# Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2017-possible-answers/0fb0998a-6926-4c87-87d7-e2d3feecd5a3) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          PROVINSIALE EKSAMEN
                              JUNIE 2017
                               GRAAD 10

                           FISIESE WETENSKAPPE

                              VRAESTEL 1

TYD: 1½ uur

PUNTE: 100

11 bladsye + 1 datablad

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE                  2
                                                Vraestel 1       GRAAD 10

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                PROVINSIALE EKSAMEN

                                                     FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                                     (Vraestel 1)

                                                     TYD: 1½ uur
                                                     PUNTE: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

            AFDELING A: 20 PUNTE
            AFDELING B: 80 PUNTE

3.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

4.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

6.    Gee kort motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

7.    Rond jou finale antwoorde tot ŉ maksimum van TWEE desimale plekke af.

                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                      3
                                                 Vraestel 1       GRAAD 10

AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word gegee as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Kies die korrekte
antwoord en skryf die letter (A – D) van jou antwoord langs die vraagnommer in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 C.

1.1   Bestudeer die meegaande skets:

      Die volgende word deur A, B en C verteenwoordig:

      A     Amplitude, trog, golflengte
      B     Kruin, trog, golflengte
      C     Amplitude, golflengte, pulslengte
      D     Kruin, trog, golflengte                                                 (2)

1.2   Die spoed van ŉ puls berus op ...

      A     die afstand wat die puls beweeg.
      B     die pulslengte van die puls.
      C     die medium waardeur die puls beweeg.
      D     die amplitude van die puls.                                             (2)

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE                4
                                                Vraestel 1       GRAAD 10

1.3   Die diagram hieronder toon twee punte X en Y op ŉ golf.

            X                                     Y

      Hoeveel golflengtes word tussen punt X en Y aangetref?

      A    0,75
      B    1
      C    1,5
      D    3                                                                 (2)

1.4   Wat moet ŉ tromspeler doen om ŉ klank met ŉ laer toonhoogte voort te
      bring?

      A    Slaan die drom harder.
      B    Slaan die drom sagter.
      C    Draai die dromvel stywer.
      D    Maak die dromvel losser.                                          (2)

1.5   Die volgende is rangskik in orde van verhogende golflengte.

      A    Mikrogolwe, sienbare lig, x-strale
      B    X-strale, sienbare lig, mikrogolwe
      C    Mikrogolwe, x-strale, sienbare lig
      D    Sienbare lig, x-strale, mikrogolwe                                (2)

                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                      5
                                                   Vraestel 1       GRAAD 10

1.6   Bestudeer die volgende stellings rakende magnetiese velde.

      (i)       Die rigting van magnetiese veldlyne is van Noord na Suid.
      (ii)      Die sterkte van die magneetveld word aangetoon deur die nabyheid
                van die veldlyne.
      (iii)     Die magneetveld van ŉ magneetstaaf is swakker naby sy pole.

      Watter van die bogenoemde stellings is KORREK?

      A       (i), (ii) en (iii)
      B       (i) en (ii)
      C       (i) en (iii)
      D       (ii) en (iii)                                                           (2)

1.7   Twee gelaaide sfere hang aan ligte onelastiese toutjies. Hulle verkeer in rus
      met gelyke hoeke tot die vertikaal soos aangetoon in die diagram hieronder.

      Dit toon aan dat ...

      A       die sfere het gelyke maar teenoorgestelde ladings.
      B       die een sfeer is gelaai en die ander sfeer nie.
      C       die sfere het teenoorgestelde maar nie noodwendig gelyke ladings nie.
      D       die sfere het gelyke ladings.                                           (2)

1.8   Watter van die volgende simbole verteenwoordig die SI-eenheid vir
      weerstand?

      A       R
      B       C
      C       Ω
      D       A                                                                       (2)

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE                    6
                                                  Vraestel 1       GRAAD 10

1.9    Al die resistors in die gegewe stroombane is identies. Watter EEN van die
       volgende stroombane het die hoogste totale weerstand?

                      A                                     B

             C                                              D

                                                                                   (2)

1.10   ŉ Stroom van 1,2 A vloei deur ŉ resistor in 2,5 minute. Die hoeveelheid
       lading is ...

