer daaroor, aan voorheen benadeelde groepe oor te dra 
      (Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                     (Maks. 2)

Inhoud

HOOFDEEL

Menslike hulpbronne 

    As ŉ produksiefaktor, fokus dit op die hoeveelheid en gehalte van arbeid. 
    Die gehalte van arbeid hang af van mense se onderwys, opleiding en ervaring.
    Die hoeveelheid arbeid hang af van geboorte- en sterftekoerse in verhouding tot die
     beskikbaarheid van werksgeleenthede 

Onderwys 

    Wat die opleiding van die meerderheid van sy werkersmag betref, was Suid-Afrika
     swak toegerus om die wêreldarena toe te tree 
    Daar was ŉ ernstige tekort aan professionele, tegniese en bestuurskundigheid 
    Die regering se eerste stap was om onderwys in Suid-Afrika te herstruktureer deur die
     Wet op die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) (Wet 58 van 1995) uit te
     vaardig 
    Die regering moes die ongelyke verspreiding van besteding en hulpbronne volgens
     ras regstel en die verskillende onderwysstrukture konsolideer 
    In 1998 is die uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) ingestel 
    Met geletterdheid en syfervaardigheid as spesiale domeine van UGO 
    Dit vereis dat leerders kennis moet verkry en toepas, vaardighede moes ontwikkel, en
     voorgeskrewe waardes en houdings moet aankweek 
    Die ekonomie baat grootliks deur die verbetering in kwaliteit van die deelnemers in die
     arbeidsmag 

                                              17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                  MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

Opleiding 

    Dit beteken om ŉ bepaalde werk of vaardigheid aan te leer en is gewoonlik ŉ
      naskoolse ervaring
    Meeste opleiding geskied by die werkplek, hoewel onderrig by tegniese kolleges,
      universiteite en die persele van ander opleidingsverskaffers kan plaasvind 
    Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (1998) is ingestel om die vaardigheidstekorte
      aan te spreek 
    Die wet maak voorsiening vir ŉ nasionale vaardigheidsopleidingstrategie 
    Maak voorsiening vir die daarstelling van ŉ meganisme vir opleiding 
    Reël die finansiering vir die opleiding van werkers 

Meganisme vir opleiding 

     Die Departement van Arbeid het die Nasionale Vaardigheidsowerheid (NVO) gestig,
      wat 25 sektorale Onderwys en Opleidingsowerhede (SETA’s) het 
     SETA’s is verantwoordelik vir die identifisering van vaardigheidstekorte en die
      ontwikkeling van planne en teikens vir opleiding in elke sektor 
     SETA’s raadpleeg werkgewers-, werkers en ander professionele- en siviele
      organisasies

Verbod op onbillike diskriminasie 

         Verbied onbillike diskriminasie in die verlede en die hede 
         Versoek werkgewers om van alle onbillike diskriminerende beleide en praktyke in
          die werkplek afstand te doen 
         Hulle moet toesien dat huidige indiensnemingsbeleide en -praktyke gelykheid
          bevorder en die negatiewe gevolge van historiese diskriminasie herstel 
         Gronde vir onbillike diskriminasie is ouderdom, geloof, kleur, gestremdheid,
          etniese of sosiale oorsprong, geslag, taal ens. 

Billike / gelyke indiensneming 

         Die regering moes ŉ meganisme skep om diegene teen wie daar voorheen
          gediskrimineer is te bemagtig 
         Die Wet op Gelyke Indiensneming (Wet 55 van 1998) gee aan die verontregtes
          voorkeurtoegang tot die hoofstroom van die ekonomie 
         Die Wet voorsien dat werkers gelyke toegang tot die werkplek het 

Regstellende aksie 

      Verwys na beleide en praktyke wat op die herstel, van maatskaplike-,
         ekonomiese- en onderwyswanbalanse, of ongelykhede, wat as gevolg van
         onbillike diskriminasie ontstaan het, gerig is 
      Die wet magtig diskriminasie wat op regstellende aksie neerkom en
         diskriminasie op grond van die inherente vereistes van die pos 
      Werkgewers moet ŉ ontleding van hindernisse, vir bevordering en onder-
         verteenwoordiging van sekere groepe, doen, dit wil sê swart mense vroue en
         mense met gestremdhede 
      Berei ŉ billike indiensnemingsplan vir ŉ tydperk van een tot vyf jaar voor 
                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                   MEMORANDUM          EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 10

         Doen verslag aan die Direkteur-Generaal op ŉ jaarlikse of ses-maandelikse
          basis, afhangende van die werkgewer se werkersmag 
         Besighede moet ŉ bestuurder aanstel wat na billike indiensneming omsien 
         Arbeidsinspekteurs monitor die vordering met die implementering van die
          bepalings van die Wet

Doelwitte van regstellende aksie

         Om die gehalte van werkers se werkslewe te verbeter sodat produktiwiteit by
          die werkplek verhoog 
         Om selfindiensneming te verbeter 
         Om sosiale dienslewering te verbeter 
         Om voorheen benadeelde persone met ervaring toe te rus 
         Moedig werkgewers aan om hul werkplekke as aktiewe leeromgewings
          beskikbaar te stel 
          (Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, sub-opskrifte of voorbeelde)

      OPSKRIFTE EN VOORBEELDE                                             (MAKS 8 PUNTE)
                                                                                 (Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE

Opleidingsprogramme 

         Werkgewers met behulp van professionele opleidingsverskaffers, verkry hulp
          om leerderskapprogramme te ontwikkel wat deur SAKO goedgekeur word. 
         Hierdie nasionale kwalifikasies het waarde en word deur alle werkgewers erken en
          in alle werkplekke aanvaar

Leerderskappe 

      Bestaan uit gestruktureerde leer- (modules en eenhede) en werkservaring
        wat tot nasionaal geregistreerde kwalifikasies lei 
      Leerderskappe help werklose mense om werk te kry
      Help ook werkers wat alreeds ŉ werk het om hulle vaardighede en kwalifikasies te
        verbeter 

Vaardigheidsprogramme 

       Is gefokus op werkloses, naskoolse jongmense en KMMO’s. 
       Werkervaring is ŉ belangrike element 
                                                                                   (Maks.10)

GEVOLGTREKKING
Uit bogenoemde uiteensetting, kan gesien word dat die regering sedert 1994, pogings
aangewend het om die lewens van die gewone Suid-Afrikaners te verbeter 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking)                             (Maks. 2)
                                                                                         [40]
                                                                 TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                     GROOTTOTAAL:        150
                                             19

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/1e0f9470-73da-451a-8cab-77b687d11fc6) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2018-possible-answers/943f82a1-ceca-4d87-ada2-c09c3fab4751) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-possible-answers/c11eb02e-b838-4030-9738-f917869bfa57) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
