# Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          PROVINSIALE EKSAMEN
                              JUNIE 2018
                               GRAAD 10

                           FISIESE WETENSKAPPE

                              VRAESTEL 1

TYD: 1½ uur

PUNTE: 100

12 bladsye + 1 datablad

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      FISIESE WETENSKAPPE                    2
                                                      Vraestel 1       GRAAD 10

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                        FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                                        (Vraestel 1)

                                                        TYD: 1½ uur
                                                        PUNTE: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.    Moenie te veel tyd op een vraag spandeer nie.

4.    Jy kan ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

6.    Jy word aangeraai om die aangehegte DATABLADSY gebruik.

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
      is.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

10.   Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen Vraag 2.1 en Vraag 2.2.

11.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

12.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke waar
      nodig.

13.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar dit verlang word.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                     FISIESE WETENSKAPPE                  3
                                                     Vraestel 1       GRAAD 10

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) op die antwoordboek. Elke antwoord tel TWEE PUNTE.

1.1   Watter een van die volgende is ŉ bron van elektromagnetiese golwe?

      A Magnete
      B Transversale golwe
      C Longitudinale golwe
      D Versnellende ladings                                                           (2)

1.2   Watter een van die volgende is gelyk aan 1 Volt?

      A 1 J.C-1
      B 1 C.s-1
      C 1 s-1
      D 1 Hz                                                                           (2)

1.3   Die afstand tussen twee opeenvolgende kruine in ŉ golftrein is 8 cm. As twee
      volledige golwe verby ŉ vaste punt in 1 s beweeg, sal die golf se snelheid ...
      wees.

      A 16 cm·s–1
      B 8 cm·s–1
      C 4 cm·s–1
      D 1,25 cm·s–1                                                                    (2)

1.4   Bestudeer die volgende skets van twee gelaaide sfere wat in kontak met
      mekaar gebring word en dan skei.

      Die volgende is korrek vir A en B nadat hulle mekaar geraak het:

      A 3 C en -4 C
      B -0,5 C op elkeen
      C Albei is neutraal
      D -1 C op elkeen                                                                 (2)

                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                      4
                                                 Vraestel 1       GRAAD 10

1.5   Kyk na die diagram van ŉ golf met ŉ frekwensie van 5 Hz.

      Die afstand XY kan beskryf word as ...

      A die golflengte.
      B die amplitude.
      C die tydperk.
      D twee keer as die amplitude.                                                    (2)

1.6   Watter een van die volgende elektromagnetiese golwe het die GROOTSTE
      deurdringingsvermoë?

      A Mikrogolwe
      B Ultraviolet-strale
      C Gammastrale
      D X-strale                                                                       (2)

1.7   Ferromagnetiese materiale het baie nuttige toepassings in die alledaagse lewe.
      Watter een van die volgende is korrek met betrekking tot die samestelling van
      ferromagnetiese materiale?

      A Kobalt, koolstof en nikkel
      B Yster, nikkel en swael
      C Kobalt, yster en nikkel
      D Yster, koper en kobalt                                                         (2)

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                       FISIESE WETENSKAPPE                5
                                                       Vraestel 1       GRAAD 10

1.8    Kyk na die volgende diagram van ŉ stroombaan. Die gloeilampe is nie
       noodwendig identies nie.

       Die lesing op A 2 sal gelyk wees aan ...

       A die lesing op A 1 .
       B helfte van die lesing op A 1 .
       C die lesing op A 3 minus die lesing op A 1 .
       D die lesing op A 1 minus die lesing op A 3 .                                   (2)

1.9    ŉ 10 C lading beweeg verby ŉ punt in ŉ stroombaan in 2 minute. Die stroom in
       die stroombaan is ...

       A 0083 A
       B 0,2 A
       C 5A
       D 12 A                                                                          (2)

1.10   Oorweeg die volgende stellings met betrekking tot voltmeters:

       (i)     Die lees van voltmeters wat oor resistors gekoppel is, is omgekeerd
               eweredig aan die weerstande van die resistors.
       (ii)    Wanneer ŉ skakelaar in ŉ stroombaan gesluit word, sal ŉ voltmeter oor
               die battery die emk van die battery gee.
       (iii)   Voltmeters gekoppel oor resistors wat in parallel gekoppel is, sal
               dieselfde lesing gee.
       (iv)    Voltmeters word altyd in parallel gekoppel.

       Watter van die bogenoemde stellings is waar?