       A    18 Ω.
       B    180 Ω.
       C    3 Ω.
       D    0,48 Ω.                                                                (2)

                                                            TOTAAL AFDELING A: [20]

                                                                                   b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                      7
                                                   Vraestel 1       GRAAD 10

AFDELING B
VRAAG 2

Seegolwe slaan teen ŉ muur in ŉ hawe. Ses golwe slaan teen die muur in 4 s. Die
afstand tussen twee opeenvolgende trôe is 10 m. Die hoogte van die golf van ŉ trog
tot ŉ kruin is 2,5 m.

2.1   Identifiseer die tipe golf wat hierbo verteenwoordig word.                     (1)

2.2   Verduidelik hoe die bogenoemde golf genoem in Vraag 2.1 voorgeplant word.      (2)

2.3   Hoeveel voltooide golwe word in die skets verteenwoordig?                      (1)

2.4   Skryf die letters neer wat enige TWEE punte voorstel wat ...

      2.4.1   in fase is.                                                            (2)

      2.4.2   uit fase is.                                                           (2)

      2.4.3   een golflengte voorstel.                                               (1)

2.5   Bereken die amplitude van die golf.                                            (2)

2.6   Toon aan dat die periode van die golf 0.67 s is.                               (2)

2.7   Bereken die frekwensie van die golwe.                                          (2)

2.8   Bereken die spoed van die golwe.                                               (3)
                                                                                     [18]

                                                                                     b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                       FISIESE WETENSKAPPE                         8
                                                       Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 3
Elektromagnetiese straling is golwe met ŉ tweeledige golfaard bekend as die golf- en
deeltjiemodel. ŉ Deeltjie staan bekend as ŉ foton.

Elektromagnetiese straling kan die volgende insluit:

x strale,      sienbare lig,   infrarooi,   gamma-strale,    ultravioletlig,   radiogolwe

3.1    Definieer die term “foton”.                                                          (2)

3.2    Verduidelik hoe elektromagnetiese straling voortgeplant word.                        (3)

3.3    Vanuit die lys hierbo, dui aan watter een ...

       3.3.1      in hospitale gebruik word om mediese instrumente te steriliseer.          (1)

       3.3.2      in ŉ televisie se afstandbeheer gebruik word (“remote control”).          (1)

       3.3.3      het ŉ hoë penetreringsvermoë.                                             (1)

       3.3.4      het die langste golflengte.                                               (1)

3.4    Ultraklank word deur ginekoloë gebruik om ongebore babas te ondersoek
       sodat enige probleme vroegtydig ondersoek kan word.

       3.4.1      Verduidelik kortliks waarom ŉ ginekoloog eerder ultraklank moet
                  gebruik bo x-strale, om ŉ ongebore baba in sy ma se baarmoeder
                  te ondersoek.                                                             (2)

       3.4.2      ŉ X-straal foton met ŉ golflengte van 3,1 x 10-9 m, val op ŉ menslike
                  liggaam.
                  Bereken hoeveel energie die foton op die liggaam oordra.                  (3)
                                                                                            [14]

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE                   9
                                                  Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 4

4.1   Skryf die definisie van magneetveld neer.                                  (2)

4.2   Noem TWEE ferromagnetiese materiale.                                       (2)

4.3   Indien ŉ staafmagneet in die helfte gebreek word, vorm dit twee magnete,
      X en Y.
      Teken X en Y oor en dui die pole wat X en Y nou sal hê aan.
      Dui die resulterende magneetveld aan.

                          S                       N

                      X                               Y

                                                                                 (4)

4.4   Vir die volgende, skryf slegs, VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.

      Wat sal die invloed wees op die magneetveld wat uitgeoefen word tussen X
      en Y wees indien ...

      4.4.1      die pole X en Y omgekeer word, en X en Y op hul
                 oorspronklike posisies en dieselfde afstand vanaf mekaar
                 geplaas word?                                                   (2)

      4.4.2      X en Y verder vanaf mekaar geplaas word?                        (2)
                                                                                 [12]

                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                     FISIESE WETENSKAPPE                     10
                                                     Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 5

Twee geïnsuleerde grafietbedekte polistireen-sfere, X en Y, word stasionêr op ŉ
geïnsuleerde oppervlak gehou. Hulle word ŉ klein afstand vanaf mekaar geplaas.
Die ladings op die X- en Y-sfere is onderskeidelik -5 nC en + 2 nC. Die sfere beweeg
na mekaar wanneer hulle opgelos word.

                     X (-5nC)                                    Y (+2nC)

                                Geïnsuleerde oppervlak

5.1    Gee die Wet van die Behoud van Lading.                                          (2)

5.2    Verskaf ŉ rede waarom die sfere na mekaar beweeg wanneer hulle gelos
       word.                                                                           (2)

Die twee sfere word vrygelaat en dan toegelaat om aanmekaar te raak.

5.3    Bereken die lading op elke sfeer na aanraking.                                  (3)

5.4    Is die elektrone oorgedra VAN X NA Y of VAN Y NA X? Verskaf ŉ rede vir jou
       antwoord.                                                                       (3)

5.5    Hoe sal die grootte van die elektrostaties krag verander indien ...
       (Skryf slegs VERHOOG, VERMINDER of BLY DIESELFDE.)

       5.5.1   die grootte van die ladings verhoog word?                               (2)

       5.5.2   die ladings nader aan mekaar gebring word?                              (2)
                                                                                       [14]

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                         FISIESE WETENSKAPPE                    11
                                                         Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 6

Leerders voer ŉ eksperiment uit om te bepaal of die effektiewe weerstand van resistors
wat in serie gekoppel is hoër is as wanneer hulle in parallel gekoppel is.

Hulle word voorsien van twee resistors, ŉ ammeter, 3 selle elk met ŉ emk van 1,5 V,
drie voltmeters een wat oor die 3 selle is; een oor elke resistor)

6.1        Skryf ŉ gepaste doel vir hierdie eksperiment neer.                                   (2)

6.2        Teken ŉ stroombaan vir die eksperiment deur die gegewe apparaat te gebruik.          (5)

6.3        Die resultate vir die eksperiment word in die volgende tabel gegee.

             Ammeter Weerstand Weerstand Totale     Potensiaal- Potensiaal-               Totale
             lesings van       van       weerstand verskil oor verskil oor                Potensiale-
             (A)     Resistor  Resistor  van die    R1          R2                        verskil
                     R1 (Ω)    R2 (Ω)    stroombaan    V1 (V)      V2 (V)                 VT(V)
Eksperi-
ment 1         0,75          3           3            A            2,25           C            4,5
Eksperi-
               0,96          3           1,7          B             D            1,63          4,5
ment 2

           6.3.1      Bereken die totale weerstand vir A en B.                                  (4)

           6.3.2      Bereken die potensiaalverskilwaardes van C en D.                          (3)

           6.3.3      Bepaal of die resistors wat in series geskakel is, potensiaalverdelers
                      is.                                                                       (5)

6.4        Indien die bogenoemde resistors in die tabel in parallel geskakel is, hoe sal die
           totale stroom in die baan beïnvloed word? Verduidelik jou antwoord.                  (3)
                                                                                                [22]

                                                                     TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                                      TOTAAL: 100

                                                 EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                             FISIESE WETENSKAPPE           12
                                                                             Vraestel 1       GRAAD 10

                                GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                           VRAESTEL 1 (FISIKA)

 TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                  NAME / NAAM                                 SYMBOL / SIMBOOL         VALUE / WAARDE
 Acceleration due to gravity                                             g                 9,8 m·s-2
 Swaartekragversnelling
 Speed of light in a vacuum                                              c               3,0 x 108 m·s-1
 Spoed van lig in 'n vakuum
 Planck's constant                                                       h              6,63 x 10-34 J·s
 Planck se konstante
 Charge on electron                                                      e               -1,6 x 10-19 C
 Lading op elektron
 Electron mass                                                          me               9,11 x 10-31 kg
 Elektronmassa

 TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES

 MOTION / BEWEGING

 v f  v i  a t            x  v i t  21 at 2
                                   v  vi 
 v f  v i  2ax
    2     2
                             Δx   f         Δt
                                   2 
WORK, ENERGY AND POWER / ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

 U  mgh or/of EP  mgh                                                  1                 1
                                                                    K     mv 2 or/of E k  mv2
                                                                         2                 2

 WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG

  vf                                                                    1
                                                                    T
          f
                             c
  E = hf or/of E = h
                             λ

 ELECTRIC CIRCUITS / ELEKTRIESE STROOMBANE

  Q  I t

 R s  R1  R 2  ...                                               W
                                                              V
                                                                    q

## Related documents

- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2016-possible-answers/bd87dfab-9c38-428e-b164-1caed1d757b5) — Physical Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