       A (i), (ii) en (iii)
       B (ii), (iii) en (iv)
       C (ii) en (iv)
       D Al die bogenoemde stellings                                                   (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A [20]

                                                                                       b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    FISIESE WETENSKAPPE                   6
                                                                    Vraestel 1       GRAAD 10

AFDELING B

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy)

2.1   Die afstand tussen 13 agtereenvolgende golfkruine in ŉ golftenk is 1,8 m. Die
      golwe beweeg deur die water teen ŉ spoed van 0,225 m·s-1.

      2.1.1                   Definieer die term golflengte van ŉ golf.                                (2)

2.2   Bereken die ...

      2.2.1                   golflengte van die golf, in meter.                                       (3)

      2.2.2                   frekwensie van die golf.                                                 (3)

2.3   Die grafiek hieronder toon die verplasing van ŉ blaar op ŉ dam met intervalle van 0,2 s
      na ŉ versteuring deur die water beweeg het teen 12 m·s-1

                         10            A                                  D

       Verplasing (cm)
                          0                   0,2             0,4             0,6         0,8
                                                                                             tyd (s)
                                                              •C

                         10
                          B

      2.3.1                    Beweeg die blaar opwaarts of afwaarts by punt C?                        (1)

      2.3.2                    Kyk na die punte A, B, C en D op die diagram. Identifiseer TWEE
                               punte wat in fase is.                                                   (1)

2.4   Bereken ...

      2.4.1                    die frekwensie van die golf.                                            (2)

      2.4.2                    golflengte wat geproduseer word.                                        (3)

2.5   Wat word bedoel met die term amplitude van ŉ golf?                                               (2)

2.6   Die amplitude van die golf is nou verdubbel. Wat is die waarde, in meter, van
      die nuwe amplitude van die golf?                                                                 (2)
                                                                                                       [19]

                                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                       FISIESE WETENSKAPPE                 7
                                                       Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy)

Die diagram hieronder toon twee polse, P en Q, wat na mekaar toe beweeg in ŉ
slinky speelrek. Pols P het ŉ amplitude van 12 cm, en pols Q het ŉ amplitude van
8 cm. Die polse ontmoet by posisie Y. Aanvaar dat daar geen verlies van energie is
nie.

                          P
                                               Y

                                                                Q

3.1    Definieer die term transversale pols.                                         (2)

3.2    Skryf die naam van die verskynsel wat plaasvind wanneer die twee polse
       ontmoet by punt Y.                                                            (1)

3.3    Bereken die amplitude van die gevolglike pols wanneer polse P en Q
       ontmoet by punt Y.                                                            (2)

3.4    Pols P beweeg ŉ afstand van 0,6 m in 1,5 s. Bereken die spoed van pols P.     (3)

3.5    ŉ Stemvurk, met ŉ frekwensie van 100 Hz, het ŉ klankgolf geskep soos
       geïllustreer in die onderstaande skets.

                                                   R

                                                            S

       3.5.1   Watter tipe golf het die stemvurk geskep?                             (1)

       3.5.2   Noem die dele gemerk R en S.                                          (2)

       3.5.3   Bereken die periode van die klankgolf wat die vurk gemaak het.        (3)

                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      FISIESE WETENSKAPPE              8
                                                      Vraestel 1       GRAAD 10

3.6   Tydens ŉ donderstorm sien mens eers die weerlig en dan na ŉ rukkie hoor
      mens die donderweer.

      Verskaf ŉ wetenskaplike verduideliking vir hierdie waarneming.

         [https://www.google.co.za/search?q=lightning+and+the+thunder&safe]     (2)
                                                                                [16]

                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                      9
                                                 Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy)

Leerders ondersoek magnetisme met behulp van ŉ staafmagneet. Hulle plaas ŉ vel
papier oor die magneet en sprinkel ystervylsels op die vel papier. Hulle neem die
patroon wat die ystervylsels maak, waar. Hulle plaas dan ŉ kompas in verskillende
posisies regoor die staafmagneet en neem die kompasnaald se rigting waar.

                               N                   S

4.1      Verduidelik kortliks waarom die kompasnaald-punte in dieselfde rigting sal
         wys indien dit nie naby ŉ magneet is nie.                                  (2)

4.2      Skets die magneetveld-patroon rondom die staafmagneet.                     (3)

4.3      Tydens die ondersoek val die staafmagneet en breek in ses stukke. Een
         van die leerders stel voor dat hulle nou individueel kan werk deur die
         gebruik te maak van ystervylsels om die magneetveld-patrone rondom die
         stukke van die staafmagneet te verkry.

         Sal die magnetiese veld-patrone verkry vir elk van die ses stukke
         dieselfde wees as vir die oorspronklike staafmagneet? Skryf slegs JA of
         NEE.                                                                       (1)
                                                                                    [6]

                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                     FISIESE WETENSKAPPE                        10
                                                     Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy)

Twee klein metaalsfere, B en C, op geïsoleerde staanders, dra ladings van
2 x 10-9 C en -6 x 10-9 C onderskeidelik.

                  +2 x 10-9 C                -6 x 10-9 C
                                B       C

5.1       Hoe het die aantal elektrone op sfeer B vergelyk met die aantal protone
          op sfeer B? Kies jou antwoord uit een van die volgende: MINDER AS,
          DIESELFDE as of MEER AS.

          Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                   (2)

5.2       Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak, waarna hulle weer van
          mekaar geskei word en teruggekeer na hul oorspronklike posisies.

                                         B          C

          5.2.1       Verduidelik die beginsel van behoud van lading.                    (2)

          5.2.2       In watter rigting vloei die elektrone terwyl sfere B en C kontak
                      maak? Skryf slegs vanaf B na C of van C na B.                      (1)

          5.2.3       Verduidelik kortliks jou antwoord op Vraag 5.2.2.                  (2)

          5.2.4       Bereken die lading op elke sfeer nadat hulle weer geskei is.       (3)

          5.2.5       Bereken die aantal elektrone oorgedra tussen die twee sfere.       (3)
                                                                                         [13]

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                         11
                                                 Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy)

6.1     Die Wi-Fi (Wireless Fidelity) het vinnig ŉ baie noodsaaklike hulpmiddel vir
        elektroniese kommunikasie, leer- en toegang tot sosiale platforms
        geword. Elektromagnetiese golwe is noodsaaklik in draadlose
        kommunikasie. Wi-Fi maak gebruik van lae-frekwensie elektromagnetiese
        golwe.

        6.1.1       Noem die tipe elektromagnetiese golwe wat gebruik word in
                    Wi-Fi.                                                            (1)

        6.1.2       Noem EEN voordeel wat die tipe bestraling genoem in 6.1.1
                    op die gebruik van Wi-Fi het.                                     (1)

6.2     ŉ Foton wat verband hou met ŉ sekere elektromagnetiese golf, het
        1,46 x 10-24 J energie.

        6.2.1       Definieer die term foton.                                         (2)

        6.2.2       Wat is die spoed waarteen hierdie elektromagnetiese golf
                    beweeg?                                                           (2)

        6.2.3       Bereken die golflengte van hierdie elektromagnetiese golf, in
                    meter.                                                            (3)

6.3     As die golflengte van hierdie elektromagnetiese golf verdubbel, watter
        uitwerking sou dit op sy deurdringingsvermoë hê?

        Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.                                 (2)

6.4     Verduidelik kortliks jou antwoord op Vraag 6.3.                               (2)
                                                                                      [13]

                                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                      12
                                                   Vraestel 1       GRAAD 10

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy)

Kyk na die stroombaan hieronder: Die gloeilampe is identies. Die weerstand van die
battery, ammeter en verbindingsdrade kan geïgnoreer word.

7.1        Die drie selle dra 90 J energie oor aan ŉ 20 C lading.

           7.1.1    Definieer die term volt.                                          (2)

           7.1.2    Bereken die voltwaarde van al drie selle.                         (3)

           7.1.3    Wat sou die potensiaalverskil van elke sel wees?                  (2)

7.2        ŉ Lading van 30 C beweeg verby ŉ punt in die stroombaan in 40 s.

           7.2.1    Bepaal die ammeterlesing in hierdie stroombaan.                   (3)

           7.2.2    Bepaal die effektiewe weerstand van die parallelle kombinasie
                    van resistors.                                                    (3)

7.3        As een van die gloeilampe uitbrand, hoe sou die helderheid van die ander
           twee gloeilampe verander? Skryf slegs HELDERDER, DOWWER of
           GEEN VERANDERING.                                                          (1)

7.4        Verduidelik kortliks jou antwoord op Vraag 7.3.                            (2)
                                                                                      [16]

                                                             TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                          TOTAAL 100

                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE         13
                                               Vraestel 1       GRAAD 10

                     GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABEL 1: FISIESE KONSTANTE

            NAAM                    SIMBOOL               WAARDE
Spoed van lig in ŉ vakuum              c                3,0 x 108 m·sˉ1
Plank se konstante                     h                6,63 x 10-34 J·s
Lading op elektron                     e                -1,6 x 10ˉ19 C
Elektronmassa                          me               9,11 x 10ˉ31 kg

TABEL 2: FORMULES
GOLWE, KLANK EN LIG

                                     van

ELEKTRIESE STROOMBANE

                                       EINDE

## Related documents

- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/7d4c6de6-744b-4398-9e8c-0f308c9384cd) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-november-2018-possible-answers/7f5b9337-091b-44ff-8aed-b9795485f0ca) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
